SSPN Test Site

Blog

  • Wollies kraai koning in Vryburg

    Hoërskool Wolmaransstad het hul doelwitte vir die komende seisoen duidelik uitgestip met ‘n betekenisvolle wegoorwinning van 28-24 oor Hoërskool Vryburg.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – Skakel na die wedstryde.

    Wollies se losskakel en skerpskutter, Christopher Dennis, het in besonder uitgeblink, deur 23 van sy span se 28 punte aan te teken. Dennis het ‘n doelskop en ‘n verstommende sewe strafdoele deur die pale gejaag, en sodoende sy span deurgaans in die wedstryd gehou.

    Vryburg se doodskoot het egter gekom toe Gitso Mabitso, Wollies se buitesenter, ‘n sprankelende beweging teen die einde afgerond het om die besoekers se sege te verseker.

    Vryburg se Jayden Starke was ewe goed met die stewel om al drie sy span se drieë te verdoel en ook ‘n strafdoel deur die pale te jaag. Jordan Rathebe, Karabelo Mbolekwa en Christopher Isaacs het aldrie ook beïndruk en hul span se drieë gedruk.

    Hoërskool Riebeeckrand het ‘n netjiese vertoning aanmekaar geslaan om Hoërskool Ben Viljoen met ‘n telling van 38-31 in Randburg te verras.

    Losskakel, Zac Smit, het vroeg gaan druk na ‘n uitstekende lopie, terwyl binnesenter, Peet de Bruin, ook Ben Viljoen se doellyn oorgesteek en met vier doelskoppe geslaag het.

    Vir die besoekers het die spoedvrate in die agterlyn egter vir die Riebeeckrand-verdedigers laat bontstaan. Clementin Bowers (buitesenter) het sy vaart en vernuf op die aanval tentoongestel om een van sy blitslopies met vyf punte af te rond. Heelagter, Mignon Stevens, was ewe indrukwekkend, is ook, kort voor die eindfluitjie, met ‘n drie beloon en het Avernio Davids (losskakel) en die veelsydige plaasvervanger Dylan Nieuwenhuys se drieë verdoel.

    Hoërskool Fochville het vir Hoërskool Schoonspruit ‘n rugbyles geleer om met ‘n telling van 51-17 as oorwinnaars uit die stryd te tree. Fochville se buitesenter, Tonny Sebola het deurentyd uitgeblink en is ‘n bitter moeilike kalant om plat te trek – soos sy tweekuns bewys.

    Onder die vories het Wynand Breytenbach (agsteman) en Ntuli Simphiwe (steelkantflank) vurig vertoon en is elk met ‘n drie beloon.

    Ten spyte van die oormag, het die span van Klerksdorp se twee staatmakers, Elmo Kruger (haker) en Jan-Hendrik Peacock (agsteman) nietemin weer hand opgesteek en tot die bittereinde aanhou baklei. Hulle het Schoonspruit se twee drieë gedruk, terwyl Bevan Morkel met altwee doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag het.

    Hoërskool Hans Strijdom het maklik met ‘n telling van 20-8 teen Leeuwenhof Akademie geseëvier. Losskakel, Mpiri Gadebe, het Hansies se rekening vroeg, na ‘n uitstekende lopie, met ‘n drie oopgemaak. Agsteman, Kian du Plessis, het kort na rustyd ook Leeuwenhof se doellyn oorgesteek.

    Hendriko van der Kolf het altwee drieë verdoel en ook met twee strafdoele geslaag om die sege te verseker.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Wolmaransstad 28 (12) – Drieë: Gitso Mabitso. Doelskop: Christopher Dennis. Strafdoele: Dennis (7). Hoërskool Vryburg 24 (17) – Driee: Jordan Rathebe, Christopher Issacs, Karabelo Mbolekwa. Doelskoppe: Jayden Starke (3). Strafdoel: Starke.

    Riebeeckrand 38 (10) – Drieë: Zac Smith, Jeandre Fourie, Eshihle Sibisi, Peet de Bruyn, Caleb Hadebe, Kobus Malan. Doelskoppe: Peet de Bruyn (4). Ben Viljoen 31 (14) – Driee: Clemintino Bowers, Anvernio Davids, Leuco Robinson, Mignon Stevens, Dylan Nieuwenhuys. Doelskoppe: Stevens (2), Nieuwenhuys.

    Fochville 51 (18) – Drieë: Tonny Sebola (2), Branden Pretorius, Wynand Breytenbach, Petri Schutte, Ntuli Simphiwe, Athi Ngqele, Junior Naude. Doelskoppe: Petri Schutte (4). Strafdoel: Schutte. Schoonspruit 17 (3) – Driee: Jan-Hendrik Peacock, Elmo Kruger. Doelskoppe: Bevan Morkel (2). Strafdoel: Morkel.

    Hans Strijdom 20 (10) – Drieë: Mpiri Gadebe, Kian du Plessis. Doelskoppe: Hendriko van der Kolf (2). Strafdoel: Van der Kolf. Leeuwenhof Akademie 8 (8) – Geen puntemakers ontvang nie.

    Ander spanne: 

    o. 16: Hoërskool Wolmaransstad 26, Hoërskool Vryburg 24; Hoërskool Ben Viljoen 26, Hoërskool Riebeeckrand 22; Hoërskool Fochville 24, Hoërskool Schoonspruit 0; Hoërskool Hans Strijdom 31, Leeuwenhof Akademie 16.

    o. 15: Hoërskool Wolmaransstad 41, Hoërskool Vryburg 13; Hoërskool Riebeeckrand 24, Hoërskool Ben Viljoen 14; Hoërskool Fochville 52, Hoërskool Schoonspruit 0; Leeuwenhof Akademie 22, Hoërskool Hans Strijdom 17.

    o. 14: Hoërskool Womaransstad 21, Hoërskool Vryburg 7; Hoërskool Ben Viljoen 26, Hoërskool Riebeeckrand 21; Hoërskool Fochville 17, Hoërskool Schoonspruit 5; Leeuwenhof Akademie 41, Hoërskool Hans Strijdom 12.

