SSPN Test Site

Blog

  • Beeld na 22 jaar nie meer titelborg van oudste skolerugby-kompetisie

    Beeld na 22 jaar nie meer titelborg van oudste skolerugby-kompetisie

    BeeldBeeld sal nie meer die titelborg van die oudste skolerugby-kompetisie in Suid-Afrika wees nie. ‘n Vennootskap van 22 jaar met die Noordvaal Skolerugbyvereniging (NVSRV) het verlede jaar tot ‘n einde geloop.

    Die kompetisie het verlede jaar as die Virseker Beeldtrofee bekend gestaan. Virseker het sy verhouding met die NVSRV versterk en die kompetisie sal die Virseker Noordvaaltrofee of in kort as die Virsekerbeker bekend staan. 

    Die kompetisie beloof om vanjaar nuwe hoogte te bereik met Virseker wat saam met Kyknet ‘n hele aantal wedstryde sal beeldsend. Dit sluit wedstryde van die kleiner skole in die kompetisie in. 

    Beeld het in 1995 die titelborgskap oorgeneem. Die eerste eindstryd onder die borgskap het 24-elk tussen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en HTS Middelburg geëindig. Die skeidsregter vir die wedstryd was André Watson later die Wêreldbeker-eindstryde van 1999 en 2003 ook hanteer. 

    Die oudste skolerugby-kompetisie in Suid-Afrika het voorheen ook as die Transvaalbeker (1920-21), AG Robertsonbeker (1922-1933), Administrateursbeker (1934-1981) en die Direkteurstrofee (1982-1994) bekend gestaan.

    Destyds in 1995 was daar slegs om die Beeldtrofee en Piet Krynauw-trofee (vir o.15-spanne) meegeding. Onder die vaandel van Beeld het die kompetisie uitgebrei tot vyf afdelings – Makro-, Groot-, Medium-, Middel- en Kleinskole. 

    Meer as 180 skole in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes neem aan vanjaar se reeks deel. Ongeveer 800 skolespanne neem vanjaar aan die kompetisie deel.

    Daar is vyf afdelings in die Virsekerbeker. As ’n skool 175 seuns of minder het, sal hy in die kleinskole-afdeling speel. Skole met tussen 176 en 350 seuns sal as medium skole meeding.

    Dié met seunsgetalle van tussen 351 en 599 sal hul slag in die afdeling vir groot skole wys, terwyl skole met 600 of meer seuns as makroskole geklassifiseer sal word. Daar is ook ’n middelskole-afdeling waarin skole speel wat meer seuns het as wat die reëls voorskryf vir klein skole, maar nie genoeg seuns het wat rugby speel nie.

    Die verdedigende kampioene van die onderskeie afdelings is die Hoërskool Garsfontein (Makroskole), Helpmekaar-kollege (Grootskole), Vryburg (Mediumskole), Schweizer-Reneke (Middelskole) en Curro Heuwelkruin (Kleinskole).

     

  • Results of the High School 7’s Series at Diamantveld

    Results of the High School 7’s Series at Diamantveld

    Digital banner kimberley2The first leg of the High School 7’s Series in conjunction with Travel and Sport is underway at Diamantveld in Kimberley. 

    Results will be posted here as they come in – for viewing the live streaming of the tournament go to www.fanstream.co.za 

    Word Rugby sevens circuit referee Jaco Kotze is one of the referees at the tournament to keep himself prepared. 

    Results: 

    u18 

    Pool A: Diamantveld 24, Welkom Gimnasium II 10; Goudveld 22, Welkom Gimnasium II 12; Goudveld 31, Diamantveld 0.

    Pool B: Welkom Gimnasium 43, Diamantveld II 5; Wildeklawer 22, Adamantia 0; Welkom Gimnasium 56, Adamantia 0; Diamantveld II 19, Wildeklawer 14; Welkom Gimnasium 24, Wildeklawer 0; Diamantveld 31, Adamantia 5.

    Bowl Semi-Final 

    Welkom Gimnasium 33, Adamantia 0.

    Cup Semi-finals

    Goudveld 41, Diamantveld II 0; Diamantveld 17, Welkom Gimnasium 14.

