{"id":9909,"date":"2022-05-08T06:00:00","date_gmt":"2022-05-08T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/julius-breek-paarl-gim-harte-terwyl-noordvaal-trofee-in-omstredenheid-afskop\/"},"modified":"2022-05-08T06:00:00","modified_gmt":"2022-05-08T06:00:00","slug":"julius-breek-paarl-gim-harte-terwyl-noordvaal-trofee-in-omstredenheid-afskop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9909","title":{"rendered":"Julius breek Paarl Gim harte, terwyl Noordvaal-trofee in omstredenheid afskop"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9908\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Jurenzo_Julius_skolerugby.jpg\" alt=\"NewsG Jurenzo Julius skolerugby\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Jurenzo_Julius_skolerugby.jpg 600w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Jurenzo_Julius_skolerugby-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Di\u00e9 ster van Paul Roos Gimnasium se Jurenzo Julius het gister nog verder verskiet toe hy vier minute voor die eindfluitjie onder die pale oorgeduik het om die land se voorste skolespan tot dusver in 2022, Paarl Gimnasium, te help klop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Stellenbosch se heelagter, Christoff de Buyn, het die doelskop oorgeklits om aan die besoekers \u2018n sege in die doodsnikke van 26-24 in die Paarl te besorg. Dit was Paarl Gimnasium se tweede nederlaag van die seisoen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Namibi\u00ebr en buitesenter van Paul Roos, Julius, is sterk op sy bene en gaan \u2018n hele paar spanne se verdedigers nog vanjaar behoorlik besig hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium het vroe\u00ebr in die week vir Grey-kollege met 22-17 tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley verslaan. Paul Roos het sake dus behoorlik deurmekaar gekrap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Paarl moes sonder sy haker, Luca Bakkes, en is steeds ook sonder sy losskakel, Liam Koen. Die tuisspan het egter \u2018n voorsprong van 24-9 opgebou danksy veral twee drie\u00eb deur die haker, Waldo Hanekom, met ongeveer 13 minute oor in die kragmeting.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos het egter teruggeveg en drie\u00eb deur die loskopstut, Wilbur Loubser, en die kaptein en flank, Herman Lourens, het hul span in die posisie geplaas om \u2018n kans te staan om die wedstryd aan die einde te beklink. Loubser het kort voor sy drie van die koelkas af teruggekeer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium se kaptein en senter, PA van Niekerk, asook Hanekom kan tevrede met hul vertonings voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is slegs twee onoorwonne spanne oor op eerstespanvlak onder die voorste 20 spanne in Suid-Afrika. Die Ho\u00ebrskool Garsfontein van Pretoria en Bishops van Kaapstad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bishops het sy onoorwonne status Saterdag met \u2018n klinkende sege van 34-0 oor SACS behou. Garsies se Bere moes \u2018n bietjie harder werk as verwag om HTS Middelburg se Rooi Bulle met 38-26 in die eerste ronde van die Noordvaal-trofee te klop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se skrumskakel, Steven Nel, het weer gewys dat hy vanjaar \u2018n sterk aanspraakmaker moet wees vir \u2018n plek in die nasionale skolespan. Die span van die Jakarandastad se voorryman, Henco Hugo, begin ook vir homself \u2018n naam maa ken was waarskynlik sy span se beste speler in die sege. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Noordvaal-trofee is nie die Noordvaal-trofee sonder so bietjie omstredenheid nie. Waterkloof se eerste asook o.16-span kon weens \u2018n hele paar Covid-19 gevalle nie hul bepaling teen Monument nakom nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Noordvaal se bestuur het daarom \u2018n spesiale jaarvergadering vir komende Dinsdag geroep om die saak te bespreek. Die wysheid van Salomo sal nodig wees om seker te maak dat daar nie \u2018n presedent geskep word, wat die organiseerders nie later in die reeks probleme kan besorg nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar-kollege het \u2018n minder aanskoulike wedstryd teen Menlopark in Pretoria met 10-6 gewen. Helpies sal tevrede wees met die feit dat hulle met nege uit nege oorwinning terug na die Goudstad kon terugkeer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryd sal ongelukkig nie onthou word vir die rugby wat gespeel is nie. Die skeidsregter, Niel Bosman, het sy hande vol gehad. Hy het vier geelkaarte asook \u2018n rooikaart tydens die wedstryd aan die twee spanne uitgedeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die spel was boonop vir vyf minute gestaak toe die Parkies se nuut aangestelde Direkteur van Rugby, Nico Luus, deur Bosman gestuur is om liewer die res van die wedstryd as \u2018n toeskouer op die hoofpaviljoen verder te besigtig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Luus, wat ook Tukkies vanjaar tot kampioen van die Varsitybeker gebrei het, is vroe\u00ebr die week in die pos aangestel nadat Dean van der Watt glo die tuig neergel\u00ea het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel van Krugersdorp het sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks behou deur die Ho\u00ebrskool Middelburg met 32-21 in die eindstryd die loef af te steek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kampioen se flank Ludie Schutte en haker, Juandr\u00e9 Schoeman, het voorlangs die harde werk ingesit om die sege moontlik te maak. Agterlangs was die buitesenter, Marschall de Vos, asook die heelagter, Divan Spangenberg, uitmuntend vir die Nories.