{"id":9711,"date":"2022-03-13T10:07:23","date_gmt":"2022-03-13T10:07:23","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/volkies-se-snyder-drop-oos-moot-ala-jannie-de-beer-uit-kragmeting\/"},"modified":"2022-03-13T10:07:23","modified_gmt":"2022-03-13T10:07:23","slug":"volkies-se-snyder-drop-oos-moot-ala-jannie-de-beer-uit-kragmeting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9711","title":{"rendered":"Volkies se Snyder drop Oos-Moot ala Jannie de Beer uit kragmeting"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9709\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Dean_Snyders_Potch_Volkies.jpg\" alt=\"NewsG Dean Snyders Potch Volkies\" width=\"380\" height=\"378\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Dean_Snyders_Potch_Volkies.jpg 724w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Dean_Snyders_Potch_Volkies-300x298.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Dean_Snyders_Potch_Volkies-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Die Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom se losskakel, <strong>Dean Snyder<\/strong>, was op sy stukke in sy span se sege van 21-14 oor <strong>Oos-Moot<\/strong>. Snyder het drie doelskoppe ala Jannie de Beer binne tien minute in die tweede helfte oorgeklits om sy span tot &#8216;n skitterende wegsege te help.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was Oos-Moot se eerste wedstryd van die seisoen en sy afrigters <strong>Christiaan Gouws<\/strong> en <strong>Tjaart Naud\u00e9<\/strong> sou met die telling van 7-5 in hul guns teen rustyd nie te bekommerd gewees het nie. Snyder het egter met sy skopskoen in die tweede helfte vir &#8216;n beroemde sege in die NWU Prestige-reeks vir sy span gesorg.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Snyder het buiten sy drie skepdoele ook &#8216;n draai agter die doellyn gaan maak asook een van sy span se twee drie\u00eb verdoel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Potch Volkies<\/strong> het wel al vanjaar in &#8216;n vriendskaplike wedstryd teen Heidelberg Volkskool in &#8216;n stryd van die Volkies kragte gemeet. Die span van Potch was met 15-0 in die kragmeting baas. Oos-Moot het in sy geledere op slot vir <strong>Rudolf Coetzee<\/strong> gehad wat die seun van die voormalige Springbok-haker, Danie Coetzee, is.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Coetzee sr. is ook by Oos-Moot as kondisionerings-afrigter betrokke. Die verloorspan se flank<strong> Duvan du Plessis<\/strong> was uitstekend by die afbreekpunte en het deurgans &#8216;n ho\u00eb werksverrigting getoon. Sy flankmaat en kaptein, <strong>Regardt Jordaan<\/strong>, kan ook tevrede met sy vertoning voel. Agterlangs het Tiaan Bornman (heelagter) en <strong>Carlo Janse van Rensburg<\/strong> (buitesenter) ook goeie vertonings gelewer.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> se haker en kaptein, <strong>SJ Bezuidenhout<\/strong>, kan sonder twyfel vanjaar &#8216;n sterk aanspraakmaker op &#8216;n plek in een van die Blou Bulle se verteenwoordigende spanne wees indien hy op sy spelpeil kan voortbou. Die woelige Bezuidenhout was met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb aan die voorpunt van sy span se klinkende sege van 38-8 oor <strong>Oosterlig<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was egter nie net eenrigtingverkeer nie. Die Zwarries kon teen rustyd slegs &#8216;n voorsprong van 5-3 geniet. Oosterlig se flank <strong>Damion Damoney<\/strong> kan sy kop omhoog hou na &#8216;n goeie vertoning in die los sowel as op verdediging.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> is sonder twyfel een van die sterk aanspraakmakers om die titel as kampioen te verower. Rusties het Saterdag vir Noordheuwel van Krugersdorp met 26-20 in hul Groep A wedstryd verslaan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Lichtenburg<\/strong> het sy aanslag op die titel ook met &#8216;n goeie sege van 31-24 oor Marais Viljoen van Alberton afgeskop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Liggies se <strong>Willem Faurie<\/strong> (slot) en <strong>Dries Scheepers<\/strong> (flank) het uitstaande vertonings in die oorwinning gelewer. Dit was veral die twee slotte, Faurie en <strong>Rudie Venter<\/strong> was met hul fisieke spel gesorg het dat Liggies voorlangs die oorhand gehad het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die losskakel, <strong>Erich Snyman<\/strong>, asook die binnesenter, <strong>Meyer Olivier<\/strong>, ook meer as hul kant gebring.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wesvalia<\/strong> van Klerksdorp het &#8216;n sege van 14-10 oor Hugenote van Springs op die einde deurgetrek. Die wenspan se vaskopstut, <strong>Koos Kleynhans<\/strong>, het behoorlik in die vastelos gewoel.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die Anker<\/strong> van Brakpan is ook nie &#8216;n maklike span om vanjaar te klop nie. Die span het vir Ho\u00ebrskool Middelburg met 20-5 in hul kragmeting getroef. Sy skrumskakel, <strong>Denzel van Rensburg<\/strong>, is vir sy spel as Speler van die Wedstryd aangewys. