SSPN Test Site

Blog

  • Bultfontein wenner van eerste Colt-liga titel

    Bultfontein wenner van eerste Colt-liga titel

    Guilliam Viljoen

     

    DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Bultfontein is die eerste houer van die Kovsiestreek-kompetisie se Colt-liga. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Bultfontein se jong agtsteman, GJ van Eeden het ‘n driekuns aan drieë in sy span se sege van 29-10 oor die Hoërskool Sandveld van Wesselsbron in die eindstryd op Shimlapark behaal. Die kampioen het rustyd reeds 24-3 voorgeloop, maar dinge het nie so maklik verloop soos die telling dalk mag aandui nie.

    Die span se vaskopstut, Brian van Bosch het voorlangs saam met die flank Guilliam Viljoen hulle span se fisieke aanslag gelei. Van Bosch het in die los gewoel en elke keer wanneer hy die bal onder die arm vasgeknyp ‘n hele paar verdedigers laat bontstaan. Hy het ook nie sy werk in die skrums en losgemale agterweë gelaat nie. Viljoen was lasting by die afbreekpunte en het telkemale omgekeerde besit verseker. Hy het ook in die los gewoel en is vir sy blink spel met ‘n drie beloon.

    Agterlangs was Bulties se senterpaar Arno Taljaard en Erik Helm ysters.

    Daar is min spanne met soveel durf as die manne van Sandveld. Daar was nie een oomblik in die kragmeting wat dit geblyk het om hulle moed wil opgee nie. Die span het selfs in die tweede helfte op ‘n stadium met slegs 13 spelers klaargekom want die flank Michael Fulton en stut Lusapho Mabele het albei geelkaarte van die skeidsregter Hendrik Smit ontvang. Bultfontein kon egter steeds net vyf punte via Viljoen se drie in dié helfte aanteken.

    Die beste vertoning deur ‘n speler in die kragmeting het waarskynlik aan die skrumskakel van Sandveld, Donald Grant behoort. Hy het Bultfontein langs die skrums en losgemale besig gehou. Fulton het met sy terugkeer van die koelkas sy span se enigste drie gedruk. Hoewel die agtsteman Reinhardt Lennox en senter Johan Fick ook uitstaande vertonings vir die verloorspan gelewer het, verdien elk van die span van Wesselsbron se spelers ‘n hengse klop op die skouer.

    Puntemakers:

    Hoërskool Bultfontein 29 (24) – Drieë: GJ van Eeden (3), Andrich Olivier, Guilliam Viljoen. Doelskoppe: Van Eeden (2). Hoërskool Sandveld 10 (3) – Drie: Michael Fulton. Doelskop: Monwabesi Mexico. Strafdoel: Mexico.

     

  • Noord-Kaap se o.15’s bo in Volksblad-liga

    Noord-Kaap se o.15’s bo in Volksblad-liga

    NuusG Noord-Kaap15DIE o.15-rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap het geen gelyke in die sentrale streek nie. Northerns het sy eweknie van Hoërskool Sentraal van Bloemfontein op Shimlapark 23-8 in die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Volksblad-liga (vir o.15-spanne) uitgestof. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Die twee spanne het in 2010 gelykop in die eindstryd gespeel. Die span van Noord-Kaap van 2013 het egter totale rugby gespeel en dit was van die begin af duidelik dat hulle nie sommer geklop sou word nie.

    Die span se losskakel Bernu Engelbrecht en die binnesenter Wian van Niekerk se samespel is een van sy sterk punte. Die span van die Diamantstad het die eerste helfte oorheers en die voorsprong van slegs 13-3 vertel nie die hele verhaal van die eerste helfte nie. Engelbrecht het ‘n hele paar keer verby verdedigers geglip, terwyl sy verspreiding ook van hoë gehalte was. Van Niekerk het telke male die voordeellyn oorgesteek.

    Northerns se agttal het onder ‘n spreekwoordelike kombers gespeel. Die span het ‘n oorgrote meerderheid van die balbesit en gebiedsvoordeel danksy sy voorspelers in die eerste helfte geniet.

    Die agtsteman Adam Mkosana het met ‘n hele paar indrukwekkende lopies in dié helfte vorendag gekom. Die flank Rian Kotze het ook met sy spel beïndruk.

    Tralies se heelagter, Miguel da Silva het deurgans ‘n moedige vertoning gelewer. Hy het probeer walgooi en ook ‘n paar keer goeie lopies met die bal in die hand ingekry. Sentraal se vaskopstut, Marco Rademeyer is ‘n man van vele talente. Hy het vir sy span pale toe geskop, by die lynstane die bal ingegooi asook stewig in die skrums vertoon.