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rondebosch Boys\u2019 High het vir die eerste keer sedert 2013 daarin geslaag om Stellenberg te klop toe hy in die doodsnikke gaan druk het om met 32-28 fees te vier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Charmaine Sander Fotografie<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL-TROFEE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Beker:<\/strong> Garsfontein 38, HTS Middelburg 26; Helpmekaar 10, Menlopark 6.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Plaat:<\/strong> Ho\u00ebrskool Nelspruit 21, Kempton Park 7; Transvalia 36, Ben Vorster 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU PRESTIGE-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel 32, Ho\u00ebrskool Middelburg 21; Lichtenburg 10, Oos-Moot 5; Heidelberg Volkskool 26, Zwartkop 10; Die Anker 32, Ho\u00ebrskool Rustenburg 26; Montana 14, Wesvalia 5; Potchefstroom Volkskool 32, Potchefstroom Gimnasium 19; Hugenote (Springs) 42, Oosterlig 5;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL VRIENDSKAPLIK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">King Edward VII 27, Jeppe 26; Eldoraigne 31, Centurion 29; St. David\u2019s Marist 37, Northcliff 22; Merensky 29, Frikkie Meyer 16; HTS Witbank 26, Pionier 19; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 28, Marais Viljoen 17; St. John\u2019s College 67, St. Andrew (Bloemfontein) 8; Hans Strijdom 22, HTS Tom Naude 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU SPORTREEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Florida 24, Overkruin 24; Ho\u00ebrskool Alberton 41, Hans Moore 15; Standerton 8, Driehoek 5; Randburg 28, Dr. Malan 26; Dinamika 36, Wonderboom 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 38, Selborne-kollege 20; Sentraal 36, Fichardtpark 22; Voortrekker 20, Ho\u00ebrskool Trio 0; Welkom Gimnasium 44, Witteberg 14; Brandfort 38, Zastron 28; Wilgerivier 33, Riebeeckstad 12; Hennenman 55, Sandveld 0; Wilgerivier 33, Riebeeckstad 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Westville Boys\u2019 High 22, Glenwood 7; Hilton College 14, Durban High School 12; Michaelhouse 22, Kearsney College 9; Brandwag (Uitenhage) 22, HTS Dani\u00ebl Pienaar 13; Marlow Landbou 46, Landboudal (Jacobsdal) 0; Pearson 11, Nico Malan 7; Ithembelihle 14, John Walton 5; Graeme College 11, St. Andrew\u2019s College 5; Queen\u2019s College 51, HTS Port Rex 6; Maritzburg College 29, Northwood 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium 26, Paarl Gimnasium 24; Bishops 34, SACS 0; Rondebosch Boys\u2019 High 32, Stellenberg 28; Boland Landbou 38, HTS Drostdy 27; Durbanville 26, Melkbosstrand 0; Tygerberg 42, Kasselsvlei 7; De Kuilen 34, Somerset-kollege 14; Worcester Gimnasium 34, Hugenote (Wellington) 29; Bosmansdam 24, Grootte Schuur 17; Charlie Hofmeyer 29, Langenhoven Gimnasium 7; Edgemead 22, Ranger-klub 20; Fairburn-kollege 17, The Settlers 14; Parow 19, President 7; Westerford 48, Plumstead 0; Jan van Riebeeck 38, Camps Bay 12; Ho\u00ebrskool Bellville 15, HTS Bellville 7; Robertson 27, Swartland 24; Brackenfell 22, Parel Vallei 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;0fa4dd43_1651989039367&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Di\u00e9 ster van Paul Roos Gimnasium se Jurenzo Julius het gister nog verder verskiet toe hy vier minute voor die eindfluitjie onder die pale oorgeduik het om die land se voorste skolespan tot dusver in 2022, Paarl Gimnasium, te help klop. Die span van Stellenbosch se heelagter, Christoff de Buyn, het die doelskop oorgeklits om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9908,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9909","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9909","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9909"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9909\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9908"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9909"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9909"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9909"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}