SSPN Test Site

Blog

  • Jansies oorgehaal om onoorwonne status te behou

    Dit behoort te gons in Middelburg Saterdag wanneer HTS Middelburg en Hoërskool Dr EG Jansen mekaar die stryd aansê.

    Die Rooibulle sal natuurlik daarop uit wees om die Jansies se onoorwonne segetog vanjaar te probeer beëindig.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Die Jansies het vroeg reeds aangedui dat hulle een van die spanne is om te klop vanjaar. Die span van Boksburg het juis onlangs teruggekeer van ‘n vrugtevolle toer na KwaZulu-Natal, waar hulle al hul wedstryde op die Kearsney Easter Rugby Festival gewen het.

    Dr EG Jansen se indrukwekkendste vertoning was hul laaste een, waartydens hulle die gasheerskool, Kearsney College, oortuigend met 36-11 verslaan het.

    Soos reeds gesien vanjaar, beskik die Jansies oor ‘n giftige agterlyn. Matthew Bergman, die span se losskakel, verpersoonlik die begrip “generaal” en slaag gereeld daarin om die gevaarmanne aan sy buitekant los te laat. Buitesenter, Jeandre Jacobs, was reeds ‘n paar keer vanjaar in ‘n verwoestende bui en die Rooibulle sal hom fyn moet dophou.

    Voorlangs wag losskopstut, Zian Marais, en haker, Danre Pike, op die Rooibulle se voorhoede. Pike, verál, is met mening op dreef en het al ‘n hele paar keer agter die doellyn gaan kuier, danksy die Jansies se kragtige rolmaalbewegings .

    Die Jansies kan egter allermins bekostig om op hul louere rus. Die Rooibulle is vanjaar duidelik honger om ‘n paar groot honde in die stof te laat byt en spog reeds met ‘n naelskraapse oorwinning van 20-19 oor Hoërskool Transvalia in die vroeë rondes van die NWU Sportreeks.

    Kaptein en oopkantflank, Toy Engelbrecht, sal uitsien na sy tweestryd met een van die Valke se aanspraakmakers op die nr. 6-trui, Zade-Leigh Rippenaar, terwyl agtsteman, Tertuis Bezuidenhout, en steelkantflank, Anthoni Smuts, ook nie sal terugdeins wanneer dit by die fisieke aspek van die stryd kom nie.

    Hoërskool Middelburg durf die Moot aan wanneer hulle Saterdag weg teen Oos-Moot te staan kom. Die Oosies sal begeesterd wees nadat hulle vir Hoërskool Nelspruit met met 37-29 getroef het in die laaste ronde voor die vakansie. Die Middies sal verál moet ligloop vir die ervare losskakel, Ruwan Allen, en steelkantflank, Wade Williams.

    Wat die besoekers betref, sal heelwat verantwoordelikheid rus op die skouers van losskakel, Matthew Abbey. Abbey se rekord vanaf die skopkegel is tot op hede uitstekend, dus sal Oosies hul beste voetjie wil voorsit wat dissipline betref om Abbey van die kans te ontneem om pale toe aan te lê.

    Ander wedstryde: 

    12:20 – Nelspruit t. Eldoraigne, 12:30 – Waterkloof t. Transvalia.

    Die spanne:

    HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 Sphesihle Skosana, 13 Luhan Graaff, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Darius Breytenbach, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Anthoni Smuts, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Hoërskool Dr EG Jansen (moontlik): 15 R-Jay Williams, 14 Jean-dre Claasen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre naude, 4 Gerhard van Aswegewen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Hoërskool Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 Nick Venter, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O’Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

    Hoërskool Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacque Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompson, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

  • Uppies en Diamonds pak mekaar in Kimberley

    Uppies en Diamonds pak mekaar in Kimberley

    Die Noord-Kaapse spanne van Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Upington sê mekaar Saterdag die stryd aan in ‘n netbalkragmeting wat die verbeelding behoort aan te gryp.

    Dié wedstryd, wat ‘n skouspel beloof te wees, vind om 10:40 op die tuisbaan van Diamantveld plaas.

    Upington tree as gedugte teenstanders na vore, nadat hulle verlede seisoen as naaswenners geëindig het in die Noord-Kaap. Hul vermoëns op die baan mag dus nie onderskat word nie

    Christine Esterhuizen, ‘n prominente figuur in netbalkringe, asook Upington se afrigter, is dit eens dat Diamantveld ’n krag is om mee rekening te hou.

    “Dit is altyd lekker om jouself teen sulke sterk opposisie te meet,” sê sy

    Ten spyte van ‘n uiters jong span, met slegs een senior speler, is Upington nietemin vol vertroue en gretig om hul slag te wys.

    Die spanne: 

    Hoërskool Upington: Lané Esterhuizen, Anria Oberholzer, Jenique Matthys, Liebe Karsten (o/k), Cara Fourie/Raquel Raman, Kayla du Plessis (k), Lida Louw, Amé Kotze, Mari-Alet van Zyl.

    Hoërskool Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw, Valmari Faber, Lara van Niekerk, Klarissa Taljaard, Brithe Honniball, Zandri Starke.

  • Boland Landbou in search of a win on the J.A. Kriel Field

    FOTO: Louis D van Niekerk

    Boland Landbou has not tasted victory against Paarl Gimnasium on the J.A. Kriel Field since 2006, if the Gimmies have their way on Saturday, that record will remain intact.

