SSPN Test Site

Blog

  • Tuks-reeks nog kleiner vir 2017

    Tuks-reeks nog kleiner vir 2017

    TuksSkole reeksDie Tuks-reeks sal volgende jaar nog kleiner wees met Marais Viljoen van Alberton en Centurion wat hulle aan die reeks onttrek het. Daar sal slegs 13 skole aan volgende jaar se kompetisie deelneem. 

    Die verdedigende rugbykampioen, Monument van Krugersdorp, sal teen die Hoërskool Pietersburg op 11 Maart in sy eerste wedstryd van die reeks te staan kom. Monnas het in Tjaart van der Walt ‘n nuwe hoof van rugby aangestel in die plek van die legendariese Hans Coetzee. Van der Walt het Garsfontein die afgelope twee seisoene tot kampioen van die Virseker Beeldtrofee gebrei. 

    Eldoraigne van Pretoria is die ander span wat saam met Monnas en Pietersburg in Groep B ingeloot is. Transvalia, Menlopark en Kemptonpark sal sake in Groep A uitspook. In Groep C is EG Jansen van Boksburg, die Hoërskool Rustenburg en Garsfontein geloot. Die wedstryd tussen Garsies en EG Jansen beloof om een van die hoogtepunte van die groepfase van die kompetisie te wees. 

    In Groep D is HTS Middelburg, die Hoërskool Nelspruit, Florida en Klerksdorp saam gegooi. Die organiseerders van die reeks sal gewis bekommerd wees oor die getal skole wat die afgelope paar jaar aan die kompetisie onttrek het. Verlede jaar het Ermelo en Vereeniging Gimnasium vir die laaste keer deelgeneem, terwyl Waterkloof ook die vorige jaar sy deelname aan die reeks opgeskort het. 

    Die kwarteindrondes sal volgende jaar deur die Hoërskool Garsfontein in Pretoria en Hoërskool Nelspruit op 25 Maart aangebied word. Die halfeindstryde word op 22 April in die LC de Villiers-stadion in Pretoria beslis. Die eindstryd sal op dieselfde veld op 6 Mei gespeel word. 

    Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

    4 Maart 2017

    Transvalia vs. Menlopark
    Hoërskool Pietersburg vs. Eldoraigne
    Hoërskool Rustenburg vs. EG Jansen
    Hoërskool Klerksdorp vs. Florida

    7 Maart 2017 

    Hoërskool Nelspruit vs. HTS Middelburg

    11 Maart 2017

    Kemptonpark vs. Transvalia
    Hoërskool Pietersburg vs. Monument
    Hoërskool Rustenburg vs. Garsfontein
    Hoërskool Klerksdorp vs. Hoërskool Nelspruit
    Florida vs. HTS Middelburg

    18 Maart 2017 

    Menlopark vs. Kemptonpark
    Monument vs. Eldoraigne
    EG Jansen vs. Garsfontein
    HTS Middelburg vs. Hoërskool Klerksdorp
    Florida vs. Hoërskool Nelspruit

  • Hans Coetzee en Monnas skik

    Hans Coetzee en Monnas skik

    NewsG Hans CoetzeeHans Coetzee en die Hoërskool Monument van Krugersdorp het voor die aanvang van eersgenoemde se arbitrasieverhoor by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) met mekaar geskik.
    Coetzee is vroeër vanjaar in kennis gestel dat sy kontrak nie aan die einde van die jaar hernu sal word nie. Coetzee was vir 32 jaar by die skool aan die Wes-Rand betrokke en het vir 22 jaar die skool se eerste rugbyspan gebrei.

    In die skikkingsooreenkoms het die partye ’n klousule onderteken wat bepaal dat die terme van die ooreenkoms ’n geheim sal bly.

