SSPN Test Site

Blog

  • Graeme College Rugby Day Report 2014

    Graeme College hosted our sixteenth annual Rugby Day on Friday 21 March 2014. This unique one-day rugby festival brought together eighteen of the Eastern Cape and Border’s schools’ 1st XV teams. Graeme College also hosted a number of U16, U15 and U14 teams. Although the Rugby Day was initially created as a fun, warm up pre-season match, it has since developed into a serious season opener with practices and selections starting well before the end of the cricket season.

    Today started early with the 08h00 match between Muir College and Port Alfred High School and continued to be jam-packed with amazing schoolboy rugby until the final whistle blew for the match between Graeme College and Dale College. With twenty-two matches in total, one was never without something exciting to watch. We were very grateful that no serious injuries occurred.

    Graeme College would like to extend their thanks to the various schools who were willing to attend – often bringing more than one team through with them; the sponsors – especially Pam Golding – without whom such a day would not be possible; the medical professionals on site today – Drs Oosthuizen and Berenisco, the various ambulance crews, the Graeme College First Aiders; Graeme College staff for their willingness to assist wherever needed and most especially to our special guest referee Mr Jonathan Kaplan. It was an honour to have Mr Kaplan attend the event and, especially, to have him referee our match.

    Comments from various people involved in the day:

    Mr Peter Reed, Headmaster, Graeme College:
    Graeme College is once again thankful for the superb support shown to the School by the local public and out-of-town visitors. I think that the spectators were all very impressed with the various rugby teams who showed a high quality of rugby for such an early time in the season. This year’s Rugby Day received a record number of visitors due, I’m sure, to the wonderful weather which we had today. I would like to express my appreciation to the Graeme College parents for their superb support throughout the day, as well as to all our sponsors – especially Pam Golding. Without the support from these, Graeme College would never be able to host such an amazing event. I would also like to thank Mr Nico van der Meulen and his team for organising such a fantastic day.

    Mr Kevin Watson, Graeme College 1st XV Coach:
    In a bruising encounter between Graeme College and Dale College, Dale emerged deservedly victorious with a 22 – 13 win. The Graeme College 1st XV courageously came back in the second half, only trailing by 6 points until the final minutes of the game when Dale converted a penalty to put the win out of our reach. The Dale College fly-half and the Graeme College full back were the most memorable players of the day

  • Grey College – 2014

    Results 

    Grey College 53,  Potchefstroom Gimnasium 0
    Grey College 60,  Hentie Cilliers 14
    Grey College 87,  Klerksdorp HS 0
    Grey College 68,  Menlopark 15
    Grey College 44,  Louis Botha 27
    Grey College 26,  EG Jansen 8
    Grey College 32,  Westville Boys’ High 8
    Grey College 10,  Monument 10
    Grey College 25,  Outeniqua 7
    Grey College 15,  Paarl Gimnasium 14
    Grey College 42,  Affies 31
    Grey College 34,  Sentraal 0
    Grey College 34,  Selborne College 16
    Grey College 64,  Fichardtpark 12
    Grey College 20,  Grey Boys’ High School 27
    Grey College 59,  Jim Fouché 7
    Grey College 66,  Sand du Plessis 13
    Grey College 46,  Maritzburg College 20
    Grey College 29,  Glenwood 12
    Grey College 25,  Paul Roos Gimnasium 20

    Players: Henry Immelman, Julian Jordaan, Dwayne Wessels, Mike Andrade, Dian Badenhorst, Alex Jonker (captain), Henry Slabbert, Callie Janse van Vuuren, Kassel Rothman, Charl Pretorius, Ruben Terblanche, JC Janse van Vuuren, Jacques du Preez, De Wet Bezuidenhout, Jurie Burger, Louwtjie Steenkamp, Glenn Erickson, Janu Botha, Niell Stannard, Daniel Rust, Janco van Tonder, CJ Lötter, Raynard Esterhuizen, Tokkie Kasselman. 

    Coaches: Wessel du Plessis and Tewis de Bruyn. 

