SSPN Test Site

Blog

  • Western Cape Results – 6 May 2017

    Western Cape Results – 6 May 2017

    Western ProvinceAbner van Reenen of Paarl Boys’ High found new life in the flyhalf jersey as he scored 23 points in his school’s 67-25 victory over Wynberg Boys’ High on Saturday. Van Reenen scored a hat-trick of tries and also converted four their tries as they recorded their 45th sucessive victory on South African soil. 

    Boishaai’s overall undefeated status came to an end during their last game on tour through New Zealand when they lost 36-38 against Christchurch Boys’ High. Boishaai will travel to Bloemfontein next weekend to meet with Grey College in a match that will probably determine who will finish the 2017 season as SA’s top schools’ team.  

    SACS’s unblemished record in 2017 got a little stain as they drew 24-all against Bishops on Satruday. Bishops led 12-3 at the break with winger Ross Goodwin scoring a brace of tries in the match. 

    Grey High School recorded their first victory since 2014 against Paul Roos Gimnasium in their annual Premier Interschools by 22-20 thanks to a late surge on their homeground in Port Elizabeth.

    Grey High’s replacement winger, Kholiwe Konza, scored with less than two minutes left in the match to draw scores level at 20-all. Flyhalf, LJ du Preez, kept his cool and slotted the conversion to give his side the victory.

    Scorers: 

    Paarl Boys’ High 67 (19) – Tries: Abner van Reenen (3), Le Roux Malan (2), Franke Horn, Evan Roos, Pierre Pretorius, Noegh Hayward, Wilhelm Barnard, JG de Bruyn. Conversions: Van Reenen (4), Hayward, Seon Mouton. Wynberg Boys’ High 25 (13) – Tries: Cameron Bowes (2), Liam Lotz. Conversions: David Botha (2). Penalty: Botha (2).

    Paarl Gimnasium 43 (17) – Tries: Stravino Jacobs (2), Adriaan Ludick, Muller du Plessis, Corné Uys, Chris Rossouw, Henco Martins. Conversions: Daniël Beukes (4). Rondebosch Boys’ High 21 (7) – Tries: Johnny Murray, Zaka Sallie, Robbie Davis. Conversions: Hugo Minnaar (3).

    Grey High School 22 (5) – Tries: Bevan Prinsloo, Waqar Solaan. Conversions: LJ du Preez (2). Penalty: LJ du Preez. Paul Roos Gimnasium 20 (10) – Tries: Regan van der Westhuizen, Rufus Dercksen, Remy Engelbrecht. Conversion: Colia Louis. Penalty: Louis.

    Diocesan College 24 (12) – Tries: Ross Goodwin (2), Ghaalieb Kenny, Matt du Plessis. Conversions: William Rose (2). SACS 24 (3) – Drieë: Anathi Kalipa, Sujai Ikemefuna, Nishen Naidoo. Conversions: Michael Abrahams (3). Penalty: Vusile Dlepu.

    Boland Landbou 64 (26) – Drieë: Duren Hoffman (4), Francois du Toit (2), Erik Lambrecht, Hendro Meyer, Schalk Bezuidenhout, Darren Hendricks. Conversions: Hendricks (7). Bellville HS 15 (10) – Tries: JW Loubser, Xavier Haupt. Conversion: Dan Aspeling. Penalty: Aspeling.

    Durbanville 31 – Tries: Jean Aucamp (2), Diagho Miggel, Juanre de Klerk, John Mentoor. Conversions: Mondrey Titus (3). Hugenote (Wellington) 22.

    Brackenfell 45 (14) – Tries: Sean-D van Binsbergen (2), Raven Smith, Waylin Booysen, Jean-Pierre Vorster, George Olivier, Jean-Luke Human. Conversions: Smith (5). De Kuilen 8 (8) – Try: Gregan Lottering. Penalty: Corné Thiart.

    DF Malan 17 (11) – Try: Tasriq Mynhardt. Penalties: Heinrich van der Watt (2), Dylon Senger (2). Strand 7 (7) – Try: Rheino van Schalkwyk. Conversions: John Stover.

    Tygerberg 56 (15) – Tries: Alessandro Dirk (2), Nico van der Westhuizen (2), Edja de Meyer (2), Jean-Henry Pienaar, Rayden Phillips, Illian Croukamp, Keenan Fortuin. Conversions: Dirk (2), Chrisholm September. Monumentpark 10 (3) – Try: Franco Kalouji. Conversion: Sibo Mhlon. Penalty: Mhlon.

    Bellville-South 17 (5) – Tries: Regan Baron, Rosco Davis, Keanu van Vuuren. Conversion: Rosco Syster. Primrose RFC 13 (6) – Try: A. Cornelius. Conversion: A. Sonday. Penalties: M. Noordien (2).

    Fairmont 17 (12) – Tries: Christopher Green, Brandon Erasmus, Joshua Geyser. Conversions: Erasmus. Bergvliet 8 (3) – Try: Regan Johnson. Penalty: Dillan Milander (losskakel).

    Other Results: 

    u19A: Kasselsvlei 24, Hottentots-Holland 7; Parel Vallei 20, Milnerton 14; President 49, Elsiesrivier 5; Scottsdene 22, Macassar 10.

    u19B: HJS Paarl 72, Wynberg 10; Paarl Gim 62, Rondebosch 6; HS Grey 31, Paul Roos 14; Bishops 0, SACS 17; Landbouskool Boland 67, Bellville 7; De Kuilen 0, Brackenfell 52; Durbanville 12, Hugenote 22; D.F.Malan 30, Strand 26; HS Tygerberg 20, Monumentpark 6; Bellville-Suid 12, Primrose-klub 5; Fairmont 24, Bergvliet 0; Kasselsvlei 7, HHH 26; President 31, Elsiesrivier 6.

    u16A: HJS Paarl 31, Wynberg 12; Paarl Gim 44, Rondebosch 12; HS Grey 3, Paul Roos 67; Bishops 18, SACS 33; Landbouskool Boland 50, Bellville 6; De Kuilen 19, Brackenfell 19; Durbanville 70, Hugenote 10; D.F.Malan 15, Strand 35; HS Tygerberg 40, Monumentpark 3; Bellville-Suid 0, Primrose-klub 7; Fairmont 19, Bergvliet 7; Parel Vallei 19, Milnerton 15; Kasselsvlei 19, HHH 15; President 10, Elsiesrivier 12; Scottsdene 8, Macassar 17.