  • Kampioen byt in die stof in Springs

    Hoërskool Hugenote van Springs het die Noordvaal-rugbykringe aan die gons nadat hulle vir Hoërskool Noordheuwel met ‘n telling van van 28-10 in die stof laat byt het.

    Herleef al die aksie weer op SuperSport SchoolsSkakel na die wedstryde.

    Dit is slegs Noordheuwel se derde nederlaag in die reeks sedert 2019. Die vorige twee kere wat die Krugersdorpers vasgeval het, sedert 2019, was albei teen Hoërskool Rustenburg. Die Nories het twee bepalings vir Saterdag vasgehad, wat sake vir die skool bemoeilik het.

    Nog ‘n span van Krugersdorp het teen Outeniqua in George is die hoofwedstryd van die Kwagga Sportdag te staan gekom. Hierdie wedstryd is deur Nories met 28-19 gewen.

    Ruan van Biljon, Hugenote se buitesenter, het vroeg in die kragmeting reeds deurgebreek om die tuisspan se rekening met vyf punte oop te maak. Sy sentermaat, Vian van Dyk, het nie op hom laat wag om ook die doellyn oor te steek nie.

    Losskakel en skerpskutter, Corné Pretorius, het sy skopskoen aangehad en was in die kol met al vier sy span se doelskoppe.

    Voorlangs was dit die lewendige agtsteman, Hendrik Eybers, wat amok gemaak het. Eybers was deurgaans dreigend op die aanval en het met sy genadelose dryfspel die oog gevang. Hy is een van Hugenote se viertal wat met ‘n vyfpunter vir sy kragtige spel beloon is.

    Die blitsvinnige  Musa Mhlangu, op regtervleuel, het vir Noordheuwel die doodskoot toegedien, toe hy kort voor die eindfluitjie oorgegaan het om sy span se voorsprong na 18 punte te vergroot.

    Hoërskool Pietersburg het die eerste hou geland teen Hoërskool Die Anker om met ‘n telling van 23-17 in Polokwane te seëvier het. Die tuisspan se buitesenter, Hanno van Zyl, was ongetwyfeld sy span se grootste uitblinker en het sy indrukwekkende spelpeil van van die vorige naweek voortgesit.

    Hy het nie alleen weer die verdedigingslinie gebreek vir ‘n briljante tweekuns nie, maar ook ‘n strafdoel deur die pale gejaag om sy totaal vir die wedstryd op 13 te staan te bring.

    Die Pieties se ander staatmaker, Vincent Luckhoff, het ook goeie werk verrig. Dit was juis as gevolg van sy puik balverspreiding en visie dat Van Zyl Die Anker se verdediging so kon fnuik. Luckhoff was oudergewoonte ook die akkuraatheid van self met die stewel, en het twee doelskoppe en twee strafdoele bygedra om ‘n verdere 10 punte tot sy span se totaal van 23 te las.

    Die span van Brakpan het egter verseg om die handdoek in te gooi, en self ‘n paar blink individuele vertonings opgelewer. Die lostrio, bestaande uit Siya Shongwe (oopkantflank), Ander Fraser (steelkantflank) en Ruben Herbst (agtsteman), het aangedui dat hulle deur die loop van die seisoen ‘n doring in menige teenstanders se vlees kan wees.

    Skrumskakel, Danie Smit, was uitstekend om en by die afbreekpunte, waar hy die Pietie-verdedigers deurentyd op hul tone gehou het, en is self daarvoor vergoed met twee drieë.

    Hoërskool Wesvalia het, met die blaas van die eindfluitjie, gespog met ‘n oorwinning van 31-21 oor Hoërskool Montana. Haker, Junior Kuhn, en agsteman, Hanre Venter, was aan die brand voorlangs en is elk met ‘n drie beloon.

    Agterlangs het Rickardt van Heerden spel uitstekend dikteer op losskakel, terwyl hy ook genadeloos was vanaf die skopkegel om met vier doelskoppe en ‘n strafdoel te slaag. Die buitesenter, Fafa Calitz, het op sowel die aanval as die verdediging uitgetroon en het met sy drie die laaste spyker in die opposisie se kis gemoker.

    Monties se linkervleuel, Sam Schoeman, het vir die tweede keer in soveel weke daarin geslaag om die doellyn vir sy span oor te steek, terwyl losskakel Ruwald Goosen met ‘n doelskop en drie strafdoele geslaag het om sy span in die wedloop te hou.

    Voorlangs was die Pretorianers se agtsteman en ander driedrukker, Richard Botha, woelig in die vaste los en het hy sy bes probeer om voorwaartse momentum vir sy span te bewerkstellig.

    Hoërskool Rustenburg se Lorenzo Snyers (buitesenter) en Xavier Steenkamp (haker) het die verdediging behoorlik blootgestel met ‘n tweekuns elk, om gesamentlik 20 van Rustenburg se 48 punte, teen Hoërskool Oosterlig se agt, aan te teken. Awie Alberts was in die kol met vier doelskoppe.

    Die grondslag vir Rustenburg se sege was voor gelê deur hul groot, fisieke pak, met agsteman, MC Smit, aan die spits, en  Pedrie Human (slot) en Erich Potgieter (slot) kort op sy hakke.

    Hoërskool Jeugland het, met 38-14, met Hoërskool Zwartkop afgereken. Jetao Jooste en Thando Ngomane het die Zwarries se verdedigers lelik laat les opsê om albei ook ‘n tweekuns te behaal, terwyl Sinenhlanhla Ndlovu sout in die Zwarries se wonde gesmeer het met vier doelskoppe.

    Die Zwarries se vaskopstut, Brogan Ackerman, het deurgaans hard probeer, sy lyf op die spel geplaas en is met ‘n kuiertjie agter Jeugland se doellyn beloon.