    “Ek wil dit uitdruklik op rekord plaas dat daar geen bewering van wangedrag of oortreding van enige aard deur die werkgewer teenoor Hans Coetzee gemaak is nie. Die twis is beperk tot die interpretasie van die dienskontrak en die beëidiging daarvan. Kort voor die saak op arbitrasie geneem sou word het daar skikkingsonderhandelinge tussen die partye plaasgevind en is die geskil bygelê. Die skriftelike skikkingsooreenkoms bevat ’n geheimhoudingsklousule ek kan daar dus nie op die terme daarvan uitgebrei word nie,” het Bertie Grobbelaar, regsverteenwoordiger van Coetzee, in ’n verklaring gesê.

    Coetzee wie se kontrak met Monnas tot 31 Desember gestrek het, het reeds ’n geruime tyd terug sy kantoor ontruim. Hy het ook reeds verlede Maandag as spesialis afrigter by Hoërskool Noordheuwel ook in Krugersdorp begin. Coetzee sal ook die Hoërskool Witteberg in Bethlehem op konsultasie-basis bystaan.

    Monnas het reeds ook Coetzee se pos gevul met die Virseker Beeldtrofee se kampioen, die Hoërskool Garsfontein se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, sal van November in die stoel as direkteur van rugby by Monument wees.

    “Ek kan wel meld dat die saak voor die KVBA terug getrek is en dat Coetzee se pad met Monument amptelik op 12 Oktober geskei het,” het Grobbelaar gesê.

    Hans Coetzee het op regsadvies sy kommentaar beperk deur slegs aan te dui dat hy tevrede is met die terme van die skikking bereik en daarna uitsien om waar hy ookal betrokke raak ’n verskil te maak.
    In ander skuiwe in skolerugby is Johan du Plessis in Van der Walt se plek as hoofafrigter aangestel. Hy sal deur Burger Lindeque bygestaan word wat vanjaar nog by Hoërskool Waterkloof betrokke was.
    Die Blou Bulle se Curriebeker-breier, Hendré Marnitz, wat voor sy eerste reeks aan stuur deur Nollis Marais vervang is, sal Garsies se verdediging hanteer.

    Glenwood van Durban wat vanjaar as kampioen van die Sanix-toernooi in Japan gekroon is se hoofafrigter, Rudi Dames, sal voortaan Pretoria Boys’ High se manne dril.

  • Spelers en hul skole vir vanjaar se Curriebeker-eindstryd

    Spelers en hul skole vir vanjaar se Curriebeker-eindstryd

    GreyKollegeIn die afgelope paar jaar se eindstryde van die Curriebeker-reeks het skole vanuit die Paarl die oorgrootte meerderheid spelers tot die spanne bygedra. Die land se voortste rugbyfabriek in die geskiedenis, Grey-kollege, dra egter vanjaar weer die kroon met die meeste verteenwoordigers in Saterdag se eindstryd in die Toyota-stadion tussen die Cheetahs en die Blou Bulle in Bloemfontein. 

    Sewe spelers wat Saterdag in die eindstryd vir die twee spanne in aksie sal wees het aan Grey-kollege in die Rosestad gematrikuleer. Hulle is die Cheetahs se kaptein en senter, Francois Venter, die losskakel Niel Marais, die agtsteman Niell Jordaan, die plaasvervanger-haker Jacques du Toit, die plaasvervanger-flank Henco Venter en die Ligbloues se senter Dries Swanepoel en plaasvervanger-skrumskakel Piet van Zyl. 

    Louis Botha van Bloemfontein het twee spelers in Raymond Rhule en Ox Nche wat in die wedstryd in aksie sal wees, terwyl nog ‘n skool van die Rosestad Jim Fouche deur die Bulle se vleuel, Jamba Ulengo verteenwoordig sal wees. 

    Die Paarl het ook ‘n hele van sy “seuns” wat hul staal sal toon. Die Cheetahs se slot Justin Basson en vaskopstut, Johan Coetzee, het albei in die Agter-Paarl by Boland Landbou gematrikuleer. Die Cheetahs se loskopstut, Charles Marais, is ‘n produk van die Hoer Jongenskool Paarl wat vanjaar die skolerugby-seisoen as Suid-Afrika se voorste span afgesluit het. Die Ligbloues se vaskopstut, Jacobie Adriaanse, is ‘n Bloedwors van Paarl Gimnasium. 

