SSPN Test Site

Blog

  • Linden bo met 13 man

    Nie eens twee geelkaarte en ’n rooikaart deur die skeidsregter, Renier Vermeulen, kon die Hoërskool Linden verhinder om die Hoërskool Randburg in hul jaarlikse interskole met 19-17 die loef af te steek nie.

    Linden se losskakel Kyle Lues was ’n ware generaal, wat sy span tot die sege gelei het. Lues het met sy flinke voetwerk verskeie verdedigers van Randburg na lug laat gryp.

    Hy het ook met sy taktiese skopwerk beïndruk en sy span op die voorvoet gehou, sowel as die gebiedsvoordeel beheer.

    Linden het ’n hele ruk net 13 spelers op die veld gehad. Die heelagter Brandon Lizamore en die skrumskakel Philmar de Wet is albei kort ná mekaar koelkas toe gestuur.

    Met net vier minute oor, die telling op 19-17 en Randburg op die aanval, is die flank Christiaan Botha afgestuur.

    Randburg se heelagter Vuyo Shongwe het elke keer dwat hy in besit van die bal was probleme vir Linden besorg.

    Shongwe het ook albei sy span se drieë gedruk.

    Randburg se een vleuel, George Robinson, kon nie Shongwe se tweede drie doel nie, wat die telling gelykop sou gemaak het.

    * Die Oostelike Provinsie se Cravenweek-span was op die jaarlikse Suidelike Bondedag die enigste span wat seges in albei sy wedstryde kon behaal.

    Die OP het sy eweknie van die Westelike Provinsie (13-10) en die Boland (47-0) verslaan.

    Daar moet egter genoem word dat die Streeptruie sonder enige van hul slotte na die Bondedag gereis het. Die span se afrigter, Hein Kriek, het sy stutte beurtelings op slot ingespan.

    “Ek dink nie ’n mens kan te veel in die uitslae lees nie. Ek dink wel die seges was goed vir ons spelers se selfvertroue. Ons weet nou waaraan om te werk by die oefenkamp,” sê Louis Gerber, hoofafrigter van die OP.

    Die Suidwestelike Distrikte en WP het met 20-20 gelykop in hul kragmeting gespeel. Die Volstruisboere het die Boland met 46-3 verslaan.

    * Die Vrystaatse Cravenweek-span het in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Bondedag in Bloemfontein vir Griekwas met 50-17 geklop.

    Die gasheer was rustyd met 19-7 voor. Die Vrystaatse senter Julian Jordaan behoort met sy vertoning van die plaasvervangersbank af sy plek vir die Cravenweek in Middelburg, Gauteng, te bespreek.

    Voorlangs was die haker JC Janse van Vuuren die Vrystaat se beste speler. Die span se agtsteman Alex Jonker kan ook tevrede met sy vertoning wees.

    Vir Griekwas het die heelagter Wilfred Bowers ’n individuele drie vanuit sy eie halfgebied afgerond. Die losskakel Robbie Petzer het ook uitstekend gespeel.

    * Die Griffons se Cravenweek-span was op die Vrystaatse Bondedag te sterk vir Griekwa-platteland. Die Perses het ’n wegholsege van 68-0 behaal.

    Die Perses se vleuel Nazo Nkala was uitmuntend. Hy het twee van sy span se tien drieë gedruk. Die skrumskakel Jaywinn Juries het nege van die drieë gedoel.

    Die span se twee kantmanne, JP Kalp en Henry Searle, het saam met Nkala uitmuntende vertonings opgedis.

    * In die Wes-Kaap het Labori se eerste span die skool se agtereenvolgende seges tot 14 opgestoot toe hy New Orleans met 14-0 geklop het.

    St. Andrew-kollege was met 42-28 teen Kingswood-kollege baas in die twee spanne se jaarlikse interskole, beter bekend as K-Day.

    Die verloorspan was rustyd met 18-8 voor.

  • Junior Boks win NZ thriller to set up JWC final against England

    South Africa will play defending champions England in the Junior World Championship final on 20 June at Eden Park after hooker Corniel Els scored from a driving maul in the 78th minute to secure a thrilling 32-25 win over New Zealand Under-20 on Sunday evening (local time) at the QBE Stadium in North Harbour, Auckland.

