SSPN Test Site

Blog

  • Well-rounded Jeppe sink Potch Volkies

    A well-rounded team performance from Jeppe High School for Boys secured them a significant victory over Potchefstroom Volkskool on Sunday in Johannesburg.

    Kai van Aardt led the charge with the bat for the hosts, who took to the crease first. Opening the innings, he top-scored with a mature 51 from 77 deliveries.

    After Jeppe’s openers had laid a solid foundation, with a well-constructed stand of 82 runs, Ryan Harcourt-Baldwin (36) and Ryan Young (35) weighed in with further valuable contributions.

    With five batsmen making 20 or more, Jeppe totalled 220/7 after their 50 overs.

    Eduan van der Merwe led the Volkies’ attack, picking up 2/33, while Devan Oberholzer also enjoyed success, capturing 2/37.

    When they began their reply, the Potchefstroom batsmen soon realised it was going to a challenging day out in the middle. Christoper Elston made big inroads for Jeppe, returning the impressive figures of three wickets for 20 runs, while Harcourt-Baldwin followed up on his good innings with a haul of 3/25.

    Volkies’ experienced campaigner, Berno de Klerk, led a short-lived fight back, contributing 24 runs, while Eduan van der Merwe grafted hard for his 20.

    However, sustained pressure from the Jeppe bowlers took its toll, leading to Volkies losing wickets in clusters. Shreshth Kumar (2/30) struck the final blow as the side from the North West suffered a heavy 109-run defeat after being bundled out for a disappointing 111.

    Summarised scorecard: 

    Jeppe Boys’ 220/7 (Kai van Aardt 51, Ryan Harcourt-Baldwin 36, Ryan Young 35, Munib Ayob 28, Tiago Almeida 21; Eduan van der Merwe 2/33, Devan Oberholzer 2/37); Potchefstroom Volkskool 111 (Berno de Klerk 24, Eduan van der Merwe 20; Christopher Enslin 3/20, Ryan Harcourt-Baldwin 3/25, Shrehth Kumar 2/30). Jeppe Boys’ won by 109 runs.

  • Pretorius se tweede dubbele honderdtal kasty Trekkers

    Meyer Pretorius, Hoërskool Sasolburg | Fotograaf: Nikite Pretorius

    Meyer Pretorius het Saterdag 213 lopies van 98 balle gemoker vir Hoërskool Sasolburg teen Voortrekker in Bethlehem.

    Dit is Pretorius se tweede dubbele honderdtal van die seisoen. Hy het in September verlede jaar ook 215 lopies aangeteken vir die Fezile Dabi o.19-streekspan.

    Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Wiandre Singleton en Jandré Grobler het goed gedoen om die grondslag te lê, maar dit was Pretorius wat die tempo kon lig om Sasolburg se wentotaal te bemagtig.

    Met 33 grenshoue, waarvan 18 raakgeslaan is vir die maksimum, kon Pretorius sy magtige bydrae in slegs 98 balle lewer, voordat ‘n aflewering deur Cecil Parsons in die hande van Vlag Janse van Rensburg beland het om die gevaarman se beurt tot ‘n einde te bring. Teen die tyd dat die laaste paaltjie geval het die tuisspan reeds ‘n berg in die gesig gestaar, met 361 lopies nodig om te wen.

    Goeie vyftigtalle deur Juan Theunissen (54) en Thato Nthebere (50) kon die Trekkers help tot 235 lopies, maar Wiandre en Liam Singleton het saam agt Voortrekker kolwers geëlimineer om die sege vir Hoërskool Sasolburg te verseker.

    Fichardtpark het vir die tweede keer in die 2023/24 seisoen gelykop gespeel. In Oktober 2023 het die Fichies “sussies gesoen” in hul wedstryd teen Goudveld nadat albei spanne vir 160 uitgeboul is.

    Hierdie naweek het presies dieselfde gebeur teen hul buurskool, Sentraal.

    Zayne Williamson se 41 lopies was die meeste vir die dag, maar Johan van den Heever het verwoesting gesaai onder die Fichie-kolwers. Hy kon sewe paaltjies plattrek om Fichardtpark se kolfbeurt te help kortknip op 160.

    AJ Joubert het met die tweede bal van die wedstryd die eerste bloed getrek vir Sentraal, en daarna was die kollig op Van den Heever.

    Michael Cruywagen was aan die voorpunt van die teenaanval met boulsyfers van 4/17. Devanté Claasens (3/37) en Eben Botha (2/35) het ook gehelp om die Sentraal-kolwers in te perk.

    AJ Joubert het ‘n groot rol gespeel as Sentraal se sewende kolwer om vinnig ‘n onoorwonne beurt van 28-lopies bymekaar te sit. Hy kon egter slegs daarin slaag om sy span ook tot op 160 te dryf, voordat hy hulpeloos moes staan en toekyk hoe MJ Herbst die laaste Tralie-kolwer uitvang voordat hulle die wenlopie kon aanteken.

