SSPN Test Site

Blog

  • 2015 WP Rugby Schools Day results

    The 2015 WP Rugby Schools Rugby Day produced plenty top-quality schoolboy action, with Mini Rugby, Under-13 action and five Under-19 matches taking place at DHL Newlands on Tuesday, March 24.

    The day began with some Under-9 Mini Rugby action at 15h00, before the Under-13 teams of Parklands Primary School and Dr GJ Joubert locked horns at 15h20.

    Thereafter it was the turn of the Under-19 boys, with wins for Wynberg Boys’ High School, Bellville HS, Paarl Boys’ HS, Paarl Gim and Rondebosch Boys’ HS in the five senior fixtures.

    The final match, between Paul Roos and Rondebosch Boys’ High School, was without doubt the most exciting fixture of the day as Rondebosch converted their 5-0 half-time lead into a tense 15-10 win, the Men from Rondebosch pulling off a last-ditch tackle to save the game after the full-time hooter had sounded.

    As always, there was plenty of support with many schoolboys and schoolgirls making their presence felt in the Main Grandstand at DHL Newlands – yet another great day of schoolboy rugby in the 12th annual WP Rugby Schools Day.

    Thanks to all the supporters, schoolchildren and parents, as well as all the match officials out there.

    2015 WP RUGBY SCHOOLS DAY RESULTS:

    Stellenberg HS 15 (0) v Wynberg Boys’ HS 20 (10)
    SACS 5 (5) Bellville HS 10 (5)
    Boland Landbou 0 (0) Paarl Boys’ HS 10 (5)
    Paarl Gimnasium 30 (15) Tygerberg HS 5 (0)
    Paul Roos 10 (0) Rondebosch Boys’ HS 15 (5)

  • Western Province – 1997

    Results 

    Western Province 

    Players: 15 Pierre Myburgh (Paarl Gimnasium), 14 Piet van Zyl (Paarl Boys’ High), 13 Eugene Kinghorn (Paarl Boys’ High), 12 Quinton van Tonder (Paarl Gimnasium), 11 Guillaume Blatt (Paarl Boys’ High), 10 Gareth Wright (Rondebosch Boys’ High), 9 Johannes Conoradie (Kasselsvlei), 8 Phillip van Schalkwyk (Paul Roos Gimnasium), 7 Gcobani Bobo (Rondebosch Boys’ High – captain), 6 

     

    Pierre Myburgh (Gim), Piet van Zyl (HJSP), Eugene Kinghorn (HJSP), Quiton van Tonder (Gim), Guillaume Batt (HJSP), Gareth Wright (Rond), Johannes Conradie (Kassels), Philip van Schalkwyk (PRG), Gcobani Bobo (Rond, k), Stephanus Stone (Gim), Paul Barker (Rond), Paul Pedersen (Bisk), Deon Carstens (Bol-L), Conrad Burke (PRG), Virgil Steenkamp (Excel), Willie Bruwer (PRG), Trevor Booysen (Scottsv), Louis Loubser (Gim), Christo Holtzhausen (PRG), Ricardo Steenberg (Florida).

  • Western Province – 1998

    Results 

    Western Province 

    Players: 15 Neil von Hoeslin (Diocesan College), 14 Kosie Botha (Paarl Gimnasium), 13 Adrian Jacobs (Scottville), 12 Anlo Swart (Paarl Boys’ High), 11 Graeme Smith (Paarl Gimnasium), 10 Daniel Philander (Scottville), 9 Ashieq Wise (SACS), 8 Phillip van Schalkwyk (Paul Roos Gimnasium), 7 Ernst Joubert (Paul Roos Gimnasium – captain), 6 Hein Filmarlter (Stellenberg), 5 Johan van Zyl (Paarl Gimnasium), 4 Frans Karstens (DF Malan), 3 Guthro Steenkamp (Paarl Boys’ High), 2 Schalk Brits (Paul Roos Gimnasium), 1 Anton van Aardt (Paarl Boys’ High). Replacements: 16 Gordon Johnston (Paarl Boys’ High), 17 Alfonso Jacobs (St. Andrews), 18 Gert Kotze (Strand), 19 Cornel Holtzhausen (Paul Roos Gimnasium), 20 Yaghya Petersen (Lentegeur).  

