SSPN Test Site

Blog

  • Kearsney makes a strong statement on day two of Reef Cup

    Kearsney makes a strong statement on day two of Reef Cup

    Kearsney College made their intentions clear on the second day of the Reef Cup Water Polo Invitational Tournament with a thrilling victory over Affies on Friday afternoon.

    Kearsney and Affies, along with Michaelhouse, St Alban’s College, and St David’s Marist Inanda, are considered to be title contenders.

    St Stithians is hosting the prestigious tournament, which was first contested in 1980.

    The Kearsney versus Affies clash was a top-of-the-table showdown in Pool C, which stamped the winner’s ticket to the quarterfinals.

    Last year, the KwaZulu-Natal side found themselves in the path of a rampant St Andrew’s College. They fought hard but narrowly lost 7-8 to cede control of their pool to the eventual champions. Coach Nicholas Rodda’s charges made it to the quarterfinals, having taken a longer route to get there, and were beaten by St David’s, who went on to finish as the runners-up.

    After their loss in the last eight, Kearsney did not rest on their laurels. They regrouped and emerged as a stronger unit at the Stayers Tournament, hosted by Northwood, in October. Their young side, led by James Pohl and Luca Sandri (feature photo), swept the event.

    Fresh out of the pool and having helped his side lift the Stayers’ title, Sandri joined the South Africa swimming squad that took part in the BRICS Games and was part of the gold medal-winning 4x50m and 4x100m relay teams. Sandri and Pohl were also part of the KZN team that won the u16 IPT last December.

    This year, they made things easier for themselves at the Reef Cup by defeating the highly regarded Affies team. The game was closely contested until the final chukka, when Kearsney established a two-goal lead, and held on to win 10-8.

    Their victory over Affies came hours after they had walloped Rand Park 26–4.

    Michaelhouse ensured another KZN side would make it through to the quarterfinals, with back-to-back wins putting them on top of Pool A. Graeme Lucas-Bull’s young team dispatched Reddam Bedfordview 30-1 early on day two before battling it out with St Benedict’s College, who put up a strong fight. But Michaelhouse won that one 10–7.

    St Alban’s made it four wins from their four group matches by seamlessly picking up from where they left off on day one. Nardus Badenhorst’s team thumped Steyn City 31–4 before shrugging off the challenge brought on by DHS with a 12–7 victory. Their clean record saw them join Michaelhouse and Kearsney in the quarterfinals.

    St David’s kept their mission on course for a second successive appearance in the final. They secured their quarterfinal spot by topping Pool D with a clean sweep of all their games.

    No team has found the back of the net as much as St David’s, who scored a massive 83 goals in their four group matches. At the same time, they conceded a paltry 12. In case you were wondering, that works out at an average score of, roughly, 21-3. Dean Whyte’s charges began the day with a 28-1 rout of Reddam Umhlanga before overcoming Glenwood 19–7.

    RESULTS

    Grey College 16-2 Reddam Bedfordview
    Reddam Helderfontein 7-4 Steyn City School
    Rand Park 4-26 Kearsney
    Parktown 3-13 Woodridge
    St Benedict’s 20-4 Beaulieu
    DHS 12-3 Falcon
    St Peter’s 15-3 Crawford
    St David’s 28-1 Reddam Umhlanga
    Michaelhouse 30-1 Reddam Bedfordview
    St Alban’s 31-4 Steyn City School
    Affies 8-10 Kearsney
    Glenwood 11-12 Woodridge
    Grey College 21-2 Beaulieu
    Reddam Helderfontein 10-9 Falcon
    Rand Park 5-12 Crawford
    Parktown 8-3 Reddam Umhlanga
    Michaelhouse 10-7 St Benedict’s
    St Alban’s 12-7 DHS
    Affies 18-3 St Peter’s
    St David’s 19-7 Glenwood.

    FIXTURES

    Saturday

    07:00 – (B#41) Grey College vs Reddam Helderfontein; 07:00 – (B#42) DHS vs St Benedict’s; 07:00 – (B#43) Affies vs Glenwood; 07:50 – (B#44) Woodridge vs St Peter’s; 08:40 – (B#45) Beaulieu vs Steyn City; 09:30 – (B#46) Reddam Bedfordview vs Falcon; 09:30 – (B#47) Rand Park vs Parktown; 09:30 – (B#48) Crawford vs Reddam Umhlanga; 11:10 – (B#49) Group A1 vs Winner Game 43; 11:10 – (B#50) Winner Game 44 vs Group B1; 12:00 – (B#51) Winner 41 vs Group C1; 12:00 – (B#52) Group D1 vs Winner 42; 13:40 – (B#53) Loser Game 45 vs Loser 47; 13:40 (B#54) Loser 46 vs Loser 48; 14:30 – (B#55) Loser 43 vs Loser 41; 14:30 – (B#56) Loser 44 vs Loser 42; 15:20 – (B#57) Winner 47 vs Winner 45; 16:10 – (B#58) Winner 50 vs Winner 49; 16:10 – (B#59) Winner 46 vs Winner 48; 17:00 – (B#60) Winner 52 vs Winner 51; 17:00 – (B#61) Loser 50 vs Loser 49; 18:40 – (B#62) Loser 52 vs Loser 51.

    Sunday

    07:00 – (B#63) Loser 53 vs Loser 54; 07:00 – (B#64) Winner 53 vs Winner 54; 07:00 – (B#65) Loser 57 vs Loser 59; 08:40 – (B#66) Winner 57 vs Winner 59; 08:40 – (B#67) Loser 55 vs Loser 56; 08:40 – (B#68) Winner 55 vs Winner 56; 10:20 – (B#69) Loser 62 vs Loser 61; 10:20 – (B#70) Winner 62 vs Winner 61; 10:20 – (B#71) Loser 60 vs Loser 58; 12:10 – (B#72 – Winner 60 vs Winner 58.

  • Trio sit strawwe voorseisoen voort teen Noordheuwel

    Byron Biennas, Hoërskool Trio | FOTO: Kulu Ferreira

    Voordat die spanne met hul onderskeie ligabepalings begin, bied die Hoërskool Trio-sportdag hierdie naweek vir die afrigters en spelers nog ‘n ideale geleentheid om finale skaafwerk te doen.

    Beleef al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

    Die manne van Kroonstad staan definitief nie terug vir ‘n uitdaging nie. Verlede naweek het hulle hul seisoen begin met een van die moeilikste bepalings vir enige skool, toe hulle vir Grey-kollege by die President Steyn-sportdag aangedurf het. Hierdie naweek daag hulle die NWU Prestige- en Noordvaal Sewes-kampioene, Hoërkool Noordheuwel, uit in nog ‘n strawwe bepaling voordat hul liga-wedstryde in aanvang neem.

