SSPN Test Site

Blog

  • School of Rugby Rankings – 8 August 2016

    School of Rugby Rankings – 8 August 2016

    SOR NuusPaarl Boys’ High made sure with their narrow victory of 26-25 over Paarl Gimnasium in the biggest interschools match on Planet Earth tht they will finish on top of School of Rugby’s Rankings for a second succesive year.

    Boishaai boasts an unbeaten run of 38 matches since the beginning of last year. The two victories at the Newlands Rugby Day is not counted in the 38 matches. Their last defeat came in 2014 in the final of Die Burger’s competition when the lost to Marlow Landbou (10-11) in Cradock.

    Paarl Gimnasium had a short stay at number two and dropped to the third position after losing this important match. This was only Gimmies’ second defeat of the season after also losing to Garsfontein (13-15) at the Noord/Suid tournament in Pretoria.

    Grey College is back into the second spot after only dropping to third because of not playing as many games as Gimmies since the July-holidays. The side from Bloemfontein’s only defeat thus far came against Paarl Boys’ High (18-28). Grey have at least three matches left with interschools against Glenwood and Paul Roos Gimnasium, which they both have to play without their SA Schools’ players. They will also face the losing finalist of the Griffon-league in the semi-final of the Kovsie Championships’ Shimla-league semi-final.

    It is important to take into consideration that School of Rugby’s ranking system only takes into account the performances each team produced thus far in the season and not the potential we might believe each team has.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    Ranking Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Paarl Boys’ High 16 16 0 0 546 210 34-13
    2 Grey College 12 11 0 1 607 168 51-14
    3 Paarl Gimnasium 15 13 0 2 577 235 38-16
    4 Affies 15 13 0 2 733 228 49-15
    5 Monument 17 13 1 3 595 225 35-13
    6 Oakdale Landbou 13 10 0 3 411 207 32-16
    7 EG Jansen 15 11 0 4 577 264 38-18
    8 Boland Landbou 15 11 0 4 635 289 42-19
    9 Helpmekaar 14 11 0 3 448 263 32-19
    10 Dale College 16 14 0 2 614 210 38-13
    11 Diamantveld 12 10 0 2 381 182 32-15
    12 Paul Roos Gimnasium 15 11 0 4 507 254 34-17 
    13 Welkom Gimnasium 17 14 0 3 727 259 43-15
    14 Grey High School 16 12 0 4 532 229 33-14
    15 Jeppe High School for Boys’ 18 14 0 4 618 357 34-20
    16 Selborne College 18 13 2 3 638 253 35-14
    17 Glenwood 12 10 0 2 328 205 27-17
    18 Nelspruit 13 9 0 4 314 272 24-21
    19 SACS 16 9 2 5 634 326 40-20 
    20 Garsfontein 14 8 0 6 450 314 32-22
    21 Kearsney College 14 11 0 3 516 257 37-18
    22 Outeniqua 13 9 0 4 445 221 34-17
    23 Ben Vorster 14 11 0 3 515 262 37-19
    24 Rondebosch Boys’ High 12 7 1 4 298  262 25-22
    25 Duineveld 13 10 1 2 348 183 27-14
    26 Voortrekker 15 11 0 4 549 204 37-14
    27 HTS Middelburg 16 9 0 7 469 285 29-18
    28 Kingswood College 16 14 0 2 503 264 31-17
    29 Pietersburg 15 11 0 4 556 312 37-21
    30 HTS Drostdy 15 10 0 5 365 300 24-20
    • Paarl Boys’ High’s victory over the Golden Lions XV (54-0) is not counted towards the rankings and also not reflected in the above statistics of their season. 
  • Gimmies en Trekkers deur tot Griffon-eindstryd

    Welkom Gimnasium het sy spiere behoorlik in die halfeindronde van die Griffon-liga Vrydag in die HT Pelatona-stadion in Welkom gebult. Die verdedigende kampioen het Witteberg van Bethlehem met 52-8 uit die pad gestamp.