    u15A: HJS Paarl 24, Wynberg 12; Paarl Gim 69, Rondebosch 0; HS Grey 0, Paul Roos 51; Bishops 22, SACS 12; Landbouskool Boland 36, Bellville 0; De Kuilen 0, Brackenfell 43; Durbanville 37, Hugenote 0; D.F.Malan 20, Strand 22; HS Tygerberg 41, Monumentpark 8; Bellville-Suid 5, Primrose-klub 7; Fairmont 41, Bergvliet 12; Parel Vallei 17, Milnerton 26; Kasselsvlei 0, HHH 34; President 47, Elsiesrivier 0; Scottsdene 7, Macassar 19.

    u14A: HJS Paarl 88, Wynberg 0; Paarl Gim 31, Rondebosch 10; HS Grey 0, Paul Roos 31; Bishops 19, SACS 5; Landbouskool Boland 48, Bellville 0; De Kuilen 19, Brackenfell 0; Durbanville 64, Hugenote 0; D.F.Malan 26, Strand 5; HS Tygerberg 64, Monumentpark 3; Bellville-Suid 5, Primrose-klub 25; Fairmont 52, Bergvliet 5; Parel Vallei 36, Milnerton 0; Kasselsvlei 14, HHH 12; President 10, Elsiesrivier 5; Scottsdene 29, Macassar 19.

    BOLAND 

    Charlie Hofmeyr 37 – Tries: Eulme Norman (2), Philip Koegelenberg (2), André Jacobs. Conversions: Koegelenberg (3). Penalties: Koegelenberg (2). Overberg 17 – Tries: Stanton Lewies, Sergio Maloy. Conversions: Junior Spanellis (2). Penalty: Spanellis.

    Hermanus 42 (30) – Tries: Laython Rudolph (2), Earl Bruintjies (2), Jared Wilson, J’hanko Botha. Conversions: Lionel April (3). Penalties: April (2). Swartland 19 (7) – Tries: Ethan Diston, Ryle Daniels, Dawson Humphries. Conversions: Diston (2).

    Piketberg 10 – Try: Nicki van der Westhuizen. Conversion: Pierre Mouton. Penalty: Mouton. Vredendal 5 – Try: PJ Boltman.

    Vredenburg 17 (7) – Tries: Leono Haupt, Renso van der Berg. Conversions: Jason Dyers (2). Penalty: Dyers. HTS Bellville 12 (7) – Tries: Bradley Davids, Edwin Samuels. Conversion: Austin Prins.

    Ander uitslae:

    u19A: Worcester Gim 7, HTS Drostdy 47; Labori 15, Porterville 48; Robertson 29, Bredasdorp 8; Groenberg 17, New Orleans 0; Bonnievale 24, Montana 0; Hopefield 50, Dirkie Uys 14; Weston 18, Schoonspruit 17; Landbougimnasium Augsburg 27, HS Windhoek 31; Lutzville 22, Clanwilliam Sek. 7; Labori 10, Klein Nederburg 7; Bergrivier 21, Paulus Joubert 12; JS Stellenbosch 12, New Orleans 18; Bredasdorp 10, Emil Weder 18; Montagu 55, Swellendam 7; HS Langenhoven 39, Kannaland 0.

    u19B: Hermanus 12, Swartland 17; Vredenburg 27, HTS Bellville 0; Worcester Gim 0, HTS Drostdy 14.

    u16A: Hermanus 10, Swartland 25; Vredenburg 5, HTS Bellville 8; Worcester Gim 12, HTS Drostdy 31; Hopefield 49, Dirkie Uys 22.

    u15A: Hermanus 26, Swartland 19; Vredenburg 19, HTS Bellville 19; Worcester Gim 7, Drostdy 36; Hopefield 33, Dirkie Uys 5.

    u14A: Hermanus 7, Swartland 17; Vredenburg 37, HTS Bellville 7; Worcester Gim 17, Drostdy 35.

  • Monument weer kampioen van Tuks-reeks

    Monument weer kampioen van Tuks-reeks

    NewsGMonnasKampTuksDaar was geen Wildeklawer-babelas te bespeur by Monument van Krugersdorp in die eindstryd van die jaarlikse Tuks-reeks in die LC de Villiers-stadion in Pretoria nie.

    Monnas het sy titel as kampioen behou deur EG Jansen van Boksburg met 50-13 kaf te draf. Die Wit Bulle was klinies en dié vertoning was sonder twyfel hul beste tot dusver die seisoen. 

    Die ander Makroskole wat vanjaar aan die Virsekerbeker sal deelneem sal gewis kennis van die vertoning deur Monnas geneem het. Monnas het teen die omdraaislag reeds ‘n voorsprong van 29-8 opgebou. 

    Monnas het met twee drieë in dié drie minute voor rustyd, een elk deur sy senters, Luke Rossouw en Juandré Breytenbach, die wedstryd van die Jansies weggeneem.

    Monnas het veral by die afbreekpunte fisiek oorheers wat die agterlyn instaat gestel het om agterlangs te baljaar. Die haker, Morné Brandon, het soos gewoontlik voorlangs ingeklim. In die agterhoede het die kampioen se losskakel, Jonathan Viljoen, senter Luke Rossouw en die heelagter, Dandré Prinsloo, blink vertonings gelewer. Viljoen het 18 van sy span se punte in die oorwinning aangeteken. 

    EG Jansen se flank, Jonathan O’Neill, verdien ook vermelding vir sy kanniedood houding tydens die eindstryd. Die Jansies se sleutelspeler en losskakel, Ruben Beytell, kon die hele week voor die eindstryd nie saam met sy span weens ‘n besering oefen nie. Daar kan verwag word dat die span van Boksburg met ‘n sterk aanslag in die Virsekerbeker vorendag sal kom. 

    Garsfontein se Bere het die Hoërskool Nelspruit se Rhinos met 32-20 om die derde plek uitgestof. Die Bere het die oorwinning meestal te danke aan die inklimspel van sy twee flanke, Johandré Buitendach en Ruben Roodt. Hoewel die Garsies nog nie op alle silinders gevuur het nie, was die vertoning veel beter as die wat hulle verlede week tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley opgedis het. 

