SSPN Test Site

Blog

  • School of Rugby Rankings – 11 May 2015

    School of Rugby Rankings – 11 May 2015

    SOR NuusPaarl Boys’ High is still unbeaten after beating Rondebosch Boys’ High convincingly 34-10 in their clash on Saturday. The team from Paarl’s spot on top of our rankings is still save. They will face Boland Landbou this weekend. This was the first time this season that Rondebosch Boys’ High was defeated.

    Boland Landbou suffered a 39-0 defeat against Paarl Gimnasium on Saturday. Paarl Gimnasium moved up in our rankings into fourth position.

    The biggest drop came from Grey College who now occupies the 15th spot after suffering their third succesive defeat after Affies won their clash in Bloemfontein by 29-18. It was only the second time since 1966 that Grey was defeated three times in a row. 

    As we said previously this must be one of the most difficult season’s to rank teams as most of the teams in the Top 20 are able to beat each other. For example EG Jansen defeated Monument by 29-17 in the final of the Tuks Series, after they lost the pool game against Monnas earlier by 18-8. Monnas defeated Grey College on the last day of Wildeklawer, while EG Jansen lost against Grey College at the Kearsney College Easter Festival. Affies wasted EG Jansen, defeated Grey College and also lost against SACS. 

    SACS defeated Bishops by 26-17 on Saturday. All this while Paarl Gimnasium’s only defeat came against Bishops a week earlier, while Gimmies and Affies played to a 22-all draw at Wildeklawer. 

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    Ranking Team Played Won Drawn Lost Points F Points A
    1 Paarl Boys’ High 9 9 0 0 273 111
    2 Paul Roos Gimnasium 5 5 0 0 127 40
    3 Oakdale Landbou 6 5 0 1 244 58
    4 Paarl Gimnasium 7 5 1 1 265 99 
    5 SACS 8 7 0 1 210 132
    6 Outeniqua 8 6 0 2 193 147
    7 Affies 8 5 1 2 283 97
    8 Selborne College  9 5 1 3    
    9 Monument 11 8 0 3 314 169
    10 Rondebosch Boys’ High 7 5 1 1 168 103
    11 EG Jansen 11 8 0 3 387 198
    12 Eldoraigne 9 8 0 1 190 119
    13 Noord-Kaap 11 8 1 2 356 204
    14 Grey High School            
    15 Grey College  10 6 1 3 276 175
    16 Nelspruit  9 7 0 2 287 198
    17 Worcester Gimnasium            
    18 Jeppe Boys’ High            
    19 Bishops            
    20 Maritzburg College            
    21 Potchefstroom Gimnasium            
    22 Dale College            
    23 Queen’s College            
    24 Waterkloof            
    25 Marlow Landbou            
    26 Brackenfell            
    27 Wynberg Boys’ High            
    28 King Edward VII            
    29 Kemptonpark            
    30 Michaelhouse  4 4 0 0    
  • Welkom Gim en Rooiskool bult spiere in Griffon-liga

    Ná die eerste twee rondes van die Griffon-liga blyk dit of Welkom-Gimnasium en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad die spanne is wat vanjaar geklop moet word indien iemand anders as kampioen gekroon wil word.

    Gimmies het op sy tuisveld vir Voortrekker van Bethlehem met 22-14 geklop. Soos met elke wedstryd het die skrumskakel, Jason Olivier, en die agtsteman, SJ Malherbe, uitstaande spel vir die span van Welkom gelewer.

    Die slot Jacque Henning verdien oor vermelding vir sy uitstekende werk in die lynstane. In die skrums het die haker, Andries Engelbrecht, verskeie vaskoppe gehaak.

    Vir die Trekkers het die vleuel JJ Lombaard, en flanke Sakkie Molentze en Ruan Stanissis die meeste problem vir die tuisspan besorg.

    Rooiskool het op sy tuisveld in Kroonstad vir Hentie Cilliers met 40-15 die loef afgesteek. Die tuisspan het met die omdraaislag reeds ‘n stewige voorsprong van 28-10 opgebou.

    Rooiskool se skrumskakel, Duncan Horak, is vir sy skitterspel met twee drieë beloon. Voorlangs het die twee slotte, Michiel Bosman en Ettienne O’Donovan, die pap dik aangemaak, terwyl die agtsteman, Johan Steyn, ook maar vandag breebors kan rondloop. Die senter Charl du Plessis het ook meer as sy deel gedoen.

    Witteberg van Bethlehem het in Welkom vir HTS Welkom met 31-21 getroef. Die span van die Oos-Vrystaat het ook ‘n belangrike bonuspunt na Bethlehem terug geneem danksy sy vyf drieë wat hy gedruk het.

    Goudveld-Hoërskool was met 31-22 bo teen Hoërskool Kroonstad in ‘n klipharde tweestryd. Gouties sal tevrede met sy bonuspunt-sege voel.

    Blouskool se twee slotte, Jaco van Oudtshoorn en Johan le Grange, het voorlangs gewoel. Die twee kantmanne, Jan-Louis du Plessis en Hendré Bolton, het ook goeie spel in die kragmeting gelewer.

    Agterlangs het die losskakel, Henro de Vos, goed vertoon en 17 punte tot sy span se totaal bygedra. Hy is goed deur die senter Mervin Touzel ondersteun.

    Puntemakers: 

    Welkom-Gimnasium 22 – Drieë: Zander Wasserman, Danie Hendricks, Jason Olivier. Doelskoppe: Luan James (2). Strafdoel: James. Voortrekker 14 – Drieë: Reitumetsi Mofokeng, Edrich Victor. Doelskoppe: Marko Labuschagne (2). 

    AHS Kroonstad 40 (28) – Drieë: Duncan Horak (2), Harold Hills, Johan Steyn, Drico Viljoen, Michiel Bosman. Doelskoppe: Corné Cooper (5). Hentie Cilliers 15 (10).

    Witteberg 31 (17) – Drieë: Cronjé Meiring, Tshepi Mofokeng, Dehandro Mostert, Kobus Gunter, Handus Botha. Doelskoppe: Tiaan Schoonraad (3). HTS Welkom 21 (7).