    Die Nories het verlede jaar se SDC Noordvaal-kampioene, Hoërkool Garsfontein, ook laat sweet en naelskraaps met 30-28 verloor toe die twee mekaar verlede jaar ontmoet het.

    Jenemo Luiters (vleuel) en Jeandré Uithaler (losskakel) het reeds in 2023 hul vermoëns om die verdediging te ontsluit tentoongestel, en die tuisspan sal moet stewig staan om die span van Krugersdorp aan bande te lê.

    Die Trio-span is egter self in staat om die verdediging te straf, met hul ster losskakel, Byron Biennas, aan die spits van hul aanslag.

    Thuto Kekane (vleuel) en Tapiwa Mundeta (flank) was twee van sewe spelers uit die Kroonstad-span wat verlede jaar die Griffons se Cravenweekspan gehaal het. Hulle sal ook Saterdag hul stempel op die wedstryd wil afdruk as deel van Trio se ervare kern-groep.

    Hoërskool Rustenburg meet hulself teen die Cherries van Grey-kollege in die voorlaaste wedstryd.

    Lorenzo Snyers het verlede jaar reeds sy hand opgesteek in die SDC Noordvaal Plaat-afdeling, waar Rustenburg in die eindstryd teen Hoërskool Kempton Park met 49-24 geseëvier het.

    Tiano Combrink (heelagter), Zulu Khumalo (vleuel), Awie Alberts (senter), MC Smit (agsteman) en Pedrie Human (slot) was ook deel van daardie Rusties-span wat die plaat omhoog kon lig.

    Grey-kollege se tweedespan het egter ook al verlede naweek gewys dat hulle oorgehaal is vir die seisoen, deur Voortrekker Hoërskool se tweedes met 64-7 pakslae te gee by die President Steyn-sportdag.

    Heinz Stockenström was een van die uitblinkers op heelagter by daardie geleentheid, en met ‘n paar opwindende ander name in die Cherries-groep sal die Rustenburg seuns moet bontstaan op die veld om die Bloemfonteiners te tem.

    Die spanne:

    Trio t. Noordheuwel om 16:00

    Hoërskool Trio: 15 Byron Maggerman, 14 Thuto Kekane, 13 Franco de Wet, 12 Tyron Adams, 11 Aaron Kriek, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Keanu Swanepoel, 7 Tapiwa Mundeta, 6 JP Botha, 5 Danie Fourie, 4 Dian Serfontein, 3 Sebastian du Preez, 2 Killian Kriek, 1 Hanco Geel.

    Hoërskool Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Jenemo Luiters, 13 Lindsey Jansen, 12 Jared Coetzee, 11 Cheswill Jooste, 10 Jeandré Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Jaundré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Xander Buytendag, 4 Alex Greeff, 3 Martin Nel, 2 Mpho Madisaotsile, 1 Meyer Opperman.

    Rustenburg t. Grey II om 15:00

    Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Lorenzo Snyers, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jaden Meyer, 9 Adriano George, 8 MC Smit, 7 Coenraad Coetzer, 6 Wikus Jacobs, 5 Erich Potgieter, 4 Pedrie Human, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.

    Grey-kollege II: 15 Heinz Stockenström, 14 Benjamin van den Berg, 13 Jean Rossouw, 12 Riaan Benadé, 11 Theko Montjane, 10 Toriq Schambreel, 9 Gerhard Scholtz, 8 AJ Booysen, 7 Adem Nieuwoudt, 6 Tian Fourie, 5 Claude Steyn, 4 Renier Grobler, 3 Marinus Oosthuizen, 2 JT Laney, 1 Henco Diederichs.

    Die res van die bepalings

    A-Veld

    14:00 – o. 19 – Ligbron t. Noordheuwel II
    13:00 – o. 19 –
    Hoërskool Rustenburg II t. Grey III
    12:00 – o. 16 – Hoërskool Trio t Noordheuwel
    11:00 – o. 19 –Hoërskool Trio II t. Noordheuwel III
    10:00 – o. 19 – Ligbron II t. Grey-kollege IV
    09:00 – o. 15 – Hoërskool Trio t. Noordheuwel
    08:00 – o. 14 – Hoërskool Trio t. Noordheuwel

    B-Veld

    16:00 – o. 16 – Ligbron B t. Grey-kollege D
    15:00 – o. 15 – Hoërskool Rustenburg B t. Grey-kollege C
    14:00 – o. 19 – Hoërskool Rustenburg III t. Grey-kollege V
    13:00 – o. 16 – Ligbron t. Noordheuwel B
    12:00 – o. 14 – Ligbron t. Noordheuwel B
    11:00 – o. 16 – Hoërskool Rustenburg t. Grey-kollege B
    10:00 – o. 15 – Hoërskool Rustenburg t. Grey-kollege B
    09:00 – o. 14 – Hoërskool Rustenburg t. Grey-kollege B
    08:00 – o. 15 – Ligbron t. Noordheuwel B

    C-Veld

    16:00 – o. 16 – Hoërskool Rustenburg B t. Grey-kollege C
    15:00 – o. 16 – Hoërskool Trio B t. Noordheuwel C
    14:00 – o. 14 – Hoërskool Trio B t. Noordheuwel C
    13:00 – o. 15 – Ligbron B t. Grey-kollege D
    12:00 – o. 19 – Ligbron III t. Grey-kollege VI
    11:00 – o. 19 – Hoërskool Trio III t. Grey-kollege VII
    10:00 – o. 15 – Hoërskool Trio B t. Noordheuwel C
    09:00 – o. 14 – Ligbron B t. Grey-kollege D
    08:00 – o. 14 – Hoërskool Rustenburg B t. Grey-kollege C

     

  • Fichies Leeus wil brul teen die Bere van Wesvalia

    Fichies Leeus wil brul teen die Bere van Wesvalia

    FOTO: Dirkie Groenewald

    Fichardtpark se Leeus sal Saterdag tydens sy jaarlikse Standard Bank Fichardtpark Sportdag van die begin af op alle silinders moet vuur. Die Fichies kom in die hoofwedstryd van die dag om 16:10 teen Wesvalia van Klerksdorp te staan.

    Al die aksie van die sportdag kan regstreek op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gebeeldsend word.

    Dié sportdag is jaarliks een van die grootstes in Suid-Afrika en bied aan baie skole hulle eerste proesel rugby van die 2024-seisoen.

    Fichies se Leeus het Wesvalia verlede jaar met 17-5 tydens die President Steyn Sportdag verslaan. Die besoekers het dus vanjaar ‘n appeltjie met Fichardtpark te skil.