    Buitendach is vir sy uitmuntende spel met twee drieë beloon. Daar is nie baie losskakels op skolevlak in Suid-Afrika wat oor dieselfde skopvermoë as Nelspruit se Stephan van der Bank beskik nie. Hy het weer Sarterdag gewys dat hy sy span met sy geleerde skopstewel in ‘n wedstryd kan hou. Die Rhinos het as span ook hope durf getoon. 

    Menlopark het danksy die skopskoen van sy skrumskakel, Bernard van der Linde, vir Eldoraigne met 14-10 getroef. Eldoraigne het goed begin en vinnig ‘n voorsprong van 10-0 opgebou. Die span se buitesenter, Riaan Burger, kon egter nie een van die twee drieë verdoel nie. 

    HTS Middelburg se Rooi Bulle het Kemptonpark met 28-26 geklop na hulle teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 21-7 geniet het. Kempies se terugveg-poging is deur sy plaasvervanger-flank, Zandré van Rooyen, aangevuur. Die plaasvervanger-skrumskakel, Chris Booysen, het ook twee keer die doellyn oorgesteek. Die skrumskakel, Quinton Fincham, het ook ‘n goeie wedstryd vir die verloorspan beleef. 

    Florida se heelagter, Tino Swanepoel, het 24 punte in ‘n opwindende wedstryd teen die Hoërskool Pietersburg aangeteken. Florida het die wedstryd uiteindelik met 57-36 gewen. Swanepoel het twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak en ook met sewe doelskoppe geslaag. 

    Puntemakers:

    Monument 50 (29) – Drieë: Luke Rossouw (2), Jonathan Viljoen, Eben Brand, Juandré Breytenbach, Dandré Prinsloo, Strafdrie. Doelskoppe: Viljoen (5). Strafdoel: Viljoen. EG Jansen 13 (8) – Drieë: Keenan Oleofse, Hugo Claassen. Strafdoel: Dylan Schwartz. 

    Hoërskool Garsfontein 32 (12) – Drieë: Johandré Buitendach (2), Wesley Thompson, Ruben Roodt, JJ van Zyl. Doelskoppe: Thompson (2). Strafdoel: Thompson. Hoërskool Nelspruit 20 (6) – Drieë: Stefan Smit, SP Muller. Doelskoppe: Stephan van der Bank (2). Strafdoele: Van der Bank (2). 

    Menlopark 14 (0) – Drieë: Alex van Rooyen, Divan Venter. Doelskoppe: Bernard van der Linde (2). Eldoraigne 10 (10) – Drieë: Stefan Marais, Charl Bester. 

    HTS Middelburg 28 (21) – Drieë: Ruvaan Muller, Uys du Preez, Joubert Willers, Michael van der Walt. Doelskoppe: Riekert Barnard (4). Kemptonpark 26 (7) – Drieë: Chris Booysen (2), Zandré van Rooyen, Dillon Butler. Doelskoppe: Mikhail Blake (3).

    Transvalia 22 – Drieë: Reinardt Marx, Reinardt Jordaan, Franco van Wyk. Doelskoppe: Zian de Jager (2). Strafdoel: De Jager. Hoërskool Rustenburg 7.

    Florida 57 (28) – Drieë: Tino Swanepoel (2), Maxwill van Louw (2), Timothy Allies, Ruan Oosthuizen, Damian Calitz, Caine Stadler, Brandon Benningfield. Doelskoppe: Swanepoel (7). Hoërskool Pietersburg 36 (17) – Drieë: Heinrich Schoeman (2), Tiaan Janse van Rensburg (2), Sias Willemse. Doelskoppe: Martin Austen (4). Strafdoel: Austen.  

    Ander spanne: 

    o.16: Menlopark 28, Monument 20; Transvalia 25, Klerksdorp 17; Garsfontein 22, EG Jansen 15; Pietersburg 36, HTS Middelburg 22; Kemptonpark 26, Rustenburg 12; Florida 52, Eldoraigne 21.

    o.15: Transvalia 35, Monument 14; EG Jansen 50, Eldoraigne 15; Menlopark 19, Rustenburg 10; Nelspruit 40, Florida 5; Kemptonpark 7, Garsfontein 3; Klerksdorp 13, HTS Middelburg 5.

    o.14: Menlopark 10, Monument 5; Rustenburg 29, Pietersburg 12; Transvalia 28, EG Jansen 0; Nelspruit 12, Florida 3; HTS Middelburg 24, Garsfontein 10; Kemptonpark 60, Klerksdorp 0. 

  • Oos-Moot draf Pretoria-Noord maklik kaf

    Oos-Moot draf Pretoria-Noord maklik kaf

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    NewsGOos MootDie Blou Bulle se Grootskole-kampioen, die Hoërskool Oos-Moot, het sy aanslag in vanjaar se kompetisie met ‘n oortuigende oorwinning van 69-6 oor Pretoria-Noord op Die Wilgers se hoofveld afgeskop. Die wenspan se binnesenter, Edmund Ludick, het spel dikteer. 

    Ludick het 29 van sy span se punte in die sege aangeteken. Hy het drie keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak en ook sewe van sy span se 11 drieë verdoel. Die senter verdien gewis ‘n kans om sy staal teen die bestes van die Makroskole tydens die Blou Bulle se provinsiale proewes te meet. 

    Die haker, Eduan Swart, het ook met sy spel beïndruk. Hy was woelig in die los en het elke keer wat hy in besit geplaas was ‘n hele paar verdedigers besig gehou. Hy is vir sy puik spel met twee drieë beloon. Die agtsteman, Burger Sandenbergh, en vleuel Morné Bedford het elk ook twee keer die doellyn oorgesteek. 

    Midstream College se linkervleuel, Jean-Louis Brand, het ‘n driekuns aan drieë in sy span se sege van 46-24 oor Die Wilgers behaal. Hoewel Midstream College die beste span op die veld was, vlei die telling hom wel ‘n bietjie. Twee van Midstream College se drieë was onderskep-drieë. 

    Die Hoërskool Tuine se losskakel, Ruben Lazerus, was met 21 punte aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 56-26 oor Overkruin. Tuine het teen lemoentyd op Die Wilgers se veld ‘n voorsprong van 28-21 geniet. 

    Puntemakers: 

    Oos-Moot 69 (38) – Drieë: Edmund Ludick (3), Burger Sandenbergh (2), Morné Bedford (2), Eduan Swart (2), Conrad van Deventer, Marco Venter. Doelskoppe: Ludick (7). Pretoria-Noord 6 (6) – Strafdoele: Jason Engelbrecht (2). 

