{"id":9524,"date":"2021-05-16T11:59:07","date_gmt":"2021-05-16T11:59:07","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hugenote-eldos-en-heidelberg-volkies-skop-virsekerbeker-op-wennoot-af\/"},"modified":"2021-05-16T11:59:07","modified_gmt":"2021-05-16T11:59:07","slug":"hugenote-eldos-en-heidelberg-volkies-skop-virsekerbeker-op-wennoot-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9524","title":{"rendered":"Hugenote, Eldos en Heidelberg Volkies skop Virsekerbeker op wennoot af"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9523\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/NewsGOosMoot.jpg\" alt=\"NewsGOosMoot\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/NewsGOosMoot.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/NewsGOosMoot-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Hugenote het die <strong>Virsekerbeker-reeks<\/strong> op die ideale noot begin met die oortuigende wegsege wat hy Saterdag oor Oos-Moot behaal het.&nbsp;Hugenote het met 24-7 gewen nadat hy rustyd net met 5-0 voor was.<\/p>\n<p>Daar was aanvanklik baie min tussen die spanne gekies en die telbord het eers begin saampraat nadat <strong>Johan Wessels<\/strong>, kookwater-flank van Hugenote, die eerste van sy span se vier drie\u00eb drie minute voor die rustyd gedruk het.&nbsp;Die twee afrigtingspanne sal uiteraard uiteenlopende nabetragtingsessie met hul spelers h\u00ea.<\/p>\n<p>Hugenote se breiers behoort tevrede met hul span se vertoning te wees, want die besoekers uit Springs was beter in die lynstane, het dodelik verdedig en agterlangs baie meer ondernemende rugby as Oos-Moot gespeel.<\/p>\n<p>Wat Hugenote egter tot kommer moet stem, is dat sy dissipline nie op die dieselfde peil as die res van sy spelkomponente was nie. Teen \u2018n sterk en meer uitgeslape span sou Hugenote \u2018n duur prys betaal het vir die drie geelkaarte wat hy afgestaan het.<\/p>\n<p>Laat in die eerste helfte moes Hugenote touens met 13 spelers klaarkom nadat twee spelers binne minute van mekaar deur die Blou Bul-blaser, <strong>MC Baartman<\/strong>, koelkas toe gestuur is.<\/p>\n<p>Dat Oos-Moot nie hierdie wiskundige voordeel kon uitbuit nie, vertel in kort die verhaal van die tuisspan vir wie min dinge reggeloop het.<\/p>\n<p>Oos-Moot het self twee geelkaart-oortredings begaan, maar dit kan nie as verskoning gebruik word waarom die Blou Golf so gesukkel het om aan die gang te kom nie. Daar was soveel geleenthede wat Oos-Moot gehad het om punte aan te teken, maar hul enigste drie is eers in die laaste minuut van die wedstryd gedruk.<\/p>\n<p>Die Oosies se kleitrappery kan regstreeks toegeskryf word aan hul onvermo\u00eb om af te rond. Waardevolle besit, gebiedsvoordeel \u00e9n die inisiatief is daardeur keer op keer prysgegee het.<\/p>\n<p>Oos-Moot se besluitneming en basiese vaardighede sal in sy volgende wedstryd \u2018n skerp opwaartse kurwe moet toon. Di\u00e9 span het beslis talent en potensiaal, maar is nie klinies genoeg nie.<\/p>\n<p><strong>Hannes Nienaber<\/strong> berig daar was nie veel te kies tussen die <strong>Heidelberg Volkskool<\/strong> en <strong>Ligbron Akademie<\/strong> in die twee spanne se eerste wedstryd van die kompetisie nie. Die Volkies het met 19-12 as oorwinnaars van die veld gestap, nadat hulle teen rustyd &#8216;n voorsprong van 12-7 geniet het.&nbsp;<\/p>\n<p>Eldoraigne se <strong>Rossouw Naude<\/strong> was aan die spits van sy span se oortuigende sege van 36-17 oor die <strong>Ho\u00ebrskool Florida<\/strong>.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hugenote 24 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Johan Wessels, Brandon Smit, Juan de Bruin en Dylan Coleman. Doelskoppe: Hanru Lessman (2). <strong>Oos-Moot 7 (0) &#8211;<\/strong>&nbsp;Drie: Regardt Jordaan. Doelskop: Carlo Janse van Rensburg.<\/p>\n<p><strong>Eldoraigne 36 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Rossouw Naude (2), Nicholas du Bruyn, Wilhelm Wessels, Ruan Bezuidenhout, Armandt Barnard. Doelskoppe: Shane Olivier (3). <strong>Florida 17<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Heidelberg Volkskool 19 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ruan Claassens, Armand Wessels, Jurie Dietrechsen. Doelskoppe: Eduard Olivier (2). <strong>Ligbron Akademie 12 (7) &#8211;<\/strong> Buhle Mangane, Hubert Terblanche. Doelskop: Jean-Paul Labuschagne.<\/p>\n<p><strong>Ander uitslae:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Oos-Moot 25, Hugenote 0;&nbsp;Eldoraigne 33, Florida 3; Ligbron 14, Heidelberg&nbsp;Volkies 12.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Hugenote 27, Oos-Moot 17;&nbsp; Eldoraigne 36, Florida 0; Ligbron 47, Heidelberg Volkies 9.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Hugenote 31, Oos-Moot 7;&nbsp;Eldoraigne 49, Florida 0; Ligbron 12, Heidelberg Volkies 10.<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;1c584796_1621165734752&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hugenote het die Virsekerbeker-reeks op die ideale noot begin met die oortuigende wegsege wat hy Saterdag oor Oos-Moot behaal het.&nbsp;Hugenote het met 24-7 gewen nadat hy rustyd net met 5-0 voor was. Daar was aanvanklik baie min tussen die spanne gekies en die telbord het eers begin saampraat nadat Johan Wessels, kookwater-flank van Hugenote, die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9523,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9524","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9524","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9524"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9524\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9523"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9524"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9524"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9524"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}