SSPN Test Site

Blog

  • Paarl Boys’ High – 1999

    Results 

    Paarl Boys’ High 21,  Rondebosch Boys’ High 11
    Paarl Boys’ High 24,  Boland Landbou 12
    Paarl Boys’ High 13,  Wynberg Boys’ High 7

    Players: 

     

    Rondebosch (6) 11, HJS Paarl (16) 21: Goeie verdediging deur albei spanne het die manne min beweegruimte gegee. Tog was dit ‘n aanskoulike wedstryd waarin die grondslag vir ‘n oorwinning deur die hardwerkende voorspelers van HJS Paarl gelê is.

    Vorster (agsteman, 2) en Kotzé (losskakel) was die Paarliete se driedrukkers, met ook twee strafdoele deur Kotzé. Vir Rondebosch het Stamper (skrumskakel) oorgebars vir ‘n drie terwyl McEvoy (heelagter) akkuraat gekorrel het met twee strafskoppe.

    HJS Paarl (3) 13, Wynberg (0) 7: In ‘n kragmeting waarin dit grootliks die voorspelers was wat mekaar die stryd aangesê het, was dit HJS Paarl se groter mate van ondernemingsgees wat hom in staat gestel het om Wynberg net-net (maar tog welverdiend) te klop. Die Paarliete het met ‘n drie kort voor die einde ‘n oorwinning verseker.

    Afgesien van drieë deur Louw (heelagter) en Du Toit (haker) was Johnston (skrumskakel) ook met ‘n strafskop in die kol vir die tuisspan. Abbott (senter) se drie vir Wynberg is gedoel deur Brown (losskakel).

     

     

    HJS Paarl (6) 24, Boland Landbou (0) 12: In ‘n betreklike gelykop wedstryd wat uitstekende spel gelewer het, het die dringendheid van HJSP se voorspelers en die tuisspan se vermoë om makliker die voordeellyn oor te steek, HJSP in staat gestel om Boland Landbou te klop.

    Daarby het die bal telkens net reggespring vir HJSP en dit het meegebring dat die tuisspan die meeste aanvalswerk kon doen.

    Vir die wenspan is drieë gedruk deur Vlok (vleuel) en Kotzé (losskakel) wat ook met ‘n doelskop sowel as vier strafskoppe in die kol was. Vir Boland Landbou is drieë gedruk deur Coetzee (flank) en Engelke (senter) terwyl Basson (skrumskakel) met een doelskop geslaag het.

     

  • Paarl Gimnasium – 1999

    Results 

    Paarl Gimnasium 38,  Wynberg Boys’ High 15
    Paarl Gimnasium 35,  Rondebosch Boys’ High 19
    Paarl Gimnasium 13,  Paul Roos Gimnasium 15
    Paarl Gimnasium   6,  Boland Landbou 13

    Players: 

    Wynberg (10) 15, Paarl Gim (31) 38: ‘n Blitzkrieg waartydens Paarl Gim vier drieë binne die eerste twintig minute gedruk het, het die weg gebaan vir die Gimmies se uiteindelike gemaklike sege. Nadat die Paarliete aanvanklik deeglik munt geslaan het uit Wynberg se foute, het die tuisspan darem in die tweede helfte die Paarliete goed vasgevat.

    Al vyf Gimnasium se drieë deur Lombard (vleuel, 2), Watson (flank), Barry (skrumskakel) en Terblanche (stut) is gedoel deur Hugo (losskakel) wat ook met ‘n strafskop geslaag het. Pypers (vleuel) het twee keer vir Wynberg gaan druk, met ‘n doelskop en ‘n strafdoel deur Brown (losskakel).

     

    Boland Landbou (6) 13, Paarl Gim (6) 6: In ‘n wedstryd waarin die spanne die bal lekker rondgegooi het en die manne mekaar goed opgekeil het, het Boland Landbou ‘n verdiende sege oor Paarl Gim behaal. Terwyl die Gimmies egter nie hul kanse benut het nie, het die landbouers in die tweede helfte die meeste aanvalswerk gedoen en in die proses ook die enigste drie in die wedstryd gedruk.

    Wessels (senter) se drie is gedoel deur Basson (skrumskakel) wat net soos Geldenhuys (heelagter) ook met ‘n strafskop suksesvol was. Vir Gimnasium het Pottas (losskakel) twee strafdoele behaal.

     

     

    aul Roos (7) 15, Paarl Gim (5) 13: Dit was beslis nie die skuld van Paarl Gim se voorspelers dat die besoekers nie die pyp gerook het nie. Die Gimmies se goeie werk voorlangs is egter ongedaan gemaak deur hul agterspelers wat telkens verkeerde opsies uitgeoefen het, en hulle boonop teen Paul Roos se puik verdediging vasgeloop het.

