SSPN Test Site

Blog

  • Sentraal sit Klofies koud

    DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Sentraal het Saterdag ‘n verdere waarskuwing aan sy teenstanders van 2014 gestuur toe hy Hoërskool Waterkloof van Pretoria 35-21 verslaan het.

    Tralies se losskakel, DP de Lange was aan die spits van sy span se oorwinning. Hy het 20 van sy span se punte aangeteken. Hy het ook die aanvoorwerk vir die vleuel, Zirk Kok se drie net voor rustyd gedoen. Die tuisspan het rustyd 18-6 voorgeloop. Klofies het egter in die tweede helfte terrug geveg en sake gelyk getrek tot 18-elk. Die span van die Jakarandastad het selfs op ‘n stadium 21-18 die voortou geneem.

    Sentraal het minder balbesit as Klofies geniet, maar die span het sy kanse beter benut. De Lange se taktiese skopwerk was ook van hoogstaande gehalte. Sy 20 punte het via ‘n drie, drie doelskoppe en drie strafdoele gekom.

    Die besoekers se losskakel, Tinus de Beer het self ‘n stewige vertoning gelewer. Waterkloof het egter in die eerste helfte besluit om ‘n hele paar strafskoppe binne trefafstand nie pale toe te korrel nie. De Beer is ‘n sterk aanspraakmaker om later vanjaar die Blou Bulle op die Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Middelburg te verteenwoordig.

    Tralies se flank, EP Nel het self goeie spel tydens die sege voorlangs gelewer. Hy het dubbele driedruk-plesier ervaar. Die slot SJ Wessels het ook ‘n stewige vertoning gelewer.
    Sentraal het nou drie indrukwekkende seges agtereenvolgens oor Noord-Kaap van Kimberley, Hentie Cilliers van Virginia en Waterkloof behaal.

    Die Vrystaatse A1-liga beloof om vanjaar een van die taaiste en opwindendstes nog te wees. Louis Botha en Jim Fouché se spanne het reeds ook al vanjaar hulle spiere gebult. Albei is nog onoorwonne, terwyl Fichardtpark ook vanjaar al gewys het dat hy nie vanjaar die aftog gaan blaas nie. Sentraal kon nog nooit sedert die ontstaan van dié liga met die kroon wegstap nie

    Puntemakers:

    Sentraal 35 (18) – Drieë: EP Nel (2), DP de Lange, Zirk Kok. Doelskoppe: De Lange (3). Strafdoele: De Lange (3). Waterkloof 21 (6).

     

  • Despatch Sportfees bepalings vir 2014

    Despatch Sportfees bepalings vir 2014

    Despatch RugbyDie Hoerskool Despatch hou op 21 en 22 Maart weer sy jaarlikse sportfees. Die gasheer kom in die hoofwedstryd van die eerste dag teen Hangklip van Queenstown te staan. Hangklip het verlede Saterdag vir die Hoerskool Staatspresident Swart van Brandfort 18-17 geklop. Despatch speel in sy tweede wedstryd van die sportfees teen Winterberg Landbou. 

    Fichardtpark van Bloemfontein speel teen Otto du Plessis in die hoofwedstryd van die tweede dag. Fichies sal op die eerste dag teen DF Malherbe te staan kom. Die kragmeting tussen Marlow Landbou en Swartland behoort een van die hoogtepunte van die sportfees wees.