    Boonop het Wesvalia verlede week vir Potchefstroom Volkskool met 73-7 in hul eerste kragmeting van die seisoen afgeransel. Saterdag se hoofwedstryd sal die Leeus se eerste van die seisoen wees.

    Fichies se Devanté Claasen het die Vrystaat verlede op die Cravenweek verteenwoordig en sal waarskynlik die vonk vir sy span moet verskaf.

    Wesvalia se boetie-duo, Marno Dreyer (heelagter) en Eduard Dreyer (losskakel), het reeds vroeër vanjaar tydens die Kovsie Smash goeie herhinneringe op Fichies se sportgronde beleef. Die twee het Wesvalia tot die eerste titel van die kompetisie met blink vertonings gelei.

    Hoërskool Sentraal se eerstespan sal nie heeltemal uit wees vir vergelding nie, hoewel dit soet sou smaak. ‘n Veel beter vertoning as verlede jaar met meer durf en konstruktiewe spel teen die Hoërskool Noord-Kaap sal vir die Tralies baie beteken.

    Northerns het verlede jaar die Tralies met 43-0 ‘n rugbyles geleër. Die span van Kimberley het boonop weer die dienste van nege van sy beginspan-spelers van verlede jaar.

    Die Tralies se Direkteur van Rugby, Braam van Straaten, het intussen die Rosestad vir Middelburg in Mpumalanga verruil. Hy sal voortaan by die Hoërskool Middelburg se rugbyprogram betrokke wees. Tralies se hoofafrigter, Hendré Fourie, sal sonder twyfel sy troepe voorberei het vir die aanslag wat vandag op hul wag.

    Louis Botha sal vanjaar ook ‘n beter vertoning as verlede jaar wil opdis. Die span kom vanjaar teen Landboudal van Jacobsdal te staan.

    Verlede jaar het Louis Botha met 5-12 teen Hentie Cilliers van Virginia die knie gebuig. Die span word deur die gewese SA Skole-flank, Moekoa Bolofo, gebrei. Bolofo was op sy dag een van Louis Botha se voorste skolespelers.

    Die Lanties het verlede jaar vir Goudveld-Hoërskool met 25-22 geklop en is gewoonlik ‘n gedugte span.

    Sand du Plessis kom om 09:10 teen die onbekende Cathcart High te staan. Dit sal Cathcart se eerstespan se eerste verskyning op Fichies se Sportdag wees.

    Sannies se buitesenter, Oleboheng Salomane, kan die besoekers vanuit die Oos-Kaap probleme agterlangs besorg.

    Die spanne is: 

    Fichardtpark vs Wesvalia om 16:10:

    Fichardtpark: 15 Bernard Kruger, 14 Devan Martens, 13 Martin Kalp, 12 Duan Viviers, 11 Ayanda Qinisa, 10 Junior Titoti, 9 Devanté Claasen, 8 Tumelo Leputla, 7 Wouter Jonker, 6 Jannel du Plessis, 5 Adin Engelbrecht, 4 Marnus Henning, 3 Nathan Swanepoel, 2 Marno Smith, 1 Zaine van Zyl.

    Wesvalia: 15 Marno Dreyer, 14 Ben Bierman, 13 Xander Smit, 12 Rickardt van Heerden, 11 Justin Adams, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanré Venter, 7 Francois Dumond, 6 Franco Dumond, 5 Wessel Sevenster, 4 Ulrigh du Preez, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Jonathan Botha.

    Noord-Kaap vs Sentraal om 13:50: 

    Noord-Kaap: 15 Jonaden Links, 14 Aphiwe Siyona, 13 Jayden Potgieter, 12 Abdul Fischer, 11 Bjorn Olifinger, 10 Lwandle Maseko, 9 Dihan Janse van Rensburg, 8 Shaw Lourens (kaptein), 7 Ambijorn Vraagom, 6 Tyron China, 5 Prince Botha, 4 Bonsanio Fiks, 3 Alonzo Johnson, 2 JP Alexander, 1 Tebogo Motswenyane.

    Sentraal: 15 Aiden Gottsch, 14 Ethan Hoffman, 13 Lee-Yagin Arendse, 12 SJ Coetzee, 11 CJ Hertzog, 10 Pat Cloete, 9 Hendrik Jonker, 8 Liam Pretorius, 7 Juandré Jardim, 6 AJ le Roux, 5 Hugo Coetzer, 4 Chris Kachelhoffer, 3 Daniël Kotze, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

    Louis Botha vs Landboudal om 11:30: 

    Louis Botha: 15 Kamohelo Mofokeng, 14 Refilwe Motelung, 13 Siya Nyosana, 12 Nkokheli November, 11 Lebohang Setai, 10 Phiwe Mkunjana, 9 Babongkile Mafantere, 8 Kwanda Tokwe, 7 Rapeo Mokoena, 6 Musa Motlolane, 5 Nomganga Themba, 4 Mogomutsi Mokunyane, 3 Daniel Tjimbundi, 2 Neo Mothibeli, 1 Tshireletso Shongwe.

    Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Jannie de Waal, 13 Divan Vorster, 12 Simion de Klerk, 11 Jan-Louis Nel, 10 Henko Truter, 9 Craven Crause, 8 Juhan van der Westhuizen, 7 Brink Bruwer, 6 Jaco Venter, 5 Renier Pieterse, 4 Franke Fourie (kaptein), 3 Ruan van Bosch, 2 Regard Scheepers, 1 Wianco Ludike.

    Sand du Plessis vs Cathcart om 09:10: 

    Sand du Plessis: 15 Shaun Maina, 14 Raseate Seleteng, 13 Oleboheng Salomane, 12 Keanu Rafferty, 11 Diesel Motsumi, 10 Zander du Toit, 9 Junior Morolons, 8 Siya Sebata, 7 Malebo Lebetsa, 6 McDonald Reid, 5 Shadreck Khoza, 4 Jermairon Pietersen, 3 Beast Lesenyeho, 2 Boitshepo Boom, 2 Ru-Ahl Meyer.

    Catchcart: Nie beskikbaar.

  • Mbombela kan uitsien na Nellies-Secunda-stryd

    Mbombela sal aan die gons wees met nog ‘n opwindende skolerugbyseisoen wat voorlê.

    Hoërskool Nelspruit loods hulle seisoen, op tuisbodem, teen Hoërskool Secunda. Die twee skole het mekaar ook vroeg verlede jaar in dié jaarlikse vriendskaplike wedstryd gepak. Dit was die begin van ‘n moeilike jaar vir die Nellies en hulle moes met 0-15 die aftog blaas.