    The result stretched the Junior Boks’ unbeaten run against NZ at the JWC to four wins after their two victories the past nine days in Auckland.

    With sudden death extra-time looming and the scores locked at 25-25, the Junior Springboks produced a huge driving maul which saw Els dotted down in the corner to break Kiwi hearts.

    NZ U20 had been overpowered by the South African outfit in the pool stage, but were a much improved side and they got off to the perfect start when hooker Hame Faiva raced down the touchline to open the scoring in the fourth minute.

    South Africa captain Handré Pollard – who during the match became the leading point scorer at both JWC 2014 and in the competition’s history – pulled his side ahead with a intercept try.

    The Baby Blacks hit back again through wing Tevita Li but Pollard kicked a penalty to reduce the deficit to just 5 points at halftime (15-10).

    The second half was a thrilling, tense affair and the nerve-wrecking seesaw nature continued with Junior Bok flyer Sergeal Petersen and NZ counterpart Vincent Tavae-Aso trading tries. However, the South Africans finished the stronger side and they fought their way back from 25-20 down with two outstanding tries from centre Andre Esterhuizen and hooker Els.

    In the earlier semi-final at the same ground, England outplayed Ireland 42-15 to qualify for their second consecutive JWC final.

    An ecstatic Dawie Theron, the Junior Boks coach, said his team’s ability to absorb the pressure was the key factor on the night.

    “It was like a proper Test match out there. It was full of tension, drama and excitement and I’m immensely proud of the boys. We kept our composure and I knew we were always in the game despite going behind at halftime and twice again in the second half,” explained Theron.

    He added: “Credit must go the players. They showed huge fighting spirit and great composure to close out the game like that. Their composure can be attributed to what we do in training. During our sessions we keep the intensity high and always put them under pressure, because that is what you have to do to win games such as these,” Theron told the media at the post-match press conference.

    The coach was again full of praise for his captain’s ability to deal with the high levels of intensity. “Handré Pollard was outstanding with his leadership and he led by example with his play. His intercept try in the first half was no fluke – that was the result of pressure,” added Theron.

    The Junior Bok coach, who won the JWC title in 2012, said his forward laid the foundation for this outstanding win. “We always knew that NZ would target our mauls so we devised a plan to counter them. They performed much better in the lineouts. However, we had faith in our approach we also kicked much better in the second half, which forced them to play differently.

    “Our physical strength up front and the way we controlled our set pieces were vital and in the end it was a fantastic maul which secured us the winning try. We will enjoy this win but we know that we haven’t won anything yet. England were outstanding against Ireland in the other semi-final and from tomorrow we will prepare very carefully for the final,” said Theron.

    Pollard was again sublime in the no 10 jersey for the Junior Boks and he mixed his distribution skills and kicking game with some powerful runs at the NZ defence.

    He became the highest JWC points scorer of all time when he scored his intercept try. According to Pollard NZ put his team under tremendous pressure during an absorbing first half.

    “We started too slow but that was due to the pressure from them. We clawed our way back after they made all the play for most of the first half and at five points behind at halftime I knew we could do it if we could manage to do a bit more with the ball,” said the Junior Bok pivot.

    England outplayed Ireland 42-15 to qualify for their second consecutive JWC final.

    Points scorers:
    Junior Springboks: Tries: Handré Pollard, Sergeal Petersen, Andre Esterhuizen, Corniel Els Penalties: Pollard (2), Conversions: Pollard (3).
    NZ Under-20: Tries: Hame Faiva, Tevita Li, Vincent Tavae-Aso, Penalties: Damian McKenzie (2), Conversions: McKenzie (2)

    Issued by SARU Corporate Affairs

  • Junior Boks and their alma maters – 2014

    Junior Boks and their alma maters – 2014

    Three players in the South African under-20 squad at the Junior World Championship in New Zealand have never played Craven Week rugby. The three players are hooker Ngobidizwe Mxoli, centre Dan Kriel and winger Lloyd Greeff.  

    The South Africans will face England in the final of the 2014 edition of the tournament on Friday. Here is a breakdown of the squad and their achievements as schoolboy players. 

