{"id":95122,"date":"2026-05-10T09:08:22","date_gmt":"2026-05-10T07:08:22","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=95122"},"modified":"2026-05-10T09:08:22","modified_gmt":"2026-05-10T07:08:22","slug":"wit-bulle-weer-die-beste-in-die-weste-van-aswegen-skopstewel-die-laaste-se-vir-jansies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=95122","title":{"rendered":"Wit Bulle weer die beste in die weste, Van Aswegen skopstewel die laaste s\u00ea vir Jansies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_95125\" aria-describedby=\"caption-attachment-95125\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-95125\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Morne-Noble-vs-Noordheuwel-400x275.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"275\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-95125\" class=\"wp-caption-text\">Morn\u00e9 Noble strek oor vir sy drie wat as die Toyota oomblik van die wedstryd aangewys is in die Wit Bulle se 41-15 sege oor Noordheuwel in die Krugersdorp derby wat deel van die Virseker Noordvaal Beker uitmaak. Foto: Marius Nortj\u00e9.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar blyk tans geen keer aan <strong>Morn\u00e9 Noble<\/strong> en die <strong>Wit Bulle<\/strong> van <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> te wees nie.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op\u00a0<strong><a href=\"https:\/\/bit.ly\/SuperSportSchools2026\">SuperSport Schools<\/a> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SuperSportSchools2026\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die <strong>Wit Bulle<\/strong> het Saterdagmiddag op die Ras van Rooyen die bordjies oor <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> met &#8216;n oortuigende sege van 41-15 in di\u00e9 se ontmoeting in die <strong>Virseker Noordvaal Cup<\/strong> verhang.<\/p>\n<p>Dit het die <strong>Monumentare<\/strong> weer die beste in die weste gemaak, soos waarna oor die afgelope week na die stryd verwys is.<\/p>\n<p><strong>Noble<\/strong> is vir die tweede agtereenvolgende week as die Virseker-breker van die wedstryd aangewys. Sy drie is ook vir die tweede week in \u2018n ry as die Toyota-oomblik van die wedstryd aangewys.<\/p>\n<p>Die laaste twee weke het gewys hoekom <strong>Noble<\/strong> reeds verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span se oond skoongemaak het. Hy is ongelukkig vanjaar nie verkiesbaar vir die Leeus se Cravenweek-span nie.<\/p>\n<p>Sy oopkantflank, <strong>Siya Ncube<\/strong>, was net so uitsonderlik. <strong>Ncube<\/strong> se gewoeker in die vastelos, en ook \u2018n drie, het gemaak dat h\u00fd self aan die Virseker-breker-deur geklop het.<\/p>\n<p>Die <strong>Nories<\/strong> het in die eerste helfte uitstekend verdedig. S\u00fd alombekende rotsvaste verdediging, wat &#8216;n hele paar groot duikslae ingesluit het, het beteken dat die <strong>Wit Bulle<\/strong> met slegs 8-3 teen die omdraaislag voorgeloop het.<\/p>\n<p>Loskopstut <strong>Ruben Botes<\/strong> se drie kort n\u00e1 rustyd het die <strong>Nories<\/strong> se hoop laat opvlam, maar daar was egter geen keer aan die tuisspan nadat <strong>Noble<\/strong> se vyfpunter die momentum gedraai het nie.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong> het sy groot nederlaag teen die <strong>Wit Bulle<\/strong> verlede naweek afgeskud en met \u2018n 32-28-sege oor <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> reggemaak. Dit was uiteindelik die skopstewel van die <strong>Jansies<\/strong> se losskakel, <strong>Juan van Aswegen<\/strong>, wat die verskil tussen die twee spanne was.<\/p>\n<p><strong>Van Aswegen<\/strong> se strafdoel, met tyd reeds verstreke, het die <strong>Rusties<\/strong> se doppie geklink. Hy het vroe\u00ebr twee doelskoppe oorgeklits het en ook die doellyn vir &#8216;n drie oorgesteek het.<\/p>\n<p>Hy is ondersteun deur &#8216;n tweekuns aan drie\u00eb deur sy kaptein en steelkantflank, <strong>Jaco Engelbrecht<\/strong>. Vir die besoekers was daar niemand beter as sy woelige skrumskakel, <strong>Shylo Cox<\/strong>, nie. <strong>Cox<\/strong> het die <strong>Jansies<\/strong> se verdediging gereeld omkant betrap met sy dartellopies om die afbreekpunte. Di\u00e9 het ook twee drie\u00eb agter sy naam ingepen.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument 41 (8) <\/strong>\u2013 Drie\u00eb: Logan Langeveld, Jaydon Viljoen, Morn\u00e9 Noble, Ruan Genis, Siya Ncube, Blessing Monareng. Doelskoppe: Cameron Kourie (4). Strafdoel: Viljoen. <strong>Noordheuwel 15 (3) <\/strong>\u2013 Drie\u00eb: Ruben Botes, Llewellyn Lourens. Doelskop: Tidi Moeketsane. Strafdoel: Moeketsane.<\/p>\n<p><strong>EG Jansen 32 (10) <\/strong>\u2013 Drie\u00eb: Jaco Engelbrecht (2), Juan van Aswegen, Joe Diesel, Duwayne Zeekoei. Doelskoppe: Van Aswegen (2). Strafdoel: Van Aswegen. <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 28 (7) <\/strong>\u2013 Drie\u00eb: Shyloh Cox (2), Aydon Willemse, Franco de Beer. Doelskoppe: Ricardo Enos (4).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne: <\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16: <\/strong>Monument 38, Noordheuwel 17; EG Jansen 22, Rustenburg 21.<\/p>\n<p><strong>o.15: <\/strong>Monument 22, Noordheuwel`5; EG Jansen 27, Rustenburg 22.<\/p>\n<p><strong>0.14: <\/strong>Monument 17, Noordheuwel 17; Rustenburg 35 EG Jansen 12.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar blyk tans geen keer aan Morn\u00e9 Noble en die Wit Bulle van Ho\u00ebrskool Monument te wees nie. Herleef al die aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Wit Bulle het Saterdagmiddag op die Ras van Rooyen die bordjies oor Ho\u00ebrskool Noordheuwel met &#8216;n oortuigende sege van 41-15 in di\u00e9 se ontmoeting in die Virseker Noordvaal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":95127,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-95122","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/95122","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=95122"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/95122\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/95127"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=95122"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=95122"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=95122"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}