SSPN Test Site

Blog

  • School Profile – HTS Tom Naude

    School Profile – HTS Tom Naude

    HTSTom Naude Founded: 1950
    Motto: Labor Omnia Vincit (Work Conquers All)
    Website: www.tomnaude.co.za
    Teams: 2016, 2015.

    Craven Week Players: JB Pansegrouw (1982), JC Potgieter (1982), JA Slow (1982), LA Welthagen (1982), DWJ Jooste (1982), W Maritz (1982), P Grobler (1989), G Pienaar (1989), C Mouton (1989), R Pretorius (1991), B Graham (1991), Phillip Potgieter (1992), Jaco Hartslief (1992), D van Heerden (1995). 

  • School of Rugby Rankings – 23 May 2016

    School of Rugby Rankings – 23 May 2016

    SOR NuusThe most important result on the weekend according to influence towards School of Rugby’s rankings was Paarl Boys’ High’s 28-18 victory over Grey College in their annual Premier Interschools on Saturday. 

    This was Boishaai’s 31st successive victory on the rugby field and it probably also means that they will finish for the second year in a row as South Africa’s best first XV at schoolboy level. Boishaai moves with this victory past Grey College to take top spot on our rankings. 

    Glenwood is also still unbeaten and take the third posisition. They will be thoroughly tested later this year. They still have to play Grey College, Affies and Monument of Krugersdorp. Glenwood is the “World Champions” after being crowned champions of the annual Sanix International tournament in Japan. 

    Paarl Gimnasium is in fourth position with the defeat in Pretoria against Garsfontein the only blemish on their record. Oakdale Landbou is in fifth with their only defeat thus far coming against Grey College. Affies is in sixth, but should move up the rankings in the top five as the season progresses. They have only two defeats against School of Rugby’s two top ranked teams, Paarl Boys’ High and Grey College, against their name.

    Another important result towards our rankings was Helpmekaar’s victory over Garsfontein. Helpies moves into the 14th position thanks to this result. EG Jansen who is in tenth position gave Kempton Park their biggest hiding (83-14) in their 60 years of existence on Saturday.

    It is important to take into consideration that School of Rugby’s ranking system only takes into account the performances each team produced thus far in the season and not the potential we might believe each team has.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    Ranking Team Played Won Drawn Lost
    1 Paarl Boys’ High 11 11 0 0
    2 Grey College 10 9 0 1
    3 Glenwood 7 7 0 0
    4 Paarl Gimnasium 10 9 0 1
    5 Oakdale Landbou 9 8 0 1
    6 Affies 11 9 0 2
    7 Boland Landbou 10 8 0 2
    8 Jeppe High School for Boys’ 12 11 0 1
    9 Grey High School 12 10 0 2
    10 EG Jansen 12 9 0 3
    11 Dale College 12 11 0 1
    12 Diamantveld 10 8 0 2
    13 Monument 12 8 1 3
    14 Helpmekaar 10 7 0 3
    15 Paul Roos Gimnasium 11 8 0 3
    16 Nelspruit 11 8 0 3
    17 Selborne College 13 8 2 3
    18 Garsfontein 10 6 0 5
    19 Outeniqua 10 7 0 3
    20 Ben Vorster 9 7 0 2
    21 Welkom Gimnasium 13 10 0 3
    22 Stellenberg 10 6 0 4
    23 SACS 13 8 2 3
    24 Rondebosch Boys’ High 7 4 1 2
    25 Kearsney College 10 7 0 3
    26 Voortrekker 11 8 0 3
    27 Queen’s College 12 8 0 4
    28 Rustenburg 11 7 0 4
    29 St. Andrew’s College 10 8 0 2
    30 Hilton College 9 7 0 2

     

  • School Profile – Frikkie Meyer

     

     

     

    Craven Week Players: Casper Venter (1999), Coenraad Hugo (1999), Christo Rheeders (1999), Jacobus Mouton (1999). 

  • Kalahari Leeus brul hard in die Noord-Kaap

    Kalahari Leeus brul hard in die Noord-Kaap

    NewsG DiamantveldDie Hoërskool Diamantveld het sy goeie spelpeil tot dusver die seisoen voorgesit deur die Hoërskool Upington oortuigend met 52-9 op Griekwa-park in Kimberley kaf te draf.

