{"id":9763,"date":"2022-03-25T18:07:51","date_gmt":"2022-03-25T18:07:51","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/abrahams-blink-terwyl-grey-se-eerste-toets-van-die-seisoen-slaag\/"},"modified":"2022-03-25T18:07:51","modified_gmt":"2022-03-25T18:07:51","slug":"abrahams-blink-terwyl-grey-se-eerste-toets-van-die-seisoen-slaag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9763","title":{"rendered":"Abrahams blink terwyl Grey se eerste toets van die seisoen slaag"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9761\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Grey_College_schools_rugby.jpg\" alt=\"NewsG Grey College schools rugby\" width=\"380\" height=\"284\" \/><strong>Grey-kollege<\/strong> het sy eerste groot toets van die seisoen geslaag deur die Ho\u00ebrskool Stellenberg met 43-27 op die eerste dag van die <strong>NMI Toyota Menlyn Noord\/Suid<\/strong> in Pretoria te verslaan.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy skrumskakel, <strong>Caleb Abrahams<\/strong>, was met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb aan die spits aan die oorwinning. Abrahams wat verlede jaar vir die SA o.18-span gekies was, is welverdiend ook as Speler van die Wedstryd aangewys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was egter nie so maklik as wat die telling aandui nie. Grey sou vooraf verwag het dat die <strong>Jade Brigade<\/strong> met &#8216;n aanslag sou kom, veral na Paarl Gimnasium hom slegs 12-6 die vorige week kon klop.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">En dit was &#8216;n hewige aanslag deur die troepe van Stellenberg. &#8216;n Strafdrie asook Abrahams wat sy driekuns in die laaste beweging van die kragmeting voltooi het, het die telling van 31-27 na 43-27 gerek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe Stellenberg se linkervleuel, <strong>Ughen Africa<\/strong>, na ongeoorloofde spel met 15 minute se speeltyd oor deur die skeidsregter, <strong>Christopher Allison<\/strong>, koelkas toe gestuur was, het meeste gedink die skrif is aan die muur. Boonop het Stellenberg kort voor die geelkaart &#8216;n geleentheid verbrou op &#8216;n strafdoel vanaf die halflyn pale toe te korrel wat die telling op 23-17 in hul guns sou swaai.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Jade Brigade se losskakel, <strong>Tommie Smook<\/strong>, het sy skopstewels aangehad, maar daar is op die ingewing van die oomblik besluit om &#8216;n vinnige tikskoppie te neem. Dit was die een groot draaipunt in die kragmeting.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey sou verskoon word indien hul na <strong>Alfondso Isaacs<\/strong> se drie asook Abrahams se tweede gedink het, dat die besoekers uit die Kaap die handdoek sou ingooi. Stellenberg se onderskep-koning, <strong>Damian Markus<\/strong>, het egter sy span terug in die wedstryd gebring deur onder die pale te gaan afrond. Smook het dit vervyf om die telling op 31-27 in Grey se guns met agt minute se speeltyd oor te bring.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Markus was uitstaande en het op &#8216;n slag selfs &#8216;n voorspeler van Grey etlike meters ver terug op verdediging gedryf. Die flank <strong>Wessel Joubert<\/strong>, agtsteman <strong>Franco Roux<\/strong> en haker, <strong>Josh Lilistone<\/strong>, was dorings in die span van Bloemfontein se vlees.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Abrahams het Grey se slot <strong>JF van Heerden<\/strong> &#8216;n uitmuntende vertoning gelewer. Hy het in die los gewoel en &#8216;n hele paar keer ver veld met sy kraglopies gewen. Die flank <strong>Lukas Meyer<\/strong> het die veld vol gespeel en hou op sy eie twee spelers op &#8216;n slag besig. Die kaptein en stut, <strong>Tat Botha<\/strong>, het ook sy span van voor gelei.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg het met swart op hul moue gespeel in solidariteit met hul afrigter Corn\u00e9 Kannemeyer wie se ma, <strong>Terena Kannemeyer<\/strong>, Maandag in &#8216;n motorongeluk oorlede is. Kannenmeyer kon nie saam met die span na Noord\/Suid toer nie. Sterkte in hierdie moeilike tyd aan die Kannemeyer-familie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege 43 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Caleb Abrahams (3), Lukas Meyer, Juanr\u00e9 Breitenbach, Alfondso Isaacs, Strafdrie. Doelskoppe: Bradley Giddy (3). <strong>Stellenberg 27 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Kobus Verster, Ughen Africa, Damian Markus. Doelskop: Tommie Smook (3). Strafdoele: Smook (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;a4ce4c9f_1648231645886&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grey-kollege het sy eerste groot toets van die seisoen geslaag deur die Ho\u00ebrskool Stellenberg met 43-27 op die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord\/Suid in Pretoria te verslaan.\u00a0 Sy skrumskakel, Caleb Abrahams, was met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb aan die spits aan die oorwinning. Abrahams wat verlede jaar vir die SA o.18-span gekies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9761,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9763","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9763","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9763"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9763\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9761"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9763"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9763"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9763"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}