    Die bepalings: 

    Vrydag, 21 Maart 2014

    09:30 – Cillie vs. Humansdorp Sekonder
    10:30 – Uniondale vs. Uitenhage HS
    11:30 – Victoria Park vs. Soloman Mahlangu
    12:30 – Bergsig vs. Winterberg
    13:30 – Kirkwood vs. Werda
    14:30 – Middelburg HS vs. Andrew Rabie
    15:30 – Burgersdorp vs. Alexander Road
    16:30 – Adelaide Gimnasium vs. Woodridge College
    17:30 – De Aar vs. Port Rex
    18:30 – Fichardtpark vs. DF Malherbe
    19:30 – Swartland vs. Otto du Plessis
    20:45 – Despatch vs. Hangklip 

    Saterdag, 22 Maart 2014 

    08:30 – Linside vs. Uniondale
    09:30 – Westering vs. De Aar
    10:30 – Hangklip vs. DF Malherbe
    11:30 – Marlow Landbou vs. Swartland
    12:30 – Port Rex vs. Ndzondelelo
    13:30 – Wittedrift vs. Graaff-Reinet Volkskool
    14:30 – Despatch vs. Winterberg
    17:45 – Cillie vs. Werda
    18:45 – Andrew Rabie vs. Cradock
    20:00 – Otto du Plessis vs. Fichardtpark 

  • Grey-kollege en Kovsies bied Sportdag aan

    Grey Kollege en die Universiteit van die Vrystaat het hande gevat om die eerste Grey Kollege/Kovsie Sportdag vir skole aan te bied.

    Die twee skole waarteen Grey Kollege sal kragte meet sluit in Hoërskool Menlopark van Pretoria en Hoërskool Duineveld van Upington, sowel as Potchefstroom Gimnasium. Die 2 dae lange Sportdag sal plaasvind op 21 Maart (rugby) en 22 Maart (hokkie) op Grey Kollege se sportgronde.

    Die o/19 B-span van Grey Kollege en o/19 A van Hoërskool Duineveld sal mekaar pak om 12:30, gevolg deur die hoofwedstryd om 13:45 waar Grey Kollege se eerstespan te staan kom teen die eerstespan van Menlopark.

    Op Saterdag sal die hokkie om 08:00 afskop

  • Statistics – 2014

    Biggest Victories 

    110 – Grey College XV vs. Goudveld (110-0)
    98 – Menlopark vs. Harrismith (98-0)
    94 – Waterkloof vs. Harrismith (94-0)
    85 – Grey College vs. Klerksdorp HS (85-0)

    Top Point Scorers

    129 – Delano Kotze (EG Jansen)
    111 –
     DP de Lange (Sentraal)
    83 – Tiaan Schutte (Jim Fouche)
    61 – Henry Immelman (Grey College)

    Top Try Scorers

    15 – Juan Botha (EG Jansen)
    12 –
    Thairdt Ingram (Jim Fouche) 
    12 –
    Charl Pretorius (Grey College)
    12 – Martin van Wyk (EG Jansen)
    11 – Sakkie Bester (Bothaville)
    9 – Henry Slabbert (Grey College)
    7 – Henry Immmelman (Grey College), Louwtjie Steenkamp (Grey College), 

    20 or more points in a match:

    31 – Louwtjie Steenkamp Grey College vs. Klerksdorp HS (2 tries, 9 con, 1 pen)
    29 – Delano Kotze EG Jansen vs. Marais Viljoen (1 try, 12 con)
    28 – Henry Immelman Grey College vs. Menlopark (1 try, 7 con, 3 pen)
    26 – Louwtjie Steenkamp Cherries vs. Duineveld (2 tries, 5 con, 2 pen)
    24 – Danie Muller Hendrik Potgieter vs. NJ Heyns (2 tries, 7  con)
    24 –
    Henry Immelman Grey College vs. Potchefstroom Gimnasium (3 tries, 3 con, 1 pen)
    23 – JP Wegner Garsfontein vs. Marais Viljoen (1 try, 9 con)
    22 – Guillaume Oberholster Landboudal vs. Kalahari
    22 – Tokkie van Zyl Voortrekker vs. AHS Kroonstad (2 tries, 6 con)
    22 – Stefan Nel Zastron vs. Hoerskool Bloemfontein (2 tries, 6 con)
    21 – Curwin Bosch Grey PE vs. Nico Malan (1 try, 8 con)
    21 – Keenan Tarentaal Outeniqua vs. Centurion (6 con, 3 pen)
    20 – DP de Lange Sentraal vs. Waterkloof (1 try, 3 con, 3 pen) 
    20 – Gerard Pieterse Diocesan College vs. Kingswood College (2 tries, 5 con)
    20 – Keenan Tarentaal Outeniqua vs. HTS Drostdy (2 tries, 5 con)
    20 – Wynand MacLachlan Tygerberg vs. Klein Nederburg (2 tries, 5 con)