    Forwards

     Players  School Craven Week  SA Schools 
    Thomas du Toit Paarl Boys’ High  2013 2013 
    Wilco Louw HTS Drostdy  2012 2012 
    Ngobisizwe Mxoli Westville Boys’ High    – – 
    Pierre Schoeman Affies 2010-11  2012 
    Dayan van der Westhuizen Centurion   2012 2012 
    Joseph Dweba Florida/Louis Botha 2013 2013 
    Corniel Els Grey College 2012  – 
    Abongile Nonkontwana Selborne College/St. Alban’s College  2013  2012-13 
    JD Schickerling Paarl Gimnasium 2012 2012-13 
    Nico Janse van Rensburg Affies 2012  2012 
    Jacques Vermeulen Paarl Gimnasium 2012-13 2013 
    Cyle Brink  King Edward VII  2012  – 
    Aidon Davis Daniël Pienaar THS 2012 2012
    Jean-Luc Du Preez Kearsney College 2011-2013 2012-13
    Thabo Mabuza Centurion 2011-12 2012
    Victor Sekekete Queens High 2012
    Malcolm Marx King Edward VII 2012 2012

    Backs 

    Players School Craven Week SA Schools
    Zee Mkhabela Glenwood 2012
    JP Smith Queen’s College 2011
    Jean-Luc du Plessis Paarl Boys’ High 2012
    Handré Pollard Paarl Gimnasium 2011-12 2012
    André Esterhuizen Klerksdorp HS 2011
    Rohan Janse van Rensburg Waterkloof 2011-12 2012
    Dan Kriel Maritzburg College
    Lloyd Greeff Transvalia
    Sergeal Petersen  Grey Boys’ High School 2012 2012
    Duhan van der Merwe Outeniqua 2012-13 2012-13
    Warrick Gelant Outeniqua 2012-13 2012-13
    Jesse Kriel Maritzburg College 2012 2012
  • So staan sake in die Beeldtrofee se Groot Skole-afdeling

    Wanneer die eerste rugbyspanne van die Hoërskool Randburg en Hoërskool Linden vandag om 12:45 op die veld draf in hul jaarlikse interskole wedstryd, is daar meer as net uitslag van dié derby op die spel.

    Dié kragmeting op Randburg se tuisveld is ook die laaste van die rondomtalie-wedstryde van die Leeus se Groot skole-liga. Linden het bonuspunt-seges in elk van hul wedstryde sover vanjaar behaal.

    Randburg het op sy beurt weer net teen Bastion met 15-13 die knie gebuig.

    Indien hulle die kragmeting wen, sal Randburg egter bo Linden op die puntelys eindig. Die span spog met ’n beter punteverskil as Linden. Dit beteken die twee spanne sal mekaar weer in die halfeindstryd van die liga die stryd aansê.

    Die wenner van dié halfeindstryd sal tot die Beeldtrofee deurdring. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié reeks.

    Verloor Randburg egter vandag se stryd, sal hy sake uitspook teen Helpmekaar in die halfeindstryd van die Leeus-streek. Randburg se sleutelspeler sal hulle Cravenweek-stut, Franco van der Berg, wees. Hy kan Linden hoofbrekens besorg met sy kraglopies. Randburg sal Linden se losskakel, Kyle Lues, fyn moet dophou.

    Mpumalanga se Groot skole pak mekaar vandag in die kwarteindrondes van die liga. Op Ligbron se velde in Ermelo sal die tuisspan sake om 13:20 teen Oosterland uitspook. In die ander halfeindstryd om 12:00 op dié veld pak Standerton en Generaal Hertzog mekaar.

    Die ander twee kwarteindstryde word by Hoërskool Ermelo beslis. Ermelo speel om 13:20 teen Secunda vir ’n plek in die halfeindstryd, terwyl Piet Retief en Volksrust om 12:00 sake in die ander kwarteindstryd uitspook.

