
PRETORIA. ā Die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling word duidelik ook nie in Mei-maand gewen nie.
Die HoĆ«rskool Garsfontein het Saterdag ān sprokie-seisoen met ān sege van 36-30 in die eindstryd van die reeks teen die HoĆ«rskool Waterkloof op laasgenoemde se veld hier afgesluit.
Min sou die Turkoois Bere aan aanspraakmakers op die titel beskou het na die span vroeĆ«r vanjaar ses nederlae op ān streep op die lyf geloop het. Die laaste van daardie nederlae was teen die einste Klofies (36-47) in hul ligawedstryd.
Die Blou Tornado se eerste sege oor Garsies sedert 2013. Die Bere se afrigtingspan onder Johan du Plessis (hoofafrigter) en Sylvester Booysen (hulpafrigter) het egter bly glo en hul span het hul met ān trofee beloon.
Die Bere se kaptein en binnesenter, Luann Olivier, het welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Hy was uitstekend by die afbreekpunte en het verskeie kere hier vir sy span omgekeerde besit bewerkstellig.
Die eindstryd was voorwaar ān vertoonventer vir skolerugby in die Noordvaal-streek. Albei spanne het opwindende hardlooprugby opgedis.
Garsfontein moes die laaste minuut met slegs 12 spelers op die veld klaarkom na Brooklyn Newman, Thinus Oosthuizen en MornĆ© Coetzer koelkas toe gestuur is. Die Klofies was enkele meters weg van ān sege voor die eindfluitjie.
Garsies se agttal het weer die grondslag voorlangs gelĆŖ met die voorryman, Luan van den Berg, en flank Oosthuizen aan die spits. Olivier se sentermaar, Ruan Enslin, was ook vuurwarm.
Vir Klofies het sy heelagter, Ronan Bastiaanse, ān goeie wedstryd beleef. Die binnesenter, Happy Makate, wat in sy 50ste wedstryd vir Waterkloof in aksie was, was ook soos altyd uitstaande.
Transvalia van Vanderbijlpark kon dalk nie vanjaar daarin slaag om vir HTS Middelburg se Rooi Bulle om te dop nie, maar hy kon darem Saterdag daarin slaag om sy hande op die Plaat-afdeling se trofee te kry.
Valia het danksy ān drie deur sy haker, Jayden McPearson, na die sirene daarin geslaag om die trofee met die Rooi Bulle te deel. Die span se losskakel, Dylan Steynman, het diĆ© drie vanuit die hoekie verdoel om sake op 24-elk gelyk te trek.
Die span van Vanderbijlpark se heelagter, Siya Khambula, was ook uitstaande op diƩ dag.
In die Skild-eindstryd het Wesvalia van Klerksdorp op sy tuisveld vir Lichtenburg met 23-21 die loef afgesteek.
Wesvalia het met hierdie sege die Skild-afdeling onoorwonne afgesluit en ook sy eerste titel ooit in die Noordvaal-reeks ingepalm. Sy kaptein en agtsteman, HanrƩ Venter, was soos regdeur die seisoen weer uitstaande.
Die span se heelagter, Rickardt van Heerden, het ook met sy skopwerk in winderige omstandighede beĆÆndruk.
Potchefstroom Gimnasium se binnesenter, Elrich Bosch, het na speeltyd reeds vertreke was gaan druk om sy span tot ān naelskraapse sege van 18-17 oor Eldoraigne in die Bowl-eindstryd.
Die wenspan se heelagter, David Ndala, het met die doelskop geslaag om Eldos se 50ste bestaansjaar se partytjie so bietjie te demp.
Al drie die verdedigende kampioene in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-, Irawa- en Colt-liga het hul titels suksesvol op Shimlapark in Bloemfontein verdedig.
Welkom Gimnasium het weer die bordjies teen Voortrekker van Bethlehem in die Shimla-liga se eindstryd met 27-19 verhang om weer met die trofee terug na Welkom te reis.
Die Trekkers is die Griffon-kampioen na hulle vir Gimmies vir 36-28 in daardie eindstryd geklop het. Gimmies se losskakel, Ronaldo Kiewiet, het vir oulaas vir sy skoolspan ten toon gestel waartoe hy instaat is.
Wilgerivier van Frankfort het sy titel met ān klinkende sege van 62-28 oor Curro Kathu suksesvol verdedig. Die Wilgies het in die tweede helfte na ān hoĆ«r rat oorgeskakel na hulle teen rustyd met 29-14 voorgeloop het.
Die kampioenspan se heelagter, Marnus Swart, en slot Drihan Engelbrecht het elk twee keer agter die span van Kathu se doellyn gaan kuier.
Hoopstad het sy titel as kampioen van die Colt-liga behou deur vir Vrede met 45-12 oortuigend in die eindstryd te verslaan.
Die span se agtsteman, Adam Barnard, het twee keer agter die doellyn gaan kuier. Die span se linkervleuel, Busi Mfebe, het 15 punte tot die sege met ān drie en vyf doelskoppe bygedra.