    Lesego Mosikidi het vyf van St Dominic’s College se kolwers teruggestuur na die kleedkamers en slegs nege lopies afgetaan in Witteberg se skitterende oorwinning.

    Nadat Marco Grobler sy honderdtal met slegs vyf lopies gemis het, kon die Witteberg-boulers hul telling van 251 goed verdedig.

    St Dominic’s se poging is tot niet gebring op 55 lopies deur Mosikidi en sy makkers.

    Volgende naweek pak die span van Welkom vir Hoërskool Sasolburg en hulle sal vinnig moet hergroepeer om nog ‘n pakslae te vermy.

    Welkom Gimnasium het op sy beurt weer ligte werk gemaak van Goudveld. Brayn Haywood se 4/15 het beteken dat Dain Kleinhans en kie slegs 80 lopies nodig gehad het vir ‘n oorwinning.

    Die Gimmies pak volgende vir Fichardtpark, terwyl Goudveld kuier in Kroonstad by Hoërskool Trio.

    Beknopte telkaarte:

    Hoërskool Sasolburg: 360 (Meyer Pretorius 213, Nathan Swanepoel 38, Wiandre Singleton 32, Extras 25; André Heunis 4/46, Cecil Parsons 2/48); Voortrekker: 235 (Juan Theunissen 54, Thato Nthebere 50, Extras 44; Wiandre Singleton 5/40, Liam Singleton 3/26). Hoërskool Sasolburg wen met 123 lopies.

    Witteberg: 251 (Marco Grobler 95, Extras 45, Rian Roos 24, Lesego Mosikidi 22; Mohammed Al Haddad 4/42, Motheo Moletsane 2/23); St Dominic’s College: 55 (Junior Rantsane 16; Lesego Mosikidi 5/9). Witteberg wen met 196 lopies.

    Fichardtpark: 160 (Zayne Williamson 41, Diederik de Vos 34, Extras 30, Devanté Claasens 20*; Johan van den Heever 7/49); Sentraal: 160 (AJ Joubert 28*, Ekstras 28, Emile le Roux 26; Michael Cruywagen 4/17, Devanté Claasens 3/37, Eben Botha 2/35). Gelykop.

    Jim Fouché: 207 (Arnaud Marais 57, Shermi Paulsen 45; Myburg Jacobs 4/36, Thuto Kekane 3/39); Hoërskool Trio: 125 (Bokang Mohasa 39, Herman Kleynhans 20; Henko Venter 4/9, SJ Odendal 2/16, Cobus Wilken 2/25). Jim Fouché wen met 82 lopies.

    Goudveld: 79 (Extras 33, Hendro Boardman 13; Brayn Haywood 4/15, Donovan Mouton 2/7, FJ Labuschagne 2/16, Donald Schoeman 2/21); Welkom Gimnasium: 84/2 (Dain Kleinhans 35*, Raylin Kristen 28; GJ Wessels 1/14). Welkom Gimnasium wen met agt paaltjies.

  • Welsh woeker in Eldoraigne sege oor Monument

    Cameron Welsh se vertoning met die kolf en die bal het Hoërskool Eldoraigne se eerste sege van hierdie jaar se Finsbury-reeks teen Hoërskool Monument verseker

    Die veelsydige speler was die voorste lopiemaker van sy span op die dag. Hy het 68 lopies tot Eldoraigne se totaal bygedra. Dit het gehelp dat die Eldos Monument se telling van 187, met slegs twee paaltjies in hand, verbygesteek het.

    Johan Broekman (26) en Ryno Redelinghuys (23) het albei ook waardevolle bydraes gelewer.

    Welsh het ook uitgestaan met die bal. As aanvangsbouler het hy vroeg drie paaltjies vir slegs 32 lopies laat kantel. Ruhan Oliphant (2/34) het goeie ondersteuning gebied met twee paaltjies van sy eie.

    Vir die span van Krugersdorp was dit JD Landsberg, wat in sy kolfbeurt die voortou geneem het.

    Landsberg se 39 lopies het grootliks bygedra om ‘n kompeterende telling op die bord te plaas. Dit was ook die meeste vir sy span. Rieghardt Prinsloo (32, 75b) en Nicolas van der Clif (31, 43b) het gesaamentlik 63 lopies, in ‘n goeie terugvegpoging, bygedra.

    Landsberg was weer in die kollig met die bal in hand. Hy het die grootste skade berokken met goeie boulsyfers van 2/19. Dit was egter nie genoeg nie, en die laer orde van Eldoraigne kon vasbyt vir ‘n naelbytoorwinning.

    Potchefstroom Gimnasium het daarin geslaag om ‘n jong Hoërskool Montana met nege paaltjies te klop.

    Die Gimmies se kaptein, Tommie Botha, was op sy stukke. Die voorslagkolwer se onoorwonne 65 lopies het die wind uit die Montana-boulers se seile gehaal. Hy is goed bygestaan deur James Wood (25) en Divan van Eldik (25) in die Gimmies se jaagtog.