    Die wedstryd het drie duidelik afgebakende fases getoon. Nadat die tuisspan ‘n vroeë houvas bekom het, het die Paarliete vir minstens die middelste 30 minute die botoon gevoer totdat Paul Roos teen die einde weer sy stempel afgedruk het.

    Immelman (flank) en Van der Spuy (vleuel) was Paul Roos se driedrukkers terwyl Albertyn (heelagter) met ‘n doelskop en ‘n skepskop suksesvol was. De Waal (heelagter) het twee drieë vir die besoekers gedruk en Hugo (vleuel) het ‘n strafdoel bygevoeg.

     

     

    Paarl Gim (17) 35, Rondebosch (13) 19: Paarl Gim het oor te veel skietgoed vir die besoekende Rondebosch beskik. Die besoekers het voorlangs goed stem dikgemaak, maar die deurdringvermoë van die Gimmies se agterlyn het die knoop deurgehak.

    Die wenspan se driedrukkers was Oosthuizen (senter, 2), Lombaard (vleuel), De Waal (heelagter) en Hugo (losskakel), wat ook met twee doelskoppe en twee strafdoele geslaag het. Pilon (vleuel) het vir Rondebosch ‘n drie gedruk en McEvoy (heelagter) het met die doelskop sowel as drie strafskoppe geslaag.

     

  • Paul Roos Gimnasium – 1999

    Results 

    Paul Roos Gimnasium 40,  SACS 8
    Paul Roos Gimnasium 28,  Paarl Boys’ High 13
    Paul Roos Gimnasium 15,  Paarl Gimnasium 13
    Paul Roos Gimnasium 20,  Diocesan College 10

    Players: Schalk Brits, 

     

     

    Saks (3) 8, Paul Roos (26) 40: Paul Roos het die Nuwelandse span heeltemal oordonder.

    Met dié dat die besoekers in alle afdelings die botoon gevoer het, was Saks net nie by magte om al die gate toe te stop nie.

    Vir Paul Roos is die drieë ingeryg deur Krige (senter, 2), Bergh (losskakel, 2), Brits (haker) en Van der Merwe (vleuel). Vyf van dié drieë is gedoel deur Albertyn (heelagter). Vir Saks het Ince (haker) oorgeval vir ‘n drie en Smit (vleuel) was met ‘n strafskop suksesvol.

     

    Paul Roos (8) 20, Biskoppe (5) 10: Terwyl die twee pakke voorspelers goed opgeweeg het, was dit die vaart en vaardighede van Paul Roos se agterspelers wat Biskoppe met ‘n les of twee terug huiswaarts laat keer het. Die Stellenbossers het nie net goed verdedig nie, maar het ook met mooi teenaanvalle die wind uit die seile van Biskoppe gehaal.

    Krige (senter, 2) en Van der Spuy (vleuel) was Paul Roos se driedrukkers, met ‘n doelskop en ‘n strafdoel deur Albertyn (heelagter). Vir die besoekers het Battle (vleuel) twee keer die doellyn oorgesteek.

     

     

    aul Roos (7) 15, Paarl Gim (5) 13: Dit was beslis nie die skuld van Paarl Gim se voorspelers dat die besoekers nie die pyp gerook het nie. Die Gimmies se goeie werk voorlangs is egter ongedaan gemaak deur hul agterspelers wat telkens verkeerde opsies uitgeoefen het, en hulle boonop teen Paul Roos se puik verdediging vasgeloop het.

    Die wedstryd het drie duidelik afgebakende fases getoon. Nadat die tuisspan ‘n vroeë houvas bekom het, het die Paarliete vir minstens die middelste 30 minute die botoon gevoer totdat Paul Roos teen die einde weer sy stempel afgedruk het.

    Immelman (flank) en Van der Spuy (vleuel) was Paul Roos se driedrukkers terwyl Albertyn (heelagter) met ‘n doelskop en ‘n skepskop suksesvol was. De Waal (heelagter) het twee drieë vir die besoekers gedruk en Hugo (vleuel) het ‘n strafdoel bygevoeg.

     

     

    HJS Paarl (3) 13, Paul Roos (6) 28: ‘n Groter mate van goeie balbesit, asook meer ondernemingsgees in die agterlyn, het grootliks bygedra tot Paul Roos se oortuigende sege. Daar was gans te veel openinge in HJS Paarl se verdedigingslinie.