    Goudveld-Hoërskool 31 (17) – Drieë: Martin Scheepers (2), Pietman Kotze, Ruben Breedt. Doelskoppe: GP Nieuwenhuys (4). Strafdoel: Scheepers. Hoërskool Kroonstad 22 (10) – Drieë: Henro de Vos (2), Jaco van Oudtshoorn. Doelskoppe: De Vos (2). Strafdoel: De Vos.

  • Harrismith behaal eerste sege oor Wilgerivier sedert 2009

    Die rugbyspan van die Hoërskool Harrismith het Dinsdag vir die eerste sedert 2009 daarin geslaag om Wilgerivier van Frankfort te klop. Die sege van 23-19 op sy tuisveld het ook aan Wilgerivier sy eerste nederlaag in die Oos-Vrystaatse liga sedert 2010 gegee.

    Wilgerivier het in 2010 teen Vrede die knie gebuig. Harrismith is nou die vroeë gunsteling in dié liga. Die skool het laas in 1988 die kroon as kampioen van die Riemland gedra. Toe was die Sentrale Universiteit van Tegnologie se rugbyklub se voorsitter, Lou Nieuwoudt, nog dié skool se eerstespan se breier.

    Hy het hulle toe tot in die eindstryd van die destydse Vrystaatse Administrateursbeker gebrei. Hier het hulle teen Wessel Maree van Odendaalsrus met 22-4 die knie gebuig. Die span van Wessel Maree is deur sy agtsteman, Nico Pretorius, gelei. Hy het later die Vrystaatse krieketspan verteenwoordig en is tans die baanopsigter van Chevroletpark. Ook in die span was die latere Springbok-losskakel, Jannie de Beer.

    Vir Harrismith het die haker, D’Angelo Williams, uitstekende spel teen Wilgerivier gelewer. Hy het ook albei sy span se drieë gedruk. Die agtsteman, Kurt van Rooyen, het ook goeie spel gelewer.

    Vir Wilgerivier was sy vleuel, Andries Burgers, en haker, Shalk Wilkinson, sy beste op die dag. Die span van Frankfort het Saterdag vir Reitz met 17-3 getroef. Harrismith moes veel harder werk om Ficksburg met 27-22 te klop.

    Ficksburg se agtsteman, Doors Smit, het vier drieë vir sy span die week gedruk. Hy het Dinsdag in sy span se oorwinning van 24-0 oor Ladybrand twee keer die doellyn oorgesteek en dit weer teen Harrismith herhaal.

    Hennenman is steeds onoorwonne in die Sandveld-liga na hy verlede jaar se kampioen, Bothaville, Saterdag met 28-12 verslaan het. Die span se heelagter, Angelo Pienaar, was in sy 50ste wedstryd vir sy skool se eerstespan die groot held. Hy het twee keer gaan druk, een doelskop oorgeklits en ook met drie strafdoele geslaag. Vir Bothaville het die senter, Carlo Kleynhans, ‘n hele paar goeie lopies ingekry.

    Riebeeckstad het Saterdag vir Wessel Maree met 31-0 die loef afgesteek. Riebies se losvoorspeler, Zander Bester, heelagter Wanga Shumi en flank Morné Botha en vaskoptstut Christo Buytendach het goed vertoon.

    Hoopstad het in die week met Welkom High (38-12) en Salomon Senekal (61-5) klaar gespeel. Bultfontein het gemaklik 61-0 met Theunissen afgereken. Die span se Armand Kuhn en Arno Taljaard het elk ‘n driekuns aan drieë behaal.

    Puntemakers:

    Harrismith 23 (3) – Drieë: D’Angelo Williams (2). Doelskoppe: Remo Bruiners (2). Strafdoele: Bruiners (3). Wilgerivier 19 (5) – Drieë: Schalk Wilkinson, GJ Janse van Rensburg, Andries Burgers. Doelskoppe: Wilkinson (2). 

    Harrismith 27 (17) – Drieë: Luzaad Osteridge, Chi-chi Chikwe, Roswin Kampher. Doelskoppe: Remo Bruiners (3). Strafdoele: Bruiners (2). Ficksburg 22 (15) – Drieë: Doors Smit (2), Paul Burger. Doelskoppe: Gavin Wolmarans (2). Strafdoel: Wolmarans. 

    Ficksburg 24 – Drieë: Doors Smit (2), Jade Adams, Paul Burger. Doelskoppe: Gavin Wolmarans (2). Ladybrand 0

    Wilgerivier 17 (5) – Drieë: Monré Venter, GJ Janse van Rensburg, Rhyno Coetzee. Doelskop: Schalk Wilkinson. Reitz 3 – Strafdoel: Neil van der Merwe. 

    Hennenman 20 (6) – Drieë: Nico Venter, Fanie Pretorius. Doelskoppe: Angelo Pienaar (2). Strafdoele: Pienaar (2). Riebeeckstad 7 (0) – Drie: Wanga Shumi. Doelskop: Zander Bester.

    Hennenman 28 (16) – Drieë: Angelo Pienaar (2), Paul Dalton. Doelskoppe: Pienaar, Stefan Smit. Strafdoele: Pienaar (3). Bothaville 12 (0) – Drieë: Drikus Klopper, Wian Nell. Doelskop: Carlo Kleynhans. 

    Bothaville 15 (7) – Drieë: Reinhardt Grobler, Norman Payne. Doelskop: Carlo Kleynhans. Strafdoel: Kleynhans. Wessel Maree 10 (5) – Drieë: Mpho Mashiya, Anthony Carstens. 

