{"id":9770,"date":"2022-03-28T07:39:39","date_gmt":"2022-03-28T07:39:39","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/affies-gee-paul-roos-slae-na-twee-jaar-se-wag-op-noord-suid\/"},"modified":"2022-03-28T07:39:39","modified_gmt":"2022-03-28T07:39:39","slug":"affies-gee-paul-roos-slae-na-twee-jaar-se-wag-op-noord-suid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9770","title":{"rendered":"Affies gee Paul Roos slae na twee jaar se wag op Noord\/Suid"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9768\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Monnas_skolerugby.png\" alt=\"NewsG Monnas skolerugby\" width=\"380\" height=\"249\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Monnas_skolerugby.png 552w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Monnas_skolerugby-300x196.png 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Die Noorde en die Suide se spanne is heelwat nader aan mekaar vanjaar op skolevlak as wat die afgelope paar jaar die geval was. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is duidelik te sien na die eerste twee dae van die Noord\/Suid-toernooi wat by die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool in Pretoria plaasvind. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Enige kenner van skolerugby sal ook nog nie met sekerheid sy geld kan verwed op wie vanjaar Suid-Afrika se voorste skolespan is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het sy wendroogte sedert 2016 oor Paul Roos Gimnasium met \u2018n sege van 24-18 beklink. Die wedstryd sou al in 2020 plaasgevind ter viering van Affies se 100ste bestaansjaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee jaar het die Wit Bulle egter goed gedoen want dit was een van hul beste vertonings in jare. Affies se losskakel, Stiaan Heymans, was uitstaande en het 19 punte tot die sege bygedra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium het wel met \u2018n sege van 42-19 oor Monument van Krugersdorp seker gemaak dat sy naam tussen die vyf aanspraakmakers sal tel. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Gimmies se haker, Luca Bakkes, het twee maal van rolmaalbewegings oorgeval. Dit was egter die binnesenter, PA van Niekerk, wat met sy direkte hardlooplyne asook algemene spel wat die grootste doring in Monnas se vlees was. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood sal tevrede met hul sege van 47-33 oor Noordheuwel wees. Veral na die span se slot Jason Viviers na \u2018n gevaarlike duikslag met nog 25 minute oor van die veld gestuur is. Die span van Durban se agtsteman en kaptein, Yabo Ndzamela, is \u2018n speler om dop te hou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou was deurgans in beheer in sy sege van 26-5 oor EG Jansen van Boksburg. Die span van Riversdal se agtsteman, AJ van Rensburg, was uitstaande.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG Jansen verdien egter \u2018n pluimpie dat hulle fisiek nooit \u2018n tree terug gestaan het vir Oakdale nie en ook nooit handoek ingegooi het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege se skrumskakel, Caleb Abrahams, was met \u2018n driekuns aan drie\u00eb aan die pits van sy span se oorwinning van 43-27 oor die Ho\u00ebrskool Stellenberg op die Noord\/Suid-toernooi. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Abrahams het gewys dat hy vanjaar nog vir homself groot naam gaan maak. Stellenberg se Jade Brigade het egter ook gewys dat hy vanjaar nog \u2018n verrassing of twee kan veroorsaak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was egter nie so maklik vir Grey as wat die telling aandui nie. Grey sou vooraf verwag het dat die Jade Brigade met &#8216;n aanslag sou kom, veral na Paarl Gimnasium hom slegs 12-6 die vorige week kon klop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">En dit was &#8216;n hewige aanslag deur die troepe van Stellenberg. &#8216;n Strafdrie asook Abrahams wat sy driekuns in die laaste beweging van die kragmeting voltooi het, het die telling van 31-27 na 43-27 gerek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se slot JF van Heerden asook die flank Lukas Meyer het die veld vol gespeel en hul name gaan ook nog baie vanjaar gehoor word. Stellenberg se binnesenter, Damian Markus, was uitstaande op die verdediging en het boonop ook sy gebruiklike onderskepdrie gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Garsfontein het die tonge behoorlik los gehad na hy op die eerste dag van die toernooi vir HTS Drostdy van Worcester met 67-0 afgeransel het. Die Turkoois Bere kom Maandag teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl te staan wat \u2018n veel taaier uitdaging sal bied. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit sal Boishaai se afrigter, Sean Erasmus, se tweede kragmeting terug aan stuur van sake wees na hy \u2018n draai by die Leeus in Johannesburg gemaak het. Di\u00e9 kragmeting sal wel sy 100ste as breier van di\u00e9 skool se eerstespan wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se heelagter, Michail Damons, asook die agtsteman, Maynard Kleynhans, was die grootste uitblinkers in die sege oor HTS Drostdy. Veral Damons met sy vlugvoetige voetwerk het die Donkies heelwat probleme op verdediging besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het vir Menlopark met 31-6 op die eerste dag van die toernooi geklop. Waterkloof se heelagter, Reuven Ferreira, het die vonk agterlangs vir sy span in die tweede helfte verskaf om \u2018n rustyd-agterstand van 7-11 na \u2018n sege van 29-11 om te