Hoërskool Hugenote van Springs het ‘n besliste waarskuwing gerig in hul eerste verskyning vanjaar in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.
Herleef al die aksie van die naweek se wedstryde op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).
Die span van die Oos-Rand het met verlede jaar se kampioen, Hoërskool Secunda, met ‘n telling van 41-31 in Springs afgereken.
Die tuisspan se pak voorspelers, onder leiding van flank en kaptein, Tyron Hand, lyk asof hulle moeilik gestuit sal word vanjaar. Dit was inderdaad ook voorlangs waar die Hugies, in die eerste helfte reeds, die grondslag vir hul puik sege oor die span van Secunda gelê het.
Benewens Hand, was die tuisspan se slotpaar, Anthony Smit en Xavier Ungerer, ook uitstaande. Die twee het hul stempel afgedruk met die bal in hand, gereeld meters veld gewen en is elk met ‘n drie beloon.
Die Hugies se agterlyn het ook uiters gevaarlik vertoon wanneer hulle die nodige spasie gegun is om die bal lug te gee, en dit het aan regtervleuel, Ruan van Biljon, en buitesenter, Vian van Dyk, elk ‘n drie besorg.
Die besoekers het nietemin begeesterd teruggeveg in die tweede helfte met ‘n sarsie drieë van hul eie. Steelkantflank, Zander Scheepers, was die groot uitblinker op die dag en sy gewoel voorlangs is met ‘n welverdiende driekuns beloon.
Die verdedigende kampioen kan geensins gering geskat word nie. Dit is boonop alombekend dat ‘n gewonde Secunda-span ‘n perd van ‘n ander kleur is.
Hoërskool Die Anker het weereens gewys dat dit geen maklike taak is om hulle in hul agterplaas te troef nie. Die span van Brakpan het danksy ‘n uitmuntende spanvertoning met 57-15 vir Hoërskool Ben Vorster se Buffels oorrompel.
Agtsteman en kaptein, Ruben Herbst, het oudergewoonte van voor gelei en met sy fisieke benadering gesorg dat sy span ‘n stewige grondslag voor kon lê. Hy het waardevolle ondersteuning van vaskopstut, Xavier Boshoff, ontvang.
Agterlangs het die gesoute binnesenter, Branden Crous, sy ervaring laat geld, en met sy bedrewe aanvalslyne en visie vir spasie vir die Buffels keer op keer onkant betrap.
Puntemakers:
Hugenote (Springs) 41 (35) – Drieë: Anthony Smith, Xavier Ungerer, Tyron Hand, Vian van Dyk, Ruan van Biljon. Doelskoppe: Corne Pretorius (5). Strafdoele: Pretorius (2). Hoërskool Secunda 31 (14) – Drieë: Zander Scheepers (3), Brink la Grange, Ryan Erasmus. Doelskoppe: Damian de Beer (3).
Die Rooibulle het vir Hoërskool Middelburg in ‘n uiters aanskoulike kragmeting, op die Middies se tuisveld, met 31-24 verslaan in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.
Die twee buurskole het die rekordskare van nagenoeg 15 000 toeskouers vir die volle 70 minute met avontuurlustige skolerugby, vasgenael gehou.
Tot kort voor die eindfluijie was niemand nog seker wie met die loure sou wegstap nie. Dit was toe HTS se linkervleuel, CJ Muller, soos ‘n pyl uit ‘n boog langs die kantlyn af genael en in die hoekie gedruk het om die sege te beklink.
Die kragmeting het ‘n skopstryd behels wat vir ‘n mens laat voel het asof jy na ‘n toetswedstryd sit en kyk.
Die Middies se losskakel en skerpskutter, Matthew Abbey, het die tuisspan deurentyd met sy akkurate korrelwerk pale toe in die prentjie gehou. Boonop het hy, à la Handré Pollard, kort na halftyd oorgeduik vir een van sy span se twee drieë om uiteindelik ‘n persoonlike bydrae van 16 punte tot sy span se totaal te lewer.
Die Rooibulle se loskakel, Jaque Stassen, het ewe indrukwekkend vertoon om dikwels die Middies se ongedissiplineerde spel te straf met sy stewel en het, nes Abbey, ook 16 punte aangeteken.
HTS se oopkantflank en kaptein, Toy Engelbrecht, het met sy formidabele voorbeeld gelei, en met sy energieke spel en ongelooflike hoë werkverrigting was hy ongetwyfeld die uitstaande speler op die veld.