    Gimmies sal in die eindstryd van die Griffon-liga sy titel as kampioen teen Voortrekker van Bethlehem verdedig.

    Dit was veral die span se Cravenweek-buitesenter, Lubabalo Mtyeshi, wat te veel vrae aan die Wittes se verdedeging gevra het. Hy het vier keer oor die doellyn gebars.

    Die kantman JJ Scheepers het die bal uitstekend gedra en sy span op die voorvoet gehou. Almal in die Griffon-liga weet ook hoe gevaarlik Gimmies se skrumskakel, Richman Gora, kan wees as sy span op die voorvoet is. Gora het hom gister by die SA Skole-span in Kaapstad aangesluit.

    Gimmies se agtsteman, Gift Dlamini, verdien ook ’n klop op die skouer vir sy vertoning.

    Vir Witteberg het sy agtsteman Cronjé Meiring en voorryman JW Meades voorlangs goeie spel gelewer.

    In die agterhoede kan die vleuel PJ Jonker en skrumskakel, Jason Roux, tevrede met hul vertonings voel. 

    Voortrekker moes harder werk om sy halfeindstryd teen Goudveld-Hoërskool met 39-24 te wen. Die span se losvoorspelers Michael Janse van Rensburg en Wessel van Huysteen het voorlangs Gouties se gal gewerk. Die span se skitterende heelagter, Marco Labuschagné, was ook op sy stukke. Hy is vir sy goeie spel met twee drieë beloon.

    Die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg het in slegs sy tweede jaar in die B-afdeling daarin geslaag om die eindstryd te haal. Die span wat deur Dawie Pretorius en Christie Swarts gebrei word het Brandfort met 22-12 in die halfeindstryd verslaan.

    Reddersburg se groot held in die sege was sy losskakel, Jeandré Rautenbach. Die wenspan het teen lemoentyd reeds ’n stewige voorsprong van 12-0 opgebou.

    Sy teenstander in die eindstryd, St. Andrew van Bloemfontein, is sonder twyfel die gunsteling om as kampioen gekroon te word. Saints het die liga onoorwonne met bonuspunte in al sy wedstryde afgesluit.

    Die span het ook in sy halfeindstryd teen Sand du Plessis gemaklik met 41-20 as oorwinnaars van die veld gestap. Sannies was met die telling op 20-17 in Saints se guns nog met rustyd in die wedstryd.

    Die sege is voorlangs deur Saints se agttal gelê met sy losskakel, Michael Maree, wat spel dikteer het. Die skrumskakel, Jacques de Bruin, was egter sy span se beste speler in die halfeindronde wat op President Steyn se Gonval Store-park beslis is.

    Puntemakers: 

    Voortrekker 39: Drieë: Marco Labuschagné (2), Hercu Breitenbach, Jonathan Allison, Michael Janse van Rensburg. Doelskoppe: Louis Viljoen (4). Strafdoele: Viljoen (2). Goudveld-Hoërskool 24: Drieë: AJ Jacobs, Lorenzo Cloete, Zane Vorster. Doelskoppe: Cloete (3). Strafdoel: Cloete.

    Welkom Gimnasium 52 (28): Drieë: Lubabalo Mtyeshi (4), Gift Dlamini, David Eyssen, Kyle Els, Richman Gora. Doelskoppe: Andrew Kota (5), Jason Wagman. Witteberg 8 (3): Drie: Cronjé Meiring. Strafdoel: George Spershott.

    Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter 22 (12): Drieë: Boeta Godbeer (2), Jeandré Rautenbach. Doelskoppe: Rautenbach (2). Strafdoel: Rautenbach. Brandfort 12 (0): Kyle Waite, Jaco Tukker. Doelskop: Francois Fourie.

