SSPN Test Site

Blog

  • Kwotaskok: helfte van SA skolespan toe wél swart

    Die Suid-Afrikaanse skolerugbyspan is vandeesweek aangekondig – mét streng kwotavoorskrifte wat tot op die letter gevolg is.

    School of Rugby het verlede week berig dat Mervyn Green, die ontwikkelingshoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), vroeër die nasionale skolekeurders aangesê het dat minstens die helfte van die spanlede swart spelers moet wees.

    Sover vasgestel kon word, is dit die eerste keer nóg dat dié kwota amptelik op skolevlak afgedwing word.

    Dié opdrag is verlede Donderdag in Middelburg, Mpumalanga, op ’n keurdersvergadering by die Cravenweek gegee – meer as ’n week voordat ’n finale ronde proewe in Kempton Park gehou is.

    Die groep vir dié proewe is boonop van 50 tot 55 vergroot om plek vir meer spelers van kleur plek te maak.

    Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het Maandag in ’n verklaring ontken dat daar só ’n opdrag gegee is.

    “Saru het géén opdrag aan die keurders van die Suid-Afrikaanse skolespan gegee ten opsigte van hoeveel spelers van kleur daar in die span moet wees nie en daar het nie só ’n vergadering plaasgevind nie,” het Roux gesê.

    Volgens Roux “is dit nie nodig vir só ’n beleid nie”.

    “Daar was reeds genoeg spelers van kleur wat hul stempels afgedruk het.

    “Ons het dit egter al voorheen aan die bestuur van die onderskeie junior ouderdomsgroepe duidelik gestel dat daar genoeg goeie swart spelers is om ’n hoër vlak van verteenwoordiging te handhaaf – selfs soveel as die helfte van die span.”

    Van die finale groep van 28 spelers, wat Donderdag bekend gemaak is, is 14 swart.

    Roux het vroeër aan Rapport gesê dié spelers is reeds op o.16-vlak geïdentifiseer – en dat ander spelers wat by die Cravenweek beïndruk, nie sommer ingesluit sal word nie.

    Tog is daar net ses spelers in die groep van 28 wat ook in 2012 die laaste o.16-hoëprestasiegroep gehaal het.

    Dié skolespan sluit nege Blou Bulle in.

    Die span sal later vandeesmaand in ’n reeks “toetse” teen Frankryk, Wallis en Engeland in Kaapstad, George en Stellenbosch te staan kom.

    Hein Kriek van Paul Roos, wat die WP by die Cravenweek afgerig het, brei dié span.

  • Gimmies sink Boishaai

    Gimmies sink Boishaai

    Francois StemmetDie rugbyspan van Paarl Gimnasium het sy houvas op sy jaarlikse derby sedert 2009 teen die Hoër Jongenskool Paarl gister op Faure-straat, danksy die geleerde skopskoen van sy heelagter Grant Hermanus, behou.

    Gimmies het met 16-15 gewen en was deurgaans voor. Boishaai kon laas in 2009 daarin slaag om Gimmies te klop.

    Hermanus, wat verlede jaar in die SA Skolespan was, het met al vier sy stelskoppe geslaag. Sy lang lynskoppe het ook ’n reuse-aandeel in sy span se sege gespeel.

    Vir Boishaai het sy senter Curtley Grain heelwat geleenthede op die aanval geskep.

    Hy het met albei sy span se drieë deur Rayhaan Lombaard en Tristan Solomons die laaste aangee uitgegee.

    ) Grey PE het die eerste keer sedert 2004 Grey-kollege met die kous oor die kop huis toe gestuur.

    Die span van die Baai het op sy tuisveld met 27-20 koning gekraai.

    Die spel van veral die heelagter Curwin Bosch, die losskakel Garrick Matteus en die flank Junior Pokomela was deurslaggewend.

    Matteus se reuse-skopvoet het die span van die Rosestad op die agtervoet in veral die tweede helfte gehou. Bosch was op die aanval, sowel as met sy skopskoen, ’n doring in die Bloemfonteiners se vlees.

    Pokomela het met sy verdediging vrees by sy teenstanders ingeboesem en ook meters ver veld gewen met hardlooprugby. Bosch en Pokomela is albei in vanjaar se SA skolespan ingesluit.

    Hoewel Grey-kollege die oorhand in die skrums gehad het, was die tuisspan by die afbreekpunte baas.

    ) Kroonstad sal vanjaar die rooiste wees wat hy nóg was.

    Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) het ’n rekord-wegholsege van 52-0 oor die Hoërskool Kroonstad (Blou-skool) in hul jaarlikse wedstryd behaal.

    Die Griffons se Cravenweek-kaptein en kantman, Francois Stemmet, het senter gespeel en die meeste van al die spelers met sy spel beïndruk.

    Hy het twee keer agter die Blouskool se doellyn gaan kuier.

    Die Blouskool het laas in 2007 sy buurman geklop.