    In die Luiperds se afdeling vir Groot skole sê Hoërskool Klerksdorp en Lichtenburg mekaar om 12:15 in Klerksdorp in ’n belangrike kragmeting die stryd aan. Albei het verlede week oortuigende seges behaal teen onderskeidelik Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool in Potchefstroom.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Randburg: 15 Vuyo Shongwe, 14 Reinardt de Wet, 13 Jeandré van Schalkwyk, 12 Gareth Kramer, 11 George Robinson, 10 Ruben Jacobs, 9 Christoff Buys, 8 Shaun Hulley (kaptein), 7 Brandon Baker, 6 Donovan Otto, 5 Le Roux Joubert, 4 Armand Kruger, 3 Joshua Erasmus, 2 André Bezuidenhout, 1 Franco van der Berg. 

    Hoërskool Linden: 15 Brandon Lizamore, 14 Andy Venter, 13 Dyllan van Tonder, 12 Ryan Johst, 11 Morné van den Berg, 10 Kyle Lues, 9 Philmar de Wet, 8 Brendon Schutte, 7 Christiaan Botha, 6 Ruan Murray, 5 Pascal Snyman (kaptein), 4 Jason Carlse, 3 Wayne van der Merwe, 2 De la Rey van Heerden, 1 Jean Rabie. 

  • Preview – Vrystaat vs. Griekwas

    Die o.18-rugbyspanne van Vrystaat en Griekwaland-Wes sal mekaar Saterdag op Grey-kollege se hoofveld mekaar die eerste keer sedert 2007 die stryd aansê.

    Dié kragmeting is die hoofwedstryd van die jaarlikse Vrystaatse Bondedag.

    Belangrik om krag te meet voor Cravenweek

    Hoewel dit nie ’n vereiste is om ’n suksesvolle Cravenweek te hê nie, behoort dit die Poubloues goed te doen om hulle krag voor die toernooi behoorlik deur die Vrystaters te laat toets.

    Sedert die span nie meer jaarliks voor die toernooi teen Vrystaat bots nie kon hy slegs ’n wenpersentasie van 50% op die toernooi handhaaf. Dit terwyl die unie se grootste krag op skolevlak, Hoërskool Noord-Kaap, in hierdie tydperk nie in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga geklop is nie. Vrystaat het die kragmeting tussen die twee spanne in 2007 met 39-5 gewen.

    Hiers spoed!

    Die plaasvervanger-vleuel van die Vrystaat, Llewellyn Hein, sal waarskynlik die vinnigste speler word wat nog ooit op die Cravenweek in aksie was.

    Toe hy twee jaar gelede as deel van die Suid-Afrikaanse o.16-oefengroep deur Saru getoets is, het hy die 40 m van ’n stilstaande wegspring in ’n ongelooflike 4.60 sekondes afgeblits. Dit is vinniger as die vinnigste Springbok, Bryan Habana (4.66) wat ooit getoets is.

    Op internasionale vlak is dit slegs Sosene Anesi van Nieu-Seeland wat met ’n beter tyd as Hein spog. Hein se vinnigste tyd oor die 100 m en 200 m is onderskeidelik 10.46 en 21.06 sekondes. Daar is wel bronne wat Jongi Nokwe se tyd oor die 40 m as 4.40 sekondes aandui, maar dit kon nie bevestig word nie.

    Steenkamp se X-faktor

    Die Vrystaters se heelagter, Louwtjie Steenkamp, het vroeër vanjaar in twee wedstryde 57 punte aangeteken. Hy het teen Hoërskool Klerksdorp en Duineveld onderskeidelik 31 en 26 punte aangeteken.

    Steenkamp het verlede jaar vir Griekwas se o.16-span gespeel wat sy teenstanders van vandag Boan Venter, Gerco Nortjé en Daniello Huyster ingesluit het.

    Andrade vs. Holtzhausen

    Die stryd in die middelveld tussen Mike Andrade (Vrystaat) en Gerhard Holthzausen (Griekwas) behoort een van die hoogtepunte te wees.

    Andrade wat in 2012 in die nasionale o.16-groep was, speel steeds om sy plek op die bus na die Cravenweek te bevestig. Hy het vanjaar van spelskepper tot ’n meer fisieke speler verander.

    Holtzhausen het verlede jaar die Poubloues op die Cravenweek in Polokwane as agtsteman verteenwoordig. Hy het vanjaar na senter verskuif en was ook deel van die nasionale skolesewes-groep.