    Bowl Final

    Welkom Gimnasium II 33, Wildeklawer 0.

    Cup Final

    Goudveld 33, Diamantveld 17.

    u15

    Diamantveld 59, Diamantveld III 0; Goudveld 12 Diamantveld II 0; Diamantveld 32, Goudveld 0; Diamantveld II 38, Diamantveld II 0; Goudveld 45, Diamantveld III 0; Diamantveld 34, Diamantveld II 0. 

    Bowl Final 

    Diamantveld II 31, Diamantveld III 7.

    Cup Final 

    Diamantveld 53, Goudveld 0.

  • Opwindende reeks skop Saterdag in Kimberley af

    Opwindende reeks skop Saterdag in Kimberley af

    FanstreamDie lang wag is oor.

    Die skolerugbyseisoen van 2017 skop Saterdag in Kimberley op Hoërskool Diamantveld af. Diamonds bied die eerste been van die nuwe High School 7’s-reeks aan.

    Al die wedstryde van die o.15 sowel as die o.18-toernooi sal regstreeks op Fanstream.co.za gebeeldsend word. Kykers kan reeds vir die beeldsending op die volgende skakel registreer – fanstream.co.za/member-registration.

    Die Hoërskole Sewesreeks word in samewerking met Travel & Sport aangebied, word boonop deur Darryl Weir georganiseer. Weir was ook een van die organiseerders van die @lantic-reeks.

    Travel & Sport sal die toernooie bywoon en ’n spelers identifiseer om in spanne in onder andere die Dubai Sewes deel te neem.

    Diamantveld, Goudveld-Hoërskool, Welkom Gimnasium, Wildeklawer en Adamantia het spanne wat op die o.18-toernooi in aksie sal wees. Diamonds en Gimmies het albei twee spanne ingeskryf.

    In die o.15-toernooi is daar slegs vier spanne wat sake om die titel gaan uitspook. Die gasheer het drie spanne ingeskryf met Gouties wat die vierde span sal wees.

    Daar sal 12 toernooie in die reeks wees. Die reeks sal in Kimberley, Bloemfontein, Durban, Paarl, Rustenburg, Vryheid, Nelspruit, Benoni en Tzaneen ‘n draai maak.

    Al die toernooie sal deur Fanstream gestroom word.

    Daar sal ook aan die einde van die reeks ’n Kampioen van Kampioene-toernooi op 20 en 21 Oktober gehou word. Die gasheer van die toernooi sal nog bekend gemaak word.

    Die kampioene van die onderskeie toernooie van die reeks sal in dié toernooi spook om as die nasionale kampioen uit die stryd te tree.

    Vir meer inligting kontak vir Darryl Weir van Weir Promotions by weirpromo@gmail.com

    Die bepalings is (o.18):

    09:00 – Diamantveld vs. Welkom Gimnasium II
    09:20 – Welkom Gimnasium vs. Diamantveld II
    09:40 – Wildeklawer vs. Adamantia
    10:40 – Goudveld vs. Welkom Gimnasium II
    11:00 – Welkom Gimnasium vs. Adamantia
    11:20 – Wildeklawer vs. Diamantveld II
    12:20 – Diamantveld vs. Goudveld
    12:40 – Diamantveld II vs. Adamantia
    13:00 – Welkom Gimnasium vs. Wildeklawer
    14:00 – Bowl-halfeindstryd (A3 vs. B4)
    14:20 – Beker-halfeindstryd (A1 vs. B2)
    14:40 – Beker-halfeindstryd (B1 vs. A2)
    15:40 – Bowl-eindstryd
    16:00 – Beker-eindstryd

    o.15

    10:00 – Diamantveld vs. Diamantveld III
    10:20 – Diamantveld II vs. Goudveld
    11:40 – Diamantveld vs. Goudveld
    12:00 – Diamantveld II vs. Diamantveld III
    13:20 – Diamantveld vs. Diamantveld II
    13:40 – Goudveld vs. Diamantveld III
    15:00 – Bowl-eindstryd
    15:20 – Beker-eindstryd

  • Junior Blitsbokke kry slypkans in Namibië

    Junior Blitsbokke kry slypkans in Namibië

    WindhoekGimPitch1‘n Nuwe opwindende internasionale sewestoernooi sal op 3 en 4 Maart by Windhoek Gimnasium aangebied word. Die Capricorn Group-toernooi (vir o.19-spanne) sal aan die Junior Blitsbokke (SA o.18) ‘n geleentheid gee om hul sewesvaardighede verder te ontwikkel. 