    Riebeeckstad 31 – Drieë: Wanga Shumi (2), Morné Botha, Songea Sikulule, Simon Sithole. Doelskoppe: Zander Bester (3). Wessel Maree 0

    Hoopstad 38 – Drieë: Jaco Burger (2), Adriaan Meintjies (2), Andries van Zyl, Thomas Verburgh. Doelskoppe: Burger (4). Welkom High 12

    Hoopstad 61 – Drieë: Rikus Faber (2), Henko van Zyl, Frans-Willem van Beeck, Koos Snyman, Raynard van Heerden, Franco Schoonraad, Andries van Zyl, Adriaan Meintjies. Doelskoppe: Jaco Burger (5), Schoonraad, Meintjies. Salomon Senekal 5

    Bultfontein 61 – Drieë: Armand Kuhn (3), Arno Taljaard (3), Erik Helm (2), Bernard Fourie. Doelskoppe: Fourie (6), Taljaard (2). Theunissen 0.

  • Al die Noordvaal Uitslae van 9 Mei 2015

    Al die Noordvaal Uitslae van 9 Mei 2015

    IMG 3710Die rugbyspan van die Hoërskool Waterkloof het Menlopark in ’n indrukwekkende vertoning met 23-9 in ’n kragmeting van die Blou Bulle se afdeling vir makroskole gebêre.

    Dié kragmeting was die eerste van die onderskeie streke in dié afdeling. Klofies sal nou later net met Garsfontein moet afreken om as die Blou Bulle se voorste span in Noordvaal tot die Beeldtrofee-uitspeelwedstryde deur te dring.

    Die Bulle se kampioen sal teen die Pumas se naaswenner in die halfeindstryd van die reeks kragte meet.

    In ’n vurige kragmeting was niemand meer indrukwekkend as Klofies se haker, Jeandré Jones, nie. Hy was met sy inklimspel sy span se beste speler.

    Die agtsteman, Dylan Robinson, het, soos altyd, sy gebruiklike lopies ingekry. Sy drie is gedruk nadat Jones omgekeerde besit bewerkstellig het.

    Klofies se losskakel, Willie Ludick, het wel ’n paar taktiese skoppe direk oor die kantlyn geskop, maar hy was suksesvol met ’n hele paar ander.

    Vir Menlopark het die buitesenter, Stean Pienaar, moedig probeer.

    In die Blou Bulle se liga vir grootskole het die vroeë gunsteling, Oos-Moot, amper teen Overkruin gegly. Oos-Moot het naelskraaps met 17-16 as oorwinnaar afgestap.

    Die Hoërskool Tuine het die HTS Tuine met 29-5 die loef afgesteek. In die afdeling vir medium- skole het Die Wilgers vir Erasmus van Bronkhorstspruit met 38-19 verslaan.

    Dié twee spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd gepak.

    Erasmus was met die omdraaislag met 14-12 voor. Die Wilgers se senter, Chad Sias, was sy span se groot held.
    Midstream College het Southdown College met 40-17 verslaan. Laasgenoemde neem nie aan dié liga deel nie.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het Grey-kollege in Bloemfontein sy derde opeenvolgende neerlaag besorg. Affies was met 29-18 baas. Dit is slegs die tweede keer sedert 1966 dat Grey drie keer op ’n streep verloor.Die ander keer was in 1996.

    Die wenspan se kaptein en losskakel, Eddie Fouché, was aan die spits van die sege. Voorlangs het die agtsteman, Eduan Lubbe, en loskopstut, Kabous Eloff, vir Grey hoofbrekens besorg.

    Uitslae: 

    BLOU BULLE

    MAKROSKOLE

    Waterkloof 23 (10) – Drieë: Dylan Robinson, Chergin Fiellies. Doelskoppe: Willie Ludick (2). Strafdoele: Ludick (3). Menlopark 9 (6) – Strafdoele: Andell Loubser. 

     Ander spanne: 

    o.16: Menlopark 19, Waterkloof 17.
    o.15: Menlopark 26, Waterkloof 20.
    o.14: Menlopark 22, Waterkloof 17.

    GROOT SKOLE

    Oos-Moot 17 (10) – Drieë: JP Alberts, ­Tiaan de Lange, Ronald van der Wetering. Doelskoppe: Alberts (2). Strafdoel: Alberts. Overkruin 16 (16).

    Hoërskool Tuine 29 (15) – Drieë: Jacques Erasmus (2), Gert Nel, Marius Corneelsen. Doelskoppe: Pieter Voges (3). Strafdoel: Vo­ges. HTS Tuine 5 (5) – Drie: Dandré Botes. 

    Ander spanne:

    o.16: Oos-Moot 62, Overkruin 0; Tuine 60, HTS Tuine 0.
    o.15: Oos-Moot 22, Overkruin 7; HTS Tuine 55, Tuine 0.
    o.14: Oos-Moot 40, Overkruin 5; Tuine 15, HTS Tuine 5.

    MEDIUMGROOT SKOLE

    Die Wilgers 38 (12) – Drieë: Morné Taylor (2), Rian Olivier, Rudolph Smit, Chad Sias, Stiaan Joubert. Doelskoppe: Joubert (3), ­Sias. Erasmus (Bronkhorstspruit) 19 (14) – Drieë:

    Midstream College 40 (21) – Drieë: Louis Naudé, Heinro Kritzinger, Heinrich Bisschoff, Zander Hill, Anrich Piek, Tristan Little. Doelskoppe: Jason Bayford (5). Southdowns College 17 (3).

    Ander spanne:

    Eerste spanne: Cornwall Hill College 21, F.H. Odendaal 14; Hendrik Verwoerd 33, Akasia 10.
    o.16: Die Wilgers 51, Erasmus 0; Midstream College 72, Southdowns College 0; F.H. Odendaal 34, Cornwall Hill 12; Hendrik Verwoerd 21, Akasia 12.
    o.15: Midstream College 38, Southdowns College 0; Cornwall Hill 45, FH Odendaal 14; Hendrik Verwoerd 19, Akasia 15.
    o.14: Midstream College 76, Southdowns College 0; Cornwall Hill 43, F.H. Odendaal 0; Hendrik Verwoerd 24, Akasia 24.

    KLEIN SKOLE
    ) Pretoria THS 43 – Drieë: Shadeur Malanga (4), Lelegonolo Nyelele (2), Bradley Matambo. Doelskoppe: Keanu Duraan (2), Ashton Swartz (2). Curro Hazeldean 21.
    ) Hercules 45 – Drieë: Dean Nel (2), Christo Erasmus (2), Emmanuel Bruzzel, Desmond Ferreira, Frederick de Jongh, JJ Taljaard. Doelskoppe: Erasmus (5). Voortrekkerhoogte 15.