    Catch the action live on SuperSport Schools – Register nowLink to the game

    Paarl Gim has emerged as one of the front-runners for the number-one spot in South African schools’ rugby this season after convincing performances in the pre-season and during the Easter break.

    They dusted off Monument 38-21 at the NMI Toyota North-South Tournament in Pretoria, before making a loud statement against Pretoria Boys’ High, outmuscling them 75-10.

    Boland Landbou have also made an exciting start to their season, most recently scoring 59 unanswered points against Hans Moore. But they showed some cracks in their armour when they slipped up against Hilton College, losing 14-17 at the St John’s Easter Rugby Festival.

    When these two met on the farm last year, Paarl Gim doubled up Boland for a 36-18 triumph.

    Fullback Freek de Kock played on the wing in that match and was one of six Gimmies to cross the home team’s try line as they stamped their authority on their local rivals.

    Boland Landbou’s star flyhalf Retagen van Rooi also played in that match and will look forward to an opportunity to strike back at Gim this weekend.

    It will take a special performance to cause the hosts to stumble, though. With players like young Markus Muller, who has been grabbing attention since he burst on the scene at last year’s Grant Khomo Week, in their midst, the Paarl outfit looks like an unstoppable force at present.

    The challengers pride themselves on being something akin to an immovable object, and with a pack that is able to compete with most in the country, captain Hans Verster and co will be looking forward to digging in their heels and trading blow-for-blow with Gim when they run out on Saturday.

    Paarl Gimnasium vs Boland Landbou at 12:00

    Paarl Gimnasium: 15 Freek de Kock, 14 Immanuel Prinsloo, 13 Markus Muller, 12 Kobus Blanckenberg, 11 Markus Moolman, 10 Chandler Green, 9 Melt Viljoen, 8 Nicolas Nel, 7 Quintin Potgieter, 6 Jan Koegelenberg, 5 Marinus Daling, 4 Stiaan de Goede, 3 Ely Williams, 2 Dawie Stemmet, 1 Jean-Jacques du Preez.

    Boland Landbou: 15 Lyle Lewis, 14 Wehan Lume, 13 Danté Christians, 12 Juan Swart, 11 Enslin Claasen, 10 Retagen van Rooi, 9 Jayden Brits, 8 Alco Bindemann, 7 Karst Smits, 6 Hans Verster, 5 Ruan Viviers, 4 Kodi Nel, 3 Derico Mesina, 2 Thiaan van Zyl, 1 Henry Rudder.

  • Welkom Gim en Witteberg skop ligabepalings in sentrale streke af

    Welkom Gim en Witteberg skop ligabepalings in sentrale streke af

    PHOTO: Frans Lombard

    Die onderskeie rugbyligas in die sentrale streke begin amptelik hierdie naweek na die vakansie.

    Welkom Gimnasium verwelkom vir Hoërskool Witteberg Saterdag in wat beloof om ‘n hoogtepunt van die naweek te wees, indien albei spanne hul beste voet voorsit.

    Toe hulle verlede jaar mekaar in Bethlehem raakgeloop het was dit die “Swarttruie” wat die oorhand geniet het om vir Witteberg met 41-19 ore aan te sit.

    Albei spanne het gemengde welslae tot dusver vanjaar behaal. Die Gimmies het ‘n paar strawwe kragmetings met spanne soos Grey-kollege en Hoërskool Monument agter die rug. By verlede maand se NMI Noord/Suid-toernooi het hulle eers met 36-26 vasgeval teen Hoërskool EG Jansen, voordat hulle vir Hoërskool Nelspruit met 24-20 kon klop. Hulle het die seisoen ook op ‘n hoë begin met ‘n sege van 31-13 oor Hoërskool Jim Fouché.

    In 2023 het die manne van Welkom weekliks opwindende spel opgedis, en met ‘n hele paar van daardie groep wat vanjaar weer die swarttrui dra kan ondersteuners nóg sprankelrugby van die span te wagte wees, sodra hulle weer lekker gees en samehorigheid kan bewerkstellig.

    Witteberg se seisoen het ook teen JF begin in Bloemfontein, waar die twee spanne gelykop gespeel het met 24-24, en hulle het daardie vertoning opgevolg met ‘n wegholsege van 51-8 oor Hoërskool Sentraal. By die onlangse Mauritz Hansen-rugbyweek kon hulle egter slegs een oorwinning, teen Northcliff High School, tot hul rekord voeg, na harde kragmetings met Ligbron Akademie en Hoërskool Bellville.

    Die tuisspan se goue seun, Renaldo Kiewiet, het by Noord/Suid op heelagter begin uitdraf, nadat hy verlede jaar en aan die begin van hierdie seisoen uitgestaan het in die no. 10-trui. Leano Williams neem sy plek op losskakel in en sal, saam met skrumskakel, Rewaldo Farmer, ‘n belangrike rol speel om die giftige Welkom Gim-agterlyn aan die gang te kry.

    Die besoekers het egter ook ‘n paar blitsige spelers in hul midde, met senter, Kenyon Morat, en losskakel, Sydwell Sethi, wat kan ore plattrek.

    Voorlangs gaan die stryd tussen die losvoorspelers ‘n bepalende faktor wees. Die twee agstemanne, Ethan Jones (Welkom Gim) en Daniel Meintjies (Witteberg), is albei ook seniors in hul onderskeie spanne en wie van hulle  ookal sy stempel op die wedstryd kan afdruk, mag dalk die verskil maak hierdie naweek.

