SSPN Test Site

Blog

  • NWU Sportreeks: Skitterende skolenetbal opgedis

    NWU Sportreeks: Skitterende skolenetbal opgedis

    Facebook: Hoërskool Eldoraigne

    Die NWU Sportreeks het die afgelope naweek opnuut bewys waarom dit een van die kompeterendste netbalkompetisies in die land is. Skolespanne van regoor die land het mekaar die stryd aangesê in intense kragmetings, met Menlopark, Hoërskool Nelspruit en Ben Vorster wat die groot wenners was.

    Menlopark se netbalspanne het hul oorheersing teen Eldoraigne tentoongestel met ‘n skoonskip van oorwinnings oor al ouderdomsgroepe heen.

    Die o.19 A-span het veral beïndruk met ‘n wegholsege van 54-13, terwyl die o.19 B-span ook sterk vertoon het om met 39-8 die botoon te voer.

    Die kragmetings tussen Hoërskool Nelspruit en HTS Middelburg het ‘n rits naelbytstryde afgegee, met albei skole wat uiters mededingend vertoon het.

    Nelspruit se spanne het meestal die oorhand geniet, maar HTS Middelburg het telkens ‘n verbete stryd opgesit en ook twee wedstryde, insluitende die o.14A-kragmeting, gewen.

    Ben Vorster se netbalspanne het uitstekend vertoon teen Waterkloof, met uitsonderlike spel wat deur albei skole opgedis is.

    Een van die uitblinkers van die dag was Annelien Lombard, wat in haar eerste wedstryd vir die o.19 A-span, as ‘n graad 11-speler, uitmuntend gevaar het. Haar doelpersentasie was indrukwekkend, en sy het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die span se sukses.

    Daarbenewens was Ben Vorster se verdediging uiters sterk en het hulle as ‘n eenheid gewerk om ses oorwinnings, teenoor Klofies se drie, te behaal.

    Die NWU Sportreeks is ongetwyfeld ‘n hoogtepunt op die netbalkalender. Met ongelooflike talent en hewige wedstryde is dit duidelik dat Suid-Afrikaanse skolenetbal op ‘n hoë vlak funksioneer. Die volgende rondes beloof om selfs meer opwinding en mededinging op te lewer.

    Al die uitslae: 

    o.19: Menlopark 54, Piet Retief 13; Hoërskool Nelspruit 26, HTS Middelburg 24; Ben Vorster 34, Waterkloof 27.

    o.17: Menlopark 29, Piet Retief 11; Hoërskool Nelspruit 23, HTS Middelburg 19; Waterkloof 26, Ben Vorster 14.

    o.16: Menlopark 26, Piet Retief 4; Hoërskool Nelspruit 19, HTS Middelburg 9; Ben Vorster 21, Waterkloof 13.

    o.15: Menlopark 31, Piet Retief 11; Hoërskool Nelspruit 27, HTS Middelburg 7; Ben Vorster 17, Waterkloof 15.

    o.14: Menlopark 28, Piet Retief 15; HTS Middelburg 14, Hoërskool Nelspruit 12; Ben Vorster 17, Waterkloof 12.

  • Rooi Bulle tem nóg ’n grote, Parkies druk 10 keer teen Piet Retief

    Rooi Bulle tem nóg ’n grote, Parkies druk 10 keer teen Piet Retief

    FOTO: Suné Rowe Photography.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg het vir die tweede agtereenvolgende week ‘n groot hond in die Noordvaal gebyt.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Rooi Bulle het in Mbombela vir Hoërskool Nelspruit met 24-18 getroef in ‘n skouspel van hardlooprugby.

    Buitesenter, Jacques Greyling, wat oorgeduik het vir een van sy span se vier drieë, spog met die unieke prestasie dat hy nog in elke wedstryd wat hy vir die eerste span van Middelburg gespeel het agter die doellyn gaan kuier het.

    Die besoekers se gewilligheid om die bal lug te gee en die Rhinos se verdediging deurgaans te toets, het vrugte afgewerp en die sege verseker. Losskakel, Nathan Janse van Vuuren, het weer puik diens gelewer om vir Greyling en kaptein, Johnny Dos Santos, wat kort voor die afskop in die beginspan ingetrek is en ook ‘n drie gedruk het, op die voorvoet te plaas.

    Die tuisspan het homself deur ongedwonge foute en gebrekkige dissipline in die voet geskiet, hoewel hy met rukke en stote beslis gevaarlik voorgekom het op die aanval. Agsteman en kaptein, Vaughn van Zyl, het ‘n besielende vertoning gelewer om die Rooi Bulle se agttal met sy fisieke dryfspel besig gehou, en is welverdiend beloon met een van die Rhinos se twee drieë.

    Die uitstaande aspek van die tuisspan se vertoning was die gesag waarmee hulle in die vaste fasette te werk gegaan het. Dit was verál in die skrums waar hulle, te danke aan stutte, Lindelani Ndlela en Gert Cloete, hul stempel deeglik afgedruk het en dit kan op die pad vorentoe ‘n stewige platform bied vir die agterlyn.

    Die Hoërskool Menlopark het uithalerspel opgedis op Hoërskool Piet Retief se Jack Botes-stadion om nie minder nie as 10 keer agter die  doellyn te gaan kuier en die tuisspan ‘n dragslae van 78-7 toe te dien. Interessant genoeg is agt van die drieë deur vier van die Parkies se voorspelers gedruk.

    Die besoekers se verwoede dryfmale was een te veel vir vir die tuisspan, met dié momentum wat vir haker, Declan Pelser, oopkantflank, Nathen du Plessis, en losskopstut, Mattheus Prinsloo, in staat gestel het om elkeen twee keer die doellyn oor te steek.

