{"id":9975,"date":"2022-06-05T06:11:43","date_gmt":"2022-06-05T06:11:43","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jansies-behou-onoorwonne-status-met-sege-oor-helpies\/"},"modified":"2022-06-05T06:11:43","modified_gmt":"2022-06-05T06:11:43","slug":"jansies-behou-onoorwonne-status-met-sege-oor-helpies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9975","title":{"rendered":"Jansies behou onoorwonne status met sege oor Helpies"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9974\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Noordheuwel_rugby.jpg\" alt=\"NewsG Noordheuwel rugby\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Noordheuwel_rugby.jpg 720w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/NewsG_Noordheuwel_rugby-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Dr. EG Jansen<\/strong> van Boksburg is steeds onoorwonne in vanjaar se <strong>Noordvaal-trofee<\/strong> se Beker-kompetisie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Jansies het Saterdag in die Goudstad vir <strong>Helpmekaar-kollege<\/strong> met 26-12 geklop om &#8216;n voltal punte terug na die Oos-Rand te neem. EG gaan nie sommer vanjaar veral op sy tuisveld dit maklik vir die ander spanne in die reeks maak nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was weer die losskakel, <strong>Jaydon Bantom<\/strong>, wat met sy spelskeppende vermo\u00eb aan die voorpunt van die Jansies se aanslag was. Dit terwyl die heelagter, <strong>David Twala<\/strong>, asook die senterpaar, <strong>Marco Coetzee<\/strong> en <strong>Theuns Barnard<\/strong>, ook bre\u00ebbors weens hul blink vertonings teen Helpies kan rondloop.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG se kaptein en slot, <strong>Ryno van Aswegen<\/strong>, het voorlangs die pap dik aangemaak. Van Aswegen het die veld vol gespeel en sy span van voor gelei.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Helpies het sy haker, <strong>Ruan Welman<\/strong>, sy kant gebring. Agterlangs het die binnesenter, <strong>Rynhardt van der Linde<\/strong>, &#8216;n hele paar goeie breekslae ingekry en ook die aanvoorwerk vir een van Van Rhyn se drie\u00eb gedoen.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Noordheuwel<\/strong> het op sy tuisveld in Krugersdorp &#8216;n klinkende sege van 44-7 oor <strong>HTS Middelburg<\/strong> se Rooi Bulle behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Nories se loskopstut, <strong>Arn\u00e9 Roux<\/strong>, het twee keer oor die doellyn gebars, terwyl die span se buitesenter, <strong>Marshall de Vos<\/strong>, ook twee keer gaan druk het.&nbsp;Soos gewoonlik was die losskakel, <strong>JT Kapank<\/strong>, ook op sy stukke en het hy \u2018n bydrae van 14 punte met sy skopskoen gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> was vir die eerste 40 minute van sy kragmeting teen <strong>Waterkloof<\/strong> op laasgenoemde se tuisveld vuurwarm. Die Garsie Bere het in vyfde rat weggetrek en reeds teen rustyd &#8216;n voorsprong van 24-0 opgebou.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die agttal het voorlangs onder een kombers gespeel en dit het Garsies se agterhoede in staat gestel om te baljaar. Garsies se buitesenter, <strong>Dimitre Erasmus<\/strong>, asook die twee vleuels, <strong>Boeloe Scott<\/strong> en <strong>Liam Dick<\/strong>, het skitterende agterlyn drie\u00eb vir die wenspan gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se skrumskakel, <strong>Steven Nel<\/strong>, se vertonings vanjaar gaan net van krag tot krag. Hy tel sonder twyfel onder een van die voorste skrumskakel in skolevlak in Suid-Afrika vanjaar. Nel het sy span se vierde drie in die eerste helfte gedruk om die bonuspunt te beklink.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nel kan takties goed vanaf albei voete skop en dikteer die spel van agter die oond. Hy beskik self oor &#8216;n skerp breekslag, maar sy grootste bate is egter sy vermo\u00eb om die spel goed op te som en die regte keuses op die oomblik uit te voer.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs verdien elke speler in die agttal &#8216;n klop op die skouer, maar die agtsteman, <strong>Maynard Kleynhans<\/strong>, asook die slot <strong>Christopher Sj\u00f6blom<\/strong> begin al hoe meer in statuur groei. Die teenwoordigheid van die flank <strong>Abrie van der Westhuizen<\/strong> wat na &#8216;n besering teruggekeer het, het ook &#8216;n beduidende verskil gemaak.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Klofies is sy heelagter, <strong>Reuvan Ferreira<\/strong>, vir sy moedige vertoning met \u2018n drie in die tweede helfte beloon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Garsfontein 36 (24) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Dimitre Erasmus, Boeloe Scott, Liam Dick, Steven Nel, Christopher Sjblom, De Wet Lottering. Doelskoppe: Nic-Allen Gabrielsen (3). <strong>Waterkloof 7 (0) &#8211;<\/strong> Reuvan Ferreira. Doelskop: Johan Stroh.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>EG Jansen 26 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: David Twala (2), Jaydon Bantom, Keano van Loggenberg. Doelskoppe: Bantom (3). <strong>Helpmekaar-kollege 12 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Luc van Rhyn (2). Doelskop: Trityne Parsons.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Noordheuwel 44 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Arn\u00e9 Roux (2), Marshall de Vos (2), Coun-Lee Koekman, Matthew Ganame. Doelskoppe: JT Kapank (4). Strafdoel: Kapank. Skepdoel: Kapank. <strong>HTS Middelburg 7 &#8211; <\/strong>Drie: Jonathan Durrheim. Doelskop: Hardus Visser.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.16:<\/strong>&nbsp;Waterkloof 27, Garsfontein 7; Noordheuwel 66, HTS Middelburg 3; EG Jansen 31, Helpmekaar 20.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Waterkloof 25, Garsfontein 17; Noordheuwel 52, HTS Middelburg 0; Helpmekaar 5, EG Jansen 0. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong>&nbsp;Waterkloof 28, Garsfontein 12; Noordheuwel 41, HTS Middelburg 13; Helpmekaar 29, EG Jansen 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;37fc8876_1654404706239&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. EG Jansen van Boksburg is steeds onoorwonne in vanjaar se Noordvaal-trofee se Beker-kompetisie. Die Jansies het Saterdag in die Goudstad vir Helpmekaar-kollege met 26-12 geklop om &#8216;n voltal punte terug na die Oos-Rand te neem. EG gaan nie sommer vanjaar veral op sy tuisveld dit maklik vir die ander spanne in die reeks maak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9974,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9975","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9975","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9975"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9975\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9974"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9975"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9975"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9975"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}