    Die ander Griffonliga-bepaling vir die naweek speel af in Virginia, waar Hentie Cilliers Hoërskool vir Goudveld-Hoërskool ontvang.

    Hoërskool Sentraal skop hul Vrystaatliga-bepalings af teen Landboudal.

    Daardie wedstryd is beskikbaar op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Die Tralies beleef weer ‘n moeilike seisoen tot dusver, maar het vroeër vanjaar teen Hoërskool Noord-Kaap gewys dat hulle gevaarlik kan wees wanneer hulle hul spelpatrone behoorlik kan uitvoer. Die manne van Kimberley moes sweet vir ‘n sege van 28-22 .

    ‘n Sege oor die Lanties is net wat die manne van Bloemfontein nodig het, maar die Jacobsdal-boere is nie ‘n span wat sommer gaan lê nie.

    Senterpaar, Pat Cloete en CJ Hertzog, is twee van Sentraal se uitblinkers, maar hul direkte opponente is ook twee van Landboudal se kernspelers, die veteraan, Jan-Louis Nel, en kaptein, Divan Vorster.

    Die spanne

    Welkom Gimnasium t. Witteberg om 12:30:

    Welkom Gimnasium: 15 Renaldo Kiewiet, 14 Hloni Mokotjo, 13 Dyllan Kemp, 12 Jayden Weideman, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Leano Williams, 9 Rewaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirsten, 6 Rovaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Diederik Beuken, 3 Alexander Olivier, 2 Kganya Molapo, 1 Buchle Ngxaabayi.

    Hoërskool Witteberg: 15 Janco Swart, 14 Thabo Motheke, 13 JC van Rhyn, 12 Kenyon Morat, 11 Tshepo Motloung, 10 Sydwell Sethi, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Lesego Mosikidi, 6 Sakkie Brits, 5 Llewellyn Beukes, 4 Marco Grobler, 3 Rajesh Laubscher, 2 Jacques van der Merwe, 1 Rian Roos.

    Hentie Cilliers t. Goudveld om 12:30:

    Hoërskool Hentie Cilliers: 15 Joze Draaghoender, 14 Mosa Sesedi, 13 Kelebogile Mothibi, 12 Ashwon Mellen, 11 Xander Wiltshire, 10 Rorisang Mothibi, 9 Katleho Tau, 8 Owen Posholi, 7 Lebohang Lesito, 6 Rearabetswe Olifant, 5 Oyama Frans, 4 Dandre de Lange, 3 Lungile Samson, 2 Josay Sebia, 1 Oratile Pule..

    Goudveld-Hoërskool: 15 Ru-Bran Kock, 14 Adriaan Muller, 13 Hendro Boardman, 12 Caleb Lottering, 11 KB Sonopo, 10 Ruben Crous, 9 JM Rensburg, 8 Malan Marx, 7 Thabiso Phafudi, 6 Hannes Fouche, 5 Wehan Mostert, 4 Heinru Carstens, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Jan Coetzee, 1 Toka Khooe.

    Hoërskool Sentraal t. Landboudal om 13:00:

    Sentraal: 15 Jayden Betty, 14 Aiden Gotsch, 13 Pat Cloete, 12 CJ Hertzog, 11 Lee-Yagin Arendse, 10 Hendrik Jonker, 9 Schalk Linde, 8 Chris Kachelhoffer, 7 Janre Jardim, 6 Percy Reynolds, 5 DJ Bredenkamp, 4 Steven Smith, 3 EJ van der Berg, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

    Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Simeon de Klerk, 13 Divan Vorster, 12 Jan-Louis Nel, 11 Jannie de Waal, 10 Henko Truter, 9 Craven Crause, 8 Juhan van der Westhuizen, 7 Jaco Venter, 6 Brink Bruwer, 5 Gustav Nel, 4 Franke Fourie, 3 Ruan van Bosch, 2 Regard Scheepers, 1 Wianco Ludike.

    Ander bepalings: 13:00 – Brandfort t. Heilbron; 14:55 – Kalahari t. Duineveld.

  • One SA Schools’ player and one second team player of 2023 to make their first-class debuts in SA Cup

    CAPE TOWN, SOUTH AFRICA – AUGUST 15: Christiaan van der Westhuizen of South Africa during the U18 International Series match between South Africa and France at Stellenberg High School on August 15, 2023 in Cape Town, South Africa. (Photo by Shaun Roy/Gallo Images)

    A unique situation will be play out in the Toyota Stadium in Bloemfontein on Friday evening.

    Two matriculants of 2023 – Christiaan van der Westhuizen and Arno van der Merwe – will make their first-class debuts for the Cheetahs against the Pumas in the SA Cup match, which kicks off at 18:00.

    Both players are still 18 years old and finished their schooling careers last year at Grey College.

    Catch all the action live on SuperSport.

    Van der Westhuizen represented the 2023 South African Schools side at scrumhalf, while Van der Merwe played lock for Grey College’s second-stringers, the Cherries.

    Van der Westhuizen will celebrate his 19th birthday on 28 April, while Van der Merwe turns 19 on 9 May.

    Van der Westhuizen will get an opportunity off the bench. The first-choice scrumhalf for the game, Marco Janse van Vuren (Transvalia), represented the SA Schools side in 2013 and 2014.