    Botha was ook die voorste paaltjievraat vir sy span. Hy kon in die middelste beurte vier paaltjies plattrek vir slegs 21 lopies. Die Gimmies se wegbreekbouler, Caiden Seleka, het ook twee paaltjies ingepalm.

    Aan die kant van Montana was dit net sy aanvangskolwer, Rowan Sweetman (45, 74b), wat gemaklik gelyk het. Die gebrek aan ervaring op eerstespanvlak in die Monties se kolflys het begin deurskemer en Sweetman kon geen waardevolle ondersteuning vind nie.

    Luhan Theunissen (1/28) het hard gespook in die Monties se poging om 123 te verdedig, maar was dit tevergeefs en die span van die Jakarandastad moes met ‘n nederlaag van nege paaltjies die knie buig.

    Beknopte telkaarte: 

    Monument: 187/8 (JD Landsberg 39, Riegardt Prinsloo 32, Nicolas van der Clif 31; Cameron Welsh 3/32, Ruhan Oliphant 2/34); Eldoraigne 188/8 (Cameron Welsh 68, Johan Broekman 26, Ryno Redelinghuys 23; JD Landsberg 2/19). Eldoraigne wen met twee paaltjies.

    Montana: 123 (Rowan Sweetman 45; Tommie Botha 4/21, Caiden Seleka 2/19, Thlone Thabata 2/21); Potchefstroom Gimnasium 124/1 (Tommie Botha 65*, James Wood 25, Divan van Eldik 25; Luhan Theunissen 1/28). Potchefstrrom Gimnasium wen met nege paaltjies.

    Hans Moore vs Kemptonpark: TBC 

  • Le Roux laat paaltjies spat in groot oorwinning vir Dinamika

    Sebastian Le Roux na sy uitstekende boulskof van 5/22

    Sebastian Le Roux se uitstekende boulwerk het Saterdag Hoërskool Dinamika se eerste oorwinning van die jaar se Finbury-reeks verseker.

    Die naatbouler se syfers van vyf paaltjies vir 22 lopies het sy teenstanders, HTS Middelburg, onder enorme druk geplaas. Sy skof van sewe beurte het 31 leë aflewerings ingesluit teen ‘n ekonomiese pas van 3.14 per beurt.

    Dean van Onselen se terugkeer was inderdaad ook ‘n groot aanwins vir die span van Alberton.

    Die kaptein en aanvangskolwer was, saam met Le Roux, aan die voortou van sy span se sege met ‘n onoorwonne 77 lopies van slegs 44 aflewerings.

    Van Onselen se vennootskap saam met Duandre Nieuwenhuys (31*) het beteken dat hul span die telling in die 16de beurt reeds kon verbysteek.

    HTS Middelburg se Anthoni Smuts was die enigste kolwer wat kon indruk maak, en het ‘n goeie terugvegpoging geloods waarin hy 28 lopies tot sy span se totaal van 123 kon voeg.

    Behalwe vir Toy Engelbrecht (1/39) was daar geen verdere ondersteuning nie. Dit het die gewonde Middelburgers met ‘n nege-paaltjie nederlaag stert tussen die bene huistoe gestuur.

    Dinamika se volgende wedstryd sal teen die nuwelinge, Merensky Lanbou Akademie, in Tzaneen wees. Merensky het van die C na die D-afdeling van die kompetisie geskuif.

    ‘n Groot toets wag op die Tzaneeners nadat gure weer en onspeelbare toestande tot die uitstel van hul eerste wedstryd gelei het. Dit beteken dat hulle slegs ‘n enkele T20-wedstryd onder die belt sal hê wanneer hulle teen ‘n omgekrapde Dinamika-span te staan kom.

    Die ander wedstryd tussen Heidelberg Volkskool en Uplands College is ook na ‘n latere datum geskuif weens die Volkies se jaarlikse kragmeting met King Edward School van Johannesburg.

    Beknopte telkaart: 

    HTS Middelburg:123 (Anthoni Smuts 28; Sebastian Le Roux 5/22); Dinamika: 125/1 (Dean van Onselen 77*, Duandre Nieuwenhuys 31*; Toy Engelbrecht 1/39). Dinamika wen met nege paaltjies.

  • Botes draai web om Pietersburg kolwers

    Foto: Declan BotesDeclan Botes se uitstekende boulsyfers van vyf paaltjies vir 50 lopies het beteken dat Marais Viljoen se telling van 263 meer as genoeg was. Die wegbreekbouler se heldedade het die Hoërskool Pietersburg tot slegs 114 beperk.

    Die span van Alberton het sodoende hul rekening met ‘n oortuigende oorwinning van 149 lopies oopgemaak. Botes was egter nie alleenlik verantwoordelik vir die sege nie.

    Adullah Tadwala (3/10) en Nathan Coleske (2/28) het elkeen ook waardevolle paaltjies ingepalm.

    Jaden Govender was uitstekend met die kolf. Die aanvangskolwer het sy vermoë behoorlik tentoongestel en was die voorste lopievraat met ‘n telling van 67.