    Al die spelers van die Paarl wat in die eindstryd betrokke is verdien darem nie hul geld in die vaste vyf nie. Die Cheetahs se heelagter, Clayton Blommetjies, is ‘n produk van New Orleans. 

    Affies het naas Grey-kollege die tweede meeste verteenwoordigers in die eindstryd. Nico Lee, Shaun Venter (albei Cheetahs), Pierre Schoeman en Jannes Kirsten (albei Blou Bulle) het almal aan die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria gematrikuleer. 

    Die spanne is: 

    Toyota Vrystaat-Cheetahs: 15 Clayton Blommetjies (New Orleans), 14 Sergeal Petersen (Grey PE), 13 Francois Venter (Grey-kollege – kaptein), 12 Nico Lee (Affies), 11 Raymond Rhule (Louis Botha), 10 Niel Marais (Grey-kollege), 9 Shaun Venter (Affies), 8 Niell Jordaan (Grey-kollege), 7 Uzair Cassiem (Strand), 6 Paul Schoeman (Marlow Landbou), 5 Reniel Hugo (Paul Roos Gimnasium), 4 Justin Basson (Boland Landbou), 3 Johan Coetzee (Boland Landbou), 2 Torsten van Jaarsveld (Hendrik Verwoerd), 1 Charles Marais (Paarl Boishaai). Plaasvervangers: 16 Jacques du Toit (Grey-kollege), 17 Ox Nche (Louis Botha), 18 Armandt Koster (Pionier), 19 Henco Venter (Grey-kollege), 20 Tian Meyer (Westville Boys’ High), 21 Fred Zeilinga (Glenwood), 22 Rayno Benjamin (Weston), Conrad van Vuuren (Nelspruit). 

    Vodacom Blou Bulle: 15 Ulrich Beyers (Ermelo), 14 Travis Ismaiel (Tygerberg), 13 Dries Swanepoel (Grey-kollege), 12 Burger Odendaal (Monument), 11 Jamba Ulengo (Jim Fouche), 10 Tian Schoeman (HTS John Vorster), 9 Rudy Paige (Bastion), 8 Arno Botha (Nylstroom – kaptein), 7 Jannes Kirsten (Affies), 6 Roelof Smit (Waterkloof), 5 Marvin Orie (Tygerberg), 4 Jason Jenkins (St. Alban’s College), 3 Jacobie Adriaanse (Paarl Gimnasium), 2 Jaco Visagie (Augsburg Gimnasium), 1 Lizo Gqoboka (Ntabankuku). Plaasvervangers: 16 Bandise Maku (Dale College), 17 Martin Dreyer (Wonderboom), 18 Pierre Schoeman (Affies), 19 Nic de Jager (St. John’s College), 20 Hanro Liebenberg (HTS Drostdy), 21 Piet van Zyl (Grey-kollege), 22 Joshua Stander (Queen’s College), 23 Bjorn Basson (Dale College). 

  • Wildeklawer se bepalings vir 2017 bekend

    Wildeklawer se bepalings vir 2017 bekend

    Wildeklawer Logo 2013Helpmekaar-kollege van Johannesburg is die enigste nuweling vir Wildeklawer se toernooi van 2017, maar die span behoort nie veel probleme in sy twee wedstryde teen die gasheer, Diamantveld, en Selborne College te ervaar nie. Helpies het volgende jaar ‘n “droomspan” en daar is verwag dat hulle heelwat meer getoets sou word op die toernooi in Kimberley.  

    Helpies is die afgelope twee jaar as die Beeldtrofee vir Grootskole se kampioen gekroon. Hulle het ook vanjaar twee maal met die Beeldtrofee se kampioen vir Makroskole, Garsfontein, afgereken. 

    Glenwood maak ook volgende jaar ‘n welkome terugkeer na hy vanjaar aan die Sanix-toernooi in Japan deelgeneem het. Glenwood is ook  as kampioen van die toernooi vanjaar gekroon. Louis Botha van Bloemfontein en Menlopark van Pretoria het in die slag gebly toe die uitnodigings vir die toernooi uitgestuur is. 