    Die toernooi sal ook aan die Junior Blitsbokke ‘n gulde geleentheid verskaf om vir vanjaar se Statebond Jeugspele in Bahamas van 19 tot 23 Julie voor te berei. Die Blitse gaan ‘n moeilike taak op hul hande he om hul titel as kampioen te verdedig omdat geen spelers wat vanjaar aan die Coca-Cola Cravenweek of die Akademie-week aan die Statebondspele sal kan deelneem nie. 

    Die Cravenweek en Akademieweek vind van 17 tot 22 Julie op St. Stithian’s College se velde in Johannesburg plaas. In Namibië sal ses internasionale spanne sake teen Suid-Afrika uitspook. Namibië, Zambië, SA All Stars, Botswana en Duitsland sal ook op die toernooi in aksie wees. 

    Die Capricorn Group-toernooi word deur die bekende promotor Willem Strauss georganiseer. Die toernooi sal op die eerste rugbyveld van kunsmatige gras in Afrika speel. Wat die toernooi ook absoluut uniek maak is die feit dat dit die inhuldiging sal wees van die eerste kunsmatige rugbyveld in Afrika. Die veld is soortgelyk aan die Engelse rugbyklub Saracens se kunsmatige oppervlak van hul tuisveld Allianz-park.  

    “Die toernooi sal vir junior sewes spelers in Afrika ‘n baan skep na hul nasionale sewes spanne en wie weet, dalk kan dit die begin wees van ‘n aantal toekomstige Olimpiese spelers se loopbane,” het Strauss gese.WindhoekGim pitch

    Strauss het ook bygevoeg dat die toernooi beplan word om jaarliks plaas te vind en dat daar meer internasionale spanne in die toekoms genooi sal word. 

    Die Junior Blitsbokke het in 2011 vir die eerste keer aan die Statebond Jeugspele deelgeneem. Die span wat deur Dries Swanepoel aangevoer is het destyds in die eindstryd met 20-41 teen Engeland vasgeval. Twee jaar gelede in Samoa het die Blitsbokke vir Australië met 31-24 in die eindstryd verslaan. 

    In die span van 2011 was toekomstige senior Blitsbokke soos Justin Geduld en Cheslin Kolbe. Springbokke soos Jan Serfontein en Rohan Janse van Rensburg was ook lede van die span. 

  • Blou Bulle se Prestige Rugbyaand gaan van krag tot krag

    Blou Bulle se Prestige Rugbyaand gaan van krag tot krag

    BlouBulleDie Blou Bulle bied vanjaar sy Prestige Hoërskole Rugbyaand vir slegs die tweede maal aan, maar vanjaar se dag van skolerugby op Loftus Versfeld beloof om vir nog meer opwindende rugby as verlede jaar te sorg. Vanjaar sal die rugbydag op Dinsdag, 7 Maart plaasvind.  

    Die hoofmaal sal om 21:00 onder spreiligte tussen die Virseker Beeldtrofee se Makroskole-kampioen, die Hoërskool Garsfontein, en Diamantveld van Kimberley plaasvind. Wedstryde sal 25 minute aan ‘n kant wees met geen stelskoppe wat toegelaat sal word nie.

    Die Griffons se skolekampioen van 2016, Welkom Gimnasium, wat met ‘n enkele punt (43-42) teen Grey-kollege in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga vasgeval het sal ook in aksie wees. Die span van Welkom sal in die vernaamste voorwedstryde teen Monument van Krugersdorp te staan kom. 

    EG Jansen van Boksburg, Voortrekker van Bethlehem, Menlopark van Pretoria, Jeppe High School for Boys’, Potchefstroom Gimnasium, Pretoria THS, St. Alban’s College, Ben Vorster van Tzaneen, Curro Heuwelkruin van Polokwane, Goudveld-Hoërskool van Welkom en Zwartkop van Pretoria is die ander skole wat op die dag in aksie sal wees.  