    St. Andrew 41 (20): Drieë: Jacques de Bruin (2), Sean Newberry, Christoffel de Lange, Ryan Smith, Dylan de Jager. Doelskoppe: Michael Maree (4). Strafdoel: Maree. Sand du Plessis 20 (17): Drieë: Katleho Moletsane, Nicky Hattingh. Doelskoppe: William Bloem (2). Strafdoele: Bloem (2).

  • Bothaville en Hennenman pak mekaar vir vierde maal

    Bothaville en Hennenman pak mekaar vir vierde maal

    NewsG Hennenman1Die eerste rugbyspanne van die Hoërskool Bothaville en Hoërskool Hennenman sal mekaar vir die vierde keer vanjaar die stryd aansê wanneer die twee spanne mekaar Saterdag in Welkom in die eindstryd van die Sandveld-liga ontmoet.

    Hoewel Bothaville in al drie die wedstryd as oorwinnaars van die veld gestap het, is daar nie veel tussen hulle te kies nie. Slegs ses punte oor die drie wedstryde het die twee spanne van mekaar geskei.

    Bothaville het Hennenman met 22-20 in die eindstryd van die Sandveld-liga verslaan. Hy was ook met onderskeidelik 27-25 en 29-27 in hul twee ligakragmetings baas.

    Bothaville het Vrydag op sy tuisveld in die halfeindstryd van die Vrystaatse Platteland-liga vir die Hoërskool Reitz met 35-8 kaf gedraf. Die span se buitesenter, Carlo Kleynhans, het 25 van sy span se punte in die sege aangeteken. Hy het twee keer die doellyn oorgesteek en ook met drie doelskoppe en drie strafdoele geslaag. Buiten Kleynhans het die flank Stefan Bester, vleuel Morné Dodds, losskakel Bertram Crawthorne en haker Marnus Klopper het almal uitmuntend vertoon.

    Reitz het moedig probeer in die eerste helfte en slegs met 3-9 agter geloop. Sy agtsteman, Janes van Coller, het telkemale tot oor die voordeellyn gevorder. Die skakelpaar van Geyer Terblanche en Neil van der Merwe kan ook tevrede met hul vertoning voel.

    Bothaville kon nog nooit daarin slaag om as kampioen van die Vrystaatse Platteland gekroon te word nie. Die span van die afrigter, Hennie Muller, kan dus geskiedenis in die eindstryd maak.

    Hennenman het sy plek in die eindstryd met ’n oortuigende oorwinning van 50-12 oor die Oos-Vrystaatse kampioen, Harrismith, behaal. Die wedstryd is boonop op Harrismith se tuisveld, die Platberg-stadion, beslis.

    Hennenman se skrumskakel, Armand van der Walt, het ’n hele paar goeie breekslae ingekry. Die wenspan se buitesenter, Fanie Pretorius, het Harrismith se middelveld oop geklief. Hy het ’n driekuns aan drieë behaal.

    Die wenner van Bothaville en Hennenman sal in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) teen die kampioen van die Vrystaatse B-liga sake uitspook.

    Die Hoërskool Namakwaland van Springbok het sake in die Griekwa-liga deurmekaar gekrap. Hy het die Hoërskool Kathu in die halfeindstryd met 22-17 uitgeskakel. Die span van Springbok sal in die eindstryd van die liga teen die gunsteling, die Hoërskool Kalahari van Kuruman, in Kimberley te staan kom.

    Die kampioen van dié liga sal teen die naaswenner van die Vrystaatse Platteland-liga in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga vir kleinskole te staan kom.

    Puntemakers: 

    Bothaville 35 (9): Drieë: Carlo Kleynhans (2), Stefan Bester. Doelskoppe: Kleynhans (3). Strafdoele: Kleynhans (3). Reitz 8 (3): Drie: Geyer Terblanché. Strafdoel: Neil van der Merwe.

    Hennenman 50 (21): Drieë: Fanie Pretorius (3), Richard Badenhorst (2), Neels Pretorius, WJ Benson, Armand van der Walt. Doelskoppe: Albé Venter (5). Harrismith 12 (5).