    20 or more points in a match: 

    31 – Louwtjie Steenkamp vs. Klerksdorp HS 
    29 – Henry Immelman vs. Menlopark
    24 – Henry Immelman vs. Potchefstroom Gimnasium 

    3 or more tries in a match: 

    3 – Charl Pretorius vs. Hentie Cilliers
    3 – Charl Pretorius vs. Menlopark 
    3 – Dian Badenhorst vs. Menlopark
    3 – Glenn Erickson vs. Sand du Plessis
    3 – Henry Immelman vs. Potchefstroom Gimnasium
    3 – Henry Immelman vs. Jim Fouché
    3 – Henry Immelman vs. Fichardtpark

  • Fichardtpark – 2014

    Results 

    Fichardtpark 14,  Diamantveld 21
    Fichardtpark 22,  AHS Kroonstad 13
    Fichardtpark 35,  Grens HS 16
    Fichardtpark 17,  Voortrekker 31
    Fichardtpark 41,  DF Malherbe 0
    Fichardtpark 22,  Otto du Plessis 0

    Players: Stefan Kloppers, Emile Cloete, Dewald Coetzee, Francois van Rooyen, Pieter Coetzee, Luan Louw, Erhard Smith, 

  • Fichies en De Aar onoorwonne op Despatch

    FICHARDTPARK se eerste rugbyspan het nie ‘n enkele punt op die jaarlikse Despatch Sportfees afgesteen nie. Fichies het Vrydag teen DF Malherbe ‘n oortuigende sege van 41-0 behaal.

    Die span van die Rosestad se senter, Dewald Coetzee het drie van die wenspan se sewe drieë gaan druk. Die kragmeting was slegs 50 minute lank. Die haker Zandré Nortjé, slot Wieghardt Hattingh en losskakel Stefan Kloppers het goeie vertonings in die wedstryd gelewer.

    Saterdag het Fichies vir Otto du Plessis 22-0 tot oorgawe gedwing. Coetzee, Kloppers en Eckhardt Khun en heelagter Francois van Rooyen was die uitblinkers in die oorwinning.

    Fichies het ook Dinsdag teen Voortrekker van Bethlehem gespeel en toe 17-31 die onderspit gedelf. Die Trekkers het rustyd 12-10 voorgeloop danksy vier strafdoele deur sy losskakel Tokkie van Zyl.

    Die span van Bethlehem se twee vleuel Tiisetso Madonsela en Lethole Mokoena het hope vaart en het elk in die tweede helfte gaan druk. Albei was saam met Van Zyl skitterend agterlangs. Van Zyl het slegs een poging na die pale skeefgetrek. Voorlangs was die loskopstut, Helgard van Heerden ‘n yster. Fichies se losskakel Kloppers het ses strafdoel pogings na die pale toe skeef gekorrel.

    Vir die verloorspan kan Kuhn, die agtsteman Pieter Coetzee en stut Jaco Potgieter tevrede oor hulle vertonings in die wedstryd voel.

    De Aar het ook Despatch se Sportfees bygewoon. Die span het twee sege behaal deur HTS Port Rex (25-0) en Westering (17-12) te klop.

    Wilgerivier van Frankfort was te sterk vir Leeuwenhof Akademie op sy jaarlikse sportdag in die Oos-Vrystaat. Die gasheer het die kragmeting 27-3 gewen. Reitz het self ‘n goeie sege die week behaal deur Generaal Smuts 27-5 te klop. Reitz neem deel aan die Pukke se aandreeks waarvan die wedstryd deel is.
    Paul Erasmus van Senekal het Wessel Maree van Odendaalsrus 59-0 afgeransel.

    Puntemakers:

    Reitz 27 – Drieë: Paul Terblanche (2), Hannes Aucamp, NP Linde, Adriaan Davel. Doelskop: Linde. Generaal Smuts 5

    Voortrekker 31 (12) – Drieë: Boeta Vermaak, Tiisetso Madonsela, Lethole Mokoena. Doelskoppe: Tokkie van Zyl (2). Strafdoele: Van Zyl (4). Fichardtpark 17 (10) – Drieë: Erhard Smith, Wieghardt Hattingh. Doelskoppe: Stefan Kloppers (2). Strafdoel: Kloppers.

    Fichardtpark 41 – Drieë: Dewald Coetzee (3), Zandré Nortjé, Wieghardt Hattingh, Francois van Rooyen, Rikus Munnik. Doelskoppe: Stefan Kloppers (3). DF Malherbe 0.

    Fichardtpark 22 (8) – Drieë: Zandré Nortjé (2), Dewald Coetzee. Doelskoppe: Stefan Kloppers (3). Otto du Plessis 0.