    VRIENDSKAPLIK
    ) Affies 29 (15) – Drieë: Louritz van der Schyff (2), Henco Jordaan, Eddie Fouché. Grey-kollege 18 (6) – Drieë: PR Serfontein, Rewan Kruger. Doelskop: Mario Vieira. Strafdoele: Niel Durow (2).
    ) Pretoria-Noord 31 – Drieë: Nic Campher, Francois Coetzee, Dylan Grobler, Ruben Swarts, Hendré Hechter. Doelskoppe: Marnich Hattingh (2), Kobus Gouws. Sutherland 10.
    ) Cornwall Hill College 100 – Drieë: Svan Dahlman (3), Aiden Beukes (2), Sammy Posten (2), Carel Vos (2), Rodney Shivute (2), Brandon du Plessis, Michael Docherty, Renzo Venturi, Jared Oosthuizen, Alex Lavdas. Doelskoppe: Du Plessis (6), Beukes (4). Woodhill College 0.
    ) Ander spanne:
    Eerste spanne: Southdowns College 52, Fourways High 12.
    o.16: Grey-kollege 17, Affies 16.
    o.15: Grey-kollege 32, Affies 24.
    o.14: Grey-kollege 31, Affies 17.

    GROOT SKOLE
    ) Linden 33 (16) – Drieë: Jacques Fourie, Jonhro Rothman, Morné van der Berg, Arno van Zyl. Doelskoppe: Kyle Lewis (2). Strafdoele: Lewis (3). Hoërskool Alberton 13 (3) – Drieë: Carltino Jones, Evert Schawb. Strafdoel: Bryan Thysse.
    Ander spanne:
    o.16: Alberton 38, Linden 10.
    o.15: Linden 52, Alberton 5.
    o.14: Linden 17, Alberton 10.

    VRIENDSKAPLIK
    ) Jeppe Boys’ High 37 – Drieë: Hachiva Daymani (2), Tyrone Green (2), Moemisi Mosheledi. Doelskoppe: Wandisile Simelane (3). Strafdoele: Simelane (2). Pretoria Boys’ High 24.
    Ander eerste spanne: Maritzburg College 35, King Edward VII 34; St. John’s College 22, St. Andrew’s (Bloemfontein) 5.
    GROOT SKOLE
    )Eerste spanne: Piet Potgieter 48, Tom Naudé 5.
    Ander spanne:
    o.16: Tom Naudé 29, Piet Potgieter 18.
    o.15: Piet Potgieter 58, Tom Naudé 0.
    o.14: Piet Potgieter 36, Tom Naudé 0.

    MEDIUMSKOLE
    Eerste spanne: Ben Viljoen 30, Nylstroom 3.
    Ander spanne:
    o.16: Ben Viljoen 31, Nylstroom 3.
    o.15: Ben Viljoen 35, Nylstroom 0.
    o.14: Nylstroom 21, Ben Viljoen 0.

    VRIENDSKAPLIK
    ) Hans Strijdom 60 – Drieë: Jacques Preto­rius (2), Albertus van Deventer (2), Ruben Brown (2), Jandré Visagie, Theuns Prinsloo, Michael Pauer, Martin Grobler. Doelskoppe: Alexander Gregan (4), André du Plessis. Warmbad 10 – Drie: Ayden Dresse. Doelskop: Leon Lotter. Strafdoel: Lotter.
    ) Frikkie Meyer 55 (15) – Drieë: Cornis Swanepoel (3), Stefan Allan, JJ de Beer, Chrizaan Strauss, Heinrich Hermann, Dale Sorour, Lebu Lesupi. Doelskoppe: Hermann (5). Ellisras 12 (7) – Drieë: Stefan van Emmenis, Ruan Louw. Doelskop: Rickus Malan. Merensky 20 – Louis Trichardt 10 – Drie: Hein Liversage. Doelskop: Tony Manamela. Strafdoel: Manamela.
    Ander spanne:
    o.16: Hans Strijdom 62, Warmbad 0; Frikkie Meyer 58, Ellisras 0; Curro Heuwelkruin 53, Eric Louw 0; Merensky 31, Louis Trichardt 10.
    o.15: Hans Strijdom 56, Warmbad 0; Frikkie Meyer 26, Ellisras 5; Curro Heuwelkruin 69, Eric Louw 0; Merensky 19, Louis Trichardt 19.
    o.14: Hans Strijdom 38, Warmbad 5; Frikkie Meyer 48, Ellisras 0; Louis Trichardt 29, Merensky 12.

    MEDIUMSKOLE
    ) Vryburg 64 – Drieë: Gert Jonker (3), Francois Pelser (2), Kabelo Kene, Joe van Huyssteen, Jonan van der Berg, Rico Markram. Doelskoppe: André Kock (9). Brits 0.
    ) Ander spanne:
    Eerste spanne: Bergsig 22, HTS Rustenburg 10.
    o.16: Vryburg 44, Brits 7; Bergsig 59, HTS Rustenburg 5.
    o.15: Vryburg 15, Brits 5; Bergsig 24, HTS Rustenburg 17.
    o.14: Vryburg 10, Brits 5.

    KLEIN SKOLE
    ) Eerste spanne: Christiana 53, Swartruggens 0; Koster 57, Mafikeng 0; Stella 39, Ferdinand Postma 5; Orkney 17, Swartruggens 8.
    o.17: Ferdinand Postma 27, Stella 25; Koster 52, Mafikeng 0.
    o.15: Swartruggens 36, Christiana 10; Koster 58, Mafikeng 0; Stella 24, Ferdinand Postma 7; Swartruggens 24, Orkney 12.