    Roux (senter, 2), Immelman (flank) en Krige (vleuel) het bewegings van Paul Roos afgerond. Albertyn (heelagter) het met ‘n doelskop en twee strafskoppe geslaag. Smit (agtsteman) se drie vir die tuisspan is verdoel deur Kotzé (losskakel), wat ook twee strafdoele behaal het.

     

  • Boland Landbou – 1999

    Results 

    Boland Landbou 36,  HLNK Jan Kempdorp 0
    Boland Landbou 23,  Diocesan College 5
    Boland Landbou 12,  Paarl Boys’ High 24
    Boland Landbou 13,  Paarl Gimnasium 6

    Players: 

     

     

    Boland Landbouskool (3) 36, Noord-Kaap Landbouskool 0: Nadat geeneen van die spanne aan die begin op dreef kon kom nie, het Boland Landbou in die tweede helfte geleidelik in alle afdelings ‘n wurggreep gekry. Die gevolg was dat die Paarliete vyf keer die doellyn van die Jan Kempdorp span oorgesteek het.

    Die tuisspan se driedrukkers was Coetzee (agsteman, 2), Engelke (senter), Kemp (slot) en Bodenstein (losskakel).Vier keer was Basson (skrumskakel) in die kol met die doelskoppe terwyl hy ook ‘n strafdoel behaal het.

     

    Boland Landbou (6) 13, Paarl Gim (6) 6: In ‘n wedstryd waarin die spanne die bal lekker rondgegooi het en die manne mekaar goed opgekeil het, het Boland Landbou ‘n verdiende sege oor Paarl Gim behaal. Terwyl die Gimmies egter nie hul kanse benut het nie, het die landbouers in die tweede helfte die meeste aanvalswerk gedoen en in die proses ook die enigste drie in die wedstryd gedruk.

    Wessels (senter) se drie is gedoel deur Basson (skrumskakel) wat net soos Geldenhuys (heelagter) ook met ‘n strafskop suksesvol was. Vir Gimnasium het Pottas (losskakel) twee strafdoele behaal.

     

    HJS Paarl (6) 24, Boland Landbou (0) 12: In ‘n betreklike gelykop wedstryd wat uitstekende spel gelewer het, het die dringendheid van HJSP se voorspelers en die tuisspan se vermoë om makliker die voordeellyn oor te steek, HJSP in staat gestel om Boland Landbou te klop.

    Daarby het die bal telkens net reggespring vir HJSP en dit het meegebring dat die tuisspan die meeste aanvalswerk kon doen.

    Vir die wenspan is drieë gedruk deur Vlok (vleuel) en Kotzé (losskakel) wat ook met ‘n doelskop sowel as vier strafskoppe in die kol was. Vir Boland Landbou is drieë gedruk deur Coetzee (flank) en Engelke (senter) terwyl Basson (skrumskakel) met een doelskop geslaag het.

     

     

    Boland Landbouskool (13) 23, Biskoppe (0) 5: Die stewige voorsprong wat Boland in die eerste helfte opgebou het toe Biskoppe in hul eie halfgebied vasgepen is, het die grondslag gelê vir die Paarliete se oortuigende sege. Dit was veral in die losspel dat die tuisspan vir Biskoppe ‘n les of twee geleer het.

    Kemp (slot) en Brown (vleuel) het drieë vir die wenspan gedruk. Albei is deur Basson (skrumskakel) verdoel. Hy het ook met drie strafskoppe geslaag. Chambers (vleuel) het vir Biskoppe ‘n drie gedruk.

     

  • Jim Fouche – 2003

    Results

    Jim Fouché 32,  Bekker High 3
    Jim Fouché 28,  Marlow Landbou 17

    Players: Shaunn Lombaard, Stanley Joubert, Jaco Meyer, Franco van der Merwe, Petri Els, Jaco Swartz, Sarel Coetzee, Raymond Hiscock (captain), Raymond Taylor, Ruaan Erasmus, Hardus van den Berg, RC Malherbe, Riaan du Plooy and Bernd Theisinger.  

  • Voorskou – Paul Roos vs. Paarl Gimnasium

    Paul Roos Gimnasium se onoorwonne status vanjaar op die rugbyveld sal vandag om 12:15 in die Markotter-stadion in Stellenbosch behoorlik deur Paarl Gimnasium getoets word. Die span van die Eikestad het verlede jaar in die Paarl met 16-10 koning gekraai en hiermee ook vir die eerste keer vir Gimmies sedert 2006 op sy agterplaas geklop.  

    Die wedstryd word regstreeks op SuperSport gebeeldsend en is deel van die Premier Interschools program. 