    3 or more tries in a match:

    4 – Bevan Barnard Wynberg Boys’ High vs. Swartland
    4 –
    Charl Pretorius Grey College XV vs. Goudveld
    4 – Juan Botha EG Jansen vs. Rustenburg HS
    4 – Nazo Nkala Welkom Gimnasium vs. Hoerskool Kroonstad
    3 – Carlton Arendse New Orleans vs. Despatch
    3 – Charl Pretorius Grey College vs. Menlopark
    3 – Charl Pretorius Grey College vs. Hentie Cilliers
    3 – Dewald Coetzee Fichardtpark vs. DF Malherbe
    3 – Dian Badenhorst Grey College vs. Menlopark
    3 – Edwill van der Merwe Paul Roos Gimnasium vs. Swartland
    3 – Franco Naude Garsfontein vs. Marais Viljoen
    3 – Franco Naude Garsfontein vs. Florida
    3 – GJ van Eeden Bultfontein vs. Salomon Senekal
    3 –
    Henry Immelman Grey College vs. Potchefstroom Gimnasium
    3 – Juan Botha EG Jansen vs. Marais Viljoen
    3 – Luke Leach Diocesan College vs. Kingswood College
    3 – Lyle Maart Garsfontein vs. Potchefstroom Gimnasium
    3 – Lyle Maart Garsfontein vs. Boland Landbou
    3 – Martin van Wyk EG Jansen vs. Rustenburg HS
    3 – Michael Podges Vrede vs. Ladybrand
    3 – Molefe Kente Zastron vs. Hoerskool Bloemfontein
    3 – Nathan Brown Grey Boys’ High School vs. Nico Malan
    3 – Niell Stannard Grey College vs. Affies
    3 – Rorie Burg Jan van Riebeeck vs. Swartland
    3 – Sam Mitchell Diocesan College vs. Hugenote (Wellington)
    3 – Thiardt Ingram Jim Fouche vs. Witteberg 
    3 – Tristian Coetzer Selborne College vs. Pearson
    3 – Wian Gouws Paarl Boys’ High vs. Sasolburg HS

  • Jim Fouche – 2014

    Results

    Jim Fouche 28,  Klerksdorp HS 0
    Jim Fouche 34,  Voortrekker 22
    Jim Fouche 46,  Witteberg 5
    Jim Fouche 21,  Fichardtpark 20
    Jim Fouche 37,  Sand du Plessis 7

    Players: Danneel Stone, Ruan Wasserman, Thiardt Ingram, Tiaan Schutte, JP Steyn, JP van der Westhuizen (captain), Anton Noordman, 

    Coaches: Johan van Zyl and AJ Coertzen. 

  • Louis Botha Rugbydag se bepalings vir 2014

    Louis Botha Rugbydag se bepalings vir 2014

    LouisBotha rugbyDie jaarlikse Louis Botha rugbydag vind eerskomende Saterdag plaas met die gasheer wat teen HTS Welkom in die hoofwedstryd van die dag te staan kom. Die span van die Rosestad het laas in 2006 teen HTS Welkom in die hoofwedstryd van die sportdag kragte gemeet. Op die dag het Louis Botha 31-8 koning gekraai en sy losskakel Elgranto Tobias het ‘n driekuns aan driee behaal. 

    Die wedstryd was ook die skrywer van die berig se eerste skolewedstryd waaroor hy berig gegee het. 

