{"id":9864,"date":"2022-04-17T07:13:15","date_gmt":"2022-04-17T07:13:15","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/paas-modderfees-al-die-uitslae-van-die-skolerugby-oor-die-paasnaweek\/"},"modified":"2022-04-17T07:13:15","modified_gmt":"2022-04-17T07:13:15","slug":"paas-modderfees-al-die-uitslae-van-die-skolerugby-oor-die-paasnaweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9864","title":{"rendered":"Paas-modderfees: al die uitslae van die skolerugby oor die Paasnaweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die skolerugbywedstryde tydens die tweede dag van die onderskeie Paastoernooie kan liewer as moddergevegte as feesrugby beskryf word. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Dit het egter nie \u2018n hele paar spanne gekeer om oortuigende oorwinnings te behaal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het vir die Ho\u00ebrskool Nelspruit se Rhinos tot oorgawe met \u2018n telling van 40-3 tydens St. John\u2019s College se Paastoernooi gedwing.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Stellenbosch se loskopstut, Wilbur Loubser, het twee keer oor die doellyn gebeur. Hy het deurgans behoorlik voorlangs ingedons om Nelspruit se agttal tot oorgawe te help dwing.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos het in sy eerste wedstryd vir Welkom Gimnasium met 50-6 gekarnuffel. Sy vleuel Luke Graham het hier sy tweede agtereenvolgende driekuns behaal na hy ook in sy span se vorige wedstryd teen Grey High drie keer \u2018n draai agter die doellyn gemaak het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het in die tweede helfte daarin geslaag om uiteindelik die oorhand teen Helpmekaar-kollege te bewerkstelling. Die Helpies het teen rustyd \u2018n voorsprong van 16-8 geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Paarl kon eers in die 47ste minuut vir die eerste keer die voorsprong met 18-16 te neem. Boishaai se haker, Johan Smal, en flank Divan Fuller was ysters voorlangs.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies se heelagter, Trityne Parsons, het met sy skopskoen sy span in die wedstryd gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel sit na Saterdag met \u2018n lekker probleem. Sy losskakel vir die dag, Divan Spangenberg, het duidelik \u2018n punt gehad om te bewys in die kragmeting teen St. David\u2019s Marist (60-5).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Spangenberg het binne die eerste drie minute van die kragmeting al twee keer \u2018n draai agter die doellyn gaan maak. Hy het sy driekuns in die tweede helfte voltooi.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se gereelde losskakel, JT Kapank, het op binnesenter diens gedoen. Kapank het self \u2018n bydra van 15 punte tot die sege gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hilton College het ook \u2018n bulspan vanjaar. Hy het vir Welkom Gimnasium (48-3) en St. Benedict\u2019s College (60-3) kaf gedraf. Die span se losskakel, Chris Horak, en flank, Jonathan Horak, is die seuns van voormalige Engelse heelagter Michael Horak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Durbanville se vleuel James Nero het \u2018n driekuns aan drie\u00eb in sy span se weghol-oorwinning oor Centurion van 66-7 op King Edward VII se Paastoernooi in Johannesburg behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se skrumskakel, Monray Daars, het ook \u2018n bydrae van 21 punte gelewer. Daars het self \u2018n draai agter die doellyn gaan maak en agt van sy span se drie\u00eb verdoel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Queen\u2019s College het goeie rugby opgedis om Northwood met 36-25 te klop. Dit nadat hy op die eerste dag naelskraaps met 36-37 teen die gasheer, KES, die knie gebuig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KES het Saterdag oor te veel skietgoed vir Dale College beskik deur met 32-3 as oorwinnaars van die veld te stap. Dale het \u2018n moeilike tyd agter die rug na twee van sy eerstespanspelers, Liyabona Teyise en Lisakhanya Lwana verlede week in onverwante gevalle oorlede is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Waterkloof se SA Skole-afrigter, Cobus van Dyk, sal nie tevrede met sy span se twee vertonings op die eerste twee dae van die Paastoernooi by Kearsney College in Durban wees nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Klofies het Saterdag met 10-12 teen die gasheer in \u2018n modderbad vasgeval, maar dis die nederlaag van 5-23 teen Durban High School wat die seerste was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Durban High School kan egter nie gering geskat word nie. Hy het Saterdag vir EG Jansen van Boksburg met 20-15 verslaan. Die span van Durban was teen rustyd reeds met 17-0 voor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was veral die feit dat die wenspan voorlangs die oorhand teen die Boksburgers gehad het, wat verras het. Sy haker, Christian Everitt, en agtsteman, Siseko Mani, was hier aan die voorpunt. Everitt is die seun van die Sharks se breier, Sean Everitt.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument van Krugersdorp se velle sit nog aan die draad na hy in die doodsnikke danksy \u2018n drie deur die vleuel Christi Botes daarin geslaag het om vir Marlow Landbou van Cradock met 12-7 te klop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voor Botes se drie het die Wolramme met 7-5 voorgeloop danksy \u2018n pragtige drie deur sy agtsteman, Burrie van Heerden. Hy het \u2018n lopie van amper 50 meter afgerond.