    Voortrekker se agtsteman Junior Oosthuizen en skrumskakel Phillip Maré het elk ’n driekuns aan drieë in hul span se derby teen Witteberg behaal.

    Die Trekkers het die Griffon-liga met dié sege van 57-14 onoorwonne afgesluit.

    In die ander derby van die Noord-Vrystaat het Goudveld- Hoërskool, met sy blink senter Carlton Coeries aan die spits, Welkom-Gimnasium met 36-18 verhinder om tot die uitkloprondes van die liga deur te dring.

    ) Kempton Park, Centurion en Menlopark het met seges oor onderskeidelik Waterkloof (22-20), Florida (25-17) en die Hoërskool Rustenburg (72-12) hul plekke in die kwarteindstryde van die Beeldtrofee vir makroskole bespreek.

    Die SA skole-losskakel Tinus de Beer het twee geelkaarte ontvang nadat hy rolmaalbewegings onwettig gestuit het.

    Hy is toe van die veld af gejaag, wat sy span waarskynlik die wedstryd gekos het.

    Kempton Park het ook ná sy eerste geelkaart ’n strafdrie gekry.

    ) JG Meiring het in Kaapstad die Hoërskool President se 50ste bestaansjaarvieringe in hul interskole-kragmeting met ’n sege van 27-17 bederf.

    ) Wilgerivier van Frankfort is die vierde agtereenvolgende jaar as die Oos-Vrystaat se kampioen gekroon nadat hy Vrede met 46-14 verslaan het.

    Sy kaptein en agtsteman, Gerrie Muller, het ’n driekuns aan drieë behaal.

  • Rooi Bulle speel nie; deur tot laaste agt

    HTS Middelburg se eerste rugbyspan is die eerste span wat vir vanjaar se kwarteindronde van die Beeldtrofee vir Makro-skole kon kwalifiseer.

    Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié reeks.

    Die Rooi Bulle moes vandag teen Vereeniging Gimnasium uitspeel om te bepaal wie teen Monument van Krugersdorp in die kwarteindstryd te staan sou kom.

    Gimmies het hulle egter aan dié kragmeting onttrek.

    Die Hoërskool Rustenburg pak om 12:30 op sy tuisveld vir Menlopark.

    Dié wenner van die kragmeting sal teen die verdedigende kampioen, EG Jansen, in die kwarteindstryd te staan kom.

    Kemptonpark draf om 12:15 op sy tuisveld teen Waterkloof uit om te bepaal wie Hoërskool Nelspruit in die kwarteindstryd pak.

    Die ander uitspeelwedstryd in die Makro-afdeling is dié tussen Florida en Centurion om 11:15 op eersgenoemde se tuisveld.

    * In Thabazimbi kom Frikkie Meyer om 10:10 op sy tuisveld te staan teen Hugenote van Springs in ’n uitspeelwedstryd in die afdeling vir Groot-skole.

    Hugenote en Transvalia het Dinsdag met 29-elk gelykop in die eindstryd van die Valke-reeks gespeel.

    Hugenote het die reeks as die Valke se voorste span betree nadat hy die eerste drie in dié wedstryd gedruk het.

    Volksrust is gasheer van sy uitspeelwedstryd om 11:00 teen die verdedigende kampioen van dié afdeling, Transvalia.

    Die Blou Bulle se naaswenner, Oos-Moot, moet op sy tuisveld om 11:00 verby Hoërskool Linden kom as hy sy plek in die kwarteind wil bespreek.

    Helpmekaar moet na Lichtenburg reis waar hy om 11:15 teen die Liggies te staan sal kom. Die wenner van dié kragmeting sal teen die Blou Bulle se kam­pioen, Hoërskool Tuine, sake in die kwarteindstryd uitspook.

    * Die getal Klein-skole wat aan die reeks deelneem, het gekwyn. Daar is slegs een uitspeelwedstryd in dié afdeling met Morgenzon en Balfour wat mekaar die stryd aansê.

    Die wenner sal in die kwarteindstryd teen Curro Heuwelkruin speel.

    * In die nuwe afdeling vir Middel-skole pak Pretoria THS en Alberton High mekaar in ’n uitspeelwedstryd.

  • SA Schools announced

    SA Schools announced

    The South African Rugby Union (SARU) announced on Thursday an SA Schools squad of 28 players for the forthcoming Under-18 International series against France, Wales and England, from 10 to 24 August.
     
    The squad was selected following a successful trial match held on Saturday at the Barnard Stadium in Kempton Park, after the conclusion of the Coca-Cola Youth Weeks. Nine players from the Blue Bulls were selected in the squad, Eastern Province have four representatives while three players each from KwaZulu-Natal and South Western Districts were selected.
     
    Hein Kriek of Paul Roos, who coached the DHL Western Province team at the Under-18 Coca-Cola Craven Week in Middelburg, will coach the SA Schools team.
     
    The SA Schools team, which is sponsored by Coca-Cola, have remained unbeaten in their international matches over the past four years.
     