    Diamonds het teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 33-3 opgebou. Dit was veral die samespel van die losskakel, Charles Williams, en die senterpaar, Etdeon Greyvenstein en De-an Ackerman, wat vir Uppies probleme besorg het.

    Die wedstryd was ’n voorwedstryd vir die kragmeting tussen Griekwas en die Blou Bulle se seniorspanne in die Provinsiale reeks.

    Die Hoërskool Kalahari se Leeus van Kuruman het Saterdag op hul tuisveld vir Hoërskool Kathu met 25-14 in hulle jaarlikse interskole verslaan.

    Kathu was voor die nederlaag onoorwonne in sy tien wedstryde tot dusver vanjaar. Kalahari se kaptein en haker, Gerhard Gregory, het sy span van voor gelei. Hy het ook die vonk voorlangs vir die agttal verskaf wat die grondslag vir die sege gelê het.

    Die heelagter, Mpho Molaolwa, was ’n rots op verdediging in die laaste vesting. Vir Kathu het sy senter Samuel Muzasa skitterspel gelewer.

    Dit wil blyk of die Hoërskool Noord-Kaap sy mojo terug het. Northerns het tot en met die Wildeklawer-toernooi in Kimberley nie ’n goeie seisoen op die rugbyveld beleef nie, maar sedert hy die bordjies op dié toernooi teen Welkom Gimnasium verhang het is dit duidelik dat die span nie ligtelik opgeneem kan word nie.

    Die span het Saterdag op Pirates in Kimberley met 24-elk gelykop teen Duineveld van Upington gespeel. Velties is tot dusver vanjaar die tweede beste skolespan vanuit die Noord-Kaap met slegs Diamantveld wat met beter vertonings vanjaar kan spog.

    Dit was veral die haastige vleuel van Northerns, Cameron Hufke, wat met sy vaart vir Velties probleme besorg het. Hy sou heelwat meer skade as sy twee drieë kon aanrig indien dit nie vir sy direkte teenstander, Sebastiaan Jobb, se goeie spel as teenvoeter was nie.

    Voorlangs het Velties se slot Rudolph Oberholzer, kaptein en agtsteman, Johan Geldenhuys, en die kantman Ruan Visser puik vertonings opgedis.

    Puntemakers:

    Diamantveld 52 (33): Drieë: Glen Nieuwoudt (2), Charles Williams, André du Toit, Etdeon Greyvenstein, De-an Ackerman, Jody Schmidt, Bernard Jansen. Doelskoppe: Williams (6). Hoërskool Upington 9 (3): Strafdoele: Iwan Lombaard (3). 

    Noord-Kaap 24: Drieë: Cameron Hufke (2), Chadwyn November. Doelskoppe: Hufke (3). Strafdoel: Hufke. Duineveld 24: Drieë: Rudolph Oberholzer, Sebastiaan Jobb, Dolf Zandberg. Doelskoppe: Connie Conradie (3). Strafdoel: Conradie. 

    Kalahari 25: Drieë: Erik Kies, Brian Whitehead, Ernst Terblanche. Doelskoppe: Johnny Hollenbach (2). Strafdoele: Hollenbach (2). Kathu 14: Drieë: Samuel Muzasa, Marko van Niekerk. Doelskoppe: Selez Mazossi (2).

  • Wilgerivier blitzkrieg Rooiskool in Frankfort

    Wilgerivier blitzkrieg Rooiskool in Frankfort

    NewsG HentieCilliersDie Hoërskool Wilgerivier van Frankfort se blitzkrieg het gehelp om ’n geskiedkundige oorwinning van 25-24 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad te behaal.

    Wilgerivier het die naelskraapse sege op sy tuisveld uiteindelik danksy ’n strafdoel in die doodsnikke van die wedstryd deur sy slot Cobus Erasmus, gewen. Dit was boonop Wilgies se eerste tuiswedstryd ooit in die Griffon-liga.

    Die tuisspan se blitzkrieg was in die eerste 20 minute toe hy ’n stewige voorsprong van 19-0 opgebou het. Rooiskool het daarin geslaag om terug te veg en die spanne het gaan rus met Wilgies voor met 19-14 op die telbord.

    Die span van Frankfort se flank Corjan Muller, Erasmus en die skrumskakel, Christiaan Muller, het uitstaande vertonings gelewer. Muller het sy span oor die voordeellyn gekry en ook was ook met sy lakwerk goud werd vir sy span.