    Hoërskool Lichtenburg het uitstekend teruggekom na hul nederlaag teen Bergsig Akademie verlede naweek, om Potchefstroom Gimnasium met ‘n telling van 39-19 af te stof. Die Liggies se voorspelers, met JJ Jonker (vaskopstut) en Abrie Coetzee (agtsteman) wat uitgestaan het, het Gimmies pal onder druk te plaas. 

    Jhanco de Beer, Gimmies se binnesenter, was sy span se groot uitblinker op die dag, met ‘n pragtige drie, en het ook twee van sy span se drie drieë verdoel.

    Puntemakers: 

    Hugenote (Springs) 28 – Drieë: Ruan van Biljon, Hennie Eybers, Vian van Dyk, Musa Mahlangu. Doelskoppe: Corné Pretorius (4). Hoërskool Noordheuwel 10 – Drieë: Christiaan Delport, Ettienne Smith.

    Hoërskool Klerksdorp 19 (7) – Drieë: Deacon Loots (2), Janu de Wet. Doelskoppe: Loots (2). Heidelberg Volkskool 19 (7) – Drieë: Botshelo Motsepe, Ruben Bierman, Kayle Venter. Doelskoppe: Venter (2).

    Wesvalia 31 (14) – Drieë: Junior Kuhn, Hanre Venter, Rickardt van Heerden, Fafa Calitz. Doelskoppe: Van Heerden (4). Strafdoel: Van Heerden. Montana 21 (9) – Drieë: Sam Schoeman, Richard Botha. Doelskop: Ruwald Goosen. Strafdoele: Goosen (3).

    Hoërskool Rustenburg 48 (31) – Drieë: Lorenzo Snyers (2), Xavier Steenkamp (2), Dirk Huisamen, MC Smit, Jon-Re Jefthas, Hendré Robinson. Doelskoppe: Awie Alberts (4). Oosterlig 8 (3) – Drie: Nathan Botha. Strafdoel: Tristan Else.

    Jeugland 38 (24) – Drieë: Jetao Joost (2), Thando Ngomane (2), King Aganzo, Jaydon Kleyn. Doelskoppe: Sinenhlanhla Ndlovu (4). Zwartkop 14 (7) – Drieë: Brogan Ackerman, Strafdrie. Doelskop: Layton Wilson.

    Lichtenburg 39 (3) – Drieë: JJ Jonker, Abrie Coetzee, Rea Motsusi, Tyrell van Schalkwyk, KG Legodi, Willem van Niekerk. Doelskoppe: Luan Snyman (3). Strafdoel: Albert Joubert. Potchefstroom Gimnasium 19 (19) – Drieë: Tobias van Dyk, Jhanco de Beer, David Ndlala. Doelskoppe: De Beer (2).

    Hoërskool Pietersburg 23 – Hanno van Zyl (2). Doelskoppe: Vincent Luckoff (2). Strafdoel: Luckhoff (2), Van Zyl. Die Anker 17 – Drieë: Danie Smit (2), Ruben Herbst. Doelskop: Brandon Crous.

    Ander spanne: 

    o. 16: Hugenote 39, Noordheuwel 5; Zwartkop 15, Jeugland 12; Potch Volkies 34, Marais Viljoen 5; Rustenburg 55, Oosterlig 6; Wesvalia 24, Montana 7; Pietersburg 34, Die Anker 20; Potch Gimmies 54, Lichtenburg 7.

    o. 15: Hugenote 31, Noordheuwel 7; Zwartkop 9, Jeugland 5; Marais Viljoen 17, Potch Volkies 15; Rustenburg 26, Oosterlig 7; Wesvalia 15, Montana 7; Pietersburg 31, Die Anker 0; Lichtenburg 25, Potch Gimmies 3.

    o. 14: Hugenote 24, Noordheuwel 19; Zwartkop 21, Jeugland 0; Marais Viljoen 25, Potch Volkies 12; Rustenburg 54, Oosterlig 0; Wesvalia 40, Montana 0; Pietersburg 39, Die Anker 0; Lichtenburg 14, Potch Gimmies 12.

  • Northerns vra die regte “Vraagom” om Lanties te laat struikel

    Northerns vra die regte “Vraagom” om Lanties te laat struikel

    FOTO: Marnus Prinsloo (2023)

    Hoërskool Noord-Kaap het Saterdag, danksy ‘n speler-van-die-wedstryd vertoning deur hul vurige flank, Ambijorn Vraagom, vir Landboudal met 29-20 gekasty by die jaarlikse Lantiefees.

    Die spelers het na die wedstryd ook die voorreg gehad om te kan kyk hoe die Suzuki Griekwas en Toyota Cheetahs mekaar pak op dieselfde veld waar hulle oomblikke vantevore self in aksie was.

    Die spanne het ‘n skouspel gelewer vir die rugbyliefhebbers van Jacobsdal, met die Griekwas wat met 25-22 as oorwinnaars uit daardie wedstryd getree het.

    In die eerstepan-kragmeting het Landboudal teen halftyd die oorhand geniet met twee drieë teenoor die een van die besoekers, maar Vraagom se vermoeë om oor die voordeellyn te kom het sy span op die voorvoet gesit na die breuk.

    Sy flank-spanmaat aan die ander kant van die skrum, Tyron China, het ook ‘n drie tot sy naam gevoeg, en Jonaden Links (heelagter) en Bjorn Olifinger (vleuel) was beloon vir hul harde werk met ‘n drie elk.

    Die Lanties se punte het grotendeels uit die voorspelers gekom. Brink Bruwer (flank), Ruan van Bosch (stut) en Juhan van der Wethuizen (agsteman) het die drieë vir die span van Jacobsdal gedruk en die heelagter, Marius Etzebeth het die res van hul punte met sy stewel bygedra.

