{"id":9926,"date":"2022-05-15T06:57:26","date_gmt":"2022-05-15T06:57:26","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/nories-het-vir-helpies-ge-kapank-terwyl-wit-bulle-vir-garsies-gegaffel-het\/"},"modified":"2022-05-15T06:57:26","modified_gmt":"2022-05-15T06:57:26","slug":"nories-het-vir-helpies-ge-kapank-terwyl-wit-bulle-vir-garsies-gegaffel-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9926","title":{"rendered":"Nories het vir Helpies ge-Kapank, terwyl Wit Bulle vir Garsies gegaffel het"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9924\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Sifiso_Magwaza_skolerugby.jpg\" alt=\"NewsG Sifiso Magwaza skolerugby\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Sifiso_Magwaza_skolerugby.jpg 1080w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Sifiso_Magwaza_skolerugby-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Sifiso_Magwaza_skolerugby-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Sifiso_Magwaza_skolerugby-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Indien daar iemand was wat dalk die gedagte gehad het dat die <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> van Krugersdorp nie vanjaar &#8216;n krag in die Noordvaal-trofee se Beker-afdeling wees nie, het die Wit Bulle dit Saterdag op die Ras van Rooyen met &#8216;n skitterende sege van 43-19 oor die <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> begrawe.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het teen die omdraaislag &#8216;n voorsprong van 17-12 in die <strong>Noordvaal-trofee<\/strong> kragmeting geniet. Dit was egter Garsfontein wat vanaf eerste fase besit eerste bloed getrek het toe die vleuel <strong>Boeloe Scott<\/strong> in die hoek oorgeduik het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wit Bulle se kaptein en slot, <strong>HJ de Beer<\/strong>, het kort daarna oorgebeur om sake weer gelyk te maak. Garsies het die voorsprong weer geneem toe sy agtsteman, <strong>Maynard Kleynhans<\/strong>, vanaf &#8216;n skrum naby die doellyn deurgedraf het sonder dat &#8216;n verdediger &#8216;n hand op hom kon l\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tafel was hierna gedek vir &#8216;n tipiese ligawedstryd in die Noordvaal-trofee. Monnas se agttal het met heelwat meer ywer as in sy vorige wedstryde die seisoen gespeel en dit was veral in die lynstane waar die span met rasse skrede verbetering getoon het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van die lof vir die span se verbetering voorlangs moet aan die nuwe hulpafrigter, <strong>Francois Robbertse<\/strong>, toegedig word. Die Wit Bulle se loskopstut, <strong>Sifiso Magwala<\/strong>, het in die los behoorlik gewoel en elke keer wat hy in besit geplaas is &#8216;n hele paar verdedigers besig gehou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se agtsteman, Xander Schoeman, was ook soos gewoonlik woelig en is aan die einde van die wedstryd vir sy skitterende spel met twee drie\u00eb beloon. Agterlangs het die buitesenter, <strong>Zain Henery<\/strong>, en heelagter, <strong>Jody Schambreel<\/strong>, goeie vertonings gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die Garsies het sy losskopstut, <strong>Adriaan van Niekerk<\/strong>, vir Monnas in die skrums laat les ops\u00ea. Die flank <strong>Zander Lourens<\/strong> het ook deurgans by die afbreekpunte meer as sy deel gedoen.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Jakarandastad se lynstane het hom in die steek gelaat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Noordheuwel<\/strong> het met &#8216;n sege van 24-18 op sy tuisveld in Krugersdorp oor <strong>Helpmekaar-kollege<\/strong> gewys dat hy nie net aan die liga deelneem om die nommers op te maak nie. Die Nories het teen rustyd &#8216;n voorsprong van 18-11 geniet.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se twee flanke, <strong>Ludie Schutte<\/strong> en <strong>Keagan Grobbelaar<\/strong>, asook die senter <strong>Marshall de Vos<\/strong> het op die verdediging uitgeblink. Dit is danksy Nories se rotsvaste verdediging dat hul die sege kon deurtrek.