{"id":9920,"date":"2022-05-15T06:00:06","date_gmt":"2022-05-15T06:00:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-vat-weer-vlam-in-die-tweede-helfte-terwyl-monnas-vir-garsies-op-die-ras-omdop\/"},"modified":"2022-05-15T06:00:06","modified_gmt":"2022-05-15T06:00:06","slug":"grey-vat-weer-vlam-in-die-tweede-helfte-terwyl-monnas-vir-garsies-op-die-ras-omdop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9920","title":{"rendered":"Grey vat weer vlam in die tweede helfte, terwyl Monnas vir Garsies op die Ras omdop"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9761\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Grey_College_schools_rugby.jpg\" alt=\"NewsG Grey College schools rugby\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Grey_College_schools_rugby.jpg 900w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Grey_College_schools_rugby-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/NewsG_Grey_College_schools_rugby-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>In \u2018n wedstryd van twee helftes het Grey-kollege soos die gewoonte is, in die tweede helfte afdraende teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl in Bloemfontein gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het die kragmeting in die Rosestad met 21-12 gewen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste helfte het aan Boishaai behoort en die span kon met \u2018n voorsprong van 5-0 gaan rus na sy haker, Juan Smal, danksy \u2018n drie vanaf \u2018n rolmaalbeweging die enige punte aangeteken het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die besoekers se afrigter, Sean Erasmus, sou egter nie gelukkig met feit gewees het dat sy span heelwat punte veral met die skopskoen in die helfte agter gelaat het nie. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het in die tweede helfte sy ritme begin vind en veral die skrumskakel, Caleb Abrahams en vleuel Alfondso Isaacs het goeie werk verrrig. Grey is in die eerste helfte \u2018n slag toegedien toe sy flank en hoofseun, Lukas Meyer, met \u2018n besering die veld moes verlaat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se agtsteman, JJ Theron, het egter weer sy hand opgesteek dat hy ook \u2018n speler is om in die toekoms dop te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Outeniqua het duidelik \u2018n punt gehad om te bewys en vir Die Brandwag van Uitenhage met 66-0 ordentlik gekarnuffel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium het vir Rondebosch Boys\u2019 High met 52-21 die loef afgesteek. Gimmies moes boonop sonder sy buitesenter, Janeil Losper, klaarkom wat vroe\u00ebr vanjaar as Wildeklawer se Speler van die Toernooi aangewys is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Losper sou op binnesenter teen Rondebosch uitdraf, met die eintlike binnesenter, PA van Niekerk, wat ook nie in aksie was. Die span van die Paarl speel reeds sonder Luca Bakkes (haker) en Liam Koen (losskakel) wat op die krukkelys is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou het op sy tuisveld net buite Riversdal vir Stellenberg met 34-17 geklop. Sy linkervleuel, Therlow Prins, het twee keer \u2018n draai agter die Jade Brigade se doellyn gemaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wynberg Boys\u2019 High het waarskynlik die grootste verrassing van die naweek opgedis toe hy vir Boland Landbou met 61-40 geklop het, in \u2018n kragmeting waar aanval baas was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bishops het sy onoorwonne status behou deur die Ho\u00ebrskool Strand met 10-7 te klop, terwyl Paul Roos ook hard moes sweet om SACS met 20-12 uit te oorl\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument se Wit Bulle het gister gewys dat jy nie sommer net op sy tuisveld, die Ras van Rooyen-veld, kan opdaag en hulle omdop nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het die Ho\u00ebrskool Garsfontein se onoorwonne status op die rugbyveld vanjaar met \u2018n klinkende sege van 43-19 be\u00ebindig. Dit is duidelik dat bekerrugby die beste uit Monnas haal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Garsies se Bere het nie \u2018n goeie dag op kantoor beleef nie, maar Monnas se agttal het die fondasie vir die sege in die vastelos gel\u00ea. Daar moet wel genoem word dat die Bere se loskopstut, Adriaan van Niekerk, die tuisspan in die skrums laat les ops\u00ea het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy direkte teenstander, Sifiso Magwaza, was weer uitstaande vir die Wit Bulle. Hy het \u2018n hele paar keer met die bal onder die arm ver ente veld vir die wenspan gemaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se nuwe hulpafrigter en adjunkhoof, Francois Robbertse, het duidelik ook \u2018n impak voorlangs gemaak. Die wenspan se agtsteman, Xander Schoeman, buitesenter, Zain Henery, en heelagter, Jody Schambreel het alma look uitmuntende vertonings opgedis. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Waterkloof het sy aanslag op vanjaar se titel met \u2018n naelskraapse sege van 7-6 oor Menlopark afgeskop. In Boksburg het EG Jansen vir Marais Viljoen met 43-15 kaf gedraf, terwyl Noordheuwel \u2018n belangrike sege van 24-18 oor Helpmekaar-kollege behaal het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Nories se Ludie Schutte, Keagan Grobbelaar (albei flanke) en Marshall de Vos (buitesenter) was uitstekend op die verdediging wat \u2018n rol aandeel in die span se sege gespeel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Plaat-kompetisie het die Ho\u00ebrskool Nelspruit vir Zwartkop met 31-3 afgestof. Die span se agtsteman, Leonard Bornman, het twee keer die besoekers se doellyn oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het die bal goed gedra en deurgans vra aan die Zwarries se verdediging gevra. Die Rhinos se kaptein en binnesenter, Drikus Greeff, was rotsvas op verdediging.