    Engelbrecht is die seun van die voormalige provinsiale speler en afrigter, Frankel Engelbrecht. Laasgenoemde is ook die afrigter van die nuwe Volksblad-kampioen.

    Puntemakers:

    Noord-Kaap 23 (13) – Drieë: Adam Mkosana, Wian van Niekerk, Bernu Engelbrecht, Danie Marais. Strafdoel: Marc Aitken. Sentraal 8 (3) – Drie: Henk Cilliers. Strafdoel: Marco Rademeyer.

  • Noord-Kaap mik vandag na vyfde titel

    DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap kom vandag op Shimlapark hier voor die hoogste hekkie van die afgelope vyf jaar se Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) se eindstryd te staan. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Noord-Kaap van Kimberley is die afgelope vier jaar die kampioen van die liga, maar daar word verwag dat die span soos nog nooit in die kompetisie deur Louis Botha van Bloemfontein getoets gaan word.

    Die hele agterhoede van Louis Botha het al die Vrystaat op die Cravenweek uitgedraf. Inteendeel Northerns se losskakel Guilermo Minnie het verlede jaar uit Louis Botha vir Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Boonop het die span van die Rosestad twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers in die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta in sy voorhoede.

    Noord-Kaap se kaptein en flank Lehan Muller, agtsteman Gerhard Holtzhausen en stut Lux Khoza sal hulle span oor die voordeellyn moet kry.

    Landboudal het sy twee langerate die broers, Adriaan en Teubes Brits in sy beginspan vir vandag se stryd ingesluit. Adriaan staan 2.04m in sy sokkies, terwyl Teubes self 1.96m lank is. Die duo kan Wilgerivier problem in die lynstane besorg.

    Wilgerivier se flank Gerrie Muller en senter SF Meyer sal vir hul span staatmakers moet wees. Muller was verlede jaar die speler van die wedstryd in die eindstryd teen Zastron. Hy kan met sy bedrieglike lopies weer sy span op die voorvoet kry.

    Lanties het sy haastige vleuel JD Mans na buitesenter vir die kragmeting geskuif om hom nader aan die aksie te kry. Hulle het ook die heelagter Morris Rossouw na binnesenter geskuif. Rossouw het al voorheen skrumskakel en losskakel ook gespeel en hy sal na verwagting vir Mans moet spasie skep.

    Die onoorwonne Hoërskool Bultfontein sal vandag waak daarteen om te oorgerus te wees wanneer hy teen Hoërskool Sandveld van Wesselsbron in die eindstryd van die Colt-liga op die veld draf. Bultfontein het vroeër vanjaar vir Sandveld 27-3 in hulle liga-wedstryd uitoorlê.

    Sandveld se losvoorspelers Reinhardt Lennox en Michael Fulton ken die pad doellyn toe. Lennox het vanjaar al 15 keer in 13 wedstryde gaan druk, terwyl Fulton self al 12 keer in nege wedstryde die doellyn oorgesteek het. Bultfontein se senter Arno Taljaard is self ‘n speler wat weet hoe om drieë te druk.

    In die Volksblad-liga (vir o.15-spanne) sal Noord-Kaap as gunsteling op die veld teen Hoërskool Sentraal draf. Northerns word deur die voormalige provinsiale afrigter, Frankel Engelbrecht gebrei. Die twee spanne het mekaar in 2010 ook in die eindstryd van dié liga ontmoet en moes toe die louere deel.

  • Wildeklawer vir die volgende twee jaar in by Diamantveld gehou

    Wildeklawer vir die volgende twee jaar in by Diamantveld gehou

    Die 2014-weergawe van die Wildeklawer SuperSkole-toernooi sal heel moontlik die grootste rugby- en netball-toernooi ter wereld vir skole wees. Nie minder as 112 skolespanne sal van 26 tot 30 April volgende jaar in die Diamantstad in aksie wees.

    In die hoofdis sal 20 van Suid-Afrika se voorste rugbyskole te sien wees. “Daar sal nie baie veranderinge indien enige aan die eersterugby en netbalspanne wee swat vanjaar se toernooi bygewoon het wat volgende jaar weer te sien sal wees nie,” het Cassie Carstens, organiseerder van die toernooi, gesê.

    Dié toernooi keer terug na Hoërskool Diamantveld in Kimberley na dit vroeër vanjaar deur Maritzburg-kollege in Pietermaritzburg aangebied is. Diamonds was al voorheen twee keer gasheer. Volgende jaar sal die sesde keer wees wat die toernooi aangebied word. Paarl Gimnasium het dit in 2009 en die Afrikaanse Hoër Seunskool in 2010 aangebied.