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood van Durban sal na sy twee seges oor Pretoria Boys\u2019 High (29-12) en Selborne College (15-14) tevrede met sy vertonings tot dusver op die toernooi wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Op die oudste Paastoernooi, di\u00e9 een van St. Stithians College in Johannesburg, is daar nie \u2018n beter span in aksie as die een van Bishops nie. Die span van Kaapstad het vir Maritzburg College (31-10) en Grey High van Gqeberha (31-20) in sy twee wedstryde tot dusver in die Goudstad verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Rustenburg het in die hoofwedstryd van sy Bosveld-toernooi ter viering van sy eeufees vir die Ho\u00ebrskool Trio van Kroonstad met 22-10 met die kous oor die kop huis toe gestuur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein het sy spel goed in die nat weerstoestande aangepas om Voortrekker van Bethlehem met 38-0 goed af te stof. Die Bere se haker, De Wet Lottering, was weer aan die voorpunt van sy span se vertoning.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Frikkie Meyer van Thabazimbi het sy spiere ook behoorlik tydens di\u00e9 fees gebult. Hy het vir Lichtenburg met 29-0 kaf gedraf en vir Trio met 14-3 uitoorl\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>ST. JOHN\u2019S COLLEGE PAASTOERNOOI<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 2:<\/strong> Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 32, Helpmekaar 16; Paul Roos 40, Ho\u00ebrskool Nelspruit 3; Hilton College 48, Welkom Gimnasium 3; Graeme College 28, St. John\u2019s College 7; Boland Landbou 38, St. Charles College 0; Noordheuwel 60, St. David\u2019s Marist 5; St. Benedict\u2019s College 33, Goue Leeus XV-tal 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dag 1: Ho\u00ebrskool Nelspruit 26, St. John\u2019s College 5; Paul Roos Gimnasium 50, Welkom Gimnasium 6; St. David\u2019s Marist 19, St. Charles College 12; Boland Landbou 25, Noordheuwel 25; Hilton College 60, St. Benedict\u2019s College 3; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 83, Goue Leeus XV-tal 0; Helpmekaar 10, Graeme College 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KEARSNEY COLLEGE PAASTOERNOOI<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 2:<\/strong> Glenwood 15, Selborne College 14; Pretoria Boys\u2019 High 14, Framesby 14; Durban High School 20, EG Jansen 15; Kearsney College 12, Waterkloof 10; Monument 12, Marlow Landbou 7; Westville Boys\u2019 High 24, Noord-Kaap 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 1:<\/strong> Framesby 22, EG Jansen 19; Glenwood 29, Pretoria Boys\u2019 High 12; Selborne College 43, Noord-Kaap 17; Monument 33, Westville Boys\u2019 High 20; Durban High School 23, Waterkloof 5; Marlow Landbou 14, Kearsney College 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KING EDWARD VII PAASTOERNOOI<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 2:<\/strong> King Edward VII 32, Dale College 3; Jeppe High School 16, Hudson Park 10; Queen\u2019s College 26, Northwood 3; Eldoraigne 33, Ben Vorster 3; Durbanville 66, Centurion 6; Nico Malan 24, Trinityhouse 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 1:<\/strong> King Edward VII 36, Queen\u2019s College 36; Northwood 25, Hudson Park 19; Durbanville 52, Nico Malan 21; Ben Vorster 22, Centurion 12; Northcliff 40, Trinityhouse 12; Eldoraigne 20 Jeppe XV-tal 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>ST. STITHIANS COLLEGE PAASTOERNOOI<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 2:<\/strong> Michaelhouse 34, St. Stithians College 3; St. Andrew\u2019s College 13, Wynberg Boys\u2019 High 12; Bishops 31, Maritzburg College 10; Grey High School 30, St. Alban\u2019s College 19; Clifton 20, Parktown Boys\u2019 High 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 1:<\/strong> Bishops 31, Grey High School 20; St. Stithians College 15, Clifton 10; St. Andrew\u2019s College 29, St. Alban\u2019s College 15; Michaelhouse 33, Maritzburg College 32; Wynberg Boys\u2019 High 49, Parktown Boys\u2019 High 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>HO\u00cbRSKOOL RUSTENBURG EEUFEES<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 2:<\/strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg 22, Ho\u00ebrskool Trio 10; Garsfontein 38, Voortrekker (Bethlehem) 0; Frikkie Meyer 29, Lichtenburg 0; HTS John Vorster 15, Wesvalia 13; Ho\u00ebrskool Alberton 18, Hans Strijdom 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dag 1:<\/strong> Voortrekker (Bethlehem) 19, Lichtenburg 17; Frikkie Meyer 14, Ho\u00ebrskool Trio 3; Wesvalia 43, Hans Strijdom 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>BERGSIG RUGBYFEES<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potchefstroom Gimnasium 14, Hugenote (Springs) 10; Dinamika 8, Bergsig Akademie 5; Randburg 19, Rob Ferreira 5; Carletonville 19, Riebeeckrand 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;78a94759_1650178824428&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skolerugbywedstryde tydens die tweede dag van die onderskeie Paastoernooie kan liewer as moddergevegte as feesrugby beskryf word. Dit het egter nie \u2018n hele paar spanne gekeer om oortuigende oorwinnings te behaal nie. Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het vir die Ho\u00ebrskool Nelspruit se Rhinos tot oorgawe met \u2018n telling van 40-3 tydens St. John\u2019s [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9864","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9864","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9864"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9864\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9864"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9864"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9864"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}