    Tiaan Khun (52, 52b) het ook ‘n vyftigtal behaal, terwyl Nathan Coleske (26) ook met die kolf uitgestaan het.

    Vir die Pieties was dit ‘n lang dag in die veld. Slegs Hanno van Zyl (3/32) en Nicholaas Oerlemans (2/36) kon enige indruk maak met die bal in die hand.

    Stephan Swanepoel was die uitblinker met die kolf. Die voorslagkolwer se beurt van 66 lopies was die meeste aan die kant van die Pieties. Philip Weterman (23) het goeie ondersteuning gebied, maar daar was ongelukkig niemand anders wat dit kon opvolg nie.

    Janco van Heerden het sy Finbury-toernooi op goeie dreef begin. Sy 81 lopies vroeg op die kolflys en drie paaltjies vir slegs 22 lopies was genoeg om Hoërskool Lichtenburg stert tussen die bene huis toe te stuur.

    Saam met van Heerden het Maarten Nortje (62) ook uitgeblink met die kolf in die hand. Met die bal was dit Xander Senekal (2/2) en Jonathan Wiseman (2/30) wat goeie ondersteuning gebied het.

    Ona Senekwane was die voorste Liggie-bouler met goeie boulsyfers van drie paaltjies vir 53 lopies. Sy mede boulers het wel later in die beurt hard gespook om ‘n goeie terugvegpoging af te rond.

    Dit was egter net Lethabo Memani (30, 62b) wat gelyk het of hy enige antwoorde op die vrae van die Midstream boulers gehad het. Luan Snyman (22) en Delvaughn Dyers (21) het tevergeefs probeer en die span van Lichtenburg is vir slegs 142 uitgeboender.

    Hoërskool Zwartkop het sy kompetisie met ‘n oortuigende oorwinning teen Hoërskool Ben Vorster afgeskop.

    Nicholaas Conradie het die wind uit die Tzaneeners se seile gehaal met ‘n pragbeurt van 94 lopies. Wihan Gelderblom (57) het hom goed bygestaan met ‘n vyftigtal van sy eie. Dit het Zwartkop se telling na 239 opjegaag.

    Nhlalala Malungana was die voosrste Vossie-bouler met syfers van 3/36.

    Die Zwartkop-boulers was egter in ‘n verwoestende bui. Die Vossies kon slegs 44 lopies behaal voor die laaste kolwer pawiljoen toe gestuur is. Wynand Frylinck (2/2) was grotendeels verantwoordelik vir die Vossies se ondergang. Hy het egter goeie ondersteuning in Rowan Mclaren (2/13) en Zandre van Staden (2/15) gevind.

    Die trio se onderskeie boulskofte het, saam met ‘n goeie vertoning met die kolf, die span van Tzaneen ‘n behoorlike loesing van 195 lopies toegedien.

    Beknopte telkaarte: 

    Marais Viljoen: 263 (Jaden Govender 67, Tiaan Khun 52, Nathan Coleske 26; Hanno van Zyl 3/32, Nicolaas Oerlemans 2/36); Hoërskool Pietersburg: 114 (Stephan Swanepoel 66, Philip Weterman 23; Declan Botes 5/50, Abdullah Tandwala 3/10, Nathan Coleske 2/28). Marais Viljoen wen met 149 lopies.

    Midstream College: 285/9 (Janco van Heerden 81, Maarten Nortje 62, Dian die Villiers 27; Ona Senekwane 3/53, Lethabo Memani 2/43, Luan Snyman 2/46, Delvaughn Dyers 2/60); Hoërskool Lichtenburg: 142 (Lethabo Memani 30, Luan Snyman 22, Delvaughn Dyers 21; Janco van Heerden 3/22, Xander Senekal 2/2, Jonathan Wiseman 2/30). Midstream College wen met 143 lopies.

    Hoërskool Zwartkop: 239 (Nicholaas Conradie 94, Wihan Gelderblom 57, Vincent Matraiotti 21; Nhlalala Malungana 3/36, Anton Lourens 3/50, Hlulani Mhlongo 2/32); Hoërskool Ben Vorster: 44/9 (Nhlalala Malungana 17; Wynand Frylinck 2/3, Rowan Mclaren 2/13, Zandre van Staden 2/15). Zwartkop wen met 195 lopies.

  • Merkwaardige Van Zyl sink Centurion

    Merkwaardige Van Zyl sink Centurion

    Die Hoërskool Nelspruit se Vaughn van Zyl (5/19) het vroegoggend gesorg vir absolute chaos. Die aanvangsbouler het drie vinnige paaltjies laat spat om die Hoërskool Centurion op ses vir vyf te laat wankel.

    Die Woeries se reddingspoging is gelei deur een van sy sleutelspelers, Rehan Lues. Lues se 65 lopies het sy span effens uit die moeilikheid gekry, maar konstante druk deur Vaughn en kie het die span van Pretoria tot slegs 118 lopies beperk.