    Losskakel, Andru Keun, het nietemin ook sy bedrewe agterlyn aan die gang gekry, en die Parkie-kaptein se besluitneming en intensie om die bal so vinnig moontlik te versprei was ook ‘n deurslaggewende faktor in die Pretorianers se wegholsege.

    Puntemakers:

    HTS Middelburg 24 (12) – Drieë: Hanru Terblanche, Ethan de Kock, Johnny Dos Santos, Jacques Greyling. Doelskoppe: WJ Enslin (2). Hoërskool Nelspruit 18 (6) – Drieë: Vaughn van Zyl, Liam Pringle. Doelskop: Pringle. Strafdoele: Pringle (2).

    Menlopark 78 (40) – Drieë: Declan Pelser (2), Nathen du Plessis (2), Mattheus Prinsloo (2), Bladen Pietersen (2), Xander Roets, Jacques Wiltz, Reihardt Herbst, Gustav Schäffner. Doelskoppe: Anru Keun (8), Willie Pieterse. Hoërskool Piet Retief 7 (0) – Drie: Vuyani Tshabalala. Doelskop: Musa Ncube.

    Ander spanne:

    o. 16: HTS Middelburg 20, Hoërskool Nelspruit 14; Hoërskool Piet Retief 27, Menlopark 20.

    o. 15: Hoërskool Nelspruit 19, HTS Middelburg 0; Menlopark 10, Hoërskool Piet Retief 6.

    o. 14: Hoërskool Nelspruit 15, HTS Middelburg 14; Menlopark 17, Hoërskool Piet Retief 5.

  • Farmer laat die Woeries vooruit boer, Kleynhans se skopskoen doen praatwerk vir Erries

    Farmer laat die Woeries vooruit boer, Kleynhans se skopskoen doen praatwerk vir Erries

    Na die eerste twee rondes van die nuwe NWU Interskole-reeks blyk dit dat die Hoërskool Ermelo en Hoërskool Centurion die twee spanne is om te klop.

    Centurion het sy aanslag in die reeks afgeskop deur Overkruin met 38-22 te troef. Die twee spanne sal mekaar later vanjaar weer in Afdeling 2 van die Blou Bulle-liga pak. Die Woeries kan verwag dat Overkruin dan met ‘n groter aanslag vorendag sal kom.

    Centurion se losskakel, Donell Farmer, het sy skopskoene aangehad en 18 punte daarmee aangeteken. Voorlangs het Robbie Herholdt (haker), Malan le Roux (flank) en Darius Durie (agtsteman) die grondslag help lê vir die sege.

    Le Roux het twee keer oor Overkruin se doellyn gebars.

    Die Woeries se laaste groepwedstryd op 20 Maart teen Dinamika sal heel moontlik die wenner die die groep bepaal.

    Dinamika het sy eerste kragmeting in die reeks teen Dr. Malan van Meyerton met 36-22 gewen. Die span van Meyerton het in die eerste ronde in die reën vir Overkruin met 8-5 getroef.

    Dokkies se heelagter, Luka Pretorius, het vanuit die laaste vesting vir Dinamika ‘n paar keer laat bontstaan.

    Die Hoërskool Ermelo het in Boksburg teen Oosterlig met 54-22 koning gekraai. Die tuisspan het Ermelo in die eerste helfte nog in toom gehou met die besoekers wat teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 21-10 geniet het.

    Die Erries se losskakel, Janco Kleynhans, het 19 van sy span se punte aangeteken. Hy het een van sy span se sewe drieë gedruk asook al sewe verdoel. Die agtsteman, Francois Homan, was gevaarlik met die bal in die hand en het ‘n driekuns aan drieë behaal.

    Lydenburg het op sy tuisveld in ‘n strawwe tweestryd met 13-11 as oorwinnaars uit die stryd teen Hans Moore van Benoni getree. Die wenspan se Seabi Ramodike (haker) en Jaidem Venter (slot) het meer as hul kant gebring.

    Hans Moore se senter, Troy Strydom, het al sy span se punte aangeteken. Strydom kon in die doodsnikke van die kragmeting met ‘n strafdoel ‘n sege vir sy span beklink, maar het ongelukkig die stelskop gemis. Hy is vir sy blink vertoning as Speler van die Wedstryd aangewys.

    Puntemakers: 

    Ermelo 54 (21) – Drieë: Francois Homan (3), Thabo Mokwena (2), Nicolas Steyn, Janco Kleynhans. Doelskoppe: Kleynhans (7). Oosterlig 22 (10) – Drieë: Juandré Naude, Brandon Desmore, Zander Crous. Doelskoppe: Jayden Middleton, Daniël Calvin. Strafdoel: Middleton.

    Lydenburg 13 (5) – Drie: Teejay van der Walt, Joshua Weber. Strafdoel: Alan Vos. Hans Moore 11 (6) – Drie: Troy Strydom. Strafdoele: Strydom (2).

    Centurion 38 – Drieë: Malan le Roux (2), Gerldo Danster, Coenraad du Toit. Doelskoppe: Donell Farmer (3). Strafdoele: Farmer (4). Overkruin 22 – Drieë: Waylon Oncke (2), Lequine Fredericks, Damian Sealie. Doelskoppe: Eagan Klein.

    Dr. Malan 22 – Drieë: Luka Pretorius (2), Amborgio van der Westhuizen. Doelskoppe: Dewald Erasmus, Pretorius. Strafdoel: Erasmus. Dinamika 36 – Geen puntemakers ontvang nie.