    Die dag vind op dieselfde grondslag as die jaarlikse Nuweland Rugbydag vir skole in die Wes-Kaap gespeel word. Die Nuweland Rugbydag vind vanjaar op 28 Maart plaas.

    Die bepalings vir Blou Bulle Prestige Hoërskole Rugbyaand is: 

    12:00 – Midstream College vs. Curro Heuwelkruin
    13:00 –
    Oos-Moot vs. Pretoria Boys’ High
    14:00 –
    Pretoria THS vs. Curro Heuwelkruin

    15:00 – Ben Vorster vs. St. Alban’s College
    16:00 – Kemptonpark vs. Goudveld
    17:00 – Zwartkop vs. Potchefstroom Gimnasium
    18:00 – Menlopark vs. Jeppe High School for Boys’ 
    19:00 – EG Jansen vs. Voortrekker (Bethlehem)
    20:00 – Monument vs. Welkom Gimnasium 
    21:00 – Garsfontein vs. Diamantveld

  • Hoe blink gaan Diamantveld se diamante vanjaar wees?

    Hoe blink gaan Diamantveld se diamante vanjaar wees?

    DiamantveldlogoDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld behoort vanjaar weer onder die voorste 20 skolespanne in Suid-Afrika te tel. Diamonds het verlede jaar na ‘n goeie seisoen die 12de posisie op School of Rugby se laaste ranglys vir 2016 beklee. 

    Die span word weer deur Jaco Dames gebrei, terwyl voormalige Griekwa-spelers soos Jaco Nepgen en Leon Karemaker ook ‘n hand sal bysit. Karemaker was in 2003 die Coca-Cola Cravenweek se Speler van die Toernooi. 

    “Dit gaan baie moeilik wees vir ons om op ons 2016-seisoen te verbeter, maar ons sien uit na die uitdagings wat op ons wag. Die uitdaging gaan egter voor lê, waar ons baies ‘n nuwe pak voorspelers moet kies met ‘n nuwe dinamies benadering, want die pak gaan aansienlik ligter wees as die agttal van 2016,” het Dames gesê.

    Indien spanne vanjaar vir Diamantveld wil hokslaan sal hul eers die span van die Diamantstad se agterhoede moet stuit. Slegs verlede jaar se senter Etdeon Greyvenstein het sy skoolloopbaan verlede jaar voltooi. Sy neef en sentermaat, De-an Ackermann, behoort weer vanjaar verwoesting in die middelveld te saai. 

    Die losskakel, Charles Williams, was een van die ongelukkigste spelers om nie verlede jaar vir Griekwas op die Cravenweek in aksie te wees nie. Williams het in sy drie wedstryde tydens die Akademie-week, waarvan hy in een slegs tien minute op die veld was, ‘n totaal van ses driee gedruk.

    Williams was die voorste driedrukker op die toernooi in Durban en het ook die naasmeeste punte met 49 punte opgestapel. Slegs Grey-kollege en Vrystaat se losskakel, Christopher Schreuder, het met 55 punte meer as hy aangeteken. 

    Die span se heelagter, Ashwill Botha, wat verlede jaar op die Cravenweek in aksie was behoort die laaste vesting te beman.

    Diamantveld – 2017
    13 Februarie vs. Louis Botha
    4 Maart vs. Sentraal
    7 Maart  vs. Garsfontein (Loftus)
    11 Maart vs. Affies (T)
    18 Maart vs. Duineveld (T)
    24 Maart vs. Jim Fouche
    1 April Oakdale Rugbyweek
    3 April Oakdale Rugbyweek
    5 April Oakdale Rugbyweek
    29 April vs. Helpmekaar (WK)
    1 Mei vs. Welkom Gimnasium (WK)
    13 Mei vs. Noord-Kaap (CC)
    20 Mei vs. Hoërskool Upington
    27 Mei vs. Landboudal
    29 Julie vs. Fichardtpark (T)
    5 Augustus vs. Pionier
    12 Augustus vs. HTS Drostdy (T)
    19 Augustus Moontlike Shimla-liga halfeind
    26 Augustus Moontlike Shimla-liga eindstryd

    Diamonds se skrum behoort ook stewig geanker te wees met die twee voorrymanne Willem Coetzer en Edwill Speelman wat reeds verlede die Poubloues op die Cravenweek in Durban verteenwoordig het. Boonop sal die twee manne hard moet werk vir hul plek in hul skoolspan met die sterk vaskopstut, Rudolph Fourie, wat ook sy oog op ‘n plek in Diamonds se beginspan sal he. 