    Die hoofmaal van die toernooi sal op die Maandag tussen Paarl Gimnasium en Grey-kollege van Bloemfontein wees. Grey sal in sy eerste wedstryd van die toernooi teen Boland Landbou te staan kom.

    Die Hoër Jongenskool Paarl wat vanjaar die seisoen as die land se voorste skolespan afgesluit het, sal in sy twee wedstryde vir Selborne College en Glenwood die stryd aanse. Boishaai toer volgende jaar deur Nieu-Seeland en sal ook op die St. John’s College Paastoernooi in aksie wees. Die span spog met ‘n onoorwonne rekord in sy laaste 38 wedstryde.

    Die bepalings is: 

    Saterdag, 29 April 2017 – 08:00: Glenwood vs. Garsfontein; 09:10: Monument vs. Oakdale; 10:20: Stellenberg vs. EG Jansen; 11:30: Welkom Gimnasium vs. Outeniqua; 12:40: Paarl Gimnasium vs. Waterkloof; 13:50: Noord-Kaap vs. HTS Middelburg; 15:00: Diamantveld vs. Helpmekaar; 16:10: Paarl Boys’ High vs. Selborne College; 17:20: Grey College vs. Boland Landbou; 18:30: Affies vs. Paul Roos Gimnasium. 

    Maandag, 1 Mei 2017 – 08:00: Stellenberg vs. HTS Middelburg; 09:10: Selborne College vs. Helpmekaar; 10:20: Waterkloof vs. Paul Roos Gimnasium; 11:30: Monument vs. Boland Landbou; 12:40: Paarl Boys’ High vs. Glenwood; 13:50: Garsfontein vs. Oakdale Landbou; 15:00: Affies vs. Outeniqua; 16:10: Paarl Gimnasium vs. Grey College. B-veld – 10:20: Noord-Kaap vs. EG Jansen; 11:30: Diamantveld vs. Welkom Gimnasium. 

  • Grey College – 1968

    Results 

    Grey College   5,  Jim Fouche 14
    Grey College 20,  Queen’s College 8

    Players: Wilhelm Landman, Johan van der Merwe, Henry Muller, Sydney Badenhorst, Alwyn Oosthuizen, Johan Swart, Piet Bredell, Corrie Theron 

  • Grey College – 1967

    Results 

    Grey College 29,  Potchefstroom Boys’ High 3
    Grey College 27,  Tweespruit Landbou 3
    Grey College 17,  Voortrekker 0
    Grey College 34,  Wessel Maree 0
    Grey College 17,  JBM Hertzog 0
    Grey College 22,  Affies 0
    Grey College 19,  St. Andrews (Bloemfontien) 3
    Grey College   3,  Queen’s College 3
    Grey College 40,  Grens HS 3
    Grey College 17,  St. Andrew’s College 0
    Grey College 22,  Paul Roos Gimnasium 3
    Grey College 11,  Rondebosch Boys’ High 17
    Grey College 27,  Michaelhouse 3
    Grey College 30,  HTS Welkom 0
    Grey College 30,  Sentraal 3
    Grey College 36,  Jim Fouche 0

    Players: Thaba Wepener, Johan van der Merwe, Nelson Babrow, Jakkals Nel, Dawie Snyman, Willie Landman, Waldo Schooling, Danie du Plessis, Dennis du Plessis, Henry Muller, Erasmus Smit, Kobie van der Linde, Louis Botha (captain), Desmond Bosch, Mike Linstrom.

    Coach: Stoney Steenkamp.

    3 or more tries in a match: 

    4 – Nelson Babrow vs. Michaelhouse
    3 – Johan van der Merwe vs. Grens HS

    • Waldo Schooling finished his career with a record of 76 caps for Grey College’s first team. He was also the top try scorer for his school during the season with 15 tries.
  • Vrystaat kampioen van Saru Sewes in Durban

    Die Vrystaat is die nuwe kampioen van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se interprovinsiale sewestoernooi. Die span het op Durban High School se velde in die Hawestad die Blou Bulle met 35-12 oortuigend in die eindstryd die loef afgesteek. 