    Ander spanne: 

    o.16: Ermelo 29, Oosterlig 21; Centurion 66, Overkruin 0; Dinamika 40, Dr. Malan 7; Lydenburg 43, Hans Moore 10.

    o.15: Ermelo 17, Oosterlig 5; Centurion 41, Overkruin 0; Dinamika 21, Dr. Malan 20; Lydenburg 10, Hans Moore 5.

    o.14: Ermelo 29, Oosterlig 17; Centurion 7, Overkruin 5; Dinamika 22, Dr. Malan 19; Lydenburg 19, Hans Moore 10.

  • Bantwana suffer a setback in u17 FIFA Women’s World Cup qualifier

    Bantwana suffer a setback in u17 FIFA Women’s World Cup qualifier

    Katleho Malebane, of South Africa, during the international women’s friendly match between South Africa and Lesotho at UJ Soweto Stadium in Johannesburg on 22 February 2025. Photo: Alche Greeff/BackpagePix.

    The South Africa u17 girls’ national team, known as Bantwana, suffered a setback in a second round, first leg, u17 Confederation of Africa Football (CAF) | FIFA Women’s World Cup qualifier against Nigeria at the Lucas Moripe Stadium, in Pretoria, on Saturday, going down 1-3.

    Despite contending with strong support from the locals, who sang and chanted throughout the contest, Nigeria secured a solid victory in South Africa’s backyard.

    The game was tense in the early going, with a tactical battle unfolding. Nigeria, though, exhibited more composure on defence than the home team and maintained a good structure while seeking to punish South Africa with counterattacks down the flanks.

    Mphelo Thorisho, on the left, and Sethabile Kamwande, at right-back, were kept busy by the speedy and skilful Nigerian wings. Both, though, were up to the task.

    The match flowed one way and then the other until Nigeria took the lead through Shakirat Moshood. They went two goals clear when Harmony Chidi struck three minutes before the break.

    With her team trailing, Bantwana coach Ntombifuthi Khumalo made some changes in an effort to overturn the Nigerians’ lead, including removing  Nobahle Mdelwa. The Flamingos had done their homework and shut down the supply routes to Mdelwa.

    South Africa pulled a goal back when captain Katlego Malebana netted from the penalty spot to give the hosts the hope of a share of the spoils. But Chidi scored her second goal of the game to make it 3-1 and Bantwana couldn’t find a way through the visitors.

    South Africa fought to the end, but they failed to make use of the chances they created. It was a frustrating afternoon for the fans in the stands, who felt their team should have scored more than one goal.

    After the game, Bantwana’s head coach, Ntombifuthi Khumalo, told the SAFA Media team that there are areas where her team needs to improve, but she remains hopeful that they can stage a strong comeback in Nigeria.

    “Once our opponents put pressure on us, that’s where we fail to protect our posts,” Khumalo said. “That’s the challenge we need to fix before we head into the second leg. The girls showed resilience, and we know what we need to work on.”

    South Africa captain Katlego Malebana was optimistic about her side’s chances of turning the tie around in Nigeria. “The game wasn’t that bad,” she said. “We just need to take advantage of our opportunities next time around. We believe in ourselves, and we’ll be ready for the second leg.”

    Flamingos’ coach Bankole Olowookere praised his team’s performance, but he expects a tougher challenge in the return leg. “We had a good result, but we need to improve on a few things for the next game, as I know South Africa is also going to improve,” he said.

    South Africa faces Nigeria at the Remo Stars Stadium in Ikenne-Remo next weekend. They have a huge mountain to climb if they are to keep their u17 FIFA Women’s World Cup dream alive.

  • Fletcher en Jansen baljaar in die middelveld vir Brandwag in Super-reeks

    Fletcher en Jansen baljaar in die middelveld vir Brandwag in Super-reeks

    Tuis - HOËRSKOOL LINDENDie Hoërskool Brandwag van Benoni en Hoërskool Linden sal mekaar in die eindstryd van vanjaar se Super-reeks die stryd aansê.

    Albei spanne moet egter nog komende Saterdag teen onderskeidelik Generaal Hertzog van Witbank en die Hoërskool Tuine van Pretoria in hul laaste groepwedstryde uitdraf voordat hul aandag na die eindstryd op 12 April kan verskuif.

    Brandwag was op sy stukke en het Birchleigh Saterdag met 71-10 kaf gedraf. Die wenspan het in totaal 11 drieë ingeryg waarvan die buitesenter en onderkaptein, Tristan Fletcher, drie gedruk het. Fletcher was sonder twyfel sy span se beste speler op die dag.

    Die span se haker, Damian Minnaar, asook die binnesenter, Dirk Jansen, het elk ook twee keer ‘n draai agter die doellyn gemaak. Minnaar het met sy stormramlopies gesorg dat sy span deurgans op die voorvoet bly.

    Brandwag se kaptein en loskopstut, Wian Riekert, het in die skrums vir Birchleigh laat kreun. Die flank Ian Venter het by die afbreekpunte ook seker gemaak dat Birchleigh se besit so ietwat stadiger was, as wat hul dit graag sou wou hê.

    Die wenspan se skrumskakel, Jason Coetzer, het gesorg dat sy agterlyn skoon balbesit van die voorspelers ontvang. Dit het bygedra tot die feit dat Jansen en Fletcher agterlangs kon baljaar. Die heelagter, Zander Gower, verdien ook vermelding vir die manier hoe hy aansluiting by die agterlyn gevind het.

    Linden het sy onoorwonne status in die reeks behou deur Vereeniging Gimnasium op laasgenoemde se tuisveld met 30-12 te klop.

    Dit was veral die flank Heinrich Bothma se verdediging wat gesorg het dat die Gimmies nie op die voorvoet kon kom nie. Agterlangs het die binnesenter, Etienne Fouché, deurgans daarin geslaag om bresse in die verdediging te slaan. Hy is sy skitterende aanvallende spel met twee drieë beloon.