In Kempton Park het Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Zwartkop ook gesorg vir ‘n naelbytstryd. Die Kempies het uiteindelik met ‘n telling van 34-26 die wa deur die drif getrek, maar dit was allermins ‘n maklike oorwinning en dié kragmeting is ook kort voor die eindfluitjie eers beslis.
Die tuisspan het hard teruggeveg in die tweede helfte om ‘n rustydagterstand van 14-19 uit te wis. Dit was slegs in die laaste 15 minute dat die keerpunt gekom het, toe die Zwarries tot 14-man ingekort is danksy ‘n rooi kaart.
Dit het vir Kempies se linkervleuel, Ettienne Stroebel, met speeltyd reeds verstreke, in staat gestel om deur te breek en op die nippertjie ‘n sege vir die tuisspan te verseker.
Oos-Moot 43 (22) – Drieë: David Joubert (2), Dewron Aford (2), Connor de Jager, Jayden Pretorius. Doelskoppe: Ruwan Allen (5). Strafdoele: Allen (2). Montana 31 (7) – Drieë: Ruben van Hammersveld, Devan van der Merwe, Marinus Oberholzer, JF Venter, Hendrew Schoeman. Doelskoppe: Devan van der Merwe (2), Jacques Greyling.
Transvalia 43 (31) – Drieë: Wynand Stols (2), Tumi Moloi (2), Vincent Brits, Siya Khambule, Kani Mohapi. Conversions: Dylan Steinman (4). Ligbron 35 (11) – Drieë: Neo Zwane (2), Lethi Ngwenya (2), Bandile Thanjekwayo. Doelskoppe: Divan van Jaarsveld (2). Strafdoele: Van Jaarsveld (2).
Worcester Gimnasium, 2024 South Western Rugby Football Schools Shield champions | (Photo provided)
A dominant first-half performance on Saturday helped Worcester Gimnasium claim the South Western Rugby Football School Shield, with the contest for the coveted prize being reintroduced after a hiatus since 2005.
The Gimmies shot out of the blocks with their big prop, Wilfred Slingers, barrelling over after a break by his fullback, Lorenzo Harmse.
Minutes later, flyhalf Lohenzel Jansen sliced through the hosts’ defence to score their second and, despite Robbies’ halfback pairing of Kyle Cedras and Jaydan van Niekerk combining expertly to pull one back, Jansen continued piling on the scoreboard pressure off the kicking tee.
Jayd-Will de Klerk stretched over to give the “Bosvarke” a 20-7 lead at the break.
After some stern words at halftime, the Robbies fought back valiantly to outscore the visitors 21-15 in the second stanza, but the damage done in the first half was enough for the Gimmies to lift the historic shield and revive a proud Boland legacy.
Ethan Fourie, Mychal Swart and Yannick du Plessis added to the hosts’ total, and Van Niekerk kept a perfect record off the tee, to help drive Robbies to a 28-23 lead, but Worcester struck twice in the final 10 minutes to triumph.
Playing with 14 men, Worcester drew level through Alungile Mothibe, but missed the conversion and a subsequent penalty attempt.
Just when it looked like the Robbies had quelled the visitors’ onslaught, Jansen unlocked the defence one last time to send Lukewin van Heerden over for the winner.
They were able to see out the final minutes and claim an impressive victory away from home, which has set the stage for another epic clash when they attempt to defend the Shield next season.
Bernardo Diedericks and Van Niekerk stood out for the home team with their probing runs, but the Gimmies are a never-say-die bunch, and Jansen’s heroics inspired them to another exciting victory.
Meanwhile, Hoërskool Overberg recorded a first win over Hoërskool Hermanus in 17 years.
Pieter du Toit, Johan Beukes and Favian Arendse all recorded five-pointers to help their side to a 12-point win.
Hopefield cut down Piketberg, winning 28-15, while Augsburg bested Hoërskool Vredendal 20-13.
Porterville romped to a 45-7 win against Steynville Secondary, with fullback Llewellyn Fransman and no. 8 Josh Steenkamp each dotting down twice.
Ronaldo Koker, Montagu‘s star centre and captain, scored 15 of his side’s points against Labori in a 35-14 victory.
Labori dominated in the first half, but the hosts were able to keep them tied up at 7-7.
The visitors scored again right after the break to take the lead, but the home team regrouped and did well to wrestle away control of the match.
Scorers
Worcester Gimnasium 35 (20) – Tries: Wilfred Slingers, Lohenzel Jansen, Jayd-Will de Klerk, Alungile Mothibe, Lukewin van Heerden. Conversions: Jansen (2). Penalties: Jansen (2). Robertson 28 (7) – Tries: Jaydan van Niekerk, Ethan Fourie, Mychal Swart, Yannick du Plessis. Conversions: Van Niekerk (4).