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Oos-Kaap het Grey High School vir die eerste keer gister op die Kolisi-veld (voorheen Philip-veld) uitgedraf en vir Queen\u2019s College met 28-13 verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skool van Gqeberha het sy hoofveld gister na sy oud-leerling en huidige Springbok-kaptein, Siya Kolisi, vernoem. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tyd is dalk nou reg vir Kolisi om \u2018n program saam met sy voormalige skool op die been te bring om aan nog jong rugbyspelers die geleentheid te gee wat hy destyds by di\u00e9 spogskool ontvang het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Charlie Hofmeyr van Ceres het hul onoorwonne status behou deur Swartland van Malmesbury met 52-23 die loef af te steek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld het met 25-17 in sy jaarlikse Classic Clash teen Noord-Kaap koning gekraai. In Upington tydens die Klein Interjol was Duineveld vanjaar met 10-3 oor Ho\u00ebrskool Upington baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria moes veel harder werk as verwag om King Edward VII in Johannesburg met 19-13 te verslaan. Die<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Middelburg het vir die eerste keer sedert 2009 daarin geslaag om HTS Middelburg se Rooi Bulle met 31-15 te tem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Marnus Prinsloo<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>Hierdie artikel het oorspronklik in Rapport verskyn.&nbsp;<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL-TROFEE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Beker-kompetisie:<\/strong> Monument 43, Garsfontein 19; Waterkloof 7, Menlopark 6; Noorhdeuwel 24, Helpmekaar 18, EG Jansen 43, Marais Viljoen 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Plaat-kompetisie:<\/strong> Ho\u00ebrskool Nelspruit 31, Zwartkop 3; Ho\u00ebrskool Rustenburg 50, Ben Vorster 12; Transvalia 31, Kempton Park 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Skild-kompetisie:<\/strong> Oos-Moot 15, Hugenote (Springs) 10; Eldoraigne 36, Jeugland 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Bowl-kompetisie:<\/strong> Wesvalia 51, Ho\u00ebrskool Alberton 9; Secunda 42, Centurion 0; Potchefstroom Volkskool 55, Dr. Malan 13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle:<\/strong> Ho\u00ebrskool Tuine 19, Overkruin 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Leeus:<\/strong> Florida 13, Randburg 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds:<\/strong> Wagpos 26, Bergsig Akademie 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pumas:<\/strong> Pionier 19, Ermelo 18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke:<\/strong> Brandwag (Benoni) 35, Hans Moore 12; Oosterlig 24, Leeuwenhof 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 3<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Leeus:<\/strong> Fochville 33, Jan Viljoen 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke:<\/strong> HTS Sasolburg 45, Vereeniging Gimnasium 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey High School 28, Queen\u2019s College 13; Selborne College 31, St. Andrew\u2019s College 17; Framesby 15, Kingswood College 3; Marlow Landbou 31, Nico Malan 26; Glenwood 23, Maritzburg College 22; Hilton College 22, Pretoria Boys\u2019 High 7; Northwood 27, Westville Boys\u2019 High 23; Kearsney College 22, St. Charles College 19; Durban High School 23, Michaelhouse 14; Winterberg 38, Aliwal-Noord 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 21, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 12; Diamantveld 25, Noord-Kaap 17; Duineveld 10, Ho\u00ebrskool Upington 3; Welkom Gimnasium 35, Ho\u00ebrskool Trio 32; Voortrekker (Bethlehem) 34, Hentie Cilliers 11; Witteberg 30, Goudveld-Ho\u00ebrskool 23; Fichardtpark 19, Landboudal 17; Zastron 27, Sand du Plessis 24; President Steyn 46, Hendrik Potgieter 14; Wilgerivier 59, Wessel Maree 0; Hennenman 45, Winburg 5; Sentraal 36, Fichardtpark 32.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies 19, King Edward VII 13; Ho\u00ebrskool Middelburg 31, HTS Middelburg 15; Klerksdorp 23, Lichtenburg 22; Jeppe 70, St. David&#8217;s Marist 17; Potchefstroom Gimnasium 48, St. Benedict\u2019s College 22; HTS Potchefstroom 27, Potchefstroom Boys&#8217; High 5; Allen Glen 50, Alberton High 7; Heronbridge College 7, Penryn College 3; Louis Trichardt 29, Curro Heuwelkruin 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium 52, Rondebosch Boys\u2019 High 21; Oakdale Landbou 34, Stellenberg 17; Outeniqua 66, Brandwag (Uitenhage) 0; Wynberg Boys\u2019 High 61, Boland Landbou 40; Paul Roos Gimnasium 20, SACS 12; Bishops 10, Ho\u00ebrskool Strand 7; Parel Vallei 24, DF Malan 21; Charlie Hofmeyr 52, Swartland 23; Melkbosstrand 15, Milnerton 14; HTS Bellville 15, Vredenburg 12; Fairmont 13, Edgemead 3; Monument Park 35, Fairbairn-kollege 19; Gordon High 39, Westerford 0; Montagu 59, Montana (Worcester) 0; Robertson 28, Labori 10; Piketberg 19, Vredendal 18; Somerset College 21, Jan van Riebeeck 19; Durbanville 45, Brackenfell 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;264ec2e6_1652594106941&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In \u2018n wedstryd van twee helftes het Grey-kollege soos die gewoonte is, in die tweede helfte afdraende teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl in Bloemfontein gespeel. Grey het die kragmeting in die Rosestad met 21-12 gewen. Die eerste helfte het aan Boishaai behoort en die span kon met \u2018n voorsprong van 5-0 gaan rus na sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9761,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9920","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9920","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9920"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9920\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9761"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9920"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9920"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9920"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}