{"id":9652,"date":"2021-12-19T17:46:39","date_gmt":"2021-12-19T17:46:39","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/covid-19-knak-skolesport\/"},"modified":"2021-12-19T17:46:39","modified_gmt":"2021-12-19T17:46:39","slug":"covid-19-knak-skolesport","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9652","title":{"rendered":"Covid-19 knak skolesport"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9651\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Henning_Gericke.jpg\" alt=\"Henning Gericke\" width=\"380\" height=\"328\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Henning_Gericke.jpg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Henning_Gericke-300x259.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Henning_Gericke-768x662.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Die skolegemeenskap is dit eens dat die impak op skolesport deur die inperkings vanwe\u00eb die Covid19-pandemie \u2018n reuse uitwerking op die emosionele welstand asook die ontwikkeling van die leerlinge se vaardighede gehad het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cSkolesport op skoolvlak is die laaste twee jaar geknou,\u201d het Leon Bantjies, skoolhoof van die Ho\u00ebrskool Garsfontein, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is veral die wintersportsoorte wat die meeste deur die pandemie beinvloed is. Rugby, hokkie en netbal is waarskynlik die ergste deur die pandemie op skoolvlak geraak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cSpansporte toets jou psige heeltyd. Dit leer jou om teleurstellinge asook sukses te hanteer. Jy leer om \u2018n gemeenskaplike doel as \u2018n span na te jaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is belangrik vir die ontwikkeling van \u2018n gesonde psige en dit is ongelukkig weggevat,\u201d het Dr. Henning Gericke, kliniese sielkundige, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar was die afgelope twee jaar ook minder geleenthede vir sportsterre weens die kansellasie van meeste van die groot toernooie wat die Cravenweek, Wildeklawer, Waterkloof-netbalfees, W\u00eareld Skolefees en ander provinsiale toernooie insluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie kinders het swaar gekry. Hulle is van heelwat geleenthede ontneem. Die kompetisie van wedstryde haal die beste uit die kinders en hulle gemoedstoestand is gewis negatief deur die pandemie beinvloed,\u201d het Schalk Reynders, skoolhoof van die Ho\u00ebrskool Menlopark, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Heelwat leerlinge het ook tydens die pandemie besluit om nie meer aan sport deel te neem weens die feit dat hul spanne min of geen wedstryde gehad het om te speel nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cSkolesport het v\u00ear agteruit gegaan veral by laerskole. By \u2018n laerskool speel die buitemuurse aktiwiteite \u2018n belangrike rol. Ons kon agterkom dat dissipline ook weens die kinders se frustrasie moeiliker geraak het om te beheer,\u201d het Louis Dekker, skoolhoof van die Laerskool Wierdapark, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skoolhoofde was dit ook eens dat dit dalk twee jaar of langer sal neem om die agterstand uit te wis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDit kan twee jaar of selfs langer neem om die kinders se vaardighede weer te kry waar dit was. Onthou van die kinders wat volgende jaar op o.13-vlak sal deelneem het as o.11\u2019s laas \u2018n volle seisoen beleef,\u201d het Dekker ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die impak op skolesport strek ook wyer as net die deelnemende leerlinge. Daar was sonder twyfel ook \u2018n finansi\u00eble impak met borge wat onttrek het, hekgelde vir groot interskoles wat nie ingevorder kon word nie, die verskaffers van truie en spyseniering wat verliese gely het asook die feit dat skole steeds hul fasiliteite in stand moes hou sonder dat daar \u2018n inkomste daaruit gegenereer kon word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cAl die betrokkenes moet net weer entoesiasties en passievol oor hul sport raak. Ons het dit gesien met die Olimpiese Spele. Daar was vooraf verwag dat die gehalte van Olimpiese Spele vroe\u00ebr vanjaar swakker sou wees weens die uitstel daarvan. Tog het die atlete danksy hul entoesiasme om weer deel te neem verskeie w\u00eareldrekords verbeter,\u201d het Gericke ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is in totaal 20 w\u00eareldrekords tydens die Olimpiese Spel in Tokio verbeter. \u201cDie impak van die pandemie op skolesport is nie net negatief nie. Die lus om weer deel te neem kan \u2018n omswaai teweegbring dat die agterstand in minder as twee jaar uitgwis word,\u201d het Gericke ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;b7ca434c_1639935904183&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skolegemeenskap is dit eens dat die impak op skolesport deur die inperkings vanwe\u00eb die Covid19-pandemie \u2018n reuse uitwerking op die emosionele welstand asook die ontwikkeling van die leerlinge se vaardighede gehad het. \u201cSkolesport op skoolvlak is die laaste twee jaar geknou,\u201d het Leon Bantjies, skoolhoof van die Ho\u00ebrskool Garsfontein, ges\u00ea. Dit is veral die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9651,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9652","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9652","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9652"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9652\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9651"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9652"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9652"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9652"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}