    Their first match is against France at the City Park Stadium in Cape Town on August 15, followed by Wales at Outeniqua Park in George on August 19, and England at the Paul Roos Markötter grounds in Stellenbosch on August 23.
     
    SARU CEO Jurie Roux congratulated the squad on their selection and explained that the Coca-Cola Youth Weeks Programme as well as the SA Schools itinerary falls in line with SARU’s strategic objective of providing platforms for our country’s top Under-18 players, so that they are  able test their skills against the best local and international opposition.
     
    “From here on, there will be hands-on coaching, management, programmes of intervention and monitoring of this group of players by our Springbok and Junior Springbok management teams as well as the SARU Mobi Unit,” said Roux.
     
    “Over the years we have seen many players graduate from the Coca-Cola Youth Weeks to the SA Schools team and then to our provincial unions and our various national teams such as the Springbok Sevens, the Junior Springboks and ultimately the Springboks. This pathway is one of the core objectives of our Development and High Performance Departments.”
     
    The SA Schools squad and management will assemble in Cape Town on 10 August in preparation for the three Under-18 internationals.
     
    The 2014 SA Schools squad is:
     
    Fullbacks: Morné Joubert (Glenwood HS, KwaZulu-Natal), Eduan Keyter (Affies, Blue Bulls), Keanu Vers (Grey HS, Eastern Province).
     
    Wings: Nazo Nkala (Welkom Gimnasium, Griffons), Jerry Danquah (Queens College, Border), Andell Loubsher (Menlo Park, Blue Bulls).
     
    Centres: Barend Smit (HTS Middelburg, Pumas),JT Jackson (Oakdale Agric, SWD).
     
    Flyhalves: Curwin Bosch (Grey HS, Eastern Province), Thinus de Beer (Waterkloof, Blue Bulls).
     
    Scrumhalves: Marko Janse van Vuuren (HS Transvalia, Valke), Embrose Papier (Garsfontein, Blue Bulls).
     
    Loose forwards: Jakobus Coetzee (Glenwood, KwaZulu-Natal), Junior Pokomela (Grey HS, Eastern Province), Edmund Rheeder (HS Klerksdorp, Leopards), Cobus Wiese (HS Upington, Griquas Country Districts), Victor Maruping (Louis Botha, Free State), Arnold Gerber (Menlo Park, Blue Bulls).
     
    Locks: Eduard Zandberg (Outeniqua HS, SWD), Jaco Willemse (Paarl Gimnasium, Western Province), Ashton Fortuin (Southdown College, Blue Bulls).
     
    Hookers: Jan-Henning Campher (Garsfontein, Blue Bulls), Le Roux Baard (Outeniqua HS, SWD).
     
    Props: Ignatius Prinsloo (Grey College, Free State), Sarel-Marco Smit (Eldoraigne, Blue Bulls), Ngonidzashe Chidoma (Northwood HS, KwaZulu-Natal), Michael Kumbirai (St Albans College, Blue Bulls), Lupumlo Mguca (Daniel Pienaar, Eastern Province).
     
    Coach: Hein Kriek (Paul Roos, Western Province)
     
    The SA Schools itinerary for 2014 is:
     
    10 Aug   Squad assembly in Cape Town
     
    15 Aug   SA Schools vs France – City Park Stadium
     
    19 Aug   SA Schools vs Wales-  Outeniqua Park, George
     
    23 Aug   SA Schools vs England – Markötter Stadium, Stellenbosch
     
    Issued by SARU Corporate Affairs

  • Western Cape Results – 26 July 2014

    Scorers: 

    Paarl Gim 37 (8), SACS 10 (3): PAARL GIM – Drieë: HJ Luus (agsteman, 2), Grant Hermanus (heelagter), Taigh Schoor (senter), Adriaan Geldenhuys (stut). Doelskoppe: Hermanus, Walter Smit (losskakel, 2). Strafdoele: Hermanus (2). SACS – Drie: Lecander Salies (senter). Doelskop: Jordan Chait (losskakel). Strafdoel: Chait.

    HJS Paarl 36 (7), Bishops 3 (3): HJSP – Drieë: Cassiem February (vleuel, 3), Derrick Marais (stut), Paul de Wet (skrumskakel), Stefan Gouws (losskakel). Doelskoppe: Gouws (3). BISHOPS – Strafdoel: Cornel Smit (losskakel).

    Landbouskool Boland 33 (21), Stellenberg 3 (0): LANDBOUSKOOL – Drieë: Carlton Fortune (senter, 2), Gerhard du Toit (slot, 2), Jondré Williams (skrumskakel). Doelskoppe: Williams (4). STELLENBERG – Strafdoel: Tiaan Swanepoel (heelagter).

    HSS Wynberg 12 (7), HTS Drostdy 5 (0): WYNBERG – Drieë: Bevan Barnard (haker, 2). Doelskop: Karl Martin (heelagter). DROSTDY – Drie: Willem Augustyn (flank).

