{"id":9335,"date":"2020-07-05T12:43:12","date_gmt":"2020-07-05T12:43:12","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/tweede-slot-vanuit-goudveld-sluit-kontrak-met-franse-klubspan\/"},"modified":"2020-07-05T12:43:12","modified_gmt":"2020-07-05T12:43:12","slug":"tweede-slot-vanuit-goudveld-sluit-kontrak-met-franse-klubspan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9335","title":{"rendered":"Tweede slot vanuit Goudveld sluit kontrak met Franse-klubspan"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9333\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/NewsGKevinStrydom.jpeg\" alt=\"NewsGKevinStrydom\" width=\"308\" height=\"383\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/NewsGKevinStrydom.jpeg 875w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/NewsGKevinStrydom-241x300.jpeg 241w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/NewsGKevinStrydom-824x1024.jpeg 824w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/NewsGKevinStrydom-768x954.jpeg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 308px) 100vw, 308px\" \/>Die Franse slotfabriek wat al spelers soos <strong>Fabien Pelous<\/strong>, Benoit Dauga, <strong>Walter Spanghero<\/strong>, Pascal Pape, <strong>Olivier Roumat<\/strong>, Oliver Brouzet, Olivier Merle en <strong>Alain Plantefol<\/strong> op gelewer het, sal aan die einde van die jaar nog &#8216;n slot van die Goudveld-Ho\u00ebrskool <strong>Kevin Strydom<\/strong> kry om moontlik tot &#8216;n hardebaard te slyp.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Strydom wat 1.98m in sy sokkies staan en die skaal op 98kg laat kreun sal hom aan die einde van die jaar by die Franse klub <strong>Aurillac<\/strong> aansluit. Hy behoort vanjaar die Griffons op die <strong>Cravenweek<\/strong> te verteenwoordig het, indien dit nie was dat die toernooi weens die Coronavirus-pandemie afgestel is nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Franse is bekend dat hulle slotfabriek waarskynlik een van die bestes ter aarde is. Dit is dus &#8216;n goeie le\u00ebrskool wat op Strydom in die Franse platteland by Aurillac, wat tans in die Pro D2-afdeling speel, wag.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoe gehard die manne van Aurillac is, kan aangeneem word uit die lys van Suid-Afrikaanse spelers wat voorheen vir die klubspan in aksie was. Hardebaarde soos <strong>Mark Andrews<\/strong>, Keith Andrews, <strong>Jacques Burger<\/strong> en Harold Karele.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Strydom het verlede jaar die Perses op die Akademie-week in Bloemfontein verteenwoordig. Hy het ook op o.16-vlak vir di\u00e9 unie op die Grant Khomo-week uitgedraf.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek het my profiel op die webtuiste, <a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/www.therugbyagents.com\/\"><em><strong>The Rugby Agents<\/strong><\/em><\/a>, gelaai. Daarna het ek die geleentheid gekry met my agent, <strong>Alwyn Reynders<\/strong>, om oorsee te gaan rugby speel,&#8221; het Strydom ges\u00ea. Op Strydom se profiel is daar ook twee videos van sy hoogtepunte vir Gouties. Dit is deur sy skool se eie TV-stasie, Gouties TV, op die <a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/\"><strong>DigiTV<\/strong><\/a> platform opgeneem.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Strydom is verlede jaar meestal op flank deur sy skoolspan se breier, <strong>Frans Crous<\/strong>, ingespan. Goudveld se eerstekeuse slotpaar van 2019, <strong>Rian Olivier<\/strong> en <strong>Heinrich Cloete<\/strong>, was &#8216;n gedugte kombinasie. Crous kon egter nie vir lank vir Strydom uit die beginspan laat nie en het hom langs die kant van die skrum ingespan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-9334\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/NewsStrydomOlivier.jpeg\" alt=\"NewsStrydomOlivier\" width=\"235\" height=\"337\" \/>&#8220;Die een ding wat van Kevin uitstaan is die feit dat hy so passievol is oor rugby en sy toekoms. Hy is nie bang om die ekstra myl te stap en hard te werk om sy doelwitte te bereik nie. Omdat hy so gretig is om altyd te leer en oor ongelooflike vaardighede beskik sien ek n groot toekoms vir hom,&#8221; het Crous oor die speler ges\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Olivier het vroe\u00ebr vanjaar self besluit om sy loopbaan in Frankryk voort te sit. Hy het &#8216;n kontrak met <strong>Castres<\/strong> onderteken. &#8220;My hoogtepunt van my loopbaan sover was toe ek my eerstespan keps ontvang het. Ek sien baie uit om in Frankryk te speel. Die klub se stadion, Stade Jean Alric, is vir my ongelooflik mooi,&#8221; het Strydom ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Strydom is &#8216;n beweeglike slot wat verlede jaar ook die Perses op Saru se nasionale o.17-toernooi verteenwoordig het. Olivier was as o.17-speler &#8216;n lid van SA Rugby se groen groep. Daar kan dus in die toekoms twee manne met sterk Welkom aksente vir die Franse Hane uitdraf.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Die klub het genoem dat hulle &#8216;n langtermyn plan vir my het. Ek gaan ook dadelik aan daardie kant begin om Franse-klasse te neem wat &#8216;n vereiste is.&#8221;. Strydom het die aanvanklike grendeltydperk saam met &#8216;n spanmaat op die plaas deurgebring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ons het aangehou oefen op die plaas. Dit was maar moeilik om gemotiveerd te bly, maar ek het dadelik toe die skool weer oopmaak van die geleentheid gebruik om weer op die rugbyveld te oefen,&#8221; het Strydom ges\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy rolmodel as speler is die Springbok-slot <strong>RG Snyman<\/strong>, terwyl hy ook opkyk na die voormalige Goutie <strong>Shaun Reynolds<\/strong> wat vir die Leeus op losskakel uitdraf. In sy loopbaan as spelers het <strong>PW van Aswegen<\/strong> (o.14), Paul Spies jr. en <strong>Frans Crous<\/strong> as afrigters die grootste impak tot dusver op sy loopbaan gehad.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;10bd596a_1593952788509&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Franse slotfabriek wat al spelers soos Fabien Pelous, Benoit Dauga, Walter Spanghero, Pascal Pape, Olivier Roumat, Oliver Brouzet, Olivier Merle en Alain Plantefol op gelewer het, sal aan die einde van die jaar nog &#8216;n slot van die Goudveld-Ho\u00ebrskool Kevin Strydom kry om moontlik tot &#8216;n hardebaard te slyp.&nbsp; Strydom wat 1.98m in sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9333,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9335","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9335","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9335"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9335\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9333"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9335"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9335"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9335"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}