    Die spanne is:

    Vrystaat: Louwtjie Steenkamp, Patrick Mbangi, Niell Stannard, Mike Andrade, Dale Koopman, Dwayne Wessels, Shirwin Cupido, Alex Jonker, Victor Maruping, De Wet Bezuidenhout, Ruben Schoeman, Jurie Burger, Janu Botha, JC Janse van Vuuren, Ruben Terblanche. Plaasvervangers: Greydon Wenn, Gela Khanya, IG Prinsloo, Kian Skippers, Dian Badenhorst, Llewellyn Hein, Jeandré Christian, Julian Jordaan.

    Griekwas: Wilfred Bowers, Leon Becker, JD Swanepoel, Gerhard Holtzhausen, JP Abrahams, Robbie Petzer, Brandon de Melim, Georg Sieberghagen, Nardus Bosman, Damain van der Bergh, Teubes Brits, Rikus Zwart, FC Swart, Brandon Smith, Boan Venter. Plaasvervangers: Geo Davel, Gloucester Hugo, Ulric Sellar, Ruan Willemse, Gerco Nortjé, Daniello Huyster, Keaton Gordon.

  • Preview – Griffons vs. Griekwa-platteland

    Preview – Griffons vs. Griekwa-platteland

    Die Griffons en Griekwa-platteland se o.18-rugbyspanne pak mekaar in die vernaamste voorwedstryd van die hoofwedstryd van vanjaar se Vrystaatse Bondedag. Die Bondedag word op Grey-kollege se veld in Bloemfontein aangebied.

    Die vlieënde vleuels van die Perses

    Die Griffons se twee vleuels, Nazo Nkala en Jonathan April, is nie ouens wat jy ’n halwe geleentheid kan gun nie, anders gaan kuier hulle agter jou pale.

    Albei het al verlede jaar ook die Perses op die Cravenweek verteenwoordig. Nkala het vanjaar reeds sewe keer in sy skoolspan, Welkom-Gimnasium, se vyf ligawedstryde gaan druk. April is ietwat stiller vanjaar as verlede jaar, maar het self vanjaar vyf keer in vyf ligawedstryde die doellyn oorgesteek.

    Daar kan dus verwag word dat die Griffons vanjaar die bal hope lug sal gee.

    Die Plattelanders is ’n jongspan

    Meer as ’n helfte van Griekwa-platteland se span is volgende jaar steeds verkiesbaar om vir die unie op die Cravenweek te verteenwoordig.

    Selgs twee spelers die slot Ryno Karstens en stut Sergio Boer was verlede jaar ook vir die span op die Cravenweek in aksie.

    Slotte dalk sleutel vir Griekwa-platteland

    Die span van die voormalige Noordoos-Kaap (NOK) se twee slotte, Karstens en Cobus Wiese, sal waarskynlik sleutelrolle vir die span vertolk.

    Karstens het met sy ondervinding ’n belangrike rol om voorlangs te vertolk. Wiese is vroeër vanjaar in die span van die week tydens die jaarlikse Oakdale Landbou rugbyweek ingesluit. Wiese staan 1.97 m in sy sokkies en weeg 94 kg.

    Standvastige Juries

    Die Griffons se skrumskakel, Jaywinn Juries, is die speler met die suiwerste aangeë vanuit die oond in die sentrale streek. Op skolevlak in Suid-Afrika is dit slegs Ralton October (Leeus) wat by hom kan kers vashou. Juries, October en die Blou Bulle se Embrose Papier is die vernaamste aanspraakmakers om vanjaar die SA Skole-span se oond skoon te maak.

    Die aanvallende Alexander

    Met die Perses wat van oor die gevaarlikste vleuels in die land beskik, moet die skeppende vaardighede van die heelagter, Ezrick Alexander, nie weggegooi word nie. Hy het die vermoë om spanne se verdedigings aan flarde te hardloop as hy besluit om ’n teenaanval te loots.

    Die spanne is:

    Griffons: Ezrick Alexander, Nazo Nkala, Siyamamkela Ngxesha, Boeta Vermaak, Jonathan April, Luan James, Jaywinn Juries, Francois Stemmet, Henry Searle, JP Kalp, Erik Knoetze, Wesley McMaster, Armand van Wyk, Toffie van Zyl, Fanie Vermaak. Plaasvervangers: Nick Fortuin, Neo Mohapi, Niel Janse van Rensburg, Nathan Kemp, Jason Olivier, Kobus Kleyn, Tokkie van Zyl.