    Nathan Duncan se 26 lopies, tesame met John Duncan se bydra laer af in die orde, was genoeg om die Nellies se eerste oorwinning in die Finsbury-reeks met vyf paaltjies te verseker.

    Die Hoërskool Waterkloof se aanvangskolwers het geen tyd gemors om Die Hoërskool Rustenburg se boulaanval onder druk te plaas nie. Wian Ruthven was soos oudergewoonte in ‘n vernietigende bui met ‘n aggressiewe beurt van 129 lopies. Sy beurt het vier viere en nie minder nie as nege sesse ingesluit.

    Sy vennoot, Divan Behrens (75), se volwasse beurt het bygedra dat die twee ‘n vennootskap van 215 lopies om die eerste paaltjie kon bymekaarsit.

    Dit was egter nie die laaste strooi nie. Marcus Bakker (50) het ook ‘n aandeel gehad, terwyl Franco Cronje (49, 25b) verdere sout in die Rusties se wonde gevryf het.

    Met ‘n reuse telling van 338 lopies om te jaag was dit slegs Wesley Bruwer (41) en Logan Rossouw (37) wat waardevolle bydraes kon maak. Marcus Bakker was die gevaarman met die bal in die hand, en het drie paaltjie laat spat vir slegs 19 lopies.

    Saam met verdere bydraes deur die res van die Klofie-boulers is die Rusties tot ‘n teleurstellende 130 beperk, wat beteken dat hierdie jaar se gunstelinge sy toernooi kon afskop met ‘n reuse oorwinning van 207 lopies.

    Potchefstroom Volkskool het ‘n groot stelling gemaak nadat hy die ander gunstelinge, Hoërskool Menlopark, vir slegs 126 uitgeboender het.

    Diaan van der Merwe was aan die stuur van sake. Die draaier was die voorste paaltjievraat op die dag met syfers van vier vir 29 lopies. Boonop het daar ‘n waardevolle 55 lopies van sy kolf gekom.

    Louis van Wyk het sy Finsbury op hoë noot afgeskop. Die voorslagkolwer het die Menlo-boulers behoorlik onder druk gesit met ‘n uiters goeie 77 lopies om die beurt te anker.

    Dian van Zyl (36) was byna die enigste Menlo-kolwer wat met gemak gekolf het. Hy het die hoogste telling vir sy span aangeteken en was die enigste wat teen ‘n treftempo van meer as 100 kon kolf.

    Dit was egter nie goed genoeg nie en die teiken van 251 was net ‘n raps te ver vir die span van die Jacarandastad.

    Beknopte telkaarte: 

    Centurion: 118 (Rehan Lues 65; Vaughn can Zyl 5/19); Hoërskool Nelspruit 121/5 (Nathan Duncan 26, R Nel 25, John Duncan 23; Morne Venter 2/20, Wouter Kielblock 2/23). Hoërskool Nelspruit wen met vyf paaltjies.

    Waterkloof: 337/5 (Wian Ruthven 129, Divan Behrens 75, Marcus Bakker 50, Franco Cronje 49*; Nathan Rossouw 3/46); Hoërskool Rustenburg 130 (Wesley Bruwer 41, Logan Rossouw 37; Marcus Bakker 3/19, Franco Schmidt 2/10, Luan Ferreira 2/12, Marno Piennar 2/28). Waterkloof wen met 207 lopies.

    Potchefstroom Volkskool: 250 (Louis van Wyk 77, Diaan van der Merwe 55, Attie Liebenberg 47; Jean le Roux 3/44, Gerhard Engelbrecht 3/54); Menlopark: 126 (Dian van Zyl 36, Wian van Deventer 26; Diaan van der Merwe 4/29, Berno de Klerk 3/26, Olefa Padi 2/6). Potchefstroom Volkskool wen met 124 lopies.

  • Plekker trek vyf Boland paaltjies plat

    Luca Plekker, Paul Roos Gimnasium (Fotograaf: Anchen Winkel)

    Luca Plekker het in Stellenbosch die kollig gesteel  in Paul Roos Gimnasium se oortuigende sege van 96 lopies oor Boland Landbou.

    Plekker het vyf van Boland se paaltjies geneem en slegs 19 lopies afgestaan om die besoekers te help verslaan.

    Kyk die wedstryd weer op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Boland Landbou se boulaanval het vroeg in die wedstryd ‘n deurbraak bewerk en het Paul Roos in ‘n stadium laat sweet op 39/3.

    Die span van Stellenbosch kon egter kalm bly en Matthew Seymore se 84 lopies het gehelp om die druk te verlig. Beor van Reenen het later in die beurt ook ‘n bydrae van 45 lopies gelewer.

    Hul eindtelling van 217/7 na 50 boulbeurte het egter die agterdeur oopgelos vir die boere om ‘n groot sege te steel, en dit was duidelik dat Paul Roos se boulers geen onnodige lopies kon afstaan nie.