    Wilgerivier 27 (13) – Drieë: Jahn Workel (2), Ricardo Frade. Doelskoppe: Gerrie Muller (3). Strafdoele: Muller (2). Leeuwenhof Akademie 3 (3).

  • Grey, JF behaal oortuigende seges

    DIE Hoërskool Jim Fouché se regtervleuel, Thiardt Ingram het Vrydag op sy tuisveld ‘n driekuns aan drieë in sy span ‘n klinkende sege van 46-5 oor Hoërskool Witteberg van Behtlehem behaal.

    Ingram ken gewis die pad doellyn toe. Hy het reeds sewe drieë in sy span se drie wedstryde tot dusver ingeryg. Hy het in albei sy span se vorige twee wedstryde teen Hoërskool Klerksdorp en Voortrekker van Bethlehem twee keer agter die doellyn gaan draai. JF het vanjaar voorwaar ‘n agterlyn wat nie bang is om die bal lug te gee nie. Die span se senter Ruan Wasserman en JP Steyn het die besoekers probleme in die middelveld besorg. Wasserman se verspreiding was ook van hoogstaande gehalte.

    Die heelagter, Danneel Stone het ook ‘n goeie vertoning opgedis. Voorlangs het die kaptein JP van der Westhuizen sy span van voor gelei.

    Nog ‘n regtervleuel wat vanjaar op volspoed aangepak het is Grey-kollege se Charl Pretorius. Hy het ‘n driekuns Vrydag teen Menlopark behaal en sodoende sy totaal vir die seisoen na 11 drieë in vyf wedstryde opgestoot. Die span se skrumskakel, Dian Badenhorst het self ook ‘n driekuns aan drieë in die gemaklike sege van 68-15 behaal. Badenhorst het verlede week teen Hentie Cilliers sy direkte teenstander Jaywinn Juries oorskadu en teen Menlopark was hy weer uitstaande.

    Grey het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 37-3 opgebou. Menlopark het egter in die tweede helfte met ‘n reuse aanslag vorendag gekom en twee drieë deur sy kaptein en flank Justin Meintjies en die slot Willem Hofmeyr behaal.

    Die span van die Rosestad se heelagter, Henry Immelman het weer die punte opgestapel. Hy het 28 van die wenspan se punte aangeteken. Al drie sy strafdoele wat hy oorgeklits het was van binne sy eie halfgebied.

    Hy het ook sewe doelskoppe deur die pale gejaag en ook ‘n keer die doellyn oorgesteek.

    Voorlangs het die flank Henry Slabbert inklimspel gelewer en die fisieke aanslag van Menlopark met vuur beveg. Die haker, JC Janse van Vuuren het met sy ingooiwerk by die lynstane beïndruk.

    Grey het twee drieë gedruk wat nog lank onthou sal word. Pretorius het sy driekuns voltooi deur ‘n drie te druk na hy die bal in sy eie kwartgebied ontvang het. Hy het tussen die besoekers van Pretoria se verdedigers gevleg om te gaan druk. Die ander drie was deur die kaptein, Alex Jonker gedruk nadat Grey op sy doellyn omgekeerde besit bewerkstellig het en besluit het om die bal die praatwerk te laat doen. Immelman, die senter Mike Andrade, vleuel Glenn Erickson en senter Julian Jordaan het elkeen ‘n aandeel in die drie gehad met Jonker wat vir sy goeie opvolgwerk 100 meter verder beloon is.

    Puntemakers:

    Grey-kollege 68 (37) – Drieë: Dian Badenhorst (3), Charl Pretorius (3), Henry Immelman, Henry Slabbert, Alex Jonker. Doelskoppe: Immelman (7). Strafdoel: Immelman (3). Menlopark 15 (3) – Drieë: Willem Hofmeyr, Justin Meintjies. Doelskop: Marko Dönges. Strafdoel: Dönges.

    Jim Fouché 46 – Drieë: Thiardt Ingram (3), JP Steyn (2), Daneell Stone, JP van der Westhuizen. Doelskoppe: Tiaan Schutte (4). Strafdoel: Schutte. Witteberg 5.

  • Rooiskool verras Tralies

    DIE Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se eerste rugbyspan het vir die grootste opskudding sover die seisoen op sy jaarlikse sportdag gesorg toe hy vir Hoërskool Sentraal in die hoofwedstryd 12-7 die loef afgesteek het.

