{"id":9326,"date":"2020-05-01T19:06:47","date_gmt":"2020-05-01T19:06:47","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/geen-meer-skolerugby-in-2020-noord-van-die-vaalrivier\/"},"modified":"2020-05-01T19:06:47","modified_gmt":"2020-05-01T19:06:47","slug":"geen-meer-skolerugby-in-2020-noord-van-die-vaalrivier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9326","title":{"rendered":"Geen meer skolerugby in 2020 noord van die Vaalrivier"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7481\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/VirsekerBekerlogo.JPG\" alt=\"VirsekerBekerlogo\" width=\"336\" height=\"342\" \/>Wat &#8216;n jaar vol feesvieringe moes wees vir die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NHSRV) in sy 100ste bestaansjaar het weens omstandighede buite sy beheer in &#8216;n jaar sonder enige rugby opge\u00ebindig.<\/p>\n<p>Die bestuur het vandag bekend gemaak dat hy weens die Covid-19 pandemie geen ander keuse gehad het om al die afdelings van die Virsekerbeker vir 2020 op te skort nie.&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Die 100-jarige viering van die kompetisie wat vanjaar sou plaasvind, sal in oorleg met die borg, Virseker, op die lange baan geskuif word tot 2021,&#8221; lui die persverklaring deur die Noordvaal se bestuur.&nbsp;<\/p>\n<p>Die maatre\u00ebls in plek om die pandemie te beveg asook die finansi\u00eble implikasies het die NHSRV voor geen ander keuse gelaat nie.&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Die bestuur wil veral die spelers wat vanjaar in matriek is en wat nie vanjaar deel van hierdie kompetisie gaan wees nie, bedank vir hul bydrae tot skolerugbydie afgelope vyf jaar en spreek die wens uit dat hulle nog deel van die rugbystrukture vorentoe sal wees,&#8221; lui die verklaring.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Blou Bulle Ho\u00ebrskole Rugby-vereniging (BBHRV) het ook &#8216;n verklaring uitgestuur en aangedui dat daar geen verdere skolerugby vanjaar in die unie gespeel sal word nie.&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Na oorlegpleging met my uitvoerende komitee, moet ek u ongelukkig meedeel dat all rugbywedstryde, vriendskaplik en\/of liga-wedstryde vir 2020 gekanseleer is,&#8221; s\u00ea Ferdi Niemand, voorsitter van die BBHRV. Niemand is ook die voorsitter van die Noordvaal-vereniging.&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Die implikasies van die Covid-19 pandemie en die afkondiging van die rampstoestand deur ons president, sowel as die voortgesette Vlak4-inperking, het alles bygedra tot die posisie waarin ons nie in die beperkte tyd &#8216;n sinvolle rugbyseisoen kan sien plaasvind nie,&#8221; aldus Niemand.&nbsp;<\/p>\n<p>Niemand s\u00ea dit was nie &#8216;n maklike besluit nie, maar dat hulle as uitvoerende komitee reeds besig is om planne in plek te sit om die skolespelers voor te berei vir die 2021-seisoen.&nbsp;<\/p>\n<p>Verlede maand moes SA Rugby ook die moeilike besluit neem om die Cravenweek vir 2020 af te stel. Al SA Rugby se ander jeugweke het ook in die slag gebly.<\/p>\n<ul>\n<li>Een van die voorste skolespelers in Suid-Afrika vanjaar Renzo du Plessis (flank) van Ben Vorster in Tzaneen het aangedui dat hy volgende jaar sy loopbaan by die Sharks in Durban gaan voortsit. Glenwood se skitterende skrumskakel, Nico Steyn, het ook in die week aangedui dat hy &#8216;n kontrak met die Goue Leeus geteken het om sy loopbaan volgende jaar in die Goudstad voort te sit. &nbsp;<\/li>\n<\/ul>\n<p>[powr-comments id=&#8221;96060b76_1588359526505&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat &#8216;n jaar vol feesvieringe moes wees vir die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NHSRV) in sy 100ste bestaansjaar het weens omstandighede buite sy beheer in &#8216;n jaar sonder enige rugby opge\u00ebindig. Die bestuur het vandag bekend gemaak dat hy weens die Covid-19 pandemie geen ander keuse gehad het om al die afdelings van die Virsekerbeker vir 2020 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7481,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9326","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9326","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9326"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9326\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7481"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9326"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9326"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9326"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}