    Volgende naweek speel die Northerns teen HTS Louis Botha in Bloemfontein. Noord-Kaap behoort die gunstelinge te wees in daardie ontmoeting, maar dit lyk soos ‘n splinternuwe Louis Botha span hierdie jaar en hulle moet glad nie onderskat word nie.

    Intussen het Hentie Cilliers van Virginia ook ‘n indrukwekkende sege in Sasolburg oor HTS Sasolburg behaal. Die vleuel, Xander Wiltshire, kon twee keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier in hul sege van 53-3.

    Puntemakers:

    Hoërskool Noord-Kaap 29 (5) – Drieë: Ambijorn Vraagom (2), Jonaden Links, Tyron China, Bjorn Olifinger. Doelskoppe: Abdul Fischer (2). Landboudal 20 (12) – Drieë: Brink Bruwer, Ruan van Bosch, Juhan van der Westhuizen. Doelskop: Marius Etzebeth. Strafdoel: Etzebeth.

    Hentie Cilliers 53 – Drieë: Xander Wiltshire (2), Joze Draaghoender, Awethu Khilani, Khamo Pumo, Mosa Sesedi, Lebo Lesito, Meguel Davids, Jinx Mantile. Doelskoppe: Rorisang Marumo (2), Draaghoender, Pumo. HTS Sasolburg 3 – Strafdoel: Thato Morake.

    Ander spanne: 

    o.16: Landboudal 24, Noord-Kaap 7; Hentie Cilliers 59, HTS Sasolburg 0.

    o.15: Noord-Kaap 15, Landboudal 3; Hentie Cilliers 21, HTS Sasolburg 5.

    o.14: Landboudal 29, Noord-Kaap 7; Hentie Cilliers 46, HTS Sasolburg 0.

  • Wit Bulle skitter in Kimberley

    Reuben Pienaar, losskakel van Affies, in aksie tydens ‘n kragmeting verlede jaar. FOTO: Bertram Malgas/Gallo Images

    Die Afrikaanse Hoër Seunsskool van Pretoria het die afgelope naweek behoorlik hul spiere gebult in Kimberley, ter voorbereiding van die nuwe seisoen.

    Behalwe vir Hoërskool Diamantveld se o. 14 A-span, wat in ‘n riller van ‘n wedstryd met 9-8 geseëvier het, kon die besoekers uit Pretoria al hul wedstyde in die Diamantstad wen.

    Hulle het in die proses ook ‘n paar indrukwekkende tellings opgestapel.

    Beleef al die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Die Wit Bulle het ook in die eerstespan-kragmeting met die Diamonds die botoon gevoer met ‘n oorwinning van 33-10.

    Nadat Janco Purchase (binnesenter), Theunz Marits (buitesenter), Muntingh Hamman (slot) en Albert Smit (flank) almal in die eerste helfte agter Diamantveld se doellyn kon gaan kuier het, het die tuisspan nietemin daarin geslaag om hul verdediging in die tweede helfte aansienlik op te skerp.

    Die Diamonds kon egter geen verdere punte aanteken in die tweede helfte nie, en Ruben Groenewald (heelagter) se drie het die span van Pretoria se oorwinning uiteindelik soet laat smaak. Groenewald is die seun van die voormalige Blou Bul-skrumskakel Coenraad Groenewald.

    Vir Diamonds het Simon Liversage (buitesenter) vroeg in die wedstryd ‘n strafdoel oorgeklits, terwyl Carel Viljoen (vleuel) uitstekend afgerond het vir ‘n drie, nadat heelagter, Kyle Taute, die Pretorianers se verdediging oopgekloof het.

    Liversage het daardie drie ook verdoel, maar dit was die laaste punte wat die span van Kimberley kon aanteken.

    Hamman se drie kort daarna het die tuisspan se punte gekanselleer, en die wyse waarop Affies vanaf hul eie doellyn aangeval het om, binne enkele fases, die groot slot oor die lyn te stuur, het die momentum hewig in hul guns laat swaai.

    Die Diamonds het hard gewerk om Affies na die breek in te perk, maar die besoekers was die beste span op die dag en kon hul tempo vir die meerderheid van die wedstryd op die tuisspan afdwing.

    Nes verlede jaar, toe Affies met 27-0 baas was, was Reuben Pienaar (losskakel) ‘n doring in Diamantveld se vlees. Hy het was suksesvol met vier doelskoppe en het ‘n groot hand gespeel in sy span se aanvalle.

    Affies kon nie gehoop het op ‘n beter begin vir die seisoen nie, vernaam aangesien hulle volgende naweek vir Helpmekaar pak en die week daarop die jaarlikse Noord/Suid-toernooi aanbied.

    Hul vertoning in Kimberley dek die tafel vir opwindende bepalings teen Paul Roos Gimnasium en Stellenberg by daardie toernooi, teen die einde van Maart.

    Met gevaarmanne agterlangs, soos Purchase en Groenewald, en ‘n stewige voorry, bestaande uit Ruan Smuts, Ethan van Dyk en Werner Vrey, lyk die Wit Bulle oorgehaal om ‘n skouspel te lewer wanneer hulle die Kapenaars pak.

    Vir Diamantveld skuif die fokus eers terug na die Wesgrow-reeks, waar hulle volgende naweek vir Hoërskool Trio in Kroonstad aandurf.

    Nadat hulle die eerste wedstryd van die jaar se reeks teen Voortrekker gewen het (18-6), sal die ligbloues gretig wees om hul momentum te herwin vir vanjaar se veldtog.

    Puntemakers:

    Affies 33 (26) – Drieë: Janco Purchase, Hendré Schoeman, Muntingh Hamman, Albert Smit, Ruben Groenewald. Doelskoppe: Reuben Pienaar (4). Hoërskool Diamantveld 10 (10) – Drie: Carel Viljoen. Doelskop: Simon Liversage. Strafdoel: Liversage.

