{"id":9354,"date":"2020-07-31T13:43:37","date_gmt":"2020-07-31T13:43:37","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/school-of-rugby-se-beste-skole-xv-vanuit-die-klein-skole-2007-2019\/"},"modified":"2020-07-31T13:43:37","modified_gmt":"2020-07-31T13:43:37","slug":"school-of-rugby-se-beste-skole-xv-vanuit-die-klein-skole-2007-2019","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9354","title":{"rendered":"School of Rugby se Beste Skole XV vanuit die &#8220;Klein Skole&#8221; (2007-2019)"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-9353 hoverZoomLink\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/NewsGRuanVenter-scaled.jpg\" alt=\"NewsGRuanVenter\" width=\"270\" height=\"399\" \/>Vanjaar (2020) sou &#8216;n ongelooflike 14de skolerugby-seisoen gewees het, wat ons as <strong>School of Rugby<\/strong> bevoorreg gewees het om te dek. Die webtuiste het reeds in 2007 ontstaan as die eerste skolerugby-webtuiste ter w\u00eareld. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">En ja daar was webtuistes soos <strong><a style=\"color: #000000;\" href=\"http:\/\/www.rugby365.com\">Rugby365.com<\/a><\/strong> asook SuperSchools op SuperSport wat &#8216;n gedeelte van hul webtuiste aan die dekking van skolerugby afgestaan het, maar School of Rugby was die eerste wat slegs op rugby op skoolvlak gefokus het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste twee jaar het ons slegs op 54 skole in die sentrale streek (Vrystaat, Griffons en Griekwas) gefokus. Daarna het dit uitgebrei dat ons verlede jaar meer as 300 skole se uitslae en puntemakers op &#8216;n Saterdag geplaas het. Ons is werklik ongelooflik gese\u00ebn oor wat ons oor die 14 jaar op skolevlak beleef het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ons wil sommer dadelik &#8216;n vrywaring oor die volgende artikel doen &#8211; hierdie sal sekerlik die mees subjektiewe artikel wees wat ons nog op die webtuiste geplaas het. Ons het besluit om die beste skolespan te kies oor die 13 jaar wat ons langs skoolvelde deurgebring het. Die span in hierdie berig is slegs uit die kleiner skole wie ons in aksie gesien het gekies. En slegs spelers wat ons gesien het en die herhinneringe waarmee hulle ons gelos het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is natuurlik baie meer spelers vanuit die sentrale streek (Vrystaat, Noord-Vrystaat en Griekwas) want ons het in die beginjare van die webtuiste baie meer dekking in die gebied verskaf en kon ook meer van die skole se wedstryde bywoon. Wat &#8216;n eer was dit nie vanaf Upington tot in Vrede!\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Laat weet ons asseblief in die kommentaar seksie onderaan die berig oor watter spelers vanuit kleiner skole julle beindruk het oor die jare. En as julle van die spelers ken of gesien speel het, wat ons gekies het &#8211; los sommer vir hulle &#8216;n boodskap of &#8216;n herhinnering.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>So hier gaan ons &#8211; hier is School of Rugby se beste span vanuit die kleiner skole (2007-2019):\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>15. Gouws Prinsloo (Marlow Landbou)<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gouws was &#8216;n uitstaande speler op skolevlak. Die Wolramme het ook &#8216;n bloeitydperk op die rugbyveld beleef in die tyd wat hy die span se generaal was. Prinsloo het op heelagter asook\u00a0 losskakel vir die Wolramme diens gedoen. Prinsloo se beste vertoning wat ons gesien het, was tydens die Ho\u00ebrskool President Steyn se jaarlikse Sportdag in 2008 toe hy aan die spits van Marlow Landbou se wegholsege van 94-14 oor die Ho\u00ebrskool Sentraal was.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Prinsloo het 37 van sy span se punte oor Tralies met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb asook 11 doelskoppe aangeteken.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong>\u00a0Franco Nel (President Steyn), Raymond Rhule (Louis Botha), Ruan &#8220;Toupie&#8221; Venter (Brandfort).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>14. Selvyn Davids (Nico Malan)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vlugvoetige buksie het tydens sy skoolloopbaan menigte spanne nagmerries besorg. Davids het in 2013 &#8216;n ongelooflike 49 drie\u00eb vir sy skoolspan gedruk. Ons glo dis &#8216;n SA Skole-rekord op eerstespanvlak. Hy het daardie jaar ook &#8216;n asemrowende 495 punte opgestapel vir die span van Humansdorp.