    Erasmus het buiten sy stelskopwerk ook in die lynstane met sy rankwerk beïndruk. Vir Rooiskool kan die agtsteman, Dian de Beer, en die senter Zak van Niekerk tevrede met hul vertonings voel.

    Witteberg se slot Cronjé Meiring het ’n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 46-14 oor die Hoërskool Kroonstad behaal. Wittes se skrumskakel, Jason Roux, en die slot Dirko Grobler het ook goed vertoon.

    Blouskool het deurgaans in die skrums en lynstane sy man gestaan en nooit moed opgegee nie. Bloues het die laaste twee drieë van die kragmeting gaan druk wat die feit beklemtoon. Die losvoorspeler Piet van der Merwe het voorlangs goeie speler gelewer, terwyl die senter Mervin Touzel agterlangs meer as sy kant gebring het.

    Goudveld-Hoërskool was in ’n onplesierige wedstryd met 36-0 oor HTS Sasolburg baas. Die Spanners het ’n rooikaart en twee geelkaarte in die wedstryd gekry.

    Gouties se flank GP Nieuwenhuizen het voorlangs gewoel, terwyl die skrumskakel, Leon van der Walt, ook ’n puik vertoning gelewer het.

    Voortrekker het nie veel probleme ondervind om HTS Welkom met 60-0 in hul kragmeting te troef nie. Die Trekkers se haker, Tiaan van Zyl, die flank Sakkie Mollentze en stut Francois Klopper het almal twee keer gaan druk.

    Die pasaangeër in die Griffon-liga, Welkom Gimnasium, moes hard sweet in Virginia om Hentie Cilliers met 31-23 uit te oorlê. Die wenspan se heelagter, Andrew Kota, het 16 van sy span se punte aangeteken wat twee drieë ingesluit het.

    Hennenman het sy spiere in die Sandveld-liga behoorlik gebult met ’n sege van 43-7 oor Riebeeckstad. Riebies het ’n afdag beleef met slegs sy skrumskakel, Lipoko Majoe, wat werklik vir Hennenman die stryd aangesê het.

    Bothaville het vir Wessel Maree met 31-17, sy eerste nederlaag van die liga toegedien. Die wenspan se vleuel Reinhardt Grobler, die senter Hloni Manama, die heelagter Johani Bezuidenhout, die haker Marnus Klopper en die agtsteman, Charl de Waal het almal beduidende rolle in die oorwinning gespeel.

    Ficksburg het vir Paul Erasmus van Senekal met 29-12 in hulle wedstryd in die Oos-Vrystaat verslaan.

    Puntemakers: 

    Wilgerivier 25 (19): Drieë: Junior Jordaan, Corjan Muller, Erich Kruger. Doelskoppe: Cobus Erasmus (2). Strafdoele: Erasmus (2). AHS Kroonstad 24 (14): Drieë: Marinus Aucamp (2), Dian de Beer. Doelskoppe: Chappies van der Walt (3). Strafdoel: Van der Walt. 

    Goudveld-Hoërskool 36 (19): Drieë: Leon van der Walt (2), GP Nieuwenhuizen, Tristan September, Zane Vorster, Triumph Baloyi. Doelskoppe: Vorster (2), September. HTS Sasolburg 0.

    Witteberg 46 (17): Drieë: Cronjé Meiring (3), Johannes van Graan, Franco Victor, Erhard Bubb, Jan-Herman van Straaten, Jason Roux. Doelskoppe: George Spershott (3). Hoërskool Kroonstad 14 (0)

    Voortrekker 60: Drieë: Tiaan van Zyl (2), Francois Klopper (2), Sakkie Mollentze (2), Wessel van Huysteen, George Badenhorst, Regard Smalberger, Hercu Breitenbach. Doelskoppe: Louis Viljoen (5). HTS Welkom 0

    Welkom Gimnasium 31 (14): Drieë: Andrew Kota (2), Ruben Abrahams, Gift Dlamini, Kyle Els. Doelskoppe: Kota (3). Hentie Cilliers 23 (6): Drieë: William Hendricks, Dillon Hardenburg, Winny Kennedy. Doelskop: Ruben Pretorius. Strafdoele: Pretorius (2). 