Overberg 19 – Tries: Pieter du Toit, Johan Beukes, Favian Arendse. Conversions: Kiyan Burger (2). Hermanus. 7.
Jim Fouché het Saterdag hul FNB Classic Clashes-kragmeting met Hoërskool Sentraal met 32-12 gewen om te bewys dat verlede jaar se sege van 38-17 geen gelukskoot was nie.
Die eerste helfte het ‘n klipharde gestoei afgegee tussen die Bloemfonteinse buurskole, maar JF het na rustyd daglig tussen hulself en die Tralies op die telbord geplaas deur uiteindelik ses drieë teenoor die twee van die tuisspan te druk.
Die Blokke het vroeg vir die tuisskare op hul voete gehad toe EJ van der Berg oordryf het vir die eerste drie. JF het egter onmiddelik teruggeslaan deur hul blitsige vleuel, Bendré Vermaak, waarna slot, Milan Marais, aan hulle die voorsprong besorg het met ‘n tweede drie.
Die tuisspan het aanhou druk toepas op JF in die tweede helfte, met die groot loskopstut, Van Zyl Hetzel, wat ook die doellyn kon oorsteek vir sy span se tweede drie.
Daarna het die “Green Machine” egter die krane oopgedraai, en drieë deur die Qian Moller, Hanro Marais, Heinrich Hattingh en hul vurige agsteman, Franco Oberholzer, het die wedstryd buite bereik van die Tralies geplaas om ‘n indrukwekkende sege tot hul rekord te voeg.
FOTO: Dirkie Groenewald
Intussen het Landoudal ‘n dramatiese sege van 13-12 oor Fichardtpark behaal, nadat hulle teen halftyd met 10-12 agtergeloop het. – Skakel na die wedstryd
Die Fichie Leeus se groot stut, Zaine van Zyl, het aan sy span die oorhand gebied met twee kragdrieë in die eerste helfte, maar Marius Etzebeth het met ‘n briljante skepskop die enigste punte na die omdraaislag aangeteken om ‘n naelbytsege vir die Lanties te beklink.
St. Andrew’s was in Johannesburg in aksie, waar hulle vir die 91ste keer teen St. John’s College uitgedraf het. Die Gautengers was in ‘n ongemaklike bui en het vir die Saints ‘n rugbyles met 80-5 geleer.
Hoërskool Burgersdorp het met 26-9 teen Gill College van die Oos-Kaap geseëvier, terwyl Ficksburg se heelagter, Morné Swanepoel, vier drieë gedruk het teen New Horizon College Bethlehem vir ‘n wegholsege van 61-0.
Puntemakers
Jim Fouché 32 (10) – Drieë: Milan Marais, Qian Moller, Bendré Vermaak, Hanro Marais, Heinrich Hatting, Franco Oberholzer. Doelskop: Vermaak. Sentraal 12 (5) – Drieë: EJ van der Berg, Van Zyl Hetzel. Doelskop: SJ Coetzee.
Landboudal 13 (10) – Drie: Juhan van der Westhuizen. Doelskop: Marius Etzebeth. Skepskop: Etzebeth. Fichardtpark 12 (12) – Drieë: Zain van Zyl (2). Doelskop: Rubin Visagie.
Ficksburg 61 – Drieë: Morné Swanepoel (4), Thato Tsilo, Sameer Kraukam, Joseph Mokhele, Reitumetse Lebitsa, Evert Strydom. Doelskoppe: Oratilwe Shata (6), Strydom. New Horizon College Bethlehem 0.
Ander tellings
o.19 – Burgersorp 1ste XV 26, Gill College 1ste XV 9; St Johns’ College 1ste XV 80. St Andrew’s School 1ste XV 5; Jim Fouché II 50, Sentraal II 10; Jim Fouché III 50, Sentraal III 0; Jim Fouché IV 24, Sentraal IV 15; St John’s College IV 21, St Andrew’s School II 10; Landboudal II 38, Fichardtpark II 12; Fichardtpark III 21, Landboudal III 10.
o.16 – Sentraal A 28, Jim Fouché A 0; St John’s College A 41, St Andrew’s School A 12; Fichardtpark A 40, Landboudal A 33.
o.15 – Jim Fouché A 17, Sentraal A 13; Sentraal B 31, Jim Fouché B 0; St John’s College A 73, St Andrew’s School A 0; Fichardtpark A 54, Landboudal A 8.
o.14 – Sentraal A 28, Jim Fouché A 5; Sentraal B 52, Jim Fouché B 0; St John’s College A 21, St Andrew’s School A 12; Fichardtpark A 50, Landboudal A 0.