    Hoërskool Tuine 56 (28) – Drieë: Justine Joubert (2), Stefan Gouws, Ruben Lazerus, Adriaan Swart, Hendrico Snyman, Rudi Bezuidenhout, Louis van Wyk. Doelskoppe: Lazerus (8). Overkruin 26 (21) – Drieë: Abel Sefako, Juan-Hugo Snyman, Heinrich Lemmer, Salum Bizoza. Doelskoppe: Jako Pittendrich (3). 

    Midstream College 46 (34) – Drieë: Jean-Louis Brand (3), Ruan Duvenage, Heinrich Botha, Rohann Rorich. Doelskoppe: Charl Niemand (5). Strafdoele: Niemand (2). Die Wilgers 24 (12) – Drieë: Hennie de Vos, Jannies Blignaut, Gustav Smit, Tyrique Ferris. Doelskoppe: De Vos (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Oos-Moot 19, Pretoria-Noord 15; Midstream College 46, Die Wilgers 0; Overkruin 44, Tuine 8.

    o.15: Oos-Moot 19, Pretoria-Noord 5; Midstream College 43, Die Wilgers 13; Overkruin 22, Tuine 14.

    o.14: Oos-Moot 40, Pretoria-Noord 12; Midstream College 47, Die Wilgers 0; Overkruin 34, Tuine 12.

  • Pretorius breek weer Affie-harte en Monnas weer kampioen

    Pretorius breek weer Affie-harte en Monnas weer kampioen

    NewsGMonnasTuksKampDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se Wit Bulle het gestorm en geblaas, maar dit was net-net nie genoeg om Grey-kollege op sy agterplaas in Bloemfontein die loef af te steek nie.

    Soos verlede jaar was ‘n speler met die naam, Rikus Pretorius, die grootste verskil tussen die twee spanne toe hy met ‘n strafdoel met speeltyd reeds verstreke geslaag het om die telbord 35-32 in sy span se guns te laat lees.

    Hy het 25 van sy span se punte via twee drieë, drie doelskoppe en drie strafdoele aangeteken. Pretorius was verlede jaar ook die held toe Grey die eerste span in die geskiedenis geword het om ‘n vyftigtal teen Affies (53-29) aan te teken.

    Die uitslag van die wedstryd het deurgans wipplank gery en met vyf minute se speeltyd oor was Affies in die saal. Grey se vleuel Henk Cilliers het met net minder as twee minute se speeltyd oor gaan druk, met die doelskop deur Pretorius wat die telling op 32-elk gelyk getrek het.

    Affies het by die afbreekpunte die botoon gevoer asook in die lynstane. Die Wit Bulle se agtsteman, Philip Potgieter, en die haker en kaptein, Johan van Zyl, het skitterend vertoon.

    Monument van Krugersdorp het sy titel as kampioen van die Tuks-reeks behou deur EG Jansen van Boskburg gemaklik met 50-13 in die eindstryd in die LC de Villiers-stadion in Pretoria te verslaan.

    Monnas het met twee drieë in dié drie minute voor rustyd, een elk deur sy senters, Luke Rossouw en Juandré Breytenbach, die wedstryd van die Jansies weggeneem.

    Monnas het veral by die afbreekpunte fisiek oorheers wat die agterlyn instaat gestel het om agterlangs te baljaar. Die haker, Morné Brandon, het soos gewoontlik voorlangs ingeklim. In die agterhoede het die kampioen se losskakel, Jonathan Viljoen, senter Luke Rossouw en die heelagter, Dandré Prinsloo, blink vertonings gelewer. EG Jansen se flank, Jonathan O’Neill, verdien ook vermelding vir sy kanniedood houding tydens die eindstryd.

    In die Baai was dit so hittete of Grey High School was sy onoorwonne status kwyt in sy Premier Interschools-wedstryd teen Paul Roos Gimnasium. Die span van die Eikestad moes die knie 20-22 in die doodsnikke buig na hy laas in 2014 (27-26) teen Grey PE die knie moes buig.

    Grey PE het die sege danksy ‘n drie deur sy plaasvervanger-agterspeler Kholiwe Konza in die doodsnikke beklink. Die span van die Baai het destyds in 2014 ook in die doodsnikke danksy die skopskoen van ‘n ene Curwin Bosch vir Paul Roos van ‘n oorwinning beroof.

    Die Brandwag van Uitenhage het sy oorheersing sedert 2013 teen HTS Daniël Pienaar se Tiere in hulle Classic Clash beklemtoon. Brandwag het die Tiere met 55-10 kafgedraf.

    Sedert die twee skole se interskole as ‘n Classic Clash bekend staan kon HTS Daniël Pienaar nog net drie keer in 2006, 2007 en 2012 die pyp rook. Vir die wenspan het sy agtsteman, Elandré Smit, losskakel Chadwin November en skrumskakel, Chad Adams, uitstekend vertoon. November is ook ‘n begaafde krieketspeler. Hy het verlede jaar ‘n driekuns paaltjies vir Noord-Kaap tydens die Khaya Majola-week ingeoes.

    Marlow Landbou het in Bloemfontein vir Jim Fouché in hulle jaarlikse interskole met 48-12 die loef afgesteek. Die Wolramme van net buite Cradock het teen rustyd reeds met 22-12 voorgeloop.

    In Japan het Framesby van Port Elizabeth in die kwarteindronde van die jaarlikse Sanix-toernooi teen die uiteindelike kampioen, Lyceés de la Borde Basse van Frankryk, met 10-24 vasgeval. Framesby moes op die ou einde met die sewende posisie tevrede wees na hy in die uitspeelwedstryd vir dié posisie teen Higashi Fukuoka High van Japan met 29-19 gewen het.

    Die eerste skote in vanjaar se Virsekerbeker vir Makroskole het ook geklap. Centurion het vir Wonderboom met 25-5 verslaan.

    In die Grootskole-afdeling het Oos-Moot ‘n duidelike waarskuwing aan die ander spanne gerig deur Pretoria-Noord met 69-6 af te slag. Die span se binnesenter, Edmund Ludick, was uitstekend en het 29 van sy span se punte aangeteken. Dit het ‘n driekuns aan drieë en sewe doelskoppe ingesluit.

