{"id":9971,"date":"2022-06-05T04:27:09","date_gmt":"2022-06-05T04:27:09","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/garsie-bere-die-prinse-van-pretoria-bakkes-laat-sacs-bontstaan\/"},"modified":"2022-06-05T04:27:09","modified_gmt":"2022-06-05T04:27:09","slug":"garsie-bere-die-prinse-van-pretoria-bakkes-laat-sacs-bontstaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9971","title":{"rendered":"Garsie Bere die Prinse van Pretoria, Bakkes laat SACS bontstaan"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9970\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Garsfontein_Bere_Rugby_Liam_Dick.jpg\" alt=\"NewsG Garsfontein Bere Rugby Liam Dick\" width=\"380\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Garsfontein_Bere_Rugby_Liam_Dick.jpg 1011w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Garsfontein_Bere_Rugby_Liam_Dick-300x156.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Garsfontein_Bere_Rugby_Liam_Dick-768x400.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Daar kan na die Ho\u00ebrskool Garsfontein se oortuigende sege van 36-7 oor Waterkloof nie verder \u2018n twyfel bestaan oor wie vanjaar die voorste skolerugbyspan in Pretoria is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bere het vanjaar reeds die ander twee groot honde van die Jakarandastad \u2013 Affies (20-19) en Menlopark (34-8) geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Garsies het teen \u2018n ho\u00eb tempo weggespring en reeds teen die omdraaislag \u2018n voorsprong van 24-0 geniet. Die span se twee vleuels, Liam Dick en Boeloe Scott, buitesenter Dimitre Erasmus en skrumskakel, Steven Nel, het mooi drie\u00eb vanaf agterlynbewegings gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was vir die Garsie Bere \u2018n geval van die voorspelers wat die klavier geskuif het na waar die agterspelers in staat gestel is om die note te speel. Dit was veral Nel wat met sy spel be\u00efndruk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het sy spel goed afgewissel en die agttal presies gestuur na waar hy die klavier wou h\u00ea. Nel tel vanjaar sonder twyfel as een van die voorste skrumskakels op skolevlak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Klofies is sy heelagter, Reuvan Ferreira, vir sy moedige vertoning met \u2018n drie in die tweede helfte beloon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dr. EG Jansen van Boksburg is steeds onoorwonne in die Beker-kompetisie van die Noordvaal-trofee na hy vir Helpmekaar-kollege met 26-12 verslaan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die argitek in die sege was weer sy losskakel, Jaydon Bantom, hoewel dit \u2018n reuse spanpoging was. Voorlangs het die slot en kaptein, Ryno van Aswegen, harde werk verrig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel het sy stem teen HTS Middelburg dik gemaak deur met 44-7 as oorwinnaars van die veld te stap. Die Nories se voorryman Arn\u00e9 Roux en buitesenter, Marshall de Vos, het elk dubbelle driedrukplesier ervaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Soos gewoonlik was die losskakel, JT Kapank, ook op sy stukke en het hy \u2018n bydrae van 14 punte met sy skopskoen gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rondebosch Boys\u2019 High het vir die eerste keer sedert 2003 op sy tuisveld daarin geslaag om vir Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch die loef af te steek. Die span van Kaapstad was met 24-12 baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rondebosch kan nou daarmee spog dat hy vanjaar reeds twee van die vier groot honde vanuit die Boland ore aangesit het. Hy het ook vroe\u00ebr vanjaar vir die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl (22-19) verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gepraat van Boishaai sy losskakel, Thurlon Williams, kan op die oomblik nie \u2018n voet verkeerd neersit nie. Hy het al sy span se drie\u00eb in hul sege van 42-24 oor Wynberg Boys\u2019 High verdoel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die spanne vanuit die Paarl het \u2018n goeie dag op kantoor beleef. Paarl Gimnasium met sy haker, Luca Bakkes, aan die voorpunt het vir SACS met 66-13 kaf gedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bakkes het vier van sy span se tien drie\u00eb gedruk. Hy was duidelik honger op te speel nah y \u2018n hele paar weke langs die kantlyn moes deurbring. Die wenspan se flank Dean Crouse, skrumskakel Emrique Leideman en senter Janeil Losper het ook goeie vertonings opgedis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou het met \u2018n sege van 14-7 op Piley Rees in Kaapstad oor Bishops gesorg dat laasgenoemde sy derde agtereenvolgende nederlaag op die lyf loop. Die span van die Moederstad was drie weke gelede nog onoorwonne.