    Ruben de Haas, who has been capped at scrumhalf by the USA national team, is also on the Cheetahs’ bench. De Haas is the son of 1986 SA Schools’ flyhalf Pieter de Haas, who also ran out for Transvaal and the Valke at 10 and 12.

    Another interesting call-up for the Cheetahs is that of Kevin Stevens, who retired from rugby in 2018. He has been a full-time broker for the last six years.

    The 37-year-old matriculated in 2005 from Grey College,co-incidentally the same year that Van der Westhuizen and Van der Merwe were born. Stevens represented the Free State at the Craven Week of 2005. His intentions to retire from the game first happened in 2023, but the Cheetahs brought him in for the Vodacom Cup of 2014.

    TEAMS 

    Cheetahs: 15 Banie Britz (Grey College), 14 S’bu Nkosi (Jeppe High School for Boys), 13 Gert Steyn (Grey College), 12 Luke Carew (Paarl Boys’ High), 11 Rethabile Mzamo (), 10 James Verity-Amm (Hottentots-Holland), 9 Marco Janse van Vuren (Transvalia), 8 Sisonke Vumazonke (Grey College), 7 Ulrich Stander (Welkom Gimnasium), 6 Andisa Ntsila (Queen’s College), 5 Thabang Mahlasi (Drie Riviere), 4 Arno van der Merwe (Grey College), 3 Justin Forwood (Waterkloof), 2 Vernon Paulo (Oakdale Landbou), 1 Cameron Dawson (Paul Roos Gimnasium). Replacements: 16 Nick Greyling (Grey College), 17 Kevin Stevens (Grey College), 18 Marco Conradie (Oakdale Landbou), 19 Andries Burger (), 20 Niel Venter (Paarl Boys’ High), 21 Christiaan van der Westhuizen (Grey College), 22 Ruben de Haas (Jessieville), 23 Marcey de Waal (Monument).

    Pumas: 15 Tino Swanepoel (Florida), 14 Stefan Coetzee (Namakwaland), 13 Theunis Pretorius (Waterkloof), 12 Wian van Niekerk (Paarl Gimnasium), 11 Phiko Sobahle (Northwood), 10 Clinton Swart (Paarl Boys’ High), 9 Ross Braude (Grey College), 8 Kwanda Dimaza (Dale College), 7 Ruwald van der Merwe (Hoërskool Rustenburg), 6 Jaco Labuschagne (Affies), 5 Shane Kirkwood (Marais Viljoen – captain), 4 Jeandré Leonard (Garsfontein), 3 Sampie Swiegers (Empangeni), 2 Llewellyn Classen (Pretoria Boys’ High), 1 Dewald Maritz (Hoërskool Nelspruit). Replacements: 16 Darnell Osuagwu (Parktown Boys’ High), 17 Etienne Janeke (Nico Malan), 18 Munashe Mhere (Paarl Boys’ High), 19 Tiaan de Klerk (Monument), 20 Anele Lungisa (Molly Blackburn Secondary), 21 Giovan Snyman (Waterkloof), 22 Gene Willemse (Oakdale Landbou), 23 Lundi Msenge (Worcester Gimnasium).

  • Charlie Hofmeyr goes to Strand to settle unfinished business

    PHOTO: Lunchbox Photography

    Last year, Hoërskool Strand fought back from a 0-17 deficit to draw 17-17 with Charlie Hofmeyr in Ceres. This weekend, the two proud schools take to the field again in a bid to find a winner.

    Watch the action live on SuperSport Schools – Register nowLink to the game

    The Charlies have been on fire again this season, tasting early success at the Oakdale Klein Karoo Saadproduksie Rugbyweek in Riversdal where they annihilated the rest of the competition to book a spot in the finale against Hoërskool Brackenfell.

    In the main event, they showed great character to claw their way back from an 11-point half-time deficit to win 15-14.

    Strand was also at the event in Riversdal but was denied a clean streak by Hoërskool Lichtenburg. They came up just short, losing 18-19 to the team from the North-West.

    Impressive victories over Hamiltons u19 at the Brackenfell Sports Day, as well as against Hoërskool Middelburg and Kemptonpark at Oakdale, have shown that the boys from Strand have what it takes, and they’ll be hoping that the home-field advantage is enough to give them an edge over the visitors.

    Watch out for the Ceres outfit’s flyhalf, Luan Giliomee in combination with his inside centre, Philip du Plessis, this weekend. It was the duo’s synergy against Brackenfell that enabled Charlie Hofmeyr to steal the victory with two spectacular tries in the dying moments.

    The experienced partnership of Tyron Nicholas, Heinrich April and Grezano Plaatjies in the home team’s backline can be equally as destructive, however. The trio formed part of the Strand squad that came close to a spectacular comeback against Charlies last year, and they’ll be aiming to take it one step further this weekend.

    Meanwhile, there is more action in Wellington, where Hugenote takes on HTS Drostdy, and in Somerset West, where Parel Vallei hosts DF Malan.

    Hoërskool Strand vs. Charlie Hofmeyr at 12:10

    Hoërskool Strand: 15 Darren Dramat, 14 Lyle Julies, 13 Sherwin April, 12 Grezano Plaatjies, 11 Heinrich April, 10 Tyron Nicholas, 9 Jayden Steenkamp, 8 Ashraf Fanie, 7 Chrismar Prinsloo, 6 Eben Delport, 5 Dewald Barnard, 4 Wessel Cloete, 3 Cayden Theunissen, 2 Roeben Robinson, 1 Wiehan Adams.