Die vreugdevure sou hoog gebrand het in die Kloof na Hoërskool Waterkloof se geskiedkundige sege van 47-36 oor Hoërskool Garsfontein se Bere.
Dit was nie alleen die eerste keer in 11 jaar dat die Klofies weer kon koning kraai teen die Bere nie, maar dié oorwinning het Waterkloof ook gevestig as een van die voorste aanspraakmakers om vanjaar die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te verower.
Dit was boonop die sesde agtereenvolgende keer wat Garsies op hul neuse moes kyk.
Die Blou Tornado was soos ‘n wafferse naelloper uit die blokke om vroeg reeds ‘n taamlike voorsprong op te bou, grootliks danksy heelagter, Ronan Bastiaanse, se dodelike skopskoen.
Bastiaanse het die besoekers gelooi met ses doelskoppe en ‘n paar strafdoele, maar dit was sy skepdoel, van meer as 50 meter ver, wat die tuisskare laat brul het van vreugde. Hy het uiteindelik met 22 van sy span se 47 punte gespog.
Die Klofies se steelkantflank, Lendrey Janse van Vuuren, het ook ‘n barshou gespeel en was, saam met agtesteman, Marko Kok, oral op die veld besig om die verdediging met hul kragtige dryfspel aan te vat. Janse van Vuuren het ook ‘n tweekuns behaal.
Met ‘n rustydagterstand van 12-38 wat hulle in die gesig gestaar het, was die Bere kniediep in die moeilikheid, máár, met die wind van agter in die tweede helfte, het hulle uiteindelik taamlike ritme begin vind om te wys waartoe hulle in staat is. Dit was vernaam wanneer die agterlyn effense spasie gegun was, dat die Garsies op hul gevaarlikste was, en heelagter, Junaid Passensie, het sy kanse aangegryp om self twee keer te gaan druk.
Die Bere se terugvegpoging van 24 punte en uitstekende skrumwerk sal van die positiewes wees wat hulle uit die nederlaag kan neem.
Hoërskool Monument het die momentum wat hulle by die onlangse Wildeklawer-toernooi begin opbou het voortgesit en, met losskakel, Cruz la Moer, aan die spits, die bal lekker lug gegee in die tweede helfte om Hoërskool Menlopark met 59-25 te verslaan.
Die Parkies sal wil verbeter op hul vertoning in die eerste 35 minute gespeel het, maar indien die Pretorianers dieselfde spelpeil van die tweede helfte vir die res van die seisoen kan voortsit, is hulle beslis ‘n buiteperd in vanjaar se reeks.
Puntemakers:
Waterkloof 47 (38) – Drieë: Lendrey Janse van Vuuren (2), Happy Makate, Riwan van Aswegen, Dennis Obi. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (6). Strafdoele: Bastiaanse (2). Skepskop: Bastiaanse. Garsfontein 36 (12) – Drieë: Junaid Passensie (2), Aiden King, Luan van der Berg, Luan Ferreira, Junaid Stuart. Doelskoppe: Luan Ferreira (2), Derrick Kuhn.
Monument 59 (26) – Drieë: Cruz la More, Keenan Myners, Kealan Milton, RJ Barnard, Nathan Erasmus, Ernesto Oersen, Evan Bernardi, Rasliem Guyan, Hanu Fourie. Doelskoppe: Cruz la More (6). Menlopark 25 (20) – Drieë: Stefan van Niekerk (2), Divan Nel, Anwil Prins.
Die Liggies het die afgelope naweek vir die besoekers van Klerksdorp met 12-7 in Lichtenburg verslaan. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Lichtenburg as oorwinnaars uit die jaarlikse tweestryd met hul tradisionele vyande tree, nadat hulle verlede jaar, in Klerksdorp, met 31-27 die knoop kon deurhak.
Vanjaar was albei spanne rotsvas op die verdediging, met die gevolg dat daar nie veel geleenthede was vir avontuurlustige hardlooprugby nie.
Die twee pakke het mekaar behoorlik opgedreun, en dit was asembenewend om die genadelose duikslae en fisieke konfrontasie voorlangs te aanskou. Die tweestryd tussen die steelkantflanke was verál hewig.