    Hoogenhout van Bethal het vir Generaal Hertzog van Witbank met 55-7 geklop. Die span se binnesenter, Pieter Viljoen, het vanaf die afskop gaan druk om die besoekers onder druk te plaas. Viljoen het ‘n driekuns aan drieë behaal.

    Die linkervleuel, Mongezi Dlamini, het met vlugvoetigheid ‘n hele paar verdedigers na lug laat gryp.

    Puntemakers: 

    Linden 30 – Drieë: Etienne Fouché (2), Roelof Smit. Doelskoppe: Schuler van der Berg (3). Strafdoele: Van der Berg (3). Vereeniging Gimnasium 12 – Drië: Lemarium Sandamela, AJ Theron. Doelskop: JJ Herbst.

    Hoogenhout 55 (15) – Drieë: Pieter Viljoen (3), Thabang Mphore (2), Sonwabo Simelane, Siyabonga Shabangu, Dandré Els. Doelskoppe: Jacques Bosch (4), Shabangu (2). Strafdoel: Shabangu Generaal Hertzog 7 (0).

    Brandwag (Benoni) 71 – Drieë: Tristan Fletcher (3), Damian Minnaar (2), Dirk Jansen (2), Johndré Pienaar, Ruben Crauwcamp, Jayden Diedericks, Jayden van Staden. Doelskoppe: Jason Coetzer (7), Zander Gower. Birchleigh 10.

    Ander spanne: 

    Eerstespanne: Hoërskool Tuine 20, HTS Tuine 6 (Ongelukkig geen puntemakers van enige van die spanne ontvang nie).

    o.16: Hoogenhout 33, Generaal Hertzog 13; Linden 28, Vereeniging Gimnasium 5; Hoërskool Tuine 31, HTS Tuine 10; Brandwag 43, Birchleigh 0.

    o.15: Hoogenhout 40, Generaal Hertzog 5; Linden 8, Vereeniging Gimnasium 0; Hoërskool Tuine 40, HTS Tuine 5; Brandwag 32, Birchleigh 3.

    o.14: Hoogenhout 8, Generaal Hertzog 0; Linden 50, Vereeniging Gimnasium 7; HTS Tuine 26, Hoërskool Tuine 5; Brandwag 36, Birchleigh 5.

  • Die Blou Leeus asook die Leeu van die Noorde brul hard in NWU 16-reeks

    Die Blou Leeus asook die Leeu van die Noorde brul hard in NWU 16-reeks

    Die kompetisie in die NWU 16-reeks het die afgelope paar jaar al hoe strawwer geword.

    Na die eerste twee rondes ligawedstryde is dit reeds bekend dat daar vanjaar ‘n nuwe kampioen op eerstespanvlak gekroon sal word.

    Die verdedigende kampioen, Hoërskool Riebeeckrand, is in albei sy kragmeting tot dusver teen Hans Strijdom (12-35) en die Hoërskool Alberton (14-17) uitoorlê.

    Die groepwedstryd tussen Alberton en Hans Strijdom van Mookgophong eerkomende Saterdag sal bepaal wie van Groep C tot die halfeindronde sal deurdring. Dié kragmeting sal dus vir alle akademiese doeleindes as ‘n kwarteindstryd dien.

    Die Allies het vir Riebies met 17-14 in ‘n klipharde tweestryd verslaan. Die verdedigende kampioen het met die omdraaislag ‘n skrale voorsprong van 7-5 geniet.

    Riebies se twee flanke, Marko Grobler en Kobus Malan, het die veld vol gespeel, terwyl die skrumskakel, Aiden Botes, agterlangs ‘n doring in Alberton se vlees was.

    Hans Strijdom het Saterdag vir Leeuwenhof Akademie op laasgenoemde se tuisveld met 38-0 gekarnuffel. Die besoekers het teen rustyd ‘n voorsprong van 19-0 opgebou met sy regtervleuel, Louis Joubert, wat twee keer in die helfte ‘n draai agter die doellyn gemaak het.

    In die tweede helfte was dit die agtsteman, Kian du Plessis, se beurt om twee keer te gaan druk. Die wenspan se flank en kaptein, Janneman Benson, was op die dag sy span se beste speler, terwyl Du Plessis en Tebogo Mopologela (heelagter) ook uitmuntend vertoon het.

    Die wenner van die kragmeting tussen Alberton en Hans Strijdom sal teen Ben Viljoen van Greoblersdal in die reeks se halfeindronde te staan kom. Die span van Groblersdal het nog een ligawedstryd teen Pretoria-Noord oor, maar is die gunsteling om die kragmeting volgende week in die Jakarandastad te wen.

    Ben Viljoen was met 19-12 in ‘n strawwe tweestryd soos gewoonlik teen die Hoërskool Ellisras baas. Teen rustyd met die telling op 6-elk was daar niks tussen die twee spanne te kies nie.

    Die wenspan se binnesenter, Chris Jordaan, het 14 van sy span se punte met sy skopskoen aangeteken. Hy het vier strafdoele deur die pale geklits asook sy span se enigste drie deur die flank Jac-Johan Gouws verdoel. In totaal het die skeidsregter 40 strafskoppe tydens die kragmeting toegestaan.

    Dit is dan ook geen verrassing dat al 12 Ellisras se punte deur sy losskakel, Anzio Swartbooi, met strafdoele aangeteken is nie. Die twee spanne het mekaar verlede jaar laas in die Limpopo-einstryd gepak met Ellisras wat toe met 27-19 baas was.

    In Groep B blyk dit dat Sarel Cilliers van Glenco tot die halfeindronde sal deurdring. Die Blou Leeus van Sarel Cilliers was op hul stukke teen Volskrust met ‘n oortuigende oorwinning van 90-19. Soos wat die telling aandui het die verloorspan egter nooit handdoek ingegooi nie.