    Die Rooiskool se agtsteman, Francois Stemmet was die vuur agter sy span se oorwinning. Hy het die bal goed gedra en ook goed op verdediging gevra. Hy is na afloop van die kragmeting welverdiend as speler van die wedstryd aangewys. Die Tralies het in die kragmeting as gunsteling op die veld gedraf na hy verlede week vir Waterkloof van Pretoria verslaan het.

    Sentraal se kantman, Ben Kok het sy span en die wedstryd se enigste drie gedruk. Vir die gasheer het sy flank JP Kalp en senter Kobus Kleyn ook uitstaande vertonings gelewer.

    Die kragmeting tussen Louis Botha en Hentie Cilliers het aan verwagtinge voldoen en die span van die Rosestad het 40-16 as oorwinnaars van die veld gestap. Hentie Cilliers het rustyd 13-12 voorgeloop. Die span se skrumskakel, Jaywinn Juries het met sy skopskoen die span van Virginia in die wedstryd gehou.

    Louis Botha se flank Victor Maruping en skrumskakel Shirwin Cupido was hulle span se grootste uitblinkers. Juries se balverspreiding vanaf die oond sowel as taktiese spel was weer van hoogstaande gehalte. Die losskakel Syvester Lewis en flank Damian May was saam Juries vir Henties staatmakers.

    Hoërskool Klerksdorp het Welkom Gimnasium 12-6 geklop. Die swart masjien van Welkom se enjin het glad nie gebrul soos wat sy perdekrag aandui nie. Die span sal glad nie tevrede met die nederlaag wees nie.

    Goudveld-Hoërskool het sou ook wou beter vaar as sy nederlaag van 15-19 teen Hoërskool Sasolburg. HTS Welkom het die slegte dag vir spanne van Welkom afgeskop toe hy teen Bothaville 5-28 die onderspit gedelf het.

    Vir Bothaville het sy heelagter Armand Grobler ‘n blink vertoning met twee drieë afgerond. Die span se beste speler in die sege was egter sy flank Drikus Klopper.

    Die slot Alex Dodge en tweeling-stutte Armand en Donovan van Wyk ka nook meer as tevrede met hulle vertonings voel.

    Hoërskool Kroonstad het met ‘n oortuigende sege van 23-0 oor Brandfort gewys dat hy vanjaar ‘n veel sterker span as die vorige paar jaar in die veld gaan stoot. Die span se agtsteman, Reinhard Kleynhans was aan die spits van die sege. Agterlangs was Philru Wepener Blouskool se beste speler.

    Puntemakers:

    AHS Kroonstad 12 (6) – Strafdoele: Jeandré Uys (2), Ruben Aucamp (2). Sentraal 7 (7) – Drie: Ben Kok. Doelskop: DP de Lange.

    Louis Botha 40 (12) – Drieë: Victor Maruping (2), Shirwin Cupido, Dale Koopman, Joseph Dweba, Greydon Wenn. Doelskoppe: Jeandré Christiaan (5). Hentie Cilliers 16 (13) – Drie: Sylvester Lewis. Doelskop: Jaywinn Juries. Strafdoele: Juries (3).

    Hoërskool Klerksdorp 12 – Drieë: Almeru van Wyk (2). Doelskop: Eric Hough. Welkom-Gimnasium 6 – Strafdoele: JL Carry-Smith, Francois Kuiper.

    Hoërskool Kroonstad 23 – Drieë: Marnus Odendaal, Joe Jardim. Doelskoppe: Reinhard Kleynhans (2). Strafdoele: Kleynhans (3). Brandfort 0.

    Bothaville 28 (16) – Drieë: Armand Grobler (2), Derek Beeslaar, Drikus Klopper. Doelskop: WJ Crous. Strafdoele: Crous (2). HTS Welkom 5 (0).

  • 57 punte in twee wedstryde vir Steenkamp

    LOUWTJIE STEENKAMP het Maandag in Grey-kollege se weghol-sege van 87-0 oor Hoërskool Klerksdorp gewys waartoe hy in staat is. Steenkamp het ‘n 31 van Grey se punte in dié oorwinning aangeteken.

    Steenkamp beskik oor ‘n geleerde skopvoet en het sy geleentheid om vir sy skool se eerstespan uit te draf in die voorwedstryd van die Varsitybeker-wedstryd tussen die Shimlas en Madibaz met albei hande aangegryp. Steenkamp wat op losskakel uitgedraf het, speel vir Grey se tweede span die Cherries op heelagter. Grey het egter teen Klerksdorp meeste van sy eerstekeuse spelers ruskans gegee.