    Vanjaar sal egter waarskynlik ‘n ander storie wees en die span van Secunda sal alles in die stryd moet werp om nóg ‘n sege oor die Nellies te verseker.

    Regard Vermaak sak in die voorry op haker vir die tuisspan, en behoort die nodige vonk te verskaf met sy woelwater spel. Wat die fisieke stryd betref, sal die slotpaar, Banele Ngwenya en Ronaldo van Rensburg, kort op Vermaak se hakke wees.

    Agterlangs sal die Nellies se losskakel, Theuns Meyer, met ‘n valkoog dopgehou moet word. Meyer is nie net ‘n uitstekende verspreider van besit nie, maar ook lief daarvoor om self die verdediging aan te vat. Sy senters, Divan de Kock en Ian Wood, gaan die Secunda verdedigers ook op hul hoede hê met vernuftige aanvalslyne. Albei is ook rotsvas op verdediging.

    Steelkantflank, Zander Scheepers, voer die Secunda-span aan, terwyl Bakkies Bezuidenhout, een van die span se uitblinkers verlede jaar, ook ‘n welkome terugkeer maak op agtsteman. Bezuidenhout is bekend vir sy fisieke spel, maar beskik ook oor bedrieglike vaart en puik balvaardighede.

    Jarno Haarhoff maak ook sy terugkeer om vir die tweede jaar die nr. 9-trui oor sy kop te trek. Haarhoff se visie en, belangrikste, volwassenheid onder druk is wat van hom so ‘n waardevolle skakel maak. Alozon Blakenberg het groot skoene om vol te staan, wanneer hy sy plek op losskakel inneem.

    In die ander groot wedstryd van die naweek kruis Hoërskool Middelburg en Hoërskool Eldoraigne swaarde. Die Middelburgers het vanajaar ‘n jong span, maar kan beslis nie ligtelik opgeneem word nie.

    Die voorry, bestaande uit Wian Olwagen (loskopstut), Roux Grobler (haker) en Wandisa Mthombeni (vaskopstut), sal hul stempel vroeg in die wedstryd wil afdruk. Grobler is ook by die afbreekpunte uitstekend en sal sy lyf rondgooi om die Eldo’s van vinnige bal te weerhou.

    Agterlangs sal die span se generaal, Matthew Abbey, koelkop wil bly om sy blitsige driekwarte op die voorvoet te plaas. Lesego Rakale, die Middies se heelagter, sal uitsien na die geleentheid om sy vaart tentoon te stel wanneer hy van agter aanval.

    Die Eldo’s beskik self oor ‘n effektiewe pak voorspelers. Die vaskopstut, Jaco Fourie, sal met sy skrumwerk die Middies onder druk wil plaas, en is self woelig in die vaste los. Om die waarheid te sê, hy kan bykans as ‘n vierde losvoorspeler beskou word. Sy slot, Rikus Rheeder en steelkantflank, SW Engelbrecht, sal hom bystaan in die fisieke stryd wat voorlangs op die Pretorianers wag.

    JP Meyer, wat verlede op heelagter vir die Eldo’s diens gedoen het, trek vanjaar die Nr. 10-trui oor sy kop, met Darren Bruwer, die kookwater, buksie van ‘n skrumskakel, wat vir Eldoraigne ‘n uitstekende skakelpaar voltooi. Bruwer, nou eers in Graad 11, het verlede jaar by Durbanville se o. 16-span diens gedoen, maar het vinnig sy pad terug na die Jakarandastad gevind.

    Hoërskool Lichtenburg reis Saterdag na Rustenburg, waar hulle teen Bergsig Akademie te staan kom. Tjaart Bernard (loskopstut) en Dewald Potgieter (steelkantflank) behoort die Liggie-voorspelers op hulle tone te hou.

    Agterlangs sal die skakelpaar, Paulo dos Santos (skrumskakel) en Simeon Botha (losskakel), die tuisspan se aanvalle loods. Dit sal die heelagter, Siya Buthelezi, die nodige geleenthede bied om by die agterlyn aan te sluit en die Liggie-verdediging te teister.

    Hoërskool Lichtenburg se senterpaar, Benre Pollard en Dundre Demper, sal waarskynlik ander planne hê. Albei is rotsvas op die verdediging, maar ook uiters gevaarlik op die aanval met kraglopies van hul eie.

    Kgolagano Legodi, die Liggies se oopkantflank, sal onder die voorspelers woel. Hy is op sy gelukkigste in gebroke spel, waar hy blitsvinning op die losbal is.

    Hoërskool Jeugland durf die tog Meyerton toe aan, waar Hoërskool Dr. Malan op hulle wag. Die span van Meyerton het ‘n moeilike jaar in 2023 beleef en sal vanjaar op ‘n beter noot wil afskop.

    Luka Pretorius sal die generaal van die span wees wanneer hy die Nr. 10-trui oor die kop trek. Hy sal egter ook staatmaak op die spoedvrate aan sy buitekant, Dillon Gouws (regtervleuel) en Willem Taylor (linkervleuel), om af te rond.

    Voorlangs behoort die haker, JJ Bester, die pap dik aan te maak, terwyl Liam Giacomozzi ook sy fisiekheid na die tafel toe sal bring.

    Gouws en Taylor sal egter nie ‘n maklike taak hê nie. Die twee Dr. Malan-vleuels sal hulle hande vol hê met Jeugland se twee spoedvrate, Oregopotse Shilubane en Jetao Joost. Shilubane het verlede seisoen reeds waardevolle ervaring op eerstespanvlak opgedoen.

    Die spanne:

    Nelspruit t. Secunda om 12:20 in Nelspruit:

    Hoërskool Nelspruit: 15 Christiaan van Heerden, 14 Tinyiko Silubane, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Jordan Pretorius, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Bradley Claasen, 6 Tiaan de Beer, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Banele Ngwenya, 3 Gert Cloete, 2 Regard Vermaak, 1 Siya Gama.

    Hoërskool Secunda: 15 Damien de Beer, 14 Brink La Grange, 13 Martin Pretorius, 12 EJ Venter, 11 Divan Mulder, 10 Alonzo Blakenberg, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheeper, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Reghardt du Preez, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Xander Bezuidenhout, 1 Nathan Erasmus.

    Hoërskool Middelburg t. Eldoraigne om 13:00 in Middelburg: 

    Hoërskool Middelburg: 15 Lesego Rakale, 14 Janco Erasmus, 13 Jaco Trutter, 12 Marko Mulder, 11 Jacques Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Joseph Loretz, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Hoërskool Eldoraigne: 15 Hendru van Zyl, 14 Ian Bosch, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earl, 11 Divan-Mitchell van Rooyen, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Justin Meintjies, 7 SW Liebenberg, 6 Cameron Killian, 5 Ruben le Roux, 4 Rikus Rheeder, 3 Jaco Fourie, 2 Victor Koopmans, 1 Marnes Prinsloo.