    Die kragmeting van die dag behoort die vernaamste voorwedstryd vir die hoofwedstryd tussen Fichardtpark en Voortrekker van Bethlehem te wees. Fichies het vanjaar nog net teen Diamantveld die knie gebuig en het reeds goeie seges oor die Afrikaanse Hoerskool Kroonstad en Hoerskool Grens behaal. 

    Bloemfonteiners sal ook vir die eerste keer die geleentheid kry om Jim Fouche in aksie te sien. Die span draf teen die Afrikaanse Hoerskool Kroonstad uit. JF het reeds goeie seges oor Hoerskool Klerksdorp en Voortrekker vanjaar behaal. 

    Die Bepalings: 

    08:00 – President Steyn vs. Hendrik Potgieter (Reddersburg)
    09:15 – Sand du Plessis vs. Witteberg
    10:30 – Brandfort vs. Goudveld-Hoerskool
    11:45 – Zastron vs. Hoerskool Kroonstad
    13:00 – Jim Fouche vs. AHS Kroonstad
    14:15 – Fichardtpark vs. Voortrekker
    15:30 – Louis Botha vs. HTS Welkom 

  • Immelman voorste speler op Fichies se sportdag

    Immelman voorste speler op Fichies se sportdag

    NuusG GreyColllege

    DIE jaarlikse sportdag van die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein het Saterdag sy tienerwording gevier. Die sportdag groei jaarliks en is sonder twyfel getalle gewys reeds ‘n geruime tyd die grootste sportdag van sy soort in Suid-Afrika.

    Nie minder as 29 skole se eerstespanne was op die sportdag in aksie nie. Dit is ook al die afgelope twee jaar nie vreemd dat van die voorste talentjagters in die land reeds spelers se vertonings hier dophou nie. Die Vrystaat se André Tredoux, Blou Bulle se Werner de Beer en die direkteur van rugby by Durban Harlequins Francois Schoeman was almal te sien by die dag. Verskeie agente het ook van die wedstryde bygewoon om moontlike kliente se spel dop te hou.

    School of Rugby se Hannes Nienaber het die dag bygewoon en die wedstryde op die A-veld dopgehou. Hier is sy vyf spelers wat die beste vertonings op die dag gelewer het en indrukke:

    Die beste speler van die dag was ongetwyfeld Grey-kollege se heelagter, Henry Immelman. Hy het drie drieë in sy span se gemaklike sege van 53-0 oor Potchefstroom Gimnasium gedruk.

    Immelman het daardie rustigheid wat ‘n goeie heelagter in hom moet hê. Dit het nooit tydens die wedstryd gelyk asof hy onder druk is nie. Grey se heelagter van verlede jaar EW Viljoen was een van die skolespelers wie se naam die meeste deur gebruikers van die internet in soektogte ingetik is. Buiten Viljoen het bekende spelers soos Gerbrand Grobler, Pieter Muller, Michael Horak, Joe Pietersen, Frans Steyn en Riaan Britz vir Grey die nommer 15-trui oor die kop getrek. Immelman behoort indien hy op sy spelpeil voortbou in die toekoms in dieselfde asem as die voorgangers genoem te word.

    Indien ‘n skrumskakel vanjaar die Suid-Afrikaanse Skole-span wil haal, sal hy eers verby Hentie Cilliers se Jaywinn Juries moet kom. Hoewel Juries se span teen Sentraal 23-25 die knie gebuig het, het die skrumskakel met sy suiwer aangeewerk beindruk. Hy het ook heelwat spiermassa gebou sedert verlede jaar. Juries het verlede jaar se Cravenweek in Polokwane weens ‘n gebreekte gewrig misgeloop. Hy was twee jaar gelede in die nasionale o.16-oefengroep.