    Steenkamp het twee keer gaan druk, nege drieë verdoel en ook met ‘n strafdoel geslaag. Steenkamp kan die bal myle ver sool en het verlede jaar ook as losskakel vir Landboudal van Jacobsdal beïndruk.

    Grey het in totaal 12 keer agter Klerksdorp se doellyn gaan kuier. Klerksdorp het ‘n taai week agter die rug nadat hy die vorige Saterdag in die Tuks 16-reeks 17-46 teen Monument die knie gebuig het. Hy het Vrydag teen Kemptonpark 22-27 die knie gebuig, voor hy Saterdag op die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se sportdag teen Welkom-Gimnasium 12-6 aan die wenkant was.

    Die Cherries het Vrydag teen Duineveld se eerstespan in die eerste helfte die besoekers van Upington met aanvallende spel op die agtervoet gedwing om uiteindelik 46-19 as oorwinnaars van die veld te stap. Die Cherries het met die omdraaislag 39-0 voorgeloop en kon slegs een drie in die tweede helfte aanteken.
    Steenkamp was weer verwoestend. Hy het 26 van sy span se punte via twee drieë, vyf doelskoppe en twee strafdoele aangeteken. Janco van Tonder het ‘n driekuns aan drieë teen Velties behaal.

    Vir Duineveld het sy Cravenweek-slot, Ryno Karstens twee keer oor die doellyn gebars. Die besoekers het in die tweede helfte hul eie spelpatroon gevolg en met sy sterk voorspelers die Cherries onder druk geplaas.
    Karstens en die flank Theunis Visser was voorlangs die ysters vir hulle span.

    Puntemakers:

    Cherries 46 (39) – Drieë: Janco van Tonder (3), Louwtjie Steenkamp (2), Dawid Snyman. Doelskoppe: Steenkamp (5). Strafdoele: Steenkamp (2). Duineveld 19 (0) – Drieë: Ryno Karstens (2), . Doelskoppe: Coenie Lampbrechts (2).

    Grey-kollege 87 (43) – Drieë: Louwtjie Steenkamp (2), Daniël Rust, Marius Kruger, Kassel Rothman, Hardus Nel, Albert Verwey, Mike Andrade, Niell Stannard, Glenn Erickson, Janco van Tonder, Tokkie Kasselman. Doelskoppe: Steenkamp (9), Julian Jordaan (2), Erickson. Strafdoel: Steenkamp. Hoërskool Klerksdorp 0.

  • School Rugby Results – 22 March 2014

    Eastern Cape 

    Dale College 22 Graeme College  13
    Queen’s College 15 Kingswood College 10
    Grey Boys’ High School 26 Marlow Landbou  7
    St. Andrew’s College 36 Brandwag (Uitenhage) 31
    Selborne College 33 Framesby 26
    Nico Malan  36 Hudson Park  5
    Cambridge  23 Pearson  12
    Muir College  45 Port Alfred 0
    Daniel Pienaar THS  3 Oakdale Landbou  30

    Free State

    Brandfort 0 Kroonstad HS 23
    Grey College 68 Menlopark 15
    Grey College 87 Klerksdorp HS 0
    Sentraal  7 AHS Kroonstad 12
    Louis Botha  40 Hentie Cilliers  16
    Fichardtpark  41 DF Malherbe 0
    Jim Fouche  46 Witteberg 5
    Fichardtpark 22 Otto du Plessis 0
    Fichardtpark 17 Voortrekker 31

    Griffons 

    AHS Kroonstad 12 Sentraal 7
    Hentie Cilliers  16 Louis Botha  40
    Goudveld  15 Sasolburg HS 19
    Welkom Gimnasium 6 Klerksdorp HS 12
    Kroonstad HS 23 Brandfort 0
    Reitz  27 General Smuts 5
    Bothaville 28 Welkom THS 5
    Wilgerivier 27 Leeuwenhof Academy 3
    Witteberg 5 Jim Fouche 46
    Voortrekker 31 Fichardtpark 17

