{"id":9681,"date":"2022-02-27T07:26:19","date_gmt":"2022-02-27T07:26:19","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-kollege-waarsku-vroeg-en-trio-maak-sy-debuut\/"},"modified":"2022-02-27T07:26:19","modified_gmt":"2022-02-27T07:26:19","slug":"grey-kollege-waarsku-vroeg-en-trio-maak-sy-debuut","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9681","title":{"rendered":"Grey-kollege waarsku vroeg en Trio maak sy debuut"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9676\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/NewsG_Grey_College_rugby.jpg\" alt=\"NewsG Grey College rugby\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/NewsG_Grey_College_rugby.jpg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/NewsG_Grey_College_rugby-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/NewsG_Grey_College_rugby-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Die eerste skote van die skolerugbyseisoen het vanjaar vroe\u00ebr as gewoonlik geklap. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege van Bloemfontein het sommer ook vanuit die wegspringblokke \u2018n waarskuwing aan hul teenstanders gerig. Die span van die Rosestad het \u2018n oortuigende sege van 64-15 oor Welkom Gimnasium tydens die Ho\u00ebrskool President Steyn se sportdag op Bainsvlei behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se haker, Juanr\u00e9 Breitenbach, was uitstaande en sy span se beste speler in die sege. Hy was verlede jaar saam met Caleb Abrahams (skrumskakel) en Alfondso Isaacs (buitesenter) in die Suid-Afrikaanse o.18-span wat na Georgi\u00eb sou toer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Breitenbach het die loskopstut en kaptein van Grey, Tat Botha, ook \u2018n uitmuntende vertoning voorlangs gelewer. Hy was rotsvas in die skrums sowel as op die verdediging. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Isaacs het agterlangs ook vir Gimmies hoofbrekens besorg. Abrahams het self \u2018n goeie dag op kantoor beleef en twee keer agter die besoekers van Welkom se doellyn gaan kuier. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies was vroeg in die moeilikheid toe Grey teen rustyd reeds \u2018n voorsprong van 38-0 opgebou het. Die span van Welkom het wel daarin geslaag om met drie mooi drie\u00eb deur Ronaldo Kiewiet (losskakel), Tristan Appollis (stut) en Naven Goeda (buitesenter) meer aansien aan hul vertoning te gee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar was ook \u2018n geskiedkundige oomblik tydens die Steyners se sportdag. Die Ho\u00ebrskool Trio van Kroonstad het sy eerste wedstryd van die skool se bestaan gespeel. Hy moes egter die knie met 20-3 teen Jim Fouch\u00ea buig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Trio het einde verlede jaar ontstaan toe die twee aartsvyande van Kroonstad, Ho\u00ebrskool Kroonstad (Blouskool) en die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad (Rooiskool) saamgesmelt het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Kroonstad het aan die einde van 1993 ook saam met HTS De Wet Nel en Kroonstad Landbou gesmelt, wat albei ook met trotse rugbygeskiedenisse spog.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Trio se direkteur van rugby, Quintin Geldenhuys, het op sy dag Itali\u00eb aangevoer en sy aangenome land in 67 toetse verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was \u2018n fisieke wedstryd voorlangs. JF se losskopstut, MJ Meyer, het die bal goed gedra en ook in die skrums die oorhand gehad. Saam met hom het die agtsteman, Henco Coetzee, en die haker, Stefan Venter, ook goeie vertonings gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fichardtpark sal ook meer as tevrede met hul sege van 29-3 oor Wesvalia van Klerksdorp wees. Dit sal aan die span \u2018n goeie fondasie gee vir volgende week se hoofwedstryd tydens sy sportdag teen Marlow Landbou se Wolramme.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die eerste ronde van die NWU 16-reeks was daar ook \u2018n paar verrassings. Die Ho\u00ebrskool Piet Retief het op sy tuisveld in die Jack Botes-stadion die verdedigende kampioen van die reeks, Pionier van Vryheid, met 17-10 uitoorl\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pionier was vanjaar opsoek na hul derde titel op \u2018n streep. Die span van Vryheid het boonop nog elke jaar sedert hy by die reeks in 2015 aangesluit het die eindstryd gehaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong> FOTO: Marnus van Wyk<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>President Steyn Sportdag:<\/strong> Grey-kollege 64, Welkom Gimnasium 15; President Steyn 15, Bultfontein 5; Jim Fouch\u00e9 20, Trio 3; Fichardtpark 29, Wesvalia 3; Brandfort 31, Wessel Maree 7; Sand du Plessis 17, Riebeeckstad 12; Ladybrand 34, Reddersburg 12; Marquard 13, St. Andrews (Bloemfontein) 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU 16-reeks:<\/strong> Leeuwenhof Akademie 20, Bekker 7; Piet Retief 17, Pionier 10; Ferrum 16, Volksrust 12; Pretoria-Noord 15, Delmas 10.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Vriendskaplik:<\/strong> HTS Middelburg 20, Secunda 11; Ermelo 34, Oosterlig 19; Potchefstroom Volkskool 15, Heidelberg Volkskool 0; Landboudal 33, Aliwal-Noord 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;a32b8c98_1645946000254&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste skote van die skolerugbyseisoen het vanjaar vroe\u00ebr as gewoonlik geklap. Grey-kollege van Bloemfontein het sommer ook vanuit die wegspringblokke \u2018n waarskuwing aan hul teenstanders gerig. Die span van die Rosestad het \u2018n oortuigende sege van 64-15 oor Welkom Gimnasium tydens die Ho\u00ebrskool President Steyn se sportdag op Bainsvlei behaal. Grey se haker, Juanr\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9676,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9681","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9681","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9681"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9681\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9676"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9681"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9681"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9681"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}