    Al die uitslae: 

    Tuks-reeks

    Monument 50, EG Jansen 13; Garsfontein 32, Hoërskool Nelspruit 20; Menlopark 14, Eldoraigne 10; HTS Middelburg 28, Kempton Park 26; Transvalia 22, Hoërskool Rustenburg 7; Florida 57, Hoërskool Pietersburg 36.

    NWU-Pukke Prestige-reeks

    Lichtenburg 29, Marais Viljoen 22; Zwartkop 28, Hoërskool Middelburg 8; Potchefstroom Gimnasium 38, Driehoek 8; Montana 19, HTS Witbank 17; Wesvalia 26, Oosterlig 10; Randburg 24, Jeugland 19.

    Oos-Kaap/KwaZulu-Natal

    Grey PE 22, Paul Roos Gimnasium 20; Marlow Landbou 48, Jim Fouché 12; Die Brandwag (Uitenhage) 55, HTS Daniël Pienaar 10; St Charles College 47, Northwood 25; St Andrew’s College 25, Graeme College 10; Glenwood 59, Kearsney College 7; Westville Boys’ High 36, Jeppe High School for Boys 24; Selborne College 14, Queen’s College 12.

    Vrystaat

    Grey-kollege 35, Affies 32, Fichardtpark 45, Sentraal 5; Sand du Plessis 32, Zastron 0; Welkom-Gimnasium 60, Hentie Cilliers 12; Voortrekker 63, HTS Sasolburg 0; Witteberg 62, HTS Welkom 12; AHS Kroonstad 17, Wilgerivier 10; Ficksburg 37, Ladybrand 5; Reitz 25, Paul Erasmus 17; Hoopstad 66, Welkom High 12; Vrede 35, Harrismith 5; Bothaville 41, Hoërskool Kroonstad 15.

    Noordvaal

    Vriendskaplik: King Edward VII 39, Maritzburg College 20; Pretoria Boys’ High 42, St Benedict’s College 23; Frikkie Meyer 46, Hans Strijdom 21; Piet Potgieter 23, HTS Tom Nausé 5; Curro Heuwelkruin 57, Frans du Toit 22.

    Blou Bulle: Centurion 25, Wonderboom 5; Oos-Moot 69, Pretoria-Noord 6; Hoërskool Tuine 56, Overkruin 26; Midstream Colege 39, Die Wilgers 24; Gerrit Maritz 54, FH Odendaal 0; Pretoria THS 64, Akasia 14.

    Goue Leeus: Linden 21, Hoërskool Alberton 20; Bastion 29, Riebeeckrand 28; Bekker 45, Fochville 22; Leeuwenhoff 50, HTS Carel de Wet 5; Trinityhouse 57, Benoni High 15.

    Luiperds: Hartbeespoort 21, Schoonspruit 14; Vryburg 34, Brits 7; Schweizer-Reneke 69, HTS Klerksdorp 10;

    Limpopo: Ben Vorster 108; Louis Trichardt 7; Ben Viljoen 27, Nylstroom 25.

    Pumas: Secunda 33, Lydenburg 5; Piet Retief 33, Ermelo 9; Rob Ferreira 22, Bergvlam 15; Volksrust 55, Oosterland 8; Hoogenhout 52, Kanonkop 7; Komatipoort 60, Curro Nelspruit 30; Kriel 43, Evander 12; Morgenzon Landbou 22, Hendrina 7.

    Valke: Heidelberg Volkskool 55, Hoërskool Sasolburg 0; Brandwag (Benoni) 48, John Vorster (Nigel) 7; Delmas 35, Elspark 12; AHS Sasolburg 83, Vanderbijlpark 0.

    Wes-Kaap: Hoër Jongenskool Paarl 67, Wynberg Boys’ High 25; Paarl Gimnasium 43, Rondebosch Boys’ High 21; SACS 24, Diocesan College 24; Boland Landbou 64, Hoërskool Bellville 15; HTS Drostdy 47, Worcester Gimnasium 7; Robertson 29, Bredasdorp 8; President 49, Elsiesrivier 5; Fairburn College 34, Parklands College 31; Tableview 25, Edgemead 5; Charlie Hofmeyr 37, Overberg 17; Groenberg 17, New Orleans 0; Brackenfell 45, De Kuilen 8; Piketberg 10, Vredendal 5; Tygerberg 56, Monumentpark 10.

  • Results – Limpopo 2017

     

    Ben Viljoen 

           
           
           
           

    Ben Vorster

    Ben Vorster      
    Ben Vorster      
    Ben Vorster      
    Ben Vorster      
    Ben Vorster      
    Ben Vorster      
    Ben Vorster      
    Ben Vorster      
           
           
  • Alles wat jy moet weet oor die Virsekerbeker vir Makroskole van 2017

    Alles wat jy moet weet oor die Virsekerbeker vir Makroskole van 2017

    VirsekerBekerlogoDie Noordvaal Virsekerbeker (voorheen Virseker Beeldtrofee) is die oudste skolerugby kompetisie in Suid-Afrika en vir buitestaanders soms ook een van die moeilikstes om te verstaan. School of Rugby het besluit om die onderskeie afdelings van die kompetisie uit te lê.

    Daar is vanjaar 22 skole wat mekaar in die Makroskole-afdeling van die reeks die stryd sal aanse. Die verdedigende kampioen, die Hoërskool Garsfontein van Pretoria, het die afgelope twee jaar die titel verower. Die afdeling het een span bygekry met Hugenote van Springs wat van die Grootskole-afdeling opgeskuif het.

    Die Blou Bulle het met nege spanne die meeste skole in die afdeling. Die Ligbloues se Makroskole ding om twee afdelings mee. Garsfontein, Waterkloof en Menlopark pak mekaar in die A-afdeling. Klofies het egter besluit om nie vanjaar teen Garsies te speel nie. Die wedstryd tussen Menlopark en Garsfontein sal dus besluit wie die Blou Bulle se kampioen is en ook direk tot die kwarteindronde van die Virsekerbeker deurdring. 

    Waterkloof en die verloorder sal dan teen die voorste twee spanne van die Blou Bulle se B-afdeling sake om ‘n plek in die streekkompetisie se uitspeelrondes uitspook. In die Blou Bulle se B-afdeling pak Eldoraigne, Zwartkop, HTS John Vorster, Montana, Centurion en Wonderboom mekaar. 