    Sarel Cilliers se buitesenter en onderkaptein, Nzuzo Lembethe, was witwarm in die middelveld en het vier van sy span se 14 drieë afgerond. Sy sentermaat, Adriaan de Beer, het saam met hom amok gemaak.

    Die skrumskakel, Thando Mnisi, het tien van dié drieë vir ‘n persoonlike bydrae van 20 punte verdoel. Mnisi was boonop op die dag sy span se beste agterspeler, terwyl die slot en kaptein, Simphiwe Zuma, voorlangs die pap dik aangemaak het.

    Sothando Sangweni, Sipho Dube en Browin Martins het moedig vir die verloorspan probeer.

    Pionier vanaf Vryheid het Ferrum van Newcastle se kanse om tot die halfeinronde deur te dring met ‘n sege van 23-18 beëindig. Dit was die wenspan se losskakel, Gerber Diedericks, was die meeste skade aangerig het. Hy het self een van sy span se twee drieë gedruk, albei verdoel en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.

    Sy skakelmaat, Jaco Smith, kan ook tevrede met sy diens aan Diedericks voel. Voorlangs het Stephan Nel (loskopstut), Franco Jonker (slot) en Jacques Richter (flank) ook stewige vertonings opgedis. Vir Ferrum was sy flank Zander Struwig uitstaande. Hy het ook twee van sy span se drieë gaan druk.

    In Groep D blyk dit dat die Hoërskool Vryburg weer bo-aan die puntelys sal eindig. Hy was met 10-8 baas in ‘n naelbytstryd Vrydag teen Wolmaransstad. Die wenspan het teen rustyd ‘n skrale voorsprong van 5-0 geniet.

    Wollies se flank Attie Becker het egter met speeltyd reeds verstreke die tuisskare hoop gegee. Indien Becker se drie verdoel was sou die gelykopuitslag beteken het dat Wollies nog tot die halfeindronde kon deurdring.

    Die Hoërskool Schoonspruit se binnesenter, Bevan Morkel, het met sy skopskoen vir Fochville ‘n paar benoude oomblikke in die eerste helfte van hul kragmeting laat beleef. Fochville wat die kragmeting met 20-6 as oorwinnaars van die veld gestap het, het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 19-6 geniet.

    Morkel het twee strafdoele waarvan een verder as 50 meter in die eerste oorgeklits om sy span in die wedstryd te hou. Sy kaptein en agtsteman, Dylan Prinsloo, was ook weer uitstaande.

    Vir Fochville het Ryan O’Reilly dubbelle driedruk-plesier ervaar.

    Puntemakers:

    Fochville 20 (10) – Drieë: Ryan O’Reily (2), Simphiwe Ntuli, Athi Nqwele. Schoonspruit 6 (6) – Strafdoel: Bevan Morkel (2).

    Vryburg 10 (5) – Drieë: Olerato Bonokwane, Marco Halgryn. Wolmaransstad 8 (0) – Drie: Attie Becker. Skepdoel: Lucraine Wyngaardt.

    Hoërskool Alberton 17 (5) – Drieë: Joshua van Rensburg, Luke Joubert, Jayden Mostert. Doelskop: Jayden Mostert. Riebeeckrand 14 (7) – Drieë: Aiden Botes, Kobus Malan. Doelskoppe: Onthatile Moruledi (2).

    Sarel Cilliers 90 (41) – Drieë: Nzuzo Lembethe (4), Fisokuhle Ndaba (2), Simphiwe Zuma (2), Manqoba Mkhize, Samkelo Ntombela, Adriaan de Beer, Katlego Makoni, Kgomotso Mtshali, Awonke Dlamini. Doelskoppe: Thando Mnizi (10). Volksrust 19 (7) – Drieë: Sipho Dube, Nqobani Mayisela, As’iphile Nkosi. Doelskoppe: Bronwin Martins (2).

    Pionier 23 (11) – Drieë: Gerber Diedericks, Dylan Smit. Doelskoppe: Diedericks (2). Strafdoele: Diedericks (3).  Ferrum 18 (3) – Drieë: Zander Struwig (2), Phillip van Tonder. Strafdoel: Thando Masondo.

    Hans Strijdom 38 (19) – Drieë: Louis Joubert (2), Kian du Plessis (2), Tebogo Mopologela, Nathan Pool. Doelskoppe: Henriko van der Colff (4). Leeuwenhof 0.

    Ben Viljoen 19 (6) – Drie: Jac-Johan Gouws. Doelskop: Chris Jordaan. Strafdoele: Jordaan (4). Ellisras 12 (6) – Strafdoele: Anzio Swartbooi (4).

    Ander spanne: 

    o.16: Fochville 44, Schoonspruit 3; Riebeeckrand 28, Alberton 18; Leeuwenhof 12, Hans Strijdom 5; Ellisras 30, Ben Viljoen 28; Ferrum 14, Pionier 5.

    o.15: Schoonspruit 12, Fochville 10; Riebeeckrand 55, Alberton 3; Leeuwenhof 75, Hans Strijdom 0; Ben Viljoen 21, Ellisras 8; Pionier 24, Ferrum 23.

    o.14: Fochville 43, Schoonspruit 0; Riebeeckrand 38, Alberton 3; Leeuwenhof 17, Hans Strijdom 0; Ellisras 19, Ben Viljoen 10; Pionier 12, Ferrum 3.