    Paul Roos is onlangs as kampioen van die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan gekroon na hy Brisbane Boys’ College met 35-3 in die eindstryd oorrompel het. Paarl Gimnasium se enigste nederlaag sover vanjaar het teen Bishops (35-32) gekom. Die span van die Paarl sal veral die tuisspan se vleuel, Nico Leonard, wil hokslaan. Leonard het vanjaar al 15 keer agter die doellyn gaan kuier. 

    Gimmies het self ‘n makro-vleuel in Max Thalwitzer. Die twee is egter nie direkte teenstanders in die kragmeting nie. Gimmies se gereelde senter, Taigh Schoor, sal van die plaasvervangersbank sy verskyning op die veld maak. Die breier, Christoff Lotter, het besluit dat George Lourens en Charl du Toit die middelveld Saterdag sal beman. 

    In 2011 was ‘n bydrae van 20 punte deur Gimmies se jongste Springbok, Handre Pollard, nie genoeg om aan sy span ‘n sege te besorg nie. Pollard het ses strafdoele en ‘n doelskop tussen deur die pale gejaag, maar Gimmies moes steeds met 34-30 die knie buig. Paul Roos se stut, Migael Grobler, het twee keer oor die doellyn geval. Die vleuel, Andre le Roux, het met vyf strafdoele en twee doelskoppe geslaag. 

    Gimmies het was meeste van die interskole-kragmetings tussen die twee skole sedert 1990 aan die wenkant. 

    Vorige kragmetings (sedert 1990): 

    2014 Paul Roos Gimnasium 16 Paarl Gimnasium 10 Paarl  
    2013 Paarl Gimnasium 24 Paul Roos Gimnasium 15 Stellenbosch  
    2012 Paarl Gimnasium 28 Paul Roos Gimnasium 8 Paarl  
    2011 Paul Roos Gimnasium 34 Paarl Gimnasium 30 Stellenbosch  
    2010 Paarl Gimnasium 30 Paul Roos Gimnasium 27 Paarl  
    2009 Paul Roos Gimnasium 47 Paarl Gimnasium 36 Stellenbosch  
    2008 Paarl Gimnasium 17 Paul Roos Gimnasium 14 Paarl  
    2007 Paarl Gimnasium 58 Paul Roos Gimnasium 12 Stellenbosch  
    2006 Paul Roos Gimnasium 19 Paarl Gimnasium 14 Paarl  
    2005 Paul Roos Gimnasium 23 Paarl Gimnasium 13 Stellenbosch  
    2004 Paarl Gimnasium 15 Paul Roos Gimnasium 10 Paarl  
    2003 Paul Roos Gimnasium 16 Paarl Gimnasium 16 Stellenbosch  
    2002 Paarl Gimnasium 28 Paul Roos Gimnasium 12 Paarl  
    2001 Paarl Gimnasium 11 Paul Roos Gimnasium 0 Stellenbosch  
    2000         Paarl  
    1999 Paul Roos Gimnasium 15 Paarl Gimnasium 13 Stellenbosch  
    1998         Paarl  
    1997 Paarl Gimnasium 27 Paul Roos Gimnasium 9 Stellenbosch  
    1996         Paarl  
    1995         Stellenbosch  
    1994 Paarl Gimnasium 25 Paul Roos Gimnasium 21 Paarl  
    1993 Paarl Gimnasium 10 Paul Roos Gimnasium 8 Stellenbosch  
    1992 Paarl Gimnasium 13 Paul Roos Gimnasium 10 Paarl  
    1991 Paul Roos Gimnasium 20 Paarl Gimnasium 12 Stellenbosch  
    1990 Paul Roos Gimnasium 31 Paarl Gimnasium 12 Paarl  

    Die spanne is:

    Paul Roos Gimnasium: 15 Joshua Vermeulen, 14 Nico Leonard, 13 Troy Payne, 12 Kristoff Baard, 11 Jason Myburgh, 10 Damian Willemse, 9 Joss van Eeden, 8 Malan Basson, 7 Roelf Burger, 6 Dean van Tonder, 5 Joa Swart (kaptein), 4 Lazlo Pscorn, 3 Stephan Annandale, 2 Abrie Coetzee, Muammir Salie.  

    Paarl Gimnasium: 15 Naudé Wessels, 14 Max Thalwitzer, 13 Charl du Toit, 12 George Lourens, 11 Keenan Abrahams, 10 Wian van Zyl, 9 Zak Burger, 8 Muller Uys, 7 Gustav Marais, 6 Johan Visser, 5 Ernst van Rhyn (kaptein), 4 MJ Hayes, 3 O’Neil Thiart, 2 Johan Grobbelaar, 1 Rohan Hamman. 

