{"id":9888,"date":"2022-05-01T05:36:51","date_gmt":"2022-05-01T05:36:51","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/nr-1-dalk-in-kimberley-gekroon-maar-daar-is-meer-as-twee-2\/"},"modified":"2022-05-01T05:36:51","modified_gmt":"2022-05-01T05:36:51","slug":"nr-1-dalk-in-kimberley-gekroon-maar-daar-is-meer-as-twee-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9888","title":{"rendered":"Nr. 1 dalk in Kimberley gekroon, maar daar is meer as twee aanspraakmakers"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9886\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Emrique_Liedeman.jpg\" alt=\"NewsG Emrique Liedeman\" width=\"380\" height=\"179\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Emrique_Liedeman.jpg 600w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Emrique_Liedeman-300x141.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Die hoofwedstryd van die Wildeklawer-toernooi more hier op die hoofveld van die Ho\u00ebrskool Diamantveld tussen Grey-kollege en Paarl Gimnasium kan dalk vanjaar weer bepaal wie die seisoen as Suid-Afrika se voorste skolespan afsluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is egter nie \u2018n uitgemaakte saak nie, want daar is nie vanjaar veel te kies tussen die voorste vyf skolespanne in die land nie. Garsfontein, Affies en die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl kan ook nog vanjaar \u2018n kleim vir die boonste posisie op die ranglys afsteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium was weer op hul stukke nadat hy die vorige week teen Affies vasgeval het. Gimmies het vir Helpmekaar-kollege met 59-12 ore aangesit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het 38 punte in die tweede helfte aangeteken sonder dat Helpies enige punte by hul totaal kon voeg. Die wenspan se senterpaar, PA van Niekerk en Janeil Losper, was op hul stukke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die losskakel, Liam Koen, moes die veld weer weens \u2018n skouerbesering verlaat en sal nie more teen Grey in aksie wees nie. Koen sal waarskynlik nie weer die seisoen in aksie wees nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het self \u2018n indrukwekkende sege behaal deur vir Boland Landbou met 40-12 verslaan. Die span van Bloemfontein se flank Lukas Meyer het weer die veld vol gespeel, terwyl die senterpaar, Alex McIntyre en Ulrich Wahl, ook goeie vertonings opgedis het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou se kaptein en binnesenter, Freddie Dreyer, is egter \u2018n speler wie se naam nog baie gehoor sal word.<a href=\"https:\/\/bit.ly\/WKCreateInfinity\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-9877\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Create_Infinity2.jpeg\" alt=\"Create Infinity2\" width=\"400\" height=\"140\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Create_Infinity2.jpeg 400w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Create_Infinity2-300x105.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/a><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein het aanvanklik gesukkel om sy ritme te vind, maar die Bere van Pretoria het steeds nie veel probleme ondervind om Framesby met 45-13 af te stof nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se skrumskakel, Steven Nel, is sonder twyfel een van die voorste skrumskakel op skolevlak in Suid-Afrika. Hy het twee keer Framesby se doellyn oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies het heelwat van sy eerstekeuse spelers ruskans teen Framesby gegee, maar behoort more teen Paul Roos weer op volle sterkte te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl was oortuigend met 38-3 baas oor Maritzburg College. Boishaai se slot Ben Heydenrych is vir \u2018n goeie vertoning met twee drie\u00eb beloon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Waterkloof se afrigter Cobus van Dyk is die gelukkigste man hierdie week in rugby. Eers was hy Maandag deel van Tukkies se afrigtingspan wat na \u2018n omstrede drie in die doodsnikke as kampioen van die Varsitybeker gekroon het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saterdag het sy skoolspan \u2018n sege van 19-17 oor Diamantveld in die doodsnikke beklink danksy \u2018n drie deur die slot Dale Arlow. Die kykweer het gewys dat Arlow die bal duidelik aangeslaan het, maar die skeidsregter, Darren Colby, se toekenning van die drie het bly staan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer sal voel hul is van \u2018n roemryke sege beroof, terwyl die Klofies sal voel dat die geluk aan hul kant was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het in die eerste wedstryd van die toernooi so bietjie soete wraak teen Oakdale Landbou met \u2018n oorwinning van 25-7 geneem. Die Wit Bulle het al teen rustyd \u2018n voorsprong van 20-7 opgebou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale het verlede jaar vir Affies op sy tuisveld in Pretoria tydens die Noord\/Suid-toernooi met 46-21 verslaan. Dit was destyds Oakdale se eerste sege oor Affies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wit Bulle se flank, Dieter Schubert, asook die vleuel Marx Nel het elk \u2018n reuse aandeel in hul span se sege gehad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Outeniqua het die grootste opskudding van die eerste ronde wedstryde gelewer toe hy vir Monument met 18-7 verslaan het. Die Kwaggas se agtsteman, Camden Schoeman, was aan die voorpunt van sy span se sege.