SSPN Test Site

Blog

  • Plasies se Bulkraal skuif reg vir Gimmie-golf

    Die langverwagte stryd tussen Merensky Landbou Akademie en Potchefstroom Gimnasium het uiteindelik aangebreek.

    En, 2022 sal nog vars in die Plasies se geheue wees.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Die twee voorlopers in die Bowl-afdeling pak mekaar Saterdagmiddag op die plaas in Tzaneen.

    Vir die Gimmies se matriekgroep sal die Plasies se A-veld goeie herinneringe inhou. Dit is immers daar waar hulle die Plasies op o.16-vlak in die Noordvaal Afdeling 2 se uitspeelrondes met 38-7 die loef afgesteek het.

    Vir die Plasies se ou manne is dit natuurlik onafgehandelde sake, wat meer vet op die vuur gooi voor Saterdag se stryd.

    Die Gimmies se haker, Jaco Nel, was in 2022 reeds ‘n klippie in die Tzaneeners se skoen en sal Saterdag daardie reputasie wil gestand doen. Nel beleef tot op hede ‘n uitstekende seisoen en is een van die Potchefstromers se staatmakers op die aanval, en skroom verál nie om betrokke te raak by die afbreekpunte nie.

    Die span van Potchefstroom sal egter vir die res van die seisoen sonder die fisieke Jhanco de Beer in die middeveld moet klaarkom. Die binnesenter se besering bied aan Jaap van der Westhuizen die geleentheid om sy staal te wys. David Ndlala, die Gimmies se Cravenweek-verteenwoordiger, sal weer op linkervleuel in aksie wees.

    Die Plasies het self onder die beseringspook deurgeloop in die middeveld. Binnesenter, Maritz Meintjies, is steeds op die krukkelys met ‘n enkelbesering, terwyl Jens Bezuidenhout ook nog las ondervind van ‘n heupbesering. Ulrich Mare, wat voor die vakansie op die krukkelys was, maak sy terugkeer om Bezuidenhout op buitesenter te vervang.

    Die Plasies se sterk baldraer, Hardus Terblanche, maak ‘n interessante skuif van agtsteman om Meintjies se plek op binnesenter in te neem, terwyl Lukas Pieterse vir Terblanche op agsteman vervang.

    Hoërskool Eldoraigne se Drake sal vir die eerste keer sedert die begin van die seisoen met ‘n volsterkte span na Potchefstroom reis waar hulle teen ‘n begeesterde Potchefstroom Volkskool te staan kom.

    Die Eldos het voor die breek met slegs hul derde oorwinning van die jaar, teen Hoërskool Randburg (23-17), beïndruk. Losskakel en skerpskutter, JP Meyer, se skopstewel behoort weer deurslaggewend te wees in ‘n hewige stryd wat vir die volle 70 minute behoort te duur.

    Meyer sal egter met een oog moet oop slaap aangesien Christoff Nel op hom wag. Nel was ‘n uitblinker vir die Luiperds se Akademieweek-span gedurende die vakansie en sal voor sy tuisskare sy goeie spelpeil wil voortsit.

    Hoërskool Randburg verwelkom vir Hoërskool Dr. Malan in Randburg. ‘n Oorwinning is ononderhandelbaar vir albei spanne, en verál vir die tuisspan indien hulle hoop om ‘n plek in die Afdeling se uitspeelrondes te verseker.

    Duncan Beaven, die Randburgers se agtsteman en uitblinker vanjaar, sal wil vuur maak onder sy groot pak, aangesien dit is waar die tuisspan die oorhand kan bewerkstellig.

    In nóg ‘n kritieke kragmeting ten opsigte van die uitspeelrondes, reis Hoërskool Alberton na Brits waar hy met Hoërskool Wagpos sal swaarde kruis. Die span van Alberton moet sonder hul heelagter en kaptein , Carlos Majiet, klaarkom, maar breier, Bobby McLeod, sal hoop dat dit sy span aanspoor om alles in die stryd te werp vir ‘n sege.

