{"id":9501,"date":"2021-05-09T09:19:29","date_gmt":"2021-05-09T09:19:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/monnas-en-garsies-skop-virsekerbeker-met-bonuspuntseges-af\/"},"modified":"2021-05-09T09:19:29","modified_gmt":"2021-05-09T09:19:29","slug":"monnas-en-garsies-skop-virsekerbeker-met-bonuspuntseges-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9501","title":{"rendered":"Monnas en Garsies skop Virsekerbeker met bonuspuntseges af"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8772\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/NewsGWaterkloof.jpg\" alt=\"NewsGWaterkloof\" width=\"380\" height=\"257\" \/>Die <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> het op sy tuisveld in Krugersdorp daarin geslaag om vir die eerste keer sedert 2017 vir die <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> te verslaan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee spanne het mekaar tydens die eerste ronde van die Virsekerbeker se Bekerkompetisie die stryd op die Ras van Rooyen aanges\u00ea. Dit was nie een van die mees oortuigende vertonings deur die <strong>Wit Bulle<\/strong> nie, maar die afrigters sal steeds tevrede met volpunte wees.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Teen rustyd was daar niks tussen die twee spanne met die telling op 14-elk te kies nie. Klofies se skrumskakel, <strong>Nico du Randt<\/strong>, het &#8216;n geelkaart voor rustyd ontvang.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se Wit Bulle het &#8216;n hele paar geleenthede om punte aan te teken deur hul vingers laat glip. Die Klofies se breiers, <strong>Cobus van Dyk<\/strong> en <strong>Renier de Villiers<\/strong>, sal ook tevrede met hul span se vertoning voel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was Waterkloof se eerste wedstryd van die seisoen na die <strong>Departement van Gesondheid<\/strong> hulle weens &#8216;n uitbreek van die Coronavirus as &#8216;n knelpunt ge\u00efdentifiseer het. Die skool kon dus eers gedurende die week proewe hou.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Monnas het <strong>HJ de Beer<\/strong> (slot), Evan Retief (agtsteman) en <strong>S&#8217;fiso Magwaza<\/strong> (vaskopstut) voorlangs goeie vertonings gelewer. Agterlangs was die vleuel <strong>Brian Bianchina<\/strong> hul beste speler.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Garsfontein<\/strong> het tot &#8216;n ho\u00ebr rat na die skoolvakansie oorgeskakel en vir HTS Middelburg met 48-0 kaf gedraf. Die Garsies het op sy tuisveld, Berepark, reeds teen rustyd &#8216;n gemaklike voorsprong van 17-0 opgebou.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 wedstryd sou aanvanklik op die <strong>Rooi Bulle<\/strong> se tuisveld in Middelburg plaasgevind het, maar omdat die Departement van Onderwys in Gauteng nie wou toelaat dat Garsfontein na Mpumalanga reis nie, moes Plan B in plek gesit word om die wedstryd moontlik te maak.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die <strong>Turkoois Bere<\/strong> se kaptein en agtsteman, <strong>Juan Steyl<\/strong>, was waarskynlik sy span se beste speler op die dag. Hy het &#8216;n paar manne hard aarde toe op verdediging gebring en ook in die los gewoel. Die kantman <strong>Joshua van Houghton<\/strong> het self &#8216;n paar Rooi Bulle se ribbes nog rooier gelaat.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se agterste driehoek was ook op hulle stukke. Die trio van <strong>Michail Damon<\/strong>, Kyle Thompson en <strong>Ethan Maasdorp<\/strong> het tussen hulle ses van hul span se agt drie\u00eb afgerond. Damon het vanuit die laaste vesting drie keer agter HTS Middelburg se doellyn gaan draai.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die <strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong> van Boksburg het nie veel probleme ondervind om Noordheuwel in Krugersdorp met 26-3 die loef af te steek nie. Die Jansies se heelagter, <strong>Jason Edwards<\/strong>, het met sy dartellopies twee keer gaan druk.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Marais Viljoen<\/strong> van Alberton het vir die grootste opskudding tydens die eerste ronde se wedstryde gesorg. Die span van Alberton het in sy eerste wedstryd in die boonste afdeling daring geslaag om vir Helpmekaar met 32-31 uit te oorl\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 oorwinning is danksy \u2018n reuse strafdoel van ongeveer 51 meter deur die heelagter, <strong>Kian Coetzer<\/strong>, in die doodsnikke van die wedstryd beklink. Wat die laaste spiker in die doodskis nog erger gemaak het, is die feit dat Coetzer voorheen \u2018n leerder van Helpies was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Met ongeveer vyf minute se speeltyd oor in die kragmeting het Helpies nog \u2018n voorsprong van 31-22 geniet. Twee minute later het Marais Viljoen se slot <strong>Zane de Swardt<\/strong> vir sy tweede drie oor die doellyn gebars. Coetzer het dit vervyf om die voorsprong na slegs 31-29 te laat krimp.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Drie minute later het Coetzer die sege vir sy span met \u2018n strafdoel beklink. Coetzer het 17 punte met sy skopskoen aangeteken. Die wenspan se losskakel, <strong>Henr\u00e9 van Zyl<\/strong>, verdien ook &#8216;n kompliment vir sy koel en kalm vertoning.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Helpies het sy loskopstut, Christiaan Pauer, goeie spel gelewer.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Monument 24 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Cas Botes, HJ de Beer, Brian Bianchina, Damian Engelbrecht. Doelskoppe: Alec Vermaak (2). <strong>Waterkloof 14 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ruben Odendaal, Marno Grobbelaar. Doelskoppe: Reinhardt Stipp (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Garsfontein 48 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Michail Damon (3), Kyle Thompson (2), Ethan Maasdorp, Steven Nel, Calvin Scott. Doelskoppe: Maasdorp (2), Deacon Pretorius, Tireque Appoles. <strong>HTS Middelburg 0<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Marais Viljoen 32 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Zane de Swardt (2), Henry van Zyl. Doelskop: Kian Coetzer. Strafdoele: Coetzer (5). <strong>Helpmekaar 31 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: JP Beyer (2), Diego Cupido, Christiaan Pauer, Ryan Coetzee. Doelskoppe: Joshua Smith (3).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>EG Jansen 26 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jason Edwards (2), Kyle Pepler, Xander Marais. Doelskoppe: Kyle Benad\u00e9 (3). <strong>Noordheuwel 3 (3) &#8211;<\/strong> Strafdoel: Ronan Herman.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.16:<\/strong> Monument 53, Waterkloof 15; Garsfontein 26, HTS Middelburg 17; Helpmekaar 38, Marais Viljoen 7; Noordheuwel 26, EG Jansen 20.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Monument 19, Waterkloof 12; Garsfontein 8, HTS Middelburg 7 (wedstryd moet oorgespeel word weens weerlig); Helpmekaar 33, Marais Viljoen 21; Noordheuwel 6, EG Jansen 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Monument 45, Waterkloof 0; Garsfontein 46, HTS Middelburg 0; Helpmekaar 22, Marais Viljoen 7; Noordheuwel 29, EG Jansen 3.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;76a6b3dd_1620543641428&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Monument het op sy tuisveld in Krugersdorp daarin geslaag om vir die eerste keer sedert 2017 vir die Ho\u00ebrskool Waterkloof te verslaan.&nbsp; Die twee spanne het mekaar tydens die eerste ronde van die Virsekerbeker se Bekerkompetisie die stryd op die Ras van Rooyen aanges\u00ea. Dit was nie een van die mees oortuigende vertonings [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8772,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9501","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9501","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9501"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9501\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8772"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9501"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9501"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9501"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}