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Ruvo du Preez (Bekker).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>13. Neul Menezes (Landboudal)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menezes was giftig op die aanval vir Landboudal van Jacobsdal. Hy het die drie\u00eb ingeryg en sy vennootskap met Rayn Mulke in Lanties se middeveld het die ander skole in Griekwas slapelose nagte gegee. Menezes het die Poubloues ook op die Cravenweek verteenwoordig.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong>\u00a0Lionel Mapoe (Fichardtpark), Edwin Sass (Tygerberg), Pedrie van Wyk (Sentraal).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>12. Enver Brandt (President)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die binnesenter van die Ho\u00ebrskool President in Goodwood het ook die drie\u00eb ingeryg. Hy het in totaal 44 keer die doellyn vir sy skool se eerstespan oorgesteek. Brandt het later sy sukses op seniorvlak vir die Vrystaat, Griffons en Griekwas voortgesit. Hy het sedert sy buiging in 2017 vir Griekwas 25 drie\u00eb in 34 wedstryde gedruk.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong>\u00a0AJ Goosen (Zastron), Frans Sisita (Sand du Plessis), Nicus Janse van Rensburg (President Steyn).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>11. Leroy Bitterhout (Klein Nederburg\/Louis Botha)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is min spelers wat &#8216;n meer ontwykende systap danksy sy vinnige voetwerk en vaart op skoolvlak in die tydperk gehad het, as Leroy Bitterhout wat ek die eerste keer in aksie tydens die Cravenweek van 2010 in Welkom gesien het. Bitterhout was toe &#8216;n leerling van Klein Nederburg in die Paarl.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bitterhout het in 2010 na &#8216;n rits skittervertonings in Welkom ook die SA Skole-span gehaal. Hy het tydens die Cravenweek vyf keer &#8216;n draai agter die doellyn gegooi. Hy het hiermee gehelp dat Boland die toernooi onoorwonne afgesluit het. Hy het die jaar daarna na Bloemfontein verhuis om Louis Botha te verteenwoordig. Hy is hier ook minder raak geduik as wat verdedigers net skoon lug geduik het agter hom aan.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Sebastiaan Jobb (Duineveld).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>10. Michael Marx (Brandfort)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As daar ooit &#8216;n speler ongelukkig was om nie die Vrystaat op die Cravenweek te verteenwoordig nie, was dit Michael Marx. Hy het &#8216;n ongelooflike 195 punte in 2012 vir sy skoolspan opgestapel wat 15 drie\u00eb ingesluit het. Marx is voor die Cravenweek &#8216;n kans deur die keurders gegee om hom tussen die groot honde te bewys deur die die Vrystaatse Akademie-span teen Griekwas se Cravenweek-span te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel Marx die beste speler op die veld in die wedstryd was en meer as 20 punte aangeteken het, kon die Vrystaatse keurders nie hul pad oopsien om vir hom &#8216;n plek in die Vrystaatse Cravenweek-span te vind nie.\u00a0Marx het tydens die Akademie-week nog verder sout in die keurders se wonde ingevryf deur een van die voorste puntemakers op die nasionale toernooi te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Nakkie Naud\u00e9 (Zastron), Bokang Mosena (St Andrews), Duan Pretorius (Hennenman), Peet &#8220;Tokkie&#8221; Holtzhausen (Jim Fouch\u00e9).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>9. Percy Williams (Ho\u00ebrskool Oudtshoorn)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die buksie het meer byt as &#8216;n Pitbull en hy het die skare gaande met sy vlymskerp breekslae tydens die Cravenweek van 2010 (Welkom) en 2011 (Kimberley) gehad. Williams het tydens 2011 se toernooi slegs 1.57m in sy sokkies gestaan en net 73kg geweeg, maar hy was sy gewig in meer as goud werd vir die Suidwestelike Distrikte. Ons het ongelukkig nooit vir Percy vir sy skoolspan, die Ho\u00ebrskool Oudtshoorn, in aksie gesien nie, maar hy het waarskynlik die tipe spel gelewer waaroor skrumskakel droom. S\u00f3 Fourie du Preez teen Engeland tydens die W\u00eareldbeker van 2007.