    Al die uitslae:

    o. 19: Affies II 22, Hoërskool Upington 3; Affies III 38, Diamantveld II 18; Affies IV 27, Hoërskool Upington II 6; Affies V 36, Diamantveld III 21; Affies VI 34, Wildeklawer 12; Affies VII 53, Kimberley Boys’ High 0; Affies VIII 19, Diamantveld IV 3; Affies IX 66, Diamantveld V 0.

    o. 16: Affies 24, Diamantveld 10; Affies B 7, Hoërskool Upington 3; Affies C 68, Diamantveld B 0; Affies D 53, Kimberley Boys’ High 0; Affies E 15, Hoërskool Upington 5; Affies F 12, Wildeklawer 7.

    o. 15: Affies 47, Diamantveld 0; Affies B 50, Hoërskool Upington 5; Affies C 85, Kimberley Boys’ High o.16 0; Affies D 90, Kimberley Boys’ High 0; Affies E 66, Diamantveld B 0; Affies F 55, Upington B 0.

    o. 14: Diamantveld 9, Affies 8; Affies B 88, Hoërskool Upington 0; Affies C 62, Diamantveld B 0; Affies D 20 Diamanveld C 0; Affies E 68, Diamantveld D 0; Affies F 38, Wildeklawer 12.

  • Revenge is sweet as Boishaai drills Durbanville 73-7

    PAARL, SOUTH AFRICA – MAY 13: Rubin Dames of Paarl Boys High during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools rugby match between Paarl Boys High School and Grey College at Brug Street Stadium on May 13, 2023 in Paarl, South Africa. (Photo by Grant Pitcher/Gallo Images)

    After suffering a shock 25-26 defeat to Hoërskool Durbanville at Porterville’s annual festival last year, Paarl Boys’ High avenged their setback on Saturday with a massive 73-7 triumph.

    Watch all the action again on SuperSport Schools – Register now Link to the event

    The Boishaai squad made their intentions clear from the off, with their big flanker Rubin Dames muscling over for the first of his two tries within five minutes of the kick-off.

    The boys from Paarl crossed the line a staggering 10 more times in the match to put away the Durbies and wash away the sour taste of last year’s result.

    Dames and the wingers, Aiden Jacobs and Ashwin Swarts all scored a brace, while Jayden Joubert (lock), Keagan Smith (scrumhalf), Tristan Joubert (centre), Bernard du Toit (prop) and Shayne Lee “Muis” Simonse, who came on as a reserve, added their names to the scoresheet in Boishaai’s romp.

    The Durbies managed to get on the board through their inside centre, Caleb Engelbrecht, and their backline threatened at times but, for the most part, it was the boys from Paarl who controlled the tempo of the game.

    Boys’ High have another warmup fixture next weekend before they travel to Pretoria to take on Garsfontein and Jeppe at the annual NMI Toyota North South Rugby Tournament where the real challenges will begin in earnest for the proud team from Paarl.

    The hosts of the festival were also on the receiving end of Boishaai’s wrath as they lost 8-40 against the Paarl Boys’ 3rd XV, and Overberg saw off their rivals Piketberg, thanks to 11 points from the boot of their flyhalf, Favian Arendse.

    Scorers

    Paarl Boys’ High 73 (40) – Tries: Ruben Dames (2), Aiden Jacobs (2), Ashwin Swart (2), Jayden Joubert, Keagan Smith, Tristan Joubert, Bernard du Toit, Shayne Lee Simonse. Conversions: Viaan Mentoor (9).  Hoërskool Durbanville 7 (0) – Try: Caleb Engelbrecht. Conversion: Claydon Carlse.

    Overberg 21 – Tries: Morné Wessels, Lee Abotsi. Conversion: Favian Arendse. Penalties: Arendse (3). Piketberg 12.

    Other results:

    u19 – Paarl Boys’ High II 54, Hoërskool Durbanville II 0; Paarl Boys’ High 40, Porterville 8.

  • Durbanville clinches thrilling title-decider against Stellenberg

    Hoërskool Durbanville 1st XI (Photo provided)

    The WPNS league final lived up to all the expectations on Saturday as Hoërskool Durbanville concluded their season’s trilogy against Stellenberg with a nail-biting nine-run victory away from home to claim their second trophy in as many weeks.

    Watch the match again on SuperSport Schools – Register now Link to the game

    Stellenberg won the first match when they faced each other in an inter-school clash before Durbies hit back in the Sammy Bloch final last week. Both of those encounters were decided by fewer than 15 runs, so expectations were sky-high for another thriller when they squared off for a third time to battle for the league crown.

    Batting first, on Saturday, the Durbies post 182/9 in their 50 overs. Tobias Roelofse led their charge with an innings of 48 runs off 52 deliveries, which included two sixes and a four, and which helped Durbanville into three figures before Arno Koen bowled him.

    Before Roelofse stepped to the crease, Durbanville had found run-scoring tough in the face of an accurate attack by Koen and the rest of the Stellenberg bowlers.

    Kyle van Santen was in fine form. He snared four Durbie batsmen in his 10 overs before contributing a solid 32 runs with the bat later on.

    Lohann Pretorius and Jan Jak Alberts assisted in restraining the visitors, bowling ten overs each and conceding only 55 runs between them, but it was Van Santen (4/39), Koen (3/23) and JJ Rothman (2/38) who made inroads into the Durbanville lineup.

    Replying, the home side’s top order started with a bang, with Koen and Ethan Vermeulen both scoring 44 runs. Then, Van Santen’s 32 helped them to 150/5.

    Stellenberg looked on course for victory, but Roelofse wrestled back control of the game for Durbanville. They had to work hard and be patient, however. Yiva Dwaleni and Koen put on 67 for the first wicket before Dwaleni was run out and Koen met his end at the hands of Jan Oscar van Tonder.

    The Durbies’ fielding was on point and proved decisive. They ran out four Stellenberg batsmen as they frantically attempted to get over the line in the final overs.