    Die Vrystaters se Henk Cilliers het die toernooi as die voorste driedrukker asook puntemaker afgesluit. Cilliers het 43 punte aangeteken wat sewe driee ingesluit het. Die Griffons se Andrew Kota het met 32 punte die tweede meeste punte tydens die toernooi opgestapel. 

    Twee driee elk deur Keaton Swart en Arno Niewoudt in die tweede helfte van die eindstryd het die titel vir die Vrystaters besorg. Die Vrystaat het met die omdraaislag ‘n skrale voorsprong van 7-5 geniet. Die Ligbloues se sleutelspeler, Diego Appollis, is vroeg in die tweede helfte koelkas toe gestuur wat vir sy span se aanslag ‘n terugslag was. 

    Die Westelike Provinsie wat daarna gemik het om vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen gekroon te word het in die kwarteindronde teen die gasheer, KwaZulu-Natal (7-17), vasgeval. Die Streeptruie het wel in sy groepwedstryd in ‘n taai kragmeting vir Vrystaat met 19-12 getroef. 

    WP se Muller du Plessis moes hom reeds na sy span se eerste twee groepwedstryde weens ‘n besering aan sy bobeen aan die toernooi onttrek. Die Suid-Afrikaanse Skole-vleuel was verlede jaar die voorste driedrukker op die toernooi. 

    Die Vrystaat het in sy ander twee groepwedstryd vir Griekwas (43-14) en Namibie (38-5) uit die pad gestamp. In die kwarteindronde het Vrystaat die Goue Leeus met 19-12 getroef. Hy het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 24-17 oor KwaZulu-Natal bespreek. 

    Die Blou Bulle het sy halfeindstryd teen Boland met 26-21 uit die stryd getree. Die Goue Leeus het die Griffons naelskraaps met 15-14 in die eindstryd van Plaat verslaan. 

    Dit is die Vrystaat se tweede titel as kampioen van die kompetisie na hy ook in 2012 die kroon gedra het. Die ander twee titels sedert die ontstaan van die toernooi in 2011 is deur die Blou Bulle (2011) en die Valke (2013) verower. 

    Al die uitslae: 

    Groep A: Free State 43, Griqualand West 14; Western Province 29. Namibia 7; Griqualand West 17, Namibia 0; Western Province 15, Free State 12; Western Province 19, Griqualand West 10; Free State 38, Namibia 5.

    Groep B: Griffons 33, Valke 17; Eastern Province 28, South Western Districts 0; Griffons 21, South Western Districts 19; Valke 28, Eastern Province 20; Griffons 19, Eastern Province 17; Valke 27, South Western Districts 17.

    Groep C: Boland 19, Leopards 14; Blue Bulls 21, Border 19; Boland 26, Border 12; Leopards 24, Blue Bulls 17; Border 31, Leopards 7; Blue Bulls 29, Boland 5.

    Groep D: Golden Lions 21, Sharks 14; Limpopo Blue Bulls 24, Pumas 19; Golden Lions 20, Limpopo Blue Bulls 5; Sharks 22, Pumas 7; KwaZulu-Natal 36, Limpopo Blue Bulls 10; Golden Lions 17, Pumas 12.

    Kwarteindstryde – Bowl: Pumas 22, Griekwas 12; Namibie 28, Limpopo Blou Bulle 26; Luiperds 21, Oostelike Provinsie 7; Grens 31, Suidwestelike Distrikte 7. Beker: KwaZulu-Natal 17, Westelike Provinsie 7; Vrystaat 19, Goue Leeus 12; Boland 24, Griffons 12; Blou Bulle 24, Valke 19.  