    Die spanne:

    Merensky Landbou Akademie t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30 in Tzaneen

    Merensky: 15 Ashten Demos, 14 Andres Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Hardus Terblanche, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Lukas Pieterse, 7 PG Botes, 6 Corne Swanepoel, 5 Franco Badenhorst, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jaap van der Westhuizen , 11 David Ndlala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Voster, 5 Tobias van Wyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

    Potchefstroom Volkskool t. Eldoraigne om 12:30 in Potchefstroom

    Potchefstroom Volkskool: 15 Diaan van der Merwe, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Lemile Uys, 10 Johandre Marre, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Christoff Nel, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Marlu du Preez, 1 Daniel Strydom.

    Eldoraigne: 15 Divan van Rooyen, 14 Tristan Lee, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Manie Buitendagh, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 SW Liebenberg, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

    Hoërskool Randburg t. Dr. Malan om 11:30 in Randburg

    Hoërskool Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Shandre Vermaak, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Hendri Oosthuizen, 9 Jayden Todd, 8 Duncan Beaven, 7 Jean Venter, 6 Victor van Blerk, 5 Willie Lindeque, 4 Herman Goosen, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustave Vorster.

    Dr Malan: 15 Luka Pretorius, 14 Flippie Blignaut, 13 Willem Taylor, 12 Dillon Gouws, 11 Dewald Erasmus, 10 Dian van den Berg, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Anthony Botes, 6 JT Swart, 5 Liam Giacomozzi, 4 Enrico van Zyl, 3 Franco Barns, 2 Bernard Benson, 1 Devan Fouche.

    Hoërskool Wagpos t. Hoërskool Alberton om 12:20 in Brits

    Wagpos (moontlik): 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Dian Coetzee, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Antonio Galvan, 6 Du Toit van Deventer, 5 Nathan Louw, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruidelingh, 2 Tristan van der Westhuizen, 1 Armant Botha.

    Hoërskool Alberton: 15 Jaydon Moster, 14 Siswe Dube, 13 Nathan Reichardt, 12 Ewan Muller, 11 Sipho Sibonye, 10 Dewald de Jager, 9 Ayanda Madebane, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Luke Matthews, 6 Jason Nel, 5 Herman du Preez, 4 Kay-C Nel, 3 Zander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw.

  • Duineveld mik vir top-10 by DStv Challenge

    Nadat Hoërskool Duineveld, ook bekend as die Chillies, vir die tweede agtereenvolgende jaar as die beste netbalspan in die Noord-Kaap aangewys is, was hul plek in die DStv Schools Netball Challenge verseker.

    Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar, sedert die ontstaan ​van die kompetisie, dat Duineveld deelneem.

    Die Upington-span, gelei deur kaptein, Carmi Liebenberg, het gedurende die afgelope netbalseisoen ‘n rits indrukwekkende oorwinnings behaal.

    Vanjaar beoog die Chillies om hul posisie by die DStv Challenge te verbeter, nadat hulle verlede jaar 13de geëindig het. Die gesogte kompetisie vind van 12 tot 13 Junie by Hoërskool Florida plaas.

    Madré Steyn, afrigter van die Chillies, sê hulle sien die meeste daarna uit om ná die vakansie weer as ‘n volledige span te funksioneer, ná talle beserings in die span.

    “Om mededingend deel te neem is altyd ‘n voorreg,” sê sy.

    Duineveld sal Vrydag om 07:30 in hul eerste wedstryd teen hul gedugste mededinger, Hoërskool Menlopark, te staan ​​kom. Later in die toernooi sal hulle ook met Joe Slovo, Mamadibo en Kwavusumuzi meeding.

    Die Chillies: Abriëlle de Witt, Clarise Barnard, Carmi Liebenberg, Carla Kuhn, Tersian Oberholzer Zandri Brink, Zanelle Brink.

    Reserwes: Jeanne Coetzer, Stephanie Kruger, Yolanda de Kock.

  • DHS trek sokkies op vir plek in DStv Challenge

    Hoërskool Diamantveld (DHS) het ‘n eerste plek in die Kimberley-netballiga en ‘n algehele tweede plek in die Noord-Kaap behaal, wat aan hulle vanjaar ‘n plek in die DStv Schools Netball Challenge besorg het.

    Nadat hulle dié uitdaging in 2023 misgeloop het, het die span merkwaardige verbetering en vasberadenheid getoon om vanjaar te kwalifiseer.

    Een van hul grootste hoogtepunte hierdie seisoen was die sege oor Sentraal by die Absa Wildeklawer-sporttoernooi. Hierdie oorwinning het hul ambisie aangevuur om onder die top-10 by die DStv Challenge te eindig, meen Bethenie du Raan, afrigter van DHS, en hulle is uiters opgewonde oor die kompetisie wat voorlê.