    Afskop: 12:15

     

     

    2011

    Paul Roos Gimnasium 34 (13) – Driee: Migael Grobler (2), Bokkie Carstens. Doelskoppe: Andre le Roux (2). Strafdoele: Le Roux (5). Paarl Gimnasium 30 (13) – Driee: Corne Cooper, Daniel du Toit. Doelskop: Handre Pollard. Strafdoele: Pollard (6). 

    Paul Roos 34 (13), Paarl Gim 30 (13): PAUL ROOS – Drieë: Migael Grobler (stut, 2), Bokkie Carstens (skrumskakel). Doelskoppe: André le Roux (vleuel, 2). Strafdoele: Le Roux (5). PAARL GIM – Drieë: Corné Cooper (flank), Daniël du Toit (senter). Doelskop: Handré Pollard (losskakel). Strafdoele: Pollard (6).

    2010

    Paarl Gimnasium 30 (20) – Driee: Jacques Botha, Christiaan Smit, Mynhardt Kitshoff. Doelskoppe: Willie Viljoen (3). Strafdoele: Viljoen (3). Paul Roos Gimnasium 27 (3) – Driee: Craig Barry, Darryl Ndajilla, Renier Marais, F Smal. Doelskoppe: Gideon Meiring (2). Strafdoel: Meiring. 

    2003

     

    Paul Roos (6) 16, Paarl-gim (8) 16: PAUL ROOS — Drie: Normal Laker (senter). Doelskop: Morné Blaauw (losskakel). Strafdoele: Blaauw (3). PAARL-GIM -Drieë: Mario Ruster, Andre Botha (vleuels). Strafdoele: Willem Laubscher (losskakel, 2). 

    2002

     

    Paarl-Gim (13) 28, Paul Roos (0) 12: Paarl-gim Drieë: Daniller (heelagter), Du Toit (vleuel), Burger (flank). Doelskoppe: Duvenage (losskakel, 2). Strafdoele: Duvenage (2). Skepdoel: Duvenage. Paul Roos Strafdoele: Van der Westhuizen (4).

    2001

     

    Paul Roos-Gim 0, Paarl-Gim 0 (11): Paul Roos kon nie sy gebiedsvoordeel in punte omskep nie grootliks weens ‘n gebrek aan deurdringingsvermoë terwyl Paarl-Gim sy veel minder puntekanse aangegryp en ‘n oorwinning verseker het. Albei spanne se verdediging was van hoogstaande gehalte. Die enigste drie is deur die Paarlse voorryman Gouws gedruk, terwyl Duvenhage (losskakel) twee strafskoppe deur die pale gejaag het.

     

     

    1997

     

    Paul Roos (9) 9, Paarl-Gim (9) 27: Goeie dryfspel deur Paarl-Gim se voorhoede het die besoekers die toon laat aangee. Nadat Paul Roos aanvanklik uitstekend verdedig het, het die Gimmies met drie drieë in die tweede skof ‘n goeie oorwinning verseker. Mooi bewegings het uitgeloop op drieë deur Smith (vleuel), Joubert (senter) en Myburgh (heelagter). Bester (losskakel) was met die doelskoppe onsuksesvol, maar het wel vier strafdoele behaal. Vir die Stellenbossers het Strydom (losskakel) met twee strafskoppe en ‘n skepskop geslaag.

     

    1994

    PAARL-GIMNASIUM bly maar Paul Roos se tier. Die Stellenbossers het eergister in die jongste reeks o.19A- skolerugbywedstryde in die WP hul eerste nederlaag op die lyf geloop toe die Gimmies hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar naelskraap geklop het. Verslae van die vernaamste wedstryde: Paarl-Gim 25, Paul Roos 21: In ‘n kragmeting waarin sake hoofsaaklik voorlangs uitgespook is, het Paarl-Gim moontlik die beste daarvan afgekom. Paul Roos se agterlyn het gevaarliker gelyk, maar die besoekers se aanvalskanse was beperk. Die Gimmies was ná ‘n wipplank stryd met rustyd 18-14 voor. Loggenberg (flank) en Aylward (vleuel) het drieë vir die tuisspan gedruk en Koen (losskakel) was met een doelskop en twee strafskoppe in die kol. Joyce (senter) het ‘n opportunistiese drie vir Paul Roos gedruk terwyl Hugo (senter) met drie strafskoppe raak gekorrel het. Vroeg in die tweede helfte het die Gimmies hul voorsprong gerek toe Pretorius (stut) uit ‘n puik dryfbeweging gaan druk het. Enkele minute later het Coetzee (flank) die tuisspan se doellyn oorgesteek. Koen en Hugo het die onderskeie drieë gedoel. 