  • Western Province – 1992

    Results 

    Western Province 

    Players: 15 Percy Montgomery, 14 , 13 , 12 , 11 , 10 Herschelle Gibbs (Diocesan College), 9 David von Hoeslin (Diocesan College), 

     

    Agterspelers: Percival Montgomery (SAKS), Marius Goosen (HJSP), Janno van Zyl (De K), Rh s Botha (HJSP), Hilton Houghton (Bisk), Herchelle Gibbs (Bisk), Louis Koen (Gim), Steven McIntyre (Wynb), David von Hoeselin (Bisk). Voorspelers: Johan Burger (HJSP), William Robertson (Rond), Arnie Gcilitshana (Bisk), Matthew Preen (Rond), Walter van der Merwe (St’berg), Dougie Boyes (Bisk), Bles Kemp (PR), Lafras Moolman, Hein Basson, Hennie Smit, Corné Krige (almal HJSP).

    • Siyabulela “Arnie” Gcilitshana became the first black player to represent the Western Province schools’ team at the Craven Week. 
  • Paul Roos Gimnasium – 2012

    Results

    Paul Roos Gimnasium 30,  Kearsney College 20
    Paul Roos Gimnasium 38,  Westville Boys’ High 10 
    Paul Roos Gimnasium 43,  Queen’s College 20
    Paul Roos Gimnasium 40,  Monument 8
    Paul Roos Gimnasium 27,  Dale College 27
    Paul Roos Gimnasium 17,  Boland Landbou 15
    Paul Roos Gimnasium 19,  Grey Boys’ High School 23
    Paul Roos Gimnasium 22,  Maritzburg College 21
    Paul Roos Gimnasium 32,  Affies 22
    Paul Roos Gimnasium 20,  Tygerberg 22
    Paul Roos Gimnasium   8,  Paarl Gimnasium 28
    Paul Roos Gimnasium 20,  Oakdale Landbou 22
    Paul Roos Gimnasium 22,  Rondebosch Boys’ High 10
    Paul Roos Gimnasium 29,  Wynberg Boys’ High 12
    Paul Roos Gimnasium 55,  De Kuilen 0
    Paul Roos Gimnasium 17,  Paarl Boys’ High 22
    Paul Roos Gimnasium 53,  Belfast Royal Academy (Ireland) 5
    Paul Roos Gimnasium 12,  SACS 3
    Paul Roos Gimnasium 23,  Diocesan College 10
    Paul Roos Gimnasium 11,  Drostdy THS 12
    Paul Roos Gimnasium 23,  Grey College 33

    Players: Ramone Samuels, Jason Worral, Michal Hazner, Callie Nel, SP Ferreira, Dalen Goliath, Ruan Rossouw, Marcus Geldenhuys, Muller Brink, Luhann de Kock, 

    Coaches: Thys Stoltz and Hanno Coetzee

  • Só staan sake in die Tuks-reeks 2015

    Só staan sake in die Tuks-reeks 2015

    TuksSkole-reeksDie Hoërskool Nelspruit se Rhinos kom more in sy laaste groepwedstryd van die Tuks-reeks teen Florida op laasgenoemde se tuisveld te staan. Die Rhinos behoort die kragmeting te wen en bo-aan Groep D van die kompetisie te eindig. Die enigste ander groepwedstryd wat ook more gespeel word, die tussen Kemptonpark en Marais Viljoen, behoort ook aan Kempies ‘n boonste posisie in hulle groep te verseker. 

    Florida kan nog met ‘n reuse sege van 50 punte oor Nelspruit tot die kwarteindstryde deurdring, maar dit is hoogs onwaarskynlik. Monument en HTS Middelburg se Rooi Bulle sal mekaar op 18 April in die een kwarteindstryd die stryd aansê. Monnas is na hulle sege van 18-8 oor die verdedigende kampioen, EG Jansen van Boksburg, die vroeë gunsteling om die kroon te dra. 

    Die span van Boksburg kom in sy kwarteindstryd teen Eldoraigne te staan wat bo-aan Groep C geëindig het. Indien daar geen verrassings is nie sal Kemptonpark en Hoërskool Pietersburg mekaar in nog ‘n kwarteindstryd pak, terwyl Nelspruit teen Garsfontein in die ander halfeindstryd sake sal uitspook. Dit is ‘n herontnoeting van verlede jaar se Beeldtrofee eindstryd. 