    Hulle kom Vrydag om 10:10 te staan teen een van hul gedugste teenstanders, Paarl Girls High. DHS het ook wedstryde teen Hoërskool Pietersburg, Bulelani en Sikhululu.

    Die span spog met uitblinker, Mari du Raan, wat vir die o.18 en o.19 SA-oefengroepe gekies is.

    Hoërskool Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw (kaptein), Elé Kruis, Lara van Niekerk, Klarissa Taljaard, Brithe Horniball, Zandri Starke.

    Lanie Steenkamp (konsultant), Tuané Meyer (spanbestuurder).

  • Ongedeerde Ligbron pak die “Groot-Moot”

    Ligbron Akademie sal sy immuniteit teen die beseringspook waardeer op die vooraand van ‘n uiters taai stryd wat in Pretoria wag.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools)

    Die span van Ermelo het ongedeerd afgekom van die skoolvakansie en onderskeie provinsiale weke, en kan derhalwe hul stryd teen Hoërskool Oos-Moot in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling Saterdag met ‘n volsterkte span aanpak.

    “Ons is gelukkig om geen beserings te hê nie; die seuns lyk almal goed na die vakansie,” het Herman Schlebusch, die Liggies se breier gesê. “Dis altyd moeilik om in die Moot te gaan speel, maar ons sien uit vir ‘n harde kragmeting wat voorlê.”

    Die Liggies is een van die min spanne in die afdeling wat die breek sonder enige beserings deurgemaak het, ál het hulle ‘n aantal verteenwoordigers by die onderskeie provinsiale weke gehad.

    Anele Ngwemya, wat op heelagter vir die onoorwonne Pumas by die Cravenweek uitgedraf het, sal in die dieselfde posisie vir die Liggies in aksie en op sy gevaarlikste wees. Siyanda Dennison, wat ook in Krugersdorp diens gedoen, maak sy terugkeer op buitesenter.

    Lethi Ngwenya, wat vir die Pumas by vanjaar se Akademieweek gespeel het, sluit by Dennison aan op binnesenter, terwyl Bandile Thanyekwayo, nóg ‘n Akademieweek-verteenwoordiger, die viertal gevaarmanne agterlangs op linkervleuel voltooi.

    Die Oosies, op hul beurt, is ietwat deur die beseringspook gery, maar verwelkom terselftertyd vir die sneller, Tapiwa Rwafa, terug op linkervleuel. Rwafa het die Blou Bulle se Akademieweek-span in Johannesburg verteenwoordig en aangedui dat hy ten volle van die besering, wat hom ‘n ruk op die krukkelys gehou het, herstel het. Sy tweestryd met Thanyekwayo beloof om vir heelwat opwinding te sorg.

    Voorlangs is daar asems opgehou oor die staatmaker, Deon Badenhorst, wat in die Oosies se laaste wedstryd met ‘n ontwrigde vinger die veld moes verlaat. Hy is egter in die Pretorianers se beginspan ingesluit vir Saterdag, wat die Liggie-afrigters regop sal laat sit.

    Oorkant die bult wag daar nog ‘n interessante stryd wanneer Hoërskool Montana en Hoërskool Zwartkop in Montana swaarde kruis. Die tuisspan het ‘n swaar eerste helfte in die kompetisie beleef, maar is vasberade om die Zwarries vir die volle 70 minute te toets.

    Die Monties het ‘n aantal veranderinge aangebring, met die insluiting van Dirk Coetzee en JF Venter, wat onderskeidelik op buite- en binnesenter diens doen. Daelen Ludick skuif na skrumskakel met Jacques Greyling wat sy plek in die nr. 10-trui opneem.

    Die Zwarries sal sonder hul puntemasjien en ervare linkervleuel, Denilson Metcalfe, vir dié stryd moet klaarkom. Metcalfe word deur die blitsige Zulu Mona vervang.

