{"id":9973,"date":"2022-06-05T04:42:29","date_gmt":"2022-06-05T04:42:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/menlopark-laat-affies-aanvanklik-sweet-vir-sy-oorwinning\/"},"modified":"2022-06-05T04:42:29","modified_gmt":"2022-06-05T04:42:29","slug":"menlopark-laat-affies-aanvanklik-sweet-vir-sy-oorwinning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9973","title":{"rendered":"Menlopark laat Affies aanvanklik sweet vir sy oorwinning"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9972\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Affies_Rugby.jpg\" alt=\"NewsG Affies Rugby\" width=\"380\" height=\"298\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Affies_Rugby.jpg 680w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Affies_Rugby-300x236.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Menlopark het vandag \u201cop die plaas\u201d so byna die onmoontlike reggekry deur die tuisspan, Affies, behoorlik te laat sweet vir hul 21-6 oorwinning. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hierdie uitslag was egter tot vyf minute voor die eindfluitjie steeds in die weegskaal. Die besoekers het met rustyd 6-0 voorgeloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was die eerste keer sedert 2006 dat die twee spanne mekaar op die rugbyveld ontmoet het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Parkies verdien krediet vir die wyse waarop hulle die gunstelinge se sterkpunte telkens geneutraliseer het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was duidelik dat Nico Luus en sy afrigtingspan hul huiswerk behoorlik gedoen het. Dit, en die talle strafskoppe wat die Wit Bulle afgestaan het, het die tuisspan tot diep in die tweede helfte gefrustreer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Trouens, van Affies se gebruiklike dodelike rolmaalbewegings is min gesien. Hulle het telkemale lynstane afgedwing in gunstige posisies, net om die bal te verloor. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark sal tevrede wees met hul dodelike verdediging. Dit, gekombineer met die geleerde skopvoet van losskakel <strong>Marco Strydom<\/strong>, het vir Affies weggehou van hul doelgebied. . <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan het in die veertigste minuut vir die eerste keer die voortou geneem met \u2018n drie deur haker <strong>Hanro Venter<\/strong>, na sterk dryfwerk deur die Affie-voorspelers. Hierna het die Wit Bulle gaandeweg beheer verkry, maar Menlo se verdediging het gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Strydom het agt minute voor die eindfluitjie \u2018n kans gehad pale toe om vir die besoekers weer te laat voorloop, maar hy het die skop links verby getrek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het hierna danksy mooi samespel deur voor- en agterspelers sake beklink deur twee pragdrie\u00eb, eers deur senter <strong>Tiaan de Wet<\/strong>, en toe deur die woelige haker Venter. Losskakel <strong>Stehan Heymans<\/strong> het die res van die punte bygedra met die skopskoen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die tuisspan was niemand beter as buitesenter,&nbsp;<strong>Heinrich Horn<\/strong>, nie. Hy het telkemale die besoekers se verdediging beproef met sterk lopies. Dit was definitief sy beste vertoning van die seisoen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Menlo kan Strydom tevrede wees met sy vertoning. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies sal in hul skik wees met hul onderskeie spanne nadat hulle skoonskip gemaak het in die res van die wedstryde.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hulle het op die dag 449 punte aangeteken in die nege wedstryde, teen Menlopark se 49.<\/span><\/p>\n<p><strong>FOTO: William Brown<\/strong><\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies 21 (0) &#8211;<\/strong> Drie<span style=\"color: #000000;\">\u00eb: Hanro Venter (2), Tiaan de Wet. Doelskoppe: Stehan Heymans (3). <strong>Menlopark 6 (6) &#8211;<\/strong> Strafdoele: Marco Strydom (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16A:<\/strong> Affies 69, Menlopark 8.<\/p>\n<p><strong>o.15A:<\/strong> Affies 45, Menlopark 6.<\/p>\n<p><strong>o.14A:<\/strong> Affies 26, Menlopark 7.<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;327b4294_1654404003282&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Menlopark het vandag \u201cop die plaas\u201d so byna die onmoontlike reggekry deur die tuisspan, Affies, behoorlik te laat sweet vir hul 21-6 oorwinning. Hierdie uitslag was egter tot vyf minute voor die eindfluitjie steeds in die weegskaal. Die besoekers het met rustyd 6-0 voorgeloop. Dit was die eerste keer sedert 2006 dat die twee spanne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9972,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9973","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9973","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9973"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9973\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9972"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9973"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9973"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9973"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}