    Die stand van sake is: 

    Groep A 

    Span G W Gelyk V Punte V Punte T Punte
    Monument 3 3 0 0 122 13 14
    EG Jansen 3 2 0 1 168 59 8
    Transvalia 3 0 1 2 52 151 3
    Centurion 3 0 1 2 22 131 2

    Groep B 

    Span G W Gelyk V Punte V Punte T Punte
    Garsfontein 3 2 0 1 127 54 10
    Kemptonpark 2 2 0 0 65 39 10
    Ermelo 3 1 0 2 37 85 4
    Marais Viljoen 2 0 0 2 12 63 1

    Groep C

    Span G W Gelyk V Punte V Punte T Punte
    Eldoraigne 3 3 0 0 58 33 12
    HTS Middelburg 3 2 0 1 102 67 10
    Hoërskool Klerksdorp 3 1 0 2 62 71 5
    Hoërskool Rustenburg 3 0 0 3 57 108 1

    Groep D

    Span G W Gelyk V Punte V Punte T Punte
    Hoërskool Pietersburg 3 2 0 1 99 66 10
    Nelspruit Rhinos 2 2 0 0 62 34 10
    Florida 2 1 0 1 44 66 5
    Vereeniging Gimnasium 3 0 0 3 51 90 1
  • Paul Roos sonder twyfel een van SA se Rugbyfabrieke

    Paul Roos sonder twyfel een van SA se Rugbyfabrieke

    PRG 150Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is sonder twyfel een van die grootste rolspelers in Suid-Afrikaanse rugby sedert sy ontstaan in 1866. Dié skool dra die naam van die Suid-Afrikaanse kaptein, Paul Roos, wat die naam van die Springbokke op die Britse toer van 1906 aan die nasionale span toegeken het. Roos was boonop die rektor (skoolhoof) van dié skool van 1910 tot 1940 met sy uittrede. 

    Roos was self ‘n oud-leerling van die Stellenbosch College. Buiten Roos het PK Albertyn en Phil Mostert ook in hulle internasionale loopbane die Springbokke op die veld gelei. Die haastige vleuel, Attie van Heerden, het die eerste drie ooit tussen die Springbokke en die All Blacks tydens die eerste toets van 1921 gedruk. Van Heerden het Suid-Afrika ook op die Olimpiese Spele van 1920 as ‘n naelloper verteenwoordig.

    Albertyn was in 1914 die Stellenbosch Gimnasium se eerstespan se kaptein geweees. Op die spanfoto van daardie jaar sit hy tussen Paul Roos en nog ‘n oud Bok-kaptein, Theo Pienaar, wat ‘n onderwyser by die skool was.  

    In 1879 het die Stellenbosch College en Stellenbosch Gimnasium van mekaar geskei. Die College sou later in 1887 na die Victoria College verander voordat dit in 1918 as die Universiteit van Stellenbosch herdoop is. 

    In 1974 is daar ‘n Bok-span gekies uit oud-Paul Roosers. 

    Die span wat destyds gekies is: Nico Bosman (1924), Bob Loubser (1903-10), Japie Krige (1903-07), PK Albertyn (1924), Attie van Heerden (1921), Jackie Tindell (1921-32), Daunce Devine (1924-28), Paul Roos (1903-07), Theuns Kruger (1921-28), Phil Mostert (1921-32), Nic du Plessis (1921-28), George van Reenen (1937), Ferdie Bergh (1931-38), Gideon Roos (1910), George Daneel (1928-32). 

    Die “keurders” kon destyds nie plek vir Springbokke soos Jannie Engelbrecht, Gert Brynard, Tjol Lategan, PK Morkel, Manus de Jong en Mannetjies Michau in die span kry nie. Baie van die name sal dalk nie ‘n klokkie by vandag se leerlinge lui nie, maar om te benadruk die gehalte van dié span moet die volgende in ag geneem word. Een van die mees legendariese breiers van Suid-Afrika, Oubaas Markotter, het vir die boek oor sy lewe sy beste Bok-span van alle tye gekies. Sewe van die spelers is ook in dié Paul Roos-span. 

    Agie Koch PRGDit behoort interresant te raak indien Bokke soos Justin Swart, Willie le Roux, Francois Hougaard, Juandré Kruger, Andries Bekker, Schalk Brits, Cobus Visagie en Hempies du Toit. 