    Griekwa-platteland: Renaldo Theron, Joe-Lyhten Willemse, Ettiene Kruger, Dillon Magerman, Marcel van der Westhuizen, Coenie Lamprecht, André Share, Rynard Hayes, Erik Jordaan, Dian Dry, Ryno Karstens, Cobus Wiese, Stefan Hanekom, Erlu Jonck, David du Toit. Plaasvervangers: Gert Nel, Sergio Boer, Wynand Terblanche, Garth-Lee Young, Denvil Joseph, Naziem van Wyk, Franco Snyders.

  • Preview – Vrystaat Kiewiete vs. Oos-Vrystaat

    Die Vrystaatse Kiewiete behoort vanjaar weer ’n sterk aanspraakmaker op die titel as kampioen op die jaarlikse VKB-rugbyweek op Reitz te wees.

    Die Kiewiete kom vandag op die Vrystaatse Bondedag teen die gasheer van die week, Oos-Vrystaat op Grey-kollege te staan.

    Die Kiewiete word aangevoer deur die haastige vleuel, Lee-heane Ontong, wat vanjaar een van die voorste driedrukkers op skolevlak in Suid-Afrika is. Hy het vanjaar reeds 13 drieë in die Vrystaatse B1-liga gedruk.

    Ontong het verlede jaar na afloop van die week op Reitz die sogenaamde “Suid-Afrikaanse Platteland-span” gehaal wat op die week gekies word. Ontong was ook in 2012 goed genoeg na die eerste Cravenweek-proewe van die Vrystaat geag om die unie se Cravenweek-span te haal. Hy het egter later uitgeval. Ontong is ook sy skool, President Steyn, se onderhoofseun.

    Hy en die Steyners se heelagter, Abraham Nkuku, sal hulle kombinasie in die agterste driehoek saam met Henco Pieterse van Brandfort voortbou. Nkuku en Ontong het vanjaar verskeie spanne probleme op die verdediging besorg wanneer hulle besluit het om met die bal te hardloop.

    Die losskakel, Eugene Strydom, behoort die agterhoede glad weg te stuur.

    Soos die Sandveld staan die Oos-Vrystaat ook baie van sy spelers aan die Griffons se plattelandse Akademie-span af. Veral Reitz se twee senters, Hannes Aucamp en NP Linde, saam met Wilgerivier van Frankfort se flank Gerrie Muller kon ’n reuse verskil in die span gemaak het. Muller staan nog ’n kans om die Griffons se Cravenweek-span te maak indien hy ’n stewige vertoning vandag vir die Perses se Akademie-span teen die Akademie-span van Griekwa-platteland kan inkry. Verder speel Vrede se losskakel, Johan Esterhuizen vir die Perses se o.19-span.

    Vir Oos-Vrystaat behoort ervare eerstespan spelers soos die heelagter, Edwin Gower en vleuel Ricardo Frade sleutelspelers te wees.

    Die spanne is:

    Vrystaat Kiewiete: Abraham Nkuku, Henco Pieterse, Zandré Groenewald, Chris de Jager, Lee-heane Ontong, Eugene Strydom, Berto van Rensburg, Kobus van Tonder, Fanie Griesel, Coenie Bezuidenhout, Janco Nel, Willie van Rensburg, Gideon Hendriks, BD van der Vyfer, Anthony Senekal. Plaasvervangers: André Nienaber, Barend Alexander, Marco van der Westhuizen, Juan Human, Hendrie van Dyk, Henco de Wet, Lukas Smith, Donovan Pretorius.

    Oos-Vrystaat: Edwin Gower, Stean Marais, Willem Buys, Gavin Wolmarans, Ricardo Frade, JJ Dekker, GJ Janse van Rensburg, Rualt Keulder, Sean Herbst, Lourens Jooste, MJ Lourens, Drian Scheepers, Shantz de Waal, Johan Rossouw, Chris Meyer. Plaasvervangers: Willie Kruger, Jayson Booysen, Marius Barnard, Gerrie van der Merwe, Paul Terblanché, Jaco Pretorius, Morné Spies, Keegan Christians.

