{"id":95720,"date":"2026-05-17T16:33:37","date_gmt":"2026-05-17T14:33:37","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=95720"},"modified":"2026-05-17T16:33:37","modified_gmt":"2026-05-17T14:33:37","slug":"waterkloof-se-agttal-le-grondslag-vir-sege-oor-parkies-krige-vuurwarm-vir-helpies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=95720","title":{"rendered":"Waterkloof se agttal l\u00ea grondslag vir sege oor Parkies, Krige vuurwarm vir Helpies"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-95725\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/57A8465-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> se eersterugbyspan het sy houvas oor sy eweknie van die <strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> sedert 2020 Saterdag met &#8216;n sege van 36-12 in die <strong>Virseker Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling behou.<\/p>\n<p>Menlopark het laas in 2019 daarin geslaag om die Klofies te klop. Hy was toe met 55-21 baas en het daardie jaar ook die titel as kampioen van die Beker-afdeling verower.<\/p>\n<p>Albei spanne het Saterdag weens ongedwonge foute gesukkel in die eerste helfte om aan die gang te kom. Die Klofies het teen lemoentyd &#8216;n voorsprong van 12-7 geniet.<\/p>\n<p>Die Parkies kon egter maklik ook teen rustyd voorgeloop het, indien dit nie vir die onnodige foute op die aanval was nie. Die span se losskakel, <strong>Willie Pieterse<\/strong>, het soos &#8216;n warm mes deur botter deur die besoekers se verdediging vir sy drie gegly.<\/p>\n<p>Die Klofies het egter in die tweede helfte daarin geslaag om na &#8216;n ho\u00ebr rat oor te skakel. Meestal danksy die inklimspel van sy haker, <strong>Stiaan Theron<\/strong>, flanke <strong>Stefan Pieters<\/strong> en <strong>Hugo Dercksen<\/strong>, asook die plaasvervanger-slot, <strong>Phillip Mans<\/strong>.<\/p>\n<p>Pieters het twee keer oor Menlopark se doellyn gebars en is vir sy vertoning ook met die toekenning as <strong>Virsekerbreker van die Wedstryd<\/strong> beloon.<\/p>\n<p>Agterlangs het die heelagter, <strong>Alexander Griesel<\/strong>, weer &#8216;n blink vertoning opgedis. Die Parkies se regtervleuel, <strong>Lucian Read<\/strong>, het met tye vurig onder die Klofies se aanvallers ingeklim en verdien vermelding.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> moes op sy tuisveld harder werk vir sy sege van 36-24 oor EG Jansen as wat die telling aandui.<\/p>\n<p>Die Helpies se linkervleuel, <strong>Zuan Krige<\/strong>, was op sy stukke en het &#8216;n beweging vanuit sy span se eie doelgebied vir een van sy twee drie\u00eb afgerond. As Krige in besit geplaas word met spasie dan is die gort behoorlik gaar.<\/p>\n<p>Dit help ook natuurlik dat Helpies se Cravenweek-senter <strong>Ethan Lourens<\/strong> &#8216;n speler is wat weet hoe om die verdediging oop te kloof asook hoe om spasie vir sy spanmaats te skep. Sy tweelingbroer,<strong> Shaye<\/strong>, is ook vinnig besig om sy voete op losskakel te vind.<\/p>\n<p>Die Helpies se hoofafrigter, <strong>Tjaart van der Walt<\/strong>, moes Shaye noodgedwonge weens beserings vanaf skrumskakel na losskakel skuif. Gelukkig vir Van der Walt was sy plaasvervanger-skrumskakel, <strong>John van Druten<\/strong>, &#8216;n meer as handige speler om in Shaye se plek die oond skoon te maak.<\/p>\n<p>Voorlangs was die flank <strong>Llewellyn Vermaak<\/strong> soos gewoonlik aan die voorpunt, met <strong>Jeandr\u00e9 van der Merwe<\/strong> (haker) wat ook goeie spel gelewer het.<\/p>\n<p>Die span van Boksburg se losskakel,<strong> Juan van Aswegen<\/strong>, was weer sy span se groot staatmaker. Hy is goed agterlangs deur die buitesenter, <strong>Duwayne Zeekoei<\/strong>, en die heelagter, <strong>JJ van Rensburg<\/strong>, bygestaan. Albei het hul geleenthede op die aanval goed benut.<\/p>\n<p><strong><em>Video highlights of the match(es) are below the articles.\u00a0<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof 36 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Stefan Pieters (2), Alexander Griesel, Stiaan Theron, Jacques Janse van Rensburg, Phillip Mans. Doelskoppe: Liam Schutte (3). <strong>Menlopark 12 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Willie Pieterse, Tiaan Boshoff. Doelskop: Pieterse.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege 36 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Zuan Krige (2), Ethan Lourens, Ruben Coetzee, Jeandr\u00e9 van der Merwe, Llewellyn Vermaak. Doelskoppe: Shaye Lourens (4). <strong>EG Jansen 24 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Juan van Aswegen, Duwayne Zeekoei, JJ van Rensburg. Doelskoppe: Van Aswegen (3). Strafdoel: Van Aswegen.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Menlopark 39, Waterkloof 24; Helpmekaar 35, EG Jansen 17.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Waterkloof 26, Menlopark 12; Helpmekaar 38, EG Jansen 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Menlopark 22, Waterkloof 17; Helpmekaar 29, EG Jansen 14.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"Rugby - Helpmekaar Kollege vs Dr. E.G. Jansen - Virseker Noordvaal - 16 May 2026\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/mmnHthusATM?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Waterkloof se eersterugbyspan het sy houvas oor sy eweknie van die Die Ho\u00ebrskool Menlopark sedert 2020 Saterdag met &#8216;n sege van 36-12 in die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling behou. Menlopark het laas in 2019 daarin geslaag om die Klofies te klop. Hy was toe met 55-21 baas en het daardie jaar ook [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":95725,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-95720","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/95720","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=95720"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/95720\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/95725"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=95720"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=95720"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=95720"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}