    “Dit is altyd moeilik om weg te speel teen Montana, maar ons gaan bykans volsterkte in. Ek glo ons is gereed vir die volgende vyf wedstryde wat voorlê in die Plaat,” het David Gouws, die Zwarries se afrigter gesê.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg mik om sy onoorwonne status in Klerksdorp voort te sit, waar die Rooi Bulle Saterdag teen Hoërskool Klerksdorp te staan kom. Oopkantflank en kaptein, Toy Engelbrecht, en die res van sy pak sal oorgehaal wees om ‘n soliede platform te bied vir die agterlyn, met die uitstaande Johnny dos Santos op binnesenter, om op loop te sit.

    Hoërskool Kempton Park se paadjie raak nie makliker nie en hulle reis Saterdag na Middelburg om ‘n kookwater Matthew Abbey en Hoërskool Middelburg die stryd aan te sê. Die Kempies sal die wedstryd moet wen om in die wedloop vir die uitspele te bly.

    Die spanne:

    Oos-Moot t. Ligbron Akdemie om 12:30 in Pretoria

    Oos-Moot: 15 Franco O’Neal, 14 Nick Venter, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Ruwan Allen, 9 David Joubert, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Jaydrian Jacobs, 1 Henry Meiring.

    Ligbron Akademie: 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamisanqa Lamula, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nhlapo.

    Hoërskool Montana t. Hoërskool Zwartkop om 12:25 in Pretoria

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Dirk Coetzee, 12 JF Venter, 11 Keagan van der Merwe, 10 Jacques Greyling, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denilson Metcalfe, 13 Kyle Blinaut, 12 Luan Williams, 11 Milton Naude, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Logan Knott, 4 Ettiene van Niekerk, 3 Brogan Ackerman, 2 Dirco la Marque, 1 Julian Lubbe.

    Ander wedstryde: 

    Hoërskool Klerksdorp t. Hoër Tegniese Skool Middelburg om 12:00 in Klerksdorp

    Hoërskool Klerksdorp: 15 Cohan Witbooi, 14 Winton Abrahams, 13 Asif Sumara, 12 Dewald Labuschagne, 11 Louis Vorster, 10 Deacon Loots, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Bokamoso Mabeleng, 6 Tiaan Koen, 5 Heinrich Hovener, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Liam Pretorius, 2 Janu du Wet, 1 De Wet le Roux.

    HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 WJ Enslin, 13 Luhan Graaf, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Gerry Gendall, 9 Ruben Erasmus, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park in Middelburg

    Hoerskool Middelburg: 15 Andile Mahlangu, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebule, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompsom, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Hoërskool Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettienne Stroebel, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Christiaan Kloppers, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 Armand le Roux, 7 JP Barnard, 6 Eric Steele, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

  • Top guns return to turf action in the Eastern Cape

    Photo: Grant Howard

    After the mid-year break, the Easterns Cape’s top guns, Selborne College, Grey High School, and St Andrew’s College, all return to action this weekend, determined to continue their strong seasons.

    Selborne hosts their city neighbours, Hudson Park, in East London, while Grey High welcomes George’s York High, and St Andrew’s hosts a showdown with Woodridge College in Makhanda.

    Catch all the action LIVE on SuperSport Schools.

    Selborne and Grey High have been the standout teams in the province this year, compiling prolific records, with St Andrew’s a half-step behind them.

    This season, Grey High, coached by Andrew Beynon, has only lost three times against arguably the top two teams in the country, South African College High School (SACS), who twice beat the Gqeberha school, and Paul Roos Gimnasium.

    Apart from those defeats, Grey, under the captaincy of Kian Cambier, has played some exceptional hockey, which also saw them capture the bronze medal in a very competitive Hibbert Shield.

    They head into their showdown against coach Jason Slater’s side having scored four good wins before the school holidays.

    Those victories came against Queen’s College (6-0), Woodridge College (6-1), Pearson High School (7-1), and St Andrew’s (2-1).

    Beynon’s lineup includes nine players who represented the Eastern Province u18A side at the SASHOC National Week last month. Grey’s skipper, Cambier, was outstanding for EP in a very tough pool and earned himself selection for the SA u18A squad.

    Goalkeeper Kiano Broadhurst also earned the approval of the national selectors and was included in the SA u17 squad.

    Against York, Beynon will look to his national players, along with the likes of Ben Ristow, the dangerous Luke Tait, Blake Muller, and Xander Elkington, to drive Grey’s challenge.