    Halfeindstryde – Skild: Limpopo Blou Bulle 17, Griekwas 14; Oostelike Provinsie 29, Suidwestelike Distrikte 10. Bowl: Pumas 35, Namibie 17; Grens 36, Luiperds 17. Plaat: Goue Leeus 24, Westelike Provinsie 5; Griffons 24, Valke 10. Beker: Vrystaat 24, KwaZulu-Natal 17; Blou Bulle 26, Boland 21. 

    Eindstryde – Skild: Oostelike Provinsie 49, Limpopo Blou Bulle 24. Bowl: Grens 38, Pumas 12. Plaat: Goue Leeus 15, Griffons 14. Beker: Vrystaat 35, Blou Bulle 12. 

  • Boishaai Bielies staan op 38 nie uit nie

    Boishaai Bielies staan op 38 nie uit nie

    NewsG BoishaaiSpanDie Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan se grootste sukses die afgelope twee seisoene lê nie op die rugbyveld nie, maar in die ontwikkeling wat die skool se afrigtingspan in die jong seuns se lewens gespeel het.

    Ja, Boishaai was die afgelope twee jaar in 38 wedstryde nog nie aan die verloorkant nie en was ook sonder enige twyfel die voorste skolespan in die land, maar die span is boonop een van die mees diverse groepe spelers op skoolvlak in Suid-Afrika.

    Die span word die afgelope twee jaar onder die slagspreek #ETFG (Every Try for God) saamgebind. Daarby is vanjaar se kaptein, Salmaan Moerat, ’n moslem. “Ons is ’n groep wat oop is om ons mede spanmaats se kulture en godsdienste te leer. Die waardes waarvoor ons as groep staan is baie soortgelyk as dit waarvoor my geloof ook staan,” het Moerat gesê.

    Boonop was sewe van vanjaar se gereelde spelers sogenaamde spelers van kleur. “#ETFG het ontstaan in 2015 toe ons as ‘n span deur ‘n voorseisoen kamp gegaan het waar ons net deur alles beweeg het en ons was gemiddeld. Ons het daai dag in Yzerfontein hard met mekaar gepraat oor gemiddeld wees en jou beste wees, die seuns (eerste en tweede span altyd saam) het saam iets opgetrek wat ons wou voor staan en gekenmerk word as ‘n span.”

    “God het amazing goed in die span gedoen met seuns, nie oor die wen nie maar in hulle harte en lewens. Niemand is perfek nie maar die manne probeer hard om n verskil te maak in areas van hulle eie lewens. Die seuns wat nie Christene was nie was benader en gevra hoe hulle voel deur die span en ek is baie trots oor hoe die manne mekaar se gelowe respekteer. Ons het oor mekaar se gelowe ook gesels en die verskille en uniekheid bespreek,” het Sean Erasmus, hoofafrigter van Boishaai, oor die span se slagspreek uitgebrei.

    “Ek respekteer elke speler en maak tyd om die mens te leer ken. Dit beteken vir my jy kyk verby alles, kleur ingesluit en gee vir elke persoon dieslefde kans om homself te bewys en te groei. Ek was eenkeer deur iemand geluk gewens met die wen die jaar en toe bygese nogal met n “8/7” span, ek het net gedraai om te stap toe wonder ek wat n 8/7 span is en gevra? Toe antwoord die persoon dat ons ‘n span het wat 7 spelers van kleur het. Toe ons daarna as n afrigting span daaroor gesels het ons lekker gelag oor die feit dat ons nog nooit so na die span gekyk het nie. Niemand kan se dat spelers oor vel kleur hier speel by Boishaai nie, die mannetjies is puik spelers en goeie mense,” het Erasmus gesê.

    In die Paarl word daar reeds gespot dat Boishaai se Seccies (tweedespan) ook die tweede beste span in die land is. Die naasbestes spog ook met ’n onoorwonne rekord die afgelope twee seisoene wat 36 wedstryde is.
    Boishaai se eerstes het verlede jaar vir die eerste sedert 1982 daarin geslaag om ’n seisoen onoorwonne af te sluit.