     

    1992

    Paarl Gimnasium 13 (3) – Drie: Surmon. Doelskop: Louis Koen. Strafdoele: Koen (2). Paul Roos Gimnasium 10 (0) – Driee: Basson, Hoffman. 

    1991

    Paul Roos Gimnasium 20 (9) – Driee: Justin Swart, Tredoux, Thiart. Doelskop: Basson. Strafdoele: Swart, Basson. Paarl Gimnasium 12 (12) – Drie: Du Plessis. Doelskop: Smit. Strafdoele: Smit (2). 

    1990

     

    Paarl Gim 12, Paul Roos 31: Paul Roos se taktiek van hoë skoppe en die uitbuit van foute deur die tuisspan het goed vrugte afgewerp en grootliks bygedra tot die Stellenbossers se oortuigende oorwinning. Puik spel deur Paul Roos se losvoorspelers en die besoekers se oorheersing van die lynstane het verder daartoe bygedra dat Paul Roos met gemak gewen het. Nadat Bruwer (losskakel) ‘n skepdoel vir die Gimmies behaal het, het Paul Roos ‘n voorspring van 13-3 opgebou met drieë deur Van Reenen (slot) en Van Wyk (haker), terwyl Hugo (slot) ‘n doelskop en ‘n strafdoel behaal het. Kort voor rustyd het twee strafdoele deur Du Plessis (heelagter) die Paarliete se agterstand laat krimp. Paul Roos het al meer die toon aangegee in die tweede helfte. Nadat Muller (flank) ‘n drie uit ‘n oorstootskrum behaal het, het hoë skoppe gelei tot drieë deur Theart (senter) en Krige (skrumskakel). Hugo was met al drie doelskoppe suksesvol. Du Plessis het ‘n vierde strafdoel vir die tuisspan bygevoeg: 31-12.

  • Stassen lei Valke se Cravenweek-span

    Stassen lei Valke se Cravenweek-span

    ValkeNie minder as 13 spelers van EG Jansen van Boksburg is in die Valke se voorlopige Cravenweek-span ingesluit. Die Valke sal ook deur die span van Boksburg se slot, Hendré Stassen, aangevoer word. Die Valke maak hulle vlerke Dinsdag vir die eerste keer los wanneer hulle in Polokwane teen Limpopo in ‘n opwarmingswedstryd te staan kom. 

    EG Jansen is verlede week as kampioen van die Tuks-reeks gekroon na hy Monument van Krugersdorp met 29-17 in die eindstryd in Pretoria verslaan het. Die Valke kom teen Oostelike Provinsie Platteland in sy eerste wedstryd van vanjaar se Cravenweek vir hoërskole in Stellenbosch te staan. 

    Six players – Stassen, Irvin Ali, Erich Cronjé, Ntshepe Kokong, Nico Peyper and Rouxbann Baumann also represented the Valke at last year’s edition of the tournament in Middelburg (Mpumalanga). 

    Die span is: 

    15 Francois Erasmus (Kemptonpark), 14 Irvin Ali (EG Jansen), 13 Marco Niemandt (EG Jansen), 12 Erich Cronjé (EG Jansen), 11 Franklin Wagner (EG Jansen), 10 Xander Crause (EG Janse), 9 Ginter Smuts (EG Jansen), 8 Edwin Jansen (EG Jansen), 7 Dylan van der Walt (EG Jansen), 6 S Moalusi (BH), 5 Hendré Stassen (EG Jansen – captain), 4 T Skhosana (St. D), 3 André van der Merwe (EG Jansen), 2 Nico Peyper (EG Jansen), 1 B Strydom (Heidelberg Volkskool). Plaasvervangers: 16 Thinus Grundlingh (Kemptonpark), 17 P Jacobs (P), 18 Rouxmann Baumann (EG Jansen), 19 D Karelse (HTS Springs), 20 T van Dieman (BH), 21 Romano Jonkermann (EG Jansen), 22 Ntshepe Kokong (Vereenig Gimnasium).

  • Luiperds kies skadu Craven-span

    Luiperds kies skadu Craven-span

    LeopardsDie Luiperds se o.18-keurders het drie spelers van die Hoërskool Vryburg in sy agterhoede vir sy “proefwedstryd” van Dinsdag teen die Leeus ingesluit. Die heelagter, Francois Pelser, buitesenter, Gert Jonker, en die losskakel, André Kock is almal leerlinge van Vryburg. Kock staan sedert dié span van Vryburg se toer vir die beseerde, BF van Staden, as sy skool se generaal in. 