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong>\u00a0FJ Marx (Brandfort), Marco Pretorius (Hennenman), Sherwin Cupido (Louis Botha).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>8. Jasper Wiese (Ho\u00ebrskool Upington)<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kyk die Ho\u00ebrskool Upington het altyd &#8216;n agtsteman wat kliphard is en waarop enige span kan staatmaak. Dink maar net aan <strong>Tiaan Strauss<\/strong> (wel nie agtsteman op skool nie) en <strong>Wicus Blaauw<\/strong> (ja, hy het agtsteman op skool vir Uppies gespeel). Jasper Wiese van Grootdrink se w\u00eareld het egter in ons tydperk van 2007 tot 2019 uitgestaan met sy kraglopies. Hy het feitlik elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het etlike meters veld gewen om Uppies oor die voordeellyn te kry.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Arno Visagie (Hennenman).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>7. Renzo du Plessis (Ben Vorster)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is waarskynlik nie &#8216;n drie, buiten natuurlik die een van <strong>Cheslin Kolbe<\/strong> (Brackenfell) tydens die eindstryd van die\u00a0W\u00eareldbeker van 2019 wat meer kere gekyk is as die van Renzo du Plessis tydens die Cravenweek van 2019 in Bloemfontein nie. Du Plessis het &#8216;n praglopie vanuit sy eie doelgebied afgerond en sy naam was op almal se lippe.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ons was egter nie verras oor die stukkie magic waarmee Du Plessis vorendag gekom het nie. Ben Vorster was &#8216;n <a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\"><strong>DigiTV<\/strong><\/a>-skool en ons het al &#8216;n hele paar wedstryde op die stromingdiens gekyk so Du Plessis se kenmerkende lopies was nie iets vreemd vir ons nie. Du Plessis sou waarskynlik in 2020 die SA Skole-span aangevoer het indien dit nie vir die uitbreek van die Coronavirus-pandemie was nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong>\u00a0Jamie Zwiegelaar (Landboudal), Henry de Wet (President Steyn).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>6. Gift Dlamini (Hentie Cilliers)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kantman van Hentie Cilliers het oor hope vaart vir &#8216;n losvoorspeler beskik en sou waarskynlik net so gemaklik in die agterhoede &#8216;n tuiste kon vind. Dlamini het met sy dartellopies verskeie spanne se verdediging aan flarde geskeur. Hy was ook een van die hoofrolspelers (saam met Richman Gora) toe die Griffons vir die eerste keer in dekades daarin kon slaag om die Vrystaat op die Cravenweek van 2015 in Stellenbosch om te dop.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Hannes &#8220;Kalahari&#8221; Maritz (Landboudal).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>5. Cobus Wiese (Ho\u00ebrskool Upington)<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste keer wat ons bewus van Cobus Wiese geword het, was tydens die jaarlikse Oakdale Rugbyweek in Riversdal. Hy was gekies vir die Span van die Week wat jaarliks na die toernooi in Riversdal aangewys word. Ons het nog gewonder of die man dalk familie van die gewese Bok-slot <strong>Kobus Wiese<\/strong> is (Hy is nie).\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wiese was soos sy broer, Jasper, &#8216;n klipharde seun vanuit die Noordwes-Kaap wat nie &#8216;n tree vir die fisieke aspekte van die spel teruggestaan het nie. Cobus het ook die SA Skole-span in 2014-15 verteenwoordig.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:\u00a0<\/strong>Leon du Raan (Landboudal), Milo Moholo (Louis Botha).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>4. Eben Etzebeth (Tygerberg)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sekerlik die bekendste naam in ons beginspan. Etzebeth was &#8216;n ongeslypte diamant toe hy in 2009 op slot vir die Westelike Provinsie tydens die Cravenweek in Oos-Londen gesak het. Dit was egter reeds duidelik dat hy soos goeie boerewors oor genoeg vark beskik het, om eendag &#8216;n lewe uit die spel te maak.