    Buiten die eerste spanne sal daar ook op die rugbyveld op o.14-, o.15- en o.16-vlak soos in vorige jare meegeding word. ‘n Vernuwing aan die toernooi is die o.13-afdeling. “Ons het 16 rugbyspanne en netbalspanne in die o.13-afdeling vir volgende jaar. In dié afdeling sowel as die o.16-afdeling sal 50 persent van die spanne ontwikkelingspanne wees. Dit is spanne uit die platteland asook spanne van voorheen benadeelde skole. Hierdie is ‘n toernooi uit die Noord-Kaap vir die Noord-Kaap,” het Carstens gesê.

    Vier eerste rugbyspanne uit die streek Grey-kollege, Diamantveld, Noord-Kaap en Hentie Cilliers van Virginia het vanjaar aan die toernooi deelgeneem. Op die netbalbaan was Sentraal en Diamantveld van die streek in aksie. Die Hoër Meisieskool van Oranje was weggelaat vir vanjaar se toernooi, maar sal ‘n sterk saak kan maak vir herinsluiting na ‘n uitstekende seisoen.

    “Daar word met SuperSport onderhandel om die grootste Superrugby uitsending nog vanaf die toernooi volgende jaar te laat realiseer,” het Carstens gesê. Buiten Diamantveld se velde en bane sal daar ook van Kimberley Boys’ jr., CBC Kimberley, Newton, die Hoërskool Staatspresident Swart en AR Abbass se velde gebruik word.

  • School Profile – Sandveld (Wesselsbron)

    School Profile – Sandveld (Wesselsbron)

    Sandveld Founded:  
    Motto: Trek
    Website:  
    Teams: 2013, 20122009.

    South African Schools’ Players: Chris Kasselman (1979-80), Braam Hendriks (1993).

    Provincial Players: Tokkie Kasselman.

     

  • Sandveld (Wesselsbron) – 2012

    Results 

    Sandveld 22,  Reddersburg 29
    Sandveld 19,  Hennenman 33
    Sandveld 31,  Witbank HS 10
    Sandveld 66,  St. Dominic’s College 17
    Sandveld 28,  Theunissen 3
    Sandveld 61,  Welkom Secondary 5
    Sandveld 27,  Salomon Senekal 21
    Sandveld 57,  St. Dominic’s College 10
    Sandveld 14,  Bultfontein 31
    Sandveld 12,  Welkom HS 26
    Sandveld 10,  Hoopstad 18

    Players: Monwabesi Mexico, Botha van Rensburg, Lourie Fick, Donald Grant, Reinhardt Lennox, Jaco Groenewald, Neil Swann, Aubrey Masiua, Johan Fick, Louis Aucamp, Wian le Roux, Alexis Havenga, Wittes Kgotso, Mike Rossouw, Eghard van den Berg, Victor Mhlakaza, Naledi Madungwa, Paul Els, Michael Marx. 

    Coaches: Kalla Kalsbeek and Peter Watkins. 

  • Leopards close in on top teams in U19 Championship

    The Leopards this past weekend succeed in their mission to reduce the gap between themselves, the Sharks and MTN Golden Lions on the Absa Under-19 Provincial Championship log as they delivered a fine performance to topple Toyota Free State.

    The bonus-point victory allowed them to match the third-placed Sharks on the log with 18 points, while they now trail the second-placed MTN Golden Lions by only six points. This means they could work their way into contention for a home semifinal if they build on this form in the next few weeks.

    In the weekend’s matches the MTN Golden Lions defeated DHL Western Province 31-26 in Johannesburg, the Leopards beat Toyota Free State 34-16 in Bloemfontein and the Vodacom Blue Bulls stretched their winning streak to six matches by beating the Sharks 28-19 in Durban.

    MTN Golden Lions 31 (24) DHL Western Province 26 (11)

    At Ellis Park the MTN Golden Lions played their way into a convincing 24-11 half time lead against DHL Western Province with a fine display of attacking rugby. No8 Jano Venter crashed over the tryline for the team’s first five-pointer in the 13th minute after a few tight exchanges, but Western Province flyhalf Christopher Smith hit back two minutes later. The Lions, however, made the most of their opportunities as the half progressed, which earned them two more tries by Koch Marx and Carlisle Nel.

    The second half proved to be much tighter, as the visitors stamped their authority, resulting in a thrilling half. Western Province had the first say as Pieter Schoonraad scored their second try early on, but the Lions cancelled it out as Nel scored his second minutes later. This try also secured the team’s bonus point. WP fought back and earned the rewards with Sebastian Ferreira crossing the tryline late in the game, but the Lions’ first half lead proved to be enough to secure the victory.