    Die segetog van Boishaai se eerstes sluit die twee seges uit wat hulle op die jaarlikse Nuweland-rugby teen onderskeidelik in 2015 teen Boland Landbou (10-0) en vanjaar teen Stellenberg (20-0) behaal het. Dit is nie volle wedstryde, terwyl daar ook stelskoppe toegelaat word nie.

    NewsG SalmaanMoeratDie vraag op baie mense se lippe is wat is die rekord aantal wedstryde om onoorwonne te wees vir ’n skolespan. Die rekord staan agter Grey-kollege van Bloemfontein se naam.

    Grey was in ’n goue era van 1985 tot in 1991 vir ’n ongelooflike 87 wedstryde onoorwonne. Die span van die Rosestad het wel in dié tydperk twee keer teen onderskeidelik Paarl Gimnasium (9-elk, 1988) en Grey PE (6-elk, 1990) gelykop gespeel. Grey was tussen 2007 en 2009 ook in 45 wedstryde op ’n streep aan die wenkant.

    Sy laaste nederlaag in 1985 was teen Maritzburg College (4-10). Die span van Pietermaritzburg het die toekomstige Wêreldbeker-held Joel Stransky op losskakel in sy geledere gehad. Grey het se segetog is in 1991 deur Monument van Krugersdorp (14-16) tot ‘n einde gebring.

    Boishaai het vanjaar agt spelers in die Westelike Provinsie se Cravenweek-span gehad en al agt het ook die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal, met Moerat wat ook die nasionale span aangevoer het. 

    Die ander sewe spelers is Reece Bezuidenhout, Adam Neethling, Gianni Lombard, Khanya Ncusane, Daniel Jooste, Manuel Rass en Charl Serdyn. Lombard het vanjaar 249 punte vir sy skool se eerstespan aangeteken. Boishaai se losskakel, Rayhaan Lombaard, het vanjaar die skool se rekord getal wedstryd vir die eerstespan tot 66 wedstryde opgestoot.

    Die vorige rekord vir meeste spelers in ’n SA Skole-span het ook aan Grey behoort. Grey het in 1981 die rekord daar gestel toe sy hele agterlyn behalwe die linkervleuel, Wimpie Burger, die nasionale skolespan se agterhoede gevorm het. Die span se heelagter Gerbrand Grobler, regtervleuel Leon Botha, senters Helgard Müller en André Greyling, losskakel Scheepers Gouws en skrumskakel Conrad de Beer het die SA-skolespan gehaal.

    Burger is deur die toekomstige Springbok Kobus Burger (Paarl Gimnasium) destyds uit die span gehou.
    Grey het in 2009 en 2010 sy rekord van 1981 geëwenaar toe onderskeidelik ses en sewe spelers vir die SA Skole-span gekies is.

    Boishaai het dit oortref toe die SA Skole-afrigter, Lance Sendin, teen Wallis met sy plaasvervangings gesorg het dat daar sewe Boishaaiers vir die laaste ongeveer agt minute op die veld was, terwyl al agt ‘n rol in die wedstryd vertolk het.

    Moerat, flank Serdyn, agtsteman Ncusane en die heelagter, Lombard het in die beginspan opgedraf. Serdyn is in die 58ste minuut vervang, terwyl die vaskopstut Neethling toe ook sy verskyning op die veld gemaak het.

    Bezuidenhout, Jooste en Rass is daarna ook op die veld gestuur om die getal Boishaaiers wat op dieselfde tyd op die veld was sewe te maak.

  • Thrilling start to U17 Interprovincial Sevens

    Thrilling start to U17 Interprovincial Sevens

    The Under-17 Interprovincial Sevens got off to a thrilling start at Durban High School on Friday as Western Province, the Griffons and Golden Lions won all three of their pool matches on a day where 886 points and 145 tries were scored.

    Western Province’s strong start to the competition kept alive their hopes of winning a hat-trick of titles. But given the impressive performances by the other top contenders for the title, the final stages on Saturday are expected to be thrilling.

    Western Province defeated African neighbours, Namibia 29-7 in their opening match and built on this with a narrow 15-12 victory against Free State and a 19-10 win against Griquas, while the Griffons defeated the Falcons 33-17, SWD 21-19 and Eastern Province 19-17.