  • Slabbert en Muller vandag onder die vergrootglas

    Daar is vandag twee individuele spelers se vertonings wat vandag op die Vrystaatse Bondedag by Grey-kollege deur die keurders fyn dopgehou sal word.

    Albei is losvoorspelers en sal as die twee ongelukkigste spelers vanjaar in die sentrale streek tel indien hulle nie hulle onderskeie unies se spanne na die 51ste Cravenweek vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga) haal nie. Die twee spelers is Henry “Tumi” Slabbert (Vrystaat) en Gerrie Muller (Griffons).

    Slabbert sal vandag ’n uitstaande vertoning vir die Vrystaatse Akademie-span teen sy eweknie van Griekwaland-Wes wil lewer. ’n Uitmuntende vertoning kan dalk net vir hom ’n plek in die span vir die Cravenweek-span besorg voor dié span gefinaliseer word.

    Slabbert was vanjaar een van Grey-kollege se uitstaande voorspelers. Hy was verlede jaar in Zastron en het die Suid-Vrystaatse span op die VKB-week in Reitz verteenwoordig. Na afloop van dié week was hy in die span ingesluit wat verlede jaar na Frankryk getoer het.

    Slabbert was voor hy Zastron toe is in 2012 in Grey, maar kon nie ’n gereelde plek in die skool se o.16A-span kry nie. Hy het net na sy skuif uit Grey vir Zastron se sewesspan gehelp op op Vrystaat se jaarlikse sewesdag vir Grey met 15-12 te troef.

    Hy het vanjaar al tien keer vir Grey se eerstespan geen druk, wat die meeste deur enige speler in die span is.

    Muller van die Hoërskool Wilgerivier beleef sover ’n uitstekende seisoen op die rugbyveld. Hy spog vanjaar met nege drieë in sy span se ses ligawedstryde in die Oos-Vrystaat. Hy is hiermee ook die voorste driedrukker in dié liga.

    Muller het in 2012 die Griffons op die Grant Khomo-week verteenwoordig. Verlede jaar was hy lid van die Perses se Plattelandse-akademiespan. Hy is vandag ook in die span teen hulle eweknie van Griekwas te sien. Muller kan egter soos Slabbert nog met ’n uitstaande vertoning sy plek in die Cravenweek-span oopspeel.

    Hy was in 2012 ook as die speler van die wedstryd in die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) se eindstryd aangewys toe sy skoolspan as kampioen gekroon is. ’n Uitsonderlike prestasie as daar in ag geneem word dat hy nog slegs in graad tien was.

  • Preview – Sandveld vs. Suid-Vrystaat

    Die Suid-Vrystaatse o.19-rugbyspan het in sy geledere twee van die voorste puntemasjiene wat vanjaar die 17de VKB-week op Reitz sal bywoon.

    Die span se losskakel Stephan Nel en binnesenter Danie Muller het vanjaar vir hulle onderskeie skolespanne Zastron en Hendrik Potgieter van Reddersburg die punte opgestapel.

    Die Suid-Vrystaters kom vandag teen sy eweknie van die Sandveld te staan. Dié span bestaan vanjaar uit 18 spelers van Zastron, terwyl Muller en die flank Lucas Muller van Hendrik Potgieter is. Die ander twee spelers in die span is Frikkie Grobler en Morné Jacquire van Koffiefontein.

    Die Suid-Vrystaters kom in hulle eerste wedstryd van die VKB-week teen die verdedigende kampioene, die Valke te staan.

    Die Sandvelders behoort egter vandag meer as sy man te staan. Die span het drie spelers in sy beginspan in die agterhoede wat lede van Bothaville se span is wat alle teenstand voor hom in die Sandveld-liga weggevee het. Die span se heelagter, Derick Beeslaar, het vanjaar al tien keer vir Bothaville gaan druk. Die ander twee agterspelers van Bothaville in die beginspan is die senter Merwe Snyman en vleuel Tshepang Masike.