    Fourie het verlede jaar Griekwas se o.16-span se skrum op die Grant Khomo-week geanker. Hy laat die skaal op ‘n stewige 111kg kreun, terwyl hy 1.83m in sy sokkies staan.

    Die agttal behoort ook die agtsteman, Renier van Zyl, in sy geledere te he wat verlede jaar al vir die eerste in aksie was. Hy het ook Griekwas op die Akademie-week verteenwoordig. 

    Diamantveld skop sy seisoen teen Louis Botha in ‘n voorwedstryd vir die FNB Varsitybeker kragmeting tussen Shimlas en Ikeys in Bloemfontein af. 

    Die span sal soos verlede jaar weer die Blou Bulle se Rugbyaand op Loftus Versfeld bywoon. Geen stelskoppe word in die wedstryd waargeneem nie.

    Diamonds sal teen Garsfontein van Pretoria te staan kom en het verlede jaar op die dag verras deur gelykop teen Monument te speel. Die wedstryd teen Garsies sal die hoofwedstryd van die aand wees. 

    Diamonds se drie wedstryde om nie te mis nie, is teen Affies, Helpmekaar-kollege en Noord-Kaap. Die wedstryd teen Affies is die hoofmaal op Diamonds se jaarlikse sportdag. 

    Helpmekaar se eerstespan behoort onder die voorste vyf spanne in die land te tel indien hy aan die verwagtinge voldoen. Die kragmeting op die eerste dag van die Wildeklawer-toernooi in Kimberley behoort dus ‘n stewige uitdaging vir Diamantveld te wees. 

    Diamantveld was voor sy jaarlikse FNB Classic Clash verlede jaar teen Noord-Kaap reeds met sy een voet in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie. Diamonds het tot op daardie stadium ‘n beter seisoen as Northerns beleef. Noord-Kaap het egter vir ‘n verrassing gesorg en Diamonds sal gewis vanjaar die saak wil regstel. 

    Diamantveld sal na Riversdal toer waar hy aan Oakdale Landbou se jaarlikse week sal deelneem. Diamonds behoort daar teen die gasheer in een van sy wedstryde te staan te kom. 

  • Twee oud-Bokke gooi hulle gewig agter Hoërskool Durbanville

    Twee oud-Bokke gooi hulle gewig agter Hoërskool Durbanville

    DawieSnymanDie Hoërskool Durbanville het die legendariese breier en voormalige Springbok Dawie Snyman sr. as een van sy afrigters vir 2017 aangestel. Snyman sal help met spelerontwikkeling asook die ontwikkeling van vaardighede.

    Hy sal na die afrigters van die skool en hul opleiding omsien. Durbanville se hoofafrigter is Shaun Huygen wat verlede jaar ook die leisels vasgehou het. 

    Huygen het voorheen in Italië die klubspan Modena afrig. Huygen het die span van die derde liga na die premier liga in Italië geneem. Hy het ook die Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley gebrei.

    Hy het is ‘n deurwinterde afrigter wat al die by die Universiteit van Stellenbosch die Victoriane en Maties gebrei het. Hy het die Maties saam met die voormalige Springbok en Bok-breier, Ian Kirkpatrick afgerig.

    Hy was ook in sy loopbaan as breier by Paul Roos Gimnasium en die Hoërskool Oosterlig betrokke. Hy is ‘n produk van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad.

    Snyman het die Westelike Provinsie tussen 1982 tot 1986 tot ‘n rekord vyf agtereenvolgende titels in die Curriebeker gebrei. Snyman het op sy dag ook die Blitsbokke afgerig. 