     KwaZulu-Natal 

    Cillie 21 Werda 7
    Durban High School 48 George Campbell 0
    Glenwood 17 Michaelhouse 14
    Grantleigh 27 Treverton 24
    Hilton College  22 St. Charles College 21
    Kearsney College 13 Westville Boys’ High  12
    Kirkwood 27 Werda 0
    Maritzburg College 31 Northwood 6

     

     

     

     

    Northvaal

    Monument 74 Rustenburg HS 0
    Kemptonpark 27 Klerksdorp HS 22
    Eldoraigne  24 Pietersburg  22
           
    Klerksdorp  12 Welkom Gimnasium 6
    Jeppe Boys’ High 24 St. John’s College 18

    South Western Districts

    Outeniqua 40 Drostdy THS 10
    Oakdale Landbou 30 Daniel Pienaar THS 3
    Punt HS  Paarl Boys’ High   62 
    Oudtshoorn HS  27  Hugenote (Wellington)  20 

     Western Province

    Drostdy THS 10 Outeniqua 40
    Brackenfell  65  Bellville THS 
    Augsburg Landbou  11  Worcester Gimnasium 
    Bellville HS  18  Milnerton 
    Durbanville 38 Jan van Riebeeck  7
    Oudtshoorn HS 27 Hugenote (Wellington) 20
    Paarl Boys’ High  62 Punt HS  0
    Strand  35 Piketberg 5
    Tygerberg  44 Hottentots-Holland 0
    Langenhoven HS 7 Porterville 5
    Montagu 20 Langenhoven Gimnasium 18
    Monumentpark 14 Namaqualand HS (Springbok) 5
    New Orleans 17 De Kuilen  17
    Union H 15 Dirkie Uys 7

  • Voorskou – Grey-kollege vs. Menlopark

    GREY-KOLLEGE se eerste rugbyspan het reeds in sy drie wedstryde vanjaar bykans 200 punte opgestapel en slegs 14 punte afgestaan. Die span van die Rosestad kom vandag op sy tuisveld teen Menlopark van Pretoria te staan.

    Die span van die Jakarandastad sal sy keer moet ken. Hy sal wel heel moontlik die sterkste teenstand nog vanjaar vir Grey bied. Grey het na dié kragmeting ‘n rits taai stryde wat op Kearsney-kollege se Paastoernooi en Wildeklawer op hom wag.

    Grey het vanjaar al met Potchefstroom Gimnasium (53-0), Hentie Cilliers (60-14) en Hoërskool Klerksdorp (85-0) klaargespeel.

    Die span se vleuel, Charl Pretorius het reeds vanjaar agt keer in vier wedstryde agter die doellyn gaan kuier. Die totaal sluit egter sy vier drieë vir Grey se vyftiental teen Goudveld-Hoërskool in. Hy en die heelagter Henry Immelman sal fyn deur die besoekers dopgehou moet word.

    Menlopark sou verlede week teen Affies van Pretoria gespeel het, maar die kragmeting is weens nat velde afgestel. Menlopark het wel toe vir St. John-kollege van Johannesburg 22-0 verslaan.

    Die Cherries kom teen Duineveld om 12:30 te staan en die span se heelagter Louwtjie Steenkamp sal sy spelpeil van Maandag vir die eerstespan teen Hoërskool Klerksdorp in die kragmeting wil voortsit. Steenkamp wat verlede jaar vir Landboudal van Jacobsdal uitgedraf het, het 31 van Grey se punte op losskakel teen Klerksdorp aangeteken.

    Die Cherries se losskakel, Tokkie Kasselman se pa Chris Kasselman het op sy dag vir Transvaal en Vrystaat in dieselfde posisie diens gedoen. Chris het ook twee jaar die SA Skole-span gehaal.

    In Jim Fouché se kragmeting op sy tuisveld teen Hoërskool Witteberg van Bethlehem sal die ervare skeidsregter Johan Wasserman die fluitjie blaas, terwyl sy seun Ruan op binnesenter vir die tuisspan uitdraf.

    Die kragmeting skop om 13:20 af.

    JF se vaskopstut, Anton Noordman kan met sy vurige inklimspel probleme vir die besoekers besorg.
    Hoërskool Fichardtpark se rugbyspan kom vandag op Despatch se jaarlikse sportfees teen DF Malherbe te steen. Die wedstryd skop om 18:30 af. Nog ‘n span uit die streek De Aar sal om 17:30 teen HTS Port Rex van Oos Londen in aksie wees.