    Slegs drie spelers wat verlede jaar vir die Luiperds op die Cravenweek in Middelburg (Mpumalanga) in aksie was – Edmund Rheeder, Douglas Bruce-Smit (albei Klerksdorp) en Gerhard Steenekamp (Potchefstroom Gimnasium) is weer in die unie se span ingesluit. Hoewel hierdie nie die finale span vir die Cravenweek is nie, word daar nie gewoontlik veel aan spanne getorring nie. 

    Rheeder het verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal en behoort saam met Steenekamp die span van die Noordwes se sleutelspelers later vanjaar op die Cravenweek in Stellenbosch te wees. Albei is sterk baldraers. Steenekamp het verlede jaar skitter spel vir die Luiperds se o.19-span in Saru se nasionale kompetisie gelewer. 

    Die span is: 

    15 Francois Pelser (Vryburg), 14 Y Nyembe (Vaal), 13 Gert Jonker (Vryburg), 12 Inus Vermeulen (Potchefstroom Gimnasium), 11 Dane Booysen (Wesvalia), 10 André Kock (Vryburg), 9 Christopher Coetzee (Rustenburg), 8 Edmund Rheeder (Klerksdorp), 7 Gerhard Steenekamp (Potchefstroom Gimnasium), 6 Sello Maaronhanye (HTS Potchefstroom), 5 Christopher Kemm (Rustenburg), 4 Johan Detman (Lichtenburg), 3 Douglas Bruce-Smith (Klerksdorp), 2 Juandré Joubert (Rustenburg), 1 Gololosego Magano (HTS Rustenburg).

  • Voorskou – ENB Classic Clash – Jim Fouche vs. Sentraal

    Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Sentraal gaan probeer om die eerste keer sedert 2012 vir Jim Fouché ‘n nederlaag toe te dien. Dié twee spanne pak mekaar vandag om 15:15 in hulle jaarlikse ENB Classic Clash.

    Tralies was in 2012 in dié ooreenstemmende wedstryd met 33-13 op sy tuisveld baas. JF is vandag die gasheer en die Bloktruie kon laas in 2009 ‘n sege op dié veld teen die manne in groen behaal. Dit was destyds Sentraal se eerste oorwinning oor JF sedert 2002.

    Sentraal het die oorhand oor JF gehad tot en met die draai van die millennium. JF het sy eerste sege in meer as ‘n kwarteeu oor Tralies in 2000 behaal toe hy met 18-10 baas was. Louis Botha se afrigter, Jan Gouws, was een van JF se staatmakers destyds. Grey-kollege se kondisioneringshoof, Hein Vosloo, was ook lid van JF se span van 2000.

    As daar na die uitslae van dié twee spanne sover vanjaar gekyk word, is Sentraal die gunsteling om vandag te wen. Die feit dat die wedstryd op Jim Fouché se tuisveld plaasvind haal egter die etiket as gunsteling van die tafel.

    Tralies moet boonop sonder sy agtsteman en kaptein, Kobus Lombaard, klaarkom. Die heelagter, SJ Fourie, sal die span op die veld lei.

    “Dit is ‘n wedstryd wat enige kant toe kan gaan. Dit is altyd moelik om teen JF te speel en ons was die afgelope twee jaar as breiers nog nie aan die wenkant teen hulle nie. Hopelik is ons die keer aan die regte kant van die uitslag,” het Jorrie Gobler, afrigter van Sentraal, gesê.

    ‘n Sege sal Sentraal bo-aan die Vrystaatse A1-liga se puntelys laat eindig. Die span sal hiermee sy aanslag om vanjaar die eerste span van dié skool om as kampioen van dié liga gekroon te word ietwat makliker maak.

    Jim Fouché se losskakel, Tiaan Schutte, is sonder twyfel een van die voorste spelers in sy posisie in die sentrale streek. Hy en sy kaptein en agtsteman, Hanno Spies, sal op hul beste moet wees indien JF wil wen.

     

    Die spanne is: 

    Jim Fouché: 15 Myles Woolley, 14 Wian Meyer, 13 Vandre Rolls, 12 Kosie Brand, 11 Sheldon Jansen, 10 Tiaan Schutte, 9 Poena Pretorius, 8 Hanno Spies (kaptein), 7 Anton Jacobs, 6 Jarrod van Wyk, 5 Victor Botes, 4 Ian Trollip, 3 Anton Noordman, 2 Werner Stoffberg, 1 Marco Coetzer. Plaasvervangers: 16 Eric Azar, 17 Danie Klinck, 18 Reino Coetsee, 19 Jan-Louis du Plessis, 20 Stefan Coetzer, 21 Herold Schreuder, 22 Willie van den Berg.