    Nog ‘n speler wat in 2012 die nasionale groep gemaak het, was die slot van Sentraal SJ Wessels. Hy het teen Hentie Cilliers een van die beste voorspeler drieë van die dag gedruk. Wessels was ongetwyfeld die speler van die wedstryd in Tralies se sege.

    Grey se agtsteman, Alex Jonker het voorlangs sy span op die voorvoet gehou. Hy het die bal goed gedra en ook op die verdediging uitgestaan. Jonker was ook twee jaar gelede saam met Juries en Wessels in die nasionale o.16-oefengroep.

    Hy behoort vanjaar nog vele uitstaande vertonings vir sy skoolspan op te dis. Hy het twee van sy span se drieë gedruk en ook met sy posisionele spel beindruk.

    Sentraal se losskakel DP de Lange was ‘n ware generaal in sy span se oorwinning oor Hentie Cilliers. De Lange was ook in 2012 ‘n lid van die nasionale o.16-oefengroep. Hy behoort egter ‘n taaier teenstand vir ‘n plek in die Vrystaatse Cravenweek-span te verwag as Jonker en Wessels. Grey se losskakel Dwayne Wessels het self ‘n goeie vertoning teen Potchefstroom Gimnasium gelewer. De Lange is Saterdag in sy span se interskole teen Hoerskool Waterkloof van Pretoria teen Tinus de Beer in ‘n fynproewers-stryd betrokke

     

  • Fichies wen op jaarlikse sportdag

    DIE Hoërskool Fichardtpark se rugbyspan het ‘n klinkende sege van 35-16 oor Hoërskool Grens in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Bloemfontein behaal. Die span van die Rosestad kon egter eers net voor rustyd vir die eerste keer voorloop in die wedstryd.

    Die span se heelagter, Francois van Rooyen het die vonk vir die vuur in Fichies se vertoning verskaf. Hy het ‘n lang torpedo-skop veld afgejaag, wat Grens nie met soveel rente kon terugstuur nie. Fichies se linkervleuel, Jacques van Heerden het die bal langs die kantlyn raakgevang en met sy vaart ‘n hele paar verdedigers na lug laat gryp. Toe hy vasgevat word net duskant die besoekers se doellyn was Van Rooyen daar vir ondersteuning wat die bal weer buite toe na die senter Emile Cloete aangegee het wat die afronding gedoen het.

    Fichies was na dié drie ‘n heel ander span. Die span se skrumskakel Luan Louw het veral ‘n goeie wedstryd agter die oond beleef. Die besoekers se skrumskakel, Reinhardt Engelbrecht was sy span se beste speler. Hy het met sy dartellopies in die eerste helfte meeste van Fichies se probleme besorg.

    Buiten Louw het die slot Wieghardt Hattingh ook ‘n stewige vertoning gelewer.

    Sentraal se span sal heelwat selfvertroue neem uit sy oorwinning van 25-23 oor die Griffon-kampioen Hentie Cilliers op die sportdag. Met die omdraaislag en die telling op 10-elk was daar nie veel tussen die twee spanne te kies nie.

    Die slot SJ Wessels het met sy drie vroeg in die wedstryd reeds sy stempel begin afdruk. Hy het saam met die stut Lafras Becker kragtige vertonings voorlangs vir Tralies opgedis. Agterlangs was die losskakel, DP de Lange se taktiese skopwerk in moeilike winderige omstandighede van hoogstaande gehalte. Die vleuel Zirk Kok het gewys dat hy gewillig en ‘n harde werker is, hy was egter ‘n paar keer te gretig maar het steeds ‘n stewige vertoning gelewer. Die senter Denzil Fiff het ‘n hele paar bresse vir die wenspan geslaan.

    Vir Henties het sy skrumskakel, Jaywinn Juries gewys dat hy oor een van die beste aangee in die land op skolevlak beskik. Die span se heelagter, Ezrick Alexander het ook ‘n goeie vertoning gelewer.

