{"id":9963,"date":"2022-05-30T11:19:38","date_gmt":"2022-05-30T11:19:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/oakdale-baas-in-swd-grey-agttal-laat-monnas-vou\/"},"modified":"2022-05-30T11:19:38","modified_gmt":"2022-05-30T11:19:38","slug":"oakdale-baas-in-swd-grey-agttal-laat-monnas-vou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9963","title":{"rendered":"Oakdale baas in SWD, Grey-agttal laat Monnas vou"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9962\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Therlow_Prins.jpg\" alt=\"NewsG Therlow Prins\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Therlow_Prins.jpg 908w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Therlow_Prins-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/NewsG_Therlow_Prins-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Dit was kliphard op De Eike net buite Riversdal, maar Oakdale Landbou is baas op die plaas en in die Suidwestelike Distrikte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bulle van Oakdale het vir die Ho\u00ebrskool Outeniqua met 10-0 in \u2018n klipharde tweestryd getroef. Daar was na die eerste helfte nie \u2018n enkele punt op die telbord nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit het geblyk of die wedstryd dalk met \u2018n telling soos 3-0 beklink sou word, maar albei stelskoppers \u2013 Kobus Janse van Rensburg (Oakdale) en Cliffie Jacobs (Outeniqua) het nie hul skopstewels aangehad nie en met verskeie pogings misluk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste punte het eers 13 minute voor die einde gekom danksy \u2018n stukkie individuele briljantheid deur die wenspan se skrumskakel, Marcel Strydom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het spasie gevind met \u2018n breekslag na die steelkant van net binne sy span se eie halfgebied. Hy het daarna \u2018n steekskop vorentoe gegee wat ook vir hom reg gewip het om te kan afrond.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wat die uitslag nog meer merkwaardig maak is die feit dat die Kwaggas met 14 spelers in sy geledere sit wat die Volstruisboere later vanjaar op die Cravenweek sal verteenwoordig. Die res van die groep van 23 spelers is die nege Bulle van Oakdale wat in die span opgeneem is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die grondslag vir die sege is in die lynstane gel\u00ea met die tuisspan wat die Kwaggas hier ontwrig het. Die wenspan se haker, Armand Combrinck, en flank Ramon Uys was uitstaande voorlangs. Die linkervleuel, Therlow Prins, kan ook tevrede met sy vertoning voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas se linkervleuel, Keith Syster, het ook elke keer gevaarlik gelyk wat hy in besit gestel is. &nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Bloemfontein het Grey-kollege gewys dat hy nie sommer vanjaar weer geklop gaan word nie. Die span van die Rosestad het vir Monument van Krugersdorp met 41-17 die loef afgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 sege behoort aan die agttal van Grey. Die pak voorspelers het gewys dat hy sy man teen \u2018n fisieke agttal soos di\u00e9 van Monnas se Wit Bulle kan staan. Dit was veral die slot JF van Heerden wat nie \u2018n tree in die fisieke aspekte van die spel teruggestaan het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skrumskakel, Caleb Abrahams, het ook gewys dat hy \u2018n speler is waarvoor daar nog \u2018n blink toekoms op wag. Abrahams het twee keer met sy skerp breekslae Monnas se doellyn oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se senter Zain Henery het \u2018n hele paar keer daarin geslaag om Grey se verdediging in die middelveld oop te vlek en kan vandag bre\u00ebbors na sy vertoning rondloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Noordvaal-trofee se Beker-kompetisie het Dr. EG Jansen van Boksburg sy onoorwonne status behou danksy \u2018n sege van 34-26 oor Waterkloof. Die Jansies se losskakel, Jaydon Bantom, was uitmuntend.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was met 20 punte aan die voorpunt van sy span se oorwinning. Hy het twee van sy span se vier drie\u00eb na puik lopies afgerond, twee van sy span se drie\u00eb daarvan verdoel en ook twee strafdoele tussen deur die pale gejaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die kragmeting tussen Helpmekaar-kollege en HTS Middelburg se Rooi Bulle het albei spanne van meet af die bal lug gegee. Helpies se buitesenter, Luc van Rhyn, het \u2018n driekuns aan drie\u00eb in sy span se oorwinning van 46-27 behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies se haker, Ruan Welman, en slot Juandr\u00e9 Labuschagne was ook ysters voorlangs.