Tiaan Booysen, die Liggies se kantman, het gewoeker in die vastelos, die besoekers laat bontstaan met sy kragtige dryfspel en is met ‘n drie beloon. Aan die kant van Klerksdorp was dit sy naamgenoot, Tiaan Koen, wie se hoë werkverrigting en vasberadenheid op die verdediging deurgaans beïndruk het.
Agterlangs het Liggies se buitesenter en ander driedrukker, Dundré Dempers, vir Klerksdorp se middeveld kwaai hoofbrekens besorg met sy effektiewe aanvalslyne en vermoë om spasie aan te val. Winton Abrahams, wat op heelagter vir die besoekers uitgedraf het, het uitstekende teenaanvalle geloods, waarvan een ook vir hom op ‘n drie uitgeloop het.
St Stithians College and Parktown Boys’ High School shared an eight-goal thriller on Saturday, with Saints securing a 5-3 home victory on their home turf.
When they met in 2023, St Stithians also came away with the honours after a hard-fought 2-1 victory.
Parktown gave Saints a good game but, in the end, it was not quite enough. The home team never trailed and netted their first two minutes before the end of the opening chukka.
From there, they established a comfortable 3-0 advantage, but Parktown’s fight was undiminished, and they pulled one back 30 seconds before the break.
They reduced the deficit to a single goal in the third chukka, but Saints responded well, tacking on two more goals to make it 5-2.
Coach Kyle Reddy‘s charges found a third goal in the final chukka, but there was no further give in the St Stithians’ defence and they secured the victory.
In another game, King Edward VII School went down 1-2 to St Benedict’s College, who have been one of the more consistent Johannesburg schools this season.
St David’s Marist Inanda, who have also enjoyed a solid 2024, whipped Springs Boys’ High 8-0. It was only 1-0 at half-time, but St David’s overwhelmed Springs in the second half, finding the back of the net seven more times.
In Pretoria, the visiting Hilton College won 2-1 against Pretoria Boys High School.
RESULTS
St Stithians College 5-3 Parktown Boys’ High
King Edward VII 1-2 St Benedict’s College
St David’s Marist Inanda 8-0 Springs Boys’ High
Pretoria Boys High 1-2 Hilton College
Stellenberg continued to build on their recent good form and weathered a spirited effort from Bishops Diocesan College in Bellville on Saturday to come away with a gritty victory.
The win comes after an outstanding 26-22 win over Garsfontein at the Absa Wildeklawer Festival in Kimberley last week, where they also came tantalisingly close to upsetting EG Jansen (17-19) in their second fixture. At Bishops, they showed fine character to outscore their southern suburbs rivals.
The victory also avenged a 7-22 defeat to Bishops on the Piley Rees last season, with their burly hooker, Almero Keizer, driving Stellies to success with a hattrick of tries.
The visitors appeared much improved from their last couple of outings, and they were rewarded for their hard work early on when Ben Koenig burst over to open the scoring on the wing.
The home team got their tally ticking through the boot of fullback Dehan Neethling before Keizer went over for three five-pointers to see Stellenberg take the honours. Wing Marco Staples added a late penalty conversion for good measure.
Bishops kept battering at Stellies’ defences, though, and Jordan Petersen and Rynard Gordon were able to make further inroads on the scoreboard to get them to within six points at the end.
It doesn’t get any easier for the proud team from the southern suburbs as they get ready to host a wounded Paarl Boys’ High next weekend.
The Jade Brigade marches on to take on their neighbours, Hoërskool Bellville, next time out.
Meanwhile, Paarl Gimnasium had to sweat to keep their excellent record intact, beating Rondebosch Boys’ High 19-12. – Link to the game
The ‘Bosch boys represented their school with distinction on their home field, keeping the mighty challengers from Paarl within reach throughout the contest.
Freek de Kock opened the scoring for Gim with a brilliant counterattacking play out of his own half, but the momentum was still with the hosts. They threw everything they had at the Gimmie defenders, who remained resolute.
Paarl Gimnasium captain Kobus Blanckenberg broke through to send flyhalf Chandler Green over for their second try, but ‘Bosch hit back when Shakeel Abrahams went over in the corner after his big no. 8, Collin Paul Kemp, made the initial break.
Even without a couple of their regular starters, Hans Verster and co were able to turn over Wynberg Boys’ High on the Hawthornden Field to end Boland Landbou‘s run of bad luck away from home against their rivals that stretches as far back as 2012.
This weekend, however, the farmers had too much firepower, with Verster muscling over for 10 points and Henry Rudder and Sydney Blaauw also adding their names to the scoresheet.