    Selborne College's Tre' Gilbert will represent Border for the second year running in this year's SASHOC National Week in Bloemfontein. Photo:
    Selborne College’s Tre’ Gilbert will look to close off his high school career on a high in term 3. Photo: Shot by Shani Photography

    For Selborne College, their encounter against Hudson Park will be good preparation for their final three matches of the season.

    Coach KJ Friend’s team, despite a disappointing run at the Hibbert Shield in May, have enjoyed a very good season and have dominated in the Border region.

    Their last outing resulted in a 6-2 win over Stirling High School.

    They will be boosted by the return of their skipper, Tre Gilbert, who did duty for Border at the SASHOC National Week and earned selection for the SA Schools B team.

    He’ll be joined in the black and white by Waeden Plaatjies, Daniel Conroy, Daniel Sirgel, Shane Stagg, Gray van Heerden, and Nathan Amon-Brown, all of whom represented Border in Bloemfontein. A win against coach Sipe Matafeni’s side would provide a welcome boost of confidence.

    In Makhanda, coach Dean Ferreira’s St Andrew’s College boys tackle Woodridge College. They’ll have two matches remaining on their schedule after Friday’s match, against Dale College and Pearson High.

    Speaking of Dale, they’ll be keen to get their season back on track when they host Stirling High in Qonce on Friday afternoon.

    In their last outing, Dale went down 0-1 against Kingswood College. The week before that, they beat Graeme College 2-0 away from home.

    The side, led by coach Junior Mqingwana, has shown massive improvement this season, and closing off with a bang will be a key point on their agenda.

    FIXTURES

    Friday, 12 July 

    16:00 – Dale College vs Stirling High School
    17:30 – St Andrew’s College vs Woodridge College
    18:30 – Selborne College vs Hudson Park
    19:20 – Grey High vs York High

    Saturday, 13 July 2024:

    11:00 – Merrifield College vs Cambridge High School

  • Akademieweek-sterre nou in teenoorgestelde hoeke van kryt

    FOTO: Marius Esterhuizen

    Die suksesvolle skakelpaar van die Goue Leeus se 2024 Akademieweek-span,  Ignatius Jantjies en Recce Gerber, bevind hulle hierdie naweek in die teenoorgestelde hoeke van die kryt.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Jantjies sal oudergewoonte posisie op skrumskakel vir Hoërskool Noordheuwel se Blues inneem, terwyl Gerber vanaf losskakel die toutjies vir die span van Alberton, Hoërskool Marais Viljoen, sal trek wanneer dié twee skole hul wedloop in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling na die vakansie voortsit.

    Die duo was grotendeels verantwoordelik vir die Leeus se sukses tydens vanjaar se Akademieweek en het albei goeie momentum opgebou wat hul individuele spelpeil betref. Dit was verál Gerber wat die skare se aandag getrek het met sy uitstekende spel agter ‘n goed afgerigte pak voorspelers en danksy Jantjies se flink diens.

    Gerber en Jantjies is nie die enigste twee wat nou, slegs ‘n paar weke later, mekaar die stryd aansê nie. Die breinstrust agter die Leeus se agtereenvolgende seges by die Akademieweek, Marais Viljoen se hoofafrigter, Ryno Luus, en Ian Joubert, die Blues se voorspelerafrigter, sal Saterdag mekaar strategies probeer uitoorlê vanaf die kantlyn.

    “Dit gaan lekker wees om die veld met Ian te deel, al sit ons in verskillende hoeke. Ons respekteer mekaar ál die pad”, het Luus oor die tweestryd met Joubert gesê.

    Luus sal hoop dat sy pak, onder leiding van die staatmakerslot, Bjorn Pieterse, voorlangs die oorhand kan bewerk om aan Gerber en die indrukwekkende binnesenter, Brandon Els, die nodige momentum te bied om die Norie-agterlyn onder druk te plaas. Dit is juis agterlangs waar die span van Alberton die Blues kan troef.

    Joubert en Noorheuwel se hoofbreier, Stephan Lourens, moes vandeesweek ietwat kopkrap na die beseringspook in Krugersdorp kom draai het.

    Die Blues se SA Skole-verteenwoordiger, Cheswill Jooste, sal die kragmeting weens harsingskudding misloop. Dit bied aan Ethan Smith ‘n geleentheid om te wys wat in hom steek wanneer hy die nr. 13-trui oor die kop trek.