    Hy het die Streeptruie se seniorspan van 1981 tot en met 1989 gebrei. Hy was ook weer by die afrigting van die span in 1993 en 1994 betrokke. 

    Dit is nie die eerste keer dat Snyman sy kennis met ‘n skolespan deel nie. Hy was vir drie jaar (2013-15) by Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch se eerstespan betrokke. Snyman het aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer en ook die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Snyman het die Springbokke in tien toetse verteenwoordig. 

    Hoërskool Durbanville se skoolhoof, George Germishuys, sal weer die voorspelers touwys maak. Die span se agterhoede sal deur Conrad Loubser geslyp word. Die voormalige Springbok-senter Marius Joubert sal op ‘n konsultasie-grondslag ook sy gewig agter die skool se rugby ingooi. 

  • Opwindende seisoen wag op Boishaai

    Opwindende seisoen wag op Boishaai

    Paarl BoishaaiDie Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan het ‘n opwindende seisoen wat op hom wag. Die span sal sy seisoen afskop met ‘n toer deur Nieu-Seeland. Die toer word deur Travel and Sport gereël. Boishaai sal van 23 Maart tot 9 April in Nieu-Seeland wees. 

    Die toergroep sal uit drie o.19-spanne en twee o.16-spanne bestaan. Elk van die spanne sal vier wedstryde teen van Nieu-Seeland se voorste skolespanne speel. 

    Boishaai het in 2014 in die eindstryd van die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan teen Hamilton Boys’ High (11-15) vasgeval. Hoewel die bepalings vir die toer nog nie vasgemaak is nie, sal die span van die Paarl sy lippe vir ‘n herontmoeting met die Nieu-Seelanders aflek. 

    Boishaai spog met ‘n onoorwonne rekord die afgelope twee seisoene wat oor ‘n segetog van 38 wedstryde strek. Dit sluit die twee wedstryde uit wat hulle op die Nuweland Rugbydag in 2015 en 2016 gespeel het. Die skool se tweede rugbyspan spog boonop ook met ‘n onoorwonne rekord in sy vorige twee seisoene. 

    Hoewel Boishaai slegs twee spelers die flank Franke Horn en vleuel Thakier Abrahams oorgehou het, kan die feit dat daar 12 spelers vanuit sy tweede span ook nog vanjaar beskikbaar is, nie oorgesien word nie. Die span van die Paarl het boonop ‘n aanwins uit die noorde van die land met die SA Skole-heelagter, Abner van Reenen, wat vanjaar ‘n Galpil sal wees. 

    Van Reenen is ewe tuis op heelagter as senter en was in 2015 en 2016 ‘n lid van die Hoërskool Garsfontein se eerstespan wat as kampioen van die Beeldtrofee vir Makroskole gekroon is. 

    Paarl Boys’ High – 2017
    TBC vs. New Zealand School
    TBC vs. New Zealand School
    TBC vs. New Zealand School
    TBC vs. New Zealand School
    13 April vs. Eye of Tiger
    15 April vs. NSW Combined Schools 
    17 April vs. Affies
    22 April vs. Outeniqua
    29 April vs. Selborne College (WK)
    1 Mei vs. Glenwood
    6 Mei vs. Wynberg Boys’ High
    13 Mei vs. Grey-kollege
    20 Mei vs. Rondebosch Boys’ High
    27 Mei  vs. Paul Roos Gimnasium
    3 Junie vs. Oakdale Landbou
    10 Junie vs. Bishops
    24 Junie vs. Boland Landbou
    29 Julie vs. SACS
    5 Augustus vs. Paarl Gimnasium

    Na Boishaai se Nieu-Seelandse uitstappie sal hy na slegs twee dae tuis wees voor hy teen Eye of the Tiger op St. John’s College se Paastoernooi in aksie sal wees. Die span se tweede wedstryd is teen ‘n gekombineerde skolespan van Nieu-Suid Wallis wees. 

    Die feit dat Boishaai se spelers ook die effek van vlugflouheid sal moet trotseer sal die span tydens die Paastoernooi behoorlik beproef. 