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein het oor te veel skietgoed vir Marais Viljoen beskik en met 73-7 die tuisspan van Alberton kaf gedraf. Die span se losskakel, Nic-Allen Gabrielsen, het tien van sy span se 11 drie\u00eb verdoel, terwyl Steven Nel (skrumskakel), De Wet Lottering (haker), Dimitre Erasmus (senter), Maynard Kleynhans (agtsteman) en Michail Damon (heelagter) elk dubbelle driedruk-plesier ervaar het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel se losskakel, JT Kapank, het sy span tot \u2018n sege van 33-23 oor Menlopark in Pretoria gelei.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Durbanville het \u2018n naelskraapse sege van 23-22 teen SACS in die doodsnikke deurgetrek. Durbies se vleuel James Nero het twee keer \u2018n draai agter die doellyn gaan maak om sy totaal vir die seisoen tot 20 op te stoot.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was \u2018n dag met ongiere weer in die Kaap, maar kaptein en haker, Juan Smal, het vir die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl tot \u2018n oorwinning van 29-7 aangevoer. Die span se twee flanke, Divan Fuller en Matthew Fick, is besig om saam die agtsteman, Hugo-Ben Horn, \u2018n gedugte lostrio te vorm.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg se binnesenter, Damian Markus, was met \u2018n driekuns aan drie\u00eb aan die voorpunt van sy span se sege van 50-11 oor Brackenfell.<\/span><\/p>\n<p><em><strong>FOTO: Eric Waterson Fotografie<\/strong><\/em><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL-TROFEE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 1<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Beker-kompetisie:<\/strong> EG Jansen 34, Waterkloof 26; Noordheuwel 33, Menlopark 23; Helpmekaar 46, HTS Middelburg 27; Garsfontein 73, Marais Viljoen 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Plaat-kompetisie:<\/strong> Ho\u00ebrskool Nelspruit 38, Montana 14; Transvalia 68, Zwartkop 0; Kempton Park 31, Ben Vorster 15; Ho\u00ebrskool Middelburg 40, Ho\u00ebrskool Rustenburg 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Skild-kompetisie:<\/strong> Oos-Moot 26, Ligbron 18; Hugenote (Springs) 46, Heidelberg Volkskool 12; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 60, Jeugland 7; Lichtenburg 37, Eldoraigne 28.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Bowl-kompetisie:<\/strong> Centurion 41, Ho\u00ebrskool Alberton 34; Die Anker 57, Dr. Malan 14; Secunda 31, Ho\u00ebrskool Pietersburg 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandwag (Benoni) 42, Driehoek 7; Ermelo 44, Rob Ferreira 26; Piet Retief 36, HTS Witbank 22; HTS Tom Naud\u00e9 38, Piet Potgieter 5; Merensky 49, Ben Viljoen 33.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 3<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Frans du Toit 44, Curro Heuwelkruin 7; Louis Trichardt 33, Nylstroom 8; Fochville 24, Linden 10.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 41, Monument 17; Welkom Gimnasium 44, Goudveld-Ho\u00ebrskool 0; Diamantveld 19, Duineveld 12; Sand du Plessis 32, Hendrik Potgieter 17.&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KWAZULU-NATAL\/EASTERN CAPE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Durban High School 33, Westville Boys\u2019 High 23;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies 35, Jeppe 17; Heronbridge College 22, Benoni High 19; Pretoria Boys\u2019 High II 45, Northcliff 3.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou 10, Outeniqua 0; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 29, Bishops 7; Wynberg Boys\u2019 High 24, Rondebosch Boys\u2019 High 15; Stellenberg 50, Brackenfell 11; Durbanville 23, SACS 22; Parel Vallei 26, Ho\u00ebrskool Bellville 17; Charlie Hofmeyr 72, Ho\u00ebrskool Stellenbosch 5; Hottentots-Holland 14, HTS Bellville 0; Swartland 12, Langenhoven Gimnasium 10; Jan van Riebeeck 13, President 12; Ho\u00ebrskool Strand 91, Kasselsvlei 12; Bellville-Suid 24, Westerford 3; Bosmansdam 33, Edgemead 6.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;1c7a9f9f_1653909137976&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was kliphard op De Eike net buite Riversdal, maar Oakdale Landbou is baas op die plaas en in die Suidwestelike Distrikte. Die Bulle van Oakdale het vir die Ho\u00ebrskool Outeniqua met 10-0 in \u2018n klipharde tweestryd getroef. Daar was na die eerste helfte nie \u2018n enkele punt op die telbord nie. Dit het geblyk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9962,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9963","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9963","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9963"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9963\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9962"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}