    Bergsig Akademie t. Lichtenburg om 12:10 in Rustenburg:

    Bersig Akademie: 15 Siya Butelezi, 14 Marlon Mowers, 13 MJ Pretorius, 12 Steven Grobler, 11 Alzandro Dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo Dos Santos, 8 Johandre Steyl, 7 Dewald Potgieter, 6 Jacque du Plooy, 5 Luyanda Taffa, 4 Caleb Kihoro, 3 Libhongo Sakie, 2 Christian de Abreu, 1 Tjaart Bernard.

    Hoërskool Lichtenburg: 15 Luan SNyman, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Benre Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 Regardt Jacobs, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Ryhn, 1 Donovan Rosato.

    Dr. Malan t. Jeugland om 12:00 in Meyerton:

    Hoërskool Dr Malan: 15 Flippie Blignaut, 14 Dillon Gouws, 13 Dian van den Berg, 12 Andreas Botha, 11 Willem Taylor, 10 Luka Pretorius, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Joshua Correira, 6 JT Swart, 5 Enrico van Zyl, 4 Liam Giacomozzi, 3 Franco Barns, 2 JJ Bester, 1 Devan Fouche.

    Hoërskool Jeugland: 15 Thando Ngomane, 14 Oregopotse Shilubane, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Jetao Joost, 10 King Aganzo, 9 Jorden Verhoef, 8 Jayden Kleyn, 7 Josep Ngoma, 6 Lebo Letlata, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbanwa, 1 Jayden Hoskins.

     

  • Drostdy-sportdag trek 50 spanne om seisoen af te skop

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Daar is hierdie naweek groot aksie in Worcester waar 50 rugbyspanne van die omliggende omgewing by die HTS Drostdy-sportdag vergader om twee wedstryde elk te speel ter voorbereiding van die nuwe rugbyseisoen wat eersdaags afskop.

    Beleef al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

    Die eerstespanne pak mekaar van 09:00 op Trappespark, met die “Donkies” wat hul eerste wedstryd speel om 11:30 teen Hoërskool Schoonspruit, voordat hulle in die hoofwedstryd kragte meet met Hoërskool Melkbosstrand.

    Die tuisspan het vroeg in Februarie reeds ‘n oefenwedstryd ingepas, waarin hulle die Dubai English Speaking College met 53-0 kon afransel.

    Hul teenstanders sal hierdie naweek egter aansienlik taaier weerstand bied en die byeenkoms sal vir aanhangers ‘n eerste smakie bied van wat hierdie jaar verwag kan word.

    HTS Drostdy het ook ‘n splinternuwe klubhuis wat by die byeenkoms vir die eerste keer aan die publiek oopgestel sal word. Daar kan ondersteuners in gemak ‘n dag propvol opwindende skolerugby geniet.

    Worcester Gimnasium het verlede seisoen ‘n paar groot name laat les opsê en hulle sal beslis ook een van die spanne wees om dop te hou die naweek.

    Die Gimmies speel teen dieselfde twee spanne as hul buurskool, so dit sal interessant wees om te sien hoe hulle vergelyk.

    Hoërskool Tygerberg is een van slegs drie skole wat meer as een verteenwoordiger in verlede jaar se seëvierende Springbokspan by die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gehad het. Eben Etzebeth en Marvin Orie het altwee hul rugbyloopbane by die Tiere begin.

    Tygerberg skop hul seisoen af teen Worcester Sekondêr en Langeberg Sekondêr, terwyl die ander span van die noordelike voorstede, Hoërskool Brackenfell, kragte meet met Hoërskool Swartland en Esselenpark Sekondêr.

    Trappespark (o. 19 A)

    16:30 – HTS Drostdy t. Melkosstrand
    15:40 – Worcester Gimnasium t. Schoonspruit
    14:50 – Hoërskool Tygerberg t. Langeberg
    14:00 – Swartland t. Worcester Sekondêr
    13:10 – Hoërskool Brackenfell t. Esselenpark
    12:20 – Worcester Gimnasium t. Melkbosstrand
    11:30 – HTS Drostdy t. Schoonspruit
    10:40 – Hoërskool Tygerberg t. Worcester Sekondêr
    09:50 – Hoërskool Brackenfell t. Swartland
    09:00 – Esselenpark t. Langeberg

    Steelkant (o. 19 B)

    15:30 – HTS Drostdy t. Melkbosstrand
    14:40 – Worcester Gimnasium t. Schoonspruit
    13:50 – Hoërskool Tygerberg t. Langeberg
    13:00 – Hoërskool Brackenfell t. Esselenpark
    12:10 – Swartland t. Worcester Sekondêr
    11:20 – Worcester Gimnasium t. Melkbosstrand
    10:30 – Esselenpark t. Langeberg
    09:40 – HTS Drostdy t. Schoonspruit
    08:50 – Hoërskool Tygerberg t. Worcester Sekondêr
    08:00 – Hoërskool Brackenfell t. Swartland

    Knersvlakte (o. 16 A)

    15:30 – HTS Drostdy t. Melkbosstrand
    14:40 – Worcester Gimnasium t. Schoonspruit
    13:50 – Hoërskool Tygerberg t. Langeberg
    13:00 – Hoërskool Brackenfell t. Esselenpark
    12:10 – Swartland t. Worcester Sekondêr
    11:20 – Worcester Gimnasium t. Melkbosstrand
    10:30 – Esselenpark t. Langeberg
    09:40 – HTS Drostdy t. Schoonspruit
    08:50 – Hoërskool Tygerberg t. Worcester Sekondêr
    08:00 – Hoërskool Brackenfell t. Swartland

    Bloekombos (o. 15 A)

    15:30 – HTS Drostdy t. Melkbosstrand
    14:40 – Worcester Gimnasium t. Schoonspruit
    13:50 – Hoërskool Tygerberg t. Langeberg
    13:00 – Hoërskool Brackenfell t. Esselenpark
    12:10 – Swartland t. Worcester Sekondêr
    11:20 – Worcester Gimnasium t. Melkbosstrand
    10:30 – Esselenpark t. Langeberg
    09:40 – HTS Drostdy t. Schoonspruit
    08:50 – Hoërskool Tygerberg t. Worcester Sekondêr
    08:00 – Hoërskool Brackenfell t. Swartland

    Hardepad (o. 14 A)

    15:30 – HTS Drostdy t. Melkbosstrand
    14:40 – Worcester Gimnasium t. Schoonspruit
    13:50 – Hoërskool Tygerberg t. Langeberg
    13:00 – Hoërskool Brackenfell t. Esselenpark
    12:10 – Swartland t. Worcester Sekondêr
    11:20 – Worcester Gimnasium t. Melkbosstrand
    10:30 – Esselenpark t. Langeberg
    09:40 – HTS Drostdy t. Schoonspruit
    08:50 – Hoërskool Tygerberg t. Worcester Sekondêr
    08:00 – Hoërskool Brackenfell t. Swartland

  • Nuwe kampioen in vanjaar se NWU 16-reeks gekroon

    Nuwe kampioen in vanjaar se NWU 16-reeks gekroon

    NWU Pukke 16 2019

    Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen in die NWU 16-reeks gekroon word.

