{"id":9745,"date":"2022-03-24T16:35:05","date_gmt":"2022-03-24T16:35:05","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/spoke-word-more-tussen-garsies-en-drostdy-op-noord-suid-begrawe\/"},"modified":"2022-03-24T16:35:05","modified_gmt":"2022-03-24T16:35:05","slug":"spoke-word-more-tussen-garsies-en-drostdy-op-noord-suid-begrawe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9745","title":{"rendered":"Spoke word more tussen Garsies en Drostdy op Noord\/Suid begrawe"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9515\" style=\"margin-top: 0px; margin-bottom: 5px; margin-right: 5px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/NewsGNelspruit.jpg\" alt=\"NewsGNelspruit\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/NewsGNelspruit.jpg 864w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/NewsGNelspruit-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/NewsGNelspruit-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>In die kragmeting tussen die <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> en <strong>HTS Drostdy<\/strong>&nbsp;tydens die eerste dag van die <strong>NMI Toyota Menlyn Noord\/Suid-toernooi<\/strong> sal albei spanne probeer om spoke van die verlede te begrawe.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies het verlede jaar sy rieme lelik styfgeloop op die eerste dag van die toernooi teen Paarl Gimnasium (0-84). Die span van Pretoria sal egter nie weer in so lokval onvoorbereid inloop nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agt spelers wat verlede jaar in die wedstryd in aksie was, sal vanjaar weer vir die Turkoois Bere in aksie wees. Hulle is <strong>Michail Damons<\/strong> (heelagter), Pieter Coetser (senter),<strong> De Wet Lottering<\/strong> (haker), Henco Hugo (stut), <strong>Egan Botha&nbsp;<\/strong>(stut), Ruben le Roux (slot), <strong>Steven Nel<\/strong> (skrumskakel) en <strong>Boeloe Scott<\/strong> (senter). Slegs Damons en Coetzer was verlede jaar in die beginspan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HTS Drostdy se afrigter, <strong>Hans Coetzee<\/strong>, sal sy spook teen die Ho\u00ebrskool Garsfontein wil begrawe. Die laaste keer wat hy as hoofafrigter van &#8216;n eerstespan teen die Garsies kragte gemeet het was in die halfeindstryd van die Beeldtrofee van 2015 toe sy span Monument &#8216;n voorsprong van 36-10 in die laaste tien minute prys gegee het, om uiteindelik met 36-37 die knie te buig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was ook Coetzee se laaste wedstryd aan stuur van sy geliefde Wit Bulle. Dit was nou wel sewe jaar gelede, maar &#8216;n sege oor Garsies sal gewis aan Coetzee &#8216;n soet smaak in sy mond laat.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is die <strong>Donkies<\/strong> se eerste wedstryd ooit op die Noord\/Suid-toernooi. Die span van Worcester het wel al drie wedstryde vanjaar agter die rug. &#8216;n Sege van 26-0 oor die Ho\u00ebrskool Durbanville asook twee nederlae teen Stellenberg (27-33) en Bishops (19-27). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is veral die nederlaag teen Stellenberg wat die Garsies nie te gerus sal laat slaap nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg het daarna met slegs 6-12 teen Paarl Gimnasium die knie gebuig. Garsfontein was nog nie vanjaar in &#8216;n amptelike wedstryd in aksie nie, maar het goeie kontaksessies teen Helpmekaar-kollege en Pretoria Boys&#8217; High gehad om te slyp vir die eerste kragmeting.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die enigste kragmeting tussen die Bere en die Donkies was in 2011 tydens die Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal. HTS Drostdy was toe met 28-12 baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> en <strong>Pretoria Boys&#8217; High<\/strong> sal elk slegs een wedstryd op die toernooi speel en skop die stryde tussen die eerstespanne op die eerste dag af. Die span van Pretoria was vanjaar nog net een keer in aksie teen Jeppe High School for Boys&#8217; waar hy met 10-16 die knie gebuig het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die <strong>Rhinos<\/strong> van Nelspruit het vanjaar al teen Secunda (14-18) die knie gebuig en dan ook &#8216;n blink sege teen <strong>EG Jansen<\/strong> van Boksburg (35-33) behaal.