    HSS Rondebosch 22 (5), HS Tygerberg 13 (3): RONDEBOSCH – Drieë: Zain Davids (flank, 2), Rian Barnard (stut), Amani Minani (vleuel). Doelskop: Riley Louw (heelagter). TYGERBERG – Drie: Robin Kuys (senter). Doelskop: Wynand MacLachlan (losskakel). Strafdoele: MacLachlan (2).

    Brackenfell 24 (7), Hermanus 12 (0): BRACKENFELL – Drieë: Amiel van Heerden (agsteman), Brandon Collins (vleuel), Reinard Groenewald (senter). Doelskoppe: Rohan Conradie (losskakel, 3). Strafdoel: Conradie. HERMANUS – Drieë: Lyle Gillion (flank), André- Pierre Gouws (senter). Doelskop: Gouws.

    HS Bellville 40 (11), Monumentpark 5 (5): BELLVILLE – Drieë: Marco Joubert (stut), Ryan Muller (vleuel), PW van Wyk (slot), Marlo Weich (heelagter, 2). Doelskoppe: Weich (3). Strafdoele: Weich (3). MONUMENTPARK – Drie: Chadley Kleynhans (vleuel).

    D.F.Malan 3 (0), De Kuilen 3 (3): DFM – Strafdoel: Eon Ferreira (heelagter). DE KUILEN – Strafdoel: Jade Hermanus (losskakel).

    Milnerton 15 (10). Jan van Riebeeck 7 (7): MILNERTON – Drieë: Alroy Brandt , Keagan Fortuin (vleuels). Doelskop: Brandt. Strafdoel: Brandtl. JAN VAN RIEBEECK – Drie: Rorie Burg (slot). Doelskop: Evan Barends (losskakel).

    Parel Vallei 11 (3), Hottentots-Holland 5 (5): PAREL VALLEI – Drie: Lood Swanepoel (stut). Strafdoele: Swanepoel (2). HHH – Drie: Sivanathi Xabadija (flank).

    Ander uitslae: O.19A: HS Bellville 0, Bristol Grammar (Engeland) 5; HJS Paarl 19, Sedbergh School (England) 10; Jan van Riebeeck 26, Pates Grammar (England) 14; Bosmansdam 5, President 3; Tygerberg-klub 17, J.G.Meiring 7; Bellville-Suid 7, Excelsior 13; Westerford 26, Groote Schuur 10; Fairmont 19, The Settlers 11; Kasselsvlei 17, Scottsdene 7. O.19B: Paarl Gim 36, SACS 0; HJS Paarl 32, Bishops 10; Landbouskool Boland 17, Stellenberg 0; Rondebosch 17, HS Tygerberg 17; Brackenfell 8, Hermanus 12; HS Bellville 5, Monumentpark 6; D.F.Malan 0, De Kuilen 15; Milnerton 12, Jan van Riebeeck 22; Parel Vallei 3, HHH 29; Bosmansdam 9, President 3; Tygerberg-klub 38, J.G.Meiring 10; Fairmont 5, The Settlers 3. O.16A: Paarl Gim 50, SACS 0; Landbouskool Boland 29, WStellenberg 0; Rondebosch 16, HS Tygerberg 5; Brackenfell 33, Hermanus 7; HS Bellville 10, Monumentpark 13; D.F.Malan 22, De Kuilen 34; HTS Bellville 42, Table View 6; Milnerton 14, Jan van Riebeeck 18; Parel Vallei 12, HHH 10; Bosmansdam 3, President 12; Tygerberg-klub 32, J.G.Meiring 0; Westerford 41, Groote Schuur 12; Fairmont 14, The Settlers 13. O.15A: Paarl Gim 6, SACS 5; Landbouskool Boland 9, Stellenberg 8; Rondebosch 34, HS Tygerberg 5; Brackenfell 22, Hermanus 0; HS Bellville 26, Monumentpark 3; D.F.Malan 0, De Kuilen 22; HTS Bellville 5, Table View 0; Milnerton 0, Jan van Riebeeck 24; Parel Vallei 24, HHH 0; Bosmansdam 12, President 10; Tygerberg-klub 8, J.G.Meiring 0; Westerford 17, Groote Schuur 10; Fairmont 15, The Settlers 15. O.14A: Paarl Gim 14, SACS 10; Landbouskool Boland 3, Stellenberg 0; Rondebosch 37, HS Tygerberg 10; Brackenfell 31, Hermanus 0; HS Bellville 59, Monumentpark 0; D.F.Malan 38, De Kuilen 0; HTS Bellville 38, Table View 5; Milnerton 7, Jan van Riebeeck 29; Parel Vallei 3, HHH 53; Bosmansdam 27, President 0; Tygerberg-klub 39, J.G.Meiring 0; Westerford 15, Groote Schuur 5; Fairmont 7, The Settlers 31; Kasselsvlei 10, Scottsdene 7.