    Charlie Hofmeyr: 15 Jay-Jay Janse, 14 Zephinith Sass, 13 Keegan Kelly, 12 Phillip du Plessis, 11 Deolyn Isaac, 10 Luan Giliomee, 9 Izha-Vin van Wyk, 8 Gerhard Goosen, 7 Daniel Bakkes, 6 Tyrone Davids, 5 Le Roux Groenewald, 4 Jacob Kriel, 3 Duran Shiba, 2 Kyle Cardosa, 1 Aaron Richter.

    Hugenote vs HTS Drostdy at 12:00

    Hugenote: 15 Xavier Fredericks, 14 Heinrich Landsberg, 13 Ethan-John Isaacs, 12 Xavier Oktober, 11 Joshua Lewis, 10 Lian Wiid, 9 Hugo Steenkamp, 8 Alrich Humphreys, 7 Cullen Ruiters, 6 Brody Fortuin, 5 Brett Arendse, 4 Andre van der Westhuizen, 3 Eswin Apollis, 2 Kieran Smith, 1 Xavier Gertse.

    HTS Drostdy: 15 Herald Mbuqa, 14 Adrian Vergotine, 13 Aljay Skippers, 12 Josh Fourie, 11 Pirlo Barron, 10 Stefan van der Merwe, 9 Caleb Cornet, 8 MJ van der Westhuizen, 7 Rianzo van der Westhuizen, 6 Jeandre Spangenberg, 5 Marcus Lee, 4 Pietie Erasmus, 3 Tertius Wantenaar, 2 Daniel Mellet, 1 Sandro Smit.

    Other fixtures: 12:50 – Parel Vallei vs DF Malan

  • Wynberg aims to build on pre-season promise as schoolboy rugby returns to Cape Town

    (Photo courtesy of Bishops Diocesan College)

    After an action-packed Easter break, the Cape Town schools are all back and ready to get the local season going in earnest this weekend.

    Catch all the action live on SuperSport Schools – Register now 

    Wynberg Boys’ High seeks to continue their strong start to the season when they host Hoërskool Durbanville. – Link to Wynberg Boys’ High vs Hoërskool Durbanville

    Since they kicked off their season with an 84-3 mauling of Windhoek High at the Wynberg Rugby Festival, the Wynberg first team has shown no signs of slowing down. They followed up that performance with wins over St Andrew’s College and Kingswood College at the Bishops 175 Rugby Festival, and they’ll be intent on taking that rich vein of form into their clash with the Durbies on Saturday.

    Flyhalf Yaqeen Ahmed has set the pace and spearheads his side’s attack with great success.

    With flyers like Brandon Ashburner and Levi Brown in the backline, Wynberg will aim to overrun their visitors, while their big pack of forwards controls the game up front.

    Durbanville has experienced a contrasting start to their season. It started with a tough day at the office against Paarl Boys’ High at the pre-season Porterville “Bulfees”, where they lost 7-73. Since then, they’ve also come up short against SACS, Waterkloof and Monument, so they’ll be anxious to get one in the winning column as soon as possible.

    There are more than enough avenues to score in the Durbie lineup, with exciting young talents like Valrhino Olckers and Tobie Roelofse in their midst. However, playing against some of the toughest teams in SA early in the season, they haven’t been able to find their rhythm, but Wynberg will know that their challengers from the northern suburbs will be ready for a fight.

    Meanwhile, SACS hosts Stellenberg and Milnerton plays away at Rondebosch Boys’ High. – Link to Rondebosch Boys’ High vs Milnerton

    Rondebosch suffered an early 13-17 defeat to Oakdale Landbou but they’ve been unstoppable since then, recording wins over Durban High School (DHS), Westville Boys’ High, Kearsney College and Hoërskool Rustenburg.

    Rondebosch hooker, Justin Amos, represented his school with distinction at last year’s Craven Week, as part of the Western Province squad, and his flyhalf, David Simon, played centre for the WP XV at that event.

    Milnerton’s big ballcarrier, Frank Hitimana, made the Western Province Academy Week team in 2023, but even without a star-studded lineup, they’ve shown they mean business already this season with strong performances against Boland Landbou and St Charles College.

    They’ve just returned from a tour to Namibia and will be excited about having an opportunity to upset ‘Bosch on their home field.

    Stellenberg are still chasing a first win of the season after a tough start against powerhouses, Paarl Gimnasium, Noordheuwel and Affies, but the Jade Brigade will not be disheartened as they endeavour to prove they can compete with the big dogs in the Western Cape this year.

    They will be targeting this weekend to make a statement against a crippled SACS side, who will be without their injured captain Seth Bradford and vice-captain Ben van Coller, as well as Thando Sithole and Quewinn Lackay. Their absence means starts for Matt Forbes, Siphe Mbungendlu, Daniel Grant and Endi Sidinile, while Nic Reynolds takes on the captain’s responsibilities.

    Despite mixed results so far this season, SACS has shown potential and played some enterprising rugby. They will rely on their depth in talent to see them through against the visitors.

    TEAMS

    Rondebosch Boys’ High vs Milnerton at 12:15

    Rondebosch Boys’ High: 15 Dylan Miller, 14 Caleb Louw, 13 Randall John Davids, 12 Harry Soboil, 11 Shakeel Abrahams, 10 David Simon, 9 Caleb Belelie, 8 Alutha Wesi, 7 Matthys du Plooy, 6 Sebastian Boswell, 5 Tom Barnard, 4 Danil-Nicolas Oosthuizen, 3 Abongile Nxazonke, 2 Justin Amos, 1 Matthew van der Merwe.

