{"id":9433,"date":"2021-03-09T06:16:06","date_gmt":"2021-03-09T06:16:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/van-der-wal-deel-sy-staaltjies-van-oor-36-jaar-as-onnie-by-grey-kollege\/"},"modified":"2021-03-09T06:16:06","modified_gmt":"2021-03-09T06:16:06","slug":"van-der-wal-deel-sy-staaltjies-van-oor-36-jaar-as-onnie-by-grey-kollege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9433","title":{"rendered":"Van der Wal deel sy staaltjies van oor 36 jaar as onnie by Grey-kollege"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9432\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/GreytStories-rotated.jpeg\" alt=\"GreytStories\" width=\"331\" height=\"248\" \/>Dink aan al die stories en staaltjies wat jy met jou vriende deel oor jou rugbydae vir jou ho\u00ebrskool se eerstespan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jy sou tussen een en drie jaar vir jou skool se eerstes uitgedraf het, dink nou aan hoeveel stories jy sou kon deel indien jy langer as 30 jaar by jou skool se eerstespan betrokke was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nou ja een van die grootste geeste van skolerugby en Suid-Afrika se rugbyfabriek, Grey-kollege, <strong>Dries van der Wal<\/strong> het besluit om die interresante stories en staaltjies in sy 36 jaar as onderwyser by Grey-kollege in Bloemfontein te boekstaaf.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die boek met die titel <strong>Grey&#8217;t stories &amp; staaltjies oor 36 jaar<\/strong> word deur Van der Wal self uitgegee. Die koste beloop R230 per boek en Bloemfonteiners kan dit by Grey-kollege se reunie-kantoor aankoop.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die boek kan ook direk by Van der Wal aangekoop word deur R230 (afleweringskoste uitgesluit) in die rekening onderaan die artikel in te betaal. Die afleweringskoste beloop R50 per boek indien indien tussen twee tot sewe boeke bestel word is die afleweringskoste R150.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal was vir 22 jaar die hoofafrigter van di\u00e9 spogskool se eerstespan en was vir nog &#8216;n verdere sewe jaar die spanbestuurder. Hy was ook vir 23 jaar die koshuisvader van Leith-huis &#8211; en ons almal weet die meeste kattekwaad word deur koshuisbrakke aangevang.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In totaal het Van der Wal 25 van die skool se Springbokke gebrei. Sekerlik die meeste Bokke nog ooit deur &#8216;n skoleafrigter se hande. Grey het onder Van der Wal &#8216;n ongelooflike rekord opgebou deur 351 keer in 394 wedstryde koning te kraai.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die boek sluit ook stories in oor die Cravenweek waarby Van der Wal as afrigter, spanbestuurder en administrateur betrokke by was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><strong>Hier volg een kort staaltjie uit Grey&#8217;t stories &amp; staaltjies oor 36 jaar met toestemming van die skrywer:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p>Dit was so tien minute in die tweede helfte dat Dirkie (Froneman) na my toe kom en vra hy wil&nbsp;asseblief nou opgaan om te speel. Ons was op daardie stadium gemaklik voor en het&nbsp;vir hom ges\u00ea ek dink nie dis nodig dat hy opgaan nie. Hy was nie gelukkig nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Vyf&nbsp;minute later kom hy weer na my toe en s\u00ea hy wil nou speel. Weer het ek vir hom&nbsp;verduidelik hoekom ons nie wil h\u00ea hy moet speel nie. Hierdie keer het hy brom-brom&nbsp;weggestap, baie ongelukkig en gatvol vir my.<\/p>\n<p>Wragtig, nie &#8216;n minuut later nie kom hy&nbsp;weer na my kant toe. Hierdie keer ignoreer hy my en stap na Vollies wat langs my gesit&nbsp;het. &#8220;Meneer Volsteedt, Mnr vd Wal is nie die baas van Grey nie, jy is. Kan ek asseblief&nbsp;opgaan om te speel?&#8221;. Vollies het toe ook nie die antwoord gegee wat hy wou hoor&nbsp;nie. &#8220;Dirkie, ek is die baas van die skool, maar ongelukkig nie die afrigter van die&nbsp;Eerstespan nie. Net Mnr van der Wal en Mnr Swanepoel kan besluit of jy kan speel.&#8221;<\/p>\n<p>Dirkie was nou regtig baie kwaad&#8230; eintlik die moer in. Na nog &#8216;n minuut en hier sien&nbsp;ek kom Fronies reguit na my toe. Ek kon sien hy het nou regtig iets op sy hart om vir&nbsp;my te s\u00ea. Hy kom staan so reg voor my en kyk my reguit in my o\u00eb: &#8220;Mnr Dries, ek vra&nbsp;jou in die naam van die Here, kan ek asseblief op die veld gaan om te speel?&#8221;.<\/p>\n<p>Nou hoe&nbsp;kan &#8216;n mens nou so &#8216;n &#8220;uit die hart&#8221; versoek weier. Ek het dadelik ja ges\u00ea en Fronies&nbsp;het met &#8216;n groot glimlag op die veld gehardloop en dadelik &#8216;n impak gemaak&nbsp;Dirkie\/Fronies, jy het ons baie plesier verskaf, ou Yster. Oor jou gaan ons nog bai&nbsp;stories langs braaivleisvure vertel.<\/p>\n<p>Ons mis jou nog steeds&#8230; &#8220;Grey legend&#8221;.<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>BANKBESONDERHEDE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">AMS van der Wal<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">ABSA&nbsp;Spaarrekening<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Takkode: 630 358<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Rekening nr.: 9359351397<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Na oorbetaling stuur asseblief bewys van betaling na Van der Wal via WhatsApp 082 820 7322 of per e-pos na <a style=\"color: #000000;\" href=\"mailto:vanderwaldries@gmail.com\">vanderwaldries@gmail.com<\/a>&nbsp;&#8211; asook die volgende inligting Naam en Van en huis- of pos-adres waar die boek afgelewer moet word.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;1fb74929_1615269868890&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dink aan al die stories en staaltjies wat jy met jou vriende deel oor jou rugbydae vir jou ho\u00ebrskool se eerstespan. Jy sou tussen een en drie jaar vir jou skool se eerstes uitgedraf het, dink nou aan hoeveel stories jy sou kon deel indien jy langer as 30 jaar by jou skool se eerstespan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9432,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9433","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9433","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9433"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9433\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9432"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9433"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9433"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9433"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}