    Die verdedigende kampioen, Piet Retief,

    Piet Retief het verlede jaar vir Vryburg met 20-14 in die eindstryd verslaan. Vryburg sal soos gebruiklik vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op die titel wees.

    Piet Retief was ook die kampioen in 2022 toe hy vir Wolmaransstad (27-23) in die eindstryd verslaan het.

    Buiten Piet Retief was nie vanjaar aan die reeks sal deelneem nie, is Bekker van Magaliesburg ook nie meer deel van die kompetisie nie.

    Die twee nuwe gesigte in die reeks is Ben Viljoen van Groblersdal en Sarel Cilliers van Glencoe.

    Buiten Vryburg wat altyd ‘n aanspraakmaker op die titel is, kan daar ook ‘n sterk aanslag vanaf Riebeeckrand verwag word. Ben Viljoen as nuweling kan ook nie gering geskat word nie. Vryburg sal sy aanslag in vanjaar se reeks tuis teen Fochville afskop.

    Vryburg was verlede jaar ook die kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Groep 2.

    In Groep A is Stoffberg (Brakpan), Oosterland (Secunda), Delmas en Pretoria-Noord saam geloot.

    Sarel Cilliers sal na Vryheid reis waar hy in sy eerste kragmeting in die reeks teen Pionier te staan sal kom.

    Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

    2 Maart 2024 

    Stoffberg vs Oosterland
    Delmas vs Pretoria-Noord
    Pionier vs Sarel Cilliers
    Leeuwenhof vs Ben Viljoen
    Riebeeckrand vs Hans Strijdom
    Wolmaransstad vs Schoonspruit
    Vryburg vs Fochville

    9 Maart 2024 

    Delmas vs Stoffberg
    Pretoria-Noord vs Oosterland
    Ferrum vs Pionier
    Sarel Cilliers vs Volksrust
    Riebeeckrand vs Ben Viljoen
    Hans Strijdom vs Leeuwenhof
    Fochville vs Schoonspruit
    Vryburg vs Wolmaransstad

    16 Maart 2024 

    Stoffberg vs Pretoria-Noord
    Oosterland vs Delmas
    Ferrum vs Sarel Cilliers
    Volksrust vs Pionier
    Leeuwenhof vs Riebeeckrand
    Ben Viljoen vs Hans Strijdom
    Wolmaransstad vs Fochville
    Schoonspruit vs Vryburg

  • Die Anker voor groot Marais Viljoen-toets

    Hoërskool Die Anker sal Saterdag behoorlik getoets word wanneer hulle teen ‘n sterk Hoërskool Marais Viljoen in die NWU Prestige-reeks te staan sal kom.

    Die span van Brakpan het reeds ‘n wedstryd agter die rug, maar moes ongelukkig met 7-30 teen die Rooibulle van HTS Middelburg die knie buig.

    Die kranige agtsteman, Ruben Herbst, wat reeds ‘n jaar se ondervinding op eerstespanvlak het, sal die span aanvoer. Hy sal ook, soos oudergewoonte, voorlangs die vuur in die pak wil aansteek.

    Agterlangs behoort die skrumskakel, Danie Smit, die Marais Viljoen-verdedigers op hulle tone te hou. Smit sal ook wil verseker dat sy balverspreiding uit die boonste rakke is.

    Die rede hiervoor is dat die gevaarlike Branden Crous op binnesenter soveel as moontlik geleentheid gebied moet word om die voordeellyn aan te val.

    Vir die span van Alberton, sal hul losskakel, Rekkie Gerber, die leiding neem. Gerber se visie en vermoë om spasie vir die gevaarmanne, Claudo de Couto en Brandon Els, aan sy buitekant te skep, kan kopsere vir die span van Brakpan besorg.

    Tyron Bouw sal ook daarna uitsien om giftige teenaanvalle vanaf heelagter te loods.

    Voorlangs beskik Marais Viljoen oor ‘n groot dog beweeglike pak. Die steelkantflank, Dian Scheepers, behoort in die vaste los te woel. Scheepers se rotsvaste verdediging is ook van kardinale belang vir sy span. Die voorry, bestaande uit Clayton Gagiano, Tiaan Bruyns en Sifiso Shongwe, sal die platform met goeie vaste fassete wil lê.

    Hoërskool Zwartkop verwelkom Saterdag vir Hoërskool Ellisras van Limpopo op tuisbodem. Die Pretorianers sal die Rassies voorlangs wil sag maak, en in dié opsig het die Zwarries se slotpaar, Logan Knott en Abri Visser, ‘n bepaalde fisieke rol om te speel. Brian Smith, wat sy posisie op agtsteman inneem, sal ook moeilik gestuit word wanneer hy met sy kenmerkende stormlope vorendag kom.

    Losskakel Luhardt Booyens sal die rol van generaal agterlangs vervul, met Denilson Metcalfe, die Zwarries se puntemasjien van 2023, wat oudergewoondte op regtervleuel diens doen.

    Die Rassies se pak is egter nie te versmaai nie. Deon Otto, die span van Limpopo se haker, behoort uitgehonger te wees vir die fisieke stryd wat wag. Saam met Otto sal sy steelkantflank, Derick Besseling, ook die vuur onder die Rassie-voorspelers wil aansteek. Besseling is ‘n tier op die los bal en sal die lewe by die afbreekpunte bemoeilik vir die Zwarries.

    In die agterlyn sal Anzio Swartbooi, wat op losskakel diens doen, goed dopgehou moet word. Swartbooi beskik nie net oor die instinktiewe vermoë om spasie te skep nie, maar ook oor ‘n giftige systappie wat die Zwarrie-verdedigers vir die volle 70 minute kan besig hou. Aan sy buitekant, wag FJ Drotskie op die Pretorianers se middeveld.