    Neil Barnard het die eerste bloed getrek vir Paul Roos toe hy vir Stefan Conradie teruggestuur het kleedkamer toe. Plekker het daarna binne agt beurte van vyf van Boland se kolwers ontslae geraak en gehelp om Boland vir byna 100 lopies minder as hul doelwit  uit te boul.

    Dian Winkel het ook twee paaltjies tot sy rekord gevoeg, terwyl Lohann Louw en Francois Prins die enigste twee kolwers is wat meer as vyf beurte kon oorleef in die middel om ‘n vennootskap vir die besoekende span te probeer bymekaarsit.

    Ruvan Barnard het vir die tweede keer hierdie jaar die vyf-paaltjie mylpaal gehaal vir HTS Drostdy. Barnard het ses van De Villiers Graaff se paaltjies platgetrek. Dit het sake vergemaklik vir Jacques Jordaan en sy makkers, wat slegs 66 lopies moes aanteken vir die oorwinning.

    Beknopte telkaarte:

    Paul Roos Gimnasium: 217/7 (Matthew Seymore 82, Beor van Reenen 45, Cornel Swart 22; Marius du Plessis 2/23, Francois Prins 2/43); Boland Landbou 121 (Lohann Louw 26, Francois Prins 21; Luca Plekker 5/19, Dian Winkel 2/41). Paul Roos Gimnasium wen met 96 lopies.

    De Villiers Graaff: 65 (Waylin Frank 22; Ruvan Barnard 6/13, Redgardt du Plessis 2/15, Darius Venter 2/16); HTS Drostdy 66/4 (Jacques Jordaan 20*, Ekstras 20; Joshua Damon 1/5). HTS Drostdy wen met ses paaltjies.

  • Van Oeselen terugkeer ‘n groot hupstoot vir Dinamika

    Van Oeselen terugkeer ‘n groot hupstoot vir Dinamika

    Dean van Oeselen se terugkeer, na slegs een wedstryd in die 2023 seisoen, sal die Hoerskool Dinamika ‘n groot hupstoot gee in sy aanslag op Finsbury se Afdeling-D-titel .

    Die nuwelinge het in 2023 ‘n suksesvolle veldtog in die E-afdeling geniet. Hulle is as kampioene gekroon waarna hulle daarin kon slaag om die promosie-relegasie-wedstryd te wen om op te skuif.

    Van Oeselen se ervaring met die kolf behoort ‘n groot aanwins vir die Dinamika-span wees.

    Trent Shrives, ‘n nuweling in die groep, sal kyk om sy plek in die span te verstewig. Shrives sal met die kolf in die middelorde diens doen, maar dis sy wegbrekers wat vir die span van Alberton deurslaggewend kan wees.

    Die span se ander wegbreekbouler, Devandre Clarke, is deel van ‘n groep van nege spelers wat vir nog ‘n jaar lank in aksie sal wees.

    Hoerskool Middelburg blyk hulself in ‘n herboufase te bevind, met slegs vier spelers van 2023 wat oorbly. Hul voorslagkolwer, Reuben Brandmuller, is een van die wat weer in aksie sal wees, terwyl Ivan Deale ook sy terugkeer maak.

    Le Roux French en Shuan Taljaard is die ander twee wat die bestuurskorps van die span behoort te voltooi.

    Die jongeling, Eduan Strydom, is iemand om voor uit te kyk. Die veelsydige Strydom behoort sy stempel met die kolf en die bal af te druk.

    HTS Middelburg se Toy Engelbrecht sal ‘n gevestigde span aanvoer. Die Middelburgers kan met nege oorblywende spelers spog. Engelbrecht se kolfvernuf sal in die toporde getoets word, terwyl hy sal poog om teenstanders met sy draaiboulwerk te fnuik.

    WJ Enslin sal, nes Engelbrecht, sy plek as voorslagkolwer ineem. Hy is egter ook ‘n groot wapen in die arsenaal met sy boulwerk.

    Albei het in die onlangse Kovsie Smash goed vertoon, met Engelbrecht wat ‘n merkwaardige driekuns van paaltjies behaal het.

    Merensky Lanbou Akademie sal voel dat hulle ‘n punt het om te bewys. Hulle het van Afdeling-C afgeskuif, na ‘n herbouingsjaar. Dit blyk of dit moontlik die moeite werd sal wees nadat hulle nege spelers behou het.

    Luka Heinlein sal die gevaar met die bal in die hand wees. Heinlein was verlede jaar die Plasies se voorste paaltjievraat. Die jongeling, JP Botha, sal voltyds by die span aansluit nadat hy verlede jaar reeds ‘n paar wedstryde onder die belt kon kry.

    Botha se kolfvernuf en vermoë om die bal in enige rigting op die veld te swaai sal die Plasies se middelorde heelwat versterk.

    Heidelberg Volksool se Matthew Wensel, sal die span aanvoer. Die aanvangskolwers sal sy ervaring wil benut om te verseker dat die span vroeg sy stempel kan afdruk.