    Sandveld 25 (14): Drieë: Francois van Heerden, Ettiene Verster, David Marais. Doelskoppe: Lucky Bob (2). Strafdoele: Bob (2). Winburg 24.

     

     

  • Grey College – 1990

    Results

    Grey College 36,  Vryheid 3
    Grey College 44,  Richardsbaai 0
    Grey College 28,  Ermelo 9
    Grey College 52,  Sentraal 9
    Grey College 24,  Diocesan College 3
    Grey College 28,  Kingswood College 12
    Grey College 42,  Landboudal (Jacobsdal) 0
    Grey College 78,  JBM Hertzog 0
    Grey College 46,  Sand du Plessis 9
    Grey College 56,  HLNK Jan Kempdorp 6
    Grey College 46,  Westville 9
    Grey College 68,  Louis Botha THS 12
    Grey College   6,  Grey Boys’ High School 6
    Grey College 42,  Sentraal 3
    Grey College 49,  Sand du Plessis 3
    Grey College 40,  Queens College 3
    Grey College 17,  Paul Roos Gymnasium 9

    Played: 17; Won: 16; Lost: 0; Draw: 1; Points for: 702; Points against: 102; Tries for: 138; Tries against: 4.

    Players: Nico Linde, Jean Craven, Pieta Steenkamp (captain), Nicky Bojé, Carl Hofmeyr, Werner Swanepoel, Ollie le Roux, JB van den Berg, Slang Roux, Bertus Cruywagen, Alex Fenwick, Ollie le Roux, Chris Kotzé, Jacques Roux, Louis Kotzé, Fanie Burger and André Venter. 

    Coaches: Jos Labuschagne and Dries van der Wal.

  • Affies gaffel vir Pretoria Boys’ High met rekordsege

    Affies gaffel vir Pretoria Boys’ High met rekordsege

    NewsG AffiesDie Wit Bulle van die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het Pretoria Boys’ High die grootste loesing nog tussen die twee spanne toegedien. Affies het in die interskole wat vanjaar 93 jaar oud is met 67-6 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die vorige grootste drag slae wat Pretoria Boys’ High teen Affies op die lyf geloop het, was verlede jaar se nederlaag van 56-3. Die Wit Bulle se senterpaar, Louritz van der Schyff en Marnus Potgieter, het veral in die middelveld vir die verloorspan probleme besorg. Albei het die doellyn twee keer oorgesteek.

    Pretoria Boys’ High se slegte vertoningslys die afgelope twee jaar op die rugbyveld deur voort. Die skool se eerste span kon slegs in agt van sy laaste 32 wedstryde die afgelope twee jaar daarin slaag om die soet smaak van ’n sege te proe.

    In een van die oudste interskoles in Johannesburg het Jeppe High School for Boys’ vir King Edward VII met 36-10 kaf gedraf. Dit was veral die agtsteman, Hacjivah Dayimani, wat met sy spel beïndruk het. Hy het sy terugkeer na ’n besering in die wedstryd gemaak.

    Buiten Dayimani het die losskakel Tyrone Green en SA Skole-senter Wandisile Simelane ook groot rolle vir die wenspan vertolk. Dit was die 86ste keer wat die twee spanne sedert 1935 mekaar op die rugbyveld ontmoet het.

    Welkom Gimnasium sal nie sommer gestuit word in sy opmars om sy titel as kampioen van die Griffon-liga te behou nie. Gimmies het Witteberg van Bethlehem met 52-8 in hulle halfeindstryd in die HT Pelatona-stadion in Welkom oorrompel.

    Die verdedigende kampioen se buitesenter, Lubabalo Mtyeshi, het Witteberg se verdediging kopsere besorg. Hy het met sy kragtige lopies die doellyn vier keer oorgesteek.