    PUK-PRESTIGE-REEKS
    ) Potchefstroom Gimnasium 17 (5) – Drieë: Heinrich Siepker, Veltie van der Merwe, Poen Euckerman. Doelskop: Jaswyn Damon. Hoërskool Middelburg 11 (8) – Drie: Chris Hanekom. Strafdoele: Hanekom (2).
    ) Wonderboom 41 – Drieë: Divan Barnard (2), Lee-Urti Luke (2), SJ Kaber, Juan Kirsten. Doelskoppe: Henry Nell (4). Strafdoel: Nell. Wesvalia 0.
    ) Lichtenburg 34 (7) – Drieë: Okkie Ackerman (3), Mauritius Claasse, Brendan van der Westhuizen, Johan Detmann. Doelskoppe: Rudolph Oosthuiizen (2). Oosterlig 22 (10) – Tiaan Bolt, Arnu Bezuidenhout, Jason Mitchell. Doelskoppe: Werner Coetzee (2). Strafdoel: Coetzee.
    ) Ander spanne:
    o.16: Zwartkop 10, Wonderboom 5; Lichtenburg 37, Die Anker 15; Hugenote 35, Middelburg 5.
    o.15: Wonderboom 15, Oosterlig 12; Lichtenburg 24, Wesvalia 0; Middelburg 22, Potch Gimmies 12.
    o.14: Wonderboom 21, Bastion 12; Lichtenburg 33, Die Anker 12; Oosterlig 27, Driehoek 12; Hugenote 27, Middelburg 7.

    GROOT SKOLE

    Volksrust 60 – Drieë: Riekert Botha (4), Hendrico Nel (2), Donelle Griffiths, Alwande Sanwgweni, Michael Moore, SW van Wyk. Doelskoppe: Van Wyk (2), Shane van Rooyen (2), Botha. Standerton 19

    Piet Retief 33 (13) – Drieë: Shawn Smith, Percy Mkwanazi, Louis Murray. Doelskoppe: Morné Badenhorst (3). Strafdoele: Badenhorst (4). Generaal Hertzog 5 (0)

    Rob Ferreira 30 – Drieë: Edward Shabangu (2), Franco Goncalves. Doelskoppe: Paul Steenberg (3). Strafdoele: Steenberg (3). Lydenburg 10

    Ander eerste spanne: Ligbron 21, Hoogenhout 14.

    Ander spanne:

    o.16: Standerton 10, Volksrust 7; Piet Retief 47, Generaal Hertzog 0; Ligbron 15, Hoogenhout 8; Rob Ferreira 14, Lydenburg 10.
    o.15: Standerton 43, Volksrust 0; Piet Retief 17, Generaal Hertzog 12; Ligbron 12, Hoogenhout 0; Rob Ferreira 18, Lydenburg 17.
    o.14: Standerton 29, Volksrust 10; Generaal Hertzog 8, Piet Retief 7; Ligbron 43, Hoogenhout 7; Rob Ferreira 22, Lydenburg 19.

    MEDIUMSKOLE

    Penryn College 22 – Drieë: Hadrick Coertze, Ernest Mthethwa, Albert Hechter, Strafdrie. Doelskop: Mthethwa. Barberton 17.

    Ander spanne:

    o.16: Penryn College 21, Barberton 8.
    o.15: Barberton 31, Penryn College 14.
    o.14: Barberton 42, Penryn College 0.

    KLEIN SKOLE

    Bergvlam 12 – Drieë: Francois Pouw, Juan Pretorius. Doelskop: Igné Ferreira. Kanonkop 10 – Drieë: Riaan Joubert (2).

    Ander spanne:

    Eerste spanne: Morgenzon Landbou 52, Belfast Akademie 5.
    o.16: Kanonkop 17, Bergvlam 15.
    o.15: Bergvlam 36, Kanonkop 7.
    o.14: Bergvlam 12, Kanonkop 7.

    GROOT SKOLE

    Dr. Malan 53 (31) – Drieë: Divan van Wyk (3), Hendrik Beket (2), Pieter van Vuuren, Martin Deysel, Sean Kruger, Maurice Kruger. Doelskoppe: Van Vuuren (4). Springs Boys’ High 0.

    Ander spanne:
    Eerste spanne: Benoni High 38, HTS Sasolburg 36.
    o.16: Dr. Malan 50, Springs Boys’ High 5; HTS Sasolburg 36, Benoni High 5.
    o.15: Dr. Malan 25, Springs Boys’ High 0; HTS Sasolburg 31, Benoni High 7.
    o.14: Dr. Malan 55, Springs Boys’ High 0; HTS Sasolburg 29, Benoni High 10.

    MEDIUMSKOLE

    Brandwag (Benoni) 63 – Drieë: Martin Steyn (3), Steven Coetzee (2), Zane Dippenaar, Eckard van der Westhuizen, Brandon van Dijk, Marcel de Jager, Janco Fourie. Doelskoppe: Corné van der Linde (4). Elspark 0.

    Delmas 3 – Strafdoel: Juandré Nel. John Vorster (Nigel) 5.

    Ander spanne:

    Eerste spanne: Stoffberg 48, Birchleigh 0; Johan Jurgens 17, HTS Springs 15.
    o.16: Brandwag 53, Elspark 0; Stoffberg 69, Birchleigh 0; Delmas 12, John Vorster 6.
    o.15: Brandwag 34, Elspark 5; Stoffberg 36, Bircleigh 19; John Vorster 17, Delmas 0.
    o.14: Brandwag 53, Elspark 0; Birchleigh 40, Stoffberg 12; Delmas 38, John Vorster 12.

    KLEIN SKOLE

    Voortrekker (Brakpan) 18 – Drieë: Thabang Manoko, Dylan Lombard. Doelskop: Musa Tshabalala. Strafdoele: Tshabalala (2). Kempton Park Panorama 12 – Drieë: Theo Boshoff, Promise Mtembo. Doelskop: Boshoff.

  • EG Jansen behou titel as Tuks-kampioen

    EG Jansen behou titel as Tuks-kampioen

    IMG 3354Net ’n ontydige besering of ’n rugbywonderwerk kan EG Jansen se kaptein en slot, Hendré Stassen, vanjaar weerhou van ’n plek in die Suid-Afrikaanse skolespan.