    Milnerton: 15 Chadlin Sellidon, 14 Rami Moatshe, 13 Morgan Lodewyk, 12 Frank Hitimana, 11 Keagan Wood, 10 Chadwin Sellidon, 9 Devon Damons, 8 Keagan van Blerk, 7 Ethan Wilson, 6 Briint Davids, 5 Mathew Gabriel, 4 Keenan Togni, 3 Chadley Davids, 2 Keagan Harding, 1 Liam Ross.

    Wynberg Boys’ High vs Hoërskool Durbanville at 12:20

    Wynberg Boys’ High: 15 Morne Noble, 14 Kunene Gadu, 13 Albert Lourens, 12 Brandon Ashburner, 11 Levi Brown, 10 Yaqeen Ahmed, 9 Tyrone Gombe, 8 Torren February, 7 Aden da Costa, 6 Jamie Stride, 5 Tjeripo Karuhumba, 4 Jaythen Orange, 3 Benjamin Matthews, 2 Xabiso Mkiva, 1 Luqobo Makwedini.

    Hoërskool Durbanville: 15 Valrhino Olckers, 14 Dale Martin, 13 Markus van der Walt, 12 Tobie Roelofse, 11 Zayde Cleophas, 10 Claydon Carlse, 9 Kyle Albertus, 8 Adrian Freemantel, 7 Tiaan Kearns, 6 Jayden Short, 5 Liebrecht Winterbach, 4 Murdoch van Dyk, 3 Anru van Rhyn, 2 Juan Smit, 1 Hubert Winterbach.

    Stellenberg vs SACS at 13:10

    Stellenberg: 15 Dehan Neethling, 14 Luka Tonitz, 13 Estian Steyn, 12 Ruben Pretorius, 11 Luc Cilliers, 10 Eben Rademan, 9 Christiaan van der Bijl, 8 Dale du Toit, 7 Stefan Visser, 6 Alex Schoeman, 5 Zian Erasmus, 4 Daniël du Plessis, 3 Ryk Groenewald, 2 Almero Keizer, 1 Dean Janse van Rensburg.

    SACS: 15 Jack Benade, 14 Endi Sidinile, 13 Nic Reynolds, 12 Matt Carrick, 11 Imtiaz Abrahams, 10 Rayaan Solomons, 9 Matt Forbes, 8 Connor King, 7 Daniel Grant, 6 Siphe Mbungendlu, 5 Pierre van Selm, 4 Callum Hirst, 3 Ikhona Maxegwana, 2 Sango Zangqa, 1 Ethan Combrink.

     

  • Geen maklike taak vir Hugenote in Heidelberg nie

    Heidelberg word bederf met ‘n voorsmakie van wat voorlê in die opkomende SDC Noordvaal Cup wanneer twee spanne in vanjaar se Skild-afdeling, Hoër Volkskool Heidelberg en Hoërskool Hugenote (Springs), mekaar Saterdag in Heidelberg die stryd aansê.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Die Volkies was verlede baas oor die span van Springs, maar dis ‘n splinternuwe seisoen en die Hugies lyk na ‘n perd van ‘n ander kleur.

    Die span van Springs is onlangs as die 30ste kampioen van die Mauritz Hansen-rugbyweek gekroon, na drie puik vertonings, waarvan een ‘n indrukwekkende oorwinning van 21-7 oor Ligbron Akademie was.

    Kaptein en steelkantflank, Tyron Hand, is uitstekend op dreef en behoort vurige ondersteuning van agtsteman, Hendrik Eybers, te ontvang. Albei is prominent op die aanval en uiters effektief om hul span oor die voordeellyn te kry.

    Agterlangs sal die vleuels, Musa Manhlangu en Thayani Mokiri, ‘n taamlike bedreiging vir die Volkie-verdedigers inhou. Tiaan Smith begin op skrumskakel, wat Mokiri se skuif na linkervleuel teweeggebring het. Die gevaarlike Ruan van Biljon skuif van regtervleuel na sy gereelde posisie op buitesenter.

    Volkies sal nietemin uiters strawwe weerstand bied, vernaam met die tuiskare bankvas agter hulle. Agsteman, Joshua Munro, beskik oor die vermoë om die twee losvoorspelers van die Hugies te neutraliseer met sy kragtige duikslae, terwyl slot, Christopher Makgongoane, ook nie sal terugstaan vir die fisieke stryd wat wag nie.

    As Kayle Venter sy skopskoene onthou, kan hy ook enige span vanaf die skopkegel looi.

    Hoërskool Montana trek na Rustenburg waar hulle teen Hoërskool Rustenburg te staan kom. Die Rusties sal opgewonde wees om die gevaarlike Lorenzo Snyers terug te verwelkom, nadat hy die laaste wedstryd teen Hoërskool Wesvalia, voor die vakansie, weens ‘n ligte besering misgeloop het.

    Hoërskool Pietersburg verwelkom vir Potchefstroom Gimnasium in Limpopo se hoofstad en goeie nuus vir die Pieties is dat spelskepper, Hanno van Zyl, weer sy bekende posisie as buitesenter inneem. Celliers van der Merwe kry derhalwe ‘n kans om sy staal op losskakel te wys.