  • Bastiaanse baas in Tzaneen hoewel Buffels beïndruk, Middies tem Kempies

    Bastiaanse baas in Tzaneen hoewel Buffels beïndruk, Middies tem Kempies

    RONAN BASTIAANSE (met bal), heelagter van Waterkloof, trek ‘n toon doellyn toe terwyl hy ‘n duikslag van die Hoërskool Rustenburg se losskakel, Jayden Meyer, probeer afweer. FOTO: Marius Nortjé

    Ronan Bastiaanse het 2025 afgeskop waar hy 2024 afgesluit het.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die heelagter van Hoërskool Waterkloof, wat ook die blou masjien vanjaar aanvoer, het die aanslag uitmuntend gelei vir die naaswenners in SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling om met 47-30 oor Hoërskool Ben Vorster te seëvier in Tzaneen.

    Bastiaanse het soos gebruiklik puik vertoon vanaf die skopkegel om ses van sy span se sewe drieë te verdoel, maar dit was nie naastenby die somtotaal van sy briljantheid nie.

    Die Buffels het die fout begaan om op die gevaarlike heelagter te skop, waarop hy telkens geantwoord het met giftige teenaanvalle. Op dié wyse het Bastiaanse nie minder nie as drie keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier, om sy persoonlike bydrae te staan te bring op 27 punte, meer as die helfte van sy span se totaal.

    Die Buffels het nietemin hul man moedig gestaan, met hul kleiner pak wat verseg het om knie te buig teen die Klofies se groot baldraers.

    Hoewel die eindtelling te kenne gee dat verdediging nie hoogste prioriteit geniet het nie, het die tuisspan die pap dik aangemaak voorlangs. Niemand het beter vertoon as steelkantflank, Joshua van der Mescht, wat sy lyf regoor die veld op die spel geplaas en ‘n rits kritieke duikslae uitgevoer het nie.

    Agsteman, Tumi Ramohale, was weer ‘n doring op die aanval. Romohale, wat dikwels in die buitenste kanale as baldraer aangewend is, het daar heelwat hoofbrekens vir die Klofies besorg.

    Dit was steeds egter nie genoeg om Waterkloof te stuit nie. Die span van Pretoria was met rukke en stote taamlik klinies wat afronding betref, met losskakel, Meyer Pretorius, wat ‘n sleutelrol in dié verband vervul het. Pretorius het netjies versprei om spasie agterlangs te skep.

    Albei spanne is steeds deur klein jakkalsies, soos hanteerfoute en oorgretigheid, wat met die aanvang van ‘n seisoen gepaardgaan, gepootjie, maar hulle het ongetwyfeld steeds vir aanskoulike rugby gesorg.

    Hoërskool Middelburg se haker, Roux Grobler, het vir die tweede keer in soveel weke oorgeduik om ‘n tuisoorwinning van 32-22 oor Hoërskool Kempton Park te help verseker. Grobler, ‘n uitblinker in verlede week se stryd teen Hoërskool Nelspruit, en die flanke, CW Hanekom en Kensani Buthelezi, het saamgespan om die Kempies voorlangs te karnuffel.

    Hanekom en Buthelezi, wat elk reeds ‘n seisoen van eerstespan-rugby agter die rug het, het in die vastelos, op sowel verdediging as aanval, gewoeker, met verál eersgenoemde wat by die afbreekpunte die lewe moeilik gemaak het vir die Kempies.

    Die tweestryd tussen die losskakels, Buhle Maphalaza en Stian de Villiers, het ook vir heelwat opwinding gesorg. De Villiers, ook ‘n kranige krieketspeler, het met instinktiewe visie op die aanval sy span in die wedloop gehou, en ook vyf strafdoele en ‘n doelskop deur die pale gejaag om 17 van sy span se 22 punte aan te teken.

    Puntemakers:

    Waterkloof 47 (26) – Drieë: Ronan Bastiaanse (3), Rico van der Walt, Heinrich Naudé, Dylan Botha, Stiaan Theron. Doelskoppe: Bastiaanse (6). Ben Vorster 30 (16) – Drieë: Stiaan du Randt, Barend Harmse, Lethabo Sejake, Chifu Banda. Doelskoppe: Shelton Primo (2). Strafdoele: Primo (2).

    Hoërskool Middelburg 32 (17) – Drieë: Roux Grobler, Lungelo Maseko, Carlo Joubert, Lesego Rakgale, Keabetswe Nkgadima. Doelskoppe: Buhle Maphalaza (2). Strafdoel: Maphalaza. Hoërskool Kempton Park 22 (12) – Drie: Jeandré Opperman. Doelskop: Stian de Villiers. Stradoele: De Villiers (5).

    Ander spanne:

    o.16: Ben Vorster 20, Waterkloof 17; Hoërskool Middelburg 24, Hoërskool Kempton Park 14.

    o.15: Ben Vorster 15, Waterkloof 15; Hoërskool Middelburg 8, Hoërskool Kempton Park 5.

    o.14: Waterkloof 15, Ben Vorster 11; Hoërskool Middelburg 36, Hoërskool Kempton Park 5.

  • Clarendon and Hudson start season strongly, Stirling shows positive signs

    Clarendon and Hudson start season strongly, Stirling shows positive signs

    Clarendon captain, Cara Knott, on the charge for her side during their match against KHS over the past weekend. Photo: Chantelle
    Clarendon captain, Cara Knott, on the charge for her side during their match against Kingsridge High School. Photo: Chantelle Schwedhelm

    The Buco AstroTurf, in Bunkers Hill, hosted the highly anticipated Hoërskool Ooskus Gimnasium Festival in East London on Friday and Saturday.

    The annual tournament kicked off the 2025 season for girls’ sides in the Border region.

    Out of the eight schools in attendance, it was Clarendon High School for Girls, Hudson Park High School, and Stirling High who finished the weekend on top.