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel van Krugersdorp sal sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks volgende week teen die Ho\u00ebrskool Middelburg verdedig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Nories het vir Lichtenburg met 45-0 in die halfeindronde in Rustenburg kaf gedraf. Middies het in sy halfeindstryd vir Oos-Moot in \u2018n strawwe tweestryd met 17-13 verslaan. Die verloorspan het met die omdraaislag \u2018n voorsprong van 13-0 geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die NWU Sportreeks sal die Ho\u00ebrskool Florida teen Overkruin van Pretoria in die eindstryd te staan kom. Florida het met \u2018n sege van 49-12 oor Randburg sy plek in die eindstryd bespreek, terwyl Overkruin vir Dr. Malan met 33-12 die loef in die ander halfeindstryd afgesteek het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hilton College het tydens die viering van sy 150ste bestaansjaar sy aartsvyand, Michaelhouse, met 32-17 geklop om seker te maak die oud-leerlinge het so ietsie ekstra om oor fees te vier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College van Oos-Londen vie rook sy 150ste bestaansjaar met \u2018n rugbyfees. Hy het in die hoofwedstryd van die eerste dag vir SACS met 24-8 geklop. Die Brandwag van Uitenhage se oorwinning van 15-0 in die eerste wedstryd van die fees oor Queen\u2019s College wys dat hulle onder die Top 20 tel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WILDEKLAWER<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium 43, Glenwood 20; Outeniqua 18, Monument 7; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 38, Maritzburg College 3; Paarl Gimnasium 59, Helpmekaar 12; Grey-kollege 40, Boland Landbou 12; HTS Drostdy 25, Welkom Gimnasium 23; Waterkloof 19, Diamantveld 17; Garsfontein 45, Framesby 13;&nbsp; Durban High School 31, Menlopark 15; Stellenberg 36, Noord-Kaap 7; Affies 25, Oakdale Landbou 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>SELBORNE COLLEGE 150-FEES<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College 24, SACS 8; Grey High School 33, St. John\u2019s College 7; Brandwag (Uitenhage) 15, Queen\u2019s College 0; Rondebosch Boys\u2019 High 47, St. Andrew\u2019s College 7; Kingswood 14, Dale College 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>GWK LANDBOUSKOLE-TOERNOOI<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Marlow Landbou 24, Ho\u00ebrskool Trio 11; Merensky 24, Landboudal 19.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>SENTRAAL SPORTFEES<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Goudveld-Ho\u00ebrskool 27, Ho\u00ebrskool Pietersburg 13; Fichardtpark 76, Kalahari (Kuruman) 17; Sentraal 17, Pearson 15; Duineveld 40, Jim Fouch\u00e9 25.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU PRESTIGE-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Middelburg 17, Oos-Moot 13; Noordheuwel 45, Lichtenburg 0; Die Anker 52, Heidelberg Volkskool 5; Ho\u00ebrskool Rustenburg 32, Zwartkop 10; Wesvalia 29, Potchefstroom Volkskool&nbsp; 12; Montana 42, Potchefstroom Gimnasium 5; Marais Viljoen 41, Hugenote (Springs) 17; Jeugland 50, Oosterlig 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU SPORTREEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Florida 49, Randburg 12; Overkruin 33, Dr. Malan 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRIENDSKAPLIK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nico Malan 36, Muir College 14; Charlie Hofmeyr 44, Bredasdorp 3; DF Malan 18, Swartland 6; Ho\u00ebrskool Strand 31, Hermanus 15; HTS Witbank 27, Ermelo 22; Kearsney College 29, Northwood 17; Hilton College 32, Michaelhouse 17; King Edward VII 29, Parktown Boys\u2019 High 0; Jeppe 36, Pretoria Boys\u2019 High 12; Westville Boys\u2019 High 48, St. Charles College 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;a28e99d5_1651382141469&#8243;]&nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hoofwedstryd van die Wildeklawer-toernooi more hier op die hoofveld van die Ho\u00ebrskool Diamantveld tussen Grey-kollege en Paarl Gimnasium kan dalk vanjaar weer bepaal wie die seisoen as Suid-Afrika se voorste skolespan afsluit. Dit is egter nie \u2018n uitgemaakte saak nie, want daar is nie vanjaar veel te kies tussen die voorste vyf skolespanne in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9886,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9888","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9888","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9888"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9888\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9886"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9888"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9888"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9888"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}