Menlopark se o.14-rugbyspan pak Maandag in die hoofwedstryd van die tweede dag van die Canon Kwagga-rugbyweek vir Durbanville. Menlopark is deur die organiseerder beloon na ‘n naelskraapse sege van 19-18 oor Paarl Boys’ High wat die spelers van die Jakarandastad nog lank sal onthou.
Die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria se o.14-span het vir Paul Roos Gimnasium met 20-10 verslaan, terwyl Monument met 26-5 te sterk vir Stellenberg was. Boland Landbou het met ‘n oorwinning van 22-16 oor Waterkloof ook gewys dat hulle vanjaar onder die voorste spanne in hul ouderdomsgroep in die land tel.
Die gasheer se o.14-span het Garsfontein van Pretoria met 71-0 afgeslag. Garsies speel more op die C-veld teen Jeugland na die nederlaag. Die Kwaggas kom teen Affies te staan.
Die Kwaggas se o.15-span kom in die vernaamste voorwedstryd teen Diamantveld te staan. Die span het op die eerste dag vir Grey High van Port Elizabeth met 29-8 getroef. Diamantveld het met 27-7 as oorwinnaars van die veld teen Windhoek Gimnasium gestap.
Die uitslae is:
o.14: Menlopark 19, Paarl Boys’ High 18; Affies 20, Paul Roos Gimnasium 10; Monument 26, Stellenberg 5; Boland Landbou 22, Waterkloof 16; Kwagga XV 45, Centurion 7; Diamantveld 41, Jeugland 0; Wynberg Boys’ High 22, Kemptonpark 12; Outeniqua 71, Garsfontein 0; Durbanville 45, Noordheuwel 5; Brandwag (Uitenhage) 24, Windhoek Gimnasium 19; Klerksdorp 8, Parel Vallei 5; Heidelberg Volkies 74, Sentraal 0; Grey High School 21, Florida 19.
o.15: Outeniqua 29, Grey High School 8; Boland Landbou 31, Durbanville 17; Bellville 35, Jeugland 12; Diamantveld 27, Windhoek Gimnasium 7; Brandwag (Uitenhage) 20, Parel Vallei 5; Noordheuwel 24, Klerksdorp 15; Heidelberg Volkies 17, Sentraal 7.
Bepalings vir Maandag, 2 April 2017 is:
A-veld
08:30 – o.15 – Brandwag (Uitenhage) vs. Klerksdorp
09:30 – o.15 – Noordheuwel vs. Bellville
10:30 – o.14 – Heidelberg Volkskool vs. Wynberg Boys’ High
11:30 – o.14 – Outeniqua vs. Affies
12:30 – o.14 – Monument vs. Paul Roos Gimnasium
13:30 – o.15 – Boland Landbou vs. Grey High School
14:30 – o.15 – Diamantveld vs. Outeniqua
15:30 – o.14 – Menlopark vs. Durbanville
B-veld
08:30 – o.14 – Stellenberg vs. Kemptonpark
09:30 – o.14 – Diamantveld vs. Florida
10:30 – o.14 – Brandwag (Uitenhage) vs. Klerksdorp
11:30 – o.14 – Boland Landbou vs. Grey High School
12:30 – o.14 – Waterkloof vs. Paarl Boys’ High
13:30 – o.15 – Heidelberg Volkskool vs. Durbanville
14:20 – o.15 – Windhoek Gimnasium vs. Jeugland
15:30 – o.15 – Parel Vallei vs. Sentraal
C-veld
08:30 – o.14 – Windhoek Gimnasium vs. Kwagga XV
09:30 – o.14 – Centurion vs. Sentraal
10:30 – o.14 – Jeugland vs. Garsfontein
11:30 – o.14 – Noordheuwel vs. Parel Vallei



Fourteen of the top rugby High Schools in the Western Cape will get the opportunity to showcase their skills on the DHL Newlands pitch at the Western Province Schools Day on Tuesday.