    Still, the game was on a knife’s edge to the very end. With two overs remaining, and Stellenberg on 166/6, they appeared poised to secure the victory, but the Durbanville attack kept at the batsmen and were able to end the hosts’ innings on the second ball of the final over.

    Xander van Aarde and Jan Kriel, aided by superb fielding, caused the late collapse and Durbanville captured the league honours.

    Scorecard

    Hoërskool Durbanville 182/9 (Tobias Roelofse 48, Jan Kriel 29, Xander van Aarde 23; Kyle van Santen 4/39, Arno Koen 3/23, JJ Rothman 2/38); Stellenberg 173 (Arno Koen 44, Ethan Vermeulen 44, Kyle van Santen 32; Tobias Roelofse 2/29, Jan Kriel 2/36). Hoërskool Durbanville won by nine runs.

  • Last second kick secures Kearsney College upset of Maritzburg College

    A very good Maritzburg College team was beaten on the first day of the 2023 rugby season at Michaelhouse, and College again tasted defeat in their season-opener on Saturday when they went down 14-16 at Kearsney College.

    At this time of year, Stott Field paints a pretty picture, but the first half, especially, was far from pretty for the visitors. Sure, they exhibited some rust, but Kearsney College also had a lot to do with their struggles.

    Maritzburg College, with SA Schools’ prop Phiwayinkosi Kubheka on the loosehead and Sharks’ Craven Week tighthead Aiden Botha on the other side of the front row, were expected to be a handful in the set pieces, but the home team handled the big challenge they faced well, and on one or two occasions had College in reverse.

    Kearsney coach Neil van Heerden credited the team’s tighthead for leading the way up front: “Our captain Anele Cele was phenomenal,” Van Heerden said. “He’s very underrated. He’s signed with the Bulls for next year. They rate him very highly.

    “He was going up against Kubheka, who is highly rated. It was not a surprise to us. It was a surprise to everyone else, but we know what Anele is capable of.”

    Kearsney, too, had to shake off some rust. They had played matches against Witteberg and Hentie Cilliers previously, but they welcomed five players into the side who had previously been kept busy by cricket and water polo commitments. Still, the home team’s play did not feature as many balls spilled in the tackle and misdirected passes, so typical of first games, as College’s did.

    Cele and company took the game to Maritzburg College from the start, and they were rewarded for their industry when Daniel Eager put them 3-0 in front in the 14th minute from a penalty, just outside of the 22, and almost directly in front.

    On that point, there were far too many penalties conceded by both sides, which would not have pleased the coaches. Both teams will know they need to improve their discipline in a major way.

    College worked their way back onto the attack, but a missed lineout on Kearsney’s 22 led to a sweeping counterattack, with the ball being bobbled about by a number of players after it was grubbered deep into the visitors’ quarter.

    Kearsney College celebrates after driving over for the first try of the match.
    Kearsney College celebrates after driving over for the first try of the match.

    Kearsney regained possession and with the pack working well together they forced their way over the tryline for the first five-pointer of the contest. Eager’s conversion attempt was wide, but Kearsney enjoyed an 8-0 advantage.

    Right before the break, College had Kearsney under the pump, inside their 22. The Red, Black and White very nearly scored under the uprights, but Jake Jansen had the ball ripped away mere centimetres above the ground as he dived over.

    Jake Jansen looked as if he was in for a first-half try for Maritzburg College, but just before he could ground the ball it was jarred loose.
    Jake Jansen looked as if he was in for a first half try for Maritzburg College, but just before he could ground the ball it was jarred loose.

    Still, captain Kubheka and his men kept pressing, but Kearsney doggedly resisted and managed to keep College at bay until the halftime whistle sounded.

    It didn’t take long for College to get on the board in the second half, however. They missed an early penalty, but after only three minutes, a series of surges by the forwards had them in under the posts. The easy conversion left them only one point adrift at 7-8.

    Kearsney responded in the best possible manner only two minutes later. From a lineout midway inside the Maritzburg 22, Kearsney swiftly moved the ball inside for a well-timed crash ball. Then, with the College pack scrambling to get back and getting drawn into the ruck, loosehead Kudak Kachambwa broke off the side and powered his way over the line.

    Maritzburg College then turned up the heat and won a series of penalties inside the Kearsney half. They took a lineout and drive option on a number of occasions, but the home team defended those thrusts well.

    However, the pressure told eventually and, with 15 minutes to play, the visitors created a big overlap on the left and they were in for their second try to the left of the posts. A successful conversion gave College their first lead of the day, at 14-13. It was a lead, but it was a tenuous one.

    It took 55 minutes, but Maritzburg College claimed the lead after a scoring to the left of the uprights.
    It took 55 minutes, but Maritzburg College claimed the lead after a scoring to the left of the uprights.

    In the 65th minute, a breakout by Maritzburg nearly lead to a further try, but a wayward forward pass, forced by a desperate covering tackle, stopped the Red, Black and White from adding to their total with the try line mere metres away.

    Desperately, still a point behind, Kearsney took a long range shot at goal with less than a minute remaining, but Eager’s kick came up short. Still, they forced a lineout with a good chase of the kick and from there they won a short arm penalty.

    Kearsney’s forwards drove hard at College, and the visitors were caught offsides. Eager had another chance to win it for the home team. This time, from the 22, and about 18 metres in from the left-hand touchline, his aim was true and a massive roar from the home supporters filled the ground.

    The final whistle sounded, and the Kearsney 1st XV players were swamped by their school schoolmates.

    Putting the win into perspective, Kearsney coach Neil van Heerden said: “It is no secret that Kearsney has had a few tough years. But we’ve really got some direction in our programme, and these things have been brewing for the last three years, and no one else has been able to see them, because they’re obviously going to look at the 1st XV results. Finally, we feel we can show the province that we are a force to be reckoned with, that Kearsney College is back on the rugby map.”