Paul Roos Gimnasium continued its unbeaten season by disposing of SACS by a 28-10 scoreline. – Link to the game
Hugo Coetzee struck twice on the wing and Keenen Stoffels and Heaton Rice rounded off another dominant performance by the Maroon Machine.
Boland Landbou faces SACS next weekend, while Rondebosch takes a well-deserved break.
The biggest fixture on the horizon, however, takes place on the J.A. Kriel Field where Paarl Gimnasium tackles Paul Roos in a true battle of the giants, with both teams playing top rugby again this season.
SCORERS
Paarl Gimnasium 19 (14) – Tries: Freek de Kock, Markus Moolman, Chandler Green. Conversions: De Kock (2). Rondebosch Boys’ High 12 (7) – Tries Shakeel Abrahams, Dylan Miller. Conversion: David Simon.
Paul Roos Gimnasium 28 (21) – Tries: Hugo Coetzee (2), Keenen Stoffels, Heaton Rice. Conversions: Matthew Seymore (4). SACS 10 (5) – Tries: Matt Carrick, Ethan Combrink.
Boland Landbou 32 (15) – Tries: Hans Verster (2), Henry Rudder, Sydney Blaauw. Conversions: Jayden Brits (3). Penalties: Brits (2). Wynberg Boys’ High 10 (3) – Try: Brandon Ashburner. Conversion: Yaqeen Ahmed. Penalty: Ahmed.
Stellenberg 25 (10) – Tries: Almero Keizer (3). Conversions: Dehan Neethling (2). Penalties: Neethling, Marco Staples. Diocesan College 19 (12) – Tries: Tries: Ben Koenig, Jordan Petersen, Rynard Gordon. Conversions: Lucca Mynhardt (2).
Other results
u19 – Paarl Gimnasium II 35, Rondebosch Boys’ High II 14; Paarl Gimnasium III 62, Rondebosch Boys’ High III 0; Paarl Gimnasium IV 84, Rondebosch Boys’ High 5; Paarl Gimnasium V 14, Rondebosch Boys’ High V 3; Paul Roos II 38, SACS II 0; Paul Roos III 75, SACS III 0; Paul Roos IV 68, SACS IV 7; Paul Roos V 62, SACS V 3; Paul Roos VI 48, SACS VI 0; Boland Landbou II 31, Wynberg Boys’ High II 12; Boland Landbou III 32, Wynberg Boys’ High III 12; Boland Landbou IV 43, Wynberg Boys’ High IV 0.
u16 – Paarl Gimnasium A 36, Rondebosch Boys’ High A 5; Paarl Gimnasium B 88, Rondebosch Boys’ High B 0; Paul Roos A 53, SACS A 0; Paul Roos B 19, SACS B 7; Paul Roos C 96, SACS C 0; Wynberg Boys’ High A 17, Boland Landbou A 14; Wynberg Boys’ High B 24, Boland Landbou B 7; Wynberg Boys’ High C 33, Boland Landbou C 12; Stellenberg A 38, Diocesan College A 3.
u15 – Paarl Gimnasium A 23, Rondebosch Boys’ High A 10; Paarl Gimnasium B 17, Rondebosch Boys’ High B 11; Paarl Gimnasium C 28, Rondebosch Boys’ High C 5; Paarl Gimnasium D 19, Rondebosch Boys’ High D 10; SACS A 15, Paul Roos A 15; Paul Roos B 17, SACS B 3; Paul Roos C 28, SACS C 0; Paul Roos D 75, SACS D 0; Wynberg Boys’ High A 22, Boland Landbou A 12; Boland Landbou B 19, Wynberg Boys’ High B 0; Boland Landbou C 12, Wynberg Boys’ High C 5; Boland Landbou D 20, Wynberg Boys’ High D 10; Boland Landbou E 28, Wynberg Boys’ High E 7; Stellenberg A 33, Diocesan College A 0;
u14 – Paarl Gimnasium A 19, Rondebosch Boys’ High A 3; Paarl Gimnasium B 45, Rondebosch Boys’ High B 7; Paarl Gimnasium C 64, Rondebosch Boys’ High C 0; Paul Roos A 55, SACS A 0; Paul Roos B 43, SACS B 0; SACS C 8, Paul Roos C 0; Paul Roos D 73, SACS D 0; Paul Roos E 78, SACS E 0; Boland Landbou A 32, Wynberg Boys’ High A 0; Boland Landbou B 8, Wynberg Boys’ High B 6; Wynberg Boys’ High C 15, Boland Landbou C 7; Boland Landbou D 15, Wynberg Boys’ High D 0; Boland Landbou E 45, Wynberg Boys’ High E 0; Stellenberg A 5, Diocesan College A 0.