    Die hoogtepunt van die toernooi in die Goudstad sal egter Boishaai en Affies se herontmoeting na verlede jaar se titaniese stryd tydens die Wildeklawer-toernooi wees. Boishaai het verlede jaar met 29-25 in die wedstryd geseëvier met sy heelagter, Gianni Lombard, wat al sy span se punte aangeteken het.  

    Boishaai se twee grootste struikelblokke wat op hom die seisoen wag sal waarskynlik in die Paarl en in Bloemfontein wees. Die wedstryd teen Grey-kollege in Bloemfontein sal een van die span se grootste uitdagings die seisoen wees. Die eerstespan van Boishaai het in 2015 vir die eerste keer daarin geslaag om Grey in Bloemfontein te verslaan.

    Die jaarlikse derby teen Paarl Gimnasium sal ook onder die span se taaiste uitdagings gedurende die seisoen tel.

    Boishaai sal tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley teen Selborne College en Glenwood te staan kom. 

    Die span sal deur Sean Erasmus en Elmo Wolfaardt gebrei word. Erasmus het verlede jaar die SA Skole-span afgerig, terwyl Wolfaardt die Westelike Provinsie se Cravenweek-span afgerig het. 

     

  • Grey-kollege kan soos altyd ‘n strawwe seisoen te wagte wees

    Grey-kollege kan soos altyd ‘n strawwe seisoen te wagte wees

    GreyKollegeGrey-kollege se eerste rugbyspan het nooit ‘n maklike wedstryd en in 2017 sal dit gewis weer die geval wees. Weens die skool se reputasie asook sukses op die rugbyveld is daar nooit ‘n wedstryd waarin die spelers of hul afrigters op hul louere kan rus nie. 

    Elke span wat teen Grey opdraf weet wat op hom wag en spanne lig ook hulle spelpeil vir stryd teen die ongetwyfelde rugbyfabriek van Suid-Afrika. Grey sal vanjaar soos altyd ‘n gedugte span in die veld stoot. 

    Grey se drie moeilikste wedstryde vanjaar behoort in sy drie tradisionele wedstryde teen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria, die Hoër Jongenskool Paarl en Paul Roos Gimnasium te wees.

    Affies het verlede jaar die eerste keer in sy trotse geskiedenis 50-punt in ‘n wedstryd afgestaan toe Grey hom met 53-29 gegaffel het. Die span van Pretoria sal dus sake vanjaar in die Rosestad wil regstel.  

    Boishaai is die afgelope twee seisoene onoorwonne en hul sege in 2015 in Bloemfontein was hul eerste ooit oor Grey in die Rosestad. Dit behoort dus ook een van die span van die Paarl se taaiste wedstryde van die seisoen te wees. 

    Die span se senterpaar, Rikus Pretorius en Janco van Heyningen, kan die sleutel tot die span van die Rosestad se sukses wees indien hulle op verlede jaar se vertonings op die middelveld kan voortbou. Elke jaar wat Grey se eerste met ‘n onoorwonne rekord sedert 2007 gespog het, het hulle oor ‘n gedugte senterkombinasie beskik. 

    Spelers soos Robert Ebersohn, Johan van Schalkwyk, Francois Venter, Piet Lindeque, Paul Jordaan, William Small-Smith, Jan Serfontein en Dries Swanepoel het tussen 2007 en 2011 die middelveld vir Grey beman. In die tydperk was die skool se eerstespan slegs een keer in 2009 aan die verloorkant. Grey kon sedertdien nog nie weer daarin slaag om ‘n jaar onoorwonne af te sluit nie. 

    Grey-kollege bepalings 2017
    11 Maart vs. Waterkloof (T)
    16 Maart Vrystaat-liga wedstryd
    25 Maart vs. Maritzburg College
    1 April Union HS Fees
    3 April Union HS Fees
    22 April Vrystaat-liga wedstryd
    29 April vs. Boland Landbou (WK)
    1 Mei vs. Paarl Gimnasium (WK)
    6 Mei vs. Affies (T)
    13 May vs. HJS Paarl (T)
    20 May vs. Selborne College (W)
    5 Augustus vs. Grey PE (T)
    12 Augustus vs. Glenwood (T)
    19 Augustus vs. Paul Roos Gimnasium (W)
    21 Augustus Moontlike Shimla-liga Halfeindstryd
    28 Augustus Moontlike Shimla-liga Eindstryd

    Pretorius en Van Heyningen het albei reeds die Vrystaatse Cravenweek-span verteenwoordig en dit was reeds verlede jaar op die toernooi in Durban duidelik dat daar nog baie van die spelers verwag kan word. Pretorius het ook reeds vir die Suid-Afrikaanse Skole-span uitgedraf, terwyl van Heyningen vir die SA Skole A-span in aksie was.