    Brad Brown, een van die Nories se kragtige baldraers, is ook nog buite aksie weens ‘n kniebesering en word deur die hardwerkende Juandre de Villiers op agtsteman vervang.

    In Nelspruit wag ‘n taamlike taak op die tuisspan, Hoërskool Nelspruit se Rhinos, wanneer hulle hul Beker-veldtog teen Hoërskool Garsfontein se Bere voortsit. Die span van Pretoria het in hul laaste twee wedstryde voor die vakansie met reuse tellings teen Hoërskool Menlopark (90-14) en Hoërskool Rustenburg (74-12) skoonskip gemaak.

    Die gesamentlike 164 punte wat die Pretorianers aangeteken het, het hul stewig terug in die wedloop geplaas vir ‘n uitspeelposisie in dié afdeling.

    Die Rhinos sal die Bere se losskakel, Junade Pasensie, goed moet dophou, aangesien sy visie die Bere se giftige agterlyn, insluitende die SA Skole A-vleuel, Junaide Stuart, deurgaans op die voorvoet plaas. Voorlangs sal die oopkanflant, Stephan Pretorius, ‘n doring in die Nellies se vlees wees.

    Die tuisspan beskik egter self oor die nodige skietgoed om die Bere aan te vat. Buitesenter, wat vandeesweek na binnesenter skuif, Ian Wood, Linkervleuel, Tinyiko Shilubane, en skrumskakel, Liam Pringle, wat almal deel uitgemaak het van die Pumas se onoorwonne span by vanjaar se Cravenweek, wag op die Pretorianers. Ruben Greeff neem Wood se plek op buitesenter in.

    Regardt Vermaak trek weer die nr. 2-trui oor die kop en behoort lippe af te lek vir sy tweestryd met Pretorius by die afbreekpunte. Vermaak was ook, saam met die duo in die agterlyn, deel van die suksesvolle Puma-span.

    Die spanne: 

    Hoërskool Noordheuwel t. Marais Viljoen om 13:10 in Krugersdorp

    Noordheuwel: 15 Francois Venter, 14 Jeremo Luiters, 13 Ethan Smith, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Andy Maarman, 9 Ignatius Jantjies, 8 Juandre de Villiers, 7 Donovan Breedt, 6 Meyer Opperman, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Alex Greeff, 3 Ivhan Janse van Rensburg, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.

    Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Devin Raubenheimer, 13 Tiaan Joubert, 12 Brandon Els, 11 Ethan Weideman, 10 Recce Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Nathan Bailey, 1 Clayton Gagiano.

    Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Garsfontein om 13:20 in Nelspruit

    Hoërskool Nelspruit (moontlik): 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Ian Wood, 11 Tinyiko Shilubane, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Prosper Chillione, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Regardt Vermaak, 1 Lindani Ndlela.

    Garsfontein (moontlik): 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 Stephan Pretorius, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.

  • JF opgewonde oor eerste DStv-uitdaging

    Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

    Hoërskool Jim Fouché (JF) gaan vir die eerste keer in sy geskiedenis aan die gesogte DStv Challenge op 12 en 13 Julie by Hoërskool Florida deelneem. Hierdie merkwaardige geleentheid volg nadat die skool van Bloemfontein die tweede plek in die DStv Vrystaat Skole-uitdaging behaal het.

    Mary-Anne Goeieman, afrigter van JF, sê hulle is opgewonde om teen van die land se beste skole mee te ding.

    “Ons het ‘n brandende begeerte om te veg en sien geweldig uit na die uitdaging, verál aangesien dit ook die laaste toernooi vir die meeste van ons spelers is. Dit is persoonlik.”

    Goeieman voeg by dat die span hard gewerk het, asook dat hul alles het om te wen en niks om te verloor nie.

    “Ek glo ons is die underdogs; niemand weet regtig wie ons is nie, en dit kan soms gevaarlik wees.”

    JF spog met ‘n topspeler in hul geledere, met Jana Rossouw wat onder die top-35 spelers in Suid-Afrika tel en ‘n plek in die Vrystaatse A-span verdien het. Elri Pieters was ook erken as die beste doel- en senterbaanspeler by die Affies Prestige-toernooi (brons) en Sentrale Standard Bank-toernooi (goud).

    Die span sal tydens die toernooi gelei word deur kaptein, Roechelle van der Merwe, en onderkaptein, Lindsey Leveling.