    Stassen, wat week ná week inklimspel lewer vir die Boksburgers, het gister met waarskynlik sy beste vertoning nóg vir sy skool se eerstespan vorendag gekom om hom te help om sy titel as kampioen van die Tuks-reeks te behou.

    EG Jansen het die bordjies teen Monument met 29-17 verhang, nadat die Krugersdorpers vroeër baas was in die ligawedstryd tussen dié twee spanne was.

    Die flank Dylan van der Walt se invloed vir die Oos-Randers moet ook nie onderskat word nie. Hy is een van hul gevaarlikste wapens – veral met die bal in die hand.

    Die losskakel Xander Crause verdien ook lof. Dié generaal het die spel uitstekend gedikteer en met sy lewenslange lynskoppe het hy deurgaans die druk op sy span verlig. 

    Vir Monnas was sy senter Goodman Mkhwanazi en agtsteman Len Massyn die beste spelers.

    Op sy beurt het Garsfontein sy onlangse terugslae teen Nelspruit met 31-26 gewreek. Nelspruit het die vorige twee kragmetings tussen dié twee spanne gewen.

    In Potchefstroom het Potchefstroom Gimnasium sy titel as kampioen van die Pukke se Prestige-reeks met ’n eindstrydoorwinning van 17-11 oor die Hoërskool Middelburg behou.

    Dié spanne het mekaar verlede jaar ook in die eindstryd van die reeks gepak.

    Gimmies se voorspelers het in die tweede helfte die grondslag vir die sege gelê. Hulle het die oorhand voorlangs bewerkstelling en daarmee gesorg dat Middelburg se gevaarlike agterhoede – met die senter Siyabonga Khaliswayo aan die spits – nie genoeg besit kon kry om skade aan te rig nie.

    Puntemakers: 

    EG Jansen 29 (17) – Drieë: Rouxbann Bauman, Xander Crause, Ginter Smuts, Franklin Wagner. Doelskoppe: Crause (3). Strafdoel: Crause. Monument 17 (10) – Drieë: Justin Brandon, Len Massyn. Doelskoppe: Xander Kruger (2). Strafdoel: Kruger. 

    Garsfontein 31 (10) – Drieë: Shaun Williams, Abner van Reenen, Jaco Bezuidenhout, Strafdrie. Doelskoppe: JP Wegner (4). Strafdoel: Wegner. Nelspruit Rhinos 26 (13) – Drieë: Marnus van der Merwe (2), Dewald Maritz. Doelskop: Wessel Muller. Strafdoele: Muller (3). 

    Eldoraigne 13 (10) – Drieë: Willie Otto, Brendan Heymans. Strafdoel: Trystan van Schalkwyk. Kempton Park 10 (7) – Drie: Pieter Prinsloo. Doelskop: Francois Erasmus. Strafdoel: Erasmus. 

    HTS Middelburg 48 (24) – Drieë: Walter Janse van Rensburg (2), Chrisjan Steynberg (2), Eric Basson, JC Pretorius, Gerik Mynhardt, Lewin Bronkhorst. Doelskoppe: Brandon Par-Bailey (4). Hoërskool Pietersburg 15 (10) – Drieë: Floyd Ledwaba, JV Coertze. Doelskop: Morné Venter. Strafdoel: Venter.

    Marais Viljoen 47 – Drieë: Julian Steenkamp (2), Migael du Plessis, Ederick van Niekerk, Dylan du Toit, Jacques Moll, Dawie Botha. Doelskopppe: Jonathan Muller (5), Michael Prevo. Ermelo 6 – Strafdoele: Leon Visser (2). 

    Centurion 22 (5) – Drieë: Gavin Pienaar, Devon Gouws, Carl Wijburg. Doelskoppe: Pienaar (2). Strafdoel: Pienaar. Transvalia 5 (5) – Drie: HG de Kock. 

    Hoërskool Klerksdorp 22 (19) – Drieë: Donovan Ivens, Edmund Rheeder, Ruhan Minnaar. Doelskoppe: Machiel le Roux (2). Strafdoel: Le Roux. Hoërskool Rustenburg 19 (7) – Drieë: Jandré Joubert, Jaco Fourie, Arno van Heerden. Doelskoppe: Gerhard Fourie (2).

    Vereeniging-Gimnasium 21 – Drieë: Nicolaai Botha, Jan Labuschagne. Doelskoppe: Michael Kuhn (2). Strafdoele: Kuhn (3). Florida 20.

    Ander spanne: 

    o.16: Monument 24, Eldoraigne 20 (eindstryd); Garsfontein 21, Nelspruit 11; EG Jansen 35, Rustenburg 10; Kempton Park 23, Vereeniging Gimnasium 15; HTS Middelburg 15, Transvalia 13; Marais Viljoen 17, Pietersburg 12; Klerksdorp 58, Florida 0; Ermelo 24, Centurion 10. 

    o.15: Monument 15, Nelspruit 7 (eindstryd) Garsfontein 24, Rustenburg 3; Kempton Park 19, Florida 0; EG Jansen 29, HTS Middelburg 0; Eldoraigne 19, Centurion 18; Pietersburg 24, Marais Viljoen 0; Transvalia 64, Vereeniging-Gimnasium 0; Ermelo 19, Klerksdorp 17.

    o.14: Klerksdorp 10, Transvalia 6 (eindstryd); Garsfontein 14, Pietersburg 12; Monument 20, HTS Middelburg 12; Nelspruit 5, Marais Viljoen 5; EG Jansen 36, Kempton Park 14; Flordia 25, Eldoraigne 12; Centurion 29, Rustenburg 17; Vereeniging Gimnasium 17, Ermelo 10.

  • School Rugby Results – 9 May 2015

    We will fill in the scores from the first team’s as we get them in today. If you have any results to sent in please mail them to hannes@rugby.supersportschools.com. And please all the websites poaching their scores from here, please give us some credit if doing so. Don’t have a problem with it, if you give us the neccesary credit, as we know some of these results of the smaller schools is only collected by us, before you distribute them. 