    Op losskakel is die ratse, Sylvester Seseane van Theunissen. Hy hou Bothaville se WJ Crous uit die span wat reeds vanjaar 127 punte vir sy span in 13 wedstryde opgestapel het.

    Die Griffons se Cravenweek-stut, Armand van Wyk, se tweelingbroer, Donovan van Wyk, draf op loskopstut vir Sandveld uit. Donovan het vanjaar ’n groter aptyt vir drieë gehad en vyf keer vir Bothaville oorgeval.

    Anders as die span van Suid-Vrystaat het die span van Sandveld heelwat spelers gehad wat nie verkiesbaar is nie, weens hulle verpligtinge by veral die Griffons-platteland se Akademie-span.
    Sandveld kom teen Lynx-Suid op die eerste dag van die VKB-week te staan.

    Die spanne is:

    Sandveld: Derick Beeslaar, Nico Venter, Merwe Snyman, Arno Taljaard, Tsepang Masike, Sylvester Seseane, Johan Fick, Kobus Scheepers, Zander Bester, Wian Jordaan, Christo Potgieter, Alec Dodds, Phillip du Plessis, Jaco Groenewald, Donovan van Wyk. Plaasvervangers: Belthus Conradie, Ettienne Verster, Theo du Plooy, Armand du Plooy, WJ van Staden, Chris Norton, JP Korkie, WJ Crous, Erik Helm.

    Suid-Vrystaat: Khotso Potsane, Molefe Kente, RP Bekker, Danie Muller, Tsepo Kente, Stephan Nel, Ruan Goosen, Van Zyl Cronjé (k), Kobus van Zyl, Lucas Muller, Jaco Muller, Danie van Zyl, Ivann Bothma, Eugene Smit, Ricus McLeod. Plaasvervangers: Jason Scorgie, Thato Kitsane, Hendrik Lombaard, Willem van Staden, George Theron, Frikkie Grobler, Morné Jacquire.

  • NZ semifinal showdown excites Pollard

    NZ semifinal showdown excites Pollard

    JWC2014SemisJunior Springbok captain and flyhalf Handré Pollard and his team mates are relishing the prospects of playing home team New Zealand Under-20 in the feature semi-final of the IRB Junior World Championship at the QBE Stadium in Albany, Auckland.

    The Vodacom Bulls flyhalf will play in his third consecutive semi-final after making his JWC debut in 2012 on home soil in South Africa. In 2012 he won the JWC title as a schoolboy while last year he was in the exciting Junior Boks team that finished third in France.

    He also has the distinction of finishing on the winning side in all three his previous outings against the New Zealanders at the annual JWC tournament. On Sunday morning (SA time) he and his team mates must line-up against the Baby Blacks once more, with a final place next week at Eden Park as reward for the winning side.

    The Junior Boks have shrugged off their early tournament injury woes which saw them having four players on the sideline at one stage. They also came through unbeaten after safely navigating tough encounters against Scotland, New Zealand and Samoa. The last match was played in testing conditions, with an ice-cold wind and swirling rain in Pukekohe.

    Speaking to media on Friday afternoon during a promotional photo shoot at the Auckland waterfront, Pollard mentioned that good mood of the side and exciting prospects of playing the strong home team for a second time in the tournament”

    “There is a very good mood in our camp. We are excited by the prospects of playing NZ at home again. It will be daunting task but the guys are looking forward to play because this is a vital match and a must win situation,” said Pollard.

    He added his team has taken a lot of confidence from their pool win over New Zealand, but each player knows it will be much harder come Sunday.

    “Our team has a real desire to play in the final and we realise that if we want to achieve that then we must be clinical and take our opportunities. We all know that New Zealand is a side that can punish you severely for making mistakes,” added Pollard.

    According to the big SA number 10, he has personally learnt a lot from playing in two previous semi-finals. “It it is more of a mental challenge than anything else. There is all the hype, excitement and huge build-up to the match but as a team you need to stay in your system so that you can execute your plan well,” explained the Junior Boks captain.

    Defending champions England and Ireland will meet in the earlier semifinal at 07h05.

    The match kicks off at 09h35 SA time at the QBE Stadium in Albany, Auckland in New Zealand and will be televised live on SuperSport.

    Issued by SARU Corporate Affairs