    Duineveld het met sy pak voorspelers aan die spits daarin geslaag om Welkom-Gimnasium 10-3 te troef.

    Die span van Upington het besluit om meestal die bal voorlangs te hou

    Goudveld-Hoërskool het Hoërskool Upington danksy ‘n drie deur die binnesenter, Gregan Hull 10-6 in hulle kragmeting geklop. Hull was verlede jaar die Griffons se agtsteman op die Cravenweek in Polokwane. Sy sentermaat, Carlton Coeries het sy span se ander drie gedruk. Hulle was ook hulle span se beste spelers op die dag.

    Uppies se heelagter Benna Nieuwoudt het ‘n hele paar stelskoppe pale toe verbrou. Hy kan egter nie vir die verloor blameer word nie, want die skoppe was weens die sterk wind in moeilike omstandighede. Hy het ‘n goeie vertoning in die laaste vesting gelewer.

  • Grey bo-baas teen Potch Gimnasium

    Indien ‘n buitestaander Saterdag op Fichardtpark se 13de jaarlikse sportdag na al die wedstryde op die A-veld gekyk het, sou sy vernaamste waarneming heel moontlik gewees het dat die Vrystaat vanjaar na die Cravenweek in Middelburg ‘n gedugte span behoort te stuur.

    Grey-kollege, Louis Botha, Sentraal en Fichardtpark het almal getoon dat hulle vanjaar oor goeie spanne beskik. Grey het met sy sege van 53-0 oor Potchefstroom Gimnasium sy seisoen op ‘n goeie not afgeskop. Die span se agterlyn het reeds tekens begin toon dat hy vanjaar ‘n hele paar spanne hoofbrekens gaan besorg. Veral die heelagter, Henry Immelman is op die aanval ‘n doring in Gimmies se vlees gewees. Hy het drie keer gaan druk en verskeie kere geruisloos verby verdedigers gesweef.

    Die losskakel Dwayne Wessels het saam met sy senterpaar Mike Andrade en Julian Jordaan spel goed dikteer. Die vleuel Charl Pretorius was egter saam met Immelman die groot uitblinkers agterlangs.

    Voorlangs het die agtsteman, Alex Jonker gewys hoekom hy so hoog aangeslaan word. Hy het twee keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier en telkemale met goeie lopies sy span op die voorvoet geplaas.
    Vir Gimmies het sy flank Marcel Burger moedig prober.

    Grey se naasbestes, die Cherries het die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad 44-15 verslaan. Die span se losskakel Tokkie Kasselman en flank Lappies Labuschagné het goeie spel vir die wenspan gelewer. In die tweede helfte het die vleuel Albert Verwey en haker Daniel Rust ‘n impak gemaak toe hulle van die plaasvervangersbank op die veld gekom het.

    Diamantveld het vir Louis Botha behoorlik die skrik op die lyf gejaag. Louis Botha het die kragmeting 15-13 gewen na sy skrumskakel Shirwin Cupido laat in die wedstryd met ‘n strafdoel geslaag het. Boonop is Diamonds se vleuel, Nico Roets na twee gevaarlike duikslae met ‘n rooikaart deur die skeidsregter Johan Wasserman van die veld gejaag. Roets het ‘n geelkaart in die eerste helfte vir die eerste gevaarlike duikslag ontvang. Sy tweede duikslag was met nog 20 minute se spel oor in die wedstryd.

    Die span van Kimberley was op daardie stadium 13-12 voor. Die span van die Rosestad se stut Joseph Dweba, flank Victor Maruping en senter Ali Mgijima het goeie vertonings gelewer. Vir Diamantveld het sy losskakel Gerco Nortjé gewys dat hy ook ‘n gevaarlike skopskoen besit. Die besoekers se beste speler was egter sy flank Janco Cloete wat puik op verdediging was.