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die twee flanke, <strong>Christiaan van Schalkwyk<\/strong> en <strong>Tegan Baatjes<\/strong>, onderskeidelik by die afbreekpunte en met die bal in die hand belangrike bydraes tot die sege gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Heidelberg Volkskool<\/strong> het vir Potchefstroom Gimnasium met 28-10 die loef afgesteek. Die span van Heidelberg se losskakel, <strong>Attie Hanekom<\/strong>, het met sy besluitneming agterlangs beindruk. Die heelagter, <strong>Joshua Booysen<\/strong>, verdien ook &#8216;n klop op die skouer vir sy vertoning.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die twee slotte, <strong>Dandr\u00e9 du Plessis<\/strong> en <strong>Wian Haasbroek<\/strong>, die pap behoorlik dik aangemaak.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 26 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb:&nbsp; Noordheuwel 20 &#8211;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wesvalia 14 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Heinrich Janse van Vuuren, Grant Coetzee. Doelskoppe: Coetzee (2). <strong>Hugenote 12<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Lichtenburg 31 () &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ben Katake, Dries Scheepers, Luan du Plessis. Doelskoppe: Erich Snyman (2). Strafdoele: Snyman (4). <strong>Marais Viljoen 24 () &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Mark Harrison (2), Lohan van Schalkwyk, Kyle Middleton. Doelskoppe: Franco Horn, Tyler Woodruff.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Potchefstroom Volkskool 21 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Dean Snyder, Wilbur Kok. Doelskop: Snyder. Skepdoele: Snyders (3). <strong>Oos-Moot 14 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Tiaan Bornman, Gideon van Rooyen. Doelskoppe: Carlo Janse van Rensburg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Zwartkop 38 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: SJ Bezuidenhout (3), Ian van der Westhuizen, Shelton Ferreira, Nathan van Aswegen. Doelskoppe: Henlu Roos (4). <strong>Oosterlig 8 (3) &#8211;<\/strong> Drie: Armand Wolmarans. Strafdoel: Cayden Serfontein.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Heidelberg Volkskool 28 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Rhys Thompson, Damien van der Lene, Jeandr\u00e9 Kleynhans, AJ Engelbrecht. Doelskoppe: Attie Hanekom (4). <strong>Potchefstroom Gimnasium 10<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die Anker 20 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Dihan de Villiers, Gunter Jacobs. Doelskoppe: Jacobs (2). Strafdoele: Jacobs (2). <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 5<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Montana 47 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jahnno Lehman (2), Marco van Baalen, Claude Palm, Stephan Havenga, Vian Kelly, Jannie Kruger. Doelskoppe: Kruger (6). <strong>Jeugland 3 &#8211;<\/strong> Strafdoel:&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.16:<\/strong> Noordheuwel 27, Rustenburg 17; Wesvalia 31, Hugenote 0; Lichtenburg 10, Marais Viljoen 7; Potch Volkies 15, Oos-Moot 12; Zwartkop 36, Oosterlig 16; Potch Gimmies 28, Heidelberg Volkies 21; Die Anker 27, Middelburg 10; Jeugland 19, Montana 19.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Noordheuwel 33, Rustenburg 12; Hugenote 13, Wesvalia 7; Marais Viljoen 29, Lichtenburg 19; Potch Volkies 10, Oos-Moot 3; Zwartkop 14, Oosterlig 5; Heidelberg 29, Potch Gimmies 5; Middelburg 47, Die Anker 7; Montana 31, Jeugland 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Rustenburg 16, Noordheuwel 15; Hugenote 24, Wesvalia 14; Marais Viljoen 47, Lichtenburg 0 ; Potch Volkies 26, Oos-Moot 7; Zwartkop 54, Oosterlig 11; Heidelberg Volkies 17, Potch Gimmies 5; Middelburg 10, Die Anker 6; Jeugland 5, Montana 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;ade21cc6_1647160185830&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom se losskakel, Dean Snyder, was op sy stukke in sy span se sege van 21-14 oor Oos-Moot. Snyder het drie doelskoppe ala Jannie de Beer binne tien minute in die tweede helfte oorgeklits om sy span tot &#8216;n skitterende wegsege te help.&nbsp; Dit was Oos-Moot se eerste wedstryd van die seisoen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9709,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9711","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9711","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9711"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9711\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9709"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9711"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9711"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9711"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}