    Sedert 2015 neem die Goue Leeus, Valke en die Luiperds se Makroskole teen mekaar in ‘n liga deel wat ook twee afdelings het. In die A-afdeling pak Monument van Krugersdorp, EG Jansen van Boksburg, die Hoërskool Rustenburg, Kemptonpark en Florida mekaar.

    Die voorste twee spanne van die A-afdeling dring ook direk tot die kwarteindronde van die Virseker Beeldtrofee deur. In die B-afdeling pak Marais Viljoen van Alberton, Noordheuwel van Krugersdorp, Jeugland van Kempton Park, Die Anker van Brakpan en Hugenote van Springs mekaar. Die twee voorste spanne van die afdeling sal dan eers teen die skole in die derde en vierde posisie in die A-afdeling uitspook om ‘n plek in die Virsekerbeker se uitspeelrondes.

    Die Pumas is vanjaar bo-aan die kompetisie se prioriteitslys wat beteken dat die twee spanne van die Pumas wat tot die uitspeelrondes deurdring op hul tuisvelde teen die ander streke se spanne sal speel. Die Valke is vanjaar onder op die prioriteitslys wat beteken dat spanne uit die streek al sy wedstryde weg van die huis gedurende die uitspeelrondes sal moet speel.

    In die Puma-streek speel die Hoërskool Nelspruit se Rhinos, HTS Middelburg se Rooi Bulle en die Hoërskool Middelburg teen mekaar sake uit om die twee plekke van die Pumas in die Virseker Beeldtrofee met die kampioen van wat direk toegang tot die kwarteindronde verkry. 

    Virsekerbeker Makroskole 2017

    Bepalings in die onderskeie Makroskole-ligas: 

    6 Mei 2017 

    Wonderboom t. Centurion

    13 Mei 2017 

    Florida t. Rustenburg
    Centurion t. Eldoraigne
    Wonderboom t. Zwartkop
    HTS John Vorster t. Montana
    Hoërskool Middelburg t. HTS Middelburg

    20 Mei 2017

    Rustenburg t. EG Jansen
    Kempton Park t. Monument
    Marais Viljoen t. Jeugland
    Hugenote (Springs) t. Die Anker
    Centurion t. Montana
    Eldoraigne t. Zwartkop
    HTS John Vorster t. Wonderboom
    HTS Middelburg t. Hoërskool Nelspruit

    27 Mei 2017

    EG Jansen t Kempton Park
    Noordheuwel t. Die Anker
    Jeugland t. Hugenote (Springs)
    Zwartkop t. Centurion
    Wonderboom t. Montana
    Garsfontein t. Menlopark
    Eldoraigne t. HTS John Vorster
    Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Middelburg

    3 Junie 2017

    Rustenburg t. Kempton Park
    Florida t. EG Jansen
    Noordheuwel t. Jeugland
    Die Anker t. Marais Viljoen
    HTS John Vorster t. Centurion
    Montana t. Zwartkop
    Wonderboom t. Eldoraigne

    10 Junie 2017 

    EG Jansen t. Monument
    Waterkloof t. Menlopark
    Kempton Park t. Florida
    Marais Viljoen t. Noordheuwel
    Die Anker t. Jeugland
    Zwartkop t. HTS John Vorster
    Montana t. Eldoraigne

    14 Junie 2017

    Monument t. Florida

    17 Junie 2017 

    Noordheuwel t. Hugenote (Springs)

    24 Junie 2017

    Monument t. Rustenburg 
    Hugenote (Springs) t. Marais Viljoen

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

  • Van Rhyn to lead Junior Boks at World Rugby U20 Championship

    Van Rhyn to lead Junior Boks at World Rugby U20 Championship

    Junior Springbok coach Chean Roux has named Ernst van Rhyn as captain of the SA Under-20 squad for the World Rugby U20 Championship in Tbilisi, Georgia, with eight players amongst the chosen 28 who played in the same tournament last year.

    Van Rhyn, Curwin Bosch, Kwenzo Blose, Carlű Sadie, Zain Davids, Stedman Gans, Manie Libbok and Embrose Papier were all members of the Junior Springbok team that finished fourth in the World Rugby U20 Championship in Manchester in 2016.

    Roux’s squad also includes six players who represented the SA Schools team last season in the U19 International Series, namely Salmaan Moerat, who captained the team, Gianni Lombard, Rewan Kruger, Wandisile Simelane, Damian Willemse and Daniel Jooste.

    While Bosch has been a stand-out performer for the Cell C Sharks in Vodacom Super Rugby, Willemse made his debut for the DHL Stormers, while Davids and Gans have been with the Springbok Sevens squad for the last three months.

    The team will be led by experienced captain Van Rhyn, who was the SA U20 vice-captain last season and the SA Schools captain in 2015, while Johan Grobbelaar has been named the vice-captain.

    “We are pleased with the quality of the players in our squad and we believe the team has the potential to go all the way in the competition,” said Roux.

    “We had to make a number of tough calls to narrow down the group to 28 players, but we are confident that we have selected a squad worthy of competing against the best teams in the world in Georgia.

    “A number of the players have experienced international age-group rugby either in the World Rugby U20 Championship or the U19 International Series, while others have been exposed to International Sevens and Vodacom Super Rugby, which will be invaluable in Georgia.”

    Commenting on the selection of the captain, Roux spoke highly of Van Rhyn and said: “Ernst is a hard worker on the field and has proved his worth as a leader in the last few seasons at the SA Schools team and the SA U20s last year.

    “A captain has to lead by example and ensure that there is cohesion in the team at all times, and these qualities will be vital in guiding us through the competition.”

    Looking at the tournament in Georgia, Roux expected his team to be tested thoroughly, but he was pleased with their preparation up to now.

    “We face France, Georgia and Argentina in the pool stages, so we have to be in top form from the outset to stay in a strong position to stake a claim for the trophy,” said Roux.

    “That said we have been working very hard at training in the last two months to prepare both physically and mentally for what we can expect in Tbilisi and we hope that this will pay off.

    “The important thing now will be to maintain the high intensity of our training sessions and to keep sharp before we depart for Georgia.”

    The Junior Springboks will face France, Georgia and Argentina in the pool stages of the international spectacle in Tbilisi, which runs from 31 May to 18 June. The team will depart for Georgia on Thursday, 25 May.

