{"id":9581,"date":"2021-08-24T06:31:07","date_gmt":"2021-08-24T06:31:07","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/die-bulle-van-oakdale-trap-hts-drostdy-in-worcester\/"},"modified":"2021-08-24T06:31:07","modified_gmt":"2021-08-24T06:31:07","slug":"die-bulle-van-oakdale-trap-hts-drostdy-in-worcester","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9581","title":{"rendered":"Die Bulle van Oakdale trap HTS Drostdy in Worcester"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9580\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/NewsG_Oakdale_Landbou.jpg\" alt=\"NewsG Oakdale Landbou\" width=\"380\" height=\"255\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/NewsG_Oakdale_Landbou.jpg 949w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/NewsG_Oakdale_Landbou-300x201.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/NewsG_Oakdale_Landbou-768x515.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Die <strong>Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale<\/strong> het waarskynlik vir oulaas sy spiere Saterdag teen <strong>HTS Drostdy<\/strong> op Trappespark in Worcester gebult. Die Bulle van Oakdale het op die ou einde met 43-14 gemaklik as oorwinnaars van die veld gestap.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 wedstryd is waarskynlik <strong>Oakdale Landbou<\/strong> se laaste van die seisoen met die feit dat hul kragmeting volgende Saterdag teen Grey-kollege in Bloemfontein nog in die weegskaal is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryd teen Grey sal &#8216;n hoogtepunt wees, maar die skool van die Rosestad was vir &#8216;n hele paar dae deur die Departement van Onderwys gesluit weens &#8216;n hele paar Covid-gevalle. Die feit dat Oakdale wat in die Wes-Kaap is moet toestemming kry om na die Vrystaat te reis kan ook &#8216;n stok in die wiel steek.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Maar terug na die stryd tussen die Donkies en die Bulle van Oakdale in Worcester.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan hoef egter glad nie sleg oor sy vertoning teen een van die beste skolespanne in Suid-Afrika vanjaar te voel nie. Die <strong>Donkies<\/strong> was veel beter as wat hulle 14 punte op die telbord aandui. Teen rustyd was die telling 19-7 in die besoekers se guns.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale se agtsteman, <strong>Philip Kleynhans<\/strong>, was egter op sy stukke en dit het geblyk asof hy nooit die onderbreking in die seisoen ondervind het nie. Hy het met sy kragtige lopies etlike meters vir sy span op &#8216;n slag veld gewen. Hy is vir twee van die kraglopies met drie\u00eb beloon.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kleynhans is een van vier spelers van Oakdale wat vroe\u00ebr vanjaar in die Suid-Afrikaanse o.18-toergroep na Georgi\u00eb ingesluit was. Die ander drie is <strong>Paul de Villiers<\/strong>, Niel le Roux en <strong>Dian Heunis<\/strong>. De Villiers is ook die manne van Riversdal se hoofseun.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Le Roux was deur sommige kenners as waarskynlik die beste skrumskakel op skolevlak in jare beskryf word, was nie Saterdag teen HTS Drostdy in aksie nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Kleynhans het die vleuel <strong>Enrique Arendse<\/strong> en De Villiers ook albei dubelle driedruk-plesier ervaar. Die besoekers se heelagter, Matthew Golden, het &#8216;n hele paar keer ook vanuit die laaste vesting gevaarlike aanvalle geloots.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Donkies se beste speler op die dag was sy agtsteman en kaptein, <strong>Pieter Hamman<\/strong>, wat sy span van voor gelei het. Die flank <strong>George Groenewald<\/strong> asook die haker, <strong>Abrie Griessel<\/strong>, het elk ook &#8216;n goeie dag op kantoor beleef.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dan verdien die regervleuel, <strong>Clayton Longman<\/strong>, ook &#8216;n klop op die skouer vir die verloorspan. Hy is &#8216;n hele paar keer hard gelak, maar het nooit moed opgegee nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ondersteuners kan weer na die wedstryd tussen die twee spanne gaan kyk deur op die volgende skakel van<span style=\"color: #ff0000; font-size: 12pt;\"><strong> DigiTV<\/strong><\/span> te kliek &#8211;&nbsp;<a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/bit.ly\/DonkieBulle\">https:\/\/bit.ly\/DonkieBulle<\/a>. Die wedstryd was ook deel van FNB se <em><strong>Classic Clashes<\/strong><\/em>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Martyn Mulder\/Brakkies Sport Fotos<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Oakdale Landbou 43 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Paul de Villiers (2), Philip Kleynhans (2), Enrique Arendse (2), Erhard Lambrecht. Doelskoppe: Morn\u00e9 Els (2), Marcel Strydom, Johan Lampbrecht. <strong>HTS Drostdy 14 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Nayren Solomons, Percy Basson. Doelskoppe: JP Britz (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;27763efe_1629786573331&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale het waarskynlik vir oulaas sy spiere Saterdag teen HTS Drostdy op Trappespark in Worcester gebult. Die Bulle van Oakdale het op die ou einde met 43-14 gemaklik as oorwinnaars van die veld gestap.&nbsp; Di\u00e9 wedstryd is waarskynlik Oakdale Landbou se laaste van die seisoen met die feit dat hul kragmeting volgende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9580,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9581","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9581","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9581"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9581\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9580"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9581"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9581"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9581"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}