    BOLAND (o.19A)

    Charlie Hofmeyr 17, Hugenote 34: HUGENOTE – Drieë: Juan Smith (flank, 3), Tertius Lamprecht (slot), Raylinn Philander (heelagter). Doelskoppe: Dillon Feast (vleuel, 3). Strafdoel: Feast. CHARLIES – Drieë: Marco Manus (senter, 2). Doelskoppe: Wynand du Toit (heelagter, 2). Strafdoel: Du Toit.

    Overberg 20 (15), Montagu 7 (0): OVERBERG – Drieë: Stephan Fourie (stut), Pieter Cloete (agsteman), Virgill Hoffman (vleuel). Doelskop: Deuston Oliver (vleuel). Strafdoel: Oliver. MONTAGU – Drie: Handré Ontong (heelagter). Doelskop: Ontong.

    Calvinia 9 (6), Lutzville 0: CALVINIA – Strafdoele: M. van Rooyen (losskakel, 3).

    Robertson 14 (8), Stellenbosch 22 (10): STELLENBOSCH – Drieë: Debrecht Maas (slot), André van Schalkwyk, Marcel Maree (senters), Corné Tripodi (vleuel). Doelskop: Maree. ROBERTSON – Drie: Almo Brewis (flank). Strafdoele: Juandré Burger (senter, 3).

    Landbougimnasium Augsburg 33, Piketberg 7: AUGSBURG – Drieë: Deré Carstens, Adriaan Oberholzer (stutte), Alfred Esterhuizen (losskakel), Jaydrin Kotze (senter), Hugo Lambrechts (agsteman). Doelskop: Ruben Brand (senter). Strafdoele: Brand (2). PIKETBERG – Drie: Christie van der Merwe (slot). Doelskop: Adam January (senter).

    Ander uitslae: O.19A: Schoonspruit 37, Vredenburg 10; Dirkie Uys 8, Porterville 6; HS Namakwaland 5, Vredendal 40; Hopefield 0, Labori 15; New Orleans 37, HS Swartland 10; HS Swellendam 14, Swellendam Sek. 19. O.19B: Overberg 19, Montagu 7; Robertson 20, Stellenbosch 0; Schoonspruit 19, Vredenburg 12; O.16A: Overberg 5, Montagu 0; Calvinia 8, Lutzville 0; Robertson 21, Stellenbosch 19; Schoonsprui 18, Vredenburg 7. O.15A: Overberg 15, Montagu 12; Robertson 32, Stellenbosch 7; Schoonspruit 19, Vredenburg 7. O.14A: Overberg 16, Montagu 17; Schoonspruit 12, Vredenburg 5.

    SUIDWESTELIKE DISTRIKTE (o.19A)

    Landbouskool Oakdale 11 (6), Paul Roos Gimnasium 24 (7) : PRG – Drieë: Aidynn Cupido (losskakel), Edwill van der Merwe (vleuel), Nico Leonard (senter), Rynhard Fortuin (plaasv.). Doelskoppe: Cupido (2), Fortuin. Strafdoel: Fortuin. OAKDALE – Drie: Armand Heunis (flank). Strafdoele: Maurice White (senter, 2).

    Ander uitslae: O.16A: Oakdale 14, Paul Roos 18. O.15A: Oakdale 18, Paul Roos 41. O.14A: Oakdale 10, Paul Roos 19.

  • Kwotaskok in skole

    Minstens die helfte van die Suid-Afrikaanse skolespan móét vanjaar uit swart spelers bestaan en dié syfer sal aanhou toeneem.

    Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie ­(Saru) het glo verlede week opdrag gegee dat minstens 14 van die 28 spelers in dié span swart, bruin of Indiër moet wees. Dít net enkele dae voor ’n finale ronde van proewe gister in Kempton Park gehou is.

    Volgens ingeligtes is dit die eerste keer dat dié kwota amptelik op skolevlak afgedwing word.

    Keurders het gistermiddag vergader om die skolespan te kies vir ’n reeks “toetse” teen Frankryk, Engeland en Wallis.

    Rapport verneem betroubaar dat die groep van 28 wat ná die vergadering aan Saru voorgelê is vir goedkeuring en môre aangekondig sal word, wel 50% swart is.

    Dit kom nadat Mervyn Green, Saru se hoofbestuurder van ontwikkeling, verlede Donderdag tydens die Cravenweek in Middelburg die keurders ingelig het dat die helfte van die skolespan swart móét wees.

    Huidige en voormalige skolekeurders het bevestig dit is ’n wending en dat ’n raskwota nog nooit so rigied neergelê is nie.

    Dié eis het glo ook beteken dat die groep wat gekies is om aan gister se proewe deel te neem inderhaas van 50 tot 55 spelers vergroot is, aangesien dit aanvanklik nie aan Saru se transformasievoorskrifte voldoen het nie.

    Die afgelope ses jaar het die Suid-Afrikaanse skolespan nog net een keer “bloot toevallig” uit minstens 50% swart spelers bestaan.

    Dit was in 2009 toe 11 uit die groep van 22 swart was. Onder dié spelers was die Springbok-losvoorspeler Siya Kolisi, die Stormers se Scarra Ntubeni en Nizaam Carr en die Bulls-haker ­Bongi Mbonambi.