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou se agtsteman, Armand Combrinck, het \u2018n driekuns aan drie\u00eb in sy span se oortuigende oorwinning van 52-3 oor die Ho\u00ebrskool Durbanville behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was gewis nie die beste rugby wat die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria vanjaar opgedis het nie, maar die Wit Bulle sal steeds tevrede met die sege van 21-6 oor Menlopark wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was die eerste kragmeting tussen di\u00e9 twee skole sedert 2006. Die Parkies sal wel ondanks die nederlaag steeds tevrede met hul vertoning voel. Die span het nooit die handdoek ingegooi nie en boonop \u2018n rustyd-voorsprong van 6-0 geniet danksy twee strafdoele deur sy losskakel, Marco Strydom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL-TROFEE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 1<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Beker-kompetisie:<\/strong> Garsfontein 36, Waterkloof 7; EG Jansen 26, Helpmekaar 12; Noordheuwel 44, HTS Middelburg 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Plaat-kompetisie:<\/strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg 38, Zwartkop 27; Kempton Park 19, Montana 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Skild-kompetisie:<\/strong> Ho\u00ebrskool Klerksdorp 33, Hugenote (Springs) 26; Heidelberg Volkskool 12, Oos-Moot 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Bowl-kompetisie:<\/strong> Ho\u00ebrskool Alberton 26, Dr. Malan 12; Ho\u00ebrskool Pietersburg&nbsp;&nbsp;&nbsp; 7 Potchefstroom Volkskool 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle:<\/strong> Midstream College 32, Ho\u00ebrskool Tuine 20; Wonderboom 20, HTS John Vorster 18. <strong>Limpopo:<\/strong> Frikkie Meyer 72, HTS Tom Naud\u00e9 0; Ellisras 55, Piet Potgieter 7; Hans Strijdom 25, Ben Viljoen 22. <strong>Pumas:<\/strong> Piet Retief 37, Pionier 10; Ermelo 26, HTS Witbank 12. <strong>Valke:<\/strong> Oosterlig 31, Driehoek 7; Brandwag (Benoni) 25, Leeuwenhof 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 3 &nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle:<\/strong> Die Wilgers 36, Gerrit Maritz 14; CR Swart 31, Erasmus (Bronkhorstspruit) 29. <strong>Pumas:<\/strong> Curro Nelspruit 37, Bergvlam 6; Standerton 47, Hoogenhout 21. <strong>Valke:<\/strong> HTS Sasolburg 20, Delmas 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 4<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Limpopo:<\/strong> Warmbad 78, Northern Academy 12; Eric Louw 51, Stanford Lake College 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies 21, Menlopark 6; Randburg 31, Potchefstroom Gimnasium 31; Dinamika 15, St. Benedict\u2019s College 6; St. Alban\u2019s College 31, Northcliff 21; HerronBridge College 31, Krugersdorp High 23.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Framesby 43, Die Brandwag (Uitenhage) 7; Hilton College 29, Glenwood 28; Maritzburg College 31, Kearsney College 20; Queen\u2019s College 20, St. Andrew\u2019s College 8; Durban High School 36, Northwood 14; Michaelhouse 31, Westville Boys&#8217; High 21; Marlow Landbou 51, Hudson Park 14; Graeme College 31, Itembelihle 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 42, Wynberg Boys\u2019 High 24; Boland Landbou 14, Bishops 7; Rondebosch Boys\u2019 High 24, Paul Roos Gimnasium 12; Paarl Gimnasium 66, SACS 13; Oakdale Landbou 52, Ho\u00ebrskool Durbanville 3; Brackenfell 33, Milnerton 26; HTS Drostdy 35, Tygerberg 25; Parel Vallei 23, Hottentots-Holland 22; Ho\u00ebrskool Bellville 48, Primrose-klub 7; Melkbosstrand 10, Hamlets-klub 12.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;7b909187_1654402688492&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar kan na die Ho\u00ebrskool Garsfontein se oortuigende sege van 36-7 oor Waterkloof nie verder \u2018n twyfel bestaan oor wie vanjaar die voorste skolerugbyspan in Pretoria is nie. Die Bere het vanjaar reeds die ander twee groot honde van die Jakarandastad \u2013 Affies (20-19) en Menlopark (34-8) geklop. Die Garsies het teen \u2018n ho\u00eb tempo [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9970,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9971","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9971","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9971"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9971\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9970"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9971"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9971"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9971"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}