    The opening day was equally rewarding for the Golden Lions as they defeated hosts, KwaZulu-Natal, 21-14 in the opening match of the day, and then beat the Limpopo Blue Bulls 20-5 and the Pumas 17-12.

    These results earned Western Province a place in the Cup quarter-final on Saturday against KwaZulu-Natal, while the Golden Lions will take on Free State, the Griffons will go up against Boland and the Falcons will battle it out with the Blue Bulls.

    In the Bowl section on Saturday, meanwhile, Griquas will meet the Pumas, Namibia takes on the Limpopo Blue Bulls, Eastern Province will go up against the Leopards and SWD will meet Border.

    The results in these matches will determine which teams advance to the Cup, Plate, Bowl, and Shield playoff matches late on Saturday. The winners will be crowned in the final match of the day at 15h00.

    All the results: 

    Pool A:Free State 43, Griqualand West 14; Western Province 29. Namibia 7; Griqualand West 17, Namibia 0; Western Province 15, Free State 12; Western Province 19, Griqualand West 10; Free State 38, Namibia 5.

    Pool B: Griffons 33, Valke 17; Eastern Province 28, South Western Districts 0; Griffons 21, South Western Districts 19; Valke 28, Eastern Province 20; Griffons 19, Eastern Province 17; Valke 27, South Western Districts 17.

    Pool C: Boland 19, Leopards 14; Blue Bulls 21, Border 19; Boland 26, Border 12; Leopards 24, Blue Bulls 17; Border 31, Leopards 7; Blue Bulls 29, Boland 5.

    Pool D: Golden Lions 21, Sharks 14; Limpopo Blue Bulls 24, Pumas 19; Golden Lions 20, Limpopo Blue Bulls 5; Sharks 22, Pumas 7; KwaZulu-Natal 36, Limpopo Blue Bulls 10; Golden Lions 17, Pumas 12. 

  • Paarl Gimnasium – 2008

    Results

    Paarl Gimnasium 78,  Tygerberg Rugby Club 0
    Paarl Gimnasium 26,  Noord-Kaap 0
    Paarl Gimnasium 32,  Pretoria Boys’ High 3
    Paarl Gimnasium 52,  St. Alban’s College 5
    Paarl Gimnasium 35,  Beunos Aires (ARG) 10

    Paarl Gimnasium 16,  Rosario (ARG) 12
    Paarl Gimnasium 47,  Parana (ARG) 17
    Paarl Gimnasium 35,  Rondebosch Boys’ High 12
    Paarl Gimnasium 21,  Affies 3
    Paarl Gimnasium 33,  Oakdale Landbou 22
    Paarl Gimnasium 17,  Paul Roos Gimnasium 14
    Paarl Gimnasium 17,  Boland Landbou 0
    Paarl Gimnasium 37,  Outeniqua High 21
    Paarl Gimnasium 81,  HTS Drostdy 22
    Paarl Gimnasium 57,  SACS 5
    Paarl Gimnasium 89,  De Kuilen 0
    Paarl Gimnasium 35,  Wynberg Boys’ High 30
    Paarl Gimnasium 21,  Diocesan College 10
    Paarl Gimnasium 35,  Paarl Boys’ High 8
    Paarl Gimnasium 34,  Tygerberg 8
    Paarl Gimnasium 47,  Hugenote (Wellington) 3 (Die Burger Semi-Final)
    Paarl Gimnasium 18,  Outeniqua 16 (Die Burger Final)

    Players: Louis Schreuder (captain), Ruan Smith, Martin Verhoeven, Jaco Pretorius, JR Esterhuizen, Johann Schoonbee, Louis Jordaan, Helmiut Lehmann, Pieter-Steyn de Wet, JC Julyan, Jacquin Rodgers, Petrus Theart, Ryan Nell, Jaco van Eeden, RJ Kellerman, Martin Verhoeven and JH Potgieter.

    Coaches: Nico Momsen and Phillip Taylor.
    Manager: Rian Pretorius.