    Hennenman 43 (17): Drieë: Fanie Pretorius (3), Stefan Diniso, Thinus Claassen, Juhze Piechazek, Jason Nel. Doelskoppe: Albe Venter (4). Riebeeckstad 7 (7): Drie: Lipoko Majoe. Doelskop: Johan Marais. 

    Bothaville 31 (19): Drieë: Hanco van Aswegen, Casper Cordier, Reinhardt Grobler, Stefan Bester, Hloni Manama. Doelskoppe: Carlo Kleynhans (3). Wessel Maree 17 (5): Drieë: Reinard van der Vyver, Brandon Smit, Antonio Mosaledi. Doelskop: Tian Potgieter.

    Ficksburg 29: Drieë: Stian Olivier, Jade Adams, DP Coetzee, Atie Konza. Doelskoppe: Rannie Nolan (3). Strafdoel: Nolan. Paul Erasmus 12

    Hoopstad 14: Drieë: Wayne Vorster, Jaco Burger. Doelskoppe: Burger (2). Theunissen 19.

  • Boishaai duik homself tot sege oor Grey-kollege

    Puik verdediging asook uitmuntende werk by die afbreekpunte deur sy flank Charl Serdyn was die vernaamste redes hoekom die Hoër Jongenskool Paarl gister op sy tuisveld, Brugstraat, vir Grey-kollege met 28-18 geklop het.

    Die wenspan se heelagter, Gianni Lombaard, het na die wedstryd gesê dat sy afrigters se opdrag was dat hulle Grey uit hul stewels moet duik. En dit is presies wat Boishaai gedoen het. Die span het 110 duikslae teenoor Grey se 49 in die wedstryd uitgevoer. 

    Grey-kollege se agterlyn het genoeg geleenthede vir drieë regdeur die wedstryd geskep, maar kon weens die verdediging van Boishaai net nie al die geleenthede afrond nie. Boishaai het ook 23 duikslae teenoor Grey se 11 verbrou wat die feit beklemtoon dat Grey die meeste van die speelwerk gedoen het. 

    Boishaai behoort na dié sege vir die tweede agtereenvolgende jaar as Suid-Afrika se voorste skolespan af te sluit. Die span van die Paarl spog nou met 31 agtereenvolgende seges op die rugbyveld. Grey was ook nog onoorwonne vanjaar voor die nederlaag.

    Die tweestryd tussen die twee spanne se buitesenters, Manny Rass (Boishaai) en Janco van Heyningen (Grey), het vir hope opwinding soos verwag gesorg.

    Rass was waarskynlik sy span se beste speler. Hy het ’n hele paar keer deur gapings geglip, terwyl hy ook ’n hand in albei die plaasvervanger-vleuel, Gerdré Ferreira, se drieë gehad het. Van Heyningen het met sy vaart Boishaai se verdediging behoorlik besig gehou.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het met ’n oortuigende sege van 48-14 oor die Hoërskool Waterkloof sy grootste sege in 18 jaar oor Klofies behaal.

    Die sterk binnesenter, Louritz van der Schyff, en die haker, Schalk Erasmus, het elk dubbelle driedruk-plesier ervaar.

    In die Classic Clash tussen Zwartkop en Eldoraigne was Zwarries met 11-7 baas. Eldoraigne het verlede week ook teen HTS John Vorster met 12-13 die knie gebuig. Centurion het gister vir HTS John Vorster oortuigend met 23-7 verslaan.

    In die halfeindronde van die Vrystaatse A-liga het die Hoërskool Sentraal sy beste vertoning van die seisoen opgedis. Tralies het Jim Fouché met 46-0 van die veld gespeel.

    Dit is die Bloktruie se grootste sege nog ooit oor JF. Die vorige rekord het aan die span van 2009 behoort wat met 41-3 in die twee spanne se interskole baas was.

    Die twee spanne het verlede week met 22-elk gelykop gespeel. Boonop moes Sentraal sonder twee van sy spelers die agtsteman, Roché Roelofse, en stut Willem van Niekerk klaarkom wat weens ’n bakleiery in verlede week se wedstryd geskors is. Die span se senter en hoofseun van die skool, Dirk Cilliers, sou ook die wedstryd weens ’n skorsing misgeloop het, maar daar is appèl teen sy skorsing aangeteken. Hy was een van sy span se sterre in die sege.