    Ander wedstryde:

    12:30 – Jeugland t. Volkskool Potchefstroom; 12:30 – Marais Viljoen t. Zwartkop; 12:30 – Wesvalia t. Oosterlig; 13:15 – Noorheuwel t. Klerksdorp; 13:20 – Die Anker t. Lichtenburg.

    Die spanne:

    Volkskool Heidelberg t. Hugenote (Springs) om 12:20 in Heidelberg: 

    Hoër Volkskool Heidelberg: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Rueben Bierman, 12 Daniel Munro, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Wilco Janse van Rensburg, 6 Eduard Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Dyllan Baird, 2 Janco Coetzer, 1 Botshelo Motsepe.

    Hoërskool Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Vian van Dyk, 11 Thayani Mokiri, 10 Corne Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.

    Rustenburg t. Montana om 13:20 in Rustenburg:

    Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Robinson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smith, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.

    Hoërskool Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Braam Schutte, 8 Devan van der Merwe, 7 Richard Botha, 6 Dieter Scheepers, 5 Justin Herbst, 4 Martin venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

    Pietersburg t. Potch Gimnasium om 12:45 in Pietersburg:

    Hoërskool Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Nick Jones, 11 Dustin Terblanche, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Tiaan Vermeulen, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 AJ de Beer, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Lourens Jacobs, 13 David Ndala, 12 Jaap van der Westhuizen, 11 Toks Bekker, 10 Jean Groenewald, 9 MJ Viljoen, 8 Morne van Aswegen, 7 Bart du Plooy, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Wyk, 4 Wian Botha, 3 Jayden Stofberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

     

  • Glenwood vs Maritzburg College kicks off Premier Interschools season of 2024

    The Sportsmans Warehouse Premier Interschools 2024 season kicks off this weekend, 6 April, with another chapter in the epic traditional KZN rivalry between Glenwood High School and Maritzburg College, taking place in Durban on Dixon’s Field.

    The first match between the schools was played in 1921 at Glenwood, with Glenwood, then known as Durban Technical High School, recording a 4-0 win.

    College, however, dominated the earlier exchanges and lead the series against the Green Machine, thanks to their long-term dominance during the 50s, 60s, 70s, and 80s.

    Since the late 90s, however, Glenwood has been playing catch-up, and they have won eight of the last 10 meetings between the schools.

    Premier Interschools has also announced an exciting new partnership with We Buy Cars as their associate sponsor for the 2024 series.

    “This collaboration promises to strengthen the foundation for future rugby and netball stars, setting the stage for exhilarating matches and unforgettable moments ahead.

    “We look forward to a long and fruitful partnership with the growth of school sports at the forefront,” said Robbie Blair, Premier Interschools Chief Operations Officer.

    This mouth-watering derby promises to be one for the history books.

    Catch all the action LIVE on the SuperSport Schools channel (DSTV 216) from 14:00.

    Last 10 results

    10 March 2018 – Glenwood 7-0 Maritzburg College
    24 March 2018 – Glenwood 37-12 Maritzburg College
    16 June 2018 – Glenwood 41-0 Maritzburg College
    6 April 2019 – Glenwood 15-7 Maritzburg College
    3 August 2019 – Glenwood 36-25 Maritzburg College
    4 September 2021 – Glenwood 12-20 Maritzburg College
    14 May 2022 – Glenwood 23-22 Maritzburg College
    13 August 2022 – Glenwood 28-22 Maritzburg College
    6 May 2023 – Glenwood 15-42 Maritzburg College
    12 August 2023 – Glenwood 27-24 Maritzburg College

    Maritzburg College 2024

    9 March – Maritzburg College 14-16 Kearsney College
    16 March – Maritzburg College 83-10 Clifton College
    28 March – Maritzburg College 17-32 Boland Landbou
    30 March – Maritzburg College 26-24 SACS
    1 April – Maritzburg College 24-7 Golden Lions XV

    Glenwood 2024

    9 March – Glenwood 21-26 Welkom Gimnasium
    23 March – Glenwood 11-9 Wesvalia
    28 March – Glenwood 14-6 Marlow
    30 March – Glenwood 8-20 EG Jansen
    1 April – Glenwood 12-19 Nico Malan

    The teams:

    Glenwood: 15 Leo Khumalo, 14 Leo Weber, 13 Lizwe Mtetwa, 12 Sisiphiwo Dwayi, 11 Mvelo Ndwalane, 10 Kungawo Ncamazane, 9 Lian Lochner, 8 Jordan Hargreaves, 7 Yannick Mwamba, 6 Mkhululi Mhlongo, 5 Tylo Madaat, 4 Tyler Conygnham, 3 Uzukhanye Xaba, 2 Martin van Wyngaardt, 1 Lonwabo Nkalitshana.

    Maritzburg College: 15 Lee-Rynne Sinkfontein, 14 Langelihle Makhathini, 13 Swelihle Mbatha, 12 Nkululeko Sithole, 11 Amahle Hadebe, 10 James Slevin, 9 Rayke Maartens, 8 Imivuyo Kemka, 7 Naz Isaacs, 6 Struan Oosthuizen, 5 Jake Jansen, 4 Wasi Vyambwera, 3 Aiden Botha, 2 Siyabonga Nyathi, 1 Phiwayinkhosi Kubheka.