    Green het Rapport se navrae verwys na Andy Colquhoun, Saru se mediabestuurder. Colquhoun het teen druktyd nog nie gereageer nie.

    Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het vroeër die afgelope week volgehou die keurproses is “lank en weldeurdag”.

    “Ons identifiseer die skolegroep reeds by die nasionale o.16-week en hoewel daar mettertyd enkele spelers bykom en wegval, bly die kern van die groep dieselfde,” het Roux gesê.

    “Die dae van ’n flash in the pan-speler van wie ons nie voorheen bewus was nie, maar wat in die Cravenweek beïndruk en dan gekies word, is verby.”

    Die jongste kwota-herrie kom enkele weke nadat die land se rugby­base deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) geroskam is oor die “gebrek aan transformasie” in die Springbokspan.

    Oregan Hoskins, die Saru-president, het gevolglik aan die Bokafrigter, Heyneke Meyer, opdrag gegee om meer swart spelers vir verlede maand se toets teen Skotland te kies.

    Ondanks die Saskok-kritiek gaan dit egter baie goed met rugbytransformasie. Selfs die departement van sport stem saam.

    Rapport kan vandag ook onthul dat ’n studie wat deur die departement van sport onderneem is, bevind het Saru vaar die beste van al die groot sportfederasies – rugby, krieket, sokker, netbal en atletiek – wat transformasie betref.

    Saru se “slaagsyfer” van 71% op ’n sogenaamde “transformasietelkaart” was glo hoër as enige van die ander federasies s’n.

    Saru werk, ongeag hul relatiewe sukses gemeet aan ander federasies, steeds aan ’n plan om hul tekortkominge reg te stel.

    Dit sal einde volgende maand aan die departement voorgelê word.

    Die regeringstudie, onder leiding van die sportadministrateur Willie Basson, is intussen uitgebrei tot 12 ander sportsoorte.

    Volgens Basson fokus dié studie op die demografiese profiel van Suid-Afrikaners van 18 jaar en jonger om die sukses van sporttransformasie te meet.

    “Meer as 80% van kinders in dié groep is etnies swart en die res is bruin, Indiër en wit. Dit word egter nie naastenby in die samestelling van ons nasionale spanne weerspieël nie,” het Basson aan Rapport gesê.

    “Die probleem moet op eers op skole- en klubvlak gepak word sodat ons oor 10 of 20 jaar van nou af nie meer op die minderheidsgroepe in ons nasionale spanne staatmaak nie.

    “Die plan is om die persentasie geleidelik te laat toeneem op dié vlakke totdat dit uiteindelik in ons na­sionale spanne weerspieël word.”

    Volgens Basson sal die studie binne die volgende paar weke aan die regering oorhandig word.

  • So staan sake in die Beeld-trofee vir Groot-skole – 2014

    So staan sake in die Beeld-trofee vir Groot-skole – 2014

    Beeldtrofee2014Die enigste Noordvaal-streek se eindstryd wat nie more beslis word nie is die Valke se eindstryd tussen Transvalia en Hugenote (Springs) wat tot Dinsdag weens die Suid-Afrikaanse Skole-proewe uitgestel is. Die SA Skole-proewe vind more in die Barnard-stadion in Kemptonpark plaas. Transvalia se SA Skole-skrumskakel, Marco Janse van Vuren, moet vreeslik spesiaal voel want die eindstryd word slegs vir sy teenwoordigheid uitgestel. 

    Die eindstryd sal Dinsdag om 14:00 in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark beslis word. Indien Janse van Vuren weer die nasionale skolespan haal en Transvalia tot die eindstryd van die Beeldtrofee vorder sal hy nie vir die wedstryd vir sy skoolspan kan uitdraf nie. Die SA Skole-span kom op daardie dag teen Engeland te staan. 

    Die Leeus se eindstryd tussen Helpmekaar en Linden is afgelas, met eersgenoemde wat as die Leeus se voorste span die Beeldtrofee sal betree. Helpmekaar sal in sy uitspeelwedstryd teen die verloorder van die Luiperds se eindstryd te staan kom. Lichtenburg speel gasheer more in dié eindstryd teen Hoërskool Klerksdorp wat om 12:15 afskop. Klerksdorp se agtsteman, Edmund Rheeder, is in hulle span aangekondig, maar hy sal ook aan die SA Skole-proewe deelneem. 

    Linden sal teen die Blou Bulle se naaswenner in die uitspeelwedstryde om ‘n plek in die kwarteindstryde veg. Die Blou Bulle se eindstryd word more tussen Oos-Moot en Hoërskool Tuine op eersgenoemde se tuisveld om 11:40 beslis. Die Limpopo kampioen word more op HTS Tom Naudé se veld in Polokwane bepaal wanneer Frikkie Meyer en Hoërskool Pietersburg mekaar in die eindstryd pak. 