    Sentraal sal sy titel as Vrystaatse kampioen teen Louis Botha verdedig. Louis Botha het in die ander halfeindstryd vir Fichardtpark met 31-26 geklop.

    EG Jansen se losskakel, Ruben Beytell, het met ’n driekuns aan drieë teen Kempton Park sy totaal tot 21 in 12 wedstryde die seisoen opgestoot. Jansies het Kempies met 83-14 boonop hul grootste loesing nog toegedien. Buiten Beytell se driekuns het die vleuel, Dwayne Fourie, ook vier van sy span se 13 drieë gedruk.

    Linden se eerste rugbyspan het vir Randburg met 36-0 ’n rugbyles in hulle jaarlikse Classic Clash geleer. Linden se heelagter, Wian de Lange, en stut Zarco Killian het ’n beduidende rol in die oorwinning gespeel.

    Al die uitslae: 

    NOORDVAAL

    Blou Bulle: Affies 48, Waterkloof 14; Centurion 23, HTS John Vorster 7; Zwartkop 11, Eldoraigne 7; Montana 34, Wonderboom 27; Pretoria-Noord 22, Overkruin 3; Oos-Moot 22, Die Wilgers 5; Hoërskool Tuine 26, Midstream College 23; Wagpos 35, HTS Tuine 8; Curro Hazeldean 21, Hendrik Verwoerd 21; Erasmus 35, Pretoria THS 29; Cornwall Hill College 32, Akasia 12; Gerrit Maritz 20, Uitsig 5; Southdowns College 50, Uplands College 12.

    Leeus: Monument 40, Hoërskool Rustenburg 7; Noordheuwel 24, Die Anker 12; Helpmekaar 24, Garsfontein 17; Jeppe Boys’ High 39, St. Alban’s College 10; Linden 36, Randburg 0; Fochville 35, Queens High 0; Bekker 38, Leeuwenhof 10; Maragon 24, St. Peter’s College 0; St. John’s College 27, St. Stithian’s College 22; St. Benedict’s College 54, Pretoria Boya’ High 13. 

    Limpopo: Hoërskool Pietersburg 57, HTS Tom Naudé 0; Ben Vorster 72, Frikkie Meyer 5; Hans Strijdom 29, Nylstroom 3; Merensky 8, Frans du Toit 6; Ben Viljoen 33, Piet Potgieter 21; Curro Heuwelkruin 48, Louis Trichardt 10. 

    Luiperds: Potchefstroom Gimnasium 27, Wesvalia 16; Lichtenburg 20, Hoërskool Klerksdorp 10; Vryburg 54, Bergsig Akademie 14; Hartbeespoort 22, Matlosana 10; Zeerust 36, Schweizer-Reneke 28; Brits 22, Schoonspruit 11. 

    Pumas: Hoërskool Nelspruit 43, HTS Middelburg 29; Secunda 69, Bergvlam 10; Lydenburg 12, HTS Witbank 10; Hoogenhout 21, Piet Retief 17; Ermelo 24, Volksrust 5; Ligbron 66, Standerton 0; Penryn College 43, Oosterland 12; Rob Ferreira 40, Generaal Hertzog 23; Kanonkop 17, Barberton 7; Kriel 60, Patriot 5; Steelcrest 24, Witbank High 5. 

    Valke: EG Jansen 83, Kempton Park 14; Vereeniging Gimnasium 37, Oosterlig 18; Heidelberg Volkskool 28, Hugenote (Springs) 25; Dr. Malan 16, Driehoek 15; Brandwag (Benoni) 36, Delmas 13; Stoffberg 22, Elspark 0; Hans Moore 17, Birchleigh 17; Balfour 23, Rhodesfield 10; Parys 28, Generaal Smuts 5; Springs Boys’ High 22, Benoni High 17.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Sentraal 46, Jim Fouché 0; Louis Botha 31, Fichardtpark 26; Diamantveld 52, Hoërskool Upington 9; Noord-Kaap 24, Duineveld 24; Wilgerivier 25, AHS Kroonstad 24; Goudveld-Hoërskool 36, HTS Sasolburg 0; Voortrekker 60, HTS Welkom 0; Welkom Gimnasium 31, Hentie Cilliers 23; Witteberg 46, Hoërskool Kroonstad 14; Bothaville 31, Wessel Maree 17; Hennenman 41, Riebeeckstad 7; Hendrik Potgieter (Reddersburg) 54, Tsoseletso 0; Zastron 18, President Steyn 7; Ficksburg 29, Paul Erasmus (Senekal) 12; Harrismith 54, Ladybrand 5; Kalahari (Kuruman) 25, Kathu 14.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Selborne College 26, St. Andrew’s College 17; Kearsney College 31, Maritzburg College 14; Kingswood College 49, HTS Port Rex 20; Grey PE 52, Graeme College 14.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 28, Grey-kollege 18; Outeniqua 34, Stellenberg 27; Oakdale Landbou 65, Langenhoven Gimnasium 3; SACS 82, Tygerberg 14; Bishops 50, Durbanville 10; Brackenfell 43, DF Malan 7; Rondebosch Boys’ High 19, Hoërskool Bellville 6; Swartland 39, Charlie Hofmeyr 36; Worcester Gimnasium 46, Hermanus 20; Hoërskool Strand 36, Strand Sekondêr 10; Parow 25, President 17.