skakel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Witteberg van Bethlehem is as kampioen van die Mauritz Hansen-week in Mookgophong (voorheen Naboomspruit) gekroon. Die span van Bethlehem het gister vir Northcliff met 26-19 in die eindstryd van die week verslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Hansie-week is die grootste ter w\u00eareld vir skole met die aantal spanne wat jaarliks hier teen mekaar kragte meet. Witteberg het in sy ander twee wedstryde op die week vir Ben Vorster (36-10) en Dr. Malan (55-0) kaf gedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORD\/SUID-TOERNOOI<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium 42, Monument 19; Grey-kollege 43, Stellenberg 27; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 31, Menlopark 6; Garsfontein 67, HTS Drostdy 0; Waterkloof 29, Welkom Gimnasium 11; Oakdale Landbou 26, EG Jansen 5; Durbanville 36, Helpmekaar 34; Glenwood 47, Noordheuwel 33; Ho\u00ebrskool Nelspruit 20, Pretoria Boys\u2019 High 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OAKDALE RUGBYWEEK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hugenote (Wellington) 38, Potchefstroom Gimnasium 24; Robertson 29, Oosterlig 7; Lichtenburg 14, Ho\u00ebrskool Upington 7; Hermanus 34, Ho\u00ebrskool Alberton 3; Pearson 54, Zwartkop 0; Brackenfell 34, Jeugland 7; Swartland 17, Ellisras 10; Landboudal 33, Montagu 19; Strand 19, Oos-Moot 12; Merensky 29, Augsburg Gimnasium 20; Vryburg 47, Ho\u00ebrskool Oudtshoorn 5; Overberg 17, Graaff-Reinet Volkskool 16; Parel Vallei 7, Bredasdorp 5; Sentraal 13, Langenhoven Gimnasium 7; Vredendal 24, Westering 22.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>MAURITZ HANSEN-WEEK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 1:<\/strong> Ho\u00ebrskool Trio 34, Hans Strijdom 24; Frikkie Meyer 15, HTS Middelburg 14; Witteberg 36, Ben Vorster 10; Dr. Malan 32, Piet Potgieter 0; Northcliff 48, Riebeeckrand 7; HTS Tom Naud\u00e9 33, Curro Hazeldean 15; Hoogenhout 12, Lydenburg 12; Monument Sables 26, Erasmus (Bronkhorstspruit) 12; Affies Geel Kobras 27, Noordheuwel III 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 2:<\/strong> HTS Middelburg 14, Ben Vorster 11; Witteberg 55, Dr. Malan 0; Ho\u00ebrskool Trio 20, Frikkie Meyer 3; Riebeeckrand 36, Piet Potgieter 12; Hans Strijdom 20, Erasmus (Bronkhorstspruit) 0; HTS Tom Naud\u00e9 6, Hoogenhout 0; Northcliff 26, Lydenburg 0; Affies Geel Kobras 27, Monument Sables 19; Noordheuwel III 29, Curro Hazeldean 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 3:<\/strong> Witteberg 26, Northcliff 19; Dr. Malan 13, Hans Strijdom 10; Frikkie Meyer 29, Ben Vorster 28; HTS Middelburg 22, Ho\u00ebrskool Trio 9; Erasmus (Bronkhorstspruit) 14, Hoogenhout 7; Riebeeckrand 33, Curro Hazeldean 5; Noordheuwel III 14, Piet Potgieter 10; Affies Geel Kobras 26, HTS Tom Naud\u00e9 0; Monument Sables 29, Lydenburg 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>DANIE ROSSOUW-WEEK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 1:<\/strong> Delmas 61, Bergvlam 0; HTS Witbank 22, HTS John Vorster 20; Driehoek 19, Uplands College 12; Midstream College 23, Frans du Toit 19; Rob Ferreira 14, Wonderboom 11.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 2:<\/strong> Rob Ferreira 14, Delmas 10; HTS John Vorster 24, Driehoek 10; HTS Witbank 30, Midstream College 24; Bergvlam 12, Rob Ferreira II 12; Wonderboom 26, Frans du Toit 10; Ho\u00ebrskool Nelspruit II 34, Uplands College 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 3:<\/strong> Bergvlam 15, Uplands College 12; Rob Ferreira 22, HTS John Vorster 21; HTS Witbank 28, Wonderboom 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WYNBERG RUGBYFEES<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wynberg Boys\u2019 High 53, Soweto 0; Duineveld 26, St. Stithians College 0; Bishops 27, HTS Drostdy 19; Rondebosch Boys\u2019 High 67, Ho\u00ebrskool Belville 0; SACS 13, Durbanville 6; St. Benedict\u2019s College 24, HTS Bellville 6; Jan van Riebeeck 29, Wynberg III 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>TONY STOOPS-WEEK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Otto du Plessis 28, HTS Bellville 20; Fairmont 16, Ho\u00ebrskool Stellenbosch 12; Schoonspruit 69, Sutherland 0; DF Malan 17, Porterville 10; Tygerberg 24, Klein Nederburg 19; De Kuilen 10, Knysna 3; Noorder-Paarl 33, Scottsdene 0; Piketberg 34, Alexander Road 18; Cillie 19, Paulus Joubert 13; Vredenburg 39, Kasselsvlei 30; Monumentpark 19, Weston 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;21029afd_1648452870815&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Noorde en die Suide se spanne is heelwat nader aan mekaar vanjaar op skolevlak as wat die afgelope paar jaar die geval was. Dit is duidelik te sien na die eerste twee dae van die Noord\/Suid-toernooi wat by die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool in Pretoria plaasvind. Enige kenner van skolerugby sal ook nog nie met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9768,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9770","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9770","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9770"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9770\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9768"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9770"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9770"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9770"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}