    In die Puma-streek sal Standerton op sy tuisveld vir Volksrust in die eindstryd  om 12:10 pak. 

    Die spanne is: 

    Lichtenburg vs. Hoërskool Klerksdorp om 12:15:

    Lichtenburg: 15 Francois Neethling, 14 Michael Wolmarans, 13 Hanco Knoetze, 12 Stefan van Vuuren, 11 Etienne van Tonder, 10 JG ten Cate, 9 Jan-Wessel Meyer, 8 Gavin van der Berg, 7 Rudolph Schulenburg, 6 Christiaan Theart, 5 Erik van Zyl, 4 Johan Boshoff, 3 Okkie Ackerman, 2 Adriaan Koekemoer, 1 Willy Tarpley. Replacements: 16 Daan van Zyl, 17 Janco Fourie, 18 Vian Sutherland, 19 Rudi Jordaan, 20 Arno Pienaar, 21 Mauritz de Vries, 22 Juan Niemand, 23 Heinrico Maree. 

    Hoërskool Klerksdorp: 15 Des Waldeck, 14 Paul Mululeke, 13 Danie von Wielligh, 12 Michael Steinberg, 11 Riaan Scholtz, 10 Erich Hough, 9 Thabang Phatudi, 8 Edmund Rheeder, 7 Henrikus Viljoen, 6 Almeru van Wyk, 5 Phillip Barlow-Jones, 4 John Roper, 3 Danie van Wyk, 2 Adrian Snyman, 1 Douglas Bruce-Smith. Replacements: 16 Erlo Heymans, 17 André Pretorius, 18 Brandon Nel, 19 Ruhan Oosthuizen, 20 Donovan Ivens, 21 Jaco Bamberger, 22 Ferdie Pieterse, 23 Maghiel le Roux. 

    Frikkie Meyer vs. Hoërskool Pietersburg om 14:00: 

    Frikkie Meyer: 15 Danian Strauss, 14 Cornis Swanepoel, 13 Johan Harmzen, 12 Adriaan de Lange, 11 Wiehan Koen, 10 Benhard Janse van Rensburg, 9 André Mostert, 8 Hendrik du Plessis, 7 Hannes Holtzhausen, 6 Armand Davies, 5 Dirk Coetzee, 4 Jason Dye, 3 Freddy Burger, 2 Brent Myburgh, 1 Deon Louw. Replacements: 16 Jonathan Viljoen, 17 Pieter Pretorius, 18 Dave van Heerden, 19 Willem Beukes, 20 Nathan Crabb, 21 Dewalt du Preez, 22 Stefan Allan. 

    Hoërskool Pietersburg: 15 Kone Moloto, 14 Wilrico Gadney, 13 Ansten Mokgokolo, 12 Diaan Coertze, 11 Aakon Landsberg, 10 Hardus Geldenhuys, 9 Heinrich Höll, 8 Salie Vermaak, 7 Biemond Hoogenboezem, 6 Francois Rousseau, 5 Hanno Oosthuizen, 4 JR Visagie, 3 Erik Snyman, 2 Divan Human, 1 Komape Moloto. Replacements: 16 Johan du Preez, 17 Stefan Schoeman, 18 Jason Pelser, 19 Kobus Botha, 20 Tommy Mashaphu, 21 Byron Olkers, 22 Nick Enslin, 23 Rikus Fick. 

    Uitspeelmodel vir Groot-skole – 2014: 

    Uitspeelwedstryde Kwarteindstryde Halfeindstryde Eindstryd
    Pumas (Naaswenner) vs. Valke (Naaswenner) = A Limpopo (Kampioen) vs. A = 1 1 vs. 3  
    Blou Bulle (Naaswenner) vs. Linden = B Luiperds (Kampioen) vs. B = 2 2 vs. 4  
    Helpmekaar vs. Luiperds (Naaswenner) = C Blou Bulle (Kampioen) vs. C = 3    
    Valke (Kampioen) vs. Limpopo (Naaswenner) = D Pumas (Kampioen) vs. D = 4    
  • Team Profile – Blue Bulls

    Teams: 2014, 2013, 2012, 2011, 2010, 2009, 2008, 2007, 2006, 2004, 2003, 2002, 2001, 2000, 1999, 1998, 1997, 1996, 1995, 1994, 1993, 1992, 1991, 1990, 1989, 1988, 1987, 1986, 1985, 1984, 1983, 1982, 1981, 1980, 1979, 1978, 1977, 1976, 1975. 