    That trio, despite not being at their best, impressed and gave spectators a tantalising taste of what’s to come in 2025.

    Both Clarendon and Hudson ended the festival unbeaten after playing to a goalless draw in the final match on day two.

    Coach Luaan Sedras’s Clarendon side was the best team defensively, keeping clean sheets in all four of their matches. While they were rock solid at the back, Clarendon also scored only three goals, beating Merrifield College, Stirling High, and Kingsridge High School (KHS) by 1-0 margins.

    “This weekend was all about learning lessons. We wanted to figure out combinations and see how the girls gel together,” Sedras told SuperSport Schools Plus.

    “We played some good opposition, but now it’s all about taking the lessons and balancing that in more competitive games.”

    Execution in the final third and capitalising on the chances created is an area coach Sedras wants his charges to sharpen up before Border Schools Day.

    “We are coming short with our finishing,” he admitted. “We are creating opportunities; we are getting into the D, but we’re just not finishing.

    “A big focus will be on goalscoring this coming week. I’m quite happy with the structure and midfield. The finishing needs to improve.”

    Hudson Park, on the other hand, played three matches, drew two, and thumped Komani’s Hangklip High School 5-1.

    Hudson squared off with Clarendon in the final match of the festival on day two. Photo: Chantelle
    Hudson squared off with Clarendon in the final match of the festival on day two. Photo: Chantelle Schwedhelm

    Coach Jerry Snyman and his troops headed into the festival wanting to prove last season’s good results were no fluke.

    They were held to a goalless draw by Stirling in their opener, but the win against Hangklip gave a glimpse of how dangerous they could be this season.

    “I think the fact that we missed key players in key positions showed this weekend,” coach Snyman said.

    “We missed the experienced heads of Busiwe Mayekiso and Melnique Langley. Busi comes back next weekend, so that will help the girls going forward.

    “Defensively, I thought we were great. I was impressed with some youngsters coming through. They stepped up nicely.”

    There won’t be too many changes made by coach Snyman for Border Schools Day. “We want to just fix the small things,” he said.

    “The girls must get a grip of our plan up front and in the midfield, and how to defend and receive.

    “We haven’t established a ball carrier like last year, but that’s something we’ve been working on.”

    Stirling High, meanwhile, fielded a team with a mixture of youth and experience for their first outing of the year.

    Coach Michael Dettmer’s side was impressive on the final day and ended the festival with a commanding and dominant 3-0 victory over Lilyfontein School.

    The Stirling boss was full of praise for his team afterwards. “It was a good learning curve for the new players in the team,” he enthused.

    “Structure-wise, we are trying to change things this year, and it was good to try it out in a formal setting but without much pressure.

    “The youngsters impressed me. Lots of them realise now that they are good enough for the first-team level. We’re very excited for the rest of the season.”

    Some of the other results included Merrifield College recording a 2-0 win over Ooskus Gimnasium, while KHS took down the Hudson 2nds, and Lilyfontein edged out Greenpoint High School 2-1.

    RESULTS

    Day 1

    Lilyfontein 1-0 Ooskus Gimnasium
    Clarendon 1-0 Merrifield
    Hudson 0-0 Stirling High
    Hudson 2nds 7-0 Ooskus Gimnasium
    Kingsridge High School 1-1 Greenpoint
    Hudson 2nds 2-0 Hangklip
    Merrifield 2-0 Ooskus Gimnasium.

    Day 2

    Ooskus Gimnasium 3-0 Hangklip
    Stirling High 1-0 Merrifield
    Kingsridge High School 4-0 Hudson 2nds
    Lilyfontein 2-1 Greenpoint
    Clarendon 1-0 Stirling High
    Ooskus Gimnasium 3-3 Kingsridge High School
    Hudson 2nds 1-0 Lilyfontein
    Hudson 5-1 Hangklip
    Clarendon 1-0 Kingsridge High School
    Hangklip 2-0 Greenpoint
    Stirling High 3-0 Lilyfontein
    Clarendon 0-0 Hudson

  • Affies maak dit 12 uit 12 teen ‘ongeslypte’ Diamonds

    Affies maak dit 12 uit 12 teen ‘ongeslypte’ Diamonds

    Zirk Meyer, skrumskakel van Affies word vasgevat deur Oakdale Landbou tydens verlede jaar se Wildeklawer-toernooi. FOTO: Frans Lombard.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool het Saterdag vir die Hoërskool Diamantveld, vir ‘n negende agtereenvolgende keer in Kimberley, kafgedraf.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit was boonop Affies se 12de sege uit 12 kragmetings met die Diamonds, sedert dié twee spanne se eerste wedstryd in 1985. Die Pretorianers het in 2012 en 2013 ook die septer in dié bepaling geswaai, voordat dit in 2016 ‘n jaarlikse instelling geword het.

    Die Wit Bulle het teen die einde van 70 minute met ‘n wentelling van 45-24 oor die tuisspan gespog, maar eers nadat die span van Kimberley self ‘n paar uitstaande oomblikke opgedis het.

    Soos verwag was Affies van meet af aan gretig om hul kragtige dryfmaal, wat in 2024 ook ‘n vername wapen was, in te span en het hulle vroeg reeds die Diamantveld-pak daarmee op die agtervoet geplaas. Namate die kragmeting gevorder het, het die tuisspan egter sy verdediging daarteen opgeskerp, terwyl daar in die vaste skrums bitter min te kies was tussen die twee agttalle.

    Die Pretorianers se losskakel en kaptein, Ruben Groenewald, het vanaf só ‘n soliede platform spel uitstekend dikteer vir die Wit Bulle, met vernaam sy taktiese skopwerk waarmee hy beïndruk en dikwels die Diamonds laat omdraai het.