     

  • Voorskou – HJS Paarl vs. Grey-kollege

    Voorskou – HJS Paarl vs. Grey-kollege

    NewsG Boishaai1Die rugbystewel is gewoontlik aan die ander voet vir Grey-kollege more wanneer hy teen die Hoër Jongenskool Paarl in die Paarl sal poog om die tuisspan se onoorwonne status in sy afgelope 30 wedstryde tot ’n einde te bring. 

    Boishaai se laaste nederlaag op die rugbyveld was in 2014 teen Marlow Landbou van Cradock in die eindstryd van Die Burger se rugbykompetisie vir Grootskole. Boishaai het op daardie dag net buite Cradock naelskraaps met 10-11 teen die Wolramme die knie gebuig.

    Die wedstryd sal ook met alle waarskynlik bepaal wie vanjaar bo-aan School of Rugby – en sekerlik ook al die ander skolerugby webtuistes se ranglyste gaan eindig.

    Grey beklee tans ons boonste posisie met Boishaai in die tweede plek. Albei spanne is nog onoorwonne vanjaar.

    Grey was in ’n goue era van 1985 tot in 1991 vir ’n ongelooflike 87 wedstryde onoorwonne. Die span van die Rosestad het wel in dié tydperk twee keer teen onderskeidelik Paarl Gimnasium (9-elk, 1988) en Grey PE (6-elk, 1990) gelykop gespeel. Grey was tussen 2007 en 2009 ook in 45 wedstryde op ’n streep aan die wenkant.

    Sy laaste nederlaag in 1985 was teen Maritzburg College (4-10). Die span van Pietermaritzburg het die toekomstige Wereldbeker-held Joel Stransky op losskakel in sy geledere gehad. Grey het se segetog is in 1991 deur Monument van Krugersdorp (14-16) tot ‘n einde gebring. 

    Die wedstryd wat regstreeks op SuperSport 10 gebeeldsend sal word sal bepaal wie vanjaar Suid-Afrika se skolespan is. Dit sal gewis Boishaai se grootste toets wees sedert hy verlede jaar aan die indrukwekkende rekord gebou het. Hy word deur die SA Skole-slot, Salmaan Moerat, aangevoer. 

    Boishaai sal ook teen hierdie tyd deeglik bewus wees van die ekstra druk wat die onoorwonne status elke week op hom laai. Die span se breier, Sean Erasmus, is boonop in die week as die Suid-Afrikaanse Skole-afrigter van 2016 aangewys. Erasmus rig Boishaai saam met Elmo Wolfaardt af.  

    Grey het die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria in die Jakarandastad met 53-29 met een van die mees indrukwekkende vertonings nog vanjaar op ’n skoleveld verslaan. Boishaai het Affies in Kimberley tydens die Wildeklawer-toernooi met 29-25 verslaan. Die span van die Rosestad het wel heelwat besering in die sege oor Affies opgetel.

    Grey se senterpaar, Janco van Heyningen en Rikus Pretorius, is weer herenig met die losskakel, Christopher Schreuder, wat weer sy plek in die span sal inneem. Van Heyningen se tweestryd teen Manny Ras op buitesenter beloof om een van die hoogtepunte in die kragmeting te wees. Ras se oom is die gewese Springbok-skrumskakel, Ricky January. Ras is sonder twyfel een van die voorste buitesenters op skolevlak in Suid-Afrika. 