    In die ander halfeindstryd het Voortrekker van Bethlehem vir Goudveld-Hoërskool met 39-24 getroef. Die Trekkers se losvoorspelers Michael Janse van Rensburg en Wessel van Huysteen het voorlangs die pap dik aangemaak.

    Gimmies en die Trekkers het albei met die oorwinnings tot die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) deurgedring. Die wenner sal na Kimberley reis om teen Diamantveld of Noord-Kaap te speel, terwyl die verloorder vir Grey-kollege die stryd sal moet aansê.

    Selborne College sy nederlaag vroeër vanjaar teen Dale College (19-24) in ’n sege van 16-13 omgeswaai. Selborne het met lemoentyd ’n stewige voorsprong van 16-0 opgebou. Veral sy losskakel, David Coetzer, en senter en kaptein, Sango Xamlashe, het skitter vertonings gelewer. Dale se terugvegpoging is in die tweede helfte deur sy kantman, Kwanda Dimaza.

    Brandwag van Uitenhage het vir Nico Malan van Humansdorp met 29-22 die loef afgesteek.

    Ander uitslae:

    Bothaville 35, Reitz 8; Hennenman 50, Harrismith 12; St. Andrew 41, Sand du Plessis 20; Hendrik Potgieter (Reddersburg) 22, Brandfort 12; Namaqualand 22. Kathu 17; Potsmasburg 21, Daniëlskuil 19; Sandveld (Wesselsbron) 24, Winburg 24.

     

  • Gimmies sluk tweede jaar in ‘n ry ‘n Galpil

    Gimmies sluk tweede jaar in ‘n ry ‘n Galpil

    NewsG PaarlBoishaaiAgt SA Skole-spelers het Saterdagmiddag in die grootste interskole-rugbywedstryd ter wêreld nie veel meer as twee geweeg nie.

    Die Hoër Jongenskool Paarl, met sy agt SA Skole-spelers, was naelskraap met 26-25 beter as sy aartsvyand Paarl Gimnasium. Gimmies het teen die omdraaislag ’n voorsprong van 11-6 geniet.

    Dit was die eerste keer sedert 2001 dat Boishaai daarin kon slaag om Gimmies twee jaar agtereenvolgens te klop. Meer as 25 000 toeskouers het die wedstryd bygewoon.

    Boishaai het in die tweede helfte eers vir die eerste keer in die wedstryd die voortou geneem nadat sy SA Skole-agtsteman, Khanya Ncusane, in die hoek oorgeduik het terwyl Gimmies se vleuel, Muller du Plessis, in die koelkas was.

    Boishaai se doeltreffendheid by die afbreekpunte asook sy stewige rolmaalbewegings was deurslaggewend. Sy SA Skole-haker, Daniël Jooste, het twee keer vanaf rolmaalbewegings oorgeval. Die eerste van sy drieë was ook toe Du Plessis nog van die veld af was.

    Gimmies se agttal sal wel breebors rondloop na hy ’n vaskop gehaak het met die eerste skrum waarin Boishaai die bal ingegooi het. Dit is inderdaad indrukwekkend gegewe dat ses van Boishaai se agttal volgende week vir die nasionale skolespan diens doen.

    Van die tien nasionale skolespelers op die veld het Boishaai se buitesenter, Manuel Rass, en Gimmies se agtsteman, Muller Uys, die meeste beïndruk.

    Rass het elke keer wat hy aan die bal gevat het probleme aan Gimmies besorg, terwyl Uys nooit gaan lê het nie. Hy het die bal sterk gedra en ook ’n paar keer by die losgemale behoorlik ingeklim.

    Die naam van Boishaai se slot en kaptein, Salmaan Moerat, sal nog baie in die toekoms gehoor word. Hy sal ook die nasionale skolespan op die veld lei.

    Die wenspan se losskakel, Rayhaan Lombard, se ervaring was ook duidelik te sien hoe hy kalm onder druk die leier agterlangs was. Dié kragmeting was sy 65ste vir Boishaai se eerstespan wat ’n rekord vir sy skool is.