    Scorers:

    MTN Golden Lions 31 (24) – Tries: Carlisle Nel (2), Jano Venter, Koch Marx. Conversions: Brandan Hewit (4). Penalty: Brandan Hewit. Western Province 26 (11) – Tries: Christopher Smith, Pieter Schoonraad, Sebastian Ferreira. Conversion: Christopher Smith. Penalty: Christopher Smith (3).

    Toyota Free State 16 (9) Leopards 34 (12)

    In Bloemfontein the Leopards produced a spectacular second-half display to outclass the Toyota Free State and secure their fourth bonus point for tries in six outings. The first half was a hard fought as the teams threw everything at each other, with the Leopards scoring two tries while Free State wing Stephen Rautenbach kicked three penalties for a 12-9 half time score.

    The home team came out strongly after the break and took the lead with Jan Venter scoring a try. But the flood gates opened for the Leopards in the last 20 minutes as they controlled proceedings and made the most of their try-scoring chances. This earned them three more tries, for a total of five, which pushed the match out of reach for the Free State.

    Scorers:

    Toyota Free State 16 (9) – Try: Jan Venter. Conversion: Stephen Rautenbach. Penalties: Stephen Rautenbach (3). Leopards 34 (12) – Tries: Blessing Makhayhu, Jeandre Rudolph, Kwena Moremi, Lourens Boddington (2). Conversions: Cornelius Swart, Janko Barnard (2). Drop Goal: Barnard.

    The Sharks 19 (13) Vodacom Blue Bulls 28 (13)

    The clash in Durban was thrilling from the outset as the Sharks and Vodacom Blue Bulls gave their all, resulting in a tightly-fought first half. So closely matched were the teams they each earned two penalties and a converted try to enter the break at 13-13.

    Two more penalties by Sharks flyhalf Jean-Luc du Preez handed the home team the lead a few minutes into the second half. But this proved the be the side’s last points, as the Blue Bulls found their form and began to take advantage of the holes in the defence. With their attack functioning well, props Wilco Louw and Pierre Schoeman dotted down. Another penalty by flyhalf Kobus Marais allowed them to stretch their unbeaten run in the series to six matches.

    Scorers:

    The Sharks 19 (13) – Try: Barend Potgieter. Conversion: Jean-Luc du Plessis. Penalties: Du Plessis (4). Vodacom Blue Bulls 28 (13) – Tries: Keagon Gordon, Pierre Schoeman, Wilco Louw. Conversions: Kobus Marais (2). Penalties: Kobus Marais (3).

  • AHS Kroonstad – 1969

    Results 

    AHS Kroonstad 11,  Jim Fouché 0
    AHS Kroonstad 14,  Parys 14
    AHS Kroonstad 21,  Heilbron 6
    AHS Kroonstad   9,  Sentraal 22
    AHS Kroonstad 11,  Kroonstad HS 6
    AHS Kroonstad 11,  Kroonstad HS 5
    AHS Kroonstad   6,  De Wet Nel THS 10
    AHS Kroonstad 14,  Wessel Maree 13
    AHS Kroonstad   6,  Kroonstad Landbou 6
    AHS Kroonstad   6,  Sasolburg HS 6 

  • AHS Kroonstad – 1968

    Results 

    AHS Kroonstad   8,  Jim Fouché 13
    AHS Kroonstad 18,  Parys 3
    AHS Kroonstad 10,  Sentraal 9
    AHS Kroonstad   3,  Kroonstad HS 0
    AHS Kroonstad   5,  Kroonstad HS 6
    AHS Kroonstad   0,  De Wet Nel THS 0
    AHS Kroonstad 32,  Heilbron 6
    AHS Kroonstad   9,  Welkom Gimnasium 3
    AHS Kroonstad   8,  Wessel Maree 8
    AHS Kroonstad   0,  Wessel Maree 5
    AHS Kroonstad 12,  Kroonstad Landbou 12
    AHS Kroonstad 15,  Kroonstad Landbou 0
    AHS Kroonstad   6,  Sasolburg HS 6

  • Bothaville – 1994

    Results 

    Bothaville 43,  Boshof 17

    Players: Jaco Moolman, Frikkie Richter, Riaan Hattingh, Jurgens Fourie, Johan Calitz, Wessel Pretorius (captain), Carel Minnie, Pieter de Jager, Gert van den Bergh, Wessel Swanepoel, Dawie de Meyer, Johnny de Villiers, Gawie Pretorius, Jaco van Rensburg, Wessel Oosthuizen. 

    Coaches: Piet Wessels and Dawie Matthee.