    Hoërskool Pietersburg verwelkom Hoërskool Montana in Limpopo se hoofstad. Die Pieties het ‘n gros spelers van 2023 behou, met die skakelpaar, Divan Brown en Vincent Luckhoff, wat albei verlede jaar op provinsiale vlak diens gedoen het, terwyl die Cravenweek-buitesenter, Hanno Coetzee, ook weer ‘n gevaar in die middeveld bied.

    Hardus Otto, die Pieties se agtsteman, behoort ‘n doring in die vlees van die Monties te wees. Dewald de Beer, wat op haker diens doen, sal Otto die nodige ondersteuning bied wanneer dit by die span se vaste fasette kom.

    Vir Montana sal Ruwald Goosen ‘n kernrol op losskakel hê om te vertolk. Goosen se verdeging sal verál van belang wees, asook sy vermoë om spasie te skep. Braam Schutte, op skrumskakel, sal daarop uit wees om skoon en vinnige bal aan Goosen te verskaf.

    Luhan Theunissen sal voorlangs die pap dik aanmaak. Die vurige haker sal staatmaak op sy twee kollegas in die voorry, Marinus Oberholzer en Ruan Louw, om die Pieties se vaste fassete onder druk te plaas, vernaam wanneer dit by die skrums kom.

    Die spanne:

    Die Anker t. Marais Viljoen om 12:30 in Brakpan:

    Hoërskool Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Jayden Steenkamp, 13 Ruan Smith, 12 Branden Crous, 11 Sean Schoeman, 10 Callum Nel, Danie Smit, 8 Ruben Herbst, 7 Tian Mills, 6 Duvan Booyens, 5 Xander Fraser, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Shandrey Barnard, 2 Rico Goosen, 1 Zander Nell.

    Hoërskool Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Jonathan Morkel, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Ethan Welderman, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Loyd Shoko-Schenk, 5 Rynier Welgemoed, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Tiaan Bruyns, 1 Clayton Gagiano.

    Zwartkop t. Ellisras om 12:30 in Pretoria:

    Hoërskool Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denilson Metcalfe, 13 Milton Naude, 12 Neil Gouws, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Layton Wilson, 8 Brian Smith, 7 Reuben Barnard, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Logan Knott, 4 Abri Visser, 3 Brogan Ackerman, 2 Jaden-Lee Cronwright, 1 Julian Lubbe.

    Hoërskool Ellisras: 15 Mashaba Phooko, 14 Rabadiba Lebo, 13 FJ Drotskie, 12 Reon Naude, 11 Ashley Monyelo, 10 Anzio Swartbooi, 9 Ethan Miller, 8 Funi Simba, 7 Derick Besseling, 6 Hanno Kay, 5 Daniel Leahy, 4 Rigby Hobarath, 3 Boela van Heerden, 2 Dean Otto, 1 Wessel Strooh.

    Pietersburg t. Montana om 12:30 in Pietersburg:

    Hoërskool Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Nick Jones, 11 AJ Loots, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Keegan Baker, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Ettienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.

    Hoërskool Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Tyron van Rooyen, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Braam Schutte, 8 Richard Botha, 7 Reinardt van den Berg, 6 Stehan van Niekerk, 5 Justin Herbst, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

     

  • Welkom Gim to tackle Grey College in Bloemfontein

    Welkom Gimnasium travels to Bloemfontein to lock horns with Grey College on Saturday in an early-season showdown, which will give both schools an opportunity to fine-tune their strategies and combinations before the 2024 season gets underway in earnest.

    Watch the match live on SuperSport Schools – Register now Link to the game

    Both sides hit the ground running last weekend at the annual President Steyn Sports Day, with Grey beating Hoërskool Trio 40-3 and Welkom Gimnasium, after finding their rhythm in the second half, beating Jim Fouché 31-13.

    Grey will appreciate an opportunity to test their defence against the exciting style of play the boys from Welkom offer and, while the odds are heavily stacked in the home team’s favour, the visitors will relish a chance to show what they’ve got against a team of Grey’s calibre.

    Pretorius Ekeji had a great game on the wing in Grey’s first outing, and Siyabonga Kenny, who impressed at the Grant Khomo Week last year, joins him on the opposite end of the backline this weekend.

    A late injury to Danie Kruger means Emile McGeer gets the start in the front row.

    With fullback, Thristan Maree, who played a big part in keeping Grey’s opponents from crossing the try line last weekend, in the mix as well, the Gimmies will need to produce something special to unlock any space.

    Players like Renaldo Kiewiet (flyhalf), Ethan Jones (eighth man) and Jayden Auld (lock) have all shown their ability to do just that, and Kiewiet will remember his last outing against Grey, where he left defenders grasping at air to score a try from 60m out.

    Still, Grey won that match comfortably, by 71-21, and they’ve continued their dominance ever since, with their last loss coming in the final of the 2022 World School’s Festival against the Kiwi representatives, Hamilton Boys’ High. Since then, the proud rugby school has shown no signs of slowing down, and in 2023 they tore through their competition.

    School captain and star centre, Pieter van der Merwe, will make sure that his side stays focussed against the visiting Gimmies before they set their sights on the North/South Rugby Festival. In Pretoria, they’ll face Jeppe on 22 March and King Edward VII on 25 March.

    Welkom Gim are also in action at that event, against EG Jansen and Nelspruit respectively. Before that, however, they have two tough outings against Glenwood and Monument.

    Grey College vs Welkom Gimnasium at 11:00

    Grey College: 15 Thristan Maree, 14 Pretorius Ekeji, 13 Darius Erwee, 12 Pieter van der Merwe, 11 Siyabonga Kenny, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 David du Toit, 7 Juliun Cosmo, 6 Xander Smit, 5 AJ Meyer, 4 Heinrich Theron, 3 Emile McGeer, 2 Liam van Wyk, 1 Dian Venter.

    Welkom Gimnasium: 15 Dyllan Kemp, 14 Terence Tsolo , 13 Joshua Coertzen, 12 Jayden Weideman, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Revaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirsten, 6 Revaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Diekie Beuken, 3 Zander Olivier, 2 Kganya Molalo, 1 Buhle Mphaka.

  • Diamonds en Voortrekker skop Wesgrow-reeks af

    Voortrekker: Chloe Opperman, Elizbe Heyns, Jazelle Muller, Leane van den Berg, Jasmine Liebenberg, Thato Mohloki, Marile Jonck, Anja van Zyl, Celri Botha, Mianca van Niekerk.

    Die gees gaan aansteeklik wees by hierdie naweek se groot Wesgrow-kragmeting wanneer Hoërskool Diamantveld (DHS) en Voortrekker Hoërskool mekaar die stryd aansê.

    Vir albei spanne is dit hul eerste wedstryd van die jaar, wat ‘n ekstra vlak van opwinding en afwagting by die tweestryd voeg.