    He also paid tribute to the never-say-die attitude of his charges, saying: “I’ve learned with this group of boys – I’ve been with them since u16 – we had so many games like this in u16, where they never gave up and they always find a way to win.

    “I thought we were the better team the whole game long, but when it really mattered in the second half, we let ourselves down. But these guys always find a way. I’m sure College will look at the footage and wonder how they lost the game.”

    Maritzburg College coach Tim Orchard looked very disappointed, maybe more by his team’s performance than by the result. “Very frustrating. We were cold. They had a couple of games under their belt, and it showed,” he said.

    “We have to be better than this.”

    Result

    Kearsney College 16 (8)Maritzburg College 14 (0)

  • Gauteng illuminated by the brilliance of women’s football

    A total of 16 SAFA Gauteng Sasol League and eight Gauteng Women’s Development League (GWDL) football clubs assembled at the Panorama Football Club in Roodeport on Saturday to kickstart the women’s football season.

    Inaugural edition of the GWDL Top 8 Championship 

    Ahead of the start of the GWDL’s second season, the GWDL Top 8 did not disappoint.

    In one of the highlights of the day, the champions of the inaugural GWDL, Mamelodi Sundowns, went two goals down to Origin FC. Undaunted, Banyana Ba Style went on to show why they are the champions, fighting back to score four goals to win an incredible game 4-2.

    That victory secured a semi-final place for Sundowns, who will face Remember Elite Sports Academy (RESA) in the final four after RESA cruised to a 3-0 win over the home team, Panorama FC.

    Lesedi Motaung, whose nickname of Mochini Wa Di Goal, translated into English means “Goal Machine”, bagged a hattrick.

    JVW, the runners-up of the inaugural GWDL, will face Highlands Park, who finished third, in the other semi-final.

    JVW thumped Tornado FC 4-0, while Highlands Park clawed their way through after a stern challenge from Tuks. The teams played to a 2-2 draw before Highlands Park claimed the win 5-4 from the penalty spot.

    SAFA Gauteng Sasol League Pre-games

    Among the Sasol fixtures, the most entertaining game was fairly one-sided, with Diepkloof Ladies FC (DK) overrunning Wits University 6-0. A hattrick from Unathi Mjijwa, a brace from Ntando Ntamane, and Gcinokuhle Sikhakhane’s goal, sealed a big victory for DK Ladies, who will face JVW’s Sasol League outfit in the semis.

    Diepkloof Ladies during the annual Gauteng Women’s Soccer Tournament. Photo: Mondli Dube

    DK Ladies have established themselves as the pacesetters in Gauteng women’s football after a superb 2023 season in which they completed a treble.

    More thrilling semi-final action awaits when Mito Stars and Kempton Park FC meet for a place in the gold medal game.

    Kempton Park FC defeated Viking Ladies 3-1 to reach the semi-finals. Mito Stars matched that scoreline in their last eight win over Springs Home Sweepers.

    Gauteng Women’s Development League Results: 09/10/2024

    Mamelodi Sundowns 4-2 Origin FC
    JVW 4-0 Tornado FC
    Highlands Park 2 (5) – 2 (4) Tuks
    RESA 3-0 Panorama

    09:00: Semi-Final Fixtures: 10/03/2024

    09:00: Mamelodi Sundowns vs RESA
    09:00 JVW vs Highlands Park

    Final: 10/03/2024

    12:00: Winner Match 5 vs Winner Match 6 (Field 2)

    SASOL League Pregames Results: 09/03/2024

    Field 1

    Nicko Taurus 1-3 Spring Home Sweepers
    Hallelujah Zebra Force 1- 3 Diepkloof Ladies
    Mathaithai 0-2 Kempton Park
    Future Stars 2-0 Croesus Ladies

    Field 2

    Mito Stars 3-2 University of Johannesburg
    Wits University 2-4 Blue Birds Ladies
    Viking Ladies 3-2 FC Raycon Ladies
    JVW 3-0 NWU Vaal

    Quarterfinals Results: 09/03/2024

    Springs Home Sweepers 1-3 Mito Stars
    Diepkloof Ladies 6-0 Wits University
    Kempton Park 3-1 Viking Ladies
    Future Stars 2-3 JVW

    Semi Final Fixtures: 10/03/2024

    10:30: Mito Stars vs Kempton Park
    10:30: Diepkloof Ladies vs JVW

    Final: 10/03/2024

    13:30: Winner Match 13 vs Winner Match 14

  • St Andrew’s holds on for narrow win in close encounter

    St Andrew’s holds on for narrow win in close encounter

    NewsGStAndrewsCollSt Andrew’s College clung on to record a three-point win at home on Saturday against a very good Nico Malan team, with the final score reading 24-21.

    A fantastic gather by hooker, Joe Wostenholm, saw the forward advance on the try line and score the opening try of the match. The easy conversion kick, from directly in front of the posts, was converted by Scott Miles.

    Nico Malan was then reduced to 14 players when Reegan Stone picked up a yellow card.

    Building on the momentum from scoring the first try, St Andrew’s extended their lead. After spending some time in their opponent’s half, College took a quick tap-and-go penalty, stabbed through a clever grubber kick, and it bounced favourably for the chasing Thato Machaba, who gobbled up the ball to take it over the line.

    Nico Malan struck back almost immediately, making good use of their kick-off to score a try in the corner and reduce the deficit to just seven at halftime. Crisjan de Lange dotted down while scrumhalf Jean Joubert added the extras.

    After the break, St Andrew’s struck first, with a penalty kick right in front of the posts adding a further three points to their tally.

    Nico Malan kept throwing the kitchen sink at them, trying to find a way through the rugged St Andrew’s defence. Eventually, they broke through, with Pietman Kleinhans going over to pull his team to within a single score.