Die “Klein Interjol” in Upington het weer vir groot “sports” gesorg die afgelope naweek, met Hoërskool Duineveld wat in die doodsnikke die wendrie kon aanteken vir die spogregte teen Hoërskool Upington.
Die Upington-derby het oudergewoonte vir vuurwerke gesorg, met Duineveld wat uiteindelik met 17-15 die pyp kon rook.
Rotsvaste verdediging aan albei kante het daartoe gelei dat daar geen drieë vir die grootste gedeelte van die wedstryd aangeteken is nie, maar dit het nie beteken dat daar enige tekort aan aksie was nie.
Die Uppies was eerste op die telbord met ‘n strafdoel deur losskakel, Caydan Daniels, maar sy direkte teenstander, PJ Smit, het bykans onmiddelik daarna dit uitgekanselleer met ‘n suksesvolle poging van sy eie. Daniels se stewel het teen rustyd vir die tuisspan met 9-6 laat voorloop.
Skrumskakel, Franco Erasmus, was ‘n doring in die tuisspan se vlees, terwyl heelagter, Jacquin Jasson, ook deurentyd gevaarlik gelyk het.
Die Uppies het egter aanhou hard werk om hul drie-punt voorsprong te verdedig, en, met slegs ‘n minuut speeltyd oor, was hulle steeds met 15-12 voor. Daniels het sake netjies beheer in die middeveld terwyl Jaden Williams dikwels die besoekers se lynstane omvergegooi het.
Die Velties se giftige binnesenter, Gregan Jansen, het egter op die nippertjie die uitklophou geplant met die enigste drie van die wedstryd.
Die tafel is dus gedek vir ‘n reusestryd wanneer die twee trotse spanne mekaar weer in Augustus ontmoet vir die “Groot Interjol”. Tot dan pronk die Velties egter as bobaas in die dorp.
Verlede jaar het Hoërskool Upington die eerste kragmeting met 22-17 gewen, voordat Duineveld later in die jaar die bordjies kon verhang met ‘n naelskraapse sege van 29-26.
LUHAN GRAAFF, buitesenter van HTS Middelburg, duik hier oor die doellyn vir een van sy span se drieë in die jaarlikse derby teen Hoërskool Middelburg. Die Rooi Bulle het die kragmeting voor ‘n rekordskare met 31-24 gewen. FOTO: Frans Lombard/Actionpix
PRETORIA. – Dit het ‘n volle 11 jaar geneem, maar die Blou Tornado van die Hoërskool Waterkloof het uiteindelik weer daarin geslaag om Garsfontein se Bere weg te waai.
Die Klofies was met 47-36 op sy tuisveld baas. Soos enige goeie wenresep het jy ‘n kok oftewel in Waterkloof se geval Marco Kok nodig. Kok het telke male met sy stormramlopies sy span oor die voordeellyn gekry.
Boonop het die heelagter, Ronan Bastiaanse, sy skopskoene aangehad. Hy het nie net ‘n skepdoel vanuit sy eie helfte oorgeklits nie, maar ook ‘n bydrae van 22 punte met sy skopskoen gelewer.
Die Klofies se senterpaar, Happy Makate en Riwan van Aswegen, het agterlangs ook baljaar.
Dit was die Garsies se sesde agtereenvolgende nederlaag vanjaar. Die Turkoois Bere het laas in 2010 só ‘n droogte beleef toe hy vier keer in ‘n ry teen onderskeidelik Oos-Moot (8-32), Waterkloof (0-102), Centurion (14-59) en Wonderboom (14-17) die onderspit gedelf het.
Die Bere se ses nederlae tot dusver vanjaar was egter meestal teen groot honde soos Affies, die Hoër Jongenskool Paarl, Oakdale Landbou, Stellenberg en Grey-kollege.
Die Klofies was teen rustyd met die telling op 38-12 stewig in die saal. Die Garsies sal dus sook positiewe punte uit die nederlaag kan neem soos hul terugvegpoging in die einde asook hul skrumwerk.
Dit is sover vanjaar ook nie die Hoër Jongenskool Paarl se seisoen nie.
Maar die eerstespan van Boishaai het Saterdag in Bloemfontein gewys dat hy steeds oor hope durf beskik. Die span se afrigter, Sean Erasmus, se planne is ook duidelik nog vêr van klaar.
Grey-kollege was soos verwag in die interskole met 40-28 baas, maar dit was ‘n veel moeiliker taak as wat meeste vooraf verwag het. Grey het teen lemoentyd ‘n skrale voorsprong van 19-14 geniet.
