{"id":9341,"date":"2020-07-10T10:45:40","date_gmt":"2020-07-10T10:45:40","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gim-se-o-16-week-voortaan-die-jean-de-villiers-o-16-rugbyfees\/"},"modified":"2020-07-10T10:45:40","modified_gmt":"2020-07-10T10:45:40","slug":"gim-se-o-16-week-voortaan-die-jean-de-villiers-o-16-rugbyfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9341","title":{"rendered":"Gim se o.16-week voortaan di\u00e9 Jean de Villiers o.16-rugbyfees"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9340\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/JdVFest.png\" alt=\"JdVFest\" width=\"201\" height=\"245\" \/>Die jaarlikse o.16-rugbyfees wat deur <strong>Paarl Gimnasium<\/strong> aangebied word, sal voortaan as die Jean de Villiers o.16-rugbyfees bekend staan. Die gewese Springbok-kaptein, <strong>Jean de Villiers<\/strong>, is &#8216;n oud-leerling van die skool. Die land se voorste o.16-skolespanne trek jaarliks in die Paarl saam om mekaar die stryd aan te s\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">De Villiers het tussen sy toetsbuiging in 2002 en sy uittrede in 2015 die Bokke in 109 toetse verteenwoordig. Hy het in sy matriekjaar in 1999 die Westelike Provinsie se Akademie-span op die <strong>Cravenweek<\/strong> verteenwoordig, maar steeds weens &#8216;n rits blink vertonings daarin geslaag om in die Suid-Afrikaanse Skole-span opgeneem te word.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die o.16-fees sou vanjaar vir die 28ste keer deur Paarl Gimnasium aangebied gewees het. Die toernooi kon ongelukkig soos vele ander weens die Covid-19 pandemie nie plaasvind nie. &#8220;Hierdie toernooi het van \u2018n klein begin gegroei tot \u2018n sportgeleentheid waarop ons baie trots kan wees,&#8221; lui die skool se verklaring.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar sal in die toekoms ook nie meer o.14-spanne toegelaat word om aan die fees deel te neem nie. Daar sal slegs 24 van die land se voorste skole se o.16-spanne na die <strong>Jean de Villiers o.16-rugbyfees<\/strong> genooi word.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ons bedank elke skool wat oor die laaste 27 jaar aan hierdie toernooi deelgeneem het. Di\u00e9 toernooi skep \u2018n geleentheid waar jong rugbyspelers op \u2018n ho\u00eb vlak teen die topskole buite ons provinsie se grense kan meeding,&#8221; s\u00ea die skool in die verklaring.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk is geweldig trots om my naam aan hierdie roemryke toernooi te koppel. Agt-en-twintig jaar wat \u2018n platform geskep is om nie net as rugbyspelers te groei nie, maar ook om nuwe vriendskappe vanuit diverse agtergronde te kweek. Rugby word as \u2018n hulpmiddel gebruik om vaardighede en waardes te ontwikkel wat jou sal help om suksesvol te wees in enige rigting waarin jy gaan,&#8221; s\u00ea De Villiers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Uitnodings na die skole sal reeds in Julie vanjaar aangestuur word.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Hopelik kan die fees meer groei en \u2018n positiewe impak op elke speler wat deelneem se lewe maak, asook \u2018n leerervaring vir die afrigters en \u2018n gesinsvriendelike omgewing vir elkeen wat die fees bywoon, skep.\u201d het De Villiers ges\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;67f32b4f_1594377886945&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jaarlikse o.16-rugbyfees wat deur Paarl Gimnasium aangebied word, sal voortaan as die Jean de Villiers o.16-rugbyfees bekend staan. Die gewese Springbok-kaptein, Jean de Villiers, is &#8216;n oud-leerling van die skool. Die land se voorste o.16-skolespanne trek jaarliks in die Paarl saam om mekaar die stryd aan te s\u00ea.&nbsp; De Villiers het tussen sy toetsbuiging [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9340,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9341","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9341","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9341"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9341\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9340"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9341"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9341"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9341"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}