    Een van Paul Roos se legendariese breiers, Attie Slabbert, het rekord gehou van elke punt wat deur die eerstespan in sy tydperk aangeteken is. Jannie Engelbrecht het in 1957 nie minder as 16 drieë vir die span van die Eikestad se eerstespan gedruk nie. Frans van Niekerk wat die eerstespan van 1992 tot en met 2007 afgerig het, is ook een van die groot geeste van Paul Roos. 

    Saterdag bied Paul Roos heel gepas ‘n rugbydag aan ter viering van sy 150ste bestaansjaar. Die span van die Eikestad takel die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria in die hoofwedstryd van die dag. Die twee skole is van Suid-Afrika se voorste rugbyfabrieke. Die twee skole pak mekaar egter nie gereeld op die rugbyveld nie.

    Die eerste kragmeting tussen die twee spanne het in 1946 plaasgevind met Affies wat met 6-3 as oorwinnaars van die veld gestap het. Saterdag sal die 18de keer wees wat die twee spanne mekaar pak. Affies was nege keer baas, terwyl Paul Roos sewe keer aan die wenkant was. Een kragmeting in 2008 het 17-elk gelykop geëindig.  

  • Grey bo-baas teen Menlopark

    Grey-kollege gaan vanjaar weer ‘n krag op skolevlak wees. Dit is die opinie van die Hoërskool Menlopark se afrigter, Wynand Moolman, na sy span Saterdag in die Rosestad teen Grey met 50-27 in die stof gebyt het.

    Die tuisspan het in die eerste helfte teen ‘n sterk wind ingespeel en dit het bygedra dat Menlopark teen lemoentyd ‘n voorsprong van 20-12 geniet het. Die span van Bloemfontein het in die tweede helfte met die wind in sy seile tot ‘n hoer rat oorgeskakel om uiteindelik gemaklik as oorwinnaars van die veldt e stap. Die span van die Jakarandastad is waarskynlik die beste span in Pretoria vanjaar.

    Grey se beste speler in die kragmeting was sy vleuel, Dian Gouws, wat met sy drie sy ongelooflike vaart ten toon gestel het. Voorlangs het die slot, George “Bakkies” Rossouw, uitstekende spel gelewer.

    Grey se losskakel, Mario Vieira, het 20 punte tot sy span se oorwinning bygedra. Hy het een van sy span se sewe drieë afgerond, slegs een doelskop skeef gekorrel en ook ‘n strafdoel tussen deur die pale gejaag.

    Menlopark se senterpaar, Wayne van der Bank en Stean Pienaar, het Grey vroeg problem besorg. Van der Bank het vroeg oorgeduik, maar moes kort daarna weens harsingskudding die veld verlaat. Die besoekers se losskakel, Brian Bouwer, het met ‘n indrukwekkende skepdoel van ongeveer 50 meter met die wind van agter geslaag.

    Diamantveld het in ‘n nat wedstryd op sy tuisveld met 24-0 oor Duineveld van Upington geseëvier. Die span se vleuel, Etdeon Greyvenstein, het twee keer gaan druk. Diamonds het met die omdraaislag met 14-0 voorgeloop.

    Noord-Kaap het op sy tuisveld vir in haglike weersomstandighede vir Landboudal van Jacobsdal met 19-7 getroef. ‘n Sterk wind en reën het verhoed dat Northerns se agterhoede sy normale spelpatroon kon volg.

    Lanties het Noord-Kaap hard vir dié sege laat werk. Die wenspan se agtsteman, Gerhard Holtzhausen, was soos gewoontlik uitstaande. Northerns se derde span het Adamantia se eerstes met 34-12 verslaan.

    Jim Fouché en Fichardtpark het met gemengde welsale uit Bethlehem na die Rosestad teruggekeer. JF het ‘n naelskraapse sege van 24-23 oor Witteberg behaal. Die span se losskakel, Tiaan Schutte, se akkurate stelskopwerk was sleutel tot die oorwinning. Witteberg se Tiaan Schoonraad het ook sy skopskoen die praatwerk laat doen.