    Boishaai het sy onoorwonne status na 38 agtereenvolgende wedstryde gerek. Die skool se tweede span is boonop ook nog onoorwonne die afgelope twee jaar. Boishaai se ongelooflike vertoningslys behoort eers weer aanstaande jaar, wanneer hy deur Nieu-Seeland toer, in gedrang te wees.

    Puntemakers:

    Hoër Jongenskool Paarl 26 (6): Drieë: Daniël Jooste (2), Khanya Ncusane. Doelskop: Gianni Lombard. Strafdoele: Lombard (3). Paarl Gimnasium 25 (11): Drieë: Zak Burger, Christopher Willemse, Theo Boshoff. Doelskoppe: Boshoff (2). Strafdoele: Boshoff (2).

     

  • Voorskou – Paarl Boishaai vs. Paarl Gimnasium

    Voorskou – Paarl Boishaai vs. Paarl Gimnasium

    Paarl-derby BomeDie tafel is gedek dat dié interskole-kragmeting tussen die Hoër Jongenskool Paarl en Paarl Gimnasium onder een van die groottes in die geskiedenis tussen die twee skole gaan tel. Dit is die 101ste keer wat die twee spanne mekaar die stryd sedert die onstaan van die interskole in 1915 sal pak.

    Die grootste interkole-wedstryd ter wêreld skop more om 16:00 in die Faurestraat-stadion in die Paarl af. Boishaai is vanjaar die gasheer en ook die oorweldige gunsteling. Hy was in sy laaste 37 wedstryde nog nie aan die verloorkant nie.

    Die wedstryd sal ook ondanks die afskop van die verwaterde Curriebeker die grootste rugbywedstryd in Suid-Afrika more wees.

    Aan die anderkant het Gimmies vanjaar nog net in Pretoria teen Garsfontein (13-15) die knie gebuig. Interresant is dat vanjaar se interskole Gimmies se hoofafrigter en die voormalige Springbok-vleuel, Pieter Rossouw, se eerste saam met die eerstespan is. Rossouw is in sy matriekjaar net voor die interskole uit Gimmies se eerstespan weggelaat. Hy rig die span saam met Helmut Lehmann af wat in 2008 vir Gimmies uitgedraf het.

    Gimnasium was in 50 van die wedstryde aan die wenkant, terwyl Boishaai in 39 as oorwinnaars van die veld gestap het. Nie minder as 11 keer moes die twee artsvyande die louere deel. In vier van die gelykopstryde kon nie een van die twee spanne daarin slaag om punte aan te teken nie. Die laaste keer wat dit die geval was, was in 1986 toe Paarl Gimnasium se kaptein, Frankel Engelbrecht, ook die nasionale skolespan aangevoer het.

    Engelbrecht se seun, Bernu, kan dalk van die plaasvervangersbank speelkans in die interskole vir Gimmies kry. Bernu is ’n skrumskakel, maar het verlede week ook vir Gimmies in die middelveld diens gedoen. Gimmies word van agter die oond deur sy skrumskakel, Zak Burger, aangevoer.

    Daar sal vanjaar ’n rekordgetal van tien Suid-Afrikaanse Skole-spelers in die wedstryd in aksie wees. Agt van die spelers draf vir die Galpille uit, terwyl ses van die agt in die agttal sal woel. Boishaai se slot en kaptein, Salmaan Moerat, is ook die SA Skole-span se kaptein.

    Gimmies se twee SA Skole-spelers is die heelagter, Muller du Plessis, en die agtsteman, Muller Uys. Du Plessis het die nasionale skolespan as ’n vleuel gehaal. Sy pa Charl (Kroonstad Landbou, 1978) en broer, JP (Paul Roos Gimnasium, 2009) het albei ook die SA Skole-span op hul dag verteenwoordig. Albei die Mullers in Gim se span is volgende jaar eers in matriek.