    Sentraal: 15 SJ Fourie (kaptein), 14 Diederick Pretorius, 13 Tumi Kukhele, 12 Denzil Fiff, 11 Jan le Roux, 10 Timmy Robertson, 9 Stefano Ekkerd, 8 Roché Roelofse, 7 Hennie Terblanché, 6 EP Nel, 5 Roan van der Westhuizen, 4 Ruan van der Walt, 3 Willie van der Merwe, 2 Edik du Plooy, Willem van Niekerk. Plaasvervangers: 16 Abe Bothma, 17 Jeremy Koen, 18 Trienko Lups, 19 Rocco Willemse, 20 Matthys Theron, 21 Theunis la Grange, 22 Christiaan Geyer, 23 Jacques Mulder.

    Afskop: 15:15

    Vorige kragmetings: 

    2014 Jim Fouché  26  Sentraal  21  Sentraal 
    2013 Jim Fouche 30 Sentraal 21  
    2013 Jim Fouche 28 Sentraal 27 Jim Fouche
    2012 Jim Fouche 29 Sentraal 16  
    2012 Sentraal 33 Jim Fouche 13 Sentraal
    2011 Jim Fouche 30 Sentraal 21 Jim Fouche
    2010 Sentraal 41 Jim Fouche 3 Sentraal
    2009 Sentraal 24 Jim Fouche 5 Jim Fouche
    2008 Jim Fouche 42 Sentraal 7  
    2008 Jim Fouche 62 Sentraal 14 Sentraal
    2007 Jim Fouche 32 Sentraal 22  
    2006 Jim Fouche 48 Sentraal 19 Brandfort
    2005 Jim Fouche 37 Sentraal 3  
    2005 Jim Fouche 13 Sentraal 6  
    2004 Jim Fouche 29 Sentraal 3  
    2003 Jim Fouché   Sentraal   President Steyn
    2002 Sentraal 25 Jim Fouche 17  
    2001 Sentraal 10 Jim Fouche 0  
    2000 Jim Fouche 18 Sentraal 10 Jim Fouché 
    2000 Sentraal 23 Jim Fouche 6 Vrystaat-stadion 
  • Voorskou – Selborne College vs. Grey College

    Voorskou – Selborne College vs. Grey College

     

    Sedert die ontstaan van die jaarlikse interskole tussen die twee skole in 1994 – kon die span van Oos-Londen nog net twee keer daarin slaag om Grey tot oorgawe te dwing. Selborne College het in 1994 (30-12) en 1996 (15-14) die pyp gerook. Sy beste vertoning sedertdien teen Grey was in 2011 toe die spanne met 16-elk gelykop gespeel het. Grey het vir daardie kragmeting sonder sy Suid-Afrikaanse Skole-spelers Jan Serfontein, Dries Swanepoel en Neethling Fouche gespeel. Al drie het ligte besering gehad en is gerus vir die kragmeting teen die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria. 

     

    Die spanne is:

    Selborne College:

    Grey College: 

    Vorige Uitslae (vanaf 1950): 

    2014 Grey College 34 Selborne College 16 Bloemfontein
    2013 Grey College 41 Selborne College 5 Oos-Londen
    2012 Grey College 52 Selborne College 5 Bloemfontein
    2011 Grey College 16 Selborne College 16 Oos-Londen
    2010 Grey College 61 Selborne College 14 Bloemfontein
    2009 Grey College 33 Selborne College 0 Oos-Londen
    2008 Grey College 38 Selborne College 16 Bloemfontein
    2007 Grey College 68 Selborne College 0 Oos-Londen
    2006 Grey College 51 Selborne College 0 Bloemfontein
    2005 Grey College 38 Selborne College 13 Oos-Londen
    2004 Grey College 54 Selborne College 6 Bloemfontein
    2003 Grey College 57 Selborne College 0 Oos-Londen
    2002 Grey College 38 Selborne College 6 Bloemfontein
    2001 Grey College 32 Selborne College 0 Oos-Londen
    2000 Grey College 54 Selborne College 3 Bloemfontein
    1999 Grey College 5 Selborne College 3 Oos-Londen
    1998 Grey College 32 Selborne College 14 Bloemfontein
    1997 Grey College 38 Selborne College 15 Oos-Londen
    1996 Selborne College 15 Grey College 14 Bloemfontein
    1995 Grey College 24 Selborne College 0 Oos-Londen
    1994 Selborne College 30 Grey College 12 Bloemfontein
    1976 Grey College 12 Selborne College 0  
    1964 Selborne College 6 Grey College 3  
    1958 Selborne College 10 Grey College 3  
    1954 Grey College 0 Selborne College 0