    JF sal in hul poel teen spanne soos Hoër Meisieskool La Rochelle van die Paarl en Hoërskool Waterkloof van Pretoria, teen wie hulle Vrydag om 08:50 hul eerste wedstryd speel, meeding.

    Jim Fouché se eerste span: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

  • DStv Challenge: Rustenburg wil op hoë noot afsluit

    “Ons span kon vanjaar ál die struikelblokke wat oor ons pad gekom het op só ‘n manier oplos dat ons steeds as ‘n span lief kon bly vir mekaar.”

    Aldus Hoërskool Rustenburg se netbalafrigter, Elsa Morris.

    “Dié kere wanneer ons wel moedeloos geraak het, het ons liefde en omgee vir mekaar as ‘n span vir ons deurgetrek, en is ons harte en koppe op die beste plek waar dit kan wees.”

    Rustenburg het duidelike doelwitte gestel vir hierdie naweek se wedstryde in die eindronde van die DStv Schools Netball Challenge. Hulle wil as wenners in hul poel eindig en sodoende ‘n plek onder die top-agt losslaan. Rustenburg het sewe matrieks wat vir die laaste keer in hul skoolloopbaan vir die span gaan speel, en hulle sal uiteraard die hoofstuk op ‘n hoogtepunt wil afsluit. Hulle wil wegstap met die wete dat elkeen hul harte uitgespeel en aanhou baklei het tot die bittereinde toe.

    Vir dié span is elke wedstryd ‘n nuwe begin en ewe belangrik. Een van Rustenburg se taaiste kragmetings is dié teen Hoërskool Secunda, met beide spanne wat alles in hulle vermoë sal doen om te wen.

    “Ons weet dit gaan nie maklik wees nie, maar ons is gereed vir die uitdaging wat op ons wag,” voeg Morris by.

    Die afrigtingspan bestaande uit Morris en Maritsa Grove stap reeds van o.14 die pad saam met die spelers, en hulle hanteer die afrigting, spanbestuur en motivering van die span. Juanette Labuschagne is die biokinetikus.

    Die eerste span bestaan uit:

    Marni Lombaard (hulpdoel/doel), Chelize Durie (hulpdoel/doel), Zané Maritz (senter/ aanvallende vleuel), Karla Stieger (verdedigende vleuel, aanvallende vleuel), Kamogelo Molefe (verdedigende vleuel), Carika Arnold (verdediger), Dané Volschenk (hulpdoelverdediger, senter), Anya Matchett (doel), Mianke van der Merwe (aanvallende vleuel), Nina Breedvelt (hulpdoelverdediger/ verdediger).

  • Sundowns take on Rosina Sedibane as Gauteng Development League returns

    Nearly four weeks have passed since there was last action in the Gauteng Development League, with the Engen Knockout Competition taking centre stage during the mid-year break.

    As the second half of the competition gets underway this week, Mamelodi Sundowns will be aiming to extend their unbeaten run when they lock horns with Rosina Sedibane Sports School at Clapham High School on Saturday.

    The Brazilians are top of the table and have scored a very healthy 49 goals in their 16 matches while conceding only 12. That makes them the highest scorers and the owners of the second stingiest defence in the league. Their record is a sparkling 15 wins and one draw.

    Rosina carries six losses, five victories and five draws into the second half of the season. They occupy 10th place in the standings, six spots above the relegation zone.

    Facing a dominant Sundowns side, under the tutelage of coach Surprise Moriri, Rosina will have their work cut out for them this weekend. However, they will take heart from Kaizer Chiefs‘ recent victory over the table-toppers in the Engen Knockout Final last week, which proved that Downs are fallible.

    Chiefs, meanwhile, travel to the Alberton Football Club to tackle a struggling Sevens Academy side.

    Even though they are playing away from home, second-placed Chiefs are expected to make light work of their opponents. The Amakhosi have 39 points, 24 clear of their opposition.

    In other fixtures, bottom-of-the-log Wits Junior welcomes East Rand Athletic Club to Marks Park as they seek to engineer a turnaround of their dismal campaign.

    Tuks host the defending champions, Highlands Park – the club with the best defensive record, in case you were wondering who that was – at the University of Pretoria Sports Campus, while TS Galaxy takes on Joburg City at George Lea Park, and SuperSport United goes up against Jomo Cosmos at Eskom Megawatt Park.