    Landboudal van Jacobsdal het Witteberg van Bethlehem in die eerste wedstryd van die dag op die A-veld 15-10 getroef. Die wenspan se Cravenweek-senter, Kat Mabaleng het goed vertoon.

    Op die B-veld het Zastron kragtige spel gelewer om Riebeeckstad 56-7 te verslaan. Hangklip van Queenstown het Staatspresident Swart van Brandfort naelskraaps 18-17 uitoorlê. Hennenman het ook naelskraaps 25-26 die knie gebuig in sy kragmeting teen Aliwal-Noord.

    Hoopstad was 18-11 baas oor Hendrik Potgieter van Reddersburg, terwyl Hoërskool Middelburg van die Oos-Kaap 30-7 oor Koffiefontein in die hoofwedstryd op die B-veld koning gekraai het. Die span van De Aar het ‘n sege van 19-14 oor ‘n vyftiental van Grey-kollege behaal. Die span van Grey is saamgestel gewees uit spelers wat nie in die toergroepe van Grey se eerste twee spanne was nie. Daar is ook nog soos met meeste spanne krieketspelers en atlete wat nie vir die span oorweeg kon word nie

  • Ingram druk twee keer in JF-sege

    Jim Fouché se rugbyspan het Saterdag sy spiere verder gebult deur Voortrekker in Bethlehem 34-22 te klop. Die span van Bloemfontein het uitmuntend verdedig wat die grondslag vir die sege gelê het.

    Die wenspan se vleuel, Thardt Ingram het twee keer agter die Bethlehemiete se doellyn gaan kuier. Vir die tuisspan het sy losvoorspelers Junior Oosthuizen, Henko Naudé en Clinton Moloi blink vertonings gelewer.
    Noord-Kaap het op sy tuisveld Pirates in Kimberley weer op die wenpad gekom deur Marlow Landbou 27-16 te troef. Die span van die Diamantstad het rustyd met ‘n enkele punt 17-16 voorgeloop. Buiten die oorwinnings sal die skool ook trots wees op die feit dat al sy spanne daarin geslaag het om die besoekers van Cradock te klop.

    Hoërskool Reitz het ‘n sege van 22-0 oor Parys in die hoofwedstryd van sy sportdag behaal. Die span van Reitz kan waarskynlik daarmee spog dat hy oor die vinnigste agterlyn in die Vrystaat spog. Drie van die span se agterhoede die heelagter Jaco Pretorius, binnesenter NP Linde en buitesenter Hannes Aucamp is in die skool se 4x100m aflos-span wat slegs deur Louis Botha op die Clover-byeenkoms geklop is. Die vierde lid van die span Petr Havenga speel nie rugby nie. Havenga is ‘n junior Suid-Afrikaanse atleet.
    Paul Erasmus van Senekal was ook op Reitz in aksie en het vir Belvedere 26-11 geklop.

    Die agtsteman JB la Cock was op Kroonstad Sand du Plessis se held in sy oorwinning van 21-6 oor Hoërskool Kroonstad. La Cock het 16 van sy span se punte aangeteken. Hy het twee van sy span se drie drieë gedruk en ook al drie die drieë verdoel. Die haker Rudo Peens en vaskopstut André Moolman het ook goed voorlangs vir Sannies vertoon. Agterlangs was die twee vleuels Dale Nel en Lance Botha uitblinkers.

    Bothaville was in Bloemfontein te sterk vir Hoërskool Bloemfontein en het oortuigend 57-0 as oorwinnaars van die veld gestap. Die wenspan het rustyd slegs 10-0 voorgeloop. Die span se heelagter Armand Grobler, haker Rikus Alkema en senter Derek Beeslaar was uitmuntend.

    Op Bultfontein het die tuisspan ondanks ‘n geroeste vertoning 22-17 oor Wessel Maree van Odendaalsrus koning gekraai. Die kragmeting was ‘n voorwedstryd vir die Vodacombeker-wedstryd tussen die Griffons en Limpopo