    Die hoogtepunt van die dag was die tweestryd tussen die binnesenters. Divan Fourie, Affies se angel in die middeveld, het sy stem dik gemaak met sterk barslopies waarmee hy telkens sy span oor die voordeellyn kon kry.

    Sy eweknie in die ligbloutrui, Jonathan Harding, het met venynige voetwerk en puik aanvoeling by meer as een geleentheid soos ‘n warm mes deur botter die Wit Bulle se verdediging oopgekloof, en een só ‘n bedrieglike lopie het in die tweede helfte op die drie van die dag uitgeloop.

    Ezlin Swartz, wat as plaasvervanger op die veld gekom het, het, nes Groenewald, die opposisie onverhoeds betrap met ‘n paar goedgeplaasde taktiese skoppe. Die tuisspan het dit egter deurentyd moeilik gevind om die Wit Bulle se kliniese afronding te hanteer.

    Die besoekers het op die einde van die dag kanse om punte aan te teken beter aangegryp, soos die stukkie opvolgwerk deur steelkantflank Albert Smit, om vanaf ‘n afskop oor te draf vir ‘n drie. Sy flankmaat, Lohan Potgieter, se onkeerbare dryfspel wat vir nog ‘n vyfpunter gesorg het, was nóg ‘n aanduiding dat die Affie-pak moeilik naby die doellyn gestuit sou word.

    Puntemakers:

    Affies 45 (24) – Drieë: Lamont Baiitjies, Roal Kruger, Albert Smit, Divan Fourie, Elwin Janse van Vuuren, Bauke Swart, Lohan Potgieter. Doelskoppe: Ruben Groenewald (5). Diamantveld 24 (7) – Drieë: Jaco Beukes, John-Leigh Fortuin, Jayden de Klerk, Jonathan Harding, Doelskoppe: Ezlin Swartz (2).

    Ander spanne:

    o .16: Affies 57, Diamantveld 19.

    o .15: Affies 48, Diamantveld 9.

    o .14: Affies 73, Diamantveld 0.

  • Hosts playing for double gold at ISSA Basketball Tournament

    Hosts playing for double gold at ISSA Basketball Tournament

    Photo. International School of South Africa (ISSA).

    After three days of intense u19 competition at the International School of South Africa (ISSA) in Mahikeng, the final day of the boys’ and girls’ ISSA Basketball Tournament beckons on Sunday.

    On Saturday, ISSA was impressive and qualified for the finals of both the boys’ and girls’ competitions. They will, though, face formidable opponents in the title games.

    Boys’ Tournament 

    In the boys’ competition, the ISSA A Team, the winners of Pool D, will tackle the resolute Michael Mount Waldorf School A team, which topped the standings in Pool A.

    In the first of the boys’ quarterfinals, ESCA defeated the ISSA B Team 30-25. The ISSA A Team advanced after a 39-30 win over The King’s School Linbro Park.

    The quarterfinal clash between Michael Mount Waldorf School and Sol Plaatje Secondary School was fiercely contested and high-scoring, ultimately resulting in a narrow 74-71 win for Michael Mount. In the remaining quarterfinal, the Mustangs Basketball Club edged out the Michael Mount Waldorf School B Team 42-40 in another keenly contested clash.

    In the semi-finals, the ISSA A Team kept their challenge for the title on their home court on track with a determined 51-39 win over ESCA. Michael Mount advanced to the title decider with a comfortable 52-28 defeat of the Mustangs Basketball Club.

    Girls Tournament 

    In the girls’ final, the ISSA A team will take on Sacred Heart College for the championship title and the associated bragging rights.

    ISSA cruised to a 46-5 win over Sol Plaatje Secondary School in the quarterfinals, while eSwatini’s Waterford Kamhlaba scored a narrow 16-15 victory over Trinityhouse Glenvista. Sacred Heart College showcased their strength against Lebone II College by powering their way to a 52-5 win, while Michael Mount was extended by Kitsong School before posting a 34-25 victory.

    In the semi-finals, ISSA and Sacred Heart scored decisive victories. The hosts accounted for Waterford Kamhlaba, winning 42-17, while Sacred Heart College secured their berth in the final with a 54-22 romp against Michael Mount.

    Boys’ Quarterfinals

    ESCA 30-25 ISSA B Team
    ISSA A Team 39-30 Kings Linbro
    Michael Mount 74-71 Sol Plaatje Secondary School
    Mustangs Basketball Club 42-40 Michael Mount B Team

    Girls’ Quarterfinals 

    ISSA 46-5 Sol Plaatje Secondary School
    Waterford 16-15 Trinity House Glenvista High
    Sacred Heart 52-5 Lebone II College
    Michael Mount 34-25 Kitsong School

    Boys’ Consolation Games 

    Rainbow 31-26 Kitsong School
    Sacred Heart 57-11 Trinity House
    Lebone 45-41 Legae Academy
    Waterford College 43-40 Alma Mater International School

    Girls’ Consolation Games 

    Trinity House Glenvista High 21-19 Sol Plaatje Secondary School
    Lebone II 28-Kitsong School

    Boys’ Semifinals 

    ISSA 51-39 ESCA
    Michael Mount 52-28 Mustangs Basketball Club

    Girls’ Semifinals 

    ISSA 42-17 Waterford Kamhlaba
    Sacred Heart 54-22 Michael Mount Waldorf School

    Sunday Fixtures 

    Boys’ Bronze Playoff

    ESCA vs Mustangs Basketball Club

    Boys’ Final

    ISSA A Team vs Michael Mount Waldorf School

    Girls’ Bronze Playoff

    Waterford vs Michael Mount Waldorf School

    Girls’ Final 

    ISSA vs Sacred Heart College