{"id":9585,"date":"2021-08-24T17:10:33","date_gmt":"2021-08-24T17:10:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/manne-hier-loop-n-springbok-rond-by-ons-vyfde-span\/"},"modified":"2021-08-24T17:10:33","modified_gmt":"2021-08-24T17:10:33","slug":"manne-hier-loop-n-springbok-rond-by-ons-vyfde-span","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9585","title":{"rendered":"&#8220;Manne hier loop &#8216;n Springbok rond by ons vyfde span&#8221;"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9584\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/NewsG_Grant_Williams.jpg\" alt=\"NewsG Grant Williams\" width=\"380\" height=\"499\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/NewsG_Grant_Williams.jpg 600w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/NewsG_Grant_Williams-228x300.jpg 228w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Toe Springbok-afrigter, <strong>Jacques Nienaber<\/strong>, besluit om <strong>Grant Williams<\/strong> op te roep na die Bok-span in die plek van die beseerde Jaden Hendrikse het &#8216;n besonderse storie na vore gekom. Want Williams het in 2013 in sy graad-11 jaar nog vir Paarl Gimnasium se vyfde span, die Eagles, op vleuel uigedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Williams het wel in 2013 in dieselfde posisie vir Gimmies se tweede span uitgedraf, maar weens &#8216;n sameloop van gebeure moes hy die nommer 9-trui van sy skool se eerstespan vir die grootste interskole ter w\u00eareld dra. Gimmies se eerstespan se kaptein van daardie jaar <strong>Zandr\u00e9 de Koker<\/strong> se voet word raakgery in &#8216;n fratsongeluk by die koshuis.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tweede span se skrumskakel, Klippies, het ook &#8216;n besering opgedoen en was nie beskikbaar om De Koker se plek agter die oond in te neem nie. Paarl Gimnasium se hoofafrigter van destyds, <strong>Christoff Lotter<\/strong>, moes alle opsies oorweeg en na &#8216;n gesprek met &#8216;n ene mnr. <strong>Ivan Dixon<\/strong> dat Bomba, soos Williams op skool bekend gestaan het, die man was om De Koker se tokse vol te staan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Mnr. Dixon het altyd &#8216;n rokie geniet daar buite die skoolgeboue en ek en hy het altyd lekker gesels. Hy het toe genoem dat Bomba vir hom by die o.15B-span op skrumskakel gespeel het, en baie naby daaraan was om vir die A-span uit te draf. Ek het geweet hy beskik oor &#8216;n suiwer aangee, maar het nie op daardie stadium geweet of hy oor die aanvoeling beskik wat &#8216;n skrumskakel nodig het nie,&#8221; het Lotter ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Lotter het op sy dag self vir die Boland, Griekwas en die Westelike Provinsie op skrumskakel uitgedraf. Lotter word vandag steeds as een van die beste skoleafrigters in die land gereken. Hy het na sy dae as Paarl Gimnasium se hoofafrigter ook Maties se jongspan afgerig, voordat hy besluit het om &#8216;n breuk te neem. Lotter het na sy breuk weer begin help op Gimmies se o.16-span touwys te maak.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Williams het toe Dixon asook Lotter se vertroue in hom op die beste wyse moontlik beantwoord. Hy het tydens die interskole van 2014 teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl sy span se enigste drie in hul sege van 16-15 gedruk. En dit was nie sommer net &#8216;n gewone drie nie, sommer &#8216;n spoggerige een. Die slot <strong>Ernst van Rhyn<\/strong>, wat deesdae vir die Streeptruie se seniorspan uitdraf het &#8216;n bal wat losgespat het op die halflyn opgeraap verby die eerste linie van verdedigers geglip en &#8216;n rolskoppie deurgeskop wat die haastige Williams geen probleme ondervind het om te herwin en te gaan druk onder die pale nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek het hom by die vyfde span ook afgerig. Hy was &#8216;n fantastiese rugbyspeler. Ek en hy het &#8216;n ooreenkoms op &#8216;n stadium aangegaan oor dat ek hom R10 vir elke drie sou gee. Ek moes dit later stopsit want hy het elke week twee, drie of vier keer gaan druk,&#8221; het Dixon ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die drie kan in die hoogtepunte van die wedstryd hieronder na gekyk word:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><iframe loading=\"lazy\" style=\"display: block; margin-left: auto; margin-right: auto;\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/bCGGeUT6fjs?rel=1\" width=\"425\" height=\"350\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Williams het sy blink vertoning op die grootste verhoog in skolerugby &#8216;n week later met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb teen Rondebosch Boys&#8217; High opgevolg.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek het die afrigters van die ho\u00ebr spanne vertel hier loop &#8216;n Springbok rond by die vyfdes. Hy kon enige posisie in die agterlyn speel. Hy het ongelooflik goeie opgang gemaak, en dit is verskriklik lekker om nog &#8216;n Gimmie in die Bok-span te sien,&#8221; het Dixon ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nog meer ongelooflik is dat <strong>Ernst van Rhyn<\/strong> (2015) die SA Skole-kaptein was, en die ander punte op daardie dag vir Gimmies is deur sy heelagter, <strong>Grant Hermanus<\/strong>, aangeteken. Hermanus was in 2014 die Craven Week Speler van die Toernooi. Bomba het sy geleentheid vanaf die vyfde span aangegryp om voor sy spanmaats die stap na ho\u00ebr louere te neem.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Williams sal egter nie die eerste skrumskakel in die onlangse geskiedenis wees wat nie sy skool se eerste keuse skrumskakel was nie. <strong>Piet van Zyl<\/strong> (Grey-kollege) het op skool vir die derde span, die Peaches, uitgedraf. <strong>Cobus Reinach<\/strong>, moes self op skool die bank warm hou terwyl die SA skole-skrumskakel en vandag mediese dokter, <strong>Pieter Rademan<\/strong>, Grey se oond skoon gemaak het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die voormalige Bok-vleuel, Jacques Olivier, het ook byvoorbeeld nooit naby Menlopark se eerstespan gekom nie, terwyl Gerrie Britz ook in graad 11 in een van Grey se laerspanne (sewende span) sy rugby geniet het.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Carl Fourie\/Gallo Images\/Premier Interschools<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;d395b0a6_1629824895373&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, besluit om Grant Williams op te roep na die Bok-span in die plek van die beseerde Jaden Hendrikse het &#8216;n besonderse storie na vore gekom. Want Williams het in 2013 in sy graad-11 jaar nog vir Paarl Gimnasium se vyfde span, die Eagles, op vleuel uigedraf. Williams het wel in 2013 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9584,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9585","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9585","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9585"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9585\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9584"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9585"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9585"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9585"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}