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nories se losskakel, <strong>JT Kapank<\/strong>, het met twee strafdoele in die tweede helfte die telbord vir sy span aan die rol gehou. Kapank het in totaal 19 van sy span se punte aangeteken. Slegs &#8216;n drie deur De Vos was nie te danke aan die losskakel nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies se beste speler op die dag was sy losskopstut, <strong>Boela de Wet<\/strong>, wat die tuisspan in die skrums laat kreun het. Hy het ook die bal goed gedra en ook &#8216;n paar manne laat hik wanneer hy hulle gelak het. Agterlangs kan die vleuel <strong>Trityne Parsons<\/strong> tevrede met sy vertoning voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Menlopark<\/strong> het amper daarin geslaag om vir <strong>Waterkloof<\/strong> in hul kragmeting te troef. Die Klofies was naelskraaps met 7-6 baas, maar indien die Parkies se losskakel, <strong>Marco Strydom<\/strong>, &#8216;n strafdoel met speeltyd reeds verstreke oorgeklits het sou sake anders daarna uitgesien het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verloorspan se vaskopstut, <strong>Ruben Barnard<\/strong>, verdien &#8216;n klop op die skouer vir sy vertoning in die wedstryd. Vir Waterkloof het sy agttal goed gevaar met veral <strong>Jaydn Austin<\/strong> (vaskopstut), <strong>Zander Thirion<\/strong> (agtsteman) en <strong>Ruben Odendaal<\/strong> (loskopstut) wat goeie spel gelewer het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Klofies het Menlopark se kwartgebied &#8216;n volle 12 keer besoek maar kon net die gunstige gebiedsvoordeel in meer punte omskep nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dr. EG Jansen van Boksburg<\/strong> is altyd &#8216;n span om mee rekening te hou. Die Jansies het Saterdag sy aanslag in die reeks met &#8216;n oorwinning van 43-15 oor <strong>Marais Viljoen<\/strong> van Alberton afgeskop.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG se losskakel, <strong>Jaydon Bantom<\/strong>, het 18 van sy span se punte in die oorwinning aangeteken. Hy het twee keer agter die doellyn &#8216;n draai gaan maak en ook vier van sy span se drie\u00eb verdoel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Marais Viljoen het in die tweede helfte veel beter rekenskap van hulself gegee nadat hulle met die omdraaislag &#8216;n agterstand van 3-26 gehad het. Vir die span van Alberton het <strong>Cephas van Biljon<\/strong> (flank), <strong>Ryan Langford<\/strong> (slot), <strong>Henrico Germishuizen<\/strong> (agtsteman) en <strong>Charl de Kock<\/strong> (skrumskakel) goeie vertonings gelewer.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Monument 43 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Xander Schoeman (2), HJ de Beer, Zain Henery, Sifiso Magwaza, Jody Schambreel. Doelskoppe: Tyler Sefoor (4).&nbsp; <strong>Garsfontein 19 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Boeloe Scott, Maynard Kleynhans, Pieter Coetzer. Doelskoppe: Nicallen Gabrielsen (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Waterkloof 7 (7) &#8211;<\/strong> Drie: Ruben Odendaal. Doelskop: Johan Stroh.&nbsp;<strong>Menlopark 6 (3) &#8211;<\/strong> Strafdoele: Marco Strydom (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Noordheuwel 24 (18) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Marshall de Vos, JT Kapank. Doelskop: Kapank. Strafdoele: Kapank (4). <strong>Helpmekaar 18 (11) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ruan Welman, Jordan Jordaan. Doelskop: Jordaan. Strafdoele: Jordaan (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>EG Jansen 43 (26) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jaydon Bantom (2), Keano van Loggenberg, Corn\u00e9 Venter, Layton Smith, Ryno van Aswegen, Tsepo Ledwaba. Doelskoppe: Bantom (4).&nbsp;&nbsp;<strong>Marais Viljoen 15 (3) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Henrico Germishuizen, Charl de Kock. Doelskop: De Kock. Strafdoel: De Kock.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.16:&nbsp;<\/strong>Monument 38, Garsfontein 23; Helpmekaar 20, Noordheuwel 19; Waterkloof 16, Menlopark 11; EG Jansen 53, Marais Viljoen 0.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Monument 24, Garsfontein 0; Noordheuwel 20, Helpmekaar 10; Waterkloof 6, Menlopark 0; EG Jansen 17, Marais Viljoen 13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Monument 52, Garsfontein 5; Helpmekaar 26, Noordheuwel 10; Menlopark 10, Waterkloof 10; EG Jansen 22, Marais Viljoen 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;6434cfac_1652596774775&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indien daar iemand was wat dalk die gedagte gehad het dat die Ho\u00ebrskool Monument van Krugersdorp nie vanjaar &#8216;n krag in die Noordvaal-trofee se Beker-afdeling wees nie, het die Wit Bulle dit Saterdag op die Ras van Rooyen met &#8216;n skitterende sege van 43-19 oor die Ho\u00ebrskool Garsfontein begrawe. Monnas het teen die omdraaislag &#8216;n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9924,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9926","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9926","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9926"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9926\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9924"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9926"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9926"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9926"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}