{"id":9466,"date":"2021-04-27T18:26:58","date_gmt":"2021-04-27T18:26:58","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/oakdale-landbou-wys-affies-wie-is-baas-op-die-plaas\/"},"modified":"2021-04-27T18:26:58","modified_gmt":"2021-04-27T18:26:58","slug":"oakdale-landbou-wys-affies-wie-is-baas-op-die-plaas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9466","title":{"rendered":"Oakdale Landbou wys Affies wie is baas op die plaas"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9465\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2021\/04\/NewsGOakdaleLandbou.png\" alt=\"NewsGOakdaleLandbou\" width=\"380\" height=\"324\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/04\/NewsGOakdaleLandbou.png 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/04\/NewsGOakdaleLandbou-300x256.png 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/04\/NewsGOakdaleLandbou-768x656.png 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Oakdale Landbou<\/strong> se Bulle het die Wit Bulle van die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria op hul agterplaas in die Jakarandastad met 46-21 van die grond af laat eet. Die wedstryd was die hoofwedstryd van die eerste dag van die <strong>Barloworld Toyota Menlyn Noord\/Suid-toernooi<\/strong>.<\/p>\n<p>Dit was boonop die span van Riversdal se eerste sege ooit oor Affies. Die twee skole se eerstespanne het mekaar wel nog net twee keer vantevore op die rugbyveld ontmoet.<\/p>\n<p>Die eerste keer was in <strong>1991<\/strong> (31-3) en daarna het die spanne eers weer in <strong>2014<\/strong> (21-10) ontmoet. Affies was albei kere baas.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Oakdale spog vanjaar met &#8216;n bulspan en gaan nog &#8216;n hele paar spanne behoorlik op hul neuse laat kyk. Die agtsteman, <strong>Philip Kleynhans<\/strong>, is &#8216;n natuurlike groot seun wat waarskynlik nie sy gelyke op skoolvlak vanjaar in sy posisie het nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Kleynhans het voorlangs ingedons en saam met die kantman, <strong>Paul de Villiers<\/strong>, die tuisspan tot oorgawe help dwing. De Villiers is Oakdale se hoofseun en is vir sy goeie spel met &#8216;n drie beloon.&nbsp;<\/p>\n<p>Oakdale se skrumskakel, <strong>Neil le Roux<\/strong>, is ook &#8216;n speler wie se naam nog baie vanjaar sal opduik. Hy is nie net &#8216;n akkurate stelskopper nie, maar sy taktiese skopwerk van agter die loskrums verdien ook lof. Hy het boonop op die verdediging ook reuse werk vir die wenspan verrig.&nbsp;<\/p>\n<p>Die drie van die heelagter, <strong>Matthew Golden<\/strong>, sal nog &#8216;n hele paar keer opduik op hoogtepunte van die wedstryde. Hy het a la Jonah Lomu oor Mike Catt in die W\u00eareldbeker-halfeindstryd van 1995 oor &#8216;n laaste verdediger van Affies gehardloop om sy drie in die hoek te druk.<\/p>\n<p>Op &#8216;n stadium het dit geblyk of Wit Bulle vir slegs die tweede keer in die geskiedenis &#8216;n vyftigtal sou afstaan. Die enigste ander keer was &#8216;n donker dag in 2016 toe hulle met 29-53 teen Grey-kollege van Bloemfontein die onderspit gedelf het. Danksy rotsvaste verdediging het dit boonop gelyk of Affies dalk nie &#8216;n drie in die wedstryd sou druk nie, maar die Wit Bulle het gelukkig nooit handdoek ingegooi nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Vir Affies het sy agtsteman, <strong>Dillon Smith<\/strong>, en skrumskakel, <strong>Layton Horn<\/strong>, deurgans moedig probeer. Smith het sy lyf op die spel geplaas asook &#8216;n paar goeie lopies ingekry. Horn het ondanks die rotsvaste verdediging van Oakdale gereeld goeie vrae aan die verdediging gevra.&nbsp;<\/p>\n<p>Affies kom Saterdag in die hoofwedstryd van die laaste dag teen <strong>Welkom Gimnasium<\/strong> te staan, Oakdale Landbou sal Vrydag in die hoofwedstryd teen <strong>Garsfontein<\/strong> in aksie wees.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Oakdale Landbou 46 (29) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Paul de Villiers, Enrique Arendse, Matthew Golden, Morn\u00e9 Els, Keagan Coerecius, Johan Balt. Doelskoppe: Neil le Roux (5). Strafdoele: Le Roux (2). <strong>Affies 21 (9) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Layton Horn, Junior Masilela. Doelskop: Riaan Gerber, Strafdoele: Gerber (3).<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;4e9f624d_1619555244878&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oakdale Landbou se Bulle het die Wit Bulle van die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria op hul agterplaas in die Jakarandastad met 46-21 van die grond af laat eet. Die wedstryd was die hoofwedstryd van die eerste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord\/Suid-toernooi. Dit was boonop die span van Riversdal se eerste sege ooit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9465,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9466","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9466","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9466"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9466\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9465"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9466"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9466"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9466"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}