    Junior Springbok squad for the World Rugby U20 Championship (alphabetical order):

    Player Province Position
    Juarno Augustus DHL Western Province Loose forward
    Kwenzo Blose* Toyota Free State Cheetahs Prop
    Curwin Bosch* Cell C Sharks Flyhalf/Fullback
    David Brits DHL Western Province Centre
    Jean-Luc Cilliers Xerox Golden Lions Flyhalf
    Zain Davids* DHL Western Province Loose forward
    Francois de Villiers Cell C Sharks Scrumhalf
    Stedman Gans* Vodacom Blue Bulls Centre
    Johan Grobbelaar (vice-captain) Vodacom Blue Bulls Hooker
    Wikus Groenewald DHL Western Province Prop
    Daniel Jooste DHL Western Province Hooker
    Rewan Kruger Toyota Free State Cheetahs Scrumhalf
    Manie Libbok* Vodacom Blue Bulls Flyhalf/Fullback
    Gianni Lombard Xerox Golden Lions Fullback
    Len Massyn Xerox Golden Lions Loose forward
    Lee-Marvin Mazibuko DHL Western Province Prop
    Salmaan Moerat                    DHL Western Province Lock
    Reinhard Nothnagel Xerox Golden Lions Lock
    Embrose Papier* Vodacom Blue Bulls Scrumhalf
    Yaw Penxe EP Kings Winger
    Carlű Sadie* DHL Western Province Prop
    Wandisile Simelane Xerox Golden Lions Centre/Wing
    Hendre Stassen Vodacom Blue Bulls Lock
    Gerhard Steenekamp Vodacom Blue Bulls Prop
    Ruben van Heerden Vodacom Blue Bulls Lock
    Damian Willemse DHL Western Province Flyhalf
    Nama Xaba DHL Western Province Loose forward
    Ernst van Rhyn* (captain) DHL Western Province Loose forward

    *denotes 2016 World Rugby U20 Championship player

    Issued by SA Rugby Communications

  • School of Rugby Rankings – 2 May 2017

    School of Rugby Rankings – 2 May 2017

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    Paarl Boys’ High is back to number one on School of Rugby’s Rankings powered by Virseker. Boishaai was not ranked in our first two rankings of 2017 because of the fact that they didn’t play enough games before this weekend. Boishaai is still unbeaten in South Africa since 2015.

    Boishaai impressed during the annual Wildeklawer tournament in Kimberley by beating Selborne College (33-16) and Glenwood (30-12). Both Selborne College and Glenwood was still unbeaten in 2017 before Boishaai crossed paths with them.  

    Grey College is also still unbeaten and it is only the fact that Boishaai played higher ranked schools according to our tier system than the team from Bloemfontein is in the second spot. Grey College impressed with their performances against Boland Landbou (49-8) and Paarl Gimnasium (31-19). Gimmies was unbeaten until Monday’s clash against Grey in Kimberley.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    # Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Paarl Boys’ High 4 4 0 0 124 54 31-14
    2 Grey College 7 7 0 0 401 62 57-9
    3 Paarl Gimnasium 7 6 0 1 216 136 31-19
    4 SACS 6 6 0 0 203 75 34-13
    5 Monument 9 7 0 2 312 141 35-16
    6 King Edward VII 8 8 0 0 251 108 31-14
    7 Grey High School 6 5 10 0 203 87 34-15
    8 Glenwood 7 6 0 1 192 108 27-15
    9 Paul Roos Gimnasium 8 6 0 2 283 138 35-17
    10 Waterkloof 11 8 0 3 384 301 35-27
    11 Affies 8 5 0 3 212 129 27-16
    12 Oakdale Landbou 6 4 0 2 211 100 35-17
    13 Helpmekaar 8 5 0 3 250 118 31-15
    14 Menlopark 9 6 0 3 281 277 31-31
    15 Voortrekker (Bethlehem) 6 6 0 0 245 86 41-14
    16 HTS Drostdy 7 5 1 1 215 137 31-20
    17 Rondebosch Boys’ High 6 4 0 2 199 87 33-15
    18 Diocesan College 5 4 0 1 122 107 24-21
    19 Welkom Gimnasium 11 8 0 3 302 172 27-16
    20 Selborne College 8 5 0 3 199 122 25-15
    21 Kearsney College 11 9 0 2 301 181 27-16
    22 Framesby 5 3 0 2 71 87 14-17
    23 Garsfontein  8 3 0 5 213 286 27-36
    24 Witteberg 6 5 0 1 263 115 44-19
    25 Noord-Kaap 9 5 0 4 289 163 32-18
    26 Eldoraigne 8 5 0 3 196 162 25-20
    27 Wynberg Boys’ High 5 3 0 2 131 122 26-24
    28 Nelspruit 7 4 0 3 178 211 25-30
    29 Diamantveld 8 4 1 3 159 171 20-21
    30 Stellenberg 7 3 1 3 173 153 25-22

    Notes on games that is not reflected in rankings:

    • Boland Landbou also recorded a 77-5 victory over Windhoek High which are not counted towards our rankings.
      Oakdale Landbou played two matches against San Isidro of Argentina (17-15) and France u17 (22-31) which don’t count for our rankings.
      The top schoolrugby team in South Africa the last two years, Paarl Boys’ High played four matches on tour in New Zealand against Sacred Heart (24-8), Gisborne Boys’ High (73-3), Nelson College (87-12) and Christchurch Boys’ High (36-38) that will not reflect on the rankings. They also played against Eye of the Tiger (57-0) and NSW Combined Schools which will not be taken into consideration.
      Diamantveld also played against Windhoek Gimnasium (17-43) during the Oakdale Rugby Week.
      Voortrekker of Bethlehem also played againts Windhoek Gimnasium (0-23).
  • Uitslae – Dag 2 – Wildeklawer

    Uitslae – Dag 2 – Wildeklawer

    NewsG PJKrugellToe was dit weer so! Die “hoofwedstryd” waarna almal op vanjaar se Wildeklawer-toernooi in Kimberley uitgesien het, was soos die afgelope paar jaar weer ‘n uitstekende vertoonvenster van die gehalte van skolerugby in Suid-Afrika.

    Die stryd tussen Grey-kollege en Paarl Gimnasium was kliphard en albei spanne het die spel gespeel soos wat dit gespeel behoort te word. Grey-kollege het sy onoorwonne status vir 2017 behou deur met 31-19 in die aanskoulike wedstryd van die veld te stap.

    Grey het teen die omdraaislag ‘n skrale voorsprong 17-12 geniet. Die span van die Rosestad se agterlyn het deurgans gevaarlik gelyk, terwyl Gimmies se groot agttal voorlangs die stryd gewen het. 