    South African Schools’ Players (62): Lallie van der Linden (Pretoria-Noord – 1974-75), Jamie Prinsloo (John Vorster THS – 1975), Barry Schoeman (Verwoerdburg – 1975), Frans van Heerden (Langenhoven – 1975), Jan Wolmarans (Wonderboom – 1982), Coenie Willemse (Hendrik Verwoerd – 1982), Wilhelm Joubert (Overkruin – 1982), Wickus van Heerden (Voortrekkerhoogte – 1982), Deon Schurmann (Eldoraigne – 1984), Jannie Griesel (Verwoerdburg – 1987), Jan-Hendrik Barnard (Menlopark – 1988), Jacques Grobler (FH Odendaal – 1990), Hennie Jordaan (Menlopark – 1990), Bennie Botes (Affies – 1991), Willem Saaijman (Menlopark – 1991), Johan Breedt (Wonderboom – 1993), Stephan le Roux (Brits HS – 1993), Lourens Muller (Hartbeespoort – 1993), Stephan Temple (Pretoria Boys’ High – 1993), Niel Goosen (Waterkloof – 1997), *Barry MacDonald (Waterkloof -1997), Derick Kuün (Affies – 2003), Cornel Hess (Affies – 2006-07), Andries Ferreira (Affies – 2008), Tony Jantjes (Menlopark – 2009), Schalk van Heerden (Affies – 2010).

    * Barry MacDonald also made the South African Schools’ side in 1996 while playing for North Eastern Cape at the Cravenweek. He attended Adelaide Gimnasium in 1996.    

  • So staan sake sover in die Beeldtrofee vir Makroskole – Julie 2014

    So staan sake sover in die Beeldtrofee vir Makroskole – Julie 2014

    Beeldtrofee2014HTS Tom Naudé en Centurion pak mekaar in die enigste Beeldtrofee-wedstryd in die Makro-skole afdeling dié Saterdag op eergenoemde se tuisveld in Polokwane om 15:15. Die wenner van die tweestryd sal Florida op 2 Augustus in ‘n kwalifiserende kragmeting ontmoet om te bepaal wie teen die Blou Bulle se kampioen van 2014, Garsfontein, in die kwarteindstryd sal speel.

    Die Goue Leeus sal vanjaar nie ‘n eindstryd hou nie weens die Suid-Afrikaanse Skole-proefwedstryde wat Saterdag in die Barnard-stadion in Kemptonpark sal plaasvind. Monument en Florida het onder mekaar besluit dat Monnas as die Leeus se kampioen tot die uitspeelrondes sal deurdring. Die span van Krugersdorp se slot Rhyno Herbst en flank Len Massyn sal aan die proewe deelneem.

    Die Valke se eindstryd tussen EG Jansen en Kemptonpark is tot Dinsdag om 15:30 in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark uitgestel. Jansies is die verdedigende kampioen van die Beeldtrofee. Hulle en Kemptonpark het verlede jaar sake in die Beeldtrofee se eindstryd sake uitgespook. Die span van Boksburg se haker Nico Peyper en slot Hendré Stassen sal Saterdag vir ‘n plek in die SA Skole-span speel.

    Die Pumas se eindstryd tussen HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit is ook tot Dinsdag uitgestel weens die betrokkenheid van die Rooi Bulle se skrumskakel Stephan Enslin en heelagter Barend Smit by Saterdag se proewe. Die eindstryd sal nou op HTS Middelburg se tuisveld Dinsdag om 13:00 beslis word.

    Hoërskool Rustenburg en Menlopark sal mekaar op 2 Augustus in nog ‘n kwalifiserende wedstryd pak om te bepaal wie sake teen die Valke se kampioen in die kwarteindstryde sal uitspook. Die Blou Bulle het nie ‘n eindtryd nie met Garsfontein (1), Waterkloof (2), Menlopark (3) en Centurion (4) wat in die onderskeie posisies die liga voltooi het.

    Die uitspeel wedstryd tussen die Luiperds en Limpopo se enigste Makro-skole, HTS Tom Naudé en Hoërskool Rustenburg, het ook nie vanjaar plaasgevind nie. Die twee skole het ook onder mekaar besluit dat Hoërskool Rustenburg as die wenner tussen die twee skole aan die Beeldtrofee sal deelneem.

    Uitspeelmodel vir 2014 (Makro): 

    Uitspeel 26 Julie Kwalifiserend 2 Augustus Kwarteindstryde
    Rustenburg vs. Menlopark = A Valke 1 vs. A 
    Tom Naudé vs. Centurion Valke 2 vs. Waterkloof = B Pumas 1 vs. B
    Pumas 2 vs. Valke 3 = C Monument vs. C
    Florida vs. Limpopo 2/Blou Bulle 4 = D Garsfontein vs. D
  • Vaal Triangle – 1991

    Results 

    Vaal Triangle 

    The team: 15 Tommy Fourie, 14 Martin Channon, 13 Jaco Maritz, 12 André Fouché, 11 Johan Hattingh, 10 Anton Meyer, 9 Elrich van de Venter, 8 Stefan Jacobs, 7 Johan Griesel, 6 Piet Krause (captain), 5 Barnie Holtzhausen, 4 Braam van der Walt, 3 Dirk Hoffman, 2 Sarel Kruger, 1 Etienne Bruwer. Replacements: 16 Lennie van Riet, 17 Charl Marais, 18 Jaco Voges, 19 Dolf Visagie, 20 Pokkel Fourie.