    Then, when St Andrew’s was awarded a penalty, they opted to kick for touch and set up a lineout within 10 metres of the Nico Malan try line. After securing the throw-in, the hosts brilliantly engineered a scoring opportunity, which was taken by flanker Phillip Maske.

    With time running out, Nico Malan added another penalty goal, but it was not enough to bring them the win.

    Both packs will take a lot out of the match after some very tightly contested scrums by two strong sets of forwards. Playing on a hard surface at the start of the season, both sides did well.

    St Andrew’s will feel relieved to have led throughout the match and to have hung onto their lead until the end. Nico Malan was, however, never far behind and was always in the contest.

    Next week St Andrew’s find themselves up against Brandwag, while Nico Malan takes on Dale College at the Graeme College Rugby Festival.

    Scorers: 

    St Andrew’s College 24 (14) – Tries: Thato Machaba, Joe Wostenholm, Phillip Maske. Conversions: Scott Miles (3). Penalty: Miles. Nico Malan 21 (7) – Tries: Crisjan de Lange
    Pietman Kleinhans, Francois Smit. Conversions: Jean Joubert (3).

    Other Results: 

    u16: Nic Malan 41, St andrew’s College 33.

    u15: Nico Malan 15, St Andrew’s College 7.

    u14: Nico Malan 59, St Andrew’s College 14.

    The teams:

    Hoerskool Nico Malan: 15 Brenda Owen, 14 Reegan Stone, 13 Enzo Mchaba 12 Gelden Van Niekerk, 11 Tequine Koopman, 10 Ruan du Preez, 9 Jean Joubert, 8 Pietman Kleinhans, 7 Crisjan de Lange, 6 Hannes Kleinhans 5 JP Hendricks, 4 Edrich Kleu 3 Victor de Villiers 2 MC Ferreira 1 Francois Smit.

    St Andrews College: 15 Karabo van Heerden, 14 Julian Mapoore, 13 Nicholas Hall, 12 Aphindile Ngcuka 11 Aza Nonxuba (Vice-capt) 10 Scott Miles, 9 William Stern, 8 Ucwambu Mgudlwa, 7 Matthew Harvey, 6 Philipp Maske, 5 Robert Faber, 4 Roman van Zyl, 3 Thato Machaba, 2 Joe Wostenholm (Capt), 1 Mark Were.

  • Boland Landbou tem opwindende Milnerton

    Boland Landbou tem opwindende Milnerton

    Retagan van Rooi, Boland Landbou (Absa Wildeklawer 2023) FOTO: Marnus Prinsloo

    Devon Damons (skrumskakel) en Milnerton het vir Boland LAndbou laat sweet by hul AFGRI-Rugbydag die naweek, maar die boere het goed gekonsolideer om hul seisoen af te skop met ‘n sege van 29-18.

    Beleef al die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

    Die tuisspan het die wedstryd vol vertroue begin met hul ster losskakel, Retagan van Rooi, wat vir vleuel, Wehan Lume, in die hoekie oorgesit het vir die eerste drie, na slegs drie minute.

    Kort daarna het van Rooi self agter die besoekers se doellyn gaan kuier, en het dit gelyk asof daar ‘n lang dag vir Milnerton voorlê.

    Damons het egter geduldig die tuisspan se voorsprong verklein met twee agtereenvolgende strafdoele.

    ‘n Derde poging, van bykans 60m, was nét kort, maar Boland het beslis gesukkel om die bal te beheer en nóg ‘n strafskop reg voor hul pale afgestaan.

    Milnerton het egter besluit om hul momentum te probeer ontgin, eerder as om weer pale toe aan te lê. Dié besluit sou later by hulle kom spook, aangesien hulle nie daarin kon slaag om die druk in punte om te skakel nie.

    Boonop het van Rooi kort voor halftyd sy tweede drie van die dag gaan druk.

    Damons het ‘n strafskop afgestaan wat vir hom ‘n geelkaart beteken het net voor die drie, en dus het dit weer gelyk asof Boland aan die stuur van sake is.

    Kort na rustyd het van Rooi en Lume weer gekombineer vir ‘n spieëlbeeld van die eerste drie, maar toe Damons weer teruggelaat is op die veld om die losskakel posisie in te neem, het die besoekers werklik ritme begin vind.

    Damons het feitlik onmiddelik gaan druk, en met ‘n bietjie meer as drie minute speeltyd oor het hy ‘n Boland-aangee onderskep om weer tussen die pale oor te duik en die agterstand tot 18-22 te laat krimp.

    Milnerton se sterte was die lug, maar Boland Landbou het steeds die laaste gelag toe Hans Verster oorgebars het vir ‘n drie in die doodsnikke.

    Boland het goed gevaar om die vurige Milnerton te tem, maar sal wel voel dat hulle ‘n paar geleenthede om verdere punte aan te teken deur hul vingers laat glip het. Dit is egter die doel van hierdie voorseisoense wedstryde; om spanne ‘n kans te gun om die roes van die afseisoen af te skud voordat die ligas in alle erns begin.

    Volgende naweek is Boland Landbou in George waar hulle vir Hoërskool Outeniqua aandurf, terwyl Milnerton so gou as moontlik op die wenpad sal wil kom wanneer hulle vir St Charles College in Pietermaritzburg pak.

    In die voorlaaste wedstryd by die byeenkoms het HTS Bellville die oorhand geniet teen die Hoërskool Monument Park van Kraaifontein.

    Jeandré Smith, buitesenter van Bellville, het ‘n skitterende wedstryd beleef in sy span se oortuigende sege van 38-17 .

    Puntemakers:

    Boland Landbou 29 (15) – Driee: Wehan Lume (2), Retagan van Rooi (2), Hans Verster. Doelskoppe: Van Rooi (2). Milnerton 18 (6) – Driee: Devon Damons (2). Doelskop: Chadwin Sellidon. Strafdoelle: Damons (2).

    Ander tellings: 

    Eerstespanne: HTS Bellville 38, Monumentpark 17.