    Blue Bulls 

    Waterkloof 23 Menlopark 9
    St. Alban’s College   St. Benedict’s College  
    Pretoria Boys’ High 24 Jeppe Boys’ High 37
    Tuine 29 HTS Tuine 5
    Oos-Moot 17 Overkruin 16
    Gerrit Maritz   Wagpos  
    Die Wilgers 38 Erasmus 19
    Midstream College 40 Southdowns College 17
    Hendrik Verwoerd 33 Akasia 20
    Cornwall Hill College 21 FH Odendaal 14
    Hercules 45 Voortrekkerhoogte 15

    Tuks Series

    EG Jansen 29 Monument 17
    Garsfontein 31 Nelspruit 26
    Eldoraigne 13 Kemptonpark 10
    HTS Middelburg 48 Pietersburg HS 15
    Marais Viljoen 47 Ermelo 6
    Centurion 22 Transvalia 5
    Klerksdorp 22 Rustenburg HS 19
    Vereeniging Gimnasium 21 Florida 20

    Eastern Cape

    Brandwag (Uitenhage) 31 HTS Daniël Pienaar 8
    Selborne College 52 Dale College 26
    Grey High School 32 Wynberg Boys’ High 20
    Framesby 62 Otto du Plessis 3
    Marlow Landbou 34 Jim Fouché 23
    Alexander Road 16 Itembelihle 12
    Queen’s College 43 Kingswood College 35

    Free State

    Grey College 18 Affies 29
    Jim Fouché 23 Marlow Landbou 34
    Sentraal 29 Jim Fouché 12
    St. Andrews 5 St. John’s College 22
    President Steyn 29 Brandfort 21
    Zastron 24 Sand du Plessis 23
    Hendrik Potgieter   Koffiefontein  
    Hoërskool Bloemfontein   Aliwal-Noord  
    Sehunelo   Tsoseletso  
    Zastron  20 St. Andrews 19
    Hendrik Potgieter 41 Tsoseletso 0
    President Steyn  22 Sand du Plessis 15
           
           
           
           

    Griffons

    Welkom Gimnasium 22 Voortrekker 14 
    Witteberg 31 HTS Welkom 21
    Goudveld 31 Kroonstad HS 22
    AHS Kroonstad 40 Hentie Cilliers 15
    Hennenman 28 Bothaville 12
    Riebeeckstad 31 Wessel Maree 0
    Wilgerivier 17 Reitz 3
    Harrismith 27 Ficksburg 22
    Vrede   Paul Erasmus  
    Theunissen   Sandveld  
    Hoopstad 38 Welkom High 12
    Bultfontein   Salomon Senekal  
    Harrismith 23 Wilgerivier 19
    Reitz 31 Paul Erasmus 13
    Ficksburg 24 Ladybrand 0
    Bothaville 15 Wessel Maree 10
    Hoopstad 61 Salomon Senekal 5
    Bultfontein 61 Theunissen 0
           
           

    Limpopo

    Hans Strijdom 60 Warmbad 10
    Piet Potgieter 48 Tom Naudé 5
    Frikkie Meyer 55 Ellisras 12
    Ben Viljoen 30 Nylstroom 3
    Eric Louw   Curro Heuwelkruin  
    Louis Trichardt 20 Merensky 10
    Frans du Toit   Lowveld High  
    Stanford Lake   Beaulieu  

     

    Western Cape

    Paarl Gimnasium

    39

    Boland Landbou 0
    SACS 26 Bishops 17 
    Paarl Boys’ High 34 Rondebosch Boys’ High 10
    Stellenberg 86 Western Cape Sport School 0
    Wynberg Boys’ High 20 Grey High School 32
    Bellville HS 45 Bellville THS 10
    Brackenfell 40 DF Malan 10 
    Swartland 21  De Kuilen 17 
    Durbanville   Hugenote  
    Tygerberg 33  Strand 22 
    Monumentpark   Paul Roos IV  
    Worcester Gimnasium 20 HTS Drostdy 18
    President 71 Curro Durbanville 0
  • Grey hoop om ook die spook van ’96 te verjaag

    Grey hoop om ook die spook van ’96 te verjaag

    Affiesvs.Grey2015Die rugbyspan van Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal uitsien na sy FNB Classic Clash om 14:00 teen Grey-kollege vandag in Bloemfontein.

    Grey het Saterdag met sy nederlaag van 19-21 teen die Hoër Jongenskool Paarl die eerste keer sedert 2006 twee keer op ’n streep sy rieme styfgeloop.

    Maklik gaan dit egter nie vir die span van die Jakarandastad wees nie.

    Affies het wel met sy laaste besoek aan die Rosestad in 2013 met 37-31 die land se voorste rugbyfabriek sy eerste tuisnederlaag sedert 2006 toegedien, maar Grey is sedert 1966 nog net een keer (in 1996) drie keer op ’n streep geklop.

    Destyds in 1996 het die span van Bloemfontein hom op ’n streep teen Monument (13-8), Boishaai (16-9) en Selborne College (15-14) vasgeloop.

    Selfs in Grey se swakste jaar op die rugbyveld sedert 1966, in 1994, het die span nie drie keer op ’n streep slae gekry nie.

    Die eerste span het daardie jaar agt keer op sy baadjie gekry.

    Geen ander skool in Suid-Afrika kan met só ’n rekord op die rugbyveld soos dié van Grey spog nie.

    Sedert 1966 het dié skool se trots al 20 keer sy seisoen onoorwonne afgesluit.

    Die beseringspook wat vanjaar by Grey die ronde doen, het gewis ’n invloed op die span se vertonings.

    Dié skool se eerste span is egter steeds ’n meer as gedugte eenheid. Dié spook maak dat die slot Jurie Burger (elmboog), vleuel Dawid Snyman (skouer) en flank Johan Dippenaar (enkel) wat teen Boishaai begin het, nie teen Affies in aksie sal wees nie.

    Boonop sal die senter, PR Serfontein (knie), indien nodig slegs van die plaasvervangersbank speelkans kry.

    Twintig spelers uit Grey se vergrote oefengroep was al vanjaar weens beserings nie verkiesbaar nie.