    Boishaai het verlede jaar met sy sege van 16-10 vir die eerste keer sedert 2009 daarin geslaag om die Gimmies te troef. Die wedstryd tussen die twee spanne in 2010 het met 19-elk gelykop geëindig.

    Die spanne is:

    Hoër Jongenskool Paarl: 15 Gianni Lombard, 14 Urgene Johannes, 13 Manuel Rass, 12 Hanri van Heerden, 11 Thaakir Abrahams, 10 Rayhaan Lombaard, 9 Michael Visser, 8 Khanya Ncusane, 7 Francke Horn, 6 Charl Serdyn, 5 Ewie Laubscher, 4 Salmaan Moerat (k), 3 Adam Neethling, 2 Daniel Jooste, 1 Reece Bezuidenhout.

    Paarl Gimnasium: 15 Muller du Plessis, 14 Jan Jordaan, 13 Christopher Willemse, 12 Wian van Niekerk, 11 Ryno Boonzaaier, 10 Theo Boshoff, 9 Zak Burger (k), 8 Muller Uys, 7 Henco Martins, 6 Janus Swart, 5 Raymond Nel, 4 Adriaan Ludick, 3 Adriaan Staples, 2 Sehan du Toit, 1 André Booysen.

    Skeidsregter: Egon Seconds (WP)

     

    Vorige uitslae:

    Year        
    2015 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 10
    2014 Paarl Gimnasium 16 Paarl Boys’ High 15
    2013 Paarl Gimnasium 37 Paarl Boys’ High 27
    2012 Paarl Gimnasium 16 Paarl Boys’ High 9
    2011 Paarl Gimnasium 22 Paarl Boys’ High 19
    2010 Paarl Gimnasium 19 Paarl Boys’ High 19
    2009 Paarl Boys’ High 24 Paarl Gimnasium 12
    2008 Paarl Gimnasium 35 Paarl Boys’ High 8
    2007 Paarl Gimnasium 10 Paarl Boys’ High 0
    2006 Paarl Gimnasium 23 Paarl Boys’ High 17
    2005 Paarl Gimnasium 22 Paarl Boys’ High 10
    2004 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 3
    2003 Paarl Boys’ High 25 Paarl Gimnasium 6
    2002 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 0
    2001 Paarl Boys’ High 12 Paarl Gimnasium 3
    2000 Paarl Boys’ High 15 Paarl Gimnasium 7
    1999 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 6
    1998 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 5
    1997 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 10
    1996 Paarl Gimnasium 18 Paarl Boys’ High 16
    1995 Paarl Boys’ High 17 Paarl Gimnasium 3
    1994 Paarl Boys’ High 11 Paarl Gimnasium 6
    1993 Paarl Boys’ High 19 Paarl Gimnasium 17
    1992 Paarl Gimnasium 20 Paarl Boys’ High 15
    1991 Paarl Boys’ High 8 Paarl Gimnasium 4
    1990 Paarl Boys’ High 10 Paarl Gimnasium 6
    1989 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 4
    1988 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 6
    1987 Paarl Boys’ High 15 Paarl Gimnasium 7
    1986 Paarl Gimnasium 0 Paarl Boys’ High 0
    1985 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 6
    1984 Paarl Gimnasium 10 Paarl Boys’ High 4
    1983 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 6
    1982 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 15
    1981 Paarl Gimnasium 12 Paarl Boys’ High 0
    1980 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 3

     

  • Paarl Gimnasium vs. Paarl Boys’ High – 2015

     

    The teams: 

    Paarl Gimnasium: 15 Theo Boshoff, 14 Max Thalwitzer, 13 Charl du Toit, 12 George Lourens, 11 Keenan Abrahams, 10 Wian van Zyl, 9 Anrich Stoman, 8 Muller Uys, 7 Gustav Marais, 6 Johan Adam van As, 5 Ernst van Rhyn (captain, 4 MJ Hayes, 3 O’Neil Thiart, 2 Johan Grobbelaar, 1 Rohan Hamman.