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit se plaasvervanger-vleuel, <strong>Aldo Muller<\/strong>, volg in die voetspore van sy twee ouer broers, Wessel (2014-15) en SP (2016-17), wat onderskeidelik as losskakel en haker vir die Rhinos uitgedraf het. SP was in 2017 die Rhinos se kaptein. Die slot <strong>Wian Stoltz<\/strong> se broer, Waldo, het self ook die Rhinos in 2020 aangevoer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rhinos word deur <strong>Hennie Skorbinski<\/strong> en <strong>Dylan Herbst<\/strong> gebrei. Skorbinski het op sy dag vir die Luiperds en die Pumas se seniorspan uitgedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryde word regstreeks deur <strong>SuperSport Schools<\/strong> gebeeldsend op YouTube, DStv Now asook via hul toepassing &#8211; die direkte skakel na die wedstryd is &#8211;&nbsp;<a href=\"https:\/\/bit.ly\/SoRNoordSuid1\">https:\/\/bit.ly\/SoRNoordSuid1<\/a>.<a href=\"\/bit.ly\/SoRNoordSuid1\"><br \/><\/a><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pretoria Boys&#8217; High vs Ho\u00ebrskool Nelspruit om 13:45:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pretoria Boys&#8217; High:<\/strong>&nbsp;TBC.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit:<\/strong> 15 Ethan van der Westhuizen, 14 Thando Nkosi, 13 Brent de Villiers, 12 Drikus Greeff, 11 Ulrich Cilliers, 10 Danny van Staden, 9 Andeon Pringle, 8 Leonard Bornman, 7 Francois Odendaal, 6 Bernard van Esch, 5 Wian Stoltz, 4 Juan Bezand, 3 Ryan Venter, 2 Andreas Fouch\u00e9, 1 Stefan Veldsman. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 Duard Diechmann, 17 Juandr\u00e9 Ras, 18 Channon Wienneke, 19 Braam Basson, 20 Luke Poison, 21&nbsp; Heino Meiring, 22 Aldo Muller, 23 Brendan Boucher.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein vs HTS Drostdy om 15:15:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Garsfontein:<\/strong> 15 Michail Damons, 14 Jason Hugo, 13 Calven Scott, 12 Dimitre Erasmus, 11 Liam Dick, 10 , 9 Steven Nel, 8 Maynard Kleynhans, 7 Abri van der Westhuizen, 6 Anrich Engelbrecht (kaptein), 5 Luan Taylor, 4 Divan Brits, 3 Henco Hugo, 2 De Wet Lottering, 1 Adriaan van Niekerk. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 Zander Lourens, 17 Leighton Cloete, 18 Egan Botha, 19 Ruben le Roux, 20 Christopher Sjoblom, 21 Zian Cilliers, 22 Tireque Apollis, 23 Pieter Coetzer.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>HTS Drostdy:<\/strong> 15 Clayton Longman, 14 Nolan Adams, 13 De Wet Mostert, 12 Abraham Claassen, 11 Graham Thompson, 10 Anthony Bosch, 9 Jurie du Toit, 8 Luke Bock, 7 Matt Romao, 6 George Groenewald, 5 Daniel Verdoes, 4 Lood Prins, 3 Dujean Smit, 2 Corn\u00e9 Albertyn, 1 Charl Eksteen. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 Xander de Bruin, 17 Josh Petersen, 18 Quhain Claassen, 19 Etienne Claassen, 20 Romeo Farmer, 21 Jayden Fortuin, 22 Shaun Klein, 23 Arthur Mdliwa.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;77d18850_1648137047777&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die kragmeting tussen die Ho\u00ebrskool Garsfontein en HTS Drostdy&nbsp;tydens die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord\/Suid-toernooi sal albei spanne probeer om spoke van die verlede te begrawe. Garsies het verlede jaar sy rieme lelik styfgeloop op die eerste dag van die toernooi teen Paarl Gimnasium (0-84). Die span van Pretoria sal egter [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9515,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9745","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9745","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9745"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9745\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9515"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9745"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9745"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9745"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}