    Buiten die senterpaar sal die vleuel Henk Cilliers ook vanjaar weer vir die span beskikbaar wees. Die losskakel, Christopher Schreuder, en heelagter, David Kriel, het verlede jaar hul kanse in die eerstespan aangegryp na hul weens beserings in die groep nader getrek is.

    Schreuder het verlede jaar die doelskop onder hoe druk teen Paul Roos Gimnasium oorgeskop om aan sy span die sege van 34-32 te besorg. Hy was boonop verlede jaar die voorste lopiemaker op die jaarlikse Coca-Cola Khaya Majola-week in Bloemfontein waarna hy met ‘n plek in die SA Skole-krieketspan beloon is. 

    Grey sal ‘n “onervare” agttal in die veld stoot met slegs die slot Marcel Theunissen wat oorgebly het van verlede jaar se span.

    Grey sal op die Wildeklawer-toernooi in Diamantveld teen Boland Landbou en Paarl Gimnasium sake uitspook. Die wedstryd teen Gimmies beloof om die hoogtepunt van die toernooi in die Diamantstad te wees. 

    Grey het besluit om vanjaar weer nie aan een van die Paastoernooie deel te neem nie. Die span sal Union High se Fees in Graaff-Reinet bywoon. Hoewel die wedstryde nog nie vir die fees vasgemaak is nie, kan Grey dalk teen spanne wat van die Paastoernooie bywoon te staan kom. 

  • Master Coach 2017

    Master Coach 2017

    MasterCoach 32 0 576280109Hans Coetzee bied vanjaar die gewilde Master Coach-konferensie aan. Vanaar se konferensie vind op 9 en 10 Februarie ny die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp aan. Master Coach is die eerste keer in 2014 aangebied en bied ‘n geleentheid aan afrigters om idees met van die voorste rugbyspesialiste uit te ruil.

    Dit is ‘n opwindende en prakties-gerigte rugby konferensie. Die aanbieders is van hoogstaande gehalte wat elkeen was afrigters reeds hulle merk op die internasionale verhoog gemaak het.

    Vanjaar sal die Leeus se breier Swys de Bruin van sy geheime deel om aanvallende rugby te bevorder. Sy seun Neil de Bruin sal hanteerwerk asook hardlooplyne hanteer. Een van die mees belowendste verdedigings-afrigters in die land, Joey Mongalo, sal sy idees oor verdediging deel. 

    Een van die Springbokkke se voorste stelskoppers, Louis Koen, wat ook al die Bokke se skopguru was en deesdae SA Rugby se hoëprestasie bestuur is, sal afrigters sal ‘n paar geheime oor skopwerk deel. 

    Slegs ‘n beperkte aantal afrigters kan geakkommodeer word teen ‘n koste van R1700 per persoon. Dit sluit tee/koffie, etes, gholfhemp en ‘n DVD in. Sluitingsdatum vir aansoeke is 6 Februarie 2017.

    Ons referente beloof weer om van hoogstaande gehalte te wees en sal die kennis en ervaring van huidige tendense en metodes met ons te deel.

    2017 Referente:

    • Herkie Kruger: Position specific – Flyhalf Play
    • Ian McDonald: Get the edge at the breakdown
    • Neil De Bruin: Perfect handling and evasive running skills
    • Swys De Bruin: Attacking Rugby
    • Joey Mongalo: Defence as an attacking weapon
    • Ashley Evert: Coaching the line-out throw-in
    • Russell Winter: The modern line-out
    • Louis Koen: Secrets of kicking

    Voltooi die aansoekvorm en epos na hwcoetzee1@gmail.com – Vir meer besonderhede, kontak Hans by 083 459 0903.