    Dit is ook die eerste wedstyd in vanjaar se Wesgrow Sentrale Sportreeeks.

    Verlede jaar het DHS net-net met twee doele teen Voortrekker verloor, en die span van Kimberley sal oorgehaal wees om hierdie keer die bordjies te verhang.

    Ruzel Vorster van Voortrekker het voor die wedstryd gepraat en die span se opgewondenheid uitgespreek, terwyl sy ook erkenning gegee het aan die uitdaging wat DHS stel. Op haar beurt het Bethenie du Raan, DHS se afrigter, hul gretigheid en gereedheid beklemtoon om die gedugte opponente aan te durf.

    Die hoogs verwagte wedstryd is geskeduleer vir Saterdag om 13:00 op Baan 1.

    Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw, Valmari Faber,  Lara van Niekerk,  Klarissa Taljaard, Brithe Horniball, Zandri Stark.

     

     

     

     

     

     

     

     

  • Saints imperious as defence of Reef Cup begins

    The hosts, St Stithians College, opened their challenge at the annual Reef Cup Water Polo Invitational tournament with two convincing victories on Thursday.

    The defending champions beat Falcon College 16-0 in their opening match in the morning, and then thumped Afrikaanse Hoër Meisieskool 20-3 in the afternoon, to send out a strong message to their opponents; they’re intent on sending their coach Etienne le Roux out on a high.

    Against Affies, Saints were on fire from the opening whistle, scoring eight times in the first chukka, and early in the second chukka they made it nine, while the visitors had mustered only one goal in reply.

    Affies battled hard but they were simply outplayed as St Stithians ran away to a 20–3 win.

    Earlier, in the first match of the day, Harare’s Hellenic Academy defeated Parktown High School for Girls 13–4. Reddam House Bedfordview saw off Steyn City School 9–3 and Kingsmead College also made it into the winning column with a 6-2 victory over Beaulieu College.

    Roedean made a light work of Pretoria High School for Girls when they overran them 23–2. The Johannesburg girls received strong performances from Mia Loizides, Ziyanda Tshabalala and Taylor Billett.

    It didn’t take long for them to secure a solid lead. In the first chukka they went six goals clear, netting six times while Pretoria remained goalless. By the end of the third chukka, they had stretched their advantage to 17-2.

    There were a number of other one-sided results, with St Peter’s College handing Afrikaanse Hoër Meisieskool a 21–1 loss and St Dominic’s Catholic School for Girls powering their way to an 18–1 win over Woodridge College

    The second round of action splashes off at 07:50 on Friday with the Tournament Invitation Team taking on Pretoria High School for Girls in the Olympic South pool. The last clash of the day will be St Stithians College versus Reddam House Umhlanga, starting at 17:50.

    RESULTS

    Hellenic 13-4 Parktown
    Reddam Bedfordview 9-3 Steyn City
    Kingsmead 6-2 Beaulieu
    Reddam Umhlanga 8–1 St Peter’s
    Roedean 18–7 Tournament Invitation
    St Dominic’s 18–1 Woodridge
    Crawford 13-2 Rand Park
    St Stithians 16-0 Falcon College
    Parktown 10-4 Pretoria
    Steyn City 8–10 Maris Stella
    Beaulieu 8-3 Reddam
    St Peter’s 21–2 Afrikaanse Hoër
    Hellenic 8-5 Tournament Invitation
    Reddam Bedfordview 13–3 Woodridge
    Kingsmead 11-1 Rand Park
    Reddam Umhlanga 9-5 Falcon
    Roedean 23-2Pretoria High
    St Dominic’s 11-4 Maris Stella
    Crawford 11-4 Reddam Helderfontein
    St Stithians 20–3 Afrikaanse Hoër

    Day 2, Friday 1 March 2024 @ St Stithians College, Sandton

    07h50 – (21) Tournament Invitation v Pretoria High, (22) Woodridge v Maris Stella; 8h40 – (23) Rand Park v Reddam Helderfontein, (24) Afrikaans Hoër v Falcon; 10h20 – (25) Roedean v Parktown (26) St Dominic’s v Steyn City,  (27) Crawford Lonehill v Beaulieu; 11h10 – (28)  St Stithians v St Peter’s; 12h00 – (29) Hellenic v Pretoria High; 12h50 – (30) Reddam Bedfordview v Maris Stella; (31) Kingsmead v Reddam Helderfontein; (32) Reddam Umhlanga v Afrikaans Hoër; 14h30 – (33) Tournament Invitation v  Parktown, (34) Woodridge v Steyn City; 15h20 – (35) Rand Park v Beaulieu, (36) Falcon v St Peter’s; 17h00 – (37) Hellenic v Roedean, (38) Reddam Bedfordview v St Dominic’s, (39) Kingsmead v Crawford Lonehill; 17h50 – (40); St Stithians v Reddam Umhlanga

     Day 3, Saturday 2 March 2024 @St Stithians College, Sandton

    07h50 – (41) A1 v B3, (42) B2 v  A3; 8h40 – (43) C2 v D3, (44) D2 v C3; 10h20 – (45) A5 v B4, (46) A4 v B5, (47) C5 v D4; 11h10 – (48) C4 v D5; 12h00 – (49) A1 v Winner Game 43; 12h50 – (50) Winner Game 44 v B1, (51) Winner Game 41 v C1, (52) D1 v Winner Game 42; 13h40 – (53) Loser Game 45 v Loser Game 47; 14h30 – (54) Loser Game 46 v Loser Game 48; 15h20 – (55) Loser Game 43 v Loser Game 41; (56) Loser Game 44 v Loser Game 42; 16h10 – (57) Winner Game 47 v Winner Game 45; 17h00 – (58) Winner Game 46 v Winner Game 48; 17h50 – (59) Winner Game 50 v Winner Game 49, (60) Loser Game 50 (QF2) v Loser Game 49; (61) Loser Game 50 v Loser Game 49; 18h40 – (62) Loser Game 52 v Loser Game 51

    Day 4, Sunday 3 March 2024 @St Stithians College, Sandton

    07h50 – (63) Loser Game 53 v Loser Game 54, (64) Winner Game 53 v Winner Game 54, (65) Loser Game 57 v Loser Game 58, 09h30 – (66) Winner Game 57 v Winner Game 58; (67) Loser Game 55 v Loser Game 56, (68) Loser Game 55 v Loser Game 56; 11h10 – (69) Loser Game 61 v Loser Game 60, (70) Winner Game 62 v Winner Game 59, (71) Loser Game 62 v Loser Game 59;  13h10 – (72) Winner Game 62 v Girls Winner Game 59 – Final