Grey se skrumskakel, Phillip McLaren, wat uitstaande veral op verdediging waar hy waarskynlik meer as drie keer sy eie gewig in goud werd was. Die linkervleuel, Ruben Cilliers, was ook uitstaande.
Vir Boishaai het sy twee flanke, Rubin Dames en Stephan van der Merwe, vir die tuisspan probleme by die afbreekpunte besorg.
In Middelburg het HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg gesorg dat die meer as 13 000 toeskouers getrakteer word tot alles wat ‘n volwaardige derby behoort te hê.
Die twee spanne het behoorlik inmekaar geklim. Veral met hul duikslae asook by die afbreekpunte. Daar is sonder twyfel ‘n hele paar seer lywe vandag in Middelburg.
Die Rooi Bulle se kaptein en flank, Toy Engelbrecht, was vooraan in sy span se sege van 31-24 oor die Middies.
Agterlangs het die binnesenter, Johnny dos Santos, ook deurgans puik spel opgedis.
Vir die Middies het sy losskakel, Matthew Abbey, ‘n skitterende wedstryd beleef. Die tweestryd met sy direkte teenstander, Jacque Stassen, was een van die hoogtepunte van die kragmeting.
Albei losskakels het 16 punte in die kragmeting aangeteken. Die wedstryd was ook deel van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.
Diamantveld het in Kimberley sy grootste sege nog oor sy aartsvyand Noord-Kaap behaal. Die Diamonds was witwarm het en met ‘n allemintige 71-7 as oorwinnaars van die veld in die FNB Classic Clash gestap.
Die tuisspan het tien keer agter Northerns se doellyn gaan kuier.
Duineveld het koning gekraai in die Klein Interjol teen Hoërskool Upington met 17-15, terwyl Jim Fouché in sy jaarlikse FNB Classic Clash met 32-12 oor Sentraal baas was.
Die groot verrassing in die sentrale streek was die gelykop-uitslag van 17-elk tussen Welkom Gimnasium en die Hoërskool Trio. Witteberg het vir Goudveld-Hoërskool behoorlik met 52-0 afgestof.
In die Wes-Kaap moes Paarl Gimnasium behoorlik sweet om Rondebosch Boys’ High met 19-12 te troef. Gimmies se teenstanders van volgende week, Paul Roos Gimnasium, het ook hard gewerk om vir SACS met 28-10 te klop.
Blou Bulle: Bergsig Akademie 26, Midstream College 23; Overkruin 36, Pretoria-Noord 28; Wonderboom 31, Centurion 26. Goue Leeus: Dinamika 41, Hoërskool Sasolburg 29. Limpopo: Ben Viljoen 82, Frans du Toit 3; Ellisras 26, Nylstroom 13; Frikkie Meyer 29, HTS Tom Naudé 18. Valke: Brandwag (Benoni) 55, Hans Moore 26; Oosterlig 39, Leeuwenhof 26.
Groep 3
Blou Bulle: Die Wilgers 40, HTS Tuine 13. Limpopo: Louis Trichardt 62, Eric Louw 10. Luiperds: Vryburg 40, Hartbeespoort 21. Pumas: Hoogenhout 15, Generaal Hertzog 15.
Groep 4
Blou Bulle: Curro Roodeplaat 44, Suiderberg 0; FH Odendaal 26, Silverton 0; Magalieskruin 22, Maragon Mooikloof 10; Akasia 41, Kwaggasrand 7. Goue Leeus: Bastion 29, Allen Glen 24; Linden 62, Glenharvie 5; Bekker 53, Queen’s High 21; Alberton High 43, President 6; Bracken 30, Jan Viljoen 21; Randpark High 41, Fourways 20.
KWAZULU-NATAL
Maritzburg College 24, Michaelhouse 17; Westville Boys’ High 34, Kearsney College 22; St Charles College 36, Clifton 12; Hilton College 29, Pretoria Boys’ High 17.
NOORDVAAL
Jeppe 40, Northwood 8; St John’s College 80, St Andrew’s (Bloemfontein) 3; Lichtenburg 12, Hoërskool Klerksdorp 7; Parktown Boys’ High 23, St Stithians College 15; St Alban’s College 27, Northcliff 25; King Edward VII 75, St Benedict’s College 3; Rob Ferreira 57, Uplands College 14.
OOS-KAAP
Grey High School 15, Queen’s College 5; Nico Malan 31, Marlow Landbou 27; Framesby 47, HTS Daniël Pienaar 19.