    School of Excellence and Kathorus Hyper Academy meet at Elandsfontein, while NWU Vaal and Remember Elite Sports Academy do battle at President Park.

    The fixtures wrap up with Randburg AFC hosting Panorama FC at the Randburg Sports Complex.

  • Eastern Cape glory on the line in Spar Hockey Challenge final

    Photo credits: DSG Makhanda
    Photo credits: DSG Makhanda

    Makhanda’s Diocesan School for Girls (DSG), Clarendon, Pearson High, York High, and Queenstown Girls’ High will be eyeing the silverware when they contest the final of the Eastern Cape Spar Hockey Challenge in Gqeberha this weekend.

    The tournament’s final round kicks off on Saturday and culminates in the title-decider being played the following day at Victoria Park High School‘s Astroturf.

    You can catch all the action LIVE on SuperSport Schools.

    The five teams qualified for the final after winning their respective regional tournaments during the season.

    DSG Makhanda booked their ticket to the final with a 3-1 win over Kingswood College back in May.

    In that tournament, which was hosted by Kingswood, DSG also made light work of Volkskool Graaff-Reinet, winning 7-0, before thumping Die Brandwag 8-0. They were made to work hard by Union High, whom they beat 2-1 in the semi-finals.

    They’ll enter the final week of the Spar Hockey Challenge high in confidence after finishing term two on a high with a 2-1 K-Day win over Kingswood last month.

    Coach Geowynne Gamiet’s side welcomes back their Eastern Province players who participated in the SASHOC National Weeks over the holidays.

    The Holderness sisters, Lucy and Abigail, who have been immense for the Makhanda side this season, shone at the provincial weeks.

    Lucy inspired her u16 side to win gold and was named the Player of the Tournament, while Abigail’s performances in the u18A section secured her selection for the SA u17 squad. They’ll have a big role to play in their side’s title challenge.

    For Clarendon, making the final was far from easy, and it took a sudden death penalty shootout win over Hudson Park to secure them their spot.

    Aside from that tension-filled win, their 2024 season has been topsy-turvy, and coach Luaan Sedras will be looking for more consistency from his team as they aim to close the year on a high.

    Their final match before the mid-year break brought them a 5-0 win over Stirling High School. Clarendon takes on Hudson Park on Friday afternoon, and a win there could be the confidence boost the team needs ahead of a demanding weekend.

    Photo credits: Pearson High School
    Photo credits: Pearson High School

    Meanwhile, Pearson High School won’t be lacking in confidence when they take to the turf on the weekend.

    The Gqeberha-based side is enjoying a season to remember and, despite not winning as many matches as they would’ve liked, they are playing an entertaining brand of hockey.

    Before the mid-year break, they defeated Woodridge College 3-0 with SA u16 star Lisa de Villiers scoring twice, before Nyssa Slabbert added a further goal to her team’s tally.

    To reach the final, coach Ignatius Malgraff‘s troops had to get past a strong Collegiate team, but they pulled off a 1-0 victory in a tightly contested affair.

    They have already faced fellow finalists DSG and York this year, playing to a 3-3 draw against the Makhanda outfit, while they defeated the latter 4-1 away from home.

    York High and Queenstown Girls’ High will enter the last round of competition as the underdogs.

    York, led by head coach MJ Meyer, participated in the Belgotex Sport Easter Hockey Festival in Cape Town and punched above their weight to finish in 21st place out of 40 teams.

    Queenstown Girls’ High are also not to be taken lightly and they will aim to spring a few surprises against teams who might not be familiar with their style of play.

    Day 1 | Fixtures

    13:30 – DSG Makhanda vs Pearson High
    14:00 – York High vs Clarendon
    14:30 – DSG Makhanda vs Queenstown Girls’ High
    15:00 – York High vs Pearson High
    15:30 – Clarendon vs Queenstown Girls’ High
    16:00 – York High vs DSG Makhanda
    16:30 – Pearson High vs Clarendon

    Day 2 | Fixtures

    08:00 – Pearson High vs Queenstown Girls’ High
    09:00 – Clarendon vs DSG Makhanda
    09:30 – Queenstown Girls’ High vs York High
    10:15 – Semi-final 1
    10:45 – Semi-final 2
    11:30 – Bronze medal match
    12:00 – Final