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Etzebeth het sedertdien as speler wasdom bereik. Die Streeptruie het destyds in 2009 die Vrystaat in die hoofwedstryd van die Cravenweek afgestof en die lang man van Tygerberg het die pap dik in die enjinkamer aangemaak.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Andrew Bester (Brandfort).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>3. Armand van Wyk (Bothaville)<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kyk daar was twee Van Wyk-boeties, Armand en Donovan, wat in die voorry vir Bothaville se eerstespan gesak het. Die tweeling het spanne in die Sandveld-liga en uiteindelik in die Kovsiestreek-kompetisie harde bene in die skrums laat kou asook in die losspel baljaar. Armand het ons veral met sy spel be\u00efndruk en hy sou geen van die sogenaamde tradisionele skole in die steek gelaat het, indien hy vir hulle moes uitdraf nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Wilco Louw (HTS Drostdy).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>2. Mokoa Bolofo (Louis Botha)\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kliphard en vol energie. Dit is Mokoa Bolofo opgesom. Die haker het Louis Botha tot nuwe hoogtes gelei. Bollies, soos sy pelle hom roep, was die eerste speler sedert Ruben Kruger (1986-88) wat daarin kon slaag om die Vrystaat op drie Cravenweek-toernooie te verteenwoordig. En waarskynlik weens die huidige Boksmart-re\u00ebls was hy ook die laaste.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bolofo het in 2007 die SA Skole-span as &#8216;n flank gehaal, na hy die Vrystaat op daardie jaar se Cravenweek in die posisie verteenwoordig het. Bollies rig deesdae Louis Botha se eerstespan af.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Reinhardt Snyman (Hentie Cilliers), Rikus Alkema (Bothaville).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>1. Boan Venter (De Aar)<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die loskopstut van De Aar was nie net &#8216;n yster op die veld nie, maar sy leierskap as kaptein van sy skoolspan het uitgestaan. Kyk rugby vloei in Venter se are met sy pa, De Waal Venter, wat in 106 wedstryde vir Griekwas uitgedraf het. Boan het intussen self vir hom naam op seniorvlak gemaak. Hy het tot onlangs nog vir die Cheetahs uitgedraf, maar speel deesdae sy rugby in Skotland vir Edinburgh.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Venter was op skool reeds so sterk soos &#8216;n bees, waarvan meeste van daai kragwerk seker op hul plaas, Boomplaas, verwek is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ongelukkiges:<\/strong> Ox Nche (Louis Botha), Trevor Nyakane (Ben Vorster), Pierre Botes (Vrede), Danie van der Merwe (Wilgerivier).\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PLAASVERVANGERS:<\/strong> 16 Wayne Slabbert (Zastron), 17 Sipho Nzotho (Ho\u00ebrskool Middelburg), 18 Pieter-Steph du Toit (Swartland), 19 Cloete Wessels (AHS Kroonstad), 20 Gerrie Muller (Wilgerivier), 21 Rudy Paige (Bastion), 22 Hoffman Maritz (Voortrekker), 23 Ruvo du Preez (Bekker).<\/span><\/p>\n<div id=\"hzViewer\" style=\"background: none; line-height: 0px; overflow: hidden; padding: 5px; position: absolute; z-index: 2147483647; visibility: hidden; opacity: 1; cursor: pointer; pointer-events: none; display: none;\"><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vanjaar (2020) sou &#8216;n ongelooflike 14de skolerugby-seisoen gewees het, wat ons as School of Rugby bevoorreg gewees het om te dek. Die webtuiste het reeds in 2007 ontstaan as die eerste skolerugby-webtuiste ter w\u00eareld. En ja daar was webtuistes soos Rugby365.com asook SuperSchools op SuperSport wat &#8216;n gedeelte van hul webtuiste aan die dekking van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9353,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9354","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9354","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9354"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9354\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9353"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9354"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9354"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9354"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}