    Paarl Boys’ High: 15 Jeanluc Cilliers, 14 Tyreeq February, 13 Manuel Rass, 12 Jan-Louis la Grange, 11 Urgene Johannes, 10 Rayhaan Lombaard, 9 Bradley Thain, 8 Khanya Ncusane, 7 JC van Schalkwyk, 6 Andreas van Wyk (captain), 5 Salmaan Moerat, 4 Ruben de Villiers, 3 Leo Kruger, 2 MC de Jongh, 1 Wikus Groenewald

    Referee: Francois Pretorius (Western Province Referees Society)

  • Paarl Gimnasium vs. Paarl Boys’ High – 2014

    The teams:

    Paarl Gimnasium: 15 Grant Hermanus, 14 Paul Human, 13 Taigh Schoor, 12 Willie Smal, 11 Leaviel Gouws, 10 Walter Smit, 9 Grant Williams, 8 HJ Luus, 7 Dieter Leicher, 6 Gustav Marais, 5 Ernst van Rhyn, 4 Jaco Willemse, 3 Adriaan Geldenhuys, 2 Marco Mostert, 1 Gavin van den Berg.

    Paarl Boys’ High: 15 Rayhaan Lombaard, 14 Tyreeq Cassiem-February, 13 Curtley Grain, 12 Heinrich Möller, 11 Wian Gouws, 10 Stefan Gouws, 9 Paul de Wet, 8 CF du Toit, 7 Christo Mostert, 6 Andreas van Wyk, 5 Ruben de Villiers, 4 Wian Botes, 3 Derrick Marais, 2 Carel van Zyl, 1 Quintin Vorster. 

    Scorers: 

    Paarl Gimnasium 16 – Try: Grant Hermanus. Conversion: Hermanus. Penalties: Hermanus (3). Paarl Boys’ High 15 – Tries: Rayhaan Lombaard, Tristan Solomons. Conversion: Stefan Gouws. Penalty: Gouws. 

    Referee: Marius van der Westhuizen (Western Province Referees’ Society)

     

  • Paarl Gimnasium vs. Paarl Boys’ High – 2013

     

    Gimnasium was coached by Christoff Lotter and Hendrik Weber, while Elmo Wolfaardt, Richard Visagie and Gerhard Visser coached Boishaai. 

    The teams: 

    Paarl Gimnasium: 15 Grant Hermanus, 14 Ruan Stander, 13 JD du Toit, 12 Wayno Visagie, 11 Dylon Fairbridge, 10 Wyatt Murphy, 9 Brendon Nell, 8 Rikus Bothma (captain), 7 Jacques Vermeulen, 6 Gareth Cilliers, 5 Jaco Willemse, 4 Johan Momsen, 3 DJ van Niekerk, 2 Wilner Conradie, 1 Gavin van den Berg. 

    Paarl Boys High: 15 Dante van der Merwe, 14 Dewald Naudé, 13 Curtley Grain, 12 Luan Boshoff, 11 Ferlin Vers, 10 Stephan Gouws, 9 Paul de Wet, 8 Charl-Francois du Toit, 7 Piero Passerini, 6 Charlton Jonas, 5 Hein Kritzinger, 4 Matthew le Roux, 3 Francois van der Merwe, 2 Ruan Brits, 1 Thomas du Toit (captain). 

    Scorers: 

    Paarl Gimnasium 37 (24) – Tries: Grant Hermanus, JD du Toit, Wyatt Murphy. Conversions: Hermanus (2). Penalties: Hermanus (6). Paarl Boys’ High 27 (0) – Tries: Ferlin Vers (2), Charl-Francois du Toit, Dante van der Merwe. Conversions: Stefan Gouws (3). 

    Referee: Jonathan Kaplan.