    Die tuisspan se kaptein en agtsteman, Werner Roberts, en die haastige heelagter Dian Gouws en vleuel Marnus Boshoff, sal sleutelrolle vir die span vertolk.

    Affies se losskakel, Eddie Fouché, en agtsteman, Eduan Lubbe, kan vir Grey probleme besorg.

  • JF wil wendroogte teen Marlow Landbou verbreek

    Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Jim Fouché sal vandag vir so bietjie Shimla-magic hoop wanneer hy Marlow Landbou in hul jaarlikse interskole in Bloemfontein pak.

    Die span van die Rosestad word deur die Shimlas se kaptein en heelagter, AJ Coertzen, en dié span se tegniese raadgewer, André Tredoux, gebrei. Die Shimlas is vroeër vanjaar die eerste keer as Varsitybeker-kampioen gekroon.

    Die Wolramme van net buite Cradock sal in die 16de interskole tussen dié twee skole probeer om die derde agtereenvolgende jaar met die louere weg te stap.

    Marlow het in 2013 vir slegs die tweede keer in die geskiedenis daarin geslaag om JF op sy tuisveld te troef toe hy naelskraap met 22-21 baas was.

    Verlede jaar was die Wolramme met 27-23 in Cradock bo.

    Die span van Bloemfontein sal dus die wendroogte teen die besoekers wil verbreek.

    Sentraal het vroeër die seisoen teen Marlow met 14-12 die knie gebuig. Die Tralies het met hul sege van 41-34 oor Louis Botha hulself as die vroeë gunstelinge in die Vrystaatse A1-liga gevestig.

    Die Bloktruie sal vandag teen Fichardtpark egter nie te oorgerus op die veld kan draf nie. Fichies sal Sentraal se heelagter, SJ Fourie, en agtsteman, Kobus Lombaard, fyn moet dophou.

    In die Vrystaatse B1-liga sal Sand du Plessis die moeilike taak hê om na Zastron te reis. Sannies is een van die vroeë gunstelinge, maar dit is nooit maklik om ’n sege in Zastron teen die tuisspan te gaan behaal nie.

    Brandfort kom in nog ’n belangrike stryd van dié liga teen President Steyn op die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg se sportdag te staan.

  • Welkom Gim kan vandag posisie in Griffon-liga versterk

    In die Noord-Vrystaat sal die rugbyspan van Welkom-Gimnasium vandag in die tweede ronde van die Griffon-liga op sy tuisveld teen Voortrekker van Bethlehem sy plek bo-aan die puntelys wil verstewig.

    Gimmies het reeds in die eerste ronde ’n goeie sege behaal deur Witteberg in Bethlehem met 20-12 te troef.

    ’n Sege oor die Trekkers sal die span van Welkom in ’n stewige posisie plaas om bo-aan die puntelys aan die einde van die rondomtalie-afdeling van dié liga te eindig.

    Gimmies se twee breiers, Roean Bezuidenhout en Jacques Juries, sal sonder die dienste van hul senter, Richman Gora, moet klaarkom. Gora het ’n oog vir ’n gaping en sy afwesigheid sal gewis ’n leemte laat.

    Die span word egter versterk deur die heelagter, Ezrick Alexander, en die kantman Byron Ferreira, wat die span se nederlaag van 42-23 teen Queen’s College misgeloop het.

    Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad pak Hentie Cilliers op sy tuisveld in nog ’n belangrike wedstryd in dié liga.

    Agterlangs sal Henties die skrumskakel, Duncan Horak, en heelagter, Dylan Stiemmie, moet dophou.

    Voorlangs kan die slotpaar van Ettienne O’Donovan en Michiel Bosman vir die besoekers probleme besorg.

    Die span van Virginia se losskakel, Dominic Smit, kan enige wedstryd op sy kop swaai en Rooiskool sal gewis ’n paar planne hê om hom hok te slaan.

    In die Sandveld- en Oos-Vrystaatse ligas is verskeie wedstryde uitgestel weens die feit dat baie van die land se universiteite vandag hul ope dae het.

    Wilgerivier van Frankfort sal wel op sy tuisveld teen Reitz wil vergoed ná sy nederlaag van 23-19 teen Harrismith. Dit was sy eerste nederlaag in die Oos-Vrystaat sedert 2010.

    Hennenman sal wil wys dat sy eerste sege oor Bothaville in drie jaar vroeër in die seisoen nie ’n vloekskoot was nie.

    Bepalings

    Vandag se bepalings is (tuisspanne eerste genoem):
    10:00: Wilgerivier t. Reitz;

    10:30: AHS Kroonstad t. Hentie Cilliers;

    11:30: Riebeeckstad t. Wessel Maree;

    11:40: Ficksburg t. Harrismith;

    12:00: Hennenman t. Bothaville;

    12:00: Goudveld-Hoërskool t. Hoërskool Kroonstad;

    12:00: HTS Welkom t. Witteberg;

    12:30: Welkom-Gimnasium t. Voortrekker.

  • Jim Fouche – 2010

    Results

    Jim Fouche 16,  Menlopark 8
    Jim Fouche 16,  Louis Botha 13
    Jim Fouche 24,  Voortrekker 29
    Jim Fouche 37,  Wesvalia 12
    Jim Fouche 33,  Hereford College (England) 18
    Jim Fouche 22,  Garsfontein 14
    Jim Fouche 19,  Potchefstroom Gimnasium 19
    Jim Fouche 22,  Eldoraigne 28
    Jim Fouche 25,  Outeniqua HS 41
    Jim Fouche 22,  Fichardtpark 20
    Jim Fouché   3,  Sentraal 42
    Jim Fouche 55,  Grens HS 3
    Jim Fouche 26,  Despatch 9
    Jim Fouche 15,  Port Rex THS 10
    Jim Fouche 40,  Upington HS 30
    Jim Fouché   8,  Grey College 59

    Players: Rikus van Biljon, Janik Bekker, Naude van Biljon, Ryno Cloete, Heinrich Els, Ettienne Taljaard, Theuns Truter and Ruan van Staden.

    Coaches: Schalk Malherbe and Raymond Hiscock.