    Uit ‘n groep van sewe oorblywende spelers, sal Dave Pelzer ook een wees waarvoor teenstanders lugtig sal wees. Die veelsydige speler sal sy plek in die toporde ineem, terwyl sy draaiboulwerk van kardinale belang sal wees.

    Uplands College sal die sesde span wees wat in die C-afdeling Meeding.

    Die bepalings:

    20 Januarie

    Merensky vs Middelburg

    HTS Middelburg vs Dinamika

    Upland College vs Heidelberg Volkskool

    27 Januarie

    Merensky vs Dinamika

    Middelburg vs Uplands College

    Heidelberg Volkskool vs HTS Middelburg

    03 Februarie

    Dinamika vs Middelburg

    Upland College vs HTS Middelburg

    Heidelberg Volkskool vs Merensky

    10 Februarie

    Middelburg vs Heidelberg Volkskool

    Dinamika vs Uplands College

    HTS Middelburg vs Merensky

    17 Februarie

    Middelburg vs HTS Middelburg

    Upland College vs Merensky

    Dinamika vs Heidelberg Volkskool

  • College captain’s century not quite enough against Westville

    A well-played 101 not out from captain Chad Mason highlighted Maritzburg College‘s start to the 2024 cricket season, but it wasn’t quite enough to prevent Westville Boys’ High from recording a five-wicket win on Goldstone’s on Saturday in their traditional season-opener.

    Batting first, College lost both of their openers cheaply, but Mason, batting third, and Michael Gibson, in at four, performed a fine rescue act. Together, they shared a 117-run partnership for the third wicket in 30.1 overs.

    Gibson was then caught and bowled by Seth Simpson for 58 from 87 balls, which included six fours.

    College’s hopes of a late innings run rate boost were undone by a fine spell from Westville paceman Dayalan Boyce – who had also removed both openers – and two run outs. Still, the home team ended their 50 overs on 212/9, which, on a wicket that requires batsmen to graft for their runs, made for a tricky chase for the Griffin.

    Mason’s 101 came from 139 deliveries, seven of which he despatched for four and another for a six.

    Boyce finished with the outstanding figures of 4/11 from six overs.

    Westville made a solid start to their innings, with captain Nicandro Kistna and Max Robertson putting up 42 runs before Robertson perished, caught by Liam Armstrong off the bowling of Mason for 28 from 37 balls, which featured two sixes and nary a four.

    Kistna and Seth Simpson accelerated the scoring, spending 17.1 overs together as they put on 72 runs for the second wicket before the skipper was bowled by Sphamandla Dzanibe for 50. He had struck three fours and a six.

    Again, once a wicket had fallen, Westville consolidated their innings, with Simpson and Kaeden McAllister advancing the score to 169 before Simpson’s knock was ended, also by Dzanibe. He made 53 from 85, with two fours. When he departed, Westville required 44 to win in 8.4 overs.

    Three runs shy of the 200, McAllister’s valuable innings was halted by the safe hands of Llewelyn Sutherland and the bowling of Julian Konigkramer. In 53 balls, he’d contributed 43 runs, and struck two fours and a six.

    Just before the visitors overhauled the College total, Roxton Payne was out, but Westville needed only four to win, which they scored to seal victory with nine balls remaining.

    Konigkramer was the most successful of the Maritzburg College bowlers, picking up 2/27 in six, while Dzanibe finished with 2/39 from nine.

    A trip to Durban for a showdown with Clifton College awaits Maritzburg College this coming weekend, while Westville will make the short drive to the north of Durban to tackle Northwood School.

    Summarised score

    Maritzburg College 212/9 (Chad Mason 101*, Michael Gibson 58, Dayalan Boyce 4/11); Westville Boys’ High 216/5 (Seth Simpson 53, Nicandro Kistna 50, Kaeden McAllister 43, Julian Konigkramer 2/27, Sphamandla Dzanibe 2/39) Westville Boys’ High won by 5 wickets.

  • Michaelhouse outplay Clifton, Kearsney cruise, and DHS sees off Saints

    Both Clifton College and Michaelhouse had played themselves into form in the pre-season at the iHlobo Festival. There, Clifton beat Falcon College, St Alban’s College and Uplands College, but went down to the hosts, Kearsney College, while Michaelhouse recorded wins over Durban High School, St John’s (Harare), and Falcon College.

    On Saturday, at the Riverside Sports Club, they met, with Clifton winning the toss and putting Michaelhouse in to bat. That move backfired.

    Captain Ethan Muir and Michael Spencer settled in nicely and put on 51 for the first wicket before Muir was caught off the bowling of Shahzaad Perumal.

    There was no respite for Clifton, however, as Spencer and Dylan Hewlett took charge. Together, they constructed a stand of 124 runs before Spencer became Perumal’s second victim, out for a well-played 68 from 94 deliveries, with six fours.