    Die spanne is:

    Grey-kollege: Henry Immelman, Charl Pretorius, Julian Jordaan, Mike Andrade, Niell Stannard, Dwayne Wessels, Dian Badenhorst, Alex Jonker (k), Jaques du Preez, Henry Slabbert, Kassel Rothman, Jurie Burger, Callie Janse van Vuuren, JC Janse van Vuuren, Ruben Terblanche.

    Menlopark: Walter Groenewald, Tiaan Pienaar, Ruan de Beer, Wayne van der Bank, Armand Buys, Marko Dönges, Jeandré van der Walt, Marko Sauer, Arnold Gerber, Justin Meintjies (k), Jacques Oosthuizen, Willem Hofmeyr, Ruan Goosen, Janco Henning, Wian Pienaar.

    Afskop: 13:45

    Skeidsregter: Marlize Jordaan

  • Grey PE wil spook verjaag

    GREY BOYS’ HIGH SCHOOL sal vandag op die jaarlikse rugbydag wat deur Graeme-kollege in Grahamstad aangebied word prober om sy spook teen Marlow Landbou van Cradock op dié dag te verjaag.

    In die twee spanne se vorige ontmoetings op dié rugbydag het Marlow Landbou elke keer daarin geslaag om met ‘n enkele punt as oorwinnaar van die veld te stap. In 2009 was die span van Cradock 16-15 baas, terwyl hy in 2011 met 24-23 koning gekraai het. Die span van die Baai is egter vanjaar ‘n span om mee deeglik rekening te hou.

    Agterlangs het Grey in die losskakel Curwin Bosch, vleuel Dylan Vermaak en heelagter Keanu Vers genoeg skietgoed om meeste spanne hoofbrekens te gee. Vermaak is ‘n groot vleuel wat ook nie te kort skiet as dit by vaart kom nie. Vers, Vermaak en die senter Jeremy Ward was almal verlede jaar vir die Oostelike Provinsie op die Cravenweek in Polokwane in aksie.

    Grey het die laaste kragmeting tussen die twee spanne op sy jaarlikse fees in 2012 gemaklik40-25 gewen.

    Vir Marlow behoort sy agtsteman Luigy van Jaarsveld en skrumskakel Jordaan Schoeman sleutelspelers te wees. Die span van Cradock moet boonop more weer homself gereed he vir nog ‘n kragmeting wanneer hy op die tweede dag van die Despatch Sportfees teen Swartland in aksie is.

    Graeme-kollege kom teen Dale-kollege van King Williamstown in die hoofwedstryd van sy dag te staan. Die kragmeting tussen Selborne-kollege en Framesby, sowel as die wedstryd tussen St. Andrew-kollege en Brandwag van Uitenhage behoort ook vir hope vuurwerk te sorg.

    In die wedstryd tussen Queens-kollege en Kingswood-kollege kan toeskouers gerus die spel van die linkervleuel, Jerry Danquah dophou. Hy het verlede jaar op die Cravenweek vir Grens met sy spel beindruk.
    Despatch draf in die hoofwedstryd van die eerste dag van sy jaarlikse sportfees teen Hangklip uit.

    Vandag se skolerugby bepalings:

    Graeme-kollege Rugbydag – 08:00: Muir-kollege t. Port Alfred; 09:10: Cambridge t. Pearson; 10:20: Hudson Park t. Nico Malan; 11:30: Grey Boys’ High School t. Marlow Landbou; 12:40: Selborne-kollege t. Framesby; 13:50: St. Andrew-kollege t. Brandwag (Uitenhage); 15:00: Kingswood-kollege t. Queens-kollege; 16:10: Graeme-kollege t. Dale-kollege.

    Despatch se Sportfees – 09:30: Cillie t. Humansdorp Sekondêr; 10:30: Uniondale t. Hoërskool Uitenhage; 11:30: Victoriapark t. Soloman Mahlangu; 12:30: Bergsig t. Winterberg Landbou; 13:30: Kirkwood t. Werda; 14:30: Hoërskool Middelburg t. Andrew Rabie; 15:30: Burgersdorp t. Alexander Road; 16:30: Adelaide Gimnasium t. Woodridge-kollege; 17:30: De Aar t. HTS Port Rex; 18:30: Fichardtpark t. DF Malherbe; 19:30: Swartland t. Otto du Plessis; 20:45: Despatch t. Hangklip.