    Daar moet wel bygevoeg word dat Grey se ligter agttal nie ‘n enkele millimeter vir sy groter teenstander terug gestaan het nie. Dit was veral die haker, Ru-hann “Varkie” Greyling, en die flank Marcel Theunissen wat met hul spel voorlangs beindruk het.

    Agterlangs het die heelagter, David Kriel, skrumskakel Ross Braude en vleuel Henk Cilliers uitgetroon. Cilliers is ‘n klipharde speler met ‘n uitstekende aanvoeling vir die spel. Braude se diens is suiwer en dit speel ‘n groot rol in die ekstra spasie wat die span se agterkwarte geniet.

    Gimmies se haker, Chris Rossouw, het met sy vertoning gewys dat hy gewis ook soos sy pa ‘n loopbaan uit die spel kan maak. Sy pa ook Chris Rossouw was ‘n lid van die Springbokke wat in 1995 as Wereldkampioen gekroon is. Die heelagter en kaptein van Gimmies, Muller du Plessis, het die geleenthede wat hy gekry het goed benut en ook op ‘n keer sy span van nog ‘n drie gered deur vreesloos ‘n hangskop uit die lug te vang.    

    Waterkloof het vir die grootste opskudding in die Diamantstad gesorg deur Paul Roos Gimnasium met 38-25 te troef. Klofies het vir die eerste keer vanjaar weer daarin geslaag om ‘n soortgelyke spelpatroon as die Leeus te volg. Klofies se twee vleuels, Sean du Plooy en PJ Krugell, het elk twee keer agter die doellyn gaan draai. 

    Krugell is vir sy indrukwekkende spel na afloop van wedstryd as Speler van die Wedstryd aangewys. Soos gewoontlik het die skrumskakel, Giovan Snyman, en die 

    In ‘n wedstryd waarin albei spanne dit as ‘n “eindstryd” benader het, het Diamantveld vir Welkom-Gimnasium met 8-6 getroef. Soos ‘n goeie eindstryd was daar ook ‘n gebruiklike skepdoel.

    Diamonds se Handre Bruwer het ‘n skepdoel oorgeklits wat uiteindelik die verskil tussen die twee spanne was. Die gasheer het ook daarin geslaag om Gimmies se gevaarman Andrew Kota in toom te hou. Kota het ook die veld weens ‘n besering verlaat. 

    Puntemakers: 

    Grey-kollege 31 (17) – Driee: Henk Cilliers, Arno Nieuwoudt, Ross Braude, Daniel Kriel. Doelskoppe: Christopher Schreuder (4). Strafdoel: Schreuder. Paarl Gimnasium 19 (12) – Driee: Chris Rossouw, Ryno Beukes, Corne Uys. Doelskoppe: Daniel Beukes (2).

    Diamantveld 8 (5) – Drie: Ashwill Botha. Skepdoel: Handre Bruwer. Welkom Gimnasium 6 (3) – Strafdoele: Andrew Kota (2). 

    Paarl Boys’ High 30 (13) – Driee: Cornell Kotze, Abner van Reenen, JG de Bruin. Doelskoppe: Van Reenen (2). Strafdoele: Van Reenen (2). Glenwood 12 (0) – Driee: JJ van der Mescht, Siyanda Cele. Doelskop: Jaden Hendrikse. 

    Affies 34 (20) – Driee: Charles Goedhals (2), Ruben Meiring, Carl Els, Ruan Wasserman. Doelskoppe: Reghardt Roets (3). Strafdoel: Roets. Outeniqua 0

    Oakdale Landbou 40 (26) – Driee: Janco Klinck (2), Hanu Heunis, Luke Hertz, Dian Bleuler, Hannes Gous. Doelskoppe: Pietie Uys (5). Garsfontein 19 (7) – Driee: JJ van Zyl, Juandre Scheepers, Keagan Johannes. Doelskoppe: Barry Schoombee, Wesley Thompson. 

    Boland Landbou 24 (17) – Driee: Erik Lambrecht, Darren Hendricks, Gavin Mills. Doelskoppe: Hendricks (2). Strafdoel: Hendricks. Monument 22 (8) – Driee: Dandre Prinsloo, Morne Brandon, Tinus Combrinck. Doelskoppe: Luke Rossouw (2). Strafdoel: Rossouw. 

    Noord-Kaap 20 (13) – Driee: Yaseer Daniels, Cameron Hufke. Doelskoppe: Hufke (2). Strafdoele: Hufke (2). EG Jansen 14 (0) – Driee: Reinhardt Venter, Sheldon Rivabella. Doelskoppe: Dylan Schwartz (2).

    Waterkloof 38 (14) – Driee: Sean du Plooy (2), PJ Krugell (2), Gideon Peters, Ulrich Maritz. Doelskoppe: Maritz (3), Du Plooy. Paul Roos Gimnasium 25 (13) – Driee: Colia Louis, Gerado Jaars, Alexander Mbete. Doelskoppe: Louis (2). Strafdoele: Louis (2). 

    Helpmekaar 28 (28) – Driee: Tommy van Tonder, David Cary, Francois Janse van Vuuren. Doelskoppe: Tristan Oosthuizen (2). Strafdoele: Oosthuizen (3). Selborne College 5 (0) – Drie: Sibabalwe Xamlashe. 

    Stellenberg 31 (17) – Driee: Erik Vermeulen, Jacques van Biljon, Nivan Petersen, Angelo Davids. Doelskoppe: Petersen (3). Strafdoel: Petersen. HTS Middelburg 21 (0) – Driee: Tiaan de Beer, Frans Malan, Andries Koen. Doelskoppe: Morne Sonnekus (3).

  • Results – u16 – Noordvaal – 2017

    Results – u16 – Noordvaal – 2017

     

     

    Monument u16 – 2017
    Monument 22 Pietersburg 5 Tuks
    Monument 58 Eldoraigne 3 Tuks
    Monument       Tuks QF
    Monument 23 Paul Roos 55 Paarl
    Monument 12 Outeniqua 13 Paarl
    Monument 9 Stellenberg 26 Paarl
    Monument 17 Transvalia 12 Tuks Semi
    Monument 10 Paarl Boys’ High 17 Wildeklawer
    Monument   Grey College   Wildeklawer
    Monument   EG Jansen   Tuks Final