  • Wesgrow-reeks vat vlam met Bloemfontein-derby

    Wesgrow-reeks vat vlam met Bloemfontein-derby

    FOTO: Marius Nortjé

    Verlede seisoen se o. 19 A-rugbykampioen in die Wesgrow Sentrale Sportreeks, Hoërskool Fichardtpark, pak Saterdag hul buurskool en aartsvyand, Hoërskool Jim Fouché, in die Rosestad.

    Die Fichies het ‘n staanplek in Bloemfontein vir die trofee verdien met ‘n uitstekende onoorwonne Wesgrow-veldtog in 2023, en in hul vorige kragmeting met JF was die Leeus met 39-33 baas. Na die reeks het JF nietemin die Fichies se droomseisoen effens bederf deur hulle in die eindstryd van die Vrystaat-liga met 31-25 te verslaan.

    Hierdie naweek is ‘n liganaweek vir die spanne wat aan die Wesgrow-reeks deelneem, maar aangesien Fichardtpark en JF, asook Hoërskool Trio en Voortrekker Hoërskool, mekaar in hul onderskeie ligas raakloop, dien dit Saterdag terselftertyd ook as hul Wesgrow-bepalings.

    Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

    Fichardtpark kon nog nie vanjaar dieselfde ritme bereik wat hulle in 2023 tentoongestel het nie, maar, met gevaarmanne soos Martin Kalp en Duan Viviers in hul midde, ly dit geen twyfel dat hulle oor die vermoëns beskik om weer onder die voorste spanne in die reeks getel te word nie.

    JF het in hul eerste wedstryd van vanjaar se reeks met 24-24 gelykop gespeel teen Hoërskool Witteberg, en moes in hul volgende wedstryd met 13-20 die knie buig teen Goudveld-Hoërskool. Hulle sal uiteraard gretig wees om hul eerste Wesgrow-sege van die seisoen agter hul naam te plaas.

    Senter, Adrian de Necker, en flank, Franco Oberholzer, is tot dusver twee van JF se groot uitblinkers en sal Saterdag ‘n deurslaggewende rol hê om te vervul indien hulle harder as die Leeus wil brul.

    Die stryd tussen die twee skrumskakels behoort ook interessant te wees. Devanté Claasen het verlede jaar reeds vir Fichardtpark by die Cravenweek verteenwoordig, terwyl sy direkte opponent, Brenden de Wee, wat, saam met sy broer, Breyten de Wee, verlede jaar nog vir Fichardtpark by die o. 16 Grant Khomo-week verteenwoordig het, vanjaar vir die JF-eerstes uitdraf.

    Voortrekker het gedurende die skoolvakansie hul eerste NMI Noord/Suid-stryd teen Helpmekaar Kollege naelskraaps met 20-19 gewen, maar tydens die Paastoernooi by St John’s College het hulle gestruikel teen Hoërskole Nelspruit en Noordheuwel, so hulle sal gretig wees om terug te keer na die wenpad toe in Kroonstad die naweek.

    Trio het gedurende die voorseisoen ook teen Noordheuwel verloor met 12-20, maar hulle het die Gautengers beslis meer laat sweet.

    Die Trekkers se skrumskakel, Christiaan van der Sandt, sal weer ‘n vername rol hê om te vertolk, nie alleen wat sy stelskopwerk betref nie, maar ook aan die spits van bykans al hul aanvallende bewegings.

    Voorlangs moet brekers soos Cecil Parsons en Arnold Ras die platform lê, terwyl losskakel, Adriaan Bonthuys, en heelagter, Kaneng Komane, agterlangs die toon moet aangee.

    Die tuisspan se voorry, bestaande uit Juandré Vorster, Killian Kriek en Dandré Bloem, sal alles in die stryd moet werp om te verseker dat Trio die tempo beheer, anders kan dit ‘n lang dag raak.

    Die manne van Bethlehem het reeds vroeër in die seisoen verlede jaar se kampioen, Fichardtpark, met 33-10 afgestof en het verlede jaar as die algehele wenners van die Wesgrow-reeks geëindig.

    Die spanne:

    Fichardtpark t. Jim Fouché om 13:30:

    Hoërskool Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Ayanda Quinisa, 13 Duan Viviers, 12 Junior Titoti, 11 Divan Martens, 10 Pule Motsilili, 9 Devanté Claasen, 8 Wouter Jonker, 7 Janel du Plessis, 6 Marno Smith, 5 Pieter Tembo, 4 Buko Mlali, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.

    Hoërskool Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Heinrich Hattingh, 13 Adrian de Necker, 12 Hanro Marais, 11 Bendré Vermaak, 10 Allderick Johnson, 9 Brenden de Wee, 8 Qian Moller, 7 Franco Oberholzer, 6 Nathan van Breda, 5 JW Stone, 4 Brenden Weyers, 3 Darren Matthews, 2 Ian Nel, 1 JC van Niekerk.

    Trio t. Voortrekker om 13:20:

    Hoërskool Trio: 15 Byron Maggerman, 14 Thuto Kekane, 13 Franco de Wet, 12 Tyron Adams, 11 Aaron Kriek, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Keanu Swanepoel, 7 Pieter van Schalkwyk, 6 Tapiwa Mundeta, 5 Danie Fourie, 4 Dian Serfontein, 3 Juandré Vorster, 2 Killian Kriek, 1 Dandré Bloem.

    Voortrekker Hoërskool: 15 Kaneng Komane, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Kamohelo Moses, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Christiaan van der Sandt, 8 Dawie Fourie, 7 Wian Fourie, 6 Jayden de Jesus, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.