    Van Heyningen het hope vaart aan sy kant en is saam met Pretorius nog jongelinge wat volgende jaar ook nog vir Grey kan uitdraf. Die Springbok-legende Os du Randt se seun Thian is ook op Grey se plaasvervangersbank as haker ingesluit. Du Randt het vanjaar van die kant van die skrum na haker geskuif, maar het soos verlede jaar meeste van sy tyd sover vanjaar op die krukkelys deurgebring. 

    Die spanne is: 

    HJS Paarl: 15 Gianni Lombaard, 14 Urgene Johannes, 13 Manuel Ras, 12 Hanri van Heerden, 11 Takir Abrahams, 10 Rayhaan Lombaard, 9 Michael Visser, 8 Khanya Ncusane, 7 Francke Horn, 6 Charl Serdyn, 5 Ewie Loubser, 4 Salmaan Moerat (kaptein), 3 Adam Neethling, 2 Daniel Jooste, 1 Reece Bezuidenhout. 

    Grey-kollege: 15 David Kriel, 14 Henk Cilliers, 13 Janco van Heyningen, 12 Rikus Pretorius, 11 Marnus Boshoff, 10 Christopher Schreuder, 9 Rewan Kruger, 8 Dian Schoonees, 7 Michiel Burger, 6 Wihan Kloppers, 5 Marcel Theunissen, 4 Jaco van Tonder, 3 Gideo Beukes (kaptein), 2 Ru-hann Greyling, 1 Tristan Spies. 

    Afskop: 14:00

    Vorige Kragmetings: 

    2015 HJS Paarl 21 Grey College 19 Bloemfontein
    2014 Grey College 15 HJS Paarl 10 Paarl
    2013 Grey College 35 HJS Paarl 28 Bloemfontein
    2012 HJS Paarl 28 Grey College 18 Paarl
    2011 Grey College 15 HJS Paarl 15 Bloemfontein
    2010 Grey College 32 HJS Paarl 12 Paarl
    2009 Grey College 50 HJS Paarl 8 Bloemfontein
    2008 Grey College 34 HJS Paarl 24 Paarl
    2007 Grey College 48 HJS Paarl 24 Bloemfontein
    2006 Grey College 20 HJS Paarl 5 Paarl
    2005 Grey College 38 HJS Paarl 13 Bloemfontein
    2004 Grey College 38 HJS Paarl 3 Paarl
    2003 Grey College 27 HJS Paarl 16 Bloemfontein
    2002 Grey College 23 HJS Paarl 6 Paarl
    2001 Grey College 38 HJS Paarl 15 Bloemfontein
    2000 HJS Paarl  17 Grey College 10 Paarl
    1999 Grey College 34 HJS Paarl 16 Bloemfontein
    1998 Grey College 20 HJS Paarl 6 Paarl
    1997 Grey College 20 HJS Paarl 16 Bloemfontein
    1996 HJS Paarl 16 Grey College 9 Paarl
    1995 Grey College 18 HJS Paarl 6 Bloemfontein
    1993 HJS Paarl 0 Grey College 0 Paarl
  • Ellisras – 1991

    Results 

     

    Players: Martin du Plessis; Kobus Erasmus, Clinton Fouché, Hebert Trollip, Tienie Coetzee; Louis Nigrini, Alex Scheepers; Hannes Human, Frans Kemp, Mof Venter, Willem Bosch, Anton Roets (captain), Coert van Zyl, Albie Jacobs, Willie Swart.

  • Leeus kies skadu-Cravenweekspan

    Monument se haker en kaptein, PJ Botha, is in die Leeus se voorlopige Cravenweekspan gekies wat aanstaande Dinsdag by Menlopark teen hul Blou Bul-eweknieë te staan kom met Helpmekaar se Tiaan van der Merwe in die B-span.

    Net een van Monnas se agterspelers, die skrumskakel Thinus Combrinck is in die uitsoekspan gekies, met Tyrone Green van Jeppe as sy skakelpaat en Jeppe se Wandile Simelane in die middelveld.

    Helpmekaar se flankpaar, Mark Snyman en Tiaan Scholtz, is as kombinasie behou met Monnas se Bakkies Potgieter op agtsteman.

    Vier lede van Monnas se vaste vyf, insluitend Botha, die loskop Nathan McBeth, die slotte Ruan Vermaak en Christopher Havenga, is in die Leeus se Skaduspan.

    Altesaam sewe Monnas en vyf Helpies is in die Skadu-groep. Daar is ook agt Monnas, onder andere MJ Pelser, in die B-span.

    Lions: Chuiner van Rooyen (Help); David Cary (Help), Wandisile Simelane (Jeppe), Kalvin Mills (KES), Maxwell van Louw (Florida); Tyrone Green (Jeppe), Thinus Combrinck (Monnas); Bakkies Potgieter (Monnas), Tiaan Scholtz (Help), Mark Snyman (Help), Ruan Vermaak (Monnas), Christopher Havenga (Monnas), Asenathi Mtlabekanye (St Stithians), PJ Botha (Monnas), Nathan McBeth (Monnas). Reserwes: Nolo Naka (Jeppe), Mpho Mabusa (KES), Keegan Glade (KES), Darian Landsberg (Northcliff), PJ Jacobs (Monnas), Ruhan Viviers (Help), Tatendaise Mujawo (St Ben), Kennedy Mpheku (KES).

    Bulls: Dandré Prinsloo (Monnas); Karel Vahrmeijer (Monnas), Keegan Hamman (Help), MJ Pelser (Monnas), Mpho Kambile (KES); Luke Rossouw (Monnas), Sean Kruger (St Ben); Tawanda Mtuma (St Stith), Cristen van Niekerk (Monnas), Kevin le Roux (Monnas), Vincent Tshituka (Northcl), Jonathan Mbyunba (St Ben), Dewald Schoeman (Monnas), Tiaan van der Merwe (Help), Kgosi Mpete (St Ben). Reserwes: Kuda Mundeve (St Ben), Nkosikaha Masuku (Parkt), C Vrey (Monnas), Bope Berarka (St Peter), Tebogo Ramodibe (Jeppe), Tumi Nameka (Jeppe), Sherman Rayners (Help), Yanga Hlalu (KES), Martin Thoka (Randp).

    *Foto: PJ Botha in aksie die afgelope naweek.

  • Volstruisboere kies span vir Cravenweek in Durban

    Volstruisboere kies span vir Cravenweek in Durban

    Die Suidwestelike Distrikte het 12 spelers van Oakdale Landbou in sy voorlopige span vir die Coca-Cola Cravenweek vir hoerskole ingesluit. Die gesogte toernooi vind van 11 tot 16 Julie by Kearsney College in Durban plaas. 

    Oakdale Landbou beklee tans die vyfde posisie op School of Rugby se nuutste ranglys. Die Kwaggas van Outeniqua tel ook onder die voorste 20 skole in die land.

    Die Volstruisboere se eerste wedstryd is teen die Goue Leeus op die tweede dag van die toernooi. Die Leeus behoort ook ‘n gedugte span in die veld te stoot met Jeppe High School for Boys, Monument en Helpmekaar wat onder School of Rugby se voorste 20 spanne in die land tel. 

    Daar is agt Kwaggas in die 23-tal opgeneem. 

    Die span is: 

    15 Darren Adonis (Oakdale Landbou), 14 Alexander Wallace (Oakdale Landbou), 13 Nicolas van Eeden (Oakdale Landbou), 12 Jay-Cee Nel (Oakdale Landbou), 11 Darryle Kameel (Outeniqua), 10 Xavier Swartbooi (Oakdale Landbou), 9 Zinedine Booysen (Oakdale Landbou), 8 Lance Lamprecht (Outeniqua), 7 WP van Heerden (Oakdale Landbou), 6 Byron Booysen (Outeniqua), 5 Louis Meiring (Outeniqua), 4 Xanthi Nkoyo (Oudtshoorn), 3 Andre Potshumus (Oakdale Landbou), 2 Sean Swart (Outeniqua), 1 Dian Bleuler (Oakdale Landbou). Plaasvervangers: 16 Adriaan-Lee du Preez (PW Botha College), 17 Nicolai Weber (Oakdale Landbou), 18 Franco Boshoff (Outeniqua), 19 Jaco Smith (Oakdale Landbou), 20 Danie Victor (Oakdale Landbou), 21 Lithemba Mpoli (Wittedrift), 22 Damian Bonaparte (Outeniqua), 23 Bradley Kiewietz (Outeniqua).