    The rest of the batsmen offered little support, but Hewlett had no problems with the Clifton bowlers. He went on to an undefeated 104 from 106 balls, striking four fours and two sixes, as Michaelhouse posted 246 for 7. It was a good score on a slow outfield.

    Perumal was the pick of the Clifton bowlers, snaring 3 for 30 from his nine overs, while Preston Govender picked up a bit of tap, but removed two batsmen to finish with 2 for 47 from six.

    In reply, Clifton made a disastrous start as Ross Moller knocked over two wickets with only six runs on the board. Perumal made only 13 before he departed with the total on 29, and then disaster struck as opener, Cohen Naidoo, who had made 21 from 36 balls, was run out.

    Tim Saulez mustered 22 from 32, but when he fell to Cameron Strudwick, Clifton were staring down the barrel on 65 for 6.

    Callum Watson and Lawson Dinsdale stopped the rot, however, with a solid 75-run stand before Dinsdale was out for the top score of 42, which came from only 45 balls and included four fours and a six.

    Watson was the second last man out, having made 20, as the last three wickets all fell with the total on 132, which left Michaelhouse the convincing winners by 114 runs.

    KZN Inland u19A left-arm spinner Strudwick shone, sending down nine overs, three of which were maidens, and claiming 2 for 14.

    Opening bowler Ross Moller was his usual economical self, capturing 2 for 13 in five, while his new ball partner, Luke Mitchell, picked up 2 for 36 in nine, and Ethan Muir took 2 for 21 in five.

    In Pietermaritzburg, DHS who hadn’t been at full strength for the iHlobo Festival, showed their grit to record a five-wicket win over St Charles College in a 45-over match.

    The home team owed plenty to their left-handed opener Cian Fortmann, who fought a lone battle as they tallied just 165 for 7 in their innings. Fortmann, with 91, scored the majority of their runs, facing 122 balls and hitting four fours.

    Stefan Veldsman contributed 17, but no other batsmen reached double figures. In fact, 24 extras were the second highest contributor to the Saints’ total.

    Jared Havermann, with 3/19 in seven, and Bhavesh Naicker, with 3/34 in six, led the way for DHS, but a number of their bowlers, who went wicketless, did a fine job of restricting the scoring rate.

    Nobody managed anything close to Fortmann’s innings for DHS, but Sfundo Mthembu made an unbeaten 30, while a number of others delivered useful knocks. Josh van Biljon weighed in with 28, Ismaeel Omar hit 27, Ethan Cooper added another 21, and Taine Havermann finished with 18 not out as the Horseflies took the win.

    Fortmann led the way for Saints once more with the ball, picking up 2/29 in nine, while Tristan Montile took 1 for 16 in four, and Kaiyuran Naidoo a tidy 1/27 in nine.

    After 40.1 overs, the victory belonged to DHS.

    Kearsney College, after going four from four at the iHlobo Festival, visited Glenwood for their first match of the first term, a T20.

    Batting first, Glenwood found the going tough against the experienced Kearsney attack. They batted at only 4.9 runs per over, to reach 98/5 by the conclusion of their 20 overs.

    Kyle Bryan made 28 from 37 balls for the Green Machine, while Krian Jugoo made 21 from 28, but the Kearsney bowlers were in the ascendancy.

    Fast bowler Ryan Browning bowled well to return 2/14 from his four overs, while fellow paceman Sandiswa Yeni claimed 1/13 in his four.

    Cameron Veenstra, then, set Kearsney on course for victory with 29 from 31, which included two fours and a six, at the top of the order. He and captain Ross Coetzee put on 37 for the second wicket before Veenstra was dismissed.

    Coetzee remained out in the middle and was 32 not out from 37 when the visitors overhauled the Glenwood total with two overs remaining. With him was Jack O’Donovan, who bashed a quickfire unbeaten 19 from only 14 deliveries, with one four and one six.

    Awhile Maharaj was the best of the Glenwood bowlers, taking 1 /16 in four, while the other two wickets were both as a results of run outs.

    Summarised scores

    Michaelhouse 246/7 (Dylan Hewlett 104*, Michael Spencer 68, Ethan Muir 29, Shahzaad Perumal 3/30, Preston Govender 2/47); Clifton College 132/10 (Lawson Dinsdale 43, Tim Saulez 22, Cohen Naidoo 21, Callum Watson 20, Ross Moller 2/13, Cameron Strudwick 2/14, Ethan Muir 2/21, Luke Mitchell 2/36) Michaelhouse won by 114 runs.

    St Charles College 165/7 (Cian Fortmann 91, Jared Havermann 3/19, Bhavesh Naicker 3/34); Durban High School 167/5 (Sfundo Mthembu 30*, Josh van Biljon 28, Ismaeel Omar 27, Ethan Cooper 21, Cian Fortmann 2/29) DHS won by 5 wickets.

    Glenwood 98/5 (Kyle Bryan 28, Krian Jugoo 21, Ryan Browning 2/14); Kearsney College 102/3 (Ross Coetzee 32*, Cameron Veenstra 29) Kearsney won by 7 wickets.