Die nie-amptelike kampioen van die nasionale Akademie-week, die Westelike Provinsie, sal in volgende jaar se toernooi in Durban sy aanslag teen Suidwestelike Distrikte begin.
Die Streeptruie was die afgelope ses jaar nog net in 2013 nie in die hoofwedstryd in aksie nie. Toe het SWD die Oostelike Provinsie met 32-7 in die hoofwedstryd geklop. Die WP het die Blou Bulle vanjaar met 36-24 in die eindstryd verslaan.
Die Ligbloues sal hul aanslag teen die OP begin. Hulle pak mekaar in die hoofwedstryd op die tweede dag.
In die hoofwedstryd van die eerste dag sal die gasheer, KwaZulu-Natal, teen die Griffons te staan kom.
Vir die eerste keer sal die Akademieweek dieselfde formaat as die Cravenweek hê. Albei toernooie sal ook vir die eerste keer in dieselfde week in Durban aangebied word.
Voorheen was daar net drie wedstryddae in die toernooi, maar van volgende jaar af sal daar vyf wedstryddae wees. Dit sal die spelers meer ruskans tussen wedstryde gee.
Die Goue Leeus, wat die toernooi as die derde beste span volgens die Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging (SASRV) se ranglys afgesluit het, sal die Pumas in hul eerste wedstryd in die 2016-toernooi pak.
Die wenner van dié wedstryd sal die wenner van die stryd tussen die Streeptruie
en Volstruisboere waarskynlik op die derde dag die stryd aansê.
Die Blou Bulle kan hulle gereed maak om, as hulle die OP klop, die wenner van die stryd tussen die Vrystaat en Boland te pak.
Die SASRV het nie, soos vroeër berig, van die spanne verminder wat aan die toernooi deelneem nie.
Veral die plattelandse spanne sal bly wees hieroor. As dié spanne afgeskaf word, sal dit ’n reuse- terugslag vir rugby op die platteland wees.
Die bepalings is:
Eerste dag – Blou Valke t. SA LSOB; Griffons-platteland t. OP-platteland; Grens t. Griekwas-platteland; Goue Leeus t. Pumas; Westelike Provinsie t. Suidwestelike Distrikte; KwaZulu-Natal t. Griffons.
Tweede dag – Pumas-platteland t. Grens-platteland; Limpopo Blou Bulle t. Luiperds; Rooi Valke t. Namibië; KwaZulu-Natal-platteland t. Griekwas; Vrystaat t. Boland; Blou Bulle t. Oostelike Provinsie.


Suid-Afrikaanse rugby se voorste fabriek vir Springbokke, Grey-kollege in Bloemfontein, sal ná Dinsdag kan spog met twee oudleerlinge wat vir Portugal se nasionale rugbyspan uitgedraf het.
DIE moontlikheid bestaan dat Grey-kollege volgende seisoen die eerste keer sedert 2000 aan die sentrale streek se streekkompetisie kan deelneem. 
Die enigste nuweling in die Tuks-reeks vir 2016, Menlopark, is in die kompetisie so ietwat vir die wolwe gegooi. Die span het ‘n tawwe uitdaging wat op hom wag. Hy is saam met die Beeld Noordvaal Trofee kampioen, Garsfontein, die verdedigende kampioen van die Tuks-reeks, EG Jansen van Boksburg, en Marais Viljoen van Alberton in ‘n groep geloot. 
Die enigste Vrystaatse skool wat al as kampioen van die destydse Transvaalse Administrateursbeker (deesdae Beeld Noordvaal Trofee) gekroon is, HTS Sasolburg, sal van volgende jaar weer sy liga-wedstryde in die Noord-Vrystaat speel. Spanners on the Move het laas in 2000 aan die Noord-Vrystaatse liga deelgeneem. 

If a team want to be reach the main match of the annual Coca-Cola Khaya Majola Week in Port Elizabeth in December and be victorious in it, they will have to get past Gauteng first. The national u19 tournament will be held from 16 to 21 December in the Windy City. 
Die Noord/Suid-rugbytoernooi is vinnig besig om een van die voorste toernooie in Suid-Afrika te word.