    Fichardtpark het met 22-5 die knie teen Voortrekker gebuig. Die Trekkers se Nico Charilaou het twee keer Fichies se doellyn oorgesteek. Die losvoorspelers, Eckhardt Kuhn en Hugo Maartins en die slot Adriaan Grabe was voorlangs goed vir die verloorspan, terwyl die senter Lohan Zeelie agterlangs meer as sy deel gedoen het.

    Puntemakers: 

     

    Grey-kollege 50 (12) – Drieë: Sentle Lehoko, Mario Veira, Dawid Snyman, Dian Gouws, PR Serfontein, Gerrie Koegelenberg, Rewan Kruger. Doelskoppe: Veira (6). Strafdoel: Veira. Menlopark 27 (20) – Drieë: Wayne van der Bank, Stean Pienaar, Andell Loubser. Doelskoppe: Loubser (3). Strafdoel: Loubser. Skepdoel: Brian Bouwer.

    Diamantveld 24 (14) – Drieë: Etdeon Greyvenstein (2), Nico Roets, Gerco Nortjé. Doelskoppe: Nortjé. Duineveld 0.

    Noord-Kaap 19 (12) – Drieë: Zayne Farmer, Stefan Smit, Cameron Hufke. Doelskoppe: Hufke (2). Landboudal 7.

    Voortrekker 22 – Drieë: Nico Charilaou (2), Michael Janse van Rensburg. Doelskoppe: Anthony Carpentiero (2). Strafdoel: Carpentiero. Fichardtpark 5 – Drie: Lohan Zeelie.

    Jim Fouché 24 (0) – Drieë: Vandré Rolls, Poena Pretorius, Tiaan Trollip. Doelskoppe: Tiaan Schutte (3). Strafdoel: Schutte. Witteberg 23 (3) – Drieë: Dean Bubb, Liamzer James. Doelskoppe: Tiaan Schoonraad (2). Strafdoele: Schoonraad (3). 

     

     

  • Baby Boks trial group announced

    The sons of three former Springboks Daniel du Plessis, Ruan Ackermann and the twins Daniel and Jean-Luc du Preez is included in the trials for the South African u20-side. Du Plessis is the son of former Bok-centre, Michael du Plessis. Ackermann is the son of former Bok-lock and current Lions coach, Johan Ackermann. 

    Daniel en Jean-Luc’s father Robert du Preez played scrumhalf for the Springboks and is currently coaching the Pukke in the FNB Varsity Cup. 

    The group is: 

    Blue Bulls: Matthys Basson, Warrick Gelant, Njabula Gumede, Dewald Human, JT Jackson, Jason Jenkins, Jurie Linde, Jinx Molapo, Adrian Maebane, Menzi Nhlabathi, Abongile Nonkontwana, Luigy van Jaarsveld, Alandré van Rooyen, Ivan van Zyl

    Eastern Province: Malcolm Jaer, Tyler Paul, CJ Velleman

    Free State: Joseph Dweba, Lorenzo Gordon, Gunther Janse van Vuuren, Gerrie Labuschagne, Ox Nche, Stephen Rautenbach, Frans Steyn, André Swarts, Arno van Staden, Conrad van Vuuren, Reinach Venter, Jasper Wiese.

    Lions: Ruan Ackermann, Marco Janse van Vuren, Le Roux Roets, Gerdus van der Walt.

    Kwazulu-Natal: Hyron Andrews, Daniel du Preez, Jean-Luc du Preez, Ruan Kramer, Rowan Gouws, Mzamo Majola, Ayron Schramm, Innocent Radebe.

    Leopards: Mogau Mabokela, Walt Steenkamp.

    Western Province: Ruan Brits, Daniel du Plessis (hooker), Daniel du Plessis (centre), Grant Hermanus, Michael Kumbirai, Remu Malan, Khanyo Ngcukana, Justin Phillips, Ernst Stapelberg, Brandon Thomson, Christo van der Merwe, Francois van der Merwe, Frans van Wyk, Jacques Vermeulen, EW Viljoen, Edward Zandberg, Leolin Zas.

  • Monnas wen klipharde stryd teen EG Jansen

    Monnas wen klipharde stryd teen EG Jansen

    Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Kempton Park sal waarskynlik Woensdag met ’n sege oor Marais Viljoen in Alberton sy plek bo-aan Groep B van die Tuks-reeks bespreek.

    Dit beteken dat hy sake in die kwarteindronde met die gedugte span van die Hoërskool Pietersburg sal uitspook.

    Kempies het Garsfontein Saterdag met 30-27 getroef, wat sy pad in die kompetisie vergemaklik.

    Nelspruit se Rhinos het nog ’n kragmeting oor. Die span van die Laeveld kom Woensdag teen Florida te staan. Die Rhinos se sege van 30-21 oor Pieties kan hulle die boonste plek in hul afdeling gee. Dit sal beteken dat Nelspruit en Garsies mekaar in die kwarteindronde van die Tuks-reeks pak – ’n herontmoeting ná verlede jaar se eindstryd in die Beeldtrofee-reeks vir makroskole.

    Monument het op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp in ’n uiters fisieke kragmeting teen EG Jansen van Boksburg met 18-8 as oorwinnaar van die veld gestap.

    Monnas is nou die vroeë gunsteling om as kampioen van die kompetisie gekroon te word. Die span van Boksburg is die verdedigende kampioen.

    Dit was in die kragmeting duidelik dat albei spanne nog nie vanjaar behoorlik getoets is nie, maar te oordeel na hoe fisiek die kragmeting was, is albei spanne swaargewigte op skolevlak in Suid-Afrika.

    Monnas sal nou in die kwarteindstryd teen die HTS Middelburg se Rooi Bulle te staan kom.

    Eldoraigne van Pretoria sal sy bes moet doen om EG Jansen in die ander kwarteindstryd te kan uitstof.

    Monnas se heelagter, Ivan Smit, is ná die sege oor EG Jansen as speler van die wedstryd aangewys. Dit was welverdiend. Hy was deurentyd vol planne en het ’n paar suiwer breekslae vanuit die laaste vesting gemaak.
    Hy het onder meer vanuit sy eie halfgebied ’n aanval begin wat op die skrumskakel, Franco Tiedt, se drie uitgeloop het.

    In die tweede helfde het hy self een van sy breekslae gaan afrond.

    Die tuisspan se agtsteman, Len Massyn, was ook ’n sterk kandidaat vir aanwysing as speler van die wedstryd.
    Hy het uitstekend verdedig en ’n hele paar deurslaggewende duikslae uitgevoer. Hy het ook met die bal in die hand ver ente veld gewen.

    Vir EG Jansen het sy vaskopstut, André van der Merwe, en binnesenter, Erich Cronjé, goeie vertonings gelewer.
    Cronjé is sterk op sy bene en het die tuisspan probleme in die middelveld besorg.

    Jansies se slot Hendré Stassen en Monnas se flank Thomas Meyer moes ná ’n onderonsie elk tien minute in die koelkas deurbring.

    Eldoraigne het bo-aan sy groep geëindig danksy ’n sege van 12-0 oor die Hoërskool Klerksdorp.

    Eldos se kaptein en agtsteman, Brendan Heymans, het sy span van voor gelei. Hy is goed voorlangs deur die flank André Kruger bygestaan. Die senter Awie Smal het agterlangs goeie spel gelewer.

    Puntemakers: 

    TUKS-REEKS

    Monument 18 (8) – Drieë: Franco Tiedt, Ivan Smit. Doelskop: Xander Kruger. Strafdoele: Kruger. EG Jansen 8 (3) – Drie: David Mostert. Strafdoel: Ginter Smuts.

    Centurion 14 – Drieë: Hannes van Dyk, Paul Roos. Doelskoppe: Ruan Brenner (2). Transvalia 14.

    Eldoraigne 12 (7) – Drieë: Brendan Heymans, André Kruger. Doelskop: Trystan van Schalkwyk. Hoërskool Klerksdorp 0.

    Kempton Park 30 – Drieë: Thinus Grundlingh, Mauritz Snyman, Jaco Rossouw. Doelskoppe: Snyman (2), Francois Erasmus. Strafdoele: Snyman (2), Erasmus. Garsfontein 27 – Drieë: Carling Forwood, Ambrose Papier, Ruan Henning, Strafdrie. Doelskoppe: JP Wegner (2). Strafdoel: Wegner.

    HTS Middelburg 41 – Drieë: JC Pretorius (2), Eric Basson, Derik Willemse, Waldo Conradie. Doelskoppe: Brandon Parr-Bailey (5). Strafdoele: Parr-Bailey (2). Rustenburg 26.

    Nelspruit Rhinos 30 – Eduan Engelbrecht (2), Coenie Kruger, Dewald Maritz. Doelskoppe: Wessel Muller (2). Strafdoele: Muller (2). Hoërskool Pietersburg 21 – Drieë: Wilrico Gadney, Salie Vermaak. Doelskop: Morné Venter. Strafdoele: Venter (3).

    Ander eerste spanne: Florida 32 Vereeniging Gimnasium 14; Ermelo 8, Marais Viljoen 5.

    Ander spanne:

    o.16: EG Jansen 17, Monument 17; HTS Middelburg 17, Rustenburg 5; Garsfontein 22, Kempton Park 5; Eldoraigne 31, Klerksdorp 24; Nelspruit 15, Pietersburg 12; Transvalia 31, Centurion 10.

    o.15: Monument 41, EG Jansen 11; Rustenburg 38, HTS Middelburg 14; Kempton Park 34, Garsfontein 14; Klerksdorp 22, Eldoraigne 17; Nelspruit 30, Pietersburg 10; Transvalia 38, Centurion 0.

    o.14: Monument 15, EG Jansen 10; HTS Middelburg 50, Rustenburg 0; Garsfontein 17, Kempton Park 0; Klerksdorp 45, Eldoraigne 0; Nelspruit 27, Pietersburg 22; Transvalia 55, Centurion 0.

    PUKKE 16

    Vryburg 31 – Drieë: Joe van Huysteen, Joubert Fourie, Gert Jonker, BF van Staden, Willem van der Merwe. Doelskoppe: Van Staden (3). Fochville 0.

    Bekker 39 – Drieë: Herman Roesch (2), Andy Bok (2), Martin Annandale, Jay-Gea Knoetze, Bennie Prinsloo. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (2). Wolmaransstad 19.

    Ander spanne:

    o.16: Overvaal 5, Vryburg 0; Bekker 22, Wolmaransstad 0.

    o.15: Vryburg 19, Alberton High 7; Schweizer-Reneke 15, Bekker 10.

    o.14: Fochville 21, Vryburg 3; Bekker 12, Wolmaransstad 7.

    PUK PRESTIGE-REEKS

    Potchefstroom Gimnasium 34 – Drieë: Poen Euckerman, Martin Linde, Marcell Burger, Gerhard Steenkamp, Heinrich Siepker. Doelskoppe: Herman de Jong (3). Strafdoel: De Jong. HTS Witbank 8.

    Potchefstroom Volkskool 26 – Drieë: Jandré Dreyer, Nicky Heunis, Roché van Aarde. Doelskop: Renier Barnard. Strafdoele: Barnard (3). Driehoek 12 – Strafdoele: Heino Keyser (4).

    Hoërskool Middelburg 45 – Drieë: Duan van Wyk (2), Ruben Roodt, Fana Ngwenya, Barend Ditle, Cyprian Nkomo, Siyabonga Kha-liswayo. Doelskoppe: Chris Hanekom (5). Hoogenhout 22.

    Ander eerste spanne: Oos-Moot 19, Montana 8.

    Ander spanne:

    o.16: Driehoek 29, Potch Volkies 28; Potch Gimmies 27, HTS Witbank 7; Hoogenhout 22, Hoërskool Middelburg 18.

    o.15: Potch Volkies 47, Driehoek 5; Potch Gimmies 13, HTS Witbank 0; Hoërskool Middelburg 33, Hoogenhout 0.

    o.14: Potch Volkies 43, Driehoek 0; Potch Gimmies 22, HTS Witbank 19; Hoogenhout 17, Hoërskool Middelburg 10.

    SUPER-REEKS

    Brandwag (Benoni) 10 – Drieë: Steven Coetzee, Zane Dippenaar. Tuine 5.

    Eerste spanne: Jan Viljoen 10, Bergsig 10; John Vorster (Nigel) 15, Gerrit Maritz 7; Die Wilgers 20, Southdowns 18; Ligbron 29, Dinamika 11; Wagpos 15, Secunda 12.

    o.16: Secunda 19, Wagpos 0; John Vorster 12, Gerrit Maritz 5; Tuine 24, Brandwag 10; Jan Viljoen 28, Bergsig 7; Die Wilgers 22, Southdowns 6; Ligbron 14, Dinamika 5.

    o.15: Secunda 22, Wagpos 12; John Vorster 27, Gerrit Maritz 8; Brandwag 33, Tuine 0; Jan Viljoen 21, Bergsig 5; Die Wilgers 50, Southdowns 14; Ligbron 19, Dinamika 0.

    o.14: Secunda 45, Wagpos 0; John Vorster 22, Gerrit Maritz 17; Brandwag 62, Tuine 7; Jan Viljoen 46, Bergsig 7; Die Wilgers 65, Southdowns 0; Dinamika 12, Ligbron 0.

    NWU VAAL-REEKS

    Linden 12 – Drieë: Ryan Johst, Letho Dlamini. Doelskoppe: Kyle Lewis. Standerton 10 – Drie: Mfundo Ndlovu. Doelskop: AJ Potgieter. Strafdoel: Potgieter.

    Ander eerste spanne: Benoni High 22, President 0; Randburg 32, Hans Moore 0; Hoërskool Alberton 17, Brits 17; Elspark 27, Goudrif 15.

    Ander spanne:

    o.16: Linden 10, Standerton 8; Randburg 21, Hans Moore 5; President 21, Benoni High 7; Hoërskool Alberton 50, Brits 7; Goudrif 48, Elspark 5.

    o.15: Linden 38, Standerton 7; Randburg 26, Hans Moore 5; Benoni High 19, President 7; Hoërskool Alberton 17, Brits 12; Elspark 49, Goudrif 5.

    o.14: Standerton 26, Linden 7; Randburg 29, Hans Moore 0; Benoni High 19, President 0; Hoërskool Alberton 24, Brits 7; Goudrif 27, Elspark 0.

    ANDER

    Affies 24 – Drieë: Neil Bezuidenhout, Louritz van der Schyff, Eduan Lubbe, Christian Strydom. Doelskoppe: Ruan de Swardt (2). Helpmekaar 0.

    Grey-kollege 50 (12) – Drieë: Sentle Lehoko, Mario Veira, Dawid Snyman, Dian Gouws, PR Serfontein, Gerrie Koegelenberg, Rewan Kruger. Doelskoppe: Veira (6). Strafdoel: Veira. Menlopark 27 (20) – Drieë: Wayne van der Bank, Stean Pienaar, Andell Loubser. Doelskoppe: Loubser (3). Strafdoel: Loubser. Skepdoel: Brian Bouwer.

    St. John’s College 15 – Drieë: Frans Retief, Tom Kirk. Doelskop: Nic Zille. Strafdoel: Zille. King Edward VII 19.

    Ander eerste spanne: Overkruin 73, Warmbad 0; Hans Strijdom 31, Generaal Hertzog 8; HTS John Vorster 43, Nylstroom 6; Die Anker 33, Oosterlig 13; Stella 36, Swartruggens 0; Koster 43, Sannieshof 8; Orkney 18, Christiana 17; Mafikeng 21, Bloemhof 12; Bryanston 14, Krugersdorp High 12; Wesvalia 38, Zwartkop 21; Jeppe Boys’ High 51, St. Stithians College 15.

    Ander spanne:

    o.16: Grey-kollege 39, Menlopark 7; Helpmekaar 20, Affies 17; Overkruin 27, Warmbad 7; Oosterlig 15, Die Anker 14; Hans Strijdom 53, Generaal Hertzog 0; HTS John Vorster 26, Nylstroom 17; Oos-Moot 43, Montana 3; Wesvalia 23, Zwartkop 10.

    o.15: Grey-kollege 33, Menlopark 17; Affies 66, Helpmekaar 0; Overkruin 70, Warmbad 7; Oosterlig 18, Die Anker 12; Generaal Hertzog 14, Hans Strijdom 7; HTS John Vorster 49, Nylstroom 0; Montana 24, Oos-Moot 6; Zwartkop 20, Wesvalia 5.

    o.14: Grey-kollege 8, Menlopark 7; Helpmekaar 12, Affies 5; Overkruin 21, Warmbad 0; Die Anker 10, Oosterlig 5; Generaal Hertzog 27, Hans Strijdom 3; Nylstroom